You're offline
Skip to content
Question paper

Afrikaans SAL P1 May-June 2023_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans SalGrade 12202315 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V1 2023 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 2 DBE/2023 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30 punte) AFDELING B: Opsomming (10 punte) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (40 punte) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 4. Trek 'n streep ná elke afdeling. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 6. Laat 'n reël na elke antwoord oop. 7. Gee besondere aandag aan spelling en sinsbou. 8. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 45 minute AFDELING B: 20 minute AFDELING C: 55 minute 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 3 DBE/2023 SS/NSS AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL DIS MOS NOU ÉG SUID-AFRIKAANS! 1 Hoenderpote en hoendernekkies! Of, soos die meeste mense dit ken, 'walkie talkies' en 'love bites'. Dit is ég Suid-Afrikaanse kos wat deur baie mense in stede én klein dorpies geniet word. Maar pote en nekkies in 'n blikkie? Dít is nuut! 5 2 Hoenderpote en -nekkies is jare lank as afvalkos gesien. Party mense trek stééds hul neuse daarvoor op, maar vir baie ánder mense is dit goedkoop kos. 3 Tin Stuf, 'n maatskappy in Limpopo wat kos in blikkies inmaak, het die behoefte aan geblikte ('canned') pote en nekkies raakgesien en daaraan 10 begin werk. Eiren Drake (27) en sy oupa, Spencer Drake, het al in 2017 begin om goedkeuring ('approval') vir hierdie nuwe produk te kry. Dit sou baie mense help, maar dit was moeilik om goedkeuring te kry. Tin Stuf moes baie studies doen om te bewys dat die pote en nekkies goed genoeg is om te blik. Ná twee jaar van baie harde werk is die produk goedgekeur. 15 4 Tydens die Covid-19-pandemie in 2020 het die Drakes begin om 'n 400 g-blikkie hoenderpote en -nekkies te vervaardig. Sedert Mei 2022 kan mense dit by hulle naaste Shoprite koop. Dit is beskikbaar in die oorspronklike geur en in kerriegeur. Dit is 'n maaltyd wat maklik gerek kan word sodat dit genoeg is vir 'n paar mense. 20 5 Wie is die Drakes van Tin Stuf? Eiren het op 'n plaas naby Tzaneen in Limpopo grootgeword. Sy oupa het vir jare die inmaakfabriek ('canning factory') gehad en die fabriekswerkers se kinders het altyd saam met Eiren gespeel. Dit is hierdie speelmaats wat hom geleer het om pote en nekkies te eet. 25 6 Toe Eiren ouer geword het, het hy al meer by Tin Stuf betrokke geraak. Hý het die idee gekry om hoenderpote en -nekkies te blik. Hulle het die nodige navorsing gedoen en gevind dit is vol voedingstowwe ('nutrients'). 7 Tin Stuf se geblikte produk is deel van tradisies en daar is baie goeie dinge omtrent hierdie produk. Dit is goedkoop en in grootmaat beskikbaar. 30 Geblikte pote en nekkies hou langer as vars pote en nekkies. Dit is ook gerieflik, want na 'n lang werksdag kan jy net die blikkie oopmaak en jou kos is gereed. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 4 DBE/2023 SS/NSS 8 Daar werk 35 mense by Tin Stuf se inmaakfabriek. Party van hierdie mense het saam met Eiren grootgeword. Hulle weet dus waar die idee 35 begin het en watter pad Eiren en sy oupa moes loop om dit te laat waar word. Daarom werk almal ekstra hard om seker te maak dit is 'n sukses. 9 Oupa Spencer is in November 2020 oorlede. Dit was 'n baie moeilike tyd vir Eiren. Hy het sy oupa, vriend én mentor verloor. Eiren bestuur nou die fabriek en hulle het nog ander nuwe planne. Hulle probeer nou om 40 hoenderlewer en hoenderkerrie te blik. 10 Eiren het op 'n jong ouderdom sukses met sy besigheid behaal. Sy raad aan ander is om geduld te hê en aan te hou leer. Moenie toelaat dat probleme jou onderkry nie. Soek na oplossings en druk deur! [Verwerk uit Kuier, 31 Maart 2022] 1.1 VOLTOOI die sin hieronder deur woorde uit paragraaf 1 in te vul. Baie mense in (1.1.1) ... en (1.1.2) ... eet graag 'walkie talkies' en 'love bites'. In die verlede het hierdie mense die vars pote en nekkies gekoop, maar nou kan hulle dit ook in 'n (1.1.3) ... koop. (3) 1.2 Skryf TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit paragraaf 1 neer wat vir ons sê dat hoenderpote en -nekkies kos is wat ons nét in Suid-Afrika kry. (1) 1.3 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die antwoord (A–D) langs die vraagnommer (1.3) neer. "Party mense trek stééds hul neuse daarvoor op ..." (reël 7 en 8) beteken dat hulle … A dink dit ruik sleg. B dink dit is te duur. C snaakse gesigte trek. D dit glad nie sal eet nie. (1) 1.4 Lees paragraaf 3 en 6. Tin Stuf moes baie studies doen om te bewys dat die pote en nekkies goed genoeg is om te blik. (Paragraaf 3) Wat het hierdie studies bewys? (Paragraaf 6) (1) 1.5 By watter winkel kan mense Tin Stuf se geblikte pote en nekkies koop? (1) 1.6 In watter TWEE geure is die pote en nekkies beskikbaar? (2) 1.7 Waarom is die volgende stelling ONWAAR? Die pote en nekkies in die blikkie is net genoeg vir een persoon. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 5 DBE/2023 SS/NSS 1.8 1.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. In paragraaf 7 lees ons dat geblikte pote en -nekkies baie (voordele/nadele) het. (1) 1.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.8.1 met DRIE feite uit die teks. (3) 1.9 Hoekom is dit goed vir Tin Stuf se besigheid dat Eiren en die werkers mekaar al lank ken? (1) 1.10 Kies die inligting in KOLOM B wat by die datums/tye in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.10.1 tot 1.10.5) neer. KOLOM A KOLOM B 1.10.1 Eiren se kinderjare op die A Die Drakes het begin om pote en plaas nekkies by hulle fabriek in te lê. 1.10.2 2017 B Die fabriek moes meer werkers aanstel. 1.10.3 Grendeltyd: 2019–2020 C Mense kon geblikte hoenderpote 1.10.4 November 2020 en -nekkies in winkels koop. 1.10.5 Mei 2022 D Die Drakes het met navorsing oor geblikte pote en nekkies begin. E Tin Stuf en die Drake-familie het 'n hartseertyd beleef. F Eiren het geleer om pote en nekkies te eet. (5 x 1) (5) 1.11 Noem EEN van Tin Stuf se nuwe planne nadat oupa Spencer oorlede is. (1) 1.12 Lees die laaste paragraaf. "Moenie toelaat dat probleme jou onderkry nie." (Reël 43 en 44) Gee TWEE bewyse uit die teks waarom ons kan sê dat hierdie raad van Eiren goeie raad is wat hy self in sy eie lewe gevolg het. (2) 1.13 Hoe help die foto jou as leser om die teks beter te verstaan? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 6 DBE/2023 SS/NSS TEKS B: VISUELE TEKS Bestudeer die teks hieronder en beantwoord die vrae. TV PROGRAM SABC 2 TV Saterdag 17 Junie 2023 Stroomop Drama. Vyf vroue gaan op 'n 15:30 avontuur as deel van terapie. Donnalee Roberts. (2018) (PG13VL) @SABCNews 17:30 Nuus (Xitsonga/Tshivenda) @SABCNews 18:00 7de Laan @SABCNews 18:30 Nuus (Afrikaans) @SABCNews Voetspore: Zambezi Die span reis al langs die 19:00 Zambezi-rivier tot by die Sioma Ngwezi Nasionale Park. 19:30 Pasella Top Gun Maverick Aksie. Tom Cruise speel weer Maverick, met sy ikoniese 20:00 Aviator-sonbril en leerbaadjie, in die opvolgfliek van 1986 se Top Gun. (2022) (PG13) Skorokoro Komedie. Twee mense op 'n dorpie in 22:15 Suid-Afrika wil trou, maar hulle familie is daarteen gekant. Boikie Pholo (2016) (PG) [Verwerk uit TV Plus, Junie 2022] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 7 DBE/2023 SS/NSS 1.14 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die prentjie by die fliek, Stroomop, sê vir ons dat die vyf vroue baie (hartseer/aksie) in hierdie fliek gehad het. (1) 1.15 Watter program kan jy op Facebook én Twitter volg? (1) 1.16 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Pasella word (vroeër/later) as 7de Laan uitgesaai. (1) 1.17 Voetspore: Zambezi word om 19:00 uitgesaai. Deur watter kontinent reis die Voetspore-span in hierdie program? (1) 1.18 Kyk na die inligting oor die fliek, Skorokoro. By watter EEN woord in die teks pas hierdie gesiggie ? (1) 1.19 Hoekom kan 'n mens sê 'n TV-program is 'n goeie manier om kykers ('viewers') inligting te gee? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 8 DBE/2023 SS/NSS AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2: WAAROM DIT GOED IS OM JOU EIE GROENTETUIN TE MAAK Baie mense maak hulle eie groentetuine ('vegetable gardens'). Jy het op die internet gelees waarom dit goed is om jou eie groentetuin te maak.  Som in SEWE VOLSINNE op waarom dit goed is om jou eie groentetuin te maak.  Skryf die volsinne PUNTSGEWYS en in jou EIE WOORDE neer.  Nommer die volsinne van 1 tot 7.  Jou opsomming mag NIE langer as 60 woorde wees NIE.  Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan. TEKS C WAAROM DIT GOED IS OM JOU EIE GROENTETUIN TE MAAK Ons leef in 'n gejaagde wêreld. Dit veroorsaak dat mense gestres is. Dit is goed om iets te doen wat vir jou lekker is. Om jou eie groentetuin te maak sal jou rustig maak. Die meeste groente in die winkels word gepluk en in pakhuise gestoor totdat mense dit koop. Dan is hierdie groente nie meer vars nie. Groente uit jou tuin is altyd vars. Groente in supermarkte word in klein pakkies verpak en is duur. Groente uit jou eie tuin sal jou minder kos. Die geld wat jy só spaar, kan vir ander belangrike dinge gebruik word. Party van die groente wat in winkels verkoop word, is met gevaarlike gifstowwe teen insekte gespuit. Hierdie middels is sleg vir jou. In jou eie tuin kan jy natuurlike middels teen insekte gebruik. Daar kom soms siektes soos salmonella voor in die groente wat ons by winkels koop. Groente uit jou eie tuin verminder die kans dat jy siektes kry. Oefening is belangrik vir jou gesondheid. Dit laat jou goed voel. Dit is goeie oefening om in die tuin te werk. Ons is lang tye binne in die huis. Wanneer jy tuinmaak, is jy in die buitelug. Dit is goed vir jou. [Verwerk uit growagoodlife.com] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 9 DBE/2023 SS/NSS AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Lees en bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae. TEKS D 3.1 Geniet EGTE goedheid! 3.2 Goeie waarde vir jou geld 3.3 Alle kinders sal hiervan hou Fantastiese smaak Vars en lekker 3.5 LEMOEN 3.6 100% SUIWER Met liefde gemaak [Verwerk uit Kuier, 31 Maart 2022] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 10 DBE/2023 SS/NSS 3.1 HERSKRYF die sin hieronder. Geniet egte goedheid! Begin só: Jy sal ... (1) 3.2 KRUSH se lemoensap is goeie waarde vir jou geld. Waarom kan ons sê dat hierdie sin 'n MENING is? (1) 3.3 Skryf die sin in die ONTKENNING. Alle kinders sal hiervan hou. Begin só: Alle kinders ... (1) 3.4 Skryf EEN WOORD uit die advertensie neer wat vir ons sê dat KRUSH se lemoensap baie lekker proe. (1) 3.5 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. KRUSH se lemoensap bevat 3 vitamines. Daarom is dit nie net lekker nie, maar ook 'n (gesonde/ongesonde) drankie. (1) 3.6 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. 100% word in hierdie advertensie herhaal om te (beklemtoon dat/evalueer of) die lemoensap suiwer is. (1) 3.7 Skryf DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE uit die advertensie neer wat by die hartjies pas. (1) 3.8 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die antwoord (A–D) langs die vraagnommer (3.8) neer. Die doel van hierdie advertensie is om die leser ... A teen KRUSH se lemoensap te waarsku. B te manipuleer om hierdie lemoensap te koop. C in te lig dat KRUSH se lemoensap nie so duur is nie. D te laat verstaan dat daar verskillende soorte lemoensap is. (1) 3.9 Wie, dink jy, sal KRUSH se lemoensap koop? (1) 3.10 Gee EEN rede waarom die raampie van lemoene goed by hierdie advertensie pas. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 11 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 4: STROKIESPRENT Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae. TEKS E RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 Kan ek Pa in WAT?! O NEE! Wat Ek het die tuin Hoekom sal jy Ek wil het jy nóú gewéét iets help? dít wil doen?! graag help, weer verkeerd Ek het my is verkeerd. Pa. gedoen? selfoon verloor ... WAT?! Jeremy Pa Ma RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6 Jy is Ek koop nie Hoe lank moet (Sug) on-ver-ant-woor-de-lik!! wéér vir jy dié keer in Seker vir (4.5.2) ... 'n JY IS GEHOK!! die kamer bly? altyd … nuwe GAAN KAMER Maar, Ma … selfoon nie! TOE!! Pierce [Verwerk uit Zitts] 4.1 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. "WAT?!" in RAAMPIE 1 wys vir ons dat Pa (opgewonde/verbaas) is. (1) 4.2 Kyk na RAAMPIE 2. 4.2.1 Hoe kan ons aan Pa se lyftaal sien dat hy bekommerd ('worried') is? (1) 4.2.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Pa se woorde aan Jeremy sê vir ons dat (Pa nie wil hê Jeremy moet hom help nie/Jeremy gewoonlik nie in die tuin wil help nie.) (1) 4.3 Kyk na RAAMPIE 3. Hoe weet ons dat Pa en Ma nie vir Jeremy kans gee om sy sin klaar te praat nie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 12 DBE/2023 SS/NSS 4.4 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die antwoord (A–D) langs die vraagnommer (4.4) neer. Jy is on-ver-ant-woor-de-lik!! (RAAMPIE 4) Ma sê die woord so stadig, want ... A Jeremy kan nie mooi hoor nie. B sy wil haar boodskap beklemtoon. C sy wil hê Pa moet saam met haar stem. D sy is baie hartseer oor wat Jeremy gedoen het. (1) 4.5 Kyk na RAAMPIE 5. 4.5.1 Watter EEN woord sê vir ons dat Ma al meer as een keer vir Jeremy 'n nuwe selfoon gekoop het? (1) 4.5.2 Vul die ontbrekende VOORNAAMWOORD in. Ek koop nie weer vir ... 'n nuwe selfoon nie! (1) 4.6 JY IS GEHOK! GAAN KAMER TOE! (RAAMPIE 5) 4.6.1 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE. Pa skree: "Jy is gehok!" Begin só: Pa skree dat Jeremy … (1) 4.6.2 Hoe kan ons sien dat Pa hierdie woorde hard skree? (1) 4.7 Hoe kan ons in RAAMPIE 6 agterkom dat Jeremy moedeloos is? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 13 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 5: LEESTEKS EN PRENT 5.1 Lees die teks (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae. TEKS F NAOMI ADAMS HELP GRAAG ANDER Naomi Adams is die eienaar van 'n mobiele (5.1.1) (haar+salon) in Worcester, 'n klein (5.1.2) (dorpie) in die Wes-Kaap. Naomi het lank in (5.1.3) (salon) gewerk. Sy het later besluit (5.1.4) (haar eie besigheid begin). Naomi se (5.1.5) (swaer), Cisca, werk saam met haar. 5 (5.1.6) Een sondag in die kerk het Naomi gesien hoe verwaarloos die oumense se hare is. Sy het geweet dat sy (5.1.7) ('n/die) plan moes maak. Nou loop Naomi en Ciska (5.1.8) (elke week) van huis tot huis om oumense se hare te doen. (5.1.9) (Sy het eers 'n klein bedraggie gevra. Sy het gesien die oumense het nie geld nie). Sy het besluit om dit (5.1.10) (verniet) te 10 doen. (5.1.11) Naomi se droom (is) nog altyd om 'n salon te open. Sy wil 'n vaste (5.1.12) (adres/adress) hê. Sy soek 'n (5.1.13) (plek) waar die oumense mooigemaak kan word. Naomi is lief vir haar mense en (5.1.14) (deur) haar werk gee sy terug aan haar gemeenskap. 15 [Verwerk uit Kuier, 20 Januarie 2022] 5.1.1 Gee die SAMESTELLING van die woorde tussen hakies. Naomi Adams is die eienaar van 'n mobiele (haar+salon). (1) 5.1.2 Verdeel 'dorpie' korrek in LETTERGREPE. (1) 5.1.3 Gee die MEERVOUD van 'salon'. (1) 5.1.4 Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF. Sy het later besluit (haar eie besigheid begin). (1) 5.1.5 Gee die VROULIKE VORM van 'swaer'. (1) 5.1.6 Skryf die woord wat met 'n HOOFLETTER geskryf moet word, korrek neer. Een sondag in die kerk het Naomi gesien hoe verwaarloos die oumense se hare is. (1) 5.1.7 Kies die korrekte LIDWOORD tussen hakies. Sy het geweet dat sy ('n/die) plan moes maak. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 14 DBE/2023 SS/NSS 5.1.8 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies. Nou loop Naomi en Ciska (elke week) van huis tot huis om oumense se hare te doen. (1) 5.1.9 Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies. Sy het eers 'n klein bedraggie gevra. Sy het gesien die oumense het nie geld nie. (maar) (1) 5.1.10 Gee 'n SINONIEM vir 'verniet'. (1) 5.1.11 Skryf die sin hieronder in die VERLEDE TYD deur die woord tussen hakies te verander. Haar droom (is) nog altyd om 'n salon te open. (1) 5.1.12 Kies die korrekte SPELLING tussen hakies. Sy wil 'n vaste (adres/adress) hê. (1) 5.1.13 Gee die VERKLEINWOORD van 'plek'. (1) 5.1.14 Gebruik die HOMONIEM van 'deur' in 'n sin sodat die betekenis duidelik is. (1) 5.2 Bestudeer die prent (TEKS G) hieronder en beantwoord die vrae. TEKS G Die leerders is in die klas. Hulle is besig om aan 'n projek te werk. 5.2.1 1 5.2.2 1 5.2.3 1 5.2.5 5.2.4 =4.1 1 5.2.6 1 [Verwerk uit shutterstock.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V1 15 DBE/2023 SS/NSS 5.2.1 Skryf TV as 'n WOORD neer. (1) 5.2.2 Skryf die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies neer. Juffrou Bester is die (vriendelik) onderwyser in die skool. (1) 5.2.3 Kies die korrekte VOORSETSEL uit dié tussen hakies. Die bottel seep staan (op/onder) die kas. (1) 5.2.4 Gee die ANTONIEM vir die woord tussen hakies. Die seun se hemp het (lang) moue. (1) 5.2.5 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Die seun verf met 'n (borsel/kwas). (1) 5.2.6 Gee die korrekte AFRIKAANS vir die woord tussen hakies. Daar is 'n ('chair') langs die tafel. (1) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Sal

Explore more published documents in this catalogue.

View all