Skip to content

Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

MemorandumAfrikaans SALGrade 1220249 pages

Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 memorandum from the November 2024 NSC, 9 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2024 NASIENRIGLYNE MPUMALANGA PUNTE: 40 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne (Mpumalanga) NASIEN VAN DIE LETTERKUNDE 1. Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is. (Foute moet steeds aangedui word.) Waar die foute die betekenis van die woord(e) verander, word dit wel gepenaliseer. 2. Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal wat geassesseer word, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar. 3. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/ EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering/bewys moet oorweeg word. 4. Vir WAAR/ONWAAR- of FEIT/MENING-vrae word geen punte vir WAAR/ ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Net die rede/motivering/aanhaling word bepunt. 5. Waar een-woord-antwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek, mits die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word. 6. Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien. 7. Aanvaar dialektiese variasies. 8. Aanvaar die letter en/of die korrekte antwoord wat uitgeskryf is by 'n meervoudigekeuse-vraag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne (Mpumalanga) AFDELING A: DRAMA VRAAG 1: PERDEKRAG – Cecilia du Toit VRAAG ANTWOORD PUNT 1.1.1 Lucky 1 1.1.2 (By) Silwerkloof (Stalle) 1 (Aanvaar ook Silwerklof) 1.1.3 • (Hy moes sy) gemeenskapsdiens (daar doen). 1 • Wilma het gesê hy kan sy gemeenskapsdiens daar kom doen. • Dit was sy straf vir die verkeerde ding wat hy gedoen het/die katjies wat hy doodgemaak/verdrink/mishandel het. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.1.4 • Sy het die selfoon gevat/gegryp/gekonfiskeer. 1 • Sy het die selfoon by haar gehou. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.2 B/kwaad 1 1.3 hooi/strooi/gras 1 1.4.1 help 1 1.4.2 stout 1 1.5.1 B/Lucky hou daarvan om Binki te terg (tease). 1 1.5.2 E/Lucky is moeilik met Wilma. 1 1.5.3 A/Lucky is negatief teenoor ryk mense. 1 1.5.4 C/Lucky kan nie glo Binki se ma het so min tyd vir haar nie. 1 1.6 • Wilma het dadelik vir Lucky verduidelik watter werkies hy moes doen. 1 • Lucky het Tinkerbelle laat weghardloop. 1 • Binki het vir Lucky van Dukie vertel. 1 • Lucky het sy nommer op Binki se foon gesit. 1 (Kandidaat verdien 'n punt vir elke gebeure wat op die korrekte plek is.) 1.7 • Lucky het nog nooit die kans gekry om diere te leer ken nie. 1 • Lucky het nie diere geken nie/nie geweet hoe om met diere te werk nie. • Lucky was nog baie jonk/minderjarig. • Lucky kon uit sy foute leer./Die magistraat wou sien of Lucky uit sy foute gaan leer. • Dit was die eerste keer wat Lucky 'n fout gemaak het. • Die magistraat wou vir Lucky help. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne (Mpumalanga) VRAAG ANTWOORD PUNT 1.8 • Hy was ongehoorsaam/het nie geluister nie. 1 • Hy het nie sy werk gedoen nie. • Hy het meer aandag aan sy foon as aan sy werk gegee. • Die gelui van die selfoon het die perde laat skrik. • Lucky het nie respek teenoor Wilma getoon nie. • Wilma gee Lucky 'n kans om sy gemeenskapsdiens op die perdeplaas te doen. • Lucky is besig om sy tweede kans te bederf. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.9 • Wilma wil ... 1 o probeer om vir Lucky goeie maniere/respek te leer. o vir Lucky die kans gegee om met diere te werk. o vir Lucky meer van diere leer/liefde vir diere leer. o hê Lucky moet verstaan dat hy nie altyd reg is in wat hy dink en doen nie. o hê Lucky moet verstaan dat hy nie net kan doen wat hy wil nie/vir Lucky die regte pad wys. • Lucky ... o moet voel hy word gestraf/sy houding verander/'n beter mens word. o wou nie luister nie/het nie met respek opgetree nie/was aggressief/opstandig. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.10 Die skrywer ... 1 • beskryf Lucky se gevoelens. • gebruik woorde soos ''skoorvoetend'' en ''uitdagend'' om Lucky se houding te beklemtoon. • laat Lucky self dinge sê/doen wat dit duidelik maak dat hy nie daar wil wees nie/sê dat die stalle stink/maak asof hy wil opgooi. • laat Lucky vloek/kru taal/lelike woorde gebruik/lelik praat van die perde. • laat Lucky sonder respek vir ander optree. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.11 • Binki se ma ... 2 o was dikwels weg vir werk/oorsee/te besig. o het haar geskaam vir Binki se letsels. o het liewer saam met haar baie vriende gekuier. • Binki se pa het in Australië/'n ander land gewoon. • Binki-hulle se huis het afgebrand. (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde) 1.12.1 Grace 1 1.12.2 dronkie (Aanvaar ook dronk) 1 1.12.3 3/drie 1 1.12.4 korrespondensie/die pos/aanlyn 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne (Mpumalanga) VRAAG ANTWOORD PUNT 1.13 'n metafoor 1 1.14 B/Lucky en die mense in sy lewe baie probleme het. 1 1.15.1 onvriendelik 1 1.15.2 besef dit was onregverdig om so met Binki te praat. 1 1.16 • Haar arms was vol letsels/littekens/merke/scars. 1 • Sy het brandwonde opgedoen/gebrand. • Sy was skaam vir haar letsels/het haar letsels weggesteek. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.17 • Dit was 'n ongeluk./Hulle was vriende. 1 • Hulle het gespeel/gestoei/Lucky wou Binki se selfoon gryp. • Lucky het dit nie bedoel nie/wou nie hê dit moes gebeur nie/ Binki wou weghardloop (sodat Lucky nie weer haar foon kon gryp nie). • Lucky het om verskoning gevra/gesê hy is jammer. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.18.1 D/Kaizer aanvaar Lucky se verskoning. 1 1.18.2 E/Lucky verander sy kontaknaam na ''Extra Lucky''. 1 1.18.3 A/Binki aanvaar (accept) die situasie met haar ma. 1 1.18.4 C/Lady Jane en Kaizer doen wat Lucky vir hulle vra. 1 1.19 Lucky het ... 1 • geleer dat ander mense ook swaarkry/probleme het./hy nie die enigste mens is vir wie die lewe soms moeilik is nie. • besef dat nie alle witmense ryk is nie. • iets leer ken van mense se liefde vir diere. • besef dat hy gelukkig is om 'n ma te hê wat vir hom omgee/tyd vir hom het. • besef waarom Binki op die plaas is. • Binki se situasie verstaan. • geleer om sy verkeerde houding teenoor witmense te verander. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.20 Wilma ... 1 • kon sien dat Lucky ten goede/positief verander het/'n beter persoon geword het. • kon goed voel oor die feit dat die kans wat sy vir Lucky gegee het, tot sy voordeel was. • het die kans gehad om oor haar eie fout/Grace te praat. • kon sien dat haar idee om ander mense te help, suksesvol was. • kon verstaan hoekom Lucky so negatief was. • het gehelp dat Lucky verander/respek teenoor mense en diere wys. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne (Mpumalanga) SB RB VRAAG ANTWOORD PUNT 1.21 Dit is vir my lekker om te weet dat ... 1 • 'n ander mens se lewe beter geword het. • Binki se lewe beter geword het. • Binki nou gelukkiger was/lekker op die plaas sou bly. • Binki nie meer so skaam/bang was nie. • Binki selfvertroue gekry het. • Binki haarself/haar situasie aanvaar het. • Binki nuwe vriende gemaak het. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.22 (In die slot lees ons duidelik dat) die krag van die perde almal se 1 lewens beter gemaak het. (Of soortgelyk aan bogenoemde) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne (Mpumalanga) AFDELING B: KORTVERHALE VRAAG 2: BLADSAK – Lucas Malan VERHAAL A: "STOKVEL OP 'N PLAAS" – Justice L Makete VRAAG ANTWOORD PUNT 2.1.1 Sy praat met ... 1 • die kinders. • die dogters wat help om kos te maak/haar dogter. • Thembi en Kholeka. • Thembi/Kholeka. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.1.2 • (Op) Lekkerbek 1 • Die plaas waar die Dlamini's bly. • Die plaas waar Sipho Dlamini 'n voorman was. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.1.3 Lwandi wou ... 1 • ook deel van die stokvel wees/aan die verrigtinge deelneem. • sy broer en skoonsuster ondersteun/help. • met die slagding help. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.1.4 • Die stokvel is met 'n gebed geopen. 1 • Hulle het gebid. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.2 buurvrou 1 2.3 C/gesukkel het om die karretjie te trek. 1 2.4 • Die formele aktiwiteite het om twaalfuur begin. 1 • Makhaya het almal wat daar was se name gelees. 1 • Die stokvelgeld is vir Baba Ndlovu gegee. 1 • Die lede mag eerste kos ingeskep het. 1 (Die kandidaat kry 'n punt vir elke gebeure wat op die korrekte plek is) 2.5.1 B/Sis Dudu was tevrede met die mampoer. 1 2.5.2 A/Die skurk was kwaad. 1 2.5.3 D/Sipho was bekommerd terwyl hy na die stil woning hardloop. 1 2.5.4 E/Mandevu was nie jammer vir Malaita nie. 1 2.6 • MaDlamini kon nie alles alleen doen nie./Daar was baie werk. 1 • Die stokvel was vir almal bedoel./Almal was deel van die stokvel. • 'n Mens se vriende en familie moet help as jy hulp nodig het. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne (Mpumalanga) VRAAG ANTWOORD PUNT 2.7 • Maraikie was nie 'n lid nie. 1 • Sy kan nie sommer kos verniet kry nie. • Sy kon by die huis gebly het. • Dit was Maraikie se keuse om die stokvel by te woon. • Dit is lelik om by die stokvel oor die stokvel te kla. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.8.1 presies geweet 1 2.8.2 onseker 1 2.9 Ek het geleer dat ... 1 • dit makliker/vinniger is om alles te doen as almal saamwerk. • ek behoort te help as iemand anders hulp nodig het. • my hulp dalk 'n probleem kan oplos. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.10 In die slot lees ons dat ... 1 • die stokvel sal aangaan/nie sal doodloop nie/weer op 'n plaas gehou sal word. • Malaita gevang is en die stokvel veilig is. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) VERHAAL B: "DIE HEN EN DIE NAALD" – Minnie Postma VRAAG ANTWOORD PUNT 2.11 Valk was die enigste een wat 'n naald gehad het. 1 (Of soortgelyk aan bogenoemde) 2.12 personifikasie 1 2.13 B/sy naald baie mooi opgepas het. 1 2.14.1 kaptein 1 2.14.2 mooier 1 2.14.3 kraal 1 2.14.4 kuikens/kinders 1 2.15 Die kinders moes ... 2 • die huis aan die kant maak. • die vloer mooi uitvee. • die vuilgoed optel. • die vuilgoed op die ashoop gooi. • haar help om na die naald te soek. (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne (Mpumalanga) VRAAG ANTWOORD PUNT 2.16.1 E/Hen kon vir haar 'n mooi karos maak. 1 2.16.2 C/Hen het vergeet dat sy belowe het om die naald dadelik terug te 1 gee. 2.16.3 A/Valk wou iets terughê in die plek van sy naald. 1 2.16.4 B/Valk het elke dag afgekom grond toe. 1 2.17 Valk het graag saam met Hen gekuier omdat Hen so lekker kon 1 praat/lag. (Of soortgelyk aan bogenoemde) 2.18 • Hen het lank gewag vir die kans om haar karos te maak. 1 • Hen het mooi gelyk/belangrik gevoel. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.19 • Al die henne se kinders/kuikens sou nou in gevaar wees. 1 • Valk sou nou enige kuiken vang. • Geen kuiken sou nou veilig wees nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.20.1 hartseer 1 2.20.2 was nie meer Hen se vriend nie. 1 2.21 • Hen was eerlik met die ander henne/het vir hulle die waarheid 1 vertel/het vertel wat regtig gebeur het. • Hen het nie vir die ander henne oor haar probleem gejok nie, al het dit haar sleg laat lyk. • Hen het geweet dat sy almal se kinders in gevaar gestel het, maar sy het nogtans die waarheid vertel. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.22 Die skrywer ... 1 • vertel reg van die begin af dat Hen en Valk baie goeie vriende was. • laat Valk sê dat hy Hen liefhet. • laat Valk vir Hen verduidelik dat sy naald kosbaar is, maar hy sal dit nogtans vir haar leen (want hulle is vriende). • laat die leser verstaan hoekom die vriendskap verbreek is. • fokus op dinge wat belangrik is in vriendskappe, bv. om mekaar te help/ondersteun, verantwoordelikheid, hou by beloftes, ens. • laat die leser teen die einde besef dat vriende mekaar in nood help. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) TOTAAL AFDELING B: 40 GROOTTOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans SAL

View all