Skip to content

Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Question paperAfrikaans SALGrade 12202315 pages

Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2023 VRYSTAAT PUNTE: 40 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van die teks wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vraag aandagtig deur voor jy dit beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Kortverhale (40) AFDELING B: Drama (40) 3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings: AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 90 minute OF AFDELING B: 90 minute 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) INHOUDSOPGAWE Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord AL TWEE kortverhale. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. "Rooikoos Willemse is soek" 20 4 EN "Die ooreenkoms" 20 6 OF 2. "Tant Nelie se veerpluime" 20 8 EN "Opgang" 20 10 OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs die EEN vraag. 2. Perdekrag 40 12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) AFDELING A: KORTVERHALE VRAAG 1: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale. VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries EN VERHAAL B: "DIE OOREENKOMS" – Dalene Matthee VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS A Toe gaan sit hy weer stadig op die bed en hy probeer dink, maar wat die vorige dag gebeur het, kon hy natuurlik glad nie meer onthou nie. "Barrydale," sê hy vir homself. "Barrydale ..." Hy staan weer op en hy kyk weer in die spieël. Skoon gesig. Swart hare. Hy kyk na die stoel. Ja, nee, maar daar lê sy klere. Hy kyk by die venster uit, maar 5 buite sien hy 'n gesig wat hy glad nie ken nie. Oorkant sy kamervenster in die hotel op my dorp is die stadsaal, en hier is dan nou 'n appelboord. Rooikoos Willemse haal toe stadig asem. Drie maal. Hy loop na die stoel toe, hy vat sy klere en hy trek hom stadig aan. Toe kyk hy weer in die spieël. En toe loop hy by die deur uit. 10 Onder in die ingangsportaal van die hotel staan 'n telefoonhokkie. 1.1 Op watter dag van die week het Rooikoos in Barrydale se hotel wakker geword? (1) 1.2 Waarom kon Rooikoos niks van die vorige dag onthou nie? (1) 1.3 ''Onder in die ingangsportaal van die hotel staan 'n telefoonhokkie.'' (Reël 11) 1.3.1 Wie het die telefoon geantwoord toe Rooikoos die hotel op sy dorp gebel het? (1) 1.3.2 Wat moes hierdie persoon vir Rooikoos doen? (1) 1.4 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Die Barrydalers was kwaad vir Rooikoos omdat hy veroorsaak het dat hulle span verloor het teen 'n baie swakker span. (1) 1.5 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (1.5.1 en 1.5.2) en die antwoord neer. Die mense van Rooikoos se dorp was altyd (1.5.1) (simpatiek teenoor/kwaad vir) Rooikoos wanneer hy moeilikheid gemaak het. Die Barrydalers wou na die rugbywedstryd (1.5.2) (met Rooikoos baklei/vir Rooikoos 'n goeie les leer). (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) 1.6 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur.  Die Barrydalers het Rooikoos se baard afgeskeer.  Die Barrydalers het Rooikoos na hulle hotel toe gevat.  Rooikoos het gehuil, want hy het nie geweet wie hy was nie.  Rooikoos het van sy stoel afgeval omdat hy te veel gedrink het. (4) 1.7 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.7) en die letter (A–D) neer. "... buite sien hy 'n gesig wat hy glad nie ken nie." (Reël 6) Dit sê vir ons dat Rooikoos ... A homself nie in die spieël herken het nie. B nie die mense buite die hotel geken het nie. C nie die persoon geken het wat met hom kom praat het nie. D nie die dinge geken het wat hy buite die hotelkamer gesien het nie. (1) 1.8 Al die karakters in hierdie verhaal het iets met Rooikoos te doen gehad. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (1.8.1 tot 1.8.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 1.8.1 Die verteller A ... was seker dat sy dorp se span gaan verloor. 1.8.2 Die hoteleienaar B ... het daarvan gehou om ander mense 1.8.3 Izak Bruwer kwaad te maak. 1.8.4 Die kelner C ... het Rooikoos die Sondagoggend laat besef dat hy nie in sy eie kamer was nie. D ... gee vir ons meer inligting oor Rooikoos. E ... het geweet wat om te sê om te keer dat die mense met mekaar baklei. (4 x 1) (4) 1.9 Waarom was dit verkeerd van die mense om na die wedstryd so baie drankies vir Rooikoos te koop? (1) 1.10 Waarom kan ons sê dat die Barrydalers tog seker gemaak het dat Rooikoos veilig was? (1) 1.11 Waarom kan jy verstaan dat Rooikoos gekry het wat hy verdien het? (1) 1.12 Waarom pas die titel, "Rooikoos Willemse is soek", so goed by die verhaal? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) VERHAAL B: "DIE OOREENKOMS" – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS B Halfses het hy gevra om 'n rukkie alleen gelaat te word in sy verdriet. Eers die aand, nadat dit stil geword het in die Rusoord, ruk die vrees onverwags in hom los: die ooreenkoms! Sê nou ... Om in die lewe 'n ooreenkoms te maak oor ná die dood, is een ding; om dit skielik enige oomblik te wagte te wees, is 'n ander ding. ''Willem,'' pleit hy sommer reguit, ''ek dink ons beter die ding maar los. My hart sal nie 5 dié skok nog by die ander skok kan staan nie. Ek het jou nooit gesê nie, ek was my lewe lank maar lugtig vir 'n spokery ...'' Maar die vrees was soos 'n adder wat in sy slaap gesteur is. Wat roer die gordyn so, is daar dan wind? Hy hoor dan niks ... ''Los dit, Willem!'' 10 1.13 Jakob en Willem het beurte gemaak om die whisky te koop. Noem nog TWEE dinge wat hulle saam gedoen het. (2) 1.14 Watter belangrike ooreenkoms het Jakob en Willem gemaak nadat een van die ander oumense in die Rusoord gesterf het? (1) 1.15 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.15) en die letter (A–D) neer. ''My hart sal nie dié skok nog by die ander skok kan staan nie.'' (Reël 5 en 6) Die ''ander skok'' waarvan Jakob hier praat, is ... A Matrone, wat vir hom 'n ander kamermaat wou gee. B Willem se dood. C Christina se dood. D Sarah, wat hom so gepla het. (1) 1.16 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die vraagnommer (1.16) en die antwoord neer. 'n vergelyking; sarkasme; personifikasie "Maar die vrees was soos 'n adder ..." (reël 8) is 'n voorbeeld van ... (1) 1.17 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (1.17.1 en 1.17.2) en die antwoord neer. Jakob het nou teenoor Willem erken dat hy (1.17.1) (opgewonde is oor die ooreenkoms/bang is vir spoke). Hy wou hê Willem moes (1.17.2) (so gou as moontlik kom/van die ooreenkoms vergeet). (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) 1.18 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.4) en die antwoord neer. 1.18.1 Jakob het baie dinge gedoen omdat hy nie alleen in sy ... wou wees nie. 1.18.2 Hy het gedink om dalk vir ... te vra om by hom te kom slaap. 1.18.3 Hy het die ... opgesê. 1.18.4 Na aandete het hy tot laat ... gekyk. (4) 1.19 Die ander mense in die Rusoord het vir Jakob gelag oor sy probleem. Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1) 1.20 Alles in hierdie verhaal draai om Jakob en Willem se ooreenkoms. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (1.20.1 tot 1.20.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 1.20.1 Willem is begrawe. A Jakob het vir Sarah genooi om ietsie saam met hom te drink. 1.20.2 Willem het nie dadelik die teken kom gee nie. B Op die gewone tyd het die bottel op die gewone manier oopgegaan. 1.20.3 Jakob het sy whisky in die toilet gaan drink. C Die "medisyne" het nie dieselfde geproe nie. 1.20.4 Willem het sy woord gehou. D Jakob het beter geslaap. E Jakob het skielik baie vrae oor die lewe na die dood gevra. (4 x 1) (4) 1.21 Waarom laat hierdie storie oor Jakob en Willem se vriendskap jou goed voel? (1) 1.22 Waarom kan ons sê dat Matrone na Willem se dood onsensitief teenoor Jakob was? (1) 1.23 Hoe slaag die skrywer daarin om te beklemtoon dat die bottel nie om vyfuur wou oopgaan nie? (1) 1.24 Watter les kan jy uit hierdie verhaal oor ooreenkomste leer? (1) OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) VRAAG 2: OM LAASTE TE KAN LAG – Pirow Bekker Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale. VERHAAL A: "TANT NELIE SE VEERPLUIME" – Henriette Grové EN VERHAAL B: "OPGANG" – Ina Rousseau VERHAAL A: "TANT NELIE SE VEERPLUIME" – Henriette Grové Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS C Ek het later probeer paai, maar net so onversetlik soos sy daar by die prystafel was, so onbeweeglik was sy nog die volgende dag, en die volgende week. Elke keer was dit maar weer die Wahl- en Maré-storie – tot ek op 'n middag na tant Nelie toe gery het. Ek het geen doekies omgedraai nie: ''Tante, ek wil daardie veerpluim-resep koop; wat wil tante daarvoor hê?'' 5 Sy het ook reguit gepraat: ''Dis nie te koop nie; jy weet dit net so goed soos ek.'' Ek het aangehou, maar tant Nelie het my aangekyk met 'n snaakse glimlaggie om die mond: ''Dis nie te koop nie, Peet; dit sal Ursa s'n wees eendag, haar enigste erfenis van die Marés. Sê maar vir daardie Kit Wahl ons Marés is miskien uitgeboer, maar daar is darem nog dinge wat swaarder weeg as geld.'' 10 2.1 Waar was hierdie prystafel waarvan Peet in reël 1 praat? (1) 2.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.2) en die letter (A–D) neer. ''… so onbeweeglik was sy nog die volgende dag …'' (Reël 2) Hierdie woorde sê vir ons dat Kit ... A seergekry het en nie kon loop nie. B by die huis gebly het om tertjies te bak. C gebly het by dit wat sy vir Peet gevra het. D nie vervoer gehad het om by tant Nelie te kom nie (1) 2.3 Tant Nelie wou nie haar resep aan Peet verkoop nie. 2.3.1 Vir wie het Peet toe gaan vra om met tant Nelie te gaan praat? (1) 2.3.2 Wat het hierdie persoon vir Peet gesê? (1) 2.4 Hoe het Peet gevoel toe niemand hom wou help om tant Nelie se resep in die hande te kry nie? (1) 2.5 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Tant Nelie het die veerpluim-resep in 'n groot kis in haar buitekamer gebêre. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) 2.6 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur.  Tant Nelie het haar resepteboek weggegee.  Peet het gesê dat hy nie meer met Kit wou trou nie.  Kit het tant Nelie se resep gebruik om veerpluime te bak.  Kit het ja gesê om met Peet te trou as hy die resep vir haar sou kry. (4) 2.7 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (2.7.1 en 2.7.2) en die antwoord neer. Dit het Ursula (2.7.1) (bekommerd/gelukkig) gemaak dat sy Peet kon help om tant Nelie se resepteboek vir Kit in die hande te kry. Tant Nelie was (2.7.2) (trots op/teleurgesteld in) Peet dat hy gedoen het wat hy vir Kit gesê het hy sou doen. (2) 2.8 Al die karakters in hierdie verhaal het iets te doen gehad met tant Nelie se veerpluim-resep. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 2.8.1 Tant Nelie A ... sou enigiets doen om die eerste prys vir gebak te wen. 2.8.2 Peet B ... het iets verkeerd gedoen om iemand 2.8.3 Ursula anders te help. 2.8.4 Kit C ... het gereeld die resepte verander. D ... wou die Maré-tradisie bewaar. E ... het gelukkig die waarheid besef voordat dit te laat was. (4 x 1) (4) 2.9 Waarom kan 'n mens verstaan dat tant Nelie uiteindelik vir Peet gesê het dat Kit maar die resepteboek kon kry? (1) 2.10 Waarom kan 'n mens sê dat die verhaal goed vir Ursula geëindig het? (1) 2.11 Watter les oor manipulering leer jy by Peet? (1) 2.12 Waarom pas die titel, "Tant Nelie se veerpluime", so goed by die verhaal? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) VERHAAL B: "OPGANG" – Ina Rousseau Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS D Dan het Hannetjie die armpie stadiger begin draai, en die garing aan die end van 'n naat bitsig afgebyt; en aan 'n nuwe naat begin stik sonder om die pennetjie aan die agterkant van die masjien af te druk, sodat die garing uit die naald se oog geglip het en sy dit weer moes deurryg. En voor lank het sy die lap weer te vinnig gestoot, en: ''Wil jy my naald breek, hê? Is dít wat jy wil doen?'' 5 ''Hannetjie!'' hoor sy by die agterdeur, en daar staan Meisie Minnaar en Drien Tromp, twee vrouens wat hoër op in die straat woon. ''Die kinders sê jy't 'n masjien gekry! Kan ons hom sien?'' Sy neem hulle die sitkamer binne en trek die gordyne oop, sodat die blou buitelig oor die deksel stroom. 10 Sy haal die deksel af, en daar staan hy toe voor die vrouens en pronk met sy blink nek en lyfie, … 2.13 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.13.1 tot 2.13.5) en die antwoord neer. 2.13.1 Na baie jare het ... (sy naam) vir Hannetjie haar eie masjien gekoop. 2.13.2 Hulle het een ... (tyd) gehad om die masjien af te betaal. 2.13.3 Katrien wou 'n stukkie ... stik, maar hy het gesê nét Hannetjie mag met die masjien werk. 2.13.4 Voordat Hannetjie hierdie masjien gekry het, het sy altyd Lot se masjien gebruik. Lot was Hannetjie se ... 2.13.5 Lot het altyd vir Hannetjie gesê sy moet baie versigtig werk sodat sy nie die naald of die ... van die masjien breek nie. (5) 2.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.14) en die letter (A–D) neer. ''… en die garing aan die end van 'n naat bitsig afgebyt; ...'' (Reël 1 en 2) Dit sê vir ons dat Hannetjie ... as Lot so met haar gepraat het. A bekommerd was B kwaad gevoel het C haastig geraak het D opgewonde geraak het (1) 2.15 Hannetjie was baie bly oor haar nuwe masjien. Watter klere wou sy alles met die masjien maak? Noem TWEE dinge. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) 2.16 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die vraagnommer (2.16) en die antwoord neer. 'n vergelyking; personifikasie; kontras ''... en daar staan hy toe voor die vrouens en pronk met sy blink nek en lyfie, ...'' (Reël 11 en 12) Hierdie is 'n voorbeeld van … (1) 2.17 Hannetjie se man het skielik besluit om vir haar 'n masjien te koop. Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is (1) 2.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (2.18.1 en 2.18.2) en die antwoord neer. Die ander vrouens in die straat was (2.18.1) (jaloers op Hannetjie se nuwe masjien/saam met Hannetjie bly oor haar nuwe masjien). Lot was ook (2.18.2) (opgewonde/nuuskierig) om die nuwe masjien te sien. (2) 2.19 Die nuwe masjien was iets goed in Hannetjie se lewe. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (2.19.1 tot 2.19.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 2.19.1 Hannetjie het lank nie haar A Lot kon nie meer dink dat sy eie masjien gehad nie. beter was as Hannetjie nie. 2.19.2 Hannetjie kon amper nie glo B Hannetjie het gereeld haar nuwe dat sy 'n splinternuwe masjien afgestof. masjien gekry het nie. C Hannetjie moes altyd vir Lot vra 2.19.3 Hannetjie se masjien was of sy haar masjien mag gebruik. beter as die ander vrouens se masjiene. D Hannetjie sou verskillende dinge met haar masjien kon doen. 2.19.4 Hannetjie het nou net soos die ander vrouens haar eie E Hannetjie het kort-kort na haar masjien gehad. nuwe masjien gaan kyk. (4 x 1) (4) 2.20 Waarom was dit verkeerd van Lot om altyd so met Hannetjie te praat as Hannetjie haar masjien gebruik het? (1) 2.21 Waarom kan ons verstaan dat die kinders vir die ander mense gaan vertel het dat hulle ma 'n nuwe masjien gekry het? (1) 2.22 Hoe slaag die skrywer daarin om Hannetjie se blydskap oor haar nuwe masjien te beklemtoon? (1) 2.23 Aan die einde van die verhaal laat Hannetjie Lot toe om haar nuwe masjien te gebruik. Waarom laat dit jou goed voel? (1) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 12 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) AFDELING B: DRAMA VRAAG 3: PERDEKRAG – Cecilia du Toit Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS E BINKI: Wilma sê perde verstaan beter as mense. LUCKY: Ag. Asse. Blief. BINKI: Is. Wilma sê perde weet dinge wat ander mense nie wil verstaan nie. (Lucky kyk haar ondersoekend aan.) LUCKY: Jy's 'n dark horse. Ek kan nie dink wat jy hier doen nie. Jy ry nie perd nie, 5 jy polish net. BINKI: Ek sal volgende week begin perdry. Of die week daarna. (Wilma op met 'n leiband. Lucky maak of hy hard werk. Wilma sit die leiband om Lady Jane se kop, maak gerusstellende geluide en lei haar uit die stal.) 10 WILMA: So, ja, ounooi. (Sy beduie dat Binki moet naderstaan.) Kom, Binki, kom vat hier. (Binki staan traag nader.) LUCKY: En wanneer gaan ek perdry? WILMA: (Belangstellend.) Kan jy dan perdry? LUCKY: Nee, maar ek kan mos leer. Dis mos 'n perdeskool dié. Of mag net die 15 ryk rotte die goed ry? 3.1 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) en die antwoord neer. 3.1.1 Binki en Lucky is hier saam op Wilma se perdeplaas, ... Stalle. 3.1.2 Lucky moes ... maande gemeenskapsdiens op die plaas doen. 3.1.3 Binki woon saam met Wilma op die plaas, want haar ma, ... (naam), is baie keer weg van die huis af. 3.1.4 As Wilma inkom, maak Lucky of hy hard werk. Sy werk was om die stalle uit te hark en skoon ... in te sit. (4) 3.2 Waarom het Binki nie by haar pa gebly wanneer haar ma weg was nie? (1) 3.3 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.3) en die letter (A–D) neer. ''Ag. Asse. Blief.'' (Reël 2) Wanneer Lucky so vir Binki sê, bedoel hy dat ... A hy nie mooi gehoor het wat Binki sê nie. B hy nie glo wat Wilma van perde vertel nie. C Binki vir hom nog meer van perde moet vertel. D hy baie opgewonde was om met die perde op die plaas te werk. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 13 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) 3.4 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die vraagnommer (3.4) en die antwoord neer. 'n vergelyking; personifikasie; 'n metafoor In reël 5 sê Lucky vir Binki: ''Jy's 'n dark horse.'' Dit is 'n voorbeeld van … (1) 3.5 ''... jy polish net.'' (Reël 6) Noem TWEE dinge wat Binki moes skoonmaak. (2) 3.6 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Terwyl Binki by Wilma gebly het, het sy haar graad 11 deur korrespondensie gedoen. (1) 3.7 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (3.7.1 en 3.7.2) en die antwoord neer. Binki staan traag nader om Lady Jane se leiband by Wilma te vat. (Reël 12) Dit sê vir ons dat Binki (3.7.1) (gemaklik voel teenoor/skrikkerig is vir) die perd. In reël 13 vra Lucky sommer dadelik vir Wilma wanneer hý gaan perdry. Dit sê vir ons dat Lucky (3.7.2) (arrogant is/opgewonde oor die plaas voel). (2) 3.8 Die ander karakters in hierdie drama het 'n goeie invloed op Lucky gehad. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (3.8.1 tot 3.8.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 3.8.1 Die magistraat A ... het gedink Lucky sou goeie lesse oor diere op die perdeplaas leer. 3.8.2 Mevrou Bekker B ... het vir Lucky laat besef dat hy 3.8.3 Wilma gelukkig is om 'n ma te hê wat vir hom sorg. 3.8.4 Binki C ... het vir Lucky geleer om beter Afrikaans te praat. D ... se straf vir Lucky het vir hom gewys dat ander mense ook seerkry en swaarkry. E ... het vir Lucky verduidelik dat 'n mens uit jou foute moet leer. (4 x 1) (4) 3.9 Waarom kan ons sê dat Lucky se naam in die eerste deel van hierdie drama glad nie by hom gepas het nie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 14 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) 3.10 Waarom was dit verkeerd van Lucky om van "ryk rotte" (reël 16) te praat? (1) 3.11 In reël 11 gebruik Wilma die woord ''ounooi'' as sy met die perd praat. Waarom, dink jy, laat die dramaturg (skrywer van die drama) haar sulke woorde gebruik? (1) 3.12 Waarom laat dit jou goed voel om te weet dat daar mense soos Wilma is? (1) Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS F LUCKY: Jy't gesê jy doen ook soort van community service. Wat het jy gedoen? (Wilma bly besig en draai weg van hom.) Toe, sê vir my. WILMA: My storie is nie belangrik nie. Wat was, is verby. Al wat saak maak, is wat ek nou doen. 5 LUCKY: Ek wil nie 'n preek hê nie, Antie. Jy wil my mos help. Sê dan, wat het jy gedoen? WILMA: (Sug.) Dis nie wat ek gedoen het nie. Dis wat ek gedrink het. (Lucky lyk geskok as hy die implikasie besef.) Is jy nou tevrede? LUCKY: En jy judge my die heeltyd! 10 WILMA: Nee, dis nie waar nie. Hoor jy dan nie? Ek veroordeel jou nie. LUCKY: You could have fooled me. WILMA: Regtig. Wat jy gedoen het, is verskriklik, maar wat ek gedoen het, was nie veel beter nie. En ek was veronderstel om van beter te weet. Ek is mos volwasse, of hoe? 15 3.13 Op watter dag van die week het Lucky op Wilma se plaas gewerk? (1) 3.14 "Dis nie wat ek gedoen het nie. Dis wat ek gedrink het." (Reël 8) 3.14.1 Met watter perd het Wilma daardie aand huis toe gery? (1) 3.14.2 Waarom moes die veearts haar perd skiet? (1) 3.15 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.15) en die letter (A–D) neer. "En jy judge my die heeltyd!" (Reël 10) Hierdie reaksie van Lucky sê vir ons dat hy ... was om te hoor dat Wilma ook iets verkeerd teenoor 'n dier gedoen het toe sy jonger was. A tevrede B verbaas C gelukkig D teleurgesteld (1) 3.16 Lucky noem vir Wilma "Antie", want hy kan nie haar naam reg uitspreek nie. Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 15 DBE/November 2023 NSS (Vrystaat) 3.17 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (3.17.1 en 3.17.2) en die antwoord neer. Nadat Wilma haar storie vir Lucky vertel het, het sy gedink Lucky sou nou weet dat sy altyd (3.17.1) (kwaad word/verstaan) wanneer mense dinge doen waaroor hulle later jammer is. Lucky het (3.17.2) (positief/negatief) gereageer en lelike dinge vir Wilma gesê. (2) 3.18 Hoe het Wilma gevoel oor die lelike dinge wat Lucky vir haar gesê het? (1) 3.19 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE soos wat dit in die drama gebeur.  Lucky het probeer om Kaizer te slaan.  Lucky het die hele storie van die katjies vir Binki vertel.  Lucky was jammer dat hy Wilma 'n ou dronkie genoem het.  Lucky het vir Kaizer gesê hy is jammer dat hy die katjies doodgemaak het. (4) 3.20 Diere het die mense in hierdie drama se lewens verander. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (3.20.1 tot 3.20.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 3.20.1 Sy het Dukie uit die A Lucky het respek vir diere gekry. brandende huis probeer red. B Binki het 'n nuwe hondjie gekry. 3.20.2 Haar perd is dood omdat sy verkeerd opgetree het. C Lucky is gestraf omdat hy wreed teenoor diere opgetree het. 3.20.3 Ma Mhlope se werkgewers het duur katte aangehou. D Binki was skaam oor die letsels wat sy opgedoen het. 3.20.4 Kaizer het Lucky vergewe. E Wilma het die perde se krag gebruik om ander mense te help. (4 x 1) (4) 3.21 Waarom kan ons sê dat Lucky se naam aan die einde van hierdie drama wel by hom gepas het? (1) 3.22 Waarom kan ons sê dat die drama positief eindig vir Binki? (1) 3.23 Dink aan Kaizer se optrede teenoor Lucky in die stal. Hoe pas dit by die titel van hierdie drama? Jy moet in jou antwoord eers sê WAT die titel beteken en dan moet jy sê HOE Kaizer se optrede teenoor Lucky by die titel pas. (2) TOTAAL AFDELING B: 40 GROOTTOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans SAL

View all