Skip to content

Afrikaans SAL Grade 12 P3 NSC November 2023 Question Paper

Question paperAfrikaans SALGrade 12202310 pages

Grade 12 Afrikaans SAL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2023, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2023 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Opstel (40) AFDELING B: Lang transaksionele teks (20) AFDELING C: Kort transaksionele teks (20) 2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling. 3. Skryf in die taal wat geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. BEPLANNING, REDIGERING EN PROEFLEES:  Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees.  Gebruik vir jou beplanning byvoorbeeld 'n kopkaart, vloeidiagram, sleutelwoorde, ens.  Doen beplanning elke keer VOORDAT jy die finale produk skryf.  Dui die beplanning duidelik aan.  TREK 'N STREEP DEUR DIE BEPLANNING NADAT JY DIE FINALE PRODUK GESKRYF HET. 6. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 75 minute AFDELING B: 38 minute AFDELING C: 37 minute 7. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Skryf die vraagnommer en die titel neer. 9. Skryf jou eie titel neer as jy oor 'n prent (VRAAG 1.5, 1.6, 1.7 of 1.8) skryf. 10. Moenie die titel bytel wanneer jy die aantal woorde tel nie. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2023 NSS AFDELING A: OPSTEL Skryf 'n opstel van 200–250 woorde oor EEN van die onderwerpe in VRAAG 1.1 tot 1.8. Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan. By VRAAG 1.5, 1.6, 1.7 OF 1.8 moet jy jou eie TITEL gee. Jou opstel moet met die prent verband hou. VRAAG 1 1.1 DAARDIE DAG HET MY SELFOON MY GEHELP Daar het eendag iets sleg (something bad) met jou gebeur en jy het jou selfoon gebruik om hulp te kry. Skryf 'n opstel en vertel wat gebeur het en hoe jou selfoon jou gehelp het. Dink aan die volgende:  Wat het gebeur?  Waar en wanneer het dit gebeur?  Hoe het dit gebeur?  Hoe het jou selfoon jou gehelp? [40] 1.2 EK HET GEWEN! Jy het aan 'n TikTok-kompetisie deelgeneem en gewen. Skryf 'n opstel en vertel van die kompetisie en wat jy gewen het. Dink aan die volgende:  Wat het jy in die kompetisie gedoen?  Watter prys het jy gewen?  Waarom, dink jy, het jý gewen?  Hoe het die kompetisie en die prys jou lewe beter gemaak? [40] 1.3 EK HET GOEIE VRIENDE Jy het goeie vriende. Skryf 'n opstel en vertel van jou goeie vriende. Dink aan die volgende:  Wie is jou vriende?  Hoe lank is julle al vriende?  Wat doen jy en jou vriende saam?  Waarom is julle goeie vriende? [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2023 NSS 1.4 EK HET GELEER OM NIE TE LIEG NIE Dit is nie altyd maklik om die waarheid te praat (to tell the truth) nie, veral as jy in die moeilikheid kan kom. Skryf 'n opstel en vertel hoe jy geleer het dat 'n mens nie moet lieg (lie) nie. Dink aan die volgende:  Waaroor het jy gelieg?  Waar en wanneer het jy gelieg?  Wat het gebeur na jy gelieg het?  Waarom is dit 'n goeie les wat jy geleer het? [40] 1.5 [Uit: Shutterstock.com] [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2023 NSS 1.6 [Uit: google images.com] [40] 1.7 [Uit: iStock.com] [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2023 NSS 1.8 [Uit: vectorstock.com] [40] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2023 NSS AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS Skryf 80–100 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe. Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan. VRAAG 2 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF Jy beplan 'n vakansie na die eksamen. Jy wil hê jou maat moet lekker dinge saam met jou doen. Skryf 'n vriendskaplike brief aan jou maat. Nooi jou maat uit om vir 'n paar dae in die vakansie by jou te kom kuier. Vertel vir jou maat watter planne jy het. Dink aan die volgende:  Wanneer kan die maat vir jou kom kuier?  Wat is jou planne vir die vakansie?  Waarom sal dit vir jou lekker wees as jou maat kom kuier? [20] 2.2 FORMELE BRIEF Die skoolhoof en onderwysers het julle klas baie gehelp sodat almal matriek kon slaag. Skryf 'n formele brief aan die skoolhoof. Sê vir hom/haar en die onderwysers dankie vir alles wat hulle vir julle matriekklas gedoen het. Gebruik die volgende adres: Die Skoolhoof Hoërskool Voorspoed Posbus 190 Johannesburg 0001 Dink aan die volgende:  Wat is die doel van die brief?  Wat het die skoolhoof en onderwysers gedoen om julle te help?  Wat kan jy sê om die hoof en onderwysers te motiveer (motivate) om aan te hou om leerders te help? [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2023 NSS 2.3 DIALOOG Jy het 'n pizza by Perfect Pizza gekoop. Terwyl jy die pizza geëet het, het jy 'n stuk plastiek raakgebyt. Jy het teruggegaan Perfect Pizza toe om by die bestuurder hieroor te kla. Skryf die gesprek tussen jou en die bestuurder van Perfect Pizza neer. Begin die gesprek só: Ek: Goeiemôre, Meneer. Ek wil graag met die bestuurder praat. Bestuurder: Môre. Ek ís die bestuurder. Wat kan ek vir jou doen? Ek: ... Bestuurder: ... LET WEL: Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop. [20] 2.4 TOESPRAAK Daar het die afgelope drie jaar baie dinge in julle familie gebeur. Party dinge was goed en ander dinge was nie so goed vir julle nie. Julle hou 'n groot familiebyeenkoms (family gathering). Jy moet 'n toespraak lewer om die familie moed in te praat (to encourage) vir die toekoms. Skryf die toespraak. Dink aan die volgende:  Wat is die rede vir jou toespraak?  Watter goeie en slegte dinge het gebeur?  Wat is jou goeie wense vir die familie se toekoms? [20] TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2023 NSS AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS Skryf 60–80 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe. Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan. VRAAG 3 3.1 ADVERTENSIE Jy het 'n spaza-winkel by jou huis begin. Skryf 'n advertensie om jou spaza-winkel te adverteer. Dink aan die volgende:  Waar is die spaza-winkel en wat verkoop jy alles?  Wanneer gaan die spaza-winkel oop wees?  Wie is die kontakpersoon en wat is sy/haar kontakbesonderhede? LET WEL: Punte word vir inhoud toegeken, NIE vir versiering NIE. [20] 3.2 KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp) Jou maat was nie by die skool nie, want sy was siek. Sy het jou gevra om vir haar 'n WhatsApp-boodskap te stuur oor die huiswerk wat julle moet doen. Skryf 'n WhatsApp-boodskap vir jou maat. Dink aan die volgende:  Vra vir jou maat hoe dit met haar gaan.  Watter huiswerk moet julle alles doen?  Stuur goeie wense vir jou maat. LET WEL: Jy mag nie sleng of sms-taal gebruik nie. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2023 NSS 3.3 RIGTINGAANWYSINGS 'n Nuwe onderwyser by die skool moet 'n siek kind kliniek toe vat. Verduidelik vir die onderwyser hoe om van die skool af tot by die kliniek te kom. Volg die pyltjies op die roetekaart hieronder. Gebruik straatname, bakens en woorde wat rigting aandui. Skryf die rigtingaanwysings puntsgewys neer. Begin só: 1. Gaan by die skoolhek uit en draai links in Alwynstraat. 2. … 3. … Bushalte Skool Sokkerveld X Alwynstraat Speelpark Tulpstraat Jasmynstraat Leliestraat Poskantoor Petrolstasie Vygiestraat Malvastraat Kerk Proteastraat Kliniek Polisiestasie Blomstraat Kliniek LET WEL: mall: winkelsentrum TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans SAL

View all