You're offline
Skip to content
Question paper

Afrikaans SAL P2 Nov 2024 Northern Cape.pdf

Subject: Afrikaans SalGrade 12202411 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2024 NOORD-KAAP PUNTE: 40 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2024 NSS (Noord-Kaap) Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer oor die teks wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vraag aandagtig deur voor jy dit beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Drama (40) AFDELING A: Kortverhale (40) 3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings: AFDELING A: DRAMA Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het. OF AFDELING B: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 90 minute OF AFDELING B: 90 minute 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2024 NSS (Noord-Kaap) Vertroulik INHOUDSOPGAWE Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. Nov AFDELING A: DRAMA Beantwoord slegs die EEN vraag. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Perdekrag 40 4 OF AFDELING B: KORTVERHALE Beantwoord AL TWEE kortverhale. 2. "Die ramp" 20 8 EN "Die ooreenkoms" 20 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2024 NSS (Noord-Kaap) Vertroulik AFDELING A: DRAMA VRAAG 1: PERDEKRAG – Cecilia du Toit Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS A WILMA: En jy brom nie so nie, gehoor! Jy praat behoorlik dat ek en Binki jou kan verstaan. Maak of jy ordentlik is, magtag. Kom, hark hier skoon. (Wilma beduie na iets net binne Kaizer se stal. Lucky kom die stal skoorvoetend binne, maar sodra hy sy rug op Kaizer draai, lui sy selfoon skel. Kaizer deins terug. Lucky spring uit die stal en gryp sy selfoon uit sy agtersak om 5 te antwoord.) Ek het gesê jy moet dit wegsit. Jy beter nou luister of – LUCKY: (Uitdagend van die skrik.) Of wat? Ek sal praat as ek wil praat. Jy en wie nog gaan my keer? (Hy lig die foon na sy oor om te praat, maar Wilma stap dreigend nader.) 10 WILMA: Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie. Die magistraat doen jou prokureur 'n guns, en ek doen weer vir haar 'n guns. Ek hoef jou glad nie hier by my stalle te laat werk nie. 1.1 "Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie." (Reël 11) 1.1.1 Wie is hierdie Meneertjie? (1) 1.1.2 By watter stalle is Meneertjie? (1) 1.1.3 Waarom is Meneertjie hier? (1) 1.1.4 Wat het Wilma gedoen nadat Meneertjie later weer op sy selfoon besig was? (1) 1.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.2) en die letter (A–D) neer. " ... Wilma stap dreigend nader" in reël 10 sê vir ons dat Wilma … was. A moeg B kwaad C haastig D opgewonde (1) 1.3 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Dit was Lucky se werk om die stalle uit te hark en vars water in te sit. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2024 NSS (Noord-Kaap) Vertroulik 1.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (1.4.1 en 1.4.2) en die antwoord neer. Wilma was eers geduldig (patient) met Lucky, want sy wou hom (1.4.1) (help/straf). Omdat Lucky so (1.4.2) (stout/fluks) was, het Wilma later ongeduldig (impatient) met hom geraak. (2) 1.5 Lucky sê sekere goed vir sekere redes. Kies die rede uit KOLOM B wat by Lucky se woorde in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 1.5.1 ''Beentjie. Soos armpie en A Lucky is negatief teenoor ryk voetjie en handjie.'' mense. 1.5.2 ''Take it easy, Miesies B Lucky hou daarvan om Binki te Cheesy.'' terg (tease). 1.5.3 ''Of mag net die ryk rotte C Lucky kan nie glo Binki se ma het die goed ry?'' so min tyd vir haar nie. 1.5.4 ''O ja. Jou ma is Busy D Lucky kan nie verstaan hoekom Lizzie.'' Binki nie met hom wou praat nie. E Lucky is moeilik met Wilma. (4 x 1) (4) 1.6 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE soos wat dit in die drama gebeur.  Binki het vir Lucky van Dukie vertel.  Lucky het Tinkerbelle laat weghardloop.  Lucky het sy nommer op Binki se foon gesit.  Wilma het dadelik vir Lucky verduidelik watter werkies hy moes doen. (4) 1.7 Waarom was dit reg van die magistraat om vir Lucky 'n tweede kans te gee? (1) 1.8 Waarom was dit verkeerd van Lucky om nie sy selfoon weg te sit toe Wilma gesê het hy moet dit doen nie? (1) 1.9 Waarom is dit goed dat Wilma so streng (strict) met Lucky is? (1) 1.10 Hoe help die skrywer jou om te verstaan dat Lucky nie op die perdeplaas wou wees nie? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2024 NSS (Noord-Kaap) Vertroulik Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS B LUCKY: ... Ek en my simpel groot bek. Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box sodat almal kan hoor ek is net 'n perdedrol. (Binki wil hom simpatiek aanraak, maar hy deins weg van haar.) Stoppit! Ek word nie aan gevat nie. Nie deur jou soort nie. BINKI: Skies. Ek wou maar net – (Sy draai verleë weg en maak of sy iets in die 5 stoorkamer soek.) LUCKY: Skies, Binki. BINKI: Ek moes nie – ek weet nie wat nie. LUCKY: Ek laaik myself nie altyd nie. BINKI: (Paaiend.) Dis oukei. 10 LUCKY: Nee, dit is nie! Ek het die hele week aan jou gedink. Jy sal nie aan my vat as jy weet hoekom ek hier is nie. BINKI: Waarom sal ek nie? LUCKY: Want jy hardloop vlamme in om 'n bleddie brak te red. Ek en jy leef in verskillende wêrelde ... Jou huis het afgebrand, ... , maar my hele lewe 15 brand elke dag so bietjies-bietjies af. 1.11 Noem TWEE redes waarom Binki by Wilma op die plaas gebly het. (2) 1.12 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.12.1 tot 1.12.4) en die antwoord neer. 1.12.1 Wilma het vir Lucky vertel wat met haar perd, ... (die perd se naam), gebeur het. (1) 1.12.2 Wilma het die aand van die ongeluk baie gedrink. Lucky het haar daarom 'n ... genoem. (1) 1.12.3 Lucky het ... maande by Wilma gewerk. (1) 1.12.4 Binki het haar matriek deur ... gedoen. (1) 1.13 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die vraagnommer (1.13) en die antwoord neer. 'n vergelyking; personifikasie; 'n metafoor "Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box sodat almal kan hoor ek is net 'n perdedrol." (Reël 1 en 2) Dit is 'n voorbeeld van .... (1) 1.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.14) en die letter (A–D) neer. "... maar my hele lewe brand elke dag so bietjies-bietjies af.'' (Reël 15 en 16) Dit beteken dat ... A 'n deel van Lucky-hulle se huis ook afgebrand het. B Lucky en die mense in sy lewe baie probleme het. C die mense in Lucky se omgewing elke dag vuur maak. D daar elke dag huise in Lucky se omgewing afgebrand het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2024 NSS (Noord-Kaap) Vertroulik 1.15 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (1.15.1 en 1.15.2) en die antwoord neer. In reël 1 tot 4 is Lucky se toon teenoor Binki (1.15.1) (onvriendelik/vriendelik). In reël 7 tot 11 verander sy toon, want hy het (1.15.2) (besef dit was onregverdig om so met Binki te praat/gedink dit was eintlik Wilma se skuld). (2) 1.16 Waarom het Binki bloese met lang moue gedra? (1) 1.17 Lucky het Binki se bloes opsetlik (on purpose) geskeur. Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1) 1.18 Die lewe op die plaas was teen die einde goed vir Binki en Lucky. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 1.18.1 Lucky het vir Kaizer gesê hy A Binki aanvaar (accept) die was jammer oor wat hy situasie met haar ma. gedoen het. B Binki is nie meer so bang vir 1.18.2 Binki het weer vir Lucky die die perde nie. foto's van Dukie op haar foon gewys. C Lady Jane en Kaizer doen wat Lucky vir hulle vra. 1.18.3 Binki het die langnaweek op die plaas gebly. D Kaizer aanvaar Lucky se verskoning. 1.18.4 Lucky het geleer om mooi met die perde te praat. E Lucky verander sy kontaknaam na ''Extra Lucky''. (4 x 1) (4) 1.19 Waarom was dit goed vir Lucky dat Binki haar storie vir hom vertel het? (1) 1.20 Waarom was dit goed vir Wilma dat sy vir Lucky die kans gegee het om op die plaas te werk? (1) 1.21 Waarom is dit vir jou lekker om te weet dat Binki se lewe aan die einde van die drama verander het? (1) 1.22 Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die drama pas? (1) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2024 NSS (Noord-Kaap) Vertroulik AFDELING B: KORTVERHALE VRAAG 2: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale. VERHAAL A: "DIE RAMP" – TT Cloete EN VERHAAL B: "DIE OOREENKOMS" – Dalene Matthee VERHAAL A: "DIE RAMP" – TT Cloete Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS C ... Uiteindelik kom my weldoener saam met die insleepmotor daar aan. Ek vra dat ek liefs na Port Elizabeth gesleep moet word, al is Humansdorp nader. Uit blote nuuskierigheid of uit verligting loer die drie van ons by my motor se enjin in. Ons buk al drie vooroor. Toe ek my kop optel, stamp ek my onbekende weldoener op die neus. Sy bril val van sy oë af en breek in ontelbare stukkies op die teerpad. 5 Daar begin die ellende weer van voor af … Uiteindelik is my motor aan die insleepmotor gehaak. Die dag wil al amper breek. Ek wil my weldoener vergoed. Hy weier om iets van my te neem. "Al betaal ek dan net vir jou bril," pleit ek. "Nee, geen sent vir my nie. As ek iéts van jou neem, sal dit op 'n ander manier 10 vermenigvuldig van my weggeneem word. Ek is bly ek kon jou help." 2.1 "Ek is bly ek kon jou help." (Reël 11) 2.1.1 Wie praat hier met die verteller? (1) 2.1.2 By watter plek het die verteller die bokkie gestamp? (1) 2.1.3 Wat was fout met die motor nadat hy die bokkie gestamp het? (1) 2.1.4 Waarom wou die verteller liewer na Port Elizabeth toe gesleep word? (1) 2.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (2.2.1 en 2.2.2) en die antwoord neer. Terwyl die verteller alleen langs die pad gestaan het, het (2.2.1) ('n paar motors by hom gestop/die motors net verby gery). Die plan om sy seun saam met hom te laat staan, was (2.2.2) (suksesvol/onsuksesvol). (2) 2.3 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Daar was nie 'n kind in die weldoener se motor nie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2024 NSS (Noord-Kaap) Vertroulik 2.4 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.4) en die letter (A–D) neer. "Die dag wil al amper breek." (Reël 7) Dit beteken dat ... A die dag verby was. B die nag baie donker was. C dit besig was om lig te word. D dit nie 'n lekker dag was nie. (1) 2.5 Die karakters se woorde sê vir ons hoe die karakters voel. Kies die emosie uit KOLOM B wat by die karakter se woorde in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (2.5.1 tot 2.5.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 2.5.1 "Daar is niks verkeerd A Die verteller kon die weldoener nie." vertrou. 2.5.2 "Ek gaan jou nie in die B Die weldoener het graag ander steek laat nie." gehelp sonder om geld te verwag. 2.5.3 "Al betaal ek dan net vir C Die verteller wou nie hê sy kinders jou bril." moes bang wees nie. 2.5.4 "Nee, geen sent vir my D Die verteller was bekommerd oor nie." sy vrou. E Die verteller was bly oor die weldoener se hulp. (4 x 1) (4) 2.6 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur.  Die kleinste het siek geword.  Die gesin het in Houtbaai vakansie gehou.  Die verteller kon nie aspirien vir die kind kry nie.  Die verteller en sy kinders het alleen teruggery huis toe. (4) 2.7 Waarom het die weldoener die regte ding gedoen toe hy in die nag stilgehou het om die verteller te help? (1) 2.8 Waarom kan 'n mens verstaan dat die verteller negatief was oor die rit huis toe? (1) 2.9 Watter les het jy by die weldoener geleer? (1) 2.10 Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die verhaal pas? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2024 NSS (Noord-Kaap) Vertroulik VERHAAL B: "DIE OOREENKOMS" – Dalene Matthee Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS D Hulle was soos twee broers wat mekaar eers teen die aand se kant leer ken het: Jakob en Willem. Hulle was van die eerste intrekkers by die nuwe Rusoord; albei vlak in die sewentig, gesond van liggaam en verstand, en vasberade om van die laaste skof nog iets te maak. Die kamer wat hulle moes deel, was aan die sonsy van die gebou, ruim, en met 5 huisgoed uit albei se verlede gemeubileer soos toegelaat deur die reëls van die Bestuur. Nie dat hulle nie gou geleer het om sommige van die reëls van die Bestuur met 'n bietjie insig te vertolk nie, byvoorbeeld die reël dat alkohol alleen vir medisinale doeleindes in kamers gehou mag word. Goed en reg. Daarom het Jakob en Willem 10 elke aand, stiptelik om halfses, die kamerdeur gesluit en hul medisyne gedrink. Een Vrydag het Jakob die bottel whisky gekoop en die volgende Vrydag Willem. 2.11 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die vraagnommer (2.11) en die antwoord neer. 'n metafoor; 'n vergelyking; personifikasie "Hulle was soos twee broers ..." in reël 1 is 'n voorbeeld van ... (1) 2.12 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.12) en die letter (A–D) neer. Die verteller sê Jakob en Willem het mekaar eers "teen die aand se kant leer ken". (Reël 1) Dit beteken dat Jakob en Willem ... A nie baie van mekaar gehou het nie. B mekaar leer ken het toe hulle al oud was. C daarvan gehou het om in die aand te kuier. D mekaar ken vandat hulle saam op skool was. (1) 2.13 Watter reëling (arrangement) het Jakob en Willem oor 'n motor gemaak? Noem TWEE dinge. (2) 2.14 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.14.1 tot 2.14.4) en die antwoord neer. 2.14.1 Jakob was 'n ... (beroep) toe hy jonger was. (1) 2.14.2 Willem het 40 jaar by 'n ... gewerk. (1) 2.14.3 Willem het gedink dat ou ... (haar naam) baie van Jakob hou. (1) 2.14.4 Jakob en Willem het na ... jaar van saambly 'n ooreenkoms gesluit. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2024 NSS (Noord-Kaap) Vertroulik 2.15 Hierdie verhaal handel oor Jakob en Willem se ooreenkoms. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (2.15.1 tot 2.15.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 2.15.1 Jakob en Willem het oor A Jakob het vir Willem gevra om lewe ná die dood van die ooreenkoms te vergeet. gewonder. B Jakob het begin dink daar is nie 2.15.2 Jakob was bang vir spoke. lewe ná die dood nie. 2.15.3 Willem het nie dadelik die C Die whiskybottel se prop het teken kom gee nie. presies om halfses losgedraai. 2.15.4 Uiteindelik hét Willem die D Jakob het 'n nuwe kamermaat teken kom gee. gekry. E Die een wat eerste sterf, moes vir die ander een 'n teken kom gee. (4 x 1) (4) 2.16 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (2.16.1 en 2.16.2) en die antwoord neer. Nadat matrone vir Jakob vertel het dat Willem dood is, is die toon van die verhaal (2.16.1) (komies/hartseer), want Jakob (2.16.2) (het sy vriend gemis/ wou nie alleen in sy kamer wees nie). (2) 2.17 Waarom wou Jakob nie vir die ander inwoners vertel hy is bang vir spoke nie? (1) 2.18 Jakob het die whisky in 'n kas toegesluit en die sleutel in sy laai gebêre. Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1) 2.19 Waarom kan 'n mens verstaan dat Jakob nie met die vrouens in die ouetehuis wou praat nie? (1) 2.20 Waarom was dit goed dat Willem uiteindelik vir Jakob die teken gegee het? (1) 2.21 Ná Willem se dood het die ander inwoners vir Jakob kos aangedra en hom probeer troos (comfort). Waarom kan jy respek vir hulle hê? (1) 2.22 Hoe help die skrywer jou om te verstaan dat Jakob en Willem baie goeie vriende was? (1) TOTAAL AFDELING B: 40 GROOTTOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Sal

Explore more published documents in this catalogue.

View all