Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2
NOVEMBER 2024
LIMPOPO
PUNTE: 40
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the November 2024 NSC, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Sal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 399.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2024
NSS (Limpopo) Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer oor
die teks wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vraag aandagtig deur
voor jy dit beantwoord.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Drama (40)
AFDELING A: Kortverhale (40)
3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:
AFDELING A: DRAMA
Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.
OF
AFDELING B: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 90 minute
OF
AFDELING B: 90 minute
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2024
NSS (Limpopo) Vertroulik
INHOUDSOPGAWE
Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. Nov
AFDELING A: DRAMA
Beantwoord slegs die EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Perdekrag 40 4
OF
AFDELING B: KORTVERHALE
Beantwoord AL TWEE kortverhale.
2. "Die towersak" 20 8
EN
"Oupa Job kom terug" 20 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2024
NSS (Limpopo) Vertroulik
AFDELING A: DRAMA
VRAAG 1: PERDEKRAG – Cecilia du Toit
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS A
WILMA: En jy brom nie so nie, gehoor! Jy praat behoorlik dat ek en Binki jou kan
verstaan. Maak of jy ordentlik is, magtag. Kom, hark hier skoon. (Wilma
beduie na iets net binne Kaizer se stal. Lucky kom die stal skoorvoetend
binne, maar sodra hy sy rug op Kaizer draai, lui sy selfoon skel. Kaizer
deins terug. Lucky spring uit die stal en gryp sy selfoon uit sy agtersak om 5
te antwoord.)
Ek het gesê jy moet dit wegsit. Jy beter nou luister of –
LUCKY: (Uitdagend van die skrik.) Of wat? Ek sal praat as ek wil praat. Jy en wie
nog gaan my keer?
(Hy lig die foon na sy oor om te praat, maar Wilma stap dreigend nader.) 10
WILMA: Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie. Die magistraat doen jou
prokureur 'n guns, en ek doen weer vir haar 'n guns. Ek hoef jou glad nie
hier by my stalle te laat werk nie.
1.1 "Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie." (Reël 11)
1.1.1 Wie is hierdie Meneertjie? (1)
1.1.2 By watter stalle is Meneertjie? (1)
1.1.3 Waarom is Meneertjie hier? (1)
1.1.4 Wat het Wilma gedoen nadat Meneertjie later weer op sy selfoon
besig was? (1)
1.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.2) en die letter
(A–D) neer.
" ... Wilma stap dreigend nader" in reël 10 sê vir ons dat Wilma … was.
A moeg
B kwaad
C haastig
D opgewonde (1)
1.3 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
WAAR te maak.
Dit was Lucky se werk om die stalle uit te hark en vars water in te sit. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2024
NSS (Limpopo) Vertroulik
1.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommers (1.4.1 en 1.4.2) en die antwoord neer.
Wilma was eers geduldig (patient) met Lucky, want sy wou hom
(1.4.1) (help/straf). Omdat Lucky so (1.4.2) (stout/fluks) was, het Wilma later
ongeduldig (impatient) met hom geraak. (2)
1.5 Lucky sê sekere goed vir sekere redes.
Kies die rede uit KOLOM B wat by Lucky se woorde in KOLOM A pas. Skryf
net die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.5.1 ''Beentjie. Soos armpie en A Lucky is negatief teenoor ryk
voetjie en handjie.'' mense.
1.5.2 ''Take it easy, Miesies B Lucky hou daarvan om Binki te
Cheesy.'' terg (tease).
1.5.3 ''Of mag net die ryk rotte C Lucky kan nie glo Binki se ma het
die goed ry?'' so min tyd vir haar nie.
1.5.4 ''O ja. Jou ma is Busy D Lucky kan nie verstaan hoekom
Lizzie.'' Binki nie met hom wou praat nie.
E Lucky is moeilik met Wilma.
(4 x 1) (4)
1.6 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
soos wat dit in die drama gebeur.
Binki het vir Lucky van Dukie vertel.
Lucky het Tinkerbelle laat weghardloop.
Lucky het sy nommer op Binki se foon gesit.
Wilma het dadelik vir Lucky verduidelik watter werkies hy moes doen. (4)
1.7 Waarom was dit reg van die magistraat om vir Lucky 'n tweede kans te gee? (1)
1.8 Waarom was dit verkeerd van Lucky om nie sy selfoon weg te sit toe Wilma
gesê het hy moet dit doen nie? (1)
1.9 Waarom is dit goed dat Wilma so streng (strict) met Lucky is? (1)
1.10 Hoe help die skrywer jou om te verstaan dat Lucky nie op die perdeplaas wou
wees nie? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2024
NSS (Limpopo) Vertroulik
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS B
LUCKY: ... Ek en my simpel groot bek. Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box
sodat almal kan hoor ek is net 'n perdedrol. (Binki wil hom simpatiek
aanraak, maar hy deins weg van haar.)
Stoppit! Ek word nie aan gevat nie. Nie deur jou soort nie.
BINKI: Skies. Ek wou maar net – (Sy draai verleë weg en maak of sy iets in die 5
stoorkamer soek.)
LUCKY: Skies, Binki.
BINKI: Ek moes nie – ek weet nie wat nie.
LUCKY: Ek laaik myself nie altyd nie.
BINKI: (Paaiend.) Dis oukei. 10
LUCKY: Nee, dit is nie! Ek het die hele week aan jou gedink. Jy sal nie aan my vat
as jy weet hoekom ek hier is nie.
BINKI: Waarom sal ek nie?
LUCKY: Want jy hardloop vlamme in om 'n bleddie brak te red. Ek en jy leef in
verskillende wêrelde ... Jou huis het afgebrand, ... , maar my hele lewe 15
brand elke dag so bietjies-bietjies af.
1.11 Noem TWEE redes waarom Binki by Wilma op die plaas gebly het. (2)
1.12 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.12.1 tot 1.12.4)
en die antwoord neer.
1.12.1 Wilma het vir Lucky vertel wat met haar perd, ... (die perd se
naam). gebeur het. (1)
1.12.2 Wilma het die aand van die ongeluk baie gedrink. Lucky het haar
daarom 'n ... genoem. (1)
1.12.3 Lucky het ... maande by Wilma gewerk. (1)
1.12.4 Binki het haar matriek deur ... gedoen. (1)
1.13 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf net die vraagnommer (1.13) en die antwoord neer.
'n vergelyking; personifikasie; 'n metafoor
"Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box sodat almal kan hoor ek is net 'n
perdedrol." (Reël 1 en 2) Dit is 'n voorbeeld van .... (1)
1.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.14) en die
letter (A–D) neer.
"... maar my hele lewe brand elke dag so bietjies-bietjies af.'' (Reël 15
en 16) Dit beteken dat ...
A 'n deel van Lucky-hulle se huis ook afgebrand het.
B Lucky en die mense in sy lewe baie probleme het.
C die mense in Lucky se omgewing elke dag vuur maak.
D daar elke dag huise in Lucky se omgewing afgebrand het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2024
NSS (Limpopo) Vertroulik
1.15 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommers (1.15.1 en 1.15.2) en die antwoord neer.
In reël 1 tot 4 is Lucky se toon teenoor Binki (1.15.1) (onvriendelik/vriendelik).
In reël 7 tot 11 verander sy toon, want hy het (1.15.2) (besef dit was
onregverdig om so met Binki te praat/gedink dit was eintlik Wilma se skuld). (2)
1.16 Waarom het Binki bloese met lang moue gedra? (1)
1.17 Lucky het Binki se bloes opsetlik (on purpose) geskeur.
Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1)
1.18 Die lewe op die plaas was teen die einde goed vir Binki en Lucky.
Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.18.1 Lucky het vir Kaizer gesê hy A Binki aanvaar (accept) die
was jammer oor wat hy situasie met haar ma.
gedoen het.
B Binki is nie meer so bang vir
1.18.2 Binki het weer vir Lucky die die perde nie.
foto's van Dukie op haar
foon gewys. C Lady Jane en Kaizer doen wat
Lucky vir hulle vra.
1.18.3 Binki het die langnaweek op
die plaas gebly. D Kaizer aanvaar Lucky se
verskoning.
1.18.4 Lucky het geleer om mooi
met die perde te praat. E Lucky verander sy kontaknaam
na ''Extra Lucky''.
(4 x 1) (4)
1.19 Waarom was dit goed vir Lucky dat Binki haar storie vir hom vertel het? (1)
1.20 Waarom was dit goed vir Wilma dat sy vir Lucky die kans gegee het om op
die plaas te werk? (1)
1.21 Waarom is dit vir jou lekker om te weet dat Binki se lewe aan die einde van
die drama verander het? (1)
1.22 Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die drama pas? (1)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2024
NSS (Limpopo) Vertroulik
AFDELING B: KORTVERHALE
VRAAG 2: BLADSAK – Lucas Malan
Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.
VERHAAL A: "DIE TOWERSAK" – Corlia Fourie
EN
VERHAAL B: "OUPA JOB KOM TERUG" – Cecilia Kruger
VERHAAL A: "DIE TOWERSAK" – Corlia Fourie
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS C
"Gee dit vir jou dogter die dag dat sy gaan."
Sy sê ook wat sy vir haar moet sê.
Op 'n dag sê die meisie: "Ek is nou groot en Pa het my geleer om spies te gooi. Net
môre loop ek."
Haar ma gee haar toe die velsak en sê: "As jy in die moeilikheid is, steek net jou 5
hand in die sak en wat jy ook al nodig mag hê, sal jy kry. Maar een ding moet jy
onthou: Jy mag nóóit die sak oopmaak en binne-in kyk nie, want dan sal jy jou storie
moet ken.''
Die meisie verstaan nie wat haar ma sê nie, maar belowe om nie in die sakkie te kyk
nie. 10
Sy loop en sy loop.
Sy sien steenbokke en duikers en blouwildebeeste met hulle snaakse afdraandrûe
en kameelperde met hulle koppe tussen die blare van bome. Springbokke ook.
2.1 ''Gee dit vir jou dogter die dag dat sy gaan.'' (Reël 1)
2.1.1 Wie praat hier met die ma? (1)
2.1.2 Waar was hierdie mense? (1)
2.1.3 Waarom het die ma gedink dat die muti-vrou haar sou help? (1)
2.1.4 Wat het die meisie met haar spies gedoen nadat sy die buffel
daarmee gegooi het? (1)
2.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.2) en die letter
(A–D) neer.
'' ..., want dan sal jy jou storie moet ken.'' (Reël 7 en 8) Die figuurlike
betekenis van die ma se woorde is dat die meisie ...
A haar spies reg moes gebruik.
B baie probleme op pad sou hê.
C moes soek na mense wat haar kon help.
D sou moes weet hoe om situasies reg te hanteer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2024
NSS (Limpopo) Vertroulik
2.3 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
WAAR te maak.
Toe die buffel die meisie aangeval het, het sy 'n olifant uit haar sakkie gepluk
om haar te help. (1)
2.4 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
soos wat dit in die verhaal gebeur.
Die meisie se krygsmanne het die vyand weggejaag.
Die jong man het aanhou vra wat nog in die sakkie was.
Daar was niks meer in die sakkie om die meisie te help nie.
Die meisie het besef die sakkie het alles in wat sy nodig gehad het. (4)
2.5 Die karakters se woorde sê vir ons hoe die karakters voel.
Kies die emosie uit KOLOM B wat by die karakter se woorde in KOLOM A pas.
Skryf net die vraagnommers (2.5.1 tot 2.5.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.5.1 "Hoekom? Leeg is jy niks A Die jong man was bly dat hy die
werd nie." meisie weer gevind het.
2.5.2 ''Maak my dan vol.'' B Die meisie was gelukkig dat sy
kon loop waar sy wil.
2.5.3 ''Dit was 'n mooi storie.''
C Die sakkie wou die meisie help
2.5.4 ''Ek was bang jy is dalk om weer aan te gaan met haar
dood.'' lewe.
D Die meisie was nie meer
opgewonde oor die sakkie nie.
E Die dorp se mense het dit geniet
om na die meisie te luister.
(4 x 1) (4)
2.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommers (2.6.1 en 2.6.2) en die antwoord neer.
Aan die begin het die meisie gedoen wat haar ma vir haar gesê het en
daarom kon sy die sakkie tot haar (2.6.1) (voordeel/nadeel) gebruik. Nadat sy
die sakkie oopgemaak het, was die sakkie (2.6.2) (waardevol/nutteloos) vir
haar. (2)
2.7 Waarom kan 'n mens verstaan dat die meisie vir die jong man gewys het wat
in die sakkie was? (1)
2.8 Waarom was dit verkeerd van die jong man om weg te gaan nadat hy gesien
het die sakkie is leeg? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2024
NSS (Limpopo) Vertroulik
2.9 Watter les oor liefde het jy by die jong man en die meisie geleer? (1)
2.10 Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die verhaal pas? (1)
EN
VERHAAL B: "OUPA JOB KOM TERUG" – Cecilia Kruger
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS D
Jakob Molepe het dadelik opgespring. "Hoekom het museums dan nie in Afrika
ontwikkel nie?"
Juffrou Selati het geglimlag. " 'n Mens kry verskillende kulture in die wêreld, Jakob. In
die Westerse kultuur was dit nog altyd vir die mense belangrik om voorwerpe te
versamel wat hulle dan in groot geboue uitstal sodat hulle kinders se kinders daarna 5
kan kom kyk. Die Westerlinge het daarom nog altyd baie waarde geheg aan voorwerpe
en hulle betekenis. Deur die voorwerpe in museums te bewaar, kan hulle nageslagte
sien hoe hulle kultuur en geskiedenis lyk."
Sy het verder verduidelik: "Van die kulture in Afrika het in die verlede geglo dat
voorwerpe soos potte, maskers en wapens heilig is en dat hulle nie versteur mag word 10
nie. Hulle moes daarom in die natuur gelos word en kon nie versamel word nie. Daar
was dus nie sprake van museums voordat die Westerlinge in Afrika gekom het nie."
2.11 Waarom het juffrou Selati vir haar klas van die museums vertel? (1)
2.12 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.12.1 tot 2.12.4)
en die antwoord neer.
2.12.1 Die klas het op 'n ...-oggend per bus na Johannesburg vertrek. (1)
2.12.2 Simon het nie skoolboeke in sy rugsak gehad nie, maar 'n ekstra
pakkie ... en 'n trui. (1)
2.12.3 Simon se pa het sy oupa se goed in 'n trommeltjie bo in sy ...
gebêre. (1)
2.12.4 By die museum het Simon hierdie goed van sy oupa vir die gids,
... (naam van die gids), gewys. (1)
2.13 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf
net die vraagnommer (2.13) en die antwoord neer.
herhaling; verskil; ooreenkoms
Lees reëls 5 tot 8 en reëls 9 tot 12. Juffrou Selati het vir die klas verduidelik
wat die ... tussen die Westerse kultuur en die kulture in Afrika is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2024
NSS (Limpopo) Vertroulik
2.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.14) en die
letter (A–D) neer.
"Die Westerlinge het daarom nog altyd baie waarde geheg aan voorwerpe
en hulle betekenis.'' (Reël 6 en 7) Dit beteken dat Westerlinge gedink het dat
ou voorwerpe ... is.
A duur
B onnodig
C belangrik
D herwinbaar (1)
2.15 Noem TWEE dinge wat Simon se pa in sy trommeltjie gebêre het. (2)
2.16 Simon se gesin het geweet dat museums ou voorwerpe bewaar.
Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommers (2.16.1 tot 2.16.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.16.1 Simon se oupa het in A Hy het kort-kort daaraan gevat
Egipte geleer wat 'n om seker te maak dit is veilig.
museum is.
B Simon wou weer teruggaan na
2.16.2 Simon se pa was bang daar die museum in Newton.
gebeur iets met oupa Job
se goed. C Simon se pa het 'n
bedankingsbrief ontvang.
2.16.3 Simon was bang hy verloor
sy oupa se goed terwyl D Hy het sy trommeltjie vir Simon
hulle op die uitstappie is. se pa gegee om op 'n veilige
plek te bêre.
2.16.4 Die museum was baie bly
oor Simon-hulle se E Hy het vir Simon gevra om uit te
skenking. vind of 'n museum dit wil hê.
(4 x 1) (4)
2.17 Die museum het oupa Job se goed in 'n kamer toegesluit.
Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1)
2.18 Waarom kan 'n mens verstaan dat Simon baie opgewonde was om op die
uitstappie te gaan? (1)
2.19 Waarom sou dit beter gewees het as Simon se pa lankal vir hom van oupa
Job vertel het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 12 DBE/November 2024
NSS (Limpopo) Vertroulik
2.20 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommers (2.20.1 en 2.20.2) en die antwoord neer.
Aan die einde van hierdie verhaal wys die toon vir ons dat Simon-hulle
(2.20.1) (trots/ontevrede) was, want ander mense kon nou ook van oupa Job
se heldedaad (2.20.2) (weet/vergeet). (2)
2.21 Waarom kan 'n mens respek hê vir mense soos die gids en die hoof van die
museum? (1)
2.22 Hoe help die skrywer jou om die tema van bewaring te verstaan? (1)
TOTAAL AFDELING B: 40
GROOTTOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo
More from Grade 12 Afrikaans SAL

Annual teaching plan
Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023 24

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2023 Question Paper

Memorandum