Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V3
2023
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 15 bladsye en 3 rubrieke.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Afrikaans SAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2023 Memo
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2023, 18 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC June Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 738.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC June Exam 2023
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
Show all 14 questions
- Question 1.7Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 2.3Luister en Praat (Listening and Speaking)20 marks
- Question 2.4Luister en Praat (Listening and Speaking)20 marks
- Question 3.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 3.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 3.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 2 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke in die assesseringsriglyne.
AFDELING A VRAAG 1.1–1.8 OPSTEL
AFDELING B VRAAG 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
VRAAG 2.2 FORMELE BRIEF
VRAAG 2.3 DIALOOG
VRAAG 2.4 TOESPRAAK
AFDELING C VRAAG 3.1 STROOIBILJET
VRAAG 3.2 KORT TEKSBOODSKAP
VRAAG 3.3 INSTRUKSIES
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, redigering en formaat by die rubrieke ingesluit is.
3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordeboek na die senior
nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud
aangeslaan word.
4. Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan, moet
dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.
5. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel word net so oorgeskryf, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele
van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele
volgens die laagste omskrywing.
6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die nasien
van 'n skryfstuk.
7. 'n Kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of meer
as die maksimum getal woorde gebruik nie.
8. By VRAAG 1.5 tot VRAAG 1.8:
Die onderwerpe kan verhalend of beskrywend wees.
Die prente dien slegs as prikkels, maar die kern van elke prent moet
aangespreek word.
Die titel moet by die prikkel pas.
Indien die titel nie by die prikkel pas nie, maar die inhoud spreek steeds die
kern van die prent aan, word die titel geïgnoreer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 3 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde (...) Hakies/Pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord
Woordkeuse / Haal met 'n streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weggelaatteken
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Taalfoute ______ Enkelstreep onder die taalfout
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Paragraaf is een, lang, lomp sin [ Begin van nuwe sin
Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V; kleinletter r
Punktuasie o Omkring
Erkenning van taaljuweeltjies Regmerkie bo goeie taalgebruik,
idees of uitdrukkings.
Woorde uit ander tale/*nie- X Trek 'n X oor die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde
Standaardafrikaans bly die norm.
Gebruiksafrikaans moet vermy word.
Aanvaar terme waarvoor Afrikaans nog
nie ekwivalente het nie.
Aanvaar ook gemotiveerde Afrikaanse
streekswoorde/-uitdrukkings.
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf
VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (24 punte), TAAL, STYL
en REDIGERING (12 punte) en STRUKTUUR (4 punte).
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (8 punte).
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte).
3. Evalueer hoe uitsonderlik, gemiddeld of onvoldoende die kandidaat binne
daardie vaardigheidsvlak tussen die gegewe punte is, bv. uit 'n gegewe punt van
12–14 uit 40, moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk verdien.
Indien die punt vir Inhoud & Beplanning (Afdeling A) in die UITSONDERLIK of
KNAP subkategorie val, moet die nasiener bepaal of die punt in die hoë of lae
subkategorie val. Skryf net EEN punt neer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 4 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
4. Skryf die punt soos volg neer:
AFDELING A Omskrywing Punt AFDELING B en C Omskrywing Punt
IB K- 17 IBF K 9
TSR E 4 TSR K 5
S K 3 TOTAAL: 14
TOTAAL: 24
Let wel:
Indien die punt vir Inhoud & Beplanning (Afdeling A) in die UITSONDERLIK of KNAP
kategorie val, word die punt in die hoë subkategorie met 'n + aangedui en in die lae
subkategorie met 'n -.
AFDELING A: OPSTELTIPES
VERHALENDE OPSTEL (Generies)
Dis 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se), gewoonlik uit die verlede.
Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Die doel van hierdie opstel is om te vermaak.
Hierdie opstel handel oor iets wat gebeur het en oorvertel word ('n storie of
gebeurtenis). Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of kan fiktief wees.
Daar behoort 'n treffende inleiding te wees wat die leser dadelik boei en die
karakters en agtergrond bekendstel.
Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
Die vertel-/storielyn ontwikkel logies en die gebeure skep 'n spanningslyn.
Die inhoud is boeiend, interessant, samehangend en oortuigend.
Die slot vorm die afloop/oplossing/samevatting. 'n Verrassende slot sal die
waarde van die skryfstuk verhoog.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Beeldspraak, idiome en spreekwoorde behoort sinvol gebruik te word.
Skryf in die eerste of derde persoon.
Gebruik meestal verlede tyd.
Beskryf opeenvolgende gebeure.
Gebruik woorde wat gebeure in tyd aandui, bv. vroeg in die môre, later, ens.
Dialoog kan gebruik word.
Gebruik bywoorde, byvoeglike naamwoorde, beelde, ens. wat die leser boei.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 5 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
BESKRYWENDE OPSTEL (Generies)
Die kandidaat beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp/persoon
wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Die doel van hierdie opstel is om plekke, gebeure en karakters presies en akkuraat
(lewendig) te beskryf.
Daar behoort 'n treffende inleiding te wees wat die leser dadelik boei.
Paragrawe moet logies volg.
'n Verrassende slot sal die waarde van die skryfstuk verhoog.
Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat is nodig vir 'n goeie
beskrywende opstel.
Insig, begrip, eie belewing en sinvolheid geniet aandag. (Dit is meer as net die
opnoem van waarnemings.)
Tekste kan varieer van realisties na 'n verdieping in die aanbieding.
Eie gevoelens oor die beskrywing kan gegee word.
Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Beeldspraak, bv. vergelykings, metafore, personifikasie en stylmiddele soos
herhaling, kontras en klanknabootsing kan gebruik word.
Idiome en spreekwoorde behoort sinvol gebruik te word.
Gebruik teenwoordige of verlede tyd.
Skep 'n prent in woorde.
Gebruik bywoorde, byvoeglike naamwoorde, beelde, ens. wat die leser boei.
Die formaat van die opstel
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
word. Hierdie paragraaf behoort treffend, relevant, kort en saaklik te
wees. Die eerste sin moet dadelik die aandag boei.
Liggaam: Dit het verskeie paragrawe waarvan een sin per paragraaf gewoonlik
die hoofgedagte bevat.
Die ander sinne in die paragraaf is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en/of mening van die kandidaat.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die gebeure in die opstel saamvat. Die
slotsin moet die leser lank bybly.
WENKE AAN NASIENERS:
Die riglyne wat by die vrae gegee is, hoef nie gevolg te word nie.
Die vraag is of die kandidaat wel oor die onderwerp geskryf het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 6 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
1.1 EK HET LEKKER VERJAAR!
Die kandidaat moet 'n opstel van 200–250 woorde skryf waarin hy/sy van
sy/haar lekker verjaarsdag vertel.
Die opstel moet in die verlede tyd geskryf word.
Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
o hoe oud die kandidaat was;
o wat die kandidaat op sy/haar verjaarsdag gedoen het;
o waar die verjaarsdag gehou is en wie daar was; en
o watter geskenke die kandidaat gekry het. [40]
1.2 DIT IS WIE EK IS
Die kandidaat moet 'n opstel van 200–250 woorde skryf waarin hy/sy van
homself/haarself vertel.
Die opstel behoort in die teenwoordige tyd geskryf te word.
Hierdie is hoofsaaklik 'n beskrywende opstel. Die kandidaat sou egter ook
van iets kon vertel (verhalende opstel) en die opstel dan afsluit met die
woorde: Dit is wie ek is. In so 'n geval behoort die opstel in die verlede tyd
geskryf te word.
Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
o hoe die kandidaat lyk;
o waarvan die kandidaat in homself/haarself hou;
o waarvan die kandidaat nie in homself/haarself hou nie; en
o wat die kandidaat sou verander as hy/sy kon. [40]
1.3 TOE EK BY DIE HUIS KOM …
Die kandidaat moet 'n opstel van 200–250 woorde skryf waarin hy/sy
vertel van 'n dag toe hy/sy by die huis gekom het en daar iets gebeur het.
Die opstel kan in die teenwoordige tyd of verlede tyd geskryf word.
Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
o wanneer dit gebeur het;
o wat gebeur het;
o hoe dit die kandidaat laat voel het; en
o wat daarna gebeur het. [40]
1.4 LEEF GESOND
Die kandidaat moet 'n opstel van 200–250 woorde skryf waarin hy/sy
vertel hoe om gesond te lewe.
Die opstel kan in die teenwoordige tyd of verlede tyd geskryf word.
Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
o hoekom dit nodig is om gesond te lewe;
o watter soorte kos goed is en watter nie goed is vir die kandidaat nie;
o watter oefening gedoen moet word; en
o wat die kandidaat nog kan doen om gesond te lewe. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 7 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
1.5–1.8 PRENTE
Die kandidaat moet 'n opstel van 200–250 woorde skryf.
Die opstel kan verhalend of beskrywend wees.
Kandidate se eie gepaste interpretasie van prente word aanvaar.
Die kandidaat moet die opstel 'n titel gee.
Die kandidaat se opstel moet direk by die prent aansluit.
Die prent kan beskryf word, of iets uit die kern van die prent kan 'n storie
begin.
Let daarop dat 'n prent ook figuurlik geïnterpreteer kan word. [40]
ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG
Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat 'n persoonlike
inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word.
Waar VRAAG 1.5–1.8 beantwoord word, moet die opstel met die prent
verband hou.
Die opstel wat geskryf word, kan dus enige een van die twee tipes opstelle
wees soos hierbo uiteengesit.
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 8 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n vriendskaplike brief aan sy/haar maat skryf en van
sy/haar toekomsplanne (na die eksamen) vertel.
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 80–100 woorde.
Die skryfstuk moet duidelik as 'n vriendskaplike brief herkenbaar wees.
Die doel van hierdie vriendskaplike brief is om te vertel.
Hierdie vriendskaplike brief is persoonlik en vriendelik van aard.
Die vriendskaplike brief spreek die ontvanger direk aan.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
In die brief behoort die kandidaat ...
o te sê waarom hy/sy die brief skryf;
o van sy/haar toekomsplanne te vertel; en
o te sê hoe die kandidaat die planne gaan uitvoer.
Elke idee moet genoegsaam met gepaste detail uitgebrei word.
FORMAAT
Die kort inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, nl. om vir die
maat van toekomsplanne te vertel.
Die liggaam van die brief brei uit oor die rede vir die brief, nl. wat die
toekomsplanne is en hoe dit uitgevoer gaan word.
Die slotparagraaf moet die brief saamvat.
Die formaat van die brief moet korrek wees: adres, datum, aanhef,
paragrawe en afsluiting.
Geen leestekens word in die adres gebruik nie.
Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
Die datum word voluit geskryf, bv. 12 Junie 2023.
Adres:
Posbus 88 Huis 342 Kerkstraat 1 Sesde Laan/laan 10
Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Kode Kode Kode Kode
Aanhef: ''Beste'' of ''Liewe'' of enige aanvaarbare aanspreekvorm word
gebruik en dit word teen die linkerkantlyn geskryf.
'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
Groete/Liefdegroete/Mooi wense, ens. is die laaste paragraaf van die brief
en daarom is daar 'n punt aan die einde.
Daar word nie 'n reël in die afsluiting van die brief oopgelaat nie.
Die omskrywing ''Jou vriend/in" of "Jou maat" is opsioneel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 9 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
STYL, TOON EN REGISTER
Dit word in 'n informele styl geskryf.
Die styl moet by die opdrag pas: die briefskrywer vertel van
toekomsplanne.
Die toon en register moet pas by die vriendskaplike verhouding tussen die
kandidaat en die maat (ontvanger van die brief).
TAAL
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe ...
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is;
o goed die kandidaat spel; en
o hoe funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en emosie
te beskryf.
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
2.2 FORMELE BRIEF
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n formele brief aan die polisiehoof skryf om hom/haar in
te lig van die insident waar 'n polisieman die kandidaat gehelp het en die
polisiehoof vir die goeie diens bedank.
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 80–100 woorde.
Die skryfstuk moet duidelik as 'n formele brief herkenbaar wees.
Die doel van hierdie formele brief is om die polisiehoof in te lig en te
bedank vir die goeie diens wat die kandidaat ontvang het.
Die formele brief se taalgebruik en styl moet formeel en saaklik wees.
Die brief spreek die teikenpersoon formeel aan, bv. Meneer/Mevrou/
Mejuffrou/Geagte Dame/Geagte Heer.
Die toon en register moet pas by die formele verhouding tussen die
kandidaat en die polisiehoof (ontvanger van die brief).
Die bedanking en waardering moet duidelik wees.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
In die brief behoort die kandidaat te skryf ...
o wie die polisieman was en waar die insident gebeur het;
o watter goeie dinge die polisieman vir die kandidaat gedoen het; en
o hoekom die kandidaat so dankbaar is hiervoor.
Elke idee behoort genoegsaam met gepaste detail uitgebrei te word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 10 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van afsender, datum,
adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe en afsluiting.
Die adres van die afsender kom regs boaan in blokvorm.
Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
Die datum word voluit geskryf, bv. 12 Junie 2023.
Die adres van die ontvanger van die brief word links in blokvorm geskryf.
Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
Laat 'n reël oop tussen die twee adresse.
Laat 'n reël oop tussen die adres van die ontvanger en die aanhef.
Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters
geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief
saamvat.
Geen leestekens word na ''Die uwe'' gebruik nie.
Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken.
Korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee.
Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening
uitgeskryf word.
STYL, TOON EN REGISTER
Die brief moet kort en bondig wees.
Die styl is formeel, maar hoflik.
Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie.
Die kandidaat word nie gepenaliseer indien ''jy/jou'' in plaas van ''u''
gebruik word nie.
TAAL
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe ...
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is; en
o hoe goed die kandidaat spel.
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
2.3 DIALOOG
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n dialoog tussen hom/haar en sy/haar ouer(s) skryf.
Hulle gesels oor die kandidaat wat 'n beurs ontvang het om te gaan studeer.
KENMERKE VIR HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 80–100 woorde.
Die skryfstuk moet duidelik as 'n dialoog herkenbaar wees.
Aanspreekvorm moet informeel, dog hoflik wees; dus geskik vir 'n dialoog
tussen die kandidaat en sy/haar ouer(s).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 11 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
INHOUD, IDEES EN DETAIL
Die kandidaat moet ...
o die gesprek tussen hom/haar en sy/haar ouer(s) neerskryf;
o vir sy/haar ouer(s) vertel van die beurs wat hy/sy gekry het om te gaan
studeer; en
o sy/haar eie en die ouer(s) se reaksie duidelik uitspel/sê hoe hy/sy en
die ouer(s) voel omdat hy/sy kan gaan studeer.
Elke idee moet genoegsaam met gepaste detail uitgebrei word.
FORMAAT
Die sprekers se name staan teen die linkerkantste kantlyn.
Daar is 'n dubbelpunt na die naam.
Daar word geen aanhalingstekens gebruik nie.
'n Reël word na elke spreker (spreekbeurt) oopgelaat.
Ekstra inligting word tussen hakies geskryf.
Geen punte word na die hakies gebruik nie.
STYL, TOON EN REGISTER
Die toon en register moet pas by die situasie waar die kandidaat en die
ouer(s) met mekaar praat, nl. informeel, dog hoflik.
Die kandidaat se styl is opgewonde, terwyl die ouer(s) (dalk) eers onseker
is en daarna ook bly is.
Hanteer hier tipiese "praattaal", bv. onvolledige sinne.
TAAL
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe ...
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is;
o goed die kandidaat spel; en
o hoe funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en emosie
aan te dui.
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
2.4 TOESPRAAK
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n toespraak skryf waarin hy/sy die onderwyser
gelukwens met sy/haar bevordering as skoolhoof by 'n ander skool en die
onderwyser voorspoed toewens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 12 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
KENMERKE VIR HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 80–100 woorde.
Die skryfstuk moet duidelik as 'n toespraak herkenbaar wees.
Die doel van hierdie toespraak is om die onderwyser geluk te wens,
waardering vir die onderwyser se goeie werk uit te spreek en die
onderwyser voorspoed toe te wens.
Die inligting moet waarderend wees.
Die inligting moet logies georden wees.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
Die toespraak kan oor die volgende handel:
o watter bevordering die onderwyser gekry het;
o watter goeie dinge die onderwyser vir hulle gedoen het; en
o goeie wense vir die onderwyser se toekoms.
Elke idee moet genoegsaam met gepaste detail uitgebrei word.
FORMAAT
Die gehoor moet gegroet word.
Paragrawe moet volgens die verskillende idees wees.
Verskaf 'n kort inleiding wat die doel van die toespraak weergee.
Die liggaam van die toespraak is waarderend van aard.
Skryf 'n treffende slot wat die inhoud van die toespraak mooi saamvat.
STYL, TOON EN REGISTER
Die toespraak moet interessant wees en die gehoor se aandag behou.
Die styl moet pas by die konteks van die toespraak, nl. om die
onderwyser geluk te wens en voorspoed toe te wens.
TAAL
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe ...
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is; en
o hoe goed die kandidaat spel;
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 13 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
3.1 STROOIBILJET
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n strooibiljet ontwerp om toeriste na die area waar hy/sy
woon, te lok.
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 60–80 woorde.
Die skryfstuk moet duidelik as 'n strooibiljet herkenbaar wees.
Die inligting moet duidelik wees.
Die strooibiljet moet eenvoudig wees en lesers se aandag trek.
Die inhoud moet maklik verstaanbaar wees.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
Die strooibiljet behoort die nodige inligting wat toeriste na die area kan lok, te
verskaf:
watter plekke toeriste kan besoek;
hoekom dit goed is om hierdie plekke te besoek; en
waar die toeriste meer inligting kan kry.
FORMAAT
Uitleg van die strooibiljet (visuele ontwerpelemente, bv. lettergroottes,
lettertipes en plasing van die woorde) is belangrik.
Die belangrike inligting op die strooibiljet moet duidelik uitstaan.
Dit moet al die inligting oor die plekke wat toeriste kan besoek, gee.
Die strooibiljet berus op die sogenaamde ABBA-beginsel. Dit moet mense
se aandag trek. Die mense se belangstelling in die plekke wat besoek
kan word, moet gewek word. Dit moet die mense se behoefte aanspreek.
As die strooibiljet in sy doel slaag, sal die mense tot aksie oorgaan.
STYL, TOON EN REGISTER
Die kandidaat kan 'n informele, oorredende styl gebruik wat by die situasie en
tipe teks pas.
TAAL
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe ...
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is;
o goed die kandidaat spel; en
o hoe funksioneel leestekens aangewend word om die inhoud te versterk
en belangrike inligting te beklemtoon.
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 14 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
3.2 KORT TEKSBOODSKAP (SMS)
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n kort teksboodskap aan sy/haar ouer broer/suster
skryf. In die boodskap moet die kandidaat sê dat hy/sy saam met maats
vakansie wil gaan hou en vra of die broer/suster hom/haar met geld kan help.
Die kandidaat moet ook vir die broer/suster vra om te antwoord.
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 60–80 woorde.
Die skryfstuk moet duidelik as 'n kort teksboodskap herkenbaar wees.
Die boodskap spreek die broer/suster duidelik aan.
Daar behoort 'n beleefde groet te wees.
Die inhoud moet kort en kragtig, maar duidelik wees.
Die versoek moet duidelik wees.
Toon en register pas by die informele en persoonlike verhouding tussen
die kandidaat en die broer/suster (ontvanger van die boodskap).
INHOUD, IDEES EN DETAIL
Die boodskap kan oor die volgende handel:
o waarom die kandidaat die geld nodig het;
o wat die kandidaat alles met die geld gaan betaal; en
o vra dat die broer/suster die kandidaat moet antwoord.
Hierdie tipe teks laat nie ruimte vir te veel detail nie.
FORMAAT
Geen adres of datum is nodig nie.
Daar kan 'n aanhef wees, bv. Liewe Broer/Suster of hulle name.
Die inhoud hoef nie in paragrawe te wees nie.
Reëls hoef nie tussen paragrawe oopgelaat te word nie.
Die afsender hoef nie sy/haar naam onderaan die boodskap te skryf nie.
Die tyd van die boodskap behoort onderaan te verskyn.
STYL, TOON EN REGISTER
Die taal en styl is gemaklik/gemoedelik en in 'n informele geselstrant.
Omdat daar min plek is, moet die kandidaat kort sinne gebruik.
TAAL
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe ...
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is;
o goed die kandidaat spel; en
o hoe funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en emosie
aan te dui.
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.
Emoji's mag matig gebruik word om emosie aan te dui. Dit moet egter nie
die teks oorheers nie. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 15 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
3.3 INSTRUKSIES
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet instruksies vir sy/haar maat neerskryf om te verduidelik
hoe hy/sy vir die eksamen moet leer.
KENMERKE VIR HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 60-80 woorde.
Die skryfstuk moet duidelik as instruksies herkenbaar wees.
Nie alle instruksies hoef met 'n werkwoord te begin nie.
Verwys na spesifieke dinge wat gedoen moet word om vir die eksamen te
leer.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
Die kandidaat moet vir sy/haar maat verduidelik wat hy/sy moet doen om vir
die eksamen te leer.
FORMAAT
Die instruksies moet puntsgewys en stap-vir-stap neergeskryf word.
STYL, TOON EN REGISTER
Die styl moet kort en bondig wees om by die instruksies te pas.
Die toon moet soos instruksies klink.
TAAL
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe ...
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen, gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is; en
o hoe goed die kandidaat spel.
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 16 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
LET WEL
Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 2; Afdeling A).
Die punte (0–40) vir die nasien van die opstel is in vyf vaardigheidsvlakke verdeel.
Die kriteria vir INHOUD is verder by Uitsonderlik en Knap in 'n hoë en lae subkategorie verdeel. In elke sub-kategorie word die verspreiding van punte aangedui.
Die verdeling van punte in 'n hoë en lae subkategorie beïnvloed nie die punt wat vir TAAL & STYL en STRUKTUUR toegeken word nie.
TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) [40 PUNTE]
KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O)
INHOUD & BEPLANNING 22–24 18 12–16 7–11 0–6
- Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed; - Respons is - Samehang in respons is - Respons is nie meer
Hoë subkategorie
Respons op opdrag treffend en bo verwagting. getuig van vaardigheid. bevredigend. wisselvallig. relevant nie.
Idees in teks - Idees is intelligent, volwasse - Idees heeltemal relevant, - Idees is redelik same- - Idees is onsamehangend - Idees is deurmekaar en
Organisering van idees en stem leser tot nadenke. interessant en gee hangend en oortuigend. en onduidelik; nie meer nie op onderwerp gefokus
Bewus van: - Uitsonderlike organisasie aanduiding van - Redelike organisasie oorspronklik nie. nie. Dis vaag en
doel, (inleiding, liggaam en volwassenheid. (inleiding, liggaam en - Min bewys van herhalend.
gehoor samevatting/slot) en - Organisasie (inleiding, samevatting/slot) en organisasie (inleiding, - Geen organisasie;
konteks van opdrag samehang. liggaam en samehang. liggaam en skryfstuk is
samevatting/slot) is baie samevatting/slot) en onsamehangend.
24 PUNTE goed en samehangend. samehang.
19–21 17
- Respons is uitmuntend, - Respons is goed; getuig
Lae subkategorie
maar uitsonderlik treffende van vaardigheid.
eienskappe ontbreek. - Idees is relevant en
- Idees is intelligent en interessant.
volwasse. - Organisasie (inleiding,
- Baie knap organisasie liggaam en
(inleiding, liggaam en samevatting/slot) is goed
samevatting/slot) en en samehangend.
samehang.
TAAL, STYL & REDIGERING 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
- Taalgebruik is uitmuntend. - Taalgebruik is baie gepas - Taalgebruik is - Taalgebruik is basies. - Taalgebruik is
Toon, register, styl en woordeskat is - Toon, styl en register is en doeltreffend. voldoende; hier en daar - Toon, styl en register is onverstaanbaar.
geskik vir doel en konteks retories effektief. - Toon, styl en register is wisselvallig. elementêr. - Toon, styl en register is
Woordkeuse - Woordeskat is uitsonderlik. gepas en effektief. - Toon, styl en register - Woordeskat is baie onvoldoende.
Taalgebruik en konvensies - Grammatika, spelling en - Woordeskat is knap. is oor die algemeen basies. - Woordeskat uiters
Punktuasie punktuasie is feitlik foutvry. - Min grammatika-, spel- gepas. - Heelwat grammatika-, beperk; maak selfs begrip
Grammatika - Uitsonderlik gedoen. en punktuasiefoute. - Woordeskat is spel- en punktuasiefoute. onmoontlik.
Spelling - Knap gedaan. gemiddeld. - Min of geen - Grammatika-, spel- en
- Grammatika, spelling sinsverskeidenheid. punktuasiefoute
12 PUNTE en punktuasie is belemmer betekenis.
gemiddeld.
- Beperkte gebruik van
retoriese middele.
STRUKTUUR 4 3 2 1 0
- Uitsonderlike ontwikkeling - Logiese, samehangende - Gemiddelde - Basiese ontwikkeling van - Onvoldoende ontwikkeling
Kenmerke van teks van onderwerp. ontwikkeling van ontwikkeling van onderwerp. van onderwerp.
Paragraafontwikkeling en - Uitsonderlike detail. onderwerp. onderwerp. - Sommige relevante detail. - Nodige detail ontbreek.
sinskonstruksie - Uitsonderlike vaardigheid in - Genoegsame detail. - Relevante detail. - Sins- en paragraafbou is - Sins- en paragraafbou is
sins- en paragraafbou. - Sins- en paragraafbou is - Gemiddelde sins- en foutief. foutief.
4 PUNTE logies en getuig van paragraafbou. - Opstel maak tog sin t.s.v. - Opstel maak nie sin nie.
variasie. baie foute.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 17 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKS (AFDELING B) [20 PUNTE]
KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O)
INHOUD, 10-12 8-9 6-7 4-5 0-3
BEPLANNING & - Grondige kennis van - Goeie kennis van - Toon voldoende - Toon elementêre - Toon weinig, indien
FORMAAT kenmerke van teks. kenmerke van teks. kennis van kenmerke kennis van enige kennis van
- Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed. van teks. kenmerke van teks. kenmerke van teks.
Kenmerke van teks treffend en bo verwagting. - Inhoud en idees - Respons is - Respons is basies. - Respons toon weinig,
Respons op opdrag - Idees is intelligent en samehangend. voldoende. - Inhoud en idees nie indien enige verband
Idees in teks volwasse. - Behou fokus. - Inhoud en idees meer altyd met opdrag.
Organisering van idees - Inhoud en idees is - Idees is baie goed redelik samehangend nie. - Geen samehang in
Konvensies en konteks samehangend. uitgebrei met detail samehangend. - Aanduiding van idees en inhoud nie.
- Behou fokus. wat die onderwerp - Nie meer heeltemal fokus; met - Fokus onvoldoende
12 PUNTE - Idees is behoorlik ondersteun. gefokus nie; enkele afwykings. en onvanpas.
uitgebrei met detail wat - Gepaste formaat; afwykings. - Min detail - Baie min indien enige
die onderwerp onbeduidende foute. - Sommige detail ondersteun die detail ondersteun die
ondersteun. ondersteun die onderwerp. onderwerp.
- Gepaste en akkurate onderwerp. - Noodsaaklike reëls - Noodsaaklike reëls
formaat. - Formaat oorwegend van die formaat is van die formaat is nie
gepas, maar met vaagweg toegepas. toegepas nie.
foute. Kritiese foute is egter
begaan.
7-8 5-6 4 3 0-2
TAAL, STYL & - Toon, styl, register en - Toon, styl, register - Toon, styl, register en - Toon, styl, register - Toon, styl, register
REDIGERING woordeskat is hoogs en woordeskat is baie woordeskat is geskik en woordeskat is en woordeskat is nie
geskik vir doel, gehoor en geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en minder geskik vir meer geskik vir doel,
Toon, styl, register en konteks. en konteks. konteks. doel, gehoor en gehoor en konteks nie.
woordeskat is geskik - Baie goeie woordeskat. - Knap woordeskat. - Woordeskat is konteks. - Woordeskat is
vir doel/effek en konteks - Toon goeie - Toon oor die voldoende. - Basiese onvoldoende.
Woordkeuse taalkonstruksie. algemeen goeie - Toon gemiddelde woordeskat. - Toon feitlik geen
Taalgebruik en - Grammatika is akkuraat. taalkonstruksie. taalkonstruksie. - Toon basiese taalkonstruksie nie.
konvensies - Baie min spel- en - Grammatika is oor die - Enkele taalkonstruksie. - Grammatikafoute
Punktuasie punktuasiefoute. algemeen korrek. grammatikafoute. - Grammatika is nie belemmer betekenis.
Grammatika - Min spel- en - Spel- en meer akkuraat nie. - Besaai met spel- en
Spelling punktuasiefoute. punktuasiefoute - Etlike spel- en punktuasiefoute;
belemmer nie punktuasiefoute wat belemmer betekenis.
8 PUNTE betekenis nie. betekenis belemmer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 18 DBE/2023
SS/NSS – Nasienriglyne
TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKS (AFDELING C) [20 PUNTE]
KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O)
INHOUD, 10-12 8-9 6-7 4-5 0-3
BEPLANNING & - Grondige kennis van - Goeie kennis van - Toon voldoende - Toon elementêre - Toon weinig, indien
FORMAAT kenmerke van teks. kenmerke van teks. kennis van kenmerke kennis van enige kennis van
- Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed. van teks. kenmerke van teks. kenmerke van teks.
Kenmerke van teks treffend en bo verwagting. - Inhoud en idees - Respons is - Respons is basies. - Respons toon weinig,
Respons op opdrag - Idees is intelligent en samehangend. voldoende. - Inhoud en idees nie indien enige verband
Idees in teks volwasse. - Behou fokus. - Inhoud en idees meer altyd met opdrag.
Organisering van idees - Inhoud en idees is - Idees is baie goed redelik samehangend nie. - Geen samehang in
Konvensies en konteks samehangend. uitgebrei met detail samehangend. - Aanduiding van idees en inhoud nie.
- Behou fokus. wat die onderwerp - Nie meer heeltemal fokus; met - Fokus onvoldoende
12 PUNTE - Idees is behoorlik ondersteun. gefokus nie; enkele afwykings. en onvanpas.
uitgebrei met detail wat - Gepaste formaat; afwykings. - Min detail - Baie min indien enige
die onderwerp onbeduidende foute. - Sommige detail ondersteun die detail ondersteun die
ondersteun. ondersteun die onderwerp. onderwerp.
- Gepaste en akkurate onderwerp. - Noodsaaklike reëls - Noodsaaklike reëls
formaat. - Formaat oorwegend van die formaat is van die formaat is nie
gepas, maar met vaagweg toegepas. toegepas nie.
foute. Kritiese foute is egter
begaan.
7-8 5-6 4 3 0-2
TAAL, STYL & - Toon, styl, register en - Toon, styl, register - Toon, styl, register en - Toon, styl, register - Toon, styl, register
REDIGERING woordeskat is hoogs en woordeskat is baie woordeskat is geskik en woordeskat is en woordeskat is nie
geskik vir doel, gehoor en geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en minder geskik vir meer geskik vir doel,
Toon, styl, register en konteks. en konteks. konteks. doel, gehoor en gehoor en konteks nie.
woordeskat is geskik - Baie goeie woordeskat. - Knap woordeskat. - Woordeskat is konteks. - Woordeskat is
vir doel/effek en konteks - Toon goeie - Toon oor die voldoende. - Basiese onvoldoende.
Woordkeuse taalkonstruksie. algemeen goeie - Toon gemiddelde woordeskat. - Toon feitlik geen
Taalgebruik en - Grammatika is akkuraat. taalkonstruksie. taalkonstruksie. - Toon basiese taalkonstruksie nie.
konvensies - Baie min spel- en - Grammatika is oor die - Enkele taalkonstruksie. - Grammatikafoute
Punktuasie punktuasiefoute. algemeen korrek. grammatikafoute. - Grammatika is nie belemmer betekenis.
Grammatika - Min spel- en - Spel- en meer akkuraat nie. - Besaai met spel- en
Spelling punktuasiefoute. punktuasiefoute - Etlike spel- en punktuasiefoute;
belemmer nie punktuasiefoute wat belemmer betekenis.
8 PUNTE betekenis nie. betekenis belemmer.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC November 2023 Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC November 2023 Memo
More from Grade 12 Afrikaans SAL

Annual teaching plan
Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023 24

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper