Skip to content

Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Question Paper

Question paperAfrikaans SALGrade 12202312 pages

Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2023

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V21DBE/2023 SS/NSS (Gauteng) SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 2023 GAUTENG PUNTE: 40 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/2023 SS/NSS (Gauteng) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Kortverhale (40) EN AFDELING B: Drama (40) 3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings: AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 90 minute OF AFDELING B: 90 minute 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/2023 SS/NSS (Gauteng) INHOUDSOPGAWE Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Verhaal A 20 4 "Rooikoos Willemse is soek" EN Verhaal B 20 6 "Die ooreenkoms" OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs die EEN vraag. 2. Perdekrag 40 9 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/2023 SS/NSS (Gauteng) AFDELING A: KORTVERHALE VRAAG 1: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale. VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries (20) EN VERHAAL B: "DIE OOREENKOMS" – Dalene Matthee (20) VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS A ... Daardie Saterdag het Rooikoos se baard gehang soos dié van Vader Tyd self. 'n Verskrikking, man, 'n verskrikking, en jy kon – selfs daardie Saterdag – boonop nog aan die man sién hoe sterk hy was. Die Barrydalers kom in, liewe, goeie mense, niks mee verkeerd nie, en buitendien vrolik, want daardie jaar het Barrydale sommer 'n baie lekker spannetjie gehad en vir 5 my dorp was hulle nie bang nie. Die Barrydalers het die rusie nie begin nie, ek glo dit nie, en dit maak ook nie saak wie die rusie begin het nie, maar oplaas – net hier vóór ete gelukkig – toe was daar rusie en Rooikoos Willemse het gebulder soos hy gebulder het toe hy nog geboer het. Want die man het 'n stem gehad, dit sal ek jou vertel, die man het 'n stem gehad soos 10 g'n haaifaai vandag het nie. 1.1 Waar het Rooikoos gaan woon nadat hy al sy grond verloor het? (1) 1.2 Wat was Rooikoos se swak puntjie? (1) 1.3 Watter sport het die twee spanne dié Saterdag gespeel? (1) 1.4 Voltooi die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die vraagnommer (1.4) en die antwoord neer. 'n hiperbool; klanknabootsing; 'n vergelyking "Daardie Saterdag het Rooikoos se baard gehang soos dié van Vader Tyd self" (reël 1) is 'n voorbeeld van ... (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/2023 SS/NSS (Gauteng) 1.5 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.5) neer. In reël 2 word Rooikoos " 'n verskrikking" genoem, want ... A hy het nie familie gehad nie. B hy het 'n wapen by hom gehad. C hy het vir die klomp Barrydalers geskrik. D mense het bang geword as hulle hom sien. (1) 1.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (1.6.1 en 1.6.2) en die antwoord neer. Die mense van Rooikoos se dorp het geweet dat hulle 'n (1.6.1) (beter/swakker) span as Barrydale gehad het. Na die wedstryd was die mense van Rooikoos se dorp (1.6.2) (kwaad vir/dankbaar teenoor) Rooikoos dat hulle nie die wedstryd verloor het nie. (2) 1.7 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur.  Barrydale se losskakel het misgeskop.  Rooikoos het op die losskakel geskree.  Barrydale se span het baie foute gemaak.  Barrydale het 'n strafskop voor die pale gekry. (4) 1.8 Die verskillende karakters het elk hulle eie rol in Rooikoos se storie gespeel. Kies elke keer die inligting in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.8.1 tot 1.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.8.1 Die verteller A ... het Rooikoos laat besef dat hy op 'n vreemde plek was. 1.8.2 Die hoteleienaar B .... het alles van almal se sake 1.8.3 Jan geweet. 1.8.4 Die kelner C .... het homself nie altyd goed gedra nie. D ... het gekeer dat die Barrydalers en Rooikoos voor die wedstryd baklei. E ... het die telefoon mooi beantwoord. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/2023 SS/NSS (Gauteng) 1.9 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Rooikoos het die naam "Rooikoos" gehad omdat hy 'n harde stem gehad het. (1) 1.10 Rooikoos het dié Sondag in Barrydale se hotel wakker geword. 1.10.1 Waarom kan ons verstaan dat Rooikoos so versigtig na die spieël toe geloop het? (1) 1.10.2 Waarom kan 'n mens sê dat Rooikoos hierdie Saterdag en Sondag nooit sou vergeet nie? (1) 1.11 "... die man het 'n stem gehad soos g'n haaifaai vandag het nie." (Reël 10 en 11) Wat wil die skrywer met hierdie woorde vir die leser sê? (1) 1.12 Die Barrydalers het Rooikoos se baard afgeskeer en sy hare gekleur. Wat sou jy anders as die Barrydalers gedoen het? (1) EN VERHAAL B: "DIE OOREENKOMS" – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS B Eers die aand, nadat dit stil geword het in die Rusoord, ruk die vrees onverwags in hom los: die ooreenkoms! Sê nou ... Om in die lewe 'n ooreenkoms te maak oor ná die dood, is een ding; om dit skielik enige oomblik te wagte te wees, is 'n ander ding. "Willem," pleit hy sommer reguit, "ek dink ons beter die ding maar los. My hart sal nie dié skok nog by die ander skok kan staan nie. Ek het jou nooit gesê nie, ek was my 5 lewe lank maar lugtig vir 'n spokery ..." Maar die vrees was soos 'n adder wat in sy slaap gesteur is. Wat roer die gordyn so, is daar dan wind? Hy hoor dan niks ... "Los dit, Willem!" Hy moet die lig laat brand. Heelnag. 'n Gees is 'n ding wat in die donker loop. 10 1.13 Waarom het Jakob en Willem in die Rusoord gebly? (1) 1.14 Jakob en Willem was soos broers. Gee TWEE redes waarom hulle so lekker in die Rusoord gebly het. (2) 1.15 Hoe laat het Willem en Jakob elke aand hulle ''medisyne'' gedrink? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/2023 SS/NSS (Gauteng) 1.16 Jakob en Willem was gelukkig in die Rusoord. Kies elke keer die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.16.1 tot 1.16.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.16.1 Jakob en Willem het hulle A Hulle het skelm whisky gedrink. hele lewe lank gewerk. B Hulle was versigtig vir lawwe 1.16.2 Jakob en Willem het alles vroumense. saam gedoen. C Hulle het 'n ooreenkoms 1.16.3 Jakob en Willem het nie aangegaan. van die Bestuur se reël oor alkohol gehou nie. D Hulle het nie ander goeie vriende nodig gehad nie. 1.16.4 Jakob en Willem het gewonder wat na die E Hulle het baie dinge gehad om vir dood wag. mekaar te vertel. (4 x 1) (4) 1.17 Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.17.1 tot 1.17.4) en die antwoord neer. 1.17.1 Willem was 'n paar dae in die ... voor hy dood is. 1.17.2 Die ... het vir Jakob vertel dat Willem dood is. 1.17.3 Jakob was bereid om meer ... te betaal om alleen in die kamer te bly. 1.17.4 Jakob was so bang vir Willem se gees dat hy die lig heelnag laat brand het en die ... opgesê het. (4) 1.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (1.18.1 en 1.18.2) en die antwoord neer. Na Willem se dood het (1.18.1) (Jakob getwyfel of/was Jakob seker dat) dit reg is om jou lewe goed te leef. As daar lewe na die dood was, sou Willem die teken kom gee het, want Willem het (1.18.2) (altyd gedoen wat hy gesê het/ agtergekom hoe bang Jakob was.) (2) 1.19 Die bottel het om vyfuur dadelik oopgegaan. Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/2023 SS/NSS (Gauteng) 1.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.20) neer. Wanneer Jakob sê "... ek was my hele lewe lank maar lugtig vir 'n spokery ..." bedoel hy dat hy ... A nie in spoke geglo het nie. B nog altyd skrikkerig was vir spoke. C gehoor het dit spook in die Rusoord. D seker gemaak het dat al die ligte in die Rusoord brand. (1) 1.21 Waarom kan 'n mens sê dat Jakob die regte persoon was om Willem teen die ou vrouens te waarsku? (1) 1.22 Waarom was dit nie so goed dat Jakob en Willem nie regtig ander vriende in die Rusoord gehad het nie? (1) 1.23 Wat het die skrywer gedoen om vir jou te sê dat Jakob regtig baie bang was vir spoke? (1) 1.24 Watter les het jy uit hierdie verhaal geleer? (1) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/2023 SS/NSS (Gauteng) AFDELING B: DRAMA VRAAG 2: PERDEKRAG – Cecilia du Toit Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS C BINKI: Kyk, dis hoe Dukie gelyk het. (Lucky kyk na die foto's. Binki sien dat hy nie beïndruk is nie.) Jy hou nie van honde nie. LUCKY: Ek doen nie spoilt pets nie. My ma is 'n domestic. Die geld wat sy kry, gaan vir kos en huishuur – en skoene – en as die skool moan omdat hulle 5 al weer geld wil hê vir nonsens. (Vies.) Ons het nie geld vir 'n pop wat net vreet en piepie nie. BINKI: Wilma het gesê jy was wreed teenoor diere. LUCKY: Ag, magtag! 'n Bleddie misdemeanourtjie! BINKI: Wat het jy gedoen? 10 LUCKY: (Skud net sy kop.) Ag, los dit. Gee my jou selfoon. Ek wil iets kyk. (Binki gee haar selfoon. Lucky kliek.) Jy't dan net ses contacts. Is dit 'n nuwe foon? (Binki skud haar kop.) Watse mens het net ses contacts? (Lees.) Hekwag. Noodnommer. Sabrina. Sabrina landlyn. Sabrina werk. Tannie Wilma. Wie's Sabrina? 15 2.1 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur.  Lucky het Binki oor haar naam gespot.  Lucky se prokureur het hom by Wilma afgelaai.  Wilma het Lucky gedreig om hom weg te stuur.  Lucky wou nie sy sak in die stoorkamer gaan hang nie. (4) 2.2 Binki het haar selfoon vir Lucky gegee. 2.2.1 Wat het Lucky op Binki se selfoon gedoen nadat sy dit vir hom gegee het? Noem TWEE dinge. (2) 2.2.2 Waarom was dit vir Lucky snaaks dat Binki haar ma op haar naam genoem het? (1) 2.3 Waarom het Binki se ma vir Binki gevra om haar ''Sabrina'' te noem? (1) 2.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (2.4.1 en 2.4.2) en die antwoord neer. Lucky en Binki se leefwêrelde het baie verskil. Lucky se ma het in ander mense se (2.4.1) (huise/tuine) gewerk en nie baie geld verdien nie. Binki se ma was 'n (2.4.2) (sakevrou/onderwyseres) en het baie oorsee gegaan vir werk. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/2023 SS/NSS (Gauteng) 2.5 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Lucky moes elke Vrydag op Wilma se plaas gaan werk. (1) 2.6 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.6) neer. " 'n Bleddie misdemeanourtjie!" (Reël 9) Hiermee bedoel Lucky dat ... A hy niks verkeerds gedoen het nie. B hy per ongeluk iets verkeerds gedoen het. C Binki nie hoef te weet wat hy gedoen het nie. D dit wat hy verkeerd gedoen het, nie so erg was nie. (1) 2.7 In hierdie drama speel die perde 'n belangrike rol. Kies elke keer die inligting in KOLOM B wat by die perde in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.7.1 tot 2.7.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.7.1 Kaizer A ... was klein en baie spelerig. 2.7.2 Tinkerbelle B ... het Lucky laat besef dat hy verkeerd optree. 2.7.3 Lady Jane C ... se dood het Wilma laat besluit om 2.7.4 Grace mense te help. D ... het nie daarvan gehou om na ander te luister nie. E ... was kalm en mooi met kinders. (4 x 1) (4) 2.8 Ander diere het ook 'n groot rol in Binki en Lucky se lewens gespeel. Hulle het Binki en Lucky se lewens verander. 2.8.1 Waarom kan ons sê dat Binki se ervaring (''experience'') met Dukie hartseer in haar lewe gebring het? (1) 2.8.2 Waarom kan ons sê dat Lucky se straf vir sy wreedheid teenoor diere goed was vir hom? (1) 2.9 Waarom laat die dramaturg (skrywer van die drama) Lucky so baie lelike woorde gebruik? (1) 2.10 Waarom voel jy jammer vir Lucky omdat hy nie geweet het hoe om reg teenoor diere op te tree nie? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/2023 SS/NSS (Gauteng) Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS D LUCKY: Nee, dit is nie! Ek het die hele week aan jou gedink. Jy sal nie aan my vat as jy weet hoekom ek hier is nie. BINKI: Waarom sal ek nie? LUCKY: Want jy hardloop vlamme in om 'n bleddie brak te red. Ek en jy leef in verskillende wêrelde. Vampire Valley en Wisteria Lane. Ek kom van die 5 agterkant en jy kom van golfing estates en huise met baie badkamers. (Binki probeer iets sê, maar Lucky maak haar stil.) Shame, nè. Jou huis het afgebrand, maar toe gee die bank sommer weer vir julle 'n ander een. Is ek reg? Sure, jy is skaam en vrekbang vir perde en ander mense en vir jou ma ook, big deal, maar my hele lewe brand elke dag so 10 bietjies-bietjies af. En nou moet ek hier crap kom rondstoot omdat ek eendag, net een bleddie dag, dit nie kon vat dat my ma ... 2.11 Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.11.1 tot 2.11.4) en die antwoord neer. 2.11.1 Al het Lucky van die ''agterkant'' af gekom, het sy ma elke aand self vir hulle kos gemaak. Lucky het vir Binki vertel dat hulle baie ... eet. 2.11.2 Binki se ma het liewer saam met haar ... gekuier as om saam met Binki te wees. 2.11.3 Lucky het nie van ryk mense gehou nie. Hy het hulle ... genoem. 2.11.4 Omdat Binki so bang was vir die perde, het Wilma vir haar gevra om ... aan die saals te smeer. (4) 2.12 ''Jy sal nie aan my vat as jy weet hoekom ek hier is nie.'' (Reël 1 en 2) 2.12.1 Op watter plaas was Lucky ''hier'' saam met Binki? (1) 2.12.2 Wie het gesê dat Lucky na hierdie plek toe moes kom? (1) 2.13 ''En nou moet ek hier crap kom rondstoot ...'' (Reël 11) Watter werk moes Lucky vir Wilma doen? Noem EEN. (1) 2.14 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die vraagnommer (2.14) en die antwoord neer. hartseer; sarkasties; opgewonde As Lucky in reël 7 vir Binki sê ''Shame, nè'', is hy ... oor wat Binki vir hom van die brand vertel het. (1) 2.15 Lucky se ma het naby haar werk gebly. Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 12 DBE/2023 SS/NSS (Gauteng) 2.16 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (2.16.1 en 2.16.2) en die antwoord neer. Binki was skaam en het (2.16.1) (baie/min) oor haar eie lewe vir ander mense vertel. Lucky (2.16.2) (het nie omgegee wat hy sê nie/wou bewys hy is altyd reg) en het alles vir almal vertel. (2) 2.17 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.17) neer. "... maar my hele lewe brand elke dag so bietjies-bietjies af." (Reël 10 en 11) As Lucky so sê, bedoel hy dat ... A hulle huis ook afgebrand het. B daar elke dag probleme in sy lewe was. C daar elke dag huise in hulle gemeenskap afgebrand het. D sy ma die probleme in hulle lewens een vir een hanteer het. (1) 2.18 Die dinge wat die verskillende karakters doen, het gevolge vir ander karakters. Kies elke keer die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.18.1 tot 2.18.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.18.1 Die prokureur het Wilma A Gestremdes kon die ervaring van gevra om haar 'n guns te perdry ervaar. doen. B Lucky se ma het ander werk gekry. 2.18.2 Sabrina het Binki by Wilma gelos. C Wilma het gesukkel om Lucky se negatiewe houding te verander. 2.18.3 Wilma het die perde se fisiese krag gebruik om D Binki het nie na 'n skool toe mense te help. gegaan nie. 2.18.4 Binki was skaam oor haar E Binki het sekere werkies gekry om brandwonde. te doen. (4 x 1) (4) 2.19 Waarom was dit verkeerd van Binki se ma om haar by Wilma te los? (1) 2.20 Waarom was dit goed vir Binki dat sy by Wilma gebly het? (1) 2.21 Lucky was heeltemal verkeerd toe hy gedink het dat die bank vir Binki-hulle 'n nuwe huis gegee het nadat hulle huis afgebrand het. Watter les het jy uit hierdie verkeerde optrede van Lucky geleer? (1) 2.22 Waarom laat die slot van die drama jou goed voel? (1) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 GROOTTOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans SAL

View all