Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2
NOVEMBER 2023
LIMPOPO
PUNTE: 40
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 463.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2023
NSS (Limpopo)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van
die teks wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vraag aandagtig deur
voor jy dit beantwoord.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Kortverhale (40)
AFDELING B: Drama (40)
3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:
AFDELING A: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.
4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 90 minute
OF
AFDELING B: 90 minute
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2023
NSS (Limpopo)
INHOUDSOPGAWE
Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het.
AFDELING A: KORTVERHALE
Beantwoord AL TWEE kortverhale.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. "Oupa Job kom terug" 20 4
EN
"Die stem van 'n kind" 20 6
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs die EEN vraag.
2. Perdekrag 40 8
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2023
NSS (Limpopo)
AFDELING A: KORTVERHALE
VRAAG 1: BLADSAK – Lucas Malan
Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.
VERHAAL A: "OUPA JOB KOM TERUG" – Cecilia Kruger
EN
VERHAAL B: "DIE STEM VAN 'N KIND" – Pieter Pieterse
VERHAAL A: "OUPA JOB KOM TERUG" – Cecilia Kruger
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS A
... Maar die belangrikste van alles is dat daar uitstallings is wat die geskiedenis van
Johannesburg en al sy kulture uitbeeld.
Vir die eerste keer in sy lewe sien Simon hoe die mense op die goudmyne rondom
Johannesburg geleef het en waar goud vandaan kom.
Aan die einde van die besoek draai sy kop behoorlik. Na dié plek wil hy weer 5
terugkom om op sy eie tyd al die byskrifte van die uitstallings te lees.
Simon neem sy sitplek in die bus in en maak net weer seker dat die medaljes nog
veilig in sy binnesak lê. Die bus vleg deur die druk stadsverkeer. Oral op die
sypaadjies verkoop mense hulle produkte en goedere – 'n mengelmoes van
verskillende kleure en kulture. Oral heers 'n vrolike atmosfeer. 10
'n Halfuur later draai die bus by twee groot, wit hekke in. Die gids, Adam Dube,
ontmoet hulle by die hek. ''Welkom by die Krygsgeskiedenis Museum.''
1.1 Van watter plek af het Simon en sy klasmaats gery om die museums in
Johannesburg te gaan besoek? (1)
1.2 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
WAAR te maak.
Simon se juffrou het vir hom vertel dat sy eie oupa ook in die Tweede
Wêreldoorlog geveg het. (1)
1.3 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.3) en die
letter (A–D) neer.
"Aan die einde van die besoek draai sy kop behoorlik." (Reël 5)
Dit sê vir ons dat Simon ...
A siek gevoel het.
B nie geweet het waar hy is nie.
C baie nuwe dinge gesien en gehoor het.
D teruggekyk het na die museum toe hulle wegry. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2023
NSS (Limpopo)
1.4 ''Simon neem sy sitplek in die bus in en maak net weer seker dat die medaljes
nog veilig in sy binnesak lê.'' (Reël 7 en 8)
1.4.1 Wat het Simon saam met die medaljes in sy binnesak gehad? (1)
1.4.2 Waarom het Simon hierdie goed saamgevat museum toe? (1)
1.5 Die karakters in hierdie verhaal het besef dat dit belangrik is om ou goed op
te pas.
Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.5.1 Simon A ... het dit geniet om vir besoekers van
alles in die museum te vertel.
1.5.2 Simon se pa
B ... het die besoeke aan die museums so
1.5.3 Juffrou Selati geniet dat hy weer wou teruggaan.
1.5.4 Adam Dube C ... het baie geld vir die medaljes betaal.
D ... het vir die klas verduidelik waarom
daar museums is.
E ... het jare lank seker gemaak dat oupa
Job se medaljes veilig weggebêre is.
(4 x 1) (4)
1.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommers (1.6.1 en 1.6.2) en die antwoord neer.
Die Westerlinge en Afrika se mense het nie saamgestem oor ou voorwerpe
nie. Daarom was Simon (1.6.1) (seker dat/onseker of) die museum sy oupa
se medaljes sou wou hê. Aan die einde het die museum se mense
(1.6.2) (positief/negatief) gereageer toe hulle Job Masego se medaljes sien. (2)
1.7 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit
in die verhaal gebeur.
Simon het oupa Job se medaljes vir die kurator gewys.
Die museum het oupa Job se medaljes in 'n nuwe kas uitgestal.
Adam Dube het die museum se kurator gebel om Simon te ontmoet.
Die kurator het vir Simon die storie van sy oupa en die Duitse skip vertel. (4)
1.8 Hoe het Simon gevoel om te weet hy is Job Masego se kleinseun? (1)
1.9 Waarom kan ons sê dat Simon se pa 'n goeie voorbeeld vir Simon gestel het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2023
NSS (Limpopo)
1.10 Waarom kan ons verstaan dat Simon voor die uitstappie nie vir sy pa vertel
het wat sy juffrou van Afrika se kultuurgoed verduidelik het nie? (1)
1.11 Waarom kan jy respek hê vir die kurator van die museum? (1)
1.12 Waarom pas die titel, "Oupa Job kom terug", so goed by die verhaal? (1)
EN
VERHAAL B: "DIE STEM VAN 'N KIND" – Pieter Pieterse
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS B
... Sy hart klop in sy ore en ook onder die vel van sy nek en sy gesig. In sy kop is daar
'n hoë suisgeluid, soos die geskreeu van baie sonbesies.
Toe hy die takke hoor kraak waar die kinders oor die heining klim wat om die lande
geslaan is, raak die gevoel vir hom te groot. "Daar kom die groot water!" skreeu hulle.
Hulle gille soos hulle teen die rantjie uithardloop om tussen die mopanies te gaan 5
wegkruip, bring Molaeledi in beweging. Hy gryp 'n stok en hardloop soos die wind na
die boot toe.
Voor die kinders, wat al weer giggelend op pad terug is na Morobula, kan agterkom
dat Molaeledi met 'n stok tussen hulle is, slaan hy reeds links en regs. Daar kom nie 'n
geluid by sy mond uit nie. Hy spaar niemand. Woe! Woe! Woe! weerklink die houe. 10
1.13 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.13.1 tot 1.13.4)
en die antwoord neer.
1.13.1 Molaeledi het vir die mense van ... boodskappe geroep. (1)
1.13.2 Die mense het 'n jong seun se stem gebruik, want sy stem kon ...
dra. (1)
1.13.3 Die kinders het Morobula geterg terwyl hy besig was om vir hom 'n
boot van ... te bou. (1)
1.13.4 Toe Molaeledi die kinders met die stok geslaan het, het ... begin
huil. (1)
1.14 Watter tyd van die dag was die beste om boodskappe te roep? (1)
1.15 Molaeledi se mense het geen kontak met die buitewêreld gehad nie.
Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1)
1.16 Morobula se naam beteken "die een wat die geheime oopmaak".
Watter TWEE dinge kon Morobula doen wat die ander mense nie kon doen
nie? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2023
NSS (Limpopo)
1.17 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommers (1.17.1 en 1.17.2) en die antwoord neer.
Molaeledi het nie hierdie aand saam met die ander kinders gespeel nie. Dit sê
vir ons dat dinge in Molaeledi se lewe (1.17.1) (begin verander het/dieselfde
soos altyd was). Hierdie dinge het Molaeledi (1.17.2) (gelukkig/bang) gemaak. (2)
1.18 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf net die vraagnommer (1.18) en die antwoord neer.
personifikasie; 'n vergelyking; klanknabootsing
"Woe! Woe! Woe! weerklink die houe'' in reël 10 is 'n voorbeeld van … (1)
1.19 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.19) en die
letter (A–D) neer.
"en hardloop soos die wind ..." in reël 6 sê vir ons dat …
A Molaeledi kwaad was.
B die wind kwaai gewaai het.
C Molaeledi baie vinnig gehardloop het.
D die kinders vir die water weggehardloop het. (1)
1.20 Hierdie storie gaan oor Molaeledi wat vir die mense boodskappe geroep het.
Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
vraagnommers (1.20.1–1.20.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.20.1 Molaeledi se stem gaan A Molaeledi het in die sekelbosse
die stem van 'n man word. weggekruip om naby Mokgadi te
wees.
1.20.2 Morobula het weer met sy
houthamer begin timmer. B Die mense het geweet dat daar nie
nog 'n boodskap was nie.
1.20.3 Molaeledi het anders oor
Mokgadi begin voel. C Molaeledi het besluit om saam met
Morobula weg te gaan.
1.20.4 Molaeledi wou uitvind wat
lê verder as die plek wat D Mokgadi was kwaad vir Molaeledi.
hy ken.
E Molaeledi sou nie meer
boodskappe kon roep nie.
(4 x 1) (4)
1.21 Waarom was Morobula 'n goeie rolmodel vir Molaeledi? (1)
1.22 Waarom was dit verkeerd van die kinders om Morobula te terg? (1)
1.23 Hoe slaag die skywer daarin om te beklemtoon dat Molaeledi baie kwaad was
toe hy die kinders geslaan het? (1)
1.24 Watter les oor grootword leer jy in hierdie verhaal? (1)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2023
NSS (Limpopo)
AFDELING B: DRAMA
VRAAG 2: PERDEKRAG – Cecilia du Toit
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS C
BINKI: Wilma sê perde verstaan beter as mense.
LUCKY: Ag. Asse. Blief.
BINKI: Is. Wilma sê perde weet dinge wat ander mense nie wil verstaan nie.
(Lucky kyk haar ondersoekend aan.)
LUCKY: Jy's 'n dark horse. Ek kan nie dink wat jy hier doen nie. Jy ry nie perd nie, 5
jy polish net.
BINKI: Ek sal volgende week begin perdry. Of die week daarna.
(Wilma op met 'n leiband. Lucky maak of hy hard werk. Wilma sit die
leiband om Lady Jane se kop, maak gerusstellende geluide en lei haar uit
die stal.) 10
WILMA: So, ja, ounooi. (Sy beduie dat Binki moet naderstaan.) Kom, Binki, kom vat
hier. (Binki staan traag nader.)
LUCKY: En wanneer gaan ek perdry?
WILMA: (Belangstellend.) Kan jy dan perdry?
LUCKY: Nee, maar ek kan mos leer. Dis mos 'n perdeskool dié. Of mag net die 15
ryk rotte die goed ry?
2.1 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4)
en die antwoord neer.
2.1.1 Binki en Lucky is hier saam op Wilma se perdeplaas, ... Stalle.
2.1.2 Lucky moes ... maande gemeenskapsdiens op die plaas doen.
2.1.3 Binki woon saam met Wilma op die plaas, want haar ma, ... (naam),
is baie keer weg van die huis af.
2.1.4 As Wilma inkom, maak Lucky of hy hard werk. Sy werk was om die
stalle uit te hark en skoon ... in te sit. (4)
2.2 Waarom het Binki nie by haar pa gebly wanneer haar ma weg was nie? (1)
2.3 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.3) en die
letter (A–D) neer.
''Ag. Asse. Blief.'' (Reël 2)
Wanneer Lucky so vir Binki sê, bedoel hy dat ...
A hy nie mooi gehoor het wat Binki sê nie.
B hy nie glo wat Wilma van perde vertel nie.
C Binki vir hom nog meer van perde moet vertel.
D hy baie opgewonde was om met die perde op die plaas te werk. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2023
NSS (Limpopo)
2.4 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf net die vraagnommer (2.4) en die antwoord neer.
'n vergelyking; personifikasie; 'n metafoor
In reël 5 sê Lucky vir Binki: ''Jy's 'n dark horse.'' Dit is 'n voorbeeld van … (1)
2.5 ''... jy polish net.'' (Reël 6)
Noem TWEE dinge wat Binki moes skoonmaak. (2)
2.6 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
WAAR te maak.
Terwyl Binki by Wilma gebly het, het sy haar graad 11 deur korrespondensie
gedoen. (1)
2.7 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommers (2.7.1 en 2.7.2) en die antwoord neer.
Binki staan traag nader om Lady Jane se leiband by Wilma te vat. (Reël 12)
Dit sê vir ons dat Binki (2.7.1) (gemaklik voel teenoor/skrikkerig is vir) die
perd. In reël 13 vra Lucky sommer dadelik vir Wilma wanneer hý gaan perdry.
Dit sê vir ons dat Lucky (2.7.2) (arrogant is/opgewonde oor die plaas voel). (2)
2.8 Die ander karakters in hierdie drama het 'n goeie invloed op Lucky gehad.
Kies die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.8.1 Die magistraat A ... het gedink Lucky sou goeie lesse
oor diere op die perdeplaas leer.
2.8.2 Mevrou Bekker
B ... het vir Lucky laat besef dat hy
2.8.3 Wilma gelukkig is om 'n ma te hê wat vir hom
sorg.
2.8.4 Binki
C ... het vir Lucky geleer om beter
Afrikaans te praat.
D ... se straf vir Lucky het vir hom gewys
dat ander mense ook seerkry en
swaarkry.
E ... het vir Lucky verduidelik dat 'n mens
uit jou foute moet leer.
(4 x 1) (4)
2.9 Waarom kan ons sê dat Lucky se naam in die eerste deel van hierdie drama
glad nie by hom gepas het nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2023
NSS (Limpopo)
2.10 Waarom was dit verkeerd van Lucky om van "ryk rotte" (reël 16) te praat? (1)
2.11 In reël 11 gebruik Wilma die woord ''ounooi'' as sy met die perd praat.
Waarom, dink jy, laat die dramaturg (skrywer van die drama) haar sulke
woorde gebruik? (1)
2.12 Waarom laat dit jou goed voel om te weet dat daar mense soos Wilma is? (1)
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS D
LUCKY: Jy't gesê jy doen ook soort van community service. Wat het jy gedoen?
(Wilma bly besig en draai weg van hom.)
Toe, sê vir my.
WILMA: My storie is nie belangrik nie. Wat was, is verby. Al wat saak maak, is wat
ek nou doen. 5
LUCKY: Ek wil nie 'n preek hê nie, Antie. Jy wil my mos help. Sê dan, wat het jy
gedoen?
WILMA: (Sug.) Dis nie wat ek gedoen het nie. Dis wat ek gedrink het. (Lucky lyk
geskok as hy die implikasie besef.) Is jy nou tevrede?
LUCKY: En jy judge my die heeltyd! 10
WILMA: Nee, dis nie waar nie. Hoor jy dan nie? Ek veroordeel jou nie.
LUCKY: You could have fooled me.
WILMA: Regtig. Wat jy gedoen het, is verskriklik, maar wat ek gedoen het, was nie
veel beter nie. En ek was veronderstel om van beter te weet. Ek is mos
volwasse, of hoe? 15
2.13 Op watter dag van die week het Lucky op Wilma se plaas gewerk? (1)
2.14 "Dis nie wat ek gedoen het nie. Dis wat ek gedrink het." (Reël 8)
2.14.1 Met watter perd het Wilma daardie aand huis toe gery? (1)
2.14.2 Waarom moes die veearts haar perd skiet? (1)
2.15 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.15) en die
letter (A–D) neer.
"En jy judge my die heeltyd!" (Reël 10)
Hierdie reaksie van Lucky sê vir ons dat hy ... was om te hoor dat Wilma ook
iets verkeerd teenoor 'n dier gedoen het toe sy jonger was.
A tevrede
B verbaas
C gelukkig
D teleurgesteld (1)
2.16 Lucky noem vir Wilma "Antie", want hy kan nie haar naam reg uitspreek nie.
Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2023
NSS (Limpopo)
2.17 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die
vraagnommers (2.17.1 en 2.17.2) en die antwoord neer.
Nadat Wilma haar storie vir Lucky vertel het, het sy gedink Lucky sou nou
weet dat sy altyd (2.17.1) (kwaad word/verstaan) wanneer mense dinge doen
waaroor hulle later jammer is. Lucky het (2.17.2) (positief/negatief) gereageer
en lelike dinge vir Wilma gesê. (2)
2.18 Hoe het Wilma gevoel oor die lelike dinge wat Lucky vir haar gesê het? (1)
2.19 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
soos wat dit in die drama gebeur.
Lucky het probeer om Kaizer te slaan.
Lucky het die hele storie van die katjies vir Binki vertel.
Lucky was jammer dat hy Wilma 'n ou dronkie genoem het.
Lucky het vir Kaizer gesê hy is jammer dat hy die katjies doodgemaak het. (4)
2.20 Diere het die mense in hierdie drama se lewens verander.
Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
die vraagnommers (2.20.1 tot 2.20.4) en die letter (A–E) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.20.1 Sy het Dukie uit die A Lucky het respek vir diere gekry.
brandende huis probeer red.
B Binki het 'n nuwe hondjie gekry.
2.20.2 Haar perd is dood omdat sy
verkeerd opgetree het. C Lucky is gestraf omdat hy wreed
teenoor diere opgetree het.
2.20.3 Ma Mhlope se werkgewers
het duur katte aangehou. D Binki was skaam oor die letsels
wat sy opgedoen het.
2.20.4 Kaizer het Lucky vergewe.
E Wilma het die perde se krag
gebruik om ander mense te help.
(4 x 1) (4)
2.21 Waarom kan ons sê dat Lucky se naam aan die einde van hierdie drama wel
by hom gepas het? (1)
2.22 Waarom kan ons sê dat die drama positief eindig vir Binki? (1)
2.23 Dink aan Kaizer se optrede teenoor Lucky in die stal.
Hoe pas dit by die titel van hierdie drama?
Jy moet in jou antwoord eers sê WAT die titel beteken en dan moet jy sê HOE
Kaizer se optrede teenoor Lucky by die titel pas. (2)
TOTAAL AFDELING B: 40
GROOTTOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans SAL

Annual teaching plan
Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023 24

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum