Skip to content

Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June Exams 2021 Memo

MemorandumAfrikaans SALGrade 12202119 pages

Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 memorandum from the NSC June Exams 2021, 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 2021 NASIENRIGLYNE PUNTE: 80 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye en 3 rubrieke. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne ALGEMEEN 1. Gebruik die rubrieke in die assesseringsriglyne. AFDELING A VRAAG 1.1–1.5 OPSTEL AFDELING B VRAAG 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF VRAAG 2.2 FORMELE BRIEF VRAAG 2.3 INFORMELE TOESPRAAK VRAAG 2.4 INFORMELE VERSLAG AFDELING C VRAAG 3.1 ADVERTENSIE VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS VRAAG 3.3 INSTRUKSIES 2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, redigering en formaat by die rubrieke ingesluit is. 3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordeboek na die senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud aangeslaan word. 4. Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan, moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word. 5. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van opdragte uit die vraestel word net so oorgeskryf, ontvang die kandidaat geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele volgens die laagste omskrywing. 6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die nasien van 'n skryfstuk. 7. 'n Kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of meer as die maksimum getal woorde gebruik nie. 8. By VRAAG 1.5:  Die onderwerpe kan verhalend of beskrywend wees.  Die prente dien slegs as prikkels.  Die titel moet by die prikkel pas.  Indien die titel nie by die prikkel pas nie, maar die inhoud spreek steeds die kern van die prent aan, word die titel geïgnoreer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word. VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde (...) Hakies/Pyltjie Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord Woordkeuse / Haal met 'n streep deur Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T Woord(e) weggelaat ^ Weggelaatteken Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep Taalfoute ______ Enkelstreep onder die taalfout Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh Paragraaf is een, lang, lomp sin [ Begin van nuwe sin Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V; kleinletter r Punktuasie o Omkring Erkenning van taaljuweeltjies  Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of uitdrukkings. Woorde uit ander tale/*nie- X Trek 'n X oor die verkeerde woord. funksionele/vreemde woorde  Standaardafrikaans bly die norm.  Gebruiksafrikaans moet vermy word.  Aanvaar terme waarvoor Afrikaans nog nie ekwivalente het nie.  Aanvaar ook gemotiveerde Afrikaanse streekswoorde/-uitdrukkings. NEERSKRYF VAN PUNTE 1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk. 2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf KATEGORIEË volgens: AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (24 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte) en STRUKTUUR (4 punte). AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte). AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte). 3 Evalueer hoe uitsonderlik, gemiddeld of onvoldoende die kandidaat binne daardie kategorieë tussen die gegewe punte is, bv. uit 'n gegewe punt van 12-14 uit 40, moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk verdien. Indien die punt vir Inhoud & Beplanning (Afdeling A) in die UITSONDERLIK of KNAP val, moet die nasiener bepaal of die punt in die hoë of lae subkategorie val. Skryf net EEN punt neer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 4. Skryf die punt soos volg neer: AFDELING A Omskrywing Punt AFDELING B en C Omskrywing Punt IB K- 17 IBF K 9 TSR E 4 TSR K 5 S K 3 TOTAAL: 14 TOTAAL: 24 Let wel: Indien die punt vir Inhoud & Beplanning (Afdeling A) in die UITSONDERLIK of KNAP kategorie val, word die punt in die hoë subkategorie met 'n + aangedui en in die lae subkategorie met 'n -. AFDELING A: OPSTELTIPES VERHALENDE OPSTEL (Generies) Dis 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se), gewoonlik uit die verlede. Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.  Die doel van hierdie opstel is om te vermaak.  Hierdie opstel handel oor iets wat gebeur het en oorvertel word ('n storie of gebeurtenis). Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of kan fiktief wees.  Daar behoort 'n treffende inleiding te wees wat die leser dadelik boei en die karakters en agtergrond bekendstel.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  Die vertel-/storielyn ontwikkel logies en die gebeure skep 'n spanningslyn.  Die inhoud is boeiend, interessant, samehangend en oortuigend.  Die slot vorm die afloop/oplossing/samevatting. 'n Verrassende slot sal die waarde van die skryfstuk verhoog.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde behoort sinvol gebruik te word.  Skryf in die eerste of derde persoon.  Gebruik meestal verlede tyd.  Beskryf opeenvolgende gebeure.  Gebruik woorde wat gebeure in tyd aandui, bv. vroeg in die môre, later, ens.  Dialoog kan gebruik word.  Gebruik bywoorde, byvoeglike naamwoorde, beelde, ens., wat die leser boei. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne BESKRYWENDE OPSTEL (Generies) Die kandidaat beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp/persoon wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.  Die doel van hierdie opstel is om plekke, gebeure en karakters presies en akkuraat (lewendig) te beskryf.  Daar behoort 'n treffende inleiding te wees wat die leser dadelik boei.  Paragrawe moet logies volg.  'n Verrassende slot sal die waarde van die skryfstuk verhoog.  Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat is nodig vir 'n goeie beskrywende opstel.  Insig, begrip, eie belewing en sinvolheid geniet aandag. (Dit is meer as net die opnoem van waarnemings.)  Tekste kan varieer van realisties na 'n verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor die beskrywing kan gegee word.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beeldspraak, bv. vergelykings, metafore, personifikasie en stylmiddele soos herhaling, kontras en klanknabootsing kan gebruik word.  Idiome en spreekwoorde behoort sinvol gebruik te word.  Gebruik teenwoordige of verlede tyd.  Skep 'n prent in woorde.  Gebruik bywoorde, byvoeglike naamwoorde, beelde, ens., wat die leser boei. Die formaat van die opstel Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Hierdie paragraaf behoort treffend, relevant, kort en saaklik te wees. Die eerste sin moet dadelik die aandag boei. Liggaam: Dit het verskeie paragrawe waarvan een sin per paragraaf gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die ander sinne in die paragraaf is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en/of mening van die kandidaat. Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die gebeure in die opstel saamvat. Die slotsin moet 'n leser lank bybly. WENKE AAN NASIENERS: Die riglyne wat by die vrae gegee is, hoef nie gevolg te word nie. Die vraag is of die kandidaat wel oor die onderwerp geskryf het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 1.1 DIE DAG TOE EK ALLEEN HUIS TOE GESTAP HET  Die kandidaat vertel van die dag toe hy/sy alleen huis toe gestap het.  Die opstel behoort in die verlede tyd geskryf te word.  Die belangrikste elemente kan die volgende wees: o hoekom die kandidaat alleen huis toe gestap het; o waar dit gebeur het; o wat gebeur het; en o hoe die kandidaat voel oor dit wat gebeur het. [40] 1.2 DIT WAS 'N LEKKER KONSERT  Die kandidaat vertel van 'n lekker konsert wat hy/sy bygewoon het.  Die opstel behoort in die verlede tyd geskryf te word.  Die belangrikste elemente kan die volgende wees: o by watter konsert die kandidaat was; o waar die konsert gehou is; o wat die konsert so lekker gemaak het; en o wat die kandidaat altyd van hierdie konsert sal onthou. [40] 1.3 IEMAND WAT EK BEWONDER  Die kandidaat vertel van/beskryf iemand wat hy/sy bewonder.  Die bewondering spruit uit moeilike omstandighede wat oorkom is.  Die opstel kan in die teenwoordige of verlede tyd geskryf word.  Die belangrikste elemente kan die volgende wees: o wie die persoon is; o watter probleme hierdie persoon het; o hoe hierdie persoon die probleme in sy/haar lewe hanteer het; en o wat die kandidaat by hierdie persoon geleer het. LW Indien die kandidaat vertel hoe hy/sy iemand bewonder oor byvoorbeeld sy/ haar talent, is dit ʼn swak interpretasie en nie noodwendig mistasting nie. [40] 1.4 ONS MOET ALMAL WATER SPAAR  Die kandidaat vertel/verduidelik waarom en hoe mense water tuis en by die skool kan spaar.  Die opstel kan in die teenwoordige of toekomende tyd geskryf word.  Die belangrikste elemente kan die volgende wees: o waarom ons land nie baie water het nie; o hoe die skool water kan spaar; o hoe die kandidaat by die huis water kan spaar; en o waarom dit belangrik is dat almal moet help om water te spaar. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 1.5 1.5.1–1.5.4 PRENTE  Die opstel kan verhalend of beskrywend wees.  Kandidate se eie gepaste interpretasie van prente word aanvaar.  Die kandidaat moet die opstel 'n titel gee.  Die kandidaat se opstel moet direk by die prent aansluit.  Die prent kan beskryf word of iets uit die kern van die prent kan 'n storie begin.  Let daarop dat 'n prent ook figuurlik geïnterpreteer kan word. [40] ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG  Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word. Waar VRAAG 1.5.1–1.5.4 beantwoord word, moet die opstel met die prent verband hou.  Die opstel wat geskryf word, kan dus enige een van die twee tipes opstelle wees soos hierbo uiteengesit. TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS Die instruksies wat by hierdie vrae gegee is, moet gevolg word. Hierdie instruksies dui aan HOE die kandidaat die opdrag moet uitvoer. 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF FOKUS (OPDRAG) Die kandidaat moet 'n vriendskaplike brief aan sy/haar maat skryf waarin die maat bedank word vir sy/haar hulp. KENMERKE VIR HIERDIE SKRYFSTUK  Getal woorde: 80–100 woorde.  Die skryfstuk moet duidelik as 'n vriendskaplike brief herkenbaar wees.  Die doel van die vriendskaplike brief is om 'n maat te bedank vir hulp aan die kandidaat gebied.  Hierdie vriendskaplike brief is persoonlik en vriendelik.  Die vriendskaplike brief spreek die ontvanger direk aan. INHOUD, IDEES EN DETAIL  In die brief behoort die kandidaat te skryf: o wat die probleem was; o wat die maat gedoen het om die kandidaat te help; en o hoe die kandidaat voel oor die hulp wat die maat aangebied het.  Elk van bg. idees moet genoegsaam met gepaste detail uitgebrei word. FORMAAT  Die kort inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, nl. die kandidaat bedank die maat omdat hy/sy die kandidaat gehelp het.  Die liggaam van die brief brei uit deur bv. te vertel hoe die maat die kandidaat gehelp het.  Die slotparagraaf moet die brief saamvat en kan vertel hoe die kandidaat voel oor die feit dat die maat hom/haar gehelp het.  Die formaat van die brief moet korrek wees: adres, datum, aanhef, paragrawe en afsluiting.  Geen leestekens word in die adres gebruik nie.  Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. Omdat sekere handboeke wel die reël ooplaat, moet ons hier 'n toegewing maak en nie kandidate penaliseer nie.  Die datum word voluit geskryf: 20 Mei 2021.  Adres: Posbus 85 Huis 567 Kerkstraat 5 Sesde L/laan 60 Sesdelaan 60 Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Kode Kode Kode Kode Kode Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne  Aanhef: ''Beste'' of ''Liewe'' of enige aanvaarbare aanspreekvorm word gebruik en dit word teen die linkerkantlyn geskryf.  'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.  Groete/Liefdegroete/Mooi wense, ens. is die laaste paragraaf van die brief en daarom is daar 'n punt aan die einde.  Daar word nie 'n reël in die afsluiting van die brief oopgelaat nie.  Die omskrywing ''Jou vriend/in" of "Jou maat" is opsioneel. STYL, TOON EN REGISTER  Dit word in 'n informele styl geskryf.  Die styl moet pas by die opdrag: die briefskrywer bedank 'n maat vir sy/haar hulp.  Die toon en register moet by die vriendskaplike verhouding tussen die kandidaat en die maat (ontvanger van die brief), pas. Dit moet spreek van dankbaarheid. TAAL  Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe: o omvattend die kandidaat se woordeskat is; o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar woordeskat; o akkuraat die kandidaat se grammatika is; o goed die kandidaat spel; en o hoe funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en emosie aan te dui.  Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20] 2.2 FORMELE BRIEF FOKUS (OPDRAG) Die kandidaat moet 'n formele brief aan die bestuurder van die dorp se SASSA-kantoor skryf waarin hy/sy versoek dat die bestuurder sekere dinge moet doen om dit vir die oumense gemaklik te maak terwyl hulle vir hulle geld wag. KENMERKE VIR HIERDIE SKRYFSTUK  Getal woorde: 80–100 woorde.  Die skryfstuk moet duidelik herkenbaar wees as 'n formele brief.  Die doel van hierdie formele brief is om ʼn versoek te rig.  Die formele brief se taalgebruik en styl moet formeel en saaklik wees.  Die brief spreek die teikenpersoon (bestuurder) formeel aan, bv. Meneer/Mevrou/Geagte Heer/Geagte Mevrou.  Die toon en register moet pas by die formele verhouding tussen die kandidaat en die bestuurder (ontvanger). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne INHOUD, IDEES EN DETAIL  In die brief behoort die kandidaat te skryf: o waarom hy die brief aan die bestuurder skryf; o wat dit vir die oumense moeilik maak terwyl hulle vir hulle geld wag; en o wat gedoen kan word om dit vir die oumense gemaklik te maak terwyl hulle wag.  Elke idee behoort genoegsaam met gepaste detail uitgebrei te word. FORMAAT  Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van afsender, datum, adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe en afsluiting.  Die adres van die afsender kom regs boaan in blokvorm.  Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. Omdat sekere handboeke wel die reël ooplaat, moet ons hier 'n toegewing maak en leerders nie penaliseer nie.  Die datum word voluit geskryf: 20 Mei 2021.  Die adres van die ontvanger van die brief is links in blokvorm.  Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.  Laat 'n reël oop tussen die twee adresse.  Laat 'n reël oop tussen die adres van die ontvanger en die aanhef.  Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief saamvat.  Geen leestekens word na ''Die uwe'' gebruik nie.  Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken. Korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee.  Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening uitgeskryf word, indien dit onleesbaar is. STYL, TOON EN REGISTER  Die brief moet kort en bondig wees.  Die styl is formeel, maar hoflik.  Die styl getuig van empatie vir die oumense.  Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie.  Die kandidaat word nie gepenaliseer indien jy/jou in plaas van u gebruik word nie. TAAL  Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe: o omvattend die kandidaat se woordeskat is; o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar woordeskat; o akkuraat die kandidaat se grammatika is; o goed die kandidaat spel; en o hoe funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en emosie o aan te dui.  Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 2.3 INFORMELE TOESPRAAK FOKUS (OPDRAG) Die kandidaat moet 'n informele toespraak skryf wat hy/sy vir 'n groep jongmense sal lewer om vir hulle te vertel van die regte en verkeerde gebruik van sosiale media. Indien die kandidaat net op die regte of verkeerde gebruik fokus, is dit 'n swak interpretasie van die onderwerp en nie mistasting nie. KENMERKE VIR HIERDIE SKRYFSTUK  Getal woorde: 80–100 woorde.  Dit moet die duidelike kenmerke van 'n informele toespraak toon.  Die doel van hierdie toespraak is om te onderig.  Die inligting moet opbouend en motiverend van aard wees.  Die inligting moet logies georden wees. INHOUD, IDEES EN DETAIL Die toespraak kan handel oor:  'n kort uiteensetting van die verskillende tipes sosiale media wat jongmense gebruik;  die regte manier om sosiale media te gebruik; en  die verkeerde manier om sosiale media te gebruik. FORMAAT  Die gehoor moet gegroet word.  Paragrawe moet volgens die verskillende idees wees.  Verskaf 'n kort inleiding wat die doel van die toespraak weergee.  Die liggaam van die toespraak dra inligting oor.  'n Treffende slot wat die jongmense sal laat nadink, sluit die toespraak af. STYL, TOON EN REGISTER  Die toespraak moet interessant wees en die gehoor se aandag behou.  Die styl moet pas by die konteks van die toespraak, nl. om die jongmense te waarsku teen die verkeerde gebruik van sosiale media EN dan in te lig oor die korrekte gebruik van sosiale media. TAAL  Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe: o omvattend die kandidaat se woordeskat is; o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen, gegewe sy/haar woordeskat; o akkuraat die kandidaat se grammatika is; en o hoe goed die kandidaat spel.  Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 12 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 2.4 INFORMELE VERSLAG FOKUS (OPDRAG) Die kandidaat moet vir die skoolhoof 'n verslag skryf oor wat gebeur het toe twee persone 'n jong leerder geboelie het. KENMERKE VIR HIERDIE SKRYFSTUK  Getal woorde: 80–100 woorde.  Dit moet die duidelike kenmerke van 'n ooggetuie-verslag toon.  Die inligting moet korrek wees.  Die inligting moet logies georden wees. INHOUD, IDEES EN DETAIL Die kandidaat se verslag moet die volgende insluit:  wat gebeur het;  waar en wanneer dit gebeur het; en  wat die kandidaat tydens die insident gedoen het. FORMAAT  Daar behoort 'n opskrif te wees.  Die verslag moet onderteken word met die datum by.  Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees.  Verskaf 'n kort inleiding wat die doel van die verslag weergee.  Verskaf kortliks inligting oor die vrae: Wie?, Wat?, Waar? en Wanneer? Hierdie vrae kan subopskrifte wees.  Brei dan uit op die vrae.  Skryf 'n treffende slot wat alles saamvat. STYL, TOON EN REGISTER  Die verslag moet kort en bondig wees.  Die styl moet pas by die konteks van die verslag, nl. 'n objektiewe weergawe van wat die betrokke dag gebeur het. TAAL  Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe: o omvattend die kandidaat se woordeskat is; o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar woordeskat; o akkuraat die kandidaat se grammatika is; en o hoe goed die kandidaat spel;  Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20] ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 13 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS Die instruksies wat by hierdie vrae gegee is, moet gevolg word. Hierdie instruksies dui aan HOE die kandidaat die opdrag moet uitvoer. 3.1 ADVERTENSIE FOKUS (OPDRAG) Die kandidaat moet 'n advertensie ontwerp om sy/haar selfoon te adverteer. KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK  Getal woorde: 60–80 woorde.  Dit moet die duidelike kenmerke van 'n advertensie toon.  Die inligting moet duidelik uiteengesit wees.  Die advertensie moet eenvoudig wees en die lesers se aandag trek.  Die inhoud moet maklik verstaanbaar wees. INHOUD, IDEES EN DETAIL Die kandidaat behoort die volgende inligting te verskaf:  die plek waar mense na die selfoon kan kom kyk;  besonderhede oor die selfoon, bv. watter tipe selfoon dit is, hoe oud dit is, watter funksies die selfoon het, ens.;  hoeveel die kandidaat vir hierdie selfoon wil hê; en  die kandidaat se kontakbesonderhede. FORMAAT  Uitleg van die advertensie (lettergroottes, lettertipes en plasing van die woorde) is belangrik.  Die belangrike inligting in die advertensie moet duidelik uitstaan.  Dit moet al die inligting oor die selfoon gee.  Die advertensie berus op die sogenaamde ABBA-beginsel. 'n Advertensie moet mense/lesers se aandag trek. Die mense/lesers se belangstelling in die (tweedehandse/gebruikte) selfoon moet gewek word. Dit moet die mense/leerders se behoefte aanspreek. As die advertensie in sy doel slaag, sal die lesers/mense tot aksie oorgaan. STYL, TOON EN REGISTER Die kandidaat behoort 'n informele, oorredende styl te gebruik wat by die advertensie pas.  Spreek die lesers as "jy" aan.  Gebruik 'n manipulerende toon.  Gebruik byvoeglike naamwoorde. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 14 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne TAAL  Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe: o omvattend die kandidaat se woordeskat is; o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar woordeskat. Figuurlike taal en stylmiddele kan gebruik word om impak te maak. o akkuraat die kandidaat se grammatika is; o goed die kandidaat spel; en o hoe funksioneel leestekens aangewend word om aandag te trek en belangrike sake uit te lig.  Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20] 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS FOKUS (OPDRAG) Die kandidaat moet TWEE dagboekinskrywings maak en vertel:  van sy/haar gevoelens/gedagtes die aand vóór die besoek aan die dokter  van sy/haar gevoelens/gedagtes ná die besoek aan die dokter KENMERKE VIR HIERDIE SKRYFSTUK  Getal woorde: 60-80 woorde.  Die dagboekinskrywings moet die kandidaat se gedagtes, emosies en denke voor en na die doktersbesoek verwoord.  Die dagboekinskrywings kan in verlede/teenwoordige tyd geskryf word.  Noem familie en vriende op die naam. INHOUD, IDEES EN DETAIL  Die inhoud is persoonlik van aard.  Let wel: Dit gaan nie in hierdie dagboekinskrywings bloot oor 'n beskrywing van die doktersbesoek nie.  Die kandidaat vertel hoe hy/sy voel en waaraan hy/sy dink die aand voor en na die doktersbesoek.  Elke idee moet met gepaste detail uitgebrei word. FORMAAT  Die dag of datum of albei word boaan geskryf.  Die inhoud kan soos 'n opstel in paragrawe geskryf word.  Daar hoef nie met ''Liewe Dagboek'' begin te word nie. STYL, TOON EN REGISTER  Die styl moet by die persoonlike aard van die dagboekinskrywing pas.  'n Dagboekinskrywing word in die eerstepersoon geskryf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 15 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne TAAL  Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe: o omvattend die kandidaat se woordeskat is; o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen, gegewe sy/haar woordeskat; o akkuraat die kandidaat se grammatika is; o goed die kandidaat spel; en o hoe funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en emosie aan te dui.  Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20] 3.3 INSTRUKSIES FOKUS (OPDRAG) Die kandidaat moet instruksies vir sy/haar boetie neerskryf om te verduidelik hoe hy en sy vriende vuur moet maak EN vleis moet braai. KENMERKE VIR HIERDIE SKRYFSTUK  Getal woorde: 60-80 woorde.  Nie alle instruksies hoef met ʼn werkwoord te begin nie.  Verwys na spesifieke dinge wat gedoen moet word sodat die boetie en sy vriende vuur kan maak EN vleis kan braai. INHOUD, IDEES EN DETAIL Die kandidaat verduidelik vir die boetie wat hy en sy vriende alles moet doen om vuur te maak EN vleis te braai. FORMAAT Die instruksies moet puntsgewys en stap-vir-stap neergeskryf word. STYL, TOON EN REGISTER  Die taal en styl moet by die instruksies pas.  Dit moet kort en bondig wees.  Die toon moet soos instruksies klink.  Die lengte van die skryfstuk moet korrek wees. TAAL  Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe: o omvattend die kandidaat se woordeskat is; o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen, gegewe sy/haar woordeskat; o akkuraat die kandidaat se grammatika is; en o hoe goed die kandidaat spel.  Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 16 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKS Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 Downloaded from hlayiso.com 17 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne LET WEL  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 2; Afdeling A).  Die punte (0-40) vir die nasien van die opstel is in vyf kategorieë verdeel.  Die kriteria vir INHOUD is verder by Uitsonderlik en Knap in ’n hoë en lae subkategorie verdeel. In elke sub-kategorie word die verspreiding van punte aangedui.  Die verdeling van punte in ’n hoë en lae subkategorie beïnvloed nie die punt wat vir TAAL & STYL en STRUKTUUR toegeken word nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) TWEEDE ADDISIONELE TAAL [40 PUNTE] KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O) INHOUD & BEPLANNING 22-24 18 12-16 7-11 0-6 - Respons is uitsonderlik, treffend - Respons is baie goed; getuig - Respons is bevredigend. - Samehang in respons is - Respons is nie meer relevant Hoë subkategorie Respons op opdrag en bo verwagting. van vaardigheid. - Idees is redelik same- wisselvallig. nie. Idees in teks - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, hangend en oortuigend. - Idees is onsamehangend en - Idees is deurmekaar en nie op Organisering van idees stem leser tot nadenke. interessant en gee aanduiding - Redelike organisasie onduidelik; nie meer oorspronklik onderwerp gefokus nie. Dis Bewus van: - Uitsonderlike organisasie van volwassenheid. (inleiding, liggaam en nie. vaag en herhalend.  doel (inleiding, liggaam en - Organisasie (inleiding, liggaam samevatting/slot) en - Min bewys van organisasie - Geen organisasie; skryfstuk is  gehoor samevatting/slot) en samehang. en samevatting/slot) is baie samehang. (inleiding, liggaam en onsamehangend.  konteks van opdrag goed en samehangend. samevatting/slot) en samehang. 19-21 17 24 PUNTE Lae subkategorie - Respons is uitmuntend, maar - Respons is goed; getuig van uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid. ontbreek. - Idees is relevant, interessant. - Idees is intelligent en volwasse. - Organisasie (inleiding, liggaam - Baie knap organisasie (inleiding, en samevatting/slot) is goed en liggaam en samevatting/slot) en samehangend. samehang. TAAL, STYL & REDIGERING 10-12 8-9 6-7 4-5 0-3 - Taalgebruik is uitmuntend. - Taalgebruik is baie gepas en - Taalgebruik is voldoende; - Taalgebruik is basies. - Taalgebruik is onverstaanbaar. Toon, register, styl en woordeskat is geskik vir doel - Toon, styl en register is retories doeltreffend. hier en daar wisselvallig. - Toon, styl en register is - Toon, styl en register is en konteks effektief. - Toon, styl en register is gepas - Toon, styl en register is oor elementêr. onvoldoende. Woordkeuse - Woordeskat is uitsonderlik. en effektief. die algemeen gepas. - Woordeskat is baie basies. - Woordeskat is uiters beperk; Taalgebruik en konvensies - Grammatika, spelling en - Woordeskat is knap. - Woordeskat is gemiddeld. - Heelwat grammatika-, spel- en maak selfs begrip onmoontlik. Punktuasie punktuasie is feitlik foutvry. - Min grammatika-, spel- en - Grammatika, spelling en punktuasiefoute. - Grammatika-, spel- en Grammatika - Uitsonderlik gedoen. punktuasiefoute. punktuasie is gemiddeld. - Min of geen sinsverskeidenheid. punktuasiefoute belemmer Spelling - Knap gedaan. - Beperkte gebruik van betekenis. retoriese middele. 12 PUNTE STRUKTUUR 4 3 2 1 0 - Uitsonderlike ontwikkeling van - Logiese, samehangende - Gemiddelde ontwikkeling van - Basiese ontwikkeling van - Onvoldoende ontwikkeling van Kenmerke van teks onderwerp. ontwikkeling van onderwerp. onderwerp. onderwerp. onderwerp. Paragraafontwikkeling en sinskonstruksie - Uitsonderlike detail. - Genoegsame detail. - Relevante detail. - Sommige relevante detail. - Nodige detail ontbreek. - Uitsonderlike vaardigheid in sins- - Sins- en paragraafbou is logies - Gemiddelde sins- en - Sins- en paragraafbou is foutief. - Sins- en paragraafbou is 4 PUNTE en paragraafbou. en getuig van variasie. paragraafbou. - Opstel maak tog sin t.s.v. baie foutief. foute. - Opstel maak nie sin nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 Downloaded from hlayiso.com 18 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK LANG TRANSAKSIONELE TEKS (AFDELING B) TWEEDE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE] KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O) INHOUD, BEPLANNING & 10-12 8-9 6-7 4-5 0-3 FORMAAT - Grondige kennis van - Goeie kennis van - Toon voldoende kennis van - Toon elementêre kennis - Toon weinig, indien enige kenmerke van teks. kenmerke van teks. kenmerke van teks. van kenmerke van teks. kennis van kenmerke van Kenmerke van teks - Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed. - Respons is voldoende. - Respons is basies. teks. Respons op opdrag treffende en bo verwagting. - Inhoud en idees - Inhoud en idees redelik - Inhoud en idees nie - Respons toon weinig, Idees in teks - Idees is intelligent en samehangend. samehangend. meer altyd samehangend indien enige verband met Organisering van idees volwasse. - Behou fokus. - Nie meer heeltemal nie. opdrag. Konvensies en konteks - Inhoud en idees is - Idees is baie goed gefokus nie; enkele - Aanduiding van fokus; - Geen samehang in idees samehangend. uitgebrei met detail afwykings. met afwykings. en inhoud nie. 12 PUNTE - Behou fokus. wat die onderwerp - Sommige detail ondersteun - Min detail ondersteun die - Fokus onvoldoende en - Idees is behoorlik uitgebrei met ondersteun. die onderwerp. onderwerp. onvanpas. detail wat die onderwerp - Gepaste formaat; - Formaat oorwegend gepas, - Noodsaaklike reëls van - Baie min indien enige ondersteun. onbeduidende foute. maar met foute. die formaat is vaagweg detail ondersteun die - Gepaste en akkurate formaat. toegepas. Kritiese foute is onderwerp. egter begaan. - Noodsaaklike reëls van die formaat is nie toegepas nie. 7-8 5-6 4 3 0-2 TAAL, STYL & - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en REDIGERING woordeskat is hoogs geskik vir woordeskat is baie geskik woordeskat is geskik vir woordeskat is minder woordeskat is nie meer doel, gehoor en konteks. vir doel, gehoor en konteks. doel, gehoor en konteks. geskik vir doel, gehoor en geskik vir doel, gehoor en Toon, styl, register en - Baie goeie woordeskat. - Knap woordeskat. - Woordeskat is voldoende. konteks. konteks nie. woordeskat is geskik vir - Toon goeie taalkonstruksie. - Toon oor die algemeen - Toon gemiddelde - Basiese woordeskat. - Woordeskat is doel/effek en konteks - Grammatika is akkuraat. goeie taalkonstruksie. taalkonstruksie. - Toon basiese onvoldoende. Woordkeuse - Baie min spel- en - Grammatika is oor die - Enkele grammatikafoute. taalkonstruksie. - Toon feitlik geen Taalgebruik en konvensies punktuasiefoute. algemeen korrek. - Spel- en punktuasiefoute - Grammatika is nie meer taalkonstruksie nie. Punktuasie - Min spel- en belemmer nie betekenis akkuraat nie. - Grammatikafoute Grammatika punktuasiefoute. nie. - Etlike spel- en belemmer betekenis. Spelling punktuasiefoute wat - Besaai met spel- en betekenis belemmer. punktuasiefoute; 8 PUNTE belemmer betekenis. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK KORT TRANSAKSIONELE TEKS (AFDELING C) TWEEDE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE] KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O) INHOUD, BEPLANNING & 10-12 8-9 6-7 4-5 0-3 FORMAAT - Grondige kennis van - Goeie kennis van - Toon voldoende kennis van - Toon elementêre kennis - Toon weinig, indien enige kenmerke van teks. kenmerke van teks. kenmerke van teks. van kenmerke van teks. kennis van kenmerke van Kenmerke van teks - Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed. - Respons is voldoende. - Respons is basies. teks. Respons op opdrag treffende en bo verwagting. - Inhoud en idees - Inhoud en idees redelik - Inhoud en idees nie - Respons toon weinig, Idees in teks - Idees is intelligent en samehangend. samehangend. meer altyd samehangend indien enige verband met Organisering van idees volwasse. - Behou fokus. - Nie meer heeltemal nie. opdrag. Konvensies en konteks - Inhoud en idees is - Idees is baie goed gefokus nie; enkele - Aanduiding van fokus; - Geen samehang in idees samehangend. uitgebrei met detail afwykings. met afwykings. en inhoud nie. 12 PUNTE - Behou fokus. wat die onderwerp - Sommige detail ondersteun - Min detail ondersteun die - Fokus onvoldoende en - Idees is behoorlik uitgebrei met ondersteun. die onderwerp. onderwerp. onvanpas. detail wat die onderwerp - Gepaste formaat; - Formaat oorwegend gepas, - Noodsaaklike reëls van - Baie min indien enige ondersteun. onbeduidende foute. maar met foute. die formaat is vaagweg detail ondersteun die - Gepaste en akkurate formaat. toegepas. Kritiese foute is onderwerp. egter begaan. - Noodsaaklike reëls van die formaat is nie toegepas nie. 7-8 5-6 4 3 0-2 TAAL, STYL & - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en - Toon, styl, register en REDIGERING woordeskat is hoogs geskik vir woordeskat is baie geskik woordeskat is geskik vir woordeskat is minder woordeskat is nie meer doel, gehoor en konteks. vir doel, gehoor en konteks. doel, gehoor en konteks. geskik vir doel, gehoor en geskik vir doel, gehoor en Toon, styl, register en - Baie goeie woordeskat. - Knap woordeskat. - Woordeskat is voldoende. konteks. konteks nie. woordeskat is geskik vir - Toon goeie taalkonstruksie. - Toon oor die algemeen - Toon gemiddelde - Basiese woordeskat. - Woordeskat is doel/effek en konteks - Grammatika is akkuraat. goeie taalkonstruksie. taalkonstruksie. - Toon basiese onvoldoende. Woordkeuse - Baie min spel- en - Grammatika is oor die - Enkele grammatikafoute. taalkonstruksie. - Toon feitlik geen Taalgebruik en konvensies punktuasiefoute. algemeen korrek. - Spel- en punktuasiefoute - Grammatika is nie meer taalkonstruksie nie. Punktuasie - Min spel- en belemmer nie betekenis akkuraat nie. - Grammatikafoute Grammatika punktuasiefoute. nie. - Etlike spel- en belemmer betekenis. Spelling punktuasiefoute wat - Besaai met spel- en betekenis belemmer. punktuasiefoute; 8 PUNTE belemmer betekenis. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans SAL

View all