Skip to content

Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Question paperAfrikaans SALGrade 12202311 pages

Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2023 KWAZULU-NATAL PUNTE: 40 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2023 NSS (KwaZulu-Natal) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van die teks wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vraag aandagtig deur voor jy dit beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Kortverhale (40) AFDELING B: Drama (40) 3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings: AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 90 minute OF AFDELING B: 90 minute 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2023 NSS (KwaZulu-Natal) INHOUDSOPGAWE Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord AL TWEE kortverhale. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. "Soldate in wit klere" 20 4 EN "Die prentjiesmaker" 20 6 OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs die EEN vraag. 2. Perdekrag 40 8 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2023 NSS (KwaZulu-Natal) AFDELING A: KORTVERHALE VRAAG 1: LUGSPIEËLINGS – Myicelie Pienaar Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale. VERHAAL A: "SOLDATE IN WIT KLERE" – PJ du Plessis EN VERHAAL B: "DIE PRENTJIESMAKER" – PJ du Plessis VERHAAL A: "SOLDATE IN WIT KLERE" – PJ du Plessis Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS A Een nag, gedurende die bosoorlog in Zimbabwe, het oom Labu Labuschagne aan die bewe gegaan. Hy, 'n groot, fris beesboer, het gebewe soos 'n kind van sewe. Buite die plaashuis het dit gedreun en geblits, maar dit was nie onweer wat hom bang gemaak het nie. Hy was kwaai donderweer gewoond. Daar was 'n bose gees in die lug wat hy aan sy lyf kon voel. Dit het hy vertel. 5 Al die land se inwoners, wit en swart, het in daardie oorlog swaargekry. Vryheidsvegters het oor die land se grense gekom en by binnelandse vegters aangesluit. Hulle het inboorlingdorpies geplunder, sendingstasies met mortiere bestook, plaashuise met handgranate aangeval en afgebrand. Oom Labu was bestuurder van die groot Wanedzi-beesplaas … 10 1.1 Van watter buurland af het daar baie vryheidsvegters gekom? (1) 1.2 Aan wie het die Wanedzi-beesplaas behoort? (1) 1.3 Wat moes Nevil Horn op die Wanedzi-beesplaas gaan doen? (1) 1.4 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Nevil moes in die werk se kantoor op Fort Victoria agterbly omdat hy baie siek was. (1) 1.5 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die vraagnommer (1.5) en die antwoord neer. personifikasie; 'n vergelyking; 'n metafoor "... het gebewe soos 'n kind van sewe" (reël 2) is 'n voorbeeld van ... (1) 1.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (1.6.1 en 1.6.2) en die antwoord neer. Oom Labu het teruggery van Fort Victoria af, al was hy (1.6.1) (bang vir/ kwaad oor) die vryheidsvegters se hinderlae. Dit wys vir ons dat oom Labu (1.6.2) (omgegee het vir sy werkers/nie omgegee het vir sy werkers nie). (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2023 NSS (KwaZulu-Natal) 1.7 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.7) en die letter (A–D) neer. "Daar was 'n bose gees in die lug wat hy aan sy lyf kon voel." (Reël 4 en 5) Dit sê vir ons dat oom Labu … A bekommerd was oor Nevil. B bang was vir die spoke in die huis. C gevoel het dat iets slegs besig was om te gebeur. D baie moeg was van die harde werk op die plaas. (1) 1.8 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur.  Oom Labu het rustig geslaap.  Oom Labu het al die vensters en deure gesluit.  Oom Labu het al die werk op die werf klaar gemaak.  Oom Labu het aan God erken dat hy foute gemaak het. (4) 1.9 Die bosoorlog was 'n moeilike tyd vir die mense van Zimbabwe. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (1.9.1 tot 1.9.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 1.9.1 Oom Labu A ... is deur die vryheidsvegters geskiet. 1.9.2 Die dokter B ... moes vertel waar die vryheidsvegters die vorige aand oral was. 1.9.3 Die gevangene C ... was bang dat hulle nie hulp oor die 1.9.4 Die kaptein naweek sou kry nie. D ... het die vryheidsvegters se spore oral gevolg. E ... sou vir niemand vertel dat die boer alleen op sy plaas was nie. (4 x 1) (4) 1.10 Oom Labu is die hoofkarakter in hierdie verhaal. 1.10.1 Waarom kan ons sê dat oom Labu die leser positief motiveer? (1) 1.10.2 Waarom was dit verkeerd van oom Labu om alleen op die plaas te slaap? (1) 1.11 Waarom sou dit nie goed vir oom Labu gewees het om die aand na sy buurman toe te ry nie? (1) 1.12 Waarom pas die titel, "Soldate in wit klere", so goed by die verhaal? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2023 NSS (KwaZulu-Natal) VERHAAL B: "DIE PRENTJIESMAKER" – PJ du Plessis Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS B Dit gebeur nog van tyd tot tyd dat daar van hulle opdaag op soek na prente, maar daar is lank al nie meer oor nie. Die motor hou stil en 'n man en vrou klim uit. "Goeiemiddag," groet die vrou in Engels. Sy het 'n vreemde aksent. "Ons het verneem dat hier 'n kunstenaar is wat prente skilder." 5 Mthemba skud sy kop. "Ek is jammer, Mevrou. Daar is niks meer oor nie." Albei besoekers lyk teleurgesteld. "Nie eers een nie?" pleit die vrou. "Jy sien, ek en my man het 'n kunsgalery in Parys. Ons wil so graag 'n prent uit Afrika daar uitstal." "Nee, niks nie, Mevrou," begin Mthemba verduidelik, maar die vrou val hom in die rede. 10 "En dit? Is dit nie 'n prent op daardie esel nie?" "Nee, Mevrou. Dis …" Hy probeer haar weghou. 1.13 Waarom het die mense van die dorpe van Ubombo se prente gehou? (1) 1.14 Ubombo het prente geverf van dinge wat hy elke dag gesien het. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 1.14.1 Ubombo was van A Ubombo het opgehou om te skilder. kleintyd af anders. B Die besoekers wou nie vir die prent 1.14.2 Ubombo was hartseer betaal nie. oor die droogte. C Die mense van die sendingskool het 1.14.3 Ubombo het snaakse gesien dat Ubombo talent het. vrae vir Mthemba gevra. D Dit het gelyk asof Ubombo sy 1.14.4 Ubombo was buite die verstand verloor het. grense van sy blyplek bekend. E Die vreemde besoekers het na die kunstenaar gesoek. (4 x 1) (4) 1.15 Die sangoma het voorspel dat dit binnekort gaan reën. Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1) 1.16 Waarom was die vrou wat tussen die hutte gevee het, bang vir aasvoëls? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2023 NSS (KwaZulu-Natal) 1.17 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (1.17.1 en 1.17.2) en die antwoord neer. Mthemba was baie (1.17.1) (gelukkig/ongelukkig) dat Ubombo weer begin skilder het. Hy was egter (1.17.2) (ongeskik/bekommerd) toe hy sien dat die laaste prent anders as die ander prente was. (2) 1.18 Waarom het Ubombo se eie mense gedink dat sy laaste prent so anders was? Gee TWEE redes. (2) 1.19 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.19.1 tot 1.19.4) en die antwoord neer. 1.19.1 Ubombo het sy laaste prent voltooi en na sy … toe gegaan. 1.19.2 Die Franse vrou van die kunsgalery was … toe sy die skildery sien. 1.19.3 Die vrou het gesê sy kon sien dat Ubombo sy mense se ... geteken het. 1.19.4 Mthemba wou Ubombo wakker maak, maar hy was … (4) 1.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.20) en die letter (A–D) neer. "Hy probeer haar weghou." (Reël 12) Dit sê vir ons dat Mthemba nie wou hê dat die besoekers … A die skildery koop nie. B Ubombo se laaste prent sien nie. C die skildery uit Afrika wegneem nie. D moes weet hoe erg die droogte was nie. (1) 1.21 Ubombo het 'n spesiale talent gehad. 1.21.1 Waarom was dit goed vir sy mense dat Ubombo prente gemaak het? (1) 1.21.2 Waarom kan ons sê dat Ubombo sy mense se slegte situasie erger gemaak het toe hy nie meer wou teken nie? (1) 1.22 Hoe slaag die skrywer daarin om te beklemtoon dat die droogte groot hartseer vir Ubombo se mense gebring het? (1) 1.23 Ubombo se mense was geskok oor sy laaste prent. Watter les kan jy hieruit leer? (1) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2023 NSS (KwaZulu-Natal) AFDELING B: DRAMA VRAAG 2: PERDEKRAG – Cecilia du Toit Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS C BINKI: Wilma sê perde verstaan beter as mense. LUCKY: Ag. Asse. Blief. BINKI: Is. Wilma sê perde weet dinge wat ander mense nie wil verstaan nie. (Lucky kyk haar ondersoekend aan.) LUCKY: Jy's 'n dark horse. Ek kan nie dink wat jy hier doen nie. Jy ry nie perd nie, 5 jy polish net. BINKI: Ek sal volgende week begin perdry. Of die week daarna. (Wilma op met 'n leiband. Lucky maak of hy hard werk. Wilma sit die leiband om Lady Jane se kop, maak gerusstellende geluide en lei haar uit die stal.) 10 WILMA: So, ja, ounooi. (Sy beduie dat Binki moet naderstaan.) Kom, Binki, kom vat hier. (Binki staan traag nader.) LUCKY: En wanneer gaan ek perdry? WILMA: (Belangstellend.) Kan jy dan perdry? LUCKY: Nee, maar ek kan mos leer. Dis mos 'n perdeskool dié. Of mag net die 15 ryk rotte die goed ry? 2.1 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) en die antwoord neer. 2.1.1 Binki en Lucky is hier saam op Wilma se perdeplaas, ... Stalle. 2.1.2 Lucky moes ... maande gemeenskapsdiens op die plaas doen. 2.1.3 Binki woon saam met Wilma op die plaas, want haar ma, ... (naam), is baie keer weg van die huis af. 2.1.4 As Wilma inkom, maak Lucky of hy hard werk. Sy werk was om die stalle uit te hark en skoon ... in te sit. (4) 2.2 Waarom het Binki nie by haar pa gebly wanneer haar ma weg was nie? (1) 2.3 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.3) en die letter (A–D) neer. ''Ag. Asse. Blief.'' (Reël 2) Wanneer Lucky so vir Binki sê, bedoel hy dat ... A hy nie mooi gehoor het wat Binki sê nie. B hy nie glo wat Wilma van perde vertel nie. C Binki vir hom nog meer van perde moet vertel. D hy baie opgewonde was om met die perde op die plaas te werk. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2023 NSS (KwaZulu-Natal) 2.4 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die vraagnommer (2.4) en die antwoord neer. 'n vergelyking; personifikasie; 'n metafoor In reël 5 sê Lucky vir Binki: ''Jy's 'n dark horse.'' Dit is 'n voorbeeld van … (1) 2.5 ''... jy polish net.'' (Reël 6) Noem TWEE dinge wat Binki moes skoonmaak. (2) 2.6 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Terwyl Binki by Wilma gebly het, het sy haar graad 11 deur korrespondensie gedoen. (1) 2.7 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (2.7.1 en 2.7.2) en die antwoord neer. Binki staan traag nader om Lady Jane se leiband by Wilma te vat. (Reël 12) Dit sê vir ons dat Binki (2.7.1) (gemaklik voel teenoor/skrikkerig is vir) die perd. In reël 13 vra Lucky sommer dadelik vir Wilma wanneer hý gaan perdry. Dit sê vir ons dat Lucky (2.7.2) (arrogant is/opgewonde oor die plaas voel). (2) 2.8 Die ander karakters in hierdie drama het 'n goeie invloed op Lucky gehad. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 2.8.1 Die magistraat A ... het gedink Lucky sou goeie lesse oor diere op die perdeplaas leer. 2.8.2 Mevrou Bekker B ... het vir Lucky laat besef dat hy 2.8.3 Wilma gelukkig is om 'n ma te hê wat vir hom sorg. 2.8.4 Binki C ... het vir Lucky geleer om beter Afrikaans te praat. D ... se straf vir Lucky het vir hom gewys dat ander mense ook seerkry en swaarkry. E ... het vir Lucky verduidelik dat 'n mens uit jou foute moet leer. (4 x 1) (4) 2.9 Waarom kan ons sê dat Lucky se naam in die eerste deel van hierdie drama glad nie by hom gepas het nie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2023 NSS (KwaZulu-Natal) 2.10 Waarom was dit verkeerd van Lucky om van "ryk rotte" (reël 16) te praat? (1) 2.11 In reël 11 gebruik Wilma die woord ''ounooi'' as sy met die perd praat. Waarom, dink jy, laat die dramaturg (skrywer van die drama) haar sulke woorde gebruik? (1) 2.12 Waarom laat dit jou goed voel om te weet dat daar mense soos Wilma is? (1) Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS D LUCKY: Jy't gesê jy doen ook soort van community service. Wat het jy gedoen? (Wilma bly besig en draai weg van hom.) Toe, sê vir my. WILMA: My storie is nie belangrik nie. Wat was, is verby. Al wat saak maak, is wat ek nou doen. 5 LUCKY: Ek wil nie 'n preek hê nie, Antie. Jy wil my mos help. Sê dan, wat het jy gedoen? WILMA: (Sug.) Dis nie wat ek gedoen het nie. Dis wat ek gedrink het. (Lucky lyk geskok as hy die implikasie besef.) Is jy nou tevrede? LUCKY: En jy judge my die heeltyd! 10 WILMA: Nee, dis nie waar nie. Hoor jy dan nie? Ek veroordeel jou nie. LUCKY: You could have fooled me. WILMA: Regtig. Wat jy gedoen het, is verskriklik, maar wat ek gedoen het, was nie veel beter nie. En ek was veronderstel om van beter te weet. Ek is mos volwasse, of hoe? 15 2.13 Op watter dag van die week het Lucky op Wilma se plaas gewerk? (1) 2.14 "Dis nie wat ek gedoen het nie. Dis wat ek gedrink het." (Reël 8) 2.14.1 Met watter perd het Wilma daardie aand huis toe gery? (1) 2.14.2 Waarom moes die veearts haar perd skiet? (1) 2.15 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.15) en die letter (A–D) neer. "En jy judge my die heeltyd!" (Reël 10) Hierdie reaksie van Lucky sê vir ons dat hy ... was om te hoor dat Wilma ook iets verkeerd teenoor 'n dier gedoen het toe sy jonger was. A tevrede B verbaas C gelukkig D teleurgesteld (1) 2.16 Lucky noem vir Wilma "Antie", want hy kan nie haar naam reg uitspreek nie. Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2023 NSS (KwaZulu-Natal) 2.17 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (2.17.1 en 2.17.2) en die antwoord neer. Nadat Wilma haar storie vir Lucky vertel het, het sy gedink Lucky sou nou weet dat sy altyd (2.17.1) (kwaad word/verstaan) wanneer mense dinge doen waaroor hulle later jammer is. Lucky het (2.17.2) (positief/negatief) gereageer en lelike dinge vir Wilma gesê. (2) 2.18 Hoe het Wilma gevoel oor die lelike dinge wat Lucky vir haar gesê het? (1) 2.19 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE soos wat dit in die drama gebeur.  Lucky het probeer om Kaizer te slaan.  Lucky het die hele storie van die katjies vir Binki vertel.  Lucky was jammer dat hy Wilma 'n ou dronkie genoem het.  Lucky het vir Kaizer gesê hy is jammer dat hy die katjies doodgemaak het. (4) 2.20 Diere het die mense in hierdie drama se lewens verander. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (2.20.1 tot 2.20.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 2.20.1 Sy het Dukie uit die A Lucky het respek vir diere gekry. brandende huis probeer red. B Binki het 'n nuwe hondjie gekry. 2.20.2 Haar perd is dood omdat sy verkeerd opgetree het. C Lucky is gestraf omdat hy wreed teenoor diere opgetree het. 2.20.3 Ma Mhlope se werkgewers het duur katte aangehou. D Binki was skaam oor die letsels wat sy opgedoen het. 2.20.4 Kaizer het Lucky vergewe. E Wilma het die perde se krag gebruik om ander mense te help. (4 x 1) (4) 2.21 Waarom kan ons sê dat Lucky se naam aan die einde van hierdie drama wel by hom gepas het? (1) 2.22 Waarom kan ons sê dat die drama positief eindig vir Binki? (1) 2.23 Dink aan Kaizer se optrede teenoor Lucky in die stal. Hoe pas dit by die titel van hierdie drama? Jy moet in jou antwoord eers sê WAT die titel beteken en dan moet jy sê HOE Kaizer se optrede teenoor Lucky by die titel pas. (2) TOTAAL AFDELING B: 40 GROOTTOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans SAL

View all