Downloaded from hlayiso.com
JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING
GRAAD 1
AFRIKAANS HUISTAAL
STEL 1: 2012 MODELVRAE
Skip to contentAll 2012 papers 





Afrikaans Grade 1 ANA Exemplars 2012 Memo
Grade 1 Afrikaans memorandum from the ANA Exemplars 2012, 10 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans · Grade 1 · ANA Exemplars · 2012 · Afrikaans. Memorandum, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans
- Grade
- Grade 1
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2012
- Exam period
- ANA Exemplars
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 608.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
ANA Exemplars 2012
- Other filesQuestion paperQuestion paper (2)MemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA)
1. Algemene oorsig
Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is 'n summatiewe assessering van die verwagte kennis en
vaardighede wat leerders aan die einde van graad 1 tot 6 en graad 9 moes ontwikkel het. As hulpmiddel vir
die skoolgebaseerde assessering en om te verseker dat leerders die nodige selfvertroue ontwikkel om
suksesvol deel te neem aan eksterne assessering, het opvoedkundige panele en vakspesialiste
voorbeeldvraestelle vir Taal- en Wiskunde-onderrig saamgestel. Die voorbeeldvraestelle is op die
kurrikulum gebaseer en strek oor die eerste drie kwartale van die skooljaar. Daar is ook 'n volledige
Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets (ANA). Die voorbeeldvraestelle, insluitend die modeltoets, is
slegs aanvullend tot die skoolgebaseerde assessering wat leerders deurgaans moet voltooi en vervang nie
die skoolgebaseerde assessering nie.
2. Die struktuur van voorbeeldvraestelvrae
Die voorbeeldvraestelle is ontwerp om verskillende tegnieke of style te illustreer om dieselfde vaardighede
en/of kennis te assesseer. Sommige van die inhoudkennis of 'n vaardigheid kan byvoorbeeld geassesseer
word deur 'n meervoudigekeuse-vraag (waar leerders die beste antwoord uit die gegewe opsies kies) of 'n
stelling (wat van die leerder vereis om 'n kort antwoord of 'n paragraaf te skryf) of ander soorte vrae (wat
leerders vra om gegewe woorde/stellings met lyne te verbind, om gegewe sinne of patrone te voltooi, om
hulle antwoorde met tekeninge of sketse te toon, ens.). Indien onderwysers en leerders dus 'n aantal
voorbeeldvraestelvrae kry wat verskillend gestruktureer is, maar dieselfde ding vra, moet hulle verstaan dat
dit opsetlik is en leerders moet op al die voorbeeldvraestelvrae reageer. Blootstelling aan 'n groot
verskeidenheid vraagstellingstegnieke of -style gee leerders die nodige selfvertroue om toetse te
konfronteer.
3. Verband met ander leer- en onderrigbronmateriaal
Sommige teksgedeeltes en vrae word doelbewus vir integrering met die graadverwante werkboeke verbind.
Die voorbeeldvraestelle voldoen ook aan die vereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) vir
graad R tot 12, die bepalings van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV) vir
die onderskeie grade en die Nasionale Protokol vir Assessering. Saam vorm hierdie dokumente, sowel as
ander dokumente wat deur die skool voorsien kan word, 'n ryk bron van bronmateriaal wat onderwysers in
staat stel om lesse te beplan en om formele assessering uit te voer (assessering van leer).
4. Hoe om die voorbeeldvraestelle te gebruik
Alhoewel die voorbeeldvraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is,
beteken dit nie dat die onderwyser die hele stel net so aan die leerders moet gee om binne een sessie af te
handel nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae kies wat deel vorm van die beplande les. Kies
sorgvuldig die afsonderlike voorbeeldvrae van die betrokke les of 'n hanteerbare hoeveelheid vrae en
gebruik dit tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg:
4.1 Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die
diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word
om aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die
diagnostiese toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd te verloor nie.
1
Downloaded from hlayiso.com
4.2 Gedurende die les as 'n kort informatiewe toets om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis
en vaardighede ontwikkel soos wat die les ontwikkel en verloop en om seker te maak dat geen
leerder agter raak nie.
4.3 By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of leerders
voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas.
Spoedige terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van
die les(se) is wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê.
4.4 Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv.
hoe om meervoudigekeuse-vrae (MK) te beantwoord, oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens.
Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe
toets heelwat meer vrae insluit om 'n volwaardige toets te wees, afhangend van die hoeveelheid werk wat
reeds teen 'n sekere tyd behandel is. Dit is egter belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik
genoeg oefening kry in 'n volwaardige toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale
Assesseringsmodeltoets.
5. Memorandum of riglyne vir antwoorde
'n Tipiese voorbeeld van die verwagte respons (memorandum) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse
Nasionale Assesseringsmodeltoets-antwoorde gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die
memorandum geensins rigied is nie. Die memorandum gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte
response en onderwysers moet aanvaarbare moontlikhede ondersoek en ander aanvaarbare response van
die leerders aanvaar.
6. Kurrikulumdekking
Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die
voorbeeldvraestelle vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n
voorbeeld van belangrike kennis en vaardighede en slegs van toepassing op die werk wat in die eerste
drie kwartale van die skooljaar behandel word. Die tempo waarteen die werk in sekere kwartale behandel
moet word, is vervat in die betrokke Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV).
7. Gevolgtrekking
Die doelwit van die Departement is om die vlak en kwaliteit van leerderprestasie in die kritiese
grondslagvaardighede van gesyferdheid en geletterdheid te verbeter. Die Jaarlikse Nasionale
Assesseringsmodeltoets is een instrument wat die Departement gebruik om vas te stel of leerderprestasie
verbeter, dieselfde bly of verswak. Daar word van distrikte en skole verwag om onderwysers te ondersteun
en om die nodige hulpmiddels daar te stel om die effektiwiteit van onderrig en leer in skole te verbeter. Deur
van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoetse gebruik te maak as deel van die
onderwyshulpmiddels, sal onderwysers leerders help om vertroud te raak met verskillende vorms en
tegnieke van assessering. Indien die voorbeeldvraestelle behoorlik aangewend word, sal dit help dat
leerders die toepaslike kennis en vaardighede bekom om effektief te leer en om beter te vaar in
toekomstige Jaarlikse Nasionale Assesseringstoetse.
2
Downloaded from hlayiso.com
1.1 Trek ’n lyn na die regte antwoord.
stoel
tafel
deur
1.2 Omkring die regte woord.
deur venster muur
1.3 Voltooi die volgende sin.
Ek sien ’n ...........................................
3
Downloaded from hlayiso.com
1.4 Maak ’n kruisie (X) langs die regte antwoord.
Ek lees ’n ...
A pen.
B deur.
C doek.
D stoel.
1.5 Onderstreep die regte antwoord.
Die sê ek moet sit / stop.
2.1 Teken op die lyne van die patroon.
2.2 Teken nog een patroon soos die een hieronder.
4
Downloaded from hlayiso.com
2.3 Teken op die lyne van die patroon.
...................................
2.4 Teken jou eie patroon in die oop blokkie hieronder.
3.1 Omkring die regte antwoord.
Dit is ’n ...
A hond.
B hoed.
C son.
D kar.
5
Downloaded from hlayiso.com
3.2 Voltooi die sin. Kies die regte woord in die blokkie.
pappa mamma broer
Dit is my .......................
3.3 Kyk na die prent. Wat is dit?
’n .......................
4.1 Vul die ontbrekende klankies in.
.....at ......on
6
Downloaded from hlayiso.com
4.2 Verbind die woord met die prent.
mat
kraan
net
4.3 Kyk na die prent. Wat is dit?
...............................
5.1
Omkring die klank aan die regterkant wat dieselfde lyk as die
klank aan die linkerkant.
b p d g b
7
Downloaded from hlayiso.com
5.2 Vul die ontbrekende klankies in.
.......okkie .......nd
5.3 Verbind die klank met die prent.
a
r
b
6.1 Vul die ontbrekende klankies in.
hoe.... bli....
8
Downloaded from hlayiso.com
6.2 Pas die woord en prent bymekaar.
bed
pot
beker
6.3 Bou woorde wat begin met:
s......... e.............
6.4 Skryf die woorde van die prente neer.
................................ ................................
9
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans Grade 1 ANA Exemplars 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans Grade 1 ANA Exemplars 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans Grade 1 ANA 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans Grade 1 ANA Exemplars 2013 Question Paper

Question paper
Afrikaans Grade 1 ANA 2013 Question Paper

Question paper