Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2
NOVEMBER 2024
NOORDWES
PUNTE: 40
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the November 2024 NSC, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Sal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 397.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2024
NSS (Noordwes) Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer oor
die teks wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vraag aandagtig deur
voor jy dit beantwoord.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Drama (40)
AFDELING A: Kortverhale (40)
3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:
AFDELING A: DRAMA
Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.
OF
AFDELING B: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 90 minute
OF
AFDELING B: 90 minute
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2024
NSS (Noordwes) Vertroulik
INHOUDSOPGAWE
Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. Nov
AFDELING A: DRAMA
Beantwoord slegs die EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Perdekrag 40 4
OF
AFDELING B: KORTVERHALE
Beantwoord AL TWEE kortverhale.
2. "Die tongblaar" 20 8
EN
"Die las" 20 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2024
NSS (Noordwes) Vertroulik
AFDELING A: DRAMA
VRAAG 1: PERDEKRAG – Cecilia du Toit
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS A
WILMA: En jy brom nie so nie, gehoor! Jy praat behoorlik dat ek en Binki jou kan
verstaan. Maak of jy ordentlik is, magtag. Kom, hark hier skoon. (Wilma
beduie na iets net binne Kaizer se stal. Lucky kom die stal skoorvoetend
binne, maar sodra hy sy rug op Kaizer draai, lui sy selfoon skel. Kaizer
deins terug. Lucky spring uit die stal en gryp sy selfoon uit sy agtersak om 5
te antwoord.)
Ek het gesê jy moet dit wegsit. Jy beter nou luister of –
LUCKY: (Uitdagend van die skrik.) Of wat? Ek sal praat as ek wil praat. Jy en wie
nog gaan my keer?
(Hy lig die foon na sy oor om te praat, maar Wilma stap dreigend nader.) 10
WILMA: Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie. Die magistraat doen jou
prokureur 'n guns, en ek doen weer vir haar 'n guns. Ek hoef jou glad nie
hier by my stalle te laat werk nie.
1.1 "Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie." (Reël 11)
1.1.1 Wie is hierdie Meneertjie? (1)
1.1.2 By watter stalle is Meneertjie? (1)
1.1.3 Waarom is Meneertjie hier? (1)
1.1.4 Wat het Wilma gedoen nadat Meneertjie later weer op sy selfoon
besig was? (1)
1.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.2) en die letter
(A–D) neer.
" ... Wilma stap dreigend nader" in reël 10 sê vir ons dat Wilma … was.
A moeg
B kwaad
C haastig
D opgewonde (1)
1.3 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
WAAR te maak.
Dit was Lucky se werk om die stalle uit te hark en vars water in te sit. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2024
NSS (Noordwes) Vertroulik
1.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommers (1.4.1 en 1.4.2) en die antwoord neer.
Wilma was eers geduldig (patient) met Lucky, want sy wou hom
(1.4.1) (help/straf). Omdat Lucky so (1.4.2) (stout/fluks) was, het Wilma later
ongeduldig (impatient) met hom geraak. (2)
1.5 Lucky sê sekere goed vir sekere redes.
Kies die rede uit KOLOM B wat by Lucky se woorde in KOLOM A pas. Skryf
net die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.5.1 ''Beentjie. Soos armpie en A Lucky is negatief teenoor ryk
voetjie en handjie.'' mense.
1.5.2 ''Take it easy, Miesies B Lucky hou daarvan om Binki te
Cheesy.'' terg (tease).
1.5.3 ''Of mag net die ryk rotte C Lucky kan nie glo Binki se ma het
die goed ry?'' so min tyd vir haar nie.
1.5.4 ''O ja. Jou ma is Busy D Lucky kan nie verstaan hoekom
Lizzie.'' Binki nie met hom wou praat nie.
E Lucky is moeilik met Wilma.
(4 x 1) (4)
1.6 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
soos wat dit in die drama gebeur.
Binki het vir Lucky van Dukie vertel.
Lucky het Tinkerbelle laat weghardloop.
Lucky het sy nommer op Binki se foon gesit.
Wilma het dadelik vir Lucky verduidelik watter werkies hy moes doen. (4)
1.7 Waarom was dit reg van die magistraat om vir Lucky 'n tweede kans te gee? (1)
1.8 Waarom was dit verkeerd van Lucky om nie sy selfoon weg te sit toe Wilma
gesê het hy moet dit doen nie? (1)
1.9 Waarom is dit goed dat Wilma so streng (strict) met Lucky is? (1)
1.10 Hoe help die skrywer jou om te verstaan dat Lucky nie op die perdeplaas wou
wees nie? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2024
NSS (Noordwes) Vertroulik
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS B
LUCKY: ... Ek en my simpel groot bek. Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box
sodat almal kan hoor ek is net 'n perdedrol. (Binki wil hom simpatiek
aanraak, maar hy deins weg van haar.)
Stoppit! Ek word nie aan gevat nie. Nie deur jou soort nie.
BINKI: Skies. Ek wou maar net – (Sy draai verleë weg en maak of sy iets in die 5
stoorkamer soek.)
LUCKY: Skies, Binki.
BINKI: Ek moes nie – ek weet nie wat nie.
LUCKY: Ek laaik myself nie altyd nie.
BINKI: (Paaiend.) Dis oukei. 10
LUCKY: Nee, dit is nie! Ek het die hele week aan jou gedink. Jy sal nie aan my vat
as jy weet hoekom ek hier is nie.
BINKI: Waarom sal ek nie?
LUCKY: Want jy hardloop vlamme in om 'n bleddie brak te red. Ek en jy leef in
verskillende wêrelde ... Jou huis het afgebrand, ... , maar my hele lewe 15
brand elke dag so bietjies-bietjies af.
1.11 Noem TWEE redes waarom Binki by Wilma op die plaas gebly het. (2)
1.12 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.12.1 tot 1.12.4)
en die antwoord neer.
1.12.1 Wilma het vir Lucky vertel wat met haar perd, ... (die perd se
naam), gebeur het. (1)
1.12.2 Wilma het die aand van die ongeluk baie gedrink. Lucky het haar
daarom 'n ... genoem. (1)
1.12.3 Lucky het ... maande by Wilma gewerk. (1)
1.12.4 Binki het haar matriek deur ... gedoen. (1)
1.13 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf net die vraagnommer (1.13) en die antwoord neer.
'n vergelyking; personifikasie; 'n metafoor
"Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box sodat almal kan hoor ek is net 'n
perdedrol." (Reël 1 en 2) Dit is 'n voorbeeld van ... (1)
1.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.14) en die
letter (A–D) neer.
"... maar my hele lewe brand elke dag so bietjies-bietjies af.'' (Reël 15
en 16) Dit beteken dat ...
A 'n deel van Lucky-hulle se huis ook afgebrand het.
B Lucky en die mense in sy lewe baie probleme het.
C die mense in Lucky se omgewing elke dag vuur maak.
D daar elke dag huise in Lucky se omgewing afgebrand het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2024
NSS (Noordwes) Vertroulik
1.15 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommers (1.15.1 en 1.15.2) en die antwoord neer.
In reël 1 tot 4 is Lucky se toon teenoor Binki (1.15.1) (onvriendelik/vriendelik).
In reël 7 tot 11 verander sy toon, want hy het (1.15.2) (besef dit was
onregverdig om so met Binki te praat/gedink dit was eintlik Wilma se skuld). (2)
1.16 Waarom het Binki bloese met lang moue gedra? (1)
1.17 Lucky het Binki se bloes opsetlik (on purpose) geskeur.
Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1)
1.18 Die lewe op die plaas was teen die einde goed vir Binki en Lucky.
Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.18.1 Lucky het vir Kaizer gesê hy A Binki aanvaar (accept) die
was jammer oor wat hy situasie met haar ma.
gedoen het.
B Binki is nie meer so bang vir
1.18.2 Binki het weer vir Lucky die die perde nie.
foto's van Dukie op haar
foon gewys. C Lady Jane en Kaizer doen wat
Lucky vir hulle vra.
1.18.3 Binki het die langnaweek op
die plaas gebly. D Kaizer aanvaar Lucky se
verskoning.
1.18.4 Lucky het geleer om mooi
met die perde te praat. E Lucky verander sy kontaknaam
na ''Extra Lucky''.
(4 x 1) (4)
1.19 Waarom was dit goed vir Lucky dat Binki haar storie vir hom vertel het? (1)
1.20 Waarom was dit goed vir Wilma dat sy vir Lucky die kans gegee het om op
die plaas te werk? (1)
1.21 Waarom is dit vir jou lekker om te weet dat Binki se lewe aan die einde van
die drama verander het? (1)
1.22 Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die drama pas? (1)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2024
NSS (Noordwes) Vertroulik
AFDELING B: KORTVERHALE
VRAAG 2: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer
Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.
VERHAAL A: "DIE TONGBLAAR" – Pirow Bekker
EN
VERHAAL B: "DIE LAS" – Margaret Bakkes
VERHAAL A: "DIE TONGBLAAR" – Pirow Bekker
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS C
Sy wag op hom.
"Kom, dis die eienaardige vetplant wat ek vir jou wil wys," sê hy glad.
Hy knak die blaar en sy buig haar kop.
Hy trek die helftes uitmekaar en die drade staan styf tussen hulle.
"Haai, dis wonderlik," sê sy eenvoudig. "Dit lyk soos 'n harpie." 5
Dit tref hom so dat hy net aanhou kyk daarna sonder om iets te sê of te doen. Hierdie
oomblik wil hy nie breek nie.
Sy oë gaan na haar leë hand en die vinger wat hy wou meet. Maar hy doen niks.
Staan net so in stilte.
"Kyk die wind het die snare gebreek." 10
Toe is die oomblik verby.
"Wat is dit?" vra sy.
"Garingblaar. Dit is maar ons naam daarvoor. Sommige mense noem dit tongblaar."
"Tongblaar," herhaal sy asof sy die woord proe. "Jy is mooi."
Toe ry sy. 15
2.1 " 'Kom, dis die eienaardige vetplant wat ek vir jou wil wys,' sê hy glad."
(Reël 2)
2.1.1 Met wie praat Wynand hier? (1)
2.1.2 Waar moes sy ná skool vir Wynand wag? (1)
2.1.3 Waarom wou Wynand vir haar die tongblaar wys? (1)
2.1.4 Wat het Wyand gedoen nadat sy weggery het? (1)
2.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.2) en die letter
(A–D) neer.
"Hierdie oomblik wil hy nie breek nie," in reël 6 en 7 sê vir ons dat
Wynand …
A nie huis toe wou gaan nie.
B jammer was dat hy die blaar gebreek het.
C gedink het dat Elsie vir hom sou kwaad wees.
D nie wou hê die tyd saam met Elsie moes verbygaan nie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2024
NSS (Noordwes) Vertroulik
2.3 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
WAAR te maak.
Dit het Wynand geïrriteer dat Janka áltyd by hom is. (1)
2.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommers (2.4.1 en 2.4.2) en die antwoord neer.
Nadat Wynand besef het dat hy baie van Elsie hou, was hy sommer
(2.4.1) (opgewonde/ontevrede) oor die lang vakansie. Terwyl hy dinge
op die plaas gedoen het, het die gedagtes aan Elsie hom baie
(2.4.2) (gelukkig/hartseer) gemaak. (2)
2.5 Die karakters se woorde sê vir ons hoe die karakters voel.
Kies die emosie uit KOLOM B wat by die karakter se woorde in KOLOM A
pas. Skryf net die vraagnommers (2.5.1 tot 2.5.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.5.1 "Moet ons jou dokter toe A Elsie het van eenvoudige dinge
vat?" gehou.
2.5.2 "Nee wat, ek sal sommer B Wynand was kwaad oor Elsie se
ou Katlagter iets vra." bynaam.
2.5.3 "Nee, ek wou maar vra C Wynand wou nie hê almal moet
hoe was die oor hom hoeihaai nie.
vrugtestelery toe?"
D Klaas was bekommerd oor
2.5.4 "Haai, dis wonderlik." Wynand.
E Wynand was skaam om met Elsie
te praat.
(4 x 1) (4)
2.6 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
soos wat dit in die verhaal gebeur.
Wynand het die miershoop met klippe gemerk sodat hy die plek kan kry.
Wynand het besef hy kan Elsie se vinger met 'n garingblaar meet.
Wynand het vir Elsie die tongblaar gewys.
Wynand wou vir Elsie 'n seëlringetjie gee. (4)
2.7 Waarom kan 'n mens sê dat Elsie 'n rustige persoonlikheid het? (1)
2.8 Wynand was skaam om met Elsie te praat. Hoe het dit sy lewe moeilik
gemaak? (1)
2.9 Watter les oor geduld het jy by Wynand geleer? (1)
2.10 Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die verhaal pas? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2024
NSS (Noordwes) Vertroulik
VERHAAL B: "DIE LAS" – Margaret Bakkes
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS D
Toe het hy by die vertrek uitgehardloop. Sy het die voordeur hoor klap. Teen die tyd
dat sy buite kom, was daar geen teken meer van die kind nie.
Sy het ontstemd in die donker straat afgekyk. Dit het verlate en vyandig gelyk. Op
daardie oomblik het Lida Verhoef vir die eerste keer besef dat sy alleen staan soos
nog nooit tevore nie. Schalkie was nou op die spel. Sy moes hom nou vind en vertroos. 5
Die situasie was vir die eerste keer in perspektief, soos dit moes gewees het reg van
die begin af, toe Schalkie sy pa verloor het. Hoe en waar sy sou begin, het sy nie
suiwer geweet nie. Dít ten minste was vir haar duidelik: sy sou vir Dirk van Graan bel.
Hy het haar stem skaars herken en haar storie was verward en onsamehangend.
Dit het hy egter begryp. Daar was fout met Schalkie. 10
2.11 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.11.1 tot 2.11.4)
en die antwoord neer.
2.11.1 Schalkie het van die skool af gekom en baie … voor hulle huis sien
staan. (1)
2.11.2 Schalkie se … het vir hom vertel dat sy pa die oggend dood is. (1)
2.11.3 Schalkie het besef dat sy ma swak is en dat hy haar sou moes ... (1)
2.11.4 Die ... het besef dat Schalkie die las op sy skouers geneem het. (1)
2.12 Waarom het Schalkie by die huis uitgehardloop? Gee TWEE redes. (2)
2.13 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf net die vraagnommer (2.13) en die antwoord neer.
'n metafoor; klanknabootsing; personifikasie
"Dit het verlate en vyandig gelyk," in reël 3 is 'n voorbeeld van ... (1)
2.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.14) en die
letter (A–D) neer.
"Die situasie was vir die eerste keer in perspektief, soos dit moes gewees
het reg van die begin af, toe Schalkie sy pa verloor het." (Reël 6 en 7) Dit
beteken dat Lida besef het dat …
A Dirk van Graan haar seun ongelukkig gemaak het.
B daar nie genoeg geld was om Schalkie groot te maak nie.
C dit beter sou wees as sy wegtrek en op 'n ander plek gaan bly.
D dit haar taak as ma was om na Schalkie te kyk en nie andersom nie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2024
NSS (Noordwes) Vertroulik
2.15 Wat het Dirk ná skool saam met Schalkie gedoen? Noem EEN ding. (1)
2.16 Die tyd ná Schalkie se pa se dood was vir almal 'n moeilike tyd.
Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommers (2.16.1 tot 2.16.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.16.1 Schalkie se pa was A Schalkie se maats het nie meer by
groot en sterk. hom gaan speel nie.
2.16.2 Schalkie se pa is twee B Schalkie was bly toe Dirk by hulle
dae ná sy dood huis opdaag.
begrawe.
C Schalkie wou nie ná die diens huis
2.16.3 Schalkie se ma was toe gaan nie.
bedags alleen by die
huis. D Schalkie het ná skool vinnig huis
toe gegaan.
2.16.4 Schalkie was oral en
altyd saam met sy ma. E Schalkie kon nie glo sy pa is dood
nie.
(4 x 1) (4)
2.17 Lida het Dirk genooi om weer by hulle te kom kuier.
Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1)
2.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommers (2.18.1 en 2.18.2) en die antwoord neer.
Die toon aan die einde van die verhaal is baie (2.18.1) (positief/negatief),
want Dirk het mooi vir Schalkie verduidelik dat hy (2.18.2) (vir Schalkie en sy
ma wou sorg/saamstem dat Schalkie by sy oupa-hulle moes gaan bly). (2)
2.19 Waarom kan 'n mens sê dat Lida ná haar man se dood selfsugtig was? (1)
2.20 Waarom kan 'n mens sê dat Schalkie ná sy pa se dood onselfsugtig opgetree
het? (1)
2.21 Waarom voel jy aan die einde van die verhaal saam met Schalkie bly oor hoe
dinge vir hom verander het? (1)
2.22 Hoe help die skrywer jou om die tema van lojaliteit (loyalty) te verstaan? (1)
TOTAAL AFDELING B: 40
GROOTTOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo
More from Grade 12 Afrikaans SAL

Annual teaching plan
Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023 24

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2023 Question Paper

Memorandum