Skip to content

Afrikaans HL Grade 9 ANA 2011 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 9201112 pages

Grade 9 Afrikaans HL question paper from the ANA 2011, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com LEERDER NOMMER JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2010 GRAAD 9 AFRIKAANS: HUISTAAL VORM A GESLAG (MERK ) SEUN DOGTER VAN NAME PROVINSIE GEBOORTEDATUM NAAM VAN SKOOL DISTRIK / EMIS NR. STREEK Instruksies aan leerders 1. Lees alle instruksies sorgvuldig deur en beantwoord alle vrae. 2. Beantwoord die vrae op die lyne soos voorsien. 3. Die toets duur 2 ure. _______________________________________________________________________________________ Lees die onderstaande artikel en gebruik dit om vrae 1 tot 8 te beantwoord. 1. Verskillende tipes honde word opgelei om mense op allerhande maniere te help. Snuffelhonde word afgerig om van hulp te wees met die opspoor van delms by lughawens, asook om polisie te help met die opspoor vermiste persone. Honde word ook opgelei om gestremde persone in rystoele te ondersteun. Hierdie dienshonde word opgelei om deure oop te maak, ligte aan te skakel en goedjies te gaan haal. Meeste mense het ook al opgemerk hoe honde gesiggestremde persone ondersteun, dog min van ons weet hoe hierdie honde grootgemaak en opgelei is. 2. ‘n Spesiale organisasie, Die Suid-Afrikaanse Gidshond Assosiasie, het dit ten doel om die mobiliteit, onafhanklikheid en menswaardigheid van blinde, sowel as swaksiende persone te verbeter. Hierdie doelwitte word bereik deur die teel, grootmaak, sorg en opleiding van gidshonde. Slegs spesifieke honderasse, soos Labrador en Golden Retriever, is geskik vir hierdie doel, omdat hulle standvastig, saggeaard en doelgerig is. Die laaste eienskap is belangrik, veral in moeilike situasies. Voordat potensiële gidshonde begin met hul opleiding word hulle eers vir ongeveer ‘n jaar by vrywilligers gehuisves sodat hul kan leer om te sosialiseer. Die gidshonde leer daarna om te reageer op instruksies soos “links”, “regs”, “vorentoe” en “agtertoe”. Hulle word ook opgelei om hindernisse te vermy en verkeer dop te hou. 3. Die Suid-Afrikaanse Gidshond Assosiasie kan ongelukkig nie genoeg honde oplei vir al die gesiggestremdes nie. Daar is ‘n lang waglys vir ‘n gidshond en boonop moet elke hond sorgvuldig met sy eienaar gepas word. Voordat blinde en swaksiende persone toegelaat word om hul gidshonde huis toe te neem moet hulle eers ‘n spesiale kursus bywoon. Die gidshond ondersteun die eienaar nie net in ‘n komplekse omgewing nie, maar dien ook as ‘n lojale en getroue metgesel. Inligting verkry van www.guidedog.org.za Bladsy 1 van 12
Downloaded from hlayiso.com 1. Omkring die letter met die regte antwoord. (1) Die onderwerp van die eerste paragraaf is: A. Honde word opgelei as troeteldiere. B. Honde word opgelei as gidshonde vir blinde persone. C. Honde word opgelei vir swaksiende persone. D. Honde word opgelei om mens in verskillende wyses van hulp te wees. 2. Noem twee eienskappe van gidshonde. (2) _________________________________ , ___________________________________ 3. Omkring die letter met die regte antwoord. (1) ‘n Bysin kan die hoofsin uitbrei. Identifiseer ‘n voorbeeld van ‘n bysin uit die tweede paragraaf. A. Die laaste eienskap is belangrik, veral in moeilike situasies. B. Spesifieke honderasse, soos Labrador en Golden Retriever, is geskik vir hierdie doel. C. Voordat potensiële gidshonde begin met hul opleiding word hulle eers vir ongeveer ‘n jaar by vrywilligers gehuisves sodat hul kan leer om te sosialiseer. D. Hulle word ook opgelei om hindernisse te vermy en verkeer dop te hou. 4. Omkring die letter met die regte antwoord. (1) Die tweede paragraaf handel oor: A. Die Suid-Afrikaanse Gidshond Assosiasie B. Blinde en swaksiende persone. C. Gidshonde vir blinde, sowel as swaksiende persone. D. Afrigting van gidshonde vir blinde, sowel as swaksiende persone. Bladsy 2 van 12
Downloaded from hlayiso.com 5. Omkring die letter met die regte antwoord. (1) Hoekom is aanhalingstekens in die eerste sin van die tweede paragraaf gebruik? A. Om aan te dui dat iemand praat. B. Om ‘n direkte aanhaling vanuit ‘n bron aan te dui. C. Dit dui moeilike woordeskat aan. D. Dit dui direkte rede aan. 6. Skryf die volgende sin in die lydende vorm oor. (1) Meeste mense merk op hoe honde gesiggestremde persone ondersteun. ______________________________________________________________________________________ ______________________________________________________________________________________ 7. Gee ‘n antoniem (teenoorgestelde) vir elk van die volgende onderstreepte woorde. 7.1 Hierdie honderas word gekies omdat hul stewig is. (1) __________________________ 7.2 Gidshonde ondersteun hul eienaars om in die hededaagse komplekse wêreld te leef. (1) __________________________ 8. Gee ‘n meervoud vir elk van die volgende onderstreepte woorde. 8.1 Opgeleide honde help die polisie om vermiste persone op te spoor. (1) __________________________ 8.2 Ons benodig meer persoon om honde op te lei. (1) __________________________ Bladsy 3 van 12
Downloaded from hlayiso.com Jy beplan ‘n vakansie by Durban en is op soek na huisvesting. Bestudeer nou die onderstaande advertensie en beantwoord dan vrae 9 tot 12. Ontspan voor jou gunsteling DSTV kanaal na ‘n smaaklike ete, uit ‘n wye keuse van uiterhaler disse, in ‘n moderne restaurant. Koel jouself af in ons Olimpiese grootte swembad. Behou kontak met vriende en familie met ons telefoon, faks en internet fasiliteite. Bederf jouself met ‘n haar- of skoonheidsbehandeling van internasionale gehalte in ons salon. 102 Smith Straat, Durban, 4000. Tel: +27(03)156-7890 Faks: +27(03)145-6789 Bladsy 4 van 12
Downloaded from hlayiso.com 9. Omkring die letter met die regte antwoord. (1) Advertensies het bepaalde kenmerke. Watter een van die volgende kenmerke is nie op bogenoemde advertensie van toepassing nie? A. Dit probeer om die leser te beϊnvloed om die plek te besoek. B. Dit probeer om lesers se aandag te vestig. C. Dit verskaf nodige inligting. D. Dit dra persoonlike gevoelens oor. 10. Wat is nie in Hotel Rus toelaatbaar nie? (1) ______________________________________ 11. Kies twee byvoeglike naamwoorde uit die advertensie wat mense sal oortuig om na Hotel Rus te kom en skryf dit neer. (2) ____________________________________ , ________________________________ 12. Skryf die woord “Faks” volledig uit. (1) _____________________________________ 13. Gee die betekenis van die volgende uitdrukking: (1) “Skoonheid vergaan, maar deug bly staan” ____________________________________________________________________________ 14. Hoe word die hotel se naam in die advertensie benadruk? (1) _____________________________________________________________________________ Bladsy 5 van 12
Downloaded from hlayiso.com Gebruik die onderstaande woordeboek-uittreksel om vrae 15 tot 17 te beantwoord. sport1, (-e) 1.a Trap van ‘n leer: Pas op, moenie die sport mistrap nie. Die derde sport is gekraak. b. (fig) Trap, graad in ‘n rangorde: Op die hoogste/ onderste sport ( in die maatskappy) staan, dit bereik. Die hoogste sport van die maatskappy, die hoogste kringe. 2. Dwarshout in ‘n hek of tussen die pote van ‘n stoel: stoelsport. sport2 1. Liggaamsbeweging, -oefening as ontspanning: Baie aan sport doen. Sport beoefen. Deelneem aan sport. 2. (mv. sportsoorte) Spel waarby liggaamsbeweging, -oefening te pas kom: Voetbal, tennis, swem, atletiek is sy geliefkoosde sport. Hy neem aan ‘n hele aantal sportsoorte deel. Berg-, water, seil, vlieg, wandel, watersport sportief , b.nw en bw.(sportiewer, -ste). 1. Wat betrekking het op sport; lief vir sport: ‘n groep sportiewe jongmense. 2. In die ware gees van sport; wat dit vertoon: ‘n sportiewe krieketspeler, ‘n sportiewe gebaar. [F. Sportif] (HAT: Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, p.1050)** 15. Beantwoord die volgende vraag. (1) Die afkorting “bw” wat volg na sportief staan vir... __________________________ 16. Kies die regte woord uit die woorde in hakies. (1) Voetbal kan geklassifiseer word as ‘n (sport, sportsoort). _____________________________ 17. Beantwoord die volgende vraag. (1) “Die hoogste sport bereik van ‘n maatskappy” beteken ... _______________________________________________________________________________ Bladsy 6 van 12
Downloaded from hlayiso.com 18. Omkring die letter met die regte antwoord. (1) Gebruik die verklarings in die uittreksel hierbo: “‘n Sportiewe gebaar” dui op A. ‘n handeling wat ‘n doel aanteken. B. ‘n liggaamsbeweging. C. handeling in die ware gees van sport. D. ‘n persoon wat lief is vir sport. 19. Omkring die woord wat verkeerd gespel is in die volgende sin. (1) Verskillende kameras wat fotos neem vir afdrukke op folios vir die leerders. 20. Omkring die letter met die regte antwoord. (1) 20.1 Watter een van die onderstaande sinne is taalkundig verkeerd? A. My broer is ‘n matroos. B. Die man is ‘n bedelaar. C. Ons eksamens begin môre. D. Ons het gehoor van die seun se afsterf. 20.2 Korrigeer die gekose antwoord in 20.1. _________________________________________________________________ (1) 21. Omkring die letter met die regte antwoord. (1) Watter woord sal laaste staan as die onderstaande woorde alfabeties gerangskik word? A. Dut B. Demonstrasie C. Drif D. Departement Bladsy 7 van 12
Downloaded from hlayiso.com 22. Skryf ‘n opstel, ongeveer een bladsy lank met ‘n gepaste inleiding, inhoud en slot oor die volgende onderwerp. (10) Neem ‘n terugblik op jou ‘laerskooldae’. Hoe ervaar jy hierdie tydperk huidiglik? Sal jy dit as opwindend, onvergeetlik, vaal, vervelig, ongelukkig of ‘n kombinasie van almal beskryf. Jy sal geëvalueer word volgens die volgende kriteria:  Struktuur o Inleiding  ‘n Voorwoord = 1  Stel gedagtegang van opstel duidelik = 1 o Slot  Vereniging/samevatting van al die idees = 1  Duidelike finale boodskap = 1  Paragraafontwerp o Elke idee in’n nuwe paragraaf = 1 o Verband tussen paragrawe en sinne = 1 o Volgorde van idees = 1 o Oorspronklikheid = 1  Grammatika (1), spelling en leestekens (1) – foutvry Bladsy 8 van 12
Downloaded from hlayiso.com 23. Identifiseer die beeldspraak in die onderstaande sin: (1) “Die jong sebra het soos ‘n perd gepronk!” _______________________________________________________________ 24. Die taalvorm wat deur skrywers gebruik word om ‘n beeld (prent) in die leser se gedagtes te skep,word ...genoem. (1) ________________________________________ Bladsy 9 van 12
Downloaded from hlayiso.com 25. Omkring die letter met die regte antwoord. Kies ‘n voorbeeld met personifikasie uit die volgende: (1) A. So sterk soos ‘n leeu. B. Sy ruik nes ‘n ot. C. Die wind huil om ons. D. Modelle wat soos ‘n hanger lyk. 26. Watter tipe beeldspraak is hieronder gebruik? (1) “Pessimiste het gemeen dat die voetbalkoors ‘n fiasko sou laat opvlam gedurende die 2010 FIFA Wêreldbeker.” ___________________________________________________________________ 27. ‘n Gereelde maatslag in die hele gedig, staan bekend as...... (1) ___________________________________________________________________ 28. Gebruik die omgekeerde driehoekformaat en skryf ‘n nuusberig vir ‘n koerant, gebasseer op die onderstaande storie. Begin met ‘n interessante opskrif. Jou artikel moet uit drie paragrawe bestaan. Die berig se taalgebruik, spelling en leestekens (punktuasie) sal geëvalueer word. (18) Wie Wat Belangrikste feite Wanneer Waar Ondersteunende inligting Waarom Persone se kommentaar Hoe ‘n Bejaarde vrou van ongeveer 80 jaar oud het 1 Julie in ‘n vuur omgekom. Sy het in ‘n baie ou huis in Sunnyside Laan, Pretoria gebly. Die dag toe die vuur uitgebreek het Mnr de Bruin,‘n buurman, tydens middagete hom verbeel dat hy rook geruik het. Hy het egter gedink dat iets op die stoof brand. Na ete het hy egter iets snaaks gehoor en sy vrou ingelig dat hy gou wil uitvind wat dit was. Toe hy uitgaan, ontdek hy dat die huis langsaan aan die brand is. Hy het na binne gehardloop en vir sy vrou geskreeu om die brandweer te ontbied. Hy het daana terughardloop om uit te vind of daar iets is wat hy kon doen. Dit was egter reeds te laat. Die vuur het reeds so sterk gewoed dat dit onmoontlik was om die huis binne te gaan Bladsy 10 van 12
Downloaded from hlayiso.com of om iets te red. Die hoë vlamme het selfs die voordeur onsigbaar gemaak. Hy kon toe maar net wag vir die brandweer. Ander bure het ook by hom kom staan. Een van die bure het sy tuinslang saamgebring, maar kon egter nie veel uitrig teen so ‘n groot vuur nie. Dit het die brandweer omtrent 15 minute geneem om te kom, toe hul 2:30 aangekom het. Almal was bekommerd oor die huis se inwoners. Die hele straat se inwoners het mekaar geken. Hulle het geweet dat Mary Cass, die bejaarde vrou, soms na ete ‘n uiltjie knip en dat haar eggenoot, Roy Cass, Dinsdae met sy vriende brug speel. Hulle het ook geweet dat die huis oud en die bedrading in die huis moontlik lankal gedaan was. Tog was die huis steeds omtrent R1.5m.werd. Mev Jelly, ‘n ander buurvrou, het wel gewonder of dit verseker was. Nadat die brandweer die huis vir ‘n lang tyd met water gespuit het, is die vuur onder beheer gebring. Daar was ten minste ses brandweermanne. Toe een van die brandweermanne van die skare probeer verneem of daar iemand binne was, het Mnr. Cass snikkend opgedaag en sy vrou se naam herhalend genoem. Nog ‘n buurman, Mnr Mkhize, het hom eenkant geneem en op ‘n tuinstoel laat sit. Mev Jelly het ‘n dokter laat kom. Mnr Cass is sedert 1953 met sy vrou getroud en was ontroosbaar. Sittende het hy net gehuil en sy kop aanhoudend heen-en-weer geskud. Niemand kon hom troos nie. Later het polisiespeurders die skade deursoek om sodoende die oorsaak van die brand vas te stel. Een van die speurders het ook foto’s geneem sodat hulle die oorsaak van die vuur later kan bepaal. Daar was spekulasies dat ‘n elektriese fout die oorsaak kon wees. Mnr Cass is nou by sy dogter en skoonseun om voorlopig daar te bly. Mev Cass word op 4 Julie vanuit die St Columba kerk begrawe. Bladsy 11 van 12
Downloaded from hlayiso.com 29. Gebruik die leestuk op bladsye 10 – 11 om die volgende vraag te beantwoord. (1) Dink jy dat die bure enige iets meer kon doen om die brand te blus? Gee ‘n rede vir jou antwoord. _____________________________________________________________________________________ ______________________________________________________________________________________ ______________________________________________________________________________________ ______________________________________________________________________________________ ______________________________________________________________________________________ TOTAAL = 60 PUNTE Bladsy 12 van 12

Study this subject

More from Grade 9 Afrikaans HL

View all
Afrikaans HL Grade 9 ANA 2011 Question Paper | Hlayiso