Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V3
2023
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Afrikaans SAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2023 Question Paper
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2023, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 664.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
NSC June Exam 2023
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
Show all 14 questions
- Question 1.7Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 2.3Luister en Praat (Listening and Speaking)20 marks
- Question 2.4Luister en Praat (Listening and Speaking)20 marks
- Question 3.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 3.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 3.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 2 DBE/2023
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Opstel (40)
AFDELING B: Lang transaksionele teks (20)
AFDELING C: Kort transaksionele teks (20)
2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.
3. Skryf in die taal wat geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
5. BEPLANNING, REDIGERING EN PROEFLEES:
Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees.
Gebruik, byvoorbeeld 'n kopkaart, vloeidiagram, sleutelwoorde, ens. vir
jou beplanning.
Doen elke keer beplanning VOORDAT jy die finale produk skryf.
Dui die beplanning duidelik aan.
TREK 'N STREEP DEUR DIE BEPLANNING NADAT JY DIE FINALE
PRODUK GESKRYF HET.
6. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 75 minute
AFDELING B: 38 minute
AFDELING C: 37 minute
7. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Skryf die vraagnommer en die titel neer.
9. Skryf jou eie titel neer as jy oor 'n prent (VRAAG 1.5, 1.6, 1.7 of 1.8) skryf.
10. Moenie die titel bytel wanneer jy die aantal woorde tel nie.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 3 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING A: OPSTEL
Skryf 'n opstel van 200–250 woorde oor EEN van die onderwerpe in VRAAG 1.1
tot 1.8. Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
By VRAAG 1.5, 1.6, 1.7 OF 1.8 moet jy jou eie TITEL gee. Jou opstel moet met die
prent verband hou.
VRAAG 1
1.1 EK HET LEKKER VERJAAR!
'n Verjaarsdag is 'n baie spesiale dag in 'n mens se lewe.
Skryf 'n opstel en vertel van jou lekker verjaarsdag.
Dink aan die volgende:
Hoe oud was jy?
Wat het jy op jou verjaarsdag gedoen?
Waar het jy jou verjaarsdag gehou en wie was daar?
Watter geskenke het jy gekry? [40]
1.2 DIT IS WIE EK IS
Skryf 'n opstel en vertel van jouself.
Dink aan die volgende:
Hoe lyk jy?
Waarvan hou jy van jouself?
Waarvan hou jy nie van jouself nie?
Wat sou jy verander as jy kan? [40]
1.3 TOE EK BY DIE HUIS KOM …
Eendag toe jy by die huis kom, het daar iets gebeur.
Skryf 'n opstel en vertel wat daardie dag gebeur het.
Dink aan die volgende:
Wanneer het dit gebeur?
Wat het gebeur?
Hoe het dit jou laat voel?
Wat het daarna gebeur? [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 4 DBE/2023
SS/NSS
1.4 LEEF GESOND
Dit is baie belangrik om gesond (healthy) te leef.
Skryf 'n opstel en vertel hoe om gesond te leef.
Dink aan die volgende:
Hoekom is dit nodig om gesond te leef?
Watter soorte kos is goed vir jou en watter kos is nie goed vir jou nie?
Watter oefening moet jy doen?
Wat kan jy nog doen om gesond te leef? [40]
1.5
[Uit: missearthsa.co.za] [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 5 DBE/2023
SS/NSS
1.6
[Uit: gettyimages.com] [40]
1.7
[Uit: photolia.com] [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 6 DBE/2023
SS/NSS
1.8
[Uit: Google images.com] [40]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 7 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Skryf 80–100 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
VRAAG 2
2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Jy het baie planne vir jou toekoms na hierdie eksamen.
Skryf 'n vriendskaplike brief aan jou maat. Vertel vir jou maat wat jou
toekomsplanne is.
Dink aan die volgende:
Wat gaan jy na hierdie eksamen doen?
Hoekom wil jy dit doen?
Hoe gaan jy dit doen? [20]
2.2 FORMELE BRIEF
'n Skelm het jou selfoon gegryp. 'n Polisieman het gesien wat gebeur het.
Hy het die skelm gevang en jou selfoon teruggekry.
Skryf 'n formele brief aan die hoof van die polisiestasie. Vertel vir hom/haar
wat gebeur het en sê dankie vir die goeie diens.
Gebruik die volgende adres:
Die Polisiehoof
Berea Polisiestasie
Posbus 1634
Johannesburg
0002
Dink aan die volgende:
Wie was die polisieman en waar het die insident gebeur?
Watter goeie dinge het die polisieman vir jou gedoen?
Hoekom is jy dankbaar hiervoor? [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 8 DBE/2023
SS/NSS
2.3 DIALOOG
Jou ouers het nie genoeg geld om jou te laat studeer nie. Jy het 'n beurs
(bursary) gekry om te gaan studeer.
Skryf die gesprek tussen jou en jou ouer (ma/pa) neer. Vertel vir jou ouer(s) van
die goeie nuus.
Dink aan die volgende:
Wat is die goeie nuus?
Hoe voel jy oor die goeie nuus?
Hoe voel jou ouer(s) oor die goeie nuus?
Begin die gesprek só:
Ek: Ek het baie goeie nuus.
Ouer: Wat?
Ek: …
Ouer: …
LET WEL: Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop. [20]
2.4 TOESPRAAK
Een van julle onderwysers het 'n pos as skoolhoof by 'n ander skool gekry.
Jy moet 'n toespraak lewer om hom/haar geluk te wens en voorspoed toe te
wens vir die nuwe pos.
Skryf die toespraak.
Dink aan die volgende:
Wat is die rede vir jou toespraak?
Watter goeie dinge het die onderwyser vir julle gedoen?
Wat is julle goeie wense vir die onderwyser se toekoms? [20]
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 9 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
Skryf 60–80 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
VRAAG 3
3.1 STROOIBILJET
Jou dorp se munisipaliteit wil hê toeriste (tourists) moet julle area besoek.
Ontwerp 'n strooibiljet wat toeriste na julle area sal laat kom.
Dink aan die volgende:
Watter plekke kan die toeriste besoek?
Hoekom is dit goed om hierdie plekke te besoek?
Waar kan die toeriste meer inligting kry?
LET WEL: Punte word vir inhoud toegeken, NIE vir versiering NIE. [20]
3.2 KORT TEKSBOODSKAP (SMS)
Jy wil saam met jou maats gaan vakansie hou. Jy het geld nodig. Jy vra vir jou
ouer broer/suster om jou te help.
Skryf 'n kort teksboodskap vir jou ouer broer/suster en vra vir geld.
Dink aan die volgende:
Waarom het jy die geld nodig?
Wat gaan jy alles met die geld betaal?
Vra dat jou broer/suster jou moet antwoord.
LET WEL: Jy mag NIE sleng of sms-taal gebruik NIE. [20]
3.3 INSTRUKSIES
Jy kry altyd goeie punte op jou rapport. Jou maat het jou gevra om vir
hom/haar instruksies neer te skryf hoe om vir die eksamen te leer.
Skryf die instruksies in volsinne en puntsgewys neer.
Voorbeeld:
1. Soek 'n stil plek waar jy kan leer.
2.
3. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans SAL

Annual teaching plan
Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023 24

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum