Downloaded from hlayiso.com
*9AFHL*
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 9 ANA 2012 Question Paper
Grade 9 Afrikaans HL question paper from the ANA 2012, 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 9 · ANA · 2012 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 9
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- ANA
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 563.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
ANA 2012
- Other filesQuestion paperMemoMemo (2)Memo (3)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Instruksies aan leerders
1. Lees al die instruksies noukeurig deur.
2. Beantwoard al die vrae in die spasies wat voorsien word.
3. Die toets duur TWEE ure.
4. Die onderwyser sal jou deur die praktiese voorbeeld lei voordat jy met die toets begin.
5. Skryf netjies en leesbaar.
Praktiese voorbeeld
Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Die son kom op in die ...
A weste.
ooste.
C noorde.
D suide.
Jy het die vraag korrek beantwoord as jy B omkring het.
Die toets begin op die volgende bladsy.
Graad 9 Afrikaans EAT 1
Downloaded from hlayiso.com
Lees die storie hieronder en beantwoord die vrae wat voig.
10
15
20
25
Trane van blydskap
‘Maria, Maria! Wat is verkeerd met jou? Wil jy laat wees vir skool? Dit is reeds half
drie. Staan op, jou luiaard!’ het Ella gesé. Ek het slaperig my 06 copgemaak en na
my vriendin gekyk. ‘Waaroor gaan al die lawaai?' het ek gemompel. 'Dit is ons eerste
dag by Siyabusa Skool. Hoe kon jy dit vergeet het?’ het Ella bygevoeg.
‘Moenie bekommerd wees nie, Ella,’ het ek haar geterg. 'Hulle straf nie mense by
skole vir volwassenes nie.'
My vriendin het baie mooi in haar nuwe, blou rok gelyk. Sy het haar twee boeke en
'n pen in haar hand gehad. Sy het nes 'n student gelyk en my 0€ het van blydskap
vol trane geskiet. Dit was die groot dag, die dag waarop ons sedert ons kinderdae
gewag het.
Ek kon nie glo dat ons so ver gekom het nie. Ons het die skool met ons eie hande
gebou en ons moes baie struikelblokke oorkom om hierdie droom te bewaarheid.
Nou was dit besig om regtig te gebeur. Ons gaan uiteindelik skool toe! Almal in die
dorpie het feesgevier. Wat slegs 'n droom was, was nou 'n ernstige saak wat almal in
Mabediana se lewens verander het. 'n Hele aantal volwassenes van 'n naburige
dorpie het ook vir die middagklasse geregistreer. Dit was nie maklik om te begin
skoolgaan op so 'n laat ouderdom nie. Ou Mokae was die eerste een wat by die
skool vir volwassenes kom registreer het.
Toe ons het by die skool kom, het mev. Adams aangehardloop gekom om ons te
groet. Ons het almal ons sitplekke ingeneern en mev. Adams het voor in die Klas
gaan staan om ons toe te spreek. 'Dames en here,’ het sy begin. 'Welkom by ons
nuwe skool. Ek staan vandag hier voor julle, nie net as 'n onderwyser nie, maar ook
as ‘n leerder. Ek wil ook leer om so sterk en gemotiveerd soos die mense van hierdie
dorpie, Mabedlana, te wees. Wat julle op julle eie reggekry het, is ongelooflik. Julle
sal altyd my waardering daarvoor hé.'
Ons het hande geklap en ek en Ella het vir mekaar geglimiag. Almal is gevra om
hulle boeke uit te haal en hulle name en adresse neer te skryf. Ek het my boek
Graad 9 Afrikaans EAT 2
Downloaded from hlayiso.com
30
uitgehaal en my pen opgetel. Anne, my niggie, het my gewys hoe om my naam te
skryf en ek het die letters van my naam versigtig oor en oor geskryf. 'n Traan het op
die bladsy gedrup ... en nog een en nog een. Ek kon nie ophou huil nie. Ek was so
aangedaan! Ek het 'n hand op my skouer gevoel, en mev. Adams het oorgeleun en
vir my 'n snesie aangebied. 'Moenie bekommerd wees nie," het sy gefluister, ‘ek voel
ook lus om te huil.’ Ek het afgekyk na my boek en begin skryf. Ek, Maria Seroot,
skryf my naam in my boek en ek voel asof ek regtig lewe!
[Aangepas én vertaal uit Before the rains come deur Justice Malala]
1.
Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Die skrywer het die storie geskryf om te wys dat ...
00 8 >
Maria se drome oor haar vriendin bewaarheid is.
Maria se droom om pragtig te lyk, bewaarheid is.
die droom van twee vriendinne bewaarheid is.
mev. Adams se drome bewaarheid is. (1)
Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Sé hoe Maria die oggend van die eerste skooldag gevoel het.
00 WP
Desperaat
Asof sy iets groots bereik het
Neerslagtig
Gefrustreerd (1)
Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Watter woord beskryf Ella en Maria op pad skool toe die beste?
00 WwW >
Hulpeloos
Onselfsugtig
Onbruikbaar
Onverskillig (1)
Graad 9 Afrikaans EAT 3
Downloaded from hlayiso.com
4. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Wat bedoel die skrywer wanneer hy in reél 12 en 13 sé, 'Almal in die dorpie het
feesgevier'?
A Daar was 'n herdenking.
B_ Daar was 'n troue.
C_ Daar het groot opgewondenheid geheers.
D_ Daar was 'n staking. (1)
5. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
''n Traan het op die bladsy gedrup ... en nog een en nog een’ (Reél 28 en 29).
Dit het gebeur, want Maria was ...
oorweldig.
ongelukkig.
kwaad.
bang. (1)
0 Oo WW >
6. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Wie is die verteller van die storie?
Maria
Mokae
Ella
Mev. Adams (1)
uO BD >
Graad 9 Afrikaans EAT 4
Downloaded from hlayiso.com
7. Lees die voorbeeld van 'n dagboekinskrywing hieronder en skryf jou eie,
kort dagboekinskrywing in die ruimte wat voorsien word.
Voorbeeld van 'n dagboekinskrywing:
Sondag, 3 Julie 2071
Vandag was ek in die grootste verleentheid van my lewe. My onderwyser het my
vorentoe geroep om die nuus by die opening voor te lees. Ek het gevoel of
iemand besig was om my te verwurg. My hande het gebewe en my stem het
vreemd geklink. Uiteindelik het ek dit tog reggekry! Dit was die eerste keer dat ek
voor so 'n groot gehoor gestaan het. Maar ek was baie in my skik dat ek die nuus
voor my skoolhoof, onderwysers en veral voor al my maats kon lees.
Verbeel jou dat jy baie ongelukkig is. 'n Vriend/vriendin het sy/haar rug op jou gedraai en
versprei leuens cor jou. Dit beinvioed jou vriendskap met jou ander vriende.
Skryf 'n dagboekinskrywing van 50 tot 60 woorde waarin jy jou gedagtes en gevoelens
hieroor beskryf. Jou dagboekinskrywings sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
® Inhoud
Toepaslikheid (om by die onderwerp te bly)
Formaat en lengte
e
Register en sty!
Taaigebruik, spelling en punktuasie.
Graad 9 Afrikaans EAT 5
Downloaded from hlayiso.com
(5)
Graad 9 Afrikaans EAT 6
Downloaded from hlayiso.com
Lees die uittreksel uit 'Ken jy die see’, en beantwoord vraag 8 tot 10.
Ken jy die see ...
Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur
en kalm soos min dinge hier benee,
maar hy’s gevaarliker as viam en vuur.
Dan sé jy nog, Meneer, die vis is duur. 5
Dié vrede, kalmer as ‘n stil, soet kind,
lyk of dit dae, dae lank sal duur.
Maar word dié bries ‘n bulderende wind,
Dan veg jy vir jou lewe, uur na uur.
En jy sé jy nog, Meneer, die vis is duur. 10
Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee,
waar kry ons hulp dan, waar’s ons naaste buur?
Die Dood staan voor die deur. Gee hy nog een tree,
dan kelder hy ons almal in sy koue skuur.
En jy sé nog, Meneer, die vis is duur.
Wat van die storms wat nooit ophou raas?
Jy sit pal in jou kliphuis, klam en guur,
en hoor die wind al woester, wreder blaas. 20
En daar's geen sprokkel hout meer vir jou vuur,
Dan sé jy nog, Meneer, die vis is duur.
_Uys Krige
Graad 9 Afrikaans EAT 7
Downloaded from hlayiso.com
8. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Benoem die styifiguur hieronder:
'.. sleep die swart, swart wind ...’ (versreél 11).
A _ Alliterasie
B_ Assonansie
CG Rym
D_ Vergelyking (1)
9. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Waarna verwys, 'Hy lyk ... nou soos jou voorstoep blinkgeskuur' (versreél 2)?
Die see laat ‘n mens dink aan ‘n stil, soet kind.
Die see lyk glad en blink.
Die see lyk soos gepoetste skoene.
oO DO >
Die branders lyk dreigend. (1)
10, Omkring die ietter voor die korrekte antwoord.
Verwys na versreél 8: ‘Maar word dié bries ‘n bulderende wind’ en benoem die
beeldspraak:
A Vergelyking.
B_Personifikasie.
C Klanknabcotsing.
D_ Assonansie. (1)
Graad 9 Afrikaans EAT 8
Downloaded from hlayiso.com
Lees die onderstaande leesstuk noukeurig deur en beantwoord vraag 11 tot 18.
Gekkedag (“April Fool")
1 As jy ooit aan die ontvangkant van 'n Gekkedag-grap was, moes jy al gewonder
het hoe dit ontstaan het. Wel, jy is nie alleen nie. Niemand weet verseker hoe
Gekkedag ontstaan het nie. Maar die mees aanvaarbare verduideliking het te doen met
die kalender. Mense het gewoonlik Nuwejaarsdag op die eerste April gevier. Net soos
vandag, het mense groot partytjies gehou om dit te vier. Mettertyd het die kalender
verander en so ook die datum vir die begin van 'n nuwe jaar. Die nuwe kalender wat in
die 1500’s ontstaan het, het Nuwejaarsdag as die eerste Januarie aangedui. Maar
omdat daar geen internet of enige ander manier was om die nuus fe versprei nie, is die
nuus maar stadig versprei en hoofsaaklik mondelings oorgedra. Dit het 'n hele rukkie
geneem voor almal van die verandering gehoor het en party mense het dit teengestaan.
Hulle het voortgegaan om die eerste April as Nuwejaar te vier. Hierdie mense het die
bynaam "April-gekke" gekry.
2 Mense wat die nuwe kalender nagevolg het, het die "April-gekke" poetse gebak deur
hulle op gekke-sendings te stuur. Hulle het die "April-gekke" na groot
Nuwejaarsvieringe uitgenooi wat nocit plaasgevind het nie. In Frankryk, is ‘n “April-gek”
‘Poisson d’Avril’ genoem, wat in Frans 'April-vis' beteken. Dit het ontstaan omdat
mense gedink dat visse die een ding is wat maklik met lokaas aan 'n hoek gevang kon
word. Kinders het baie keer 'n papiervissie op iemand se rug geplak om hom as 'n
"April-vis" te merk. Sodra die persoon die vis ontdek, het die poetsbakker geskree,
'Paisson d’Avrill'
3 Nie almal is ocortuig dat dit eintlik is hoe die tradisie van Gekkedag ontstaan het nie.
Mense het probeer om die presiese datum van die eerste Gekkedag te bepaal, maar dit
het gelei tot meer poetse. 'n Professor van die Bostonse Universiteit het met 'n
verslaggewer die gek geskeer deur 'n storie te vertel van 'n hanswors wat gesé het dat
hy beter kon regeer as die koning. Die hanswors het die koning geword, net vir een
dag, op die eerste April. Alhoewel ons nie seker is hoe hierdie tradisie begin het nie,
vier mense steeds April-Gekkedag deur mekaar poetse te bak.
Graad 9 Afrikaans EAT 9
Downloaded from hlayiso.com
4 So wanneer jy voigende keer besiuit om iemand 'n Gekkedag-streep te trek, onthou
dat hierdie dag eintlik gaan oor mense wat nie hulle tradisies wou verander toe die
nuwe kalender ontstaan het nie! Of miskien is dit dalk net 'n dag om die grapjas in ons
elkeen te vier!
[Aangepas uit 'n artikel deur Kelly Hashway]
11. Omkring die letter voor die korrekte antwoord,
Die skrywer het die leesstuk geskryf om ...
A _ lesers te oorreed om Gekkedag te herdenk.
B _lesers te herinner dat April-Gekkedag naby is.
C _lesers in te lig oor die geskiedenis van April-Gekkedag.
D _ lesers in te lig oor hoe Gekkedag in Amerika gevier word. (1)
12. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Identifiseer die onderwerp in paragraaf 1.
A Die mense hou partytjies om Gekkedag te herdenk.
B Die mense herdenk Nuwejaar op 1 April.
C Die mense het die bynaam “April-gekke” gekry.
D Die mense is onseker oor die oorsprong van Gekkedag. (1)
Graad 9 Afrikaans EAT 10
Downloaded from hlayiso.com
13. Skryf VIER hoofpunte uit die leesstuk neer om aan te dui hoe Gekkedag moontlik kon
ontstaan het.
(4)
14. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Kies die beste verklaring van die sinsnede 'gekke-togte' (Paragraaf 2) soos dit in die
leesstuk gebruik word.
A om aan iemand verspotte uitnodigings te stuur.
Bom iemand te stuur om gekke bymekaar te maak.
C om iemand na 'n gekke-paradys te stuur.
D amiemand op 'n doellose sending te stuur. (1)
15. Omkring die letter wat die stelling hieronder die beste verklaar.
‘'n Professor van die Bostonse Universiteit het met 'n verslaggewer die gek geskeer.'
A_ Hy het die verslaggewer bedank.
B_ Hy het die versiaggewer 'n streep getrek.
C_ Hy het die verslaggewer iets te drinke aangebied.
D_ Hy het belangstelling in die verslaggewer getoon. (1)
Graad 9 Afrikaans EAT 141
Downloaded from hlayiso.com
16. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Volgens die leesstuk is mense 'April-gekke' genoem. Verduidelik hoekom.
(4)
17. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Hoekom het die Franse verwys na ‘April-gekke’ as 'April-vis'?
A
B
c
D
Franse is lief vir vis.
Visse kan maklik om die bos gelei word.
Dit is maklik om vis gaar te maak.
Die Franse vang April visse. (1)
18, Wat beteken die volgende stelling?
‘Die eerste April is net ‘n dag om die grapjas in ons elkeen te vier.’
2)
Graad 9 Afrikaans EAT 12
Downloaded from hlayiso.com
19. Lees die volgende leesstuk, ‘Slangbyt', deeglik deur en som dan die hoofpunte op as jy
kiaar is.
SLANGBYT
‘n Slangbyt kan 'n skrikwekkende ervaring wees, of die slagoffer gebyt is deur 'n giftige
spesie of nie. Vrees en skok is gewoonlik die onmiddellike reaksie op 'n slangbyt. Die ou
spreekwoord 'Voorkoming is beter as genesing' is veral waar wanneer dit by slangbyt
kom.
Die volgende is 'n paar voorstelle oor hoe om slangbyte te vermy. Wanneer jy
onverwags 'n slang teékom, staan doodstil of stap stadig agteruit. Die slang sal enige
skielike beweging as 'n bedreiging beskou en jou aanval. As jy besluit om ‘n entjie in die
veld te gaan stap, moet nooit kaalvoet loop nie. Dra stewels en ‘n lang denimbroek. Die
meeste byte kom voor op mense se voete en enkels. Stap versigtig en luister vir 'n gesis
en 'n geritsel in die bosse. Wees versigtig om 'n slang wat dood lyk, op te tel. Party
spesies, veral die kobras en rinkhaise, kan voorgee dat hulle dood is. Wanneer jy in die
veld kampeer, moenie in die donker deur die bosse loop nie. Gebruik altyd 'n flitslig om
jou pad te verlig. Koop 'n slangbytkissie met teengif wanneer jy 'n gebied besoek waar
slange volop is.
Jou klas beplan ‘n uitstappie na ‘n plaas. Gebruik dit wat jy gelees het om veiligheidswenke
aan jou maats voor te hou. Wat is die DRIE belangrikste idees uit die artkel wat 'n mens kan
help?
Graad 9 Afrikaans EAT 13
Downloaded from hlayiso.com
Doen jou opsomming in die spasie hieronder.
(3)
20. Skryf die volgende sinne oor:
20.1 Skryf die volgende sin oor in die indirekte rede. Begin die sin soos aangedui.
‘Ek wil die slange beskerm,' het die veldwagter gesé.
Die veldwagter het gesé dat
(2)
20.2 Verander die volgende sin na die direkte rede. Begin die sin soos aangedui.
Die veldwagter sé dat’n slangbyt 'n skrikwekkende ervaring kan wees.
Die veldwagter sé,
(2)
21. Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies. (Verlede Tyd)
Veldwagter: Kon julle daarin slaag om enige kobras in die veld te sien?
Toergids: O, ja! Maar teen die tyd dat ons 'n kobra (sien), het ons al langer as 'n
uur na een (soek).
(2)
Graad 9 Afrikaans EAT 14
22.
Downloaded from hlayiso.com
Stel jou voor dat Donald die volgende SMS aan sy vriend, John stuur. Skryf die
paragraaf oor in goeie Afrikaans deur die taal-, spel- en punktuasiefoute te
verbeter.
(5)
Graad 9 Afrikaans EAT 15
Downloaded from hlayiso.com
23. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Die meeste slangbyte kom voor op mense se voete en enkels.
Wat sal jy doen om jouself te beskerm?
Ek sal stewels aantrek.
Ek behoort stewels aan te sit.
Ek sal dalk stewels aantrek.
oO uw >
Ek behoort stewels aan te hé. (1)
24. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Jy het op 'n groot kobra in die veld afgekom.
Wat moet jy doen?
A Ek moet dadelik stilstaan.
B Ek moet kan stilstaan.
C_ Ek moes kon stilstaan.
D_ Ek behoort te kan stilstaan. (1)
25. Skryf die volgende sin in oor in die lydende vorm. Begin met die onderstreepte woorde:
Omgewingsbewustes sa! mense veroordeel wat slange doodmaak.
Mense wat slange doodmaak,
(2)
Graad 9 Afrikaans EAT 16
Downloaded from hlayiso.com
26. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Vul die ontbrekende woord in met die regte antwoord.
Slanggif kan jou doodmaak dit nie behandel word nie.
A of
Bas
C en
D- vanaf
27. Omkring die letter voor die korrekte sin.
Slange bly gevaarlik, al hou ons nie van hulle nie.
Aangesien teengif belangrik is; help dit in tye van nood.
Die veldwagter is my beste vriend, al bly ek by hom.
oO DO >
Alhoewel my beste vriend my genooi het om saam met hom te toer, het ek
nie gegaan nie. (1)
28. Die meeste mense het 'n rolmodel in die lewe. Dit kan jou vader, jou moeder, 'n
vriend/ 'n vriendin, 'n onderwyser of ‘n sportheld wees. Skryf 'n paragraaf van 50
tot 60 woorde en beskryf jou rolmodel. Gebruik die inligting in die geheuekaart
hieronder.
1. Inleiding
My rolmodel
4. Sy/Haar
invloed op my
lewe
N
2. Eienskappe wat ek
in hom/haar
bewonder (simpatiek/
hardwerkendheid)
3. Lesse wat ek by
hom/haar geleer
het
Graad 9 Afrikaans EAT 47
Downloaded from hlayiso.com
Jou werk sal volgens die volgende kriteria gemerk word:
e Inhoud
e Toepasiikheid (verband met onderwerp)
e Beplanning
« Formaat en lengte
e Register en styl
* Taaigebruik, spelling en punktuasie.
Graad 9 Afrikaans EAT 18
Downloaded from hlayiso.com
29. 'n Gewilde tydskrif het mense gevra om hulle gunsteling resepte te stuur vir
publikasie. 'n Prys van R1 000,00 kan gewen word deur die persoon wat die
beste resep instuur. Skryf die resep van 60 tot 80 woorde neer. Die volgende
woorde moet ingesluit word:
« Bestanddele wat gebruik gaan word
e Kook metode
* Bedieningsvoorstelle
OF
Elke mens het al 'n speletjie in sy lewe gespeel. Verduidelik aan jou vriend/vriendin in 60
tot 80 woorde hoe jy jou gunsteling speletjie speel. Jy mag die onderstaande woorde
gebruik om 'n paragraaf te skryf.
span skeidsregter —_kaptein spelers telling —_-vuilspel
Jou paragraaf sal volgens die voigende kriteria nagesien word:
°
Beplanning (Gebruik die ruimte wat voorsien is vir jou beplanning.)
e 'n Duidelike inleiding en slot
* Korrekte taalgebruik, spelling, punktuasie en uitgebreide woordeskat.
« Inhoud
e Toepaslikheid (hou by die onderwerp)
Doen jou beplanning hier:
Graad 9 Afrikaans EAT 19
Downloaded from hlayiso.com
Skryf jou finale paragraaf hier:
(8)
TOTAAL: 60
Graad 9 Afrikaans EAT 20
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 ANA 2012 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 ANA 2012 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 ANA 2012 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 ANA Exemplars 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 ANA 2014 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 9 ANA 2013 Question Paper
More from Grade 9 Afrikaans HL

CAPS document
CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7 9 web

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 1 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 Paper 2 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 GEC Test 2023 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 9 GEC Test 2022 Memo

Memorandum