Skip to content

Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paperAfrikaans SALGrade 12202412 pages

Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the November 2024 NSC, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2024 MPUMALANGA PUNTE: 40 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2024 NSS (Mpumalanga) Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer oor die teks wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vraag aandagtig deur voor jy dit beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Drama (40) AFDELING A: Kortverhale (40) 3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings: AFDELING A: DRAMA Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het. OF AFDELING B: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 90 minute OF AFDELING B: 90 minute 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2024 NSS (Mpumalanga) Vertroulik INHOUDSOPGAWE Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. Nov AFDELING A: DRAMA Beantwoord slegs die EEN vraag. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Perdekrag 40 4 OF AFDELING B: KORTVERHALE Beantwoord AL TWEE kortverhale. 2. "Stokvel op 'n plaas" 20 8 EN "Die hen en die naald" 20 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2024 NSS (Mpumalanga) Vertroulik AFDELING A: DRAMA VRAAG 1: PERDEKRAG – Cecilia du Toit Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS A WILMA: En jy brom nie so nie, gehoor! Jy praat behoorlik dat ek en Binki jou kan verstaan. Maak of jy ordentlik is, magtag. Kom, hark hier skoon. (Wilma beduie na iets net binne Kaizer se stal. Lucky kom die stal skoorvoetend binne, maar sodra hy sy rug op Kaizer draai, lui sy selfoon skel. Kaizer deins terug. Lucky spring uit die stal en gryp sy selfoon uit sy agtersak om 5 te antwoord.) Ek het gesê jy moet dit wegsit. Jy beter nou luister of – LUCKY: (Uitdagend van die skrik.) Of wat? Ek sal praat as ek wil praat. Jy en wie nog gaan my keer? (Hy lig die foon na sy oor om te praat, maar Wilma stap dreigend nader.) 10 WILMA: Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie. Die magistraat doen jou prokureur 'n guns, en ek doen weer vir haar 'n guns. Ek hoef jou glad nie hier by my stalle te laat werk nie. 1.1 "Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie." (Reël 11) 1.1.1 Wie is hierdie Meneertjie? (1) 1.1.2 By watter stalle is Meneertjie? (1) 1.1.3 Waarom is Meneertjie hier? (1) 1.1.4 Wat het Wilma gedoen nadat Meneertjie later weer op sy selfoon besig was? (1) 1.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.2) en die letter (A–D) neer. " ... Wilma stap dreigend nader" in reël 10 sê vir ons dat Wilma … was. A moeg B kwaad C haastig D opgewonde (1) 1.3 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Dit was Lucky se werk om die stalle uit te hark en vars water in te sit. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2024 NSS (Mpumalanga) Vertroulik 1.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (1.4.1 en 1.4.2) en die antwoord neer. Wilma was eers geduldig (patient) met Lucky, want sy wou hom (1.4.1) (help/straf). Omdat Lucky so (1.4.2) (stout/fluks) was, het Wilma later ongeduldig (impatient) met hom geraak. (2) 1.5 Lucky sê sekere goed vir sekere redes. Kies die rede uit KOLOM B wat by Lucky se woorde in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 1.5.1 ''Beentjie. Soos armpie en A Lucky is negatief teenoor ryk voetjie en handjie.'' mense. 1.5.2 ''Take it easy, Miesies B Lucky hou daarvan om Binki te Cheesy.'' terg (tease). 1.5.3 ''Of mag net die ryk rotte C Lucky kan nie glo Binki se ma het die goed ry?'' so min tyd vir haar nie. 1.5.4 ''O ja. Jou ma is Busy D Lucky kan nie verstaan hoekom Lizzie.'' Binki nie met hom wou praat nie. E Lucky is moeilik met Wilma. (4 x 1) (4) 1.6 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE soos wat dit in die drama gebeur.  Binki het vir Lucky van Dukie vertel.  Lucky het Tinkerbelle laat weghardloop.  Lucky het sy nommer op Binki se foon gesit.  Wilma het dadelik vir Lucky verduidelik watter werkies hy moes doen. (4) 1.7 Waarom was dit reg van die magistraat om vir Lucky 'n tweede kans te gee? (1) 1.8 Waarom was dit verkeerd van Lucky om nie sy selfoon weg te sit toe Wilma gesê het hy moet dit doen nie? (1) 1.9 Waarom is dit goed dat Wilma so streng (strict) met Lucky is? (1) 1.10 Hoe help die skrywer jou om te verstaan dat Lucky nie op die perdeplaas wou wees nie? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2024 NSS (Mpumalanga) Vertroulik Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS B LUCKY: ... Ek en my simpel groot bek. Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box sodat almal kan hoor ek is net 'n perdedrol. (Binki wil hom simpatiek aanraak, maar hy deins weg van haar.) Stoppit! Ek word nie aan gevat nie. Nie deur jou soort nie. BINKI: Skies. Ek wou maar net – (Sy draai verleë weg en maak of sy iets in die 5 stoorkamer soek.) LUCKY: Skies, Binki. BINKI: Ek moes nie – ek weet nie wat nie. LUCKY: Ek laaik myself nie altyd nie. BINKI: (Paaiend.) Dis oukei. 10 LUCKY: Nee, dit is nie! Ek het die hele week aan jou gedink. Jy sal nie aan my vat as jy weet hoekom ek hier is nie. BINKI: Waarom sal ek nie? LUCKY: Want jy hardloop vlamme in om 'n bleddie brak te red. Ek en jy leef in verskillende wêrelde ... Jou huis het afgebrand, ... , maar my hele lewe 15 brand elke dag so bietjies-bietjies af. 1.11 Noem TWEE redes waarom Binki by Wilma op die plaas gebly het. (2) 1.12 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.12.1 tot 1.12.4) en die antwoord neer. 1.12.1 Wilma het vir Lucky vertel wat met haar perd, ... (die perd se naam), gebeur het. (1) 1.12.2 Wilma het die aand van die ongeluk baie gedrink. Lucky het haar daarom 'n ... genoem. (1) 1.12.3 Lucky het ... maande by Wilma gewerk. (1) 1.12.4 Binki het haar matriek deur ... gedoen. (1) 1.13 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die vraagnommer (1.13) en die antwoord neer. 'n vergelyking; personifikasie; 'n metafoor "Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box sodat almal kan hoor ek is net 'n perdedrol." (Reël 1 en 2) Dit is 'n voorbeeld van ... (1) 1.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.14) en die letter (A–D) neer. "... maar my hele lewe brand elke dag so bietjies-bietjies af.'' (Reël 15 en 16) Dit beteken dat ... A 'n deel van Lucky-hulle se huis ook afgebrand het. B Lucky en die mense in sy lewe baie probleme het. C die mense in Lucky se omgewing elke dag vuur maak. D daar elke dag huise in Lucky se omgewing afgebrand het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2024 NSS (Mpumalanga) Vertroulik 1.15 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (1.15.1 en 1.15.2) en die antwoord neer. In reël 1 tot 4 is Lucky se toon teenoor Binki (1.15.1) (onvriendelik/vriendelik). In reël 7 tot 11 verander sy toon, want hy het (1.15.2) (besef dit was onregverdig om so met Binki te praat/gedink dit was eintlik Wilma se skuld). (2) 1.16 Waarom het Binki bloese met lang moue gedra? (1) 1.17 Lucky het Binki se bloes opsetlik (on purpose) geskeur. Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1) 1.18 Die lewe op die plaas was teen die einde goed vir Binki en Lucky. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 1.18.1 Lucky het vir Kaizer gesê hy A Binki aanvaar (accept) die was jammer oor wat hy situasie met haar ma. gedoen het. B Binki is nie meer so bang vir 1.18.2 Binki het weer vir Lucky die die perde nie. foto's van Dukie op haar foon gewys. C Lady Jane en Kaizer doen wat Lucky vir hulle vra. 1.18.3 Binki het die langnaweek op die plaas gebly. D Kaizer aanvaar Lucky se verskoning. 1.18.4 Lucky het geleer om mooi met die perde te praat. E Lucky verander sy kontaknaam na ''Extra Lucky''. (4 x 1) (4) 1.19 Waarom was dit goed vir Lucky dat Binki haar storie vir hom vertel het? (1) 1.20 Waarom was dit goed vir Wilma dat sy vir Lucky die kans gegee het om op die plaas te werk? (1) 1.21 Waarom is dit vir jou lekker om te weet dat Binki se lewe aan die einde van die drama verander het? (1) 1.22 Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die drama pas? (1) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2024 NSS (Mpumalanga) Vertroulik AFDELING B: KORTVERHALE VRAAG 2: BLADSAK – Lucas Malan Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale. VERHAAL A: "STOKVEL OP 'N PLAAS" – Justice L Makete EN VERHAAL B: "DIE HEN EN DIE NAALD" – Minnie Postma VERHAAL A: "STOKVEL OP 'N PLAAS" – Justice L Makete Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS C ''Moenie die pypkaneel vergeet nie,'' praat MaDlamini tussenin. ''Tuisgemaakte gemmerbier sonder pynappel sou nie te welkom wees nie,'' sê Babsie terwyl sy die pynappel skil. ''Sowaar onse kind!'' antwoord Sis Dudu. Tienuur se kant begin die stokvelgangers intrippel. Hulle kom van heinde en verre. 5 Die gesette suurgesig Sis Vera en haar uitgeteerde, verwaarloosde man is eerste aan die beurt, toe Antie Lena vergesel van haar broeisel. Van die fietsryers, jieslaik! al wat van hulle te siene is, is die warrelende stof. Palmietfontein se volkies ry donkiekar. Die swaarbelaaide karretjie het nogal noustrop getrek. Die getal voetgangers neem steeds toe. "The more the merrier", en niemand wil die affêre mis nie. Dié een keer in 'n 10 maand, normaalweg die einde van die maand, is geskik vir almal. Die gumba-gumba pryk al buite en Yvonne Chakachaka se ''MaDlamini se mtombozi'' is al te hore. 2.1 " 'Moenie die pypkaneel vergeet nie,' praat MaDlamini tussenin.'' (Reël 1) 2.1.1 Met wie praat MaDlamini hier? (1) 2.1.2 Op watter plaas het die stokvelgangers bymekaargekom? (1) 2.1.3 Waarom het Lwandi ook huis toe gekom? (1) 2.1.4 Wat het eerste gebeur nadat die byeenkoms amptelik begin het? (1) 2.2 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Sis Dudu is MaDlamini se suster. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2024 NSS (Mpumalanga) Vertroulik 2.3 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.3) en die letter (A–D) neer. "Die swaarbelaaide karretjie het nogal noustrop getrek." (Reël 8 en 9) Dit beteken dat die donkies ... A nie die karretjie wou trek nie. B die karretjie vinnig getrek het. C gesukkel het om die karretjie te trek. D nie die karretjie van Palmietfontein af getrek het nie. (1) 2.4 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur.  Die lede mag eerste kos ingeskep het.  Die stokvelgeld is vir Baba Ndlovu gegee.  Makhaya het almal wat daar was se name gelees.  Die formele aktiwiteite het om twaalfuur begin. (4) 2.5 Die karakters se woorde sê vir ons hoe die karakters voel. Kies die emosie uit KOLOM B wat by die karakter se woorde in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (2.5.1 tot 2.5.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 2.5.1 "Ekêêê ... dis hy!" A Die skurk was kwaad. 2.5.2 "Los my cherrie of ek B Sis Dudu was tevrede met die steek jou dood!" mampoer. 2.5.3 '' 'Ndevu! 'Ndevu! kom C Die plaasvolk was gelukkig, want hulle help!'' dans lekker. 2.5.4 ''Keer hom voor, die D Sipho was bekommerd terwyl hy na die satanskind!'' stil woning hardloop. E Mandevu was nie jammer vir Malaita nie. (4 x 1) (4) 2.6 Waarom kan 'n mens sê dat dit reg is dat MaDlamini vir almal iets gegee het om met die voorbereiding te help? (1) 2.7 Waarom kan 'n mens sê dat dit verkeerd is dat Maraikie oor die pryse van die eetgoed gekla het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2024 NSS (Mpumalanga) Vertroulik 2.8 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (2.8.1 en 2.8.2) en die antwoord neer. Aan die begin van die verhaal het MaDlamini (2.8.1) (presies geweet/ vergeet) wat almal moes doen om vir die stokvel voor te berei. Toe die moeilikheid begin, was sy (2.8.2) (seker/onseker) wat sy moes doen en het sy Mandevu laat kom om te help. (2) 2.9 Watter les oor samewerking het jy by die stokvelgangers geleer? (1) 2.10 Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die verhaal pas? (1) EN VERHAAL B: "DIE HEN EN DIE NAALD" – Minnie Postma Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS D ... "Vriend van my, leen asseblief jou naald vir my." Valk was baie jammer vir sy naald, toe vra hy eers: "Wat wil jy daarmee maak?" "Ek het mooi velletjies wat ek al lankal bêre. As ek nou net 'n naald het, kan ek dit aanmekaar werk en vir my 'n mooi karos maak." "Maat van my," sê Valk. "Tjhe, omdat ek jou so liefhet, sal ek dit vir jou leen, maar jy 5 moet dit baie goed oppas." "Ek sal dit net so mooi oppas soos ek my kind sal oppas. Ek sal versigtig daarmee werk en sodra ek klaar is met die karos, sal ek dit dadelik vir jou teruggee. Regtigwaar, so sal ek maak." "Maar dit kan tog gebeur dat jy dit laat wegraak. 'n Naald is 'n ding wat maklik kan 10 verloor. As dit nou gebeur, waarmee sal ek my werk doen?" vra hy. ''Kêkêkêkêkê,'' lag die hen. 2.11 Waarom wou Hen 'n naald by Válk leen om haar karos te maak? (1) 2.12 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die vraagnommer (2.12) en die antwoord neer. 'n metafoor; klanknabootsing; personifikasie " 'Maat van my,' sê Valk." (Reël 5) Dit is 'n voorbeeld van ... (1) 2.13 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.13) en die letter (A–D) neer. "Valk was baie jammer vir sy naald, ..." (Reël 2) Dit beteken dat Valk ... A se naald stukkend was. B sy naald baie mooi opgepas het. C jammer was dat niemand anders vir Hen kon help nie. D jammer was dat Hen nie haar eie naald gehad het nie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2024 NSS (Mpumalanga) Vertroulik 2.14 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.14.1 tot 2.14.4) en die antwoord neer. 2.14.1 Toe Hen haar karos aangetrek het, het sy soos die vrou van 'n ... gevoel. (1) 2.14.2 Hen se kinders het gesê sy is ... as al die ander vrouens. (1) 2.14.3 Hen het by die ... en by die lande met haar karos gaan spog. (1) 2.14.4 Hen het vergeet dat sy een van haar ... belowe het as sy Valk se naald sou verloor. (1) 2.15 Noem TWEE dinge waarmee Hen se kinders haar moes help. (2) 2.16 Hen en Valk was goeie vriende totdat Hen Valk se naald verloor het. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (2.16.1 tot 2.16.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 2.16.1 Hen het vir 'n lang tyd A Valk wou iets terughê in die plek velletjies bymekaar van sy naald. gemaak. B Valk het elke dag afgekom grond 2.16.2 Hen het oral met haar toe. karos loop en spog. C Hen het vergeet dat sy belowe 2.16.3 Niemand kon die naald het om die naald dadelik terug te tussen al die vuilgoed kry gee. nie. D Die ander henne het Hen help 2.16.4 Hen was hartseer omdat soek. haar kinders nou altyd in gevaar sou wees. E Hen kon vir haar 'n mooi karos maak. (4 x 1) (4) 2.17 Valk het graag saam met Hen gekuier omdat Hen baie mooi was. Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1) 2.18 Waarom kan 'n mens verstaan dat Hen dadelik met haar karos wou gaan spog? (1) 2.19 Waarom was die fout wat Hen gemaak het ook 'n slegte ding vir al die ander henne? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 12 DBE/November 2024 NSS (Mpumalanga) Vertroulik 2.20 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (2.20.1 en 2.20.2) en die antwoord neer. Aan die einde van hierdie verhaal is die toon (2.20.1) (vrolik/hartseer), want Valk (2.20.2) (wou vrede maak/was nie meer Hen se vriend nie). (2) 2.21 Waarom kan jy respek vir Hen hê nadat sy met die ander henne gepraat het? (1) 2.22 Hoe help die skrywer jou om die tema van vriendskap te verstaan? (1) TOTAAL AFDELING B: 40 GROOTTOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans SAL

View all