NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V3
NOVEMBER 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 3 November 2024 NSC Memo
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 3 memorandum from the November 2024 NSC, 20 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Sal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 455.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke in die assesseringsriglyne.
AFDELING A VRAAG 1.1–1.8 OPSTEL
AFDELING B VRAAG 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
VRAAG 2.2 FORMELE BRIEF
VRAAG 2.3 DIALOOG
VRAAG 2.4 VERSLAG
AFDELING C VRAAG 3.1 UITNODIGINGSKAARTJIE
VRAAG 3.2 WHATSAPP-BOODSKAP
VRAAG 3.3 INSTRUKSIES
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, redigering en formaat by die rubrieke ingesluit is.
3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordeboek na die
senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op
inhoud aangeslaan word.
4. Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.
5. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel word net so oorgeskryf, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele
van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele
volgens die laagste omskrywing.
6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) by die nasien van 'n
skryfstuk gebruik.
7. 'n Kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of meer
as die maksimum getal woorde gebruik nie.
8. By VRAAG 1.5, 1.6, 1.7 en 1.8:
• Die onderwerpe kan verhalend of beskrywend wees.
• Die prente dien slegs as prikkels.
• Die titel moet by die prikkel pas.
• Indien die titel nie by die prikkel pas nie, maar die inhoud handel steeds oor
die kern van die prent, word die titel geïgnoreer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Taalfoute: _______ Enkelstreep onder die taalfout
• Tydfoute
• Woordkeuse
• Woorde uit ander tale/nie-
funksionele/vreemde woorde
• Punktuasie
Woordorde ( ) Hakies en pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Lang, lomp sinne [ Begin van 'n nuwe sin
Erkenning van taaljuweeltjies ✓ Regmerkie bo goeie taalgebruik,
(bo die woord) idees of uitdrukkings
Herhaling h h in die kantlyn
(in die kantlyn)
Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ Kronkelstreep
Saamgeflans uit die vraestel (in die kantlyn)
Woorde uit ander tale/*nie- X Trek 'n X oor die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde
• Standaardafrikaans bly die norm.
• Gebruiksafrikaans moet vermy word.
• Aanvaar terme waarvoor Afrikaans nog
nie ekwivalente het nie.
• Aanvaar ook gemotiveerde Afrikaanse
streekswoorde/-uitdrukkings.
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf
VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (24 punte), TAAL, STYL
en REDIGERING (12 punte) en STRUKTUUR (4 punte).
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (8 punte).
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
3. Evalueer hoe uitsonderlik, gemiddeld of onvoldoende die kandidaat binne
daardie vaardigheidsvlak tussen die gegewe punte is, bv. uit 'n gegewe punt van
12–14 uit 40, moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk verdien.
Indien die punt vir Inhoud & Beplanning (Afdeling A) in die UITSONDERLIK of
KNAP subkategorie val, moet die nasiener bepaal of die punt in die hoë of lae
subkategorie val. Skryf net EEN punt neer.
4. Skryf die punt soos volg neer:
AFDELING A Omskrywing Punt AFDELING B en C Omskrywing Punt
IB K- 17 IBF K 9
TSR E 4 TSR K 5
S K 3 TOTAAL: 14
TOTAAL: 24
LET WEL:
Indien die punt vir Inhoud & Beplanning (Afdeling A) in die UITSONDERLIK of KNAP
kategorie val, word die punt in die hoë subkategorie met 'n + aangedui en in die lae
subkategorie met 'n -.
AFDELING A: OPSTELTIPES
VERHALENDE OPSTEL (Generies)
Dis 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se), gewoonlik uit die verlede.
Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
• Die doel van hierdie opstel is om te vermaak.
• Hierdie opstel handel oor iets wat gebeur het en oorvertel word ('n storie of
gebeurtenis). Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of kan fiktief wees.
• Daar behoort 'n treffende inleiding te wees wat die leser dadelik boei en die
karakters en agtergrond bekendstel.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• Die vertel-/storielyn ontwikkel logies en die gebeure skep 'n spanningslyn.
• Die inhoud is boeiend, interessant, samehangend en oortuigend.
• Die slot vorm die afloop/oplossing/samevatting. 'n Verrassende slot sal die waarde
van die skryfstuk verhoog.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde behoort sinvol gebruik te word.
• Skryf in die eerste of derde persoon.
• Gebruik meestal verlede tyd.
• Beskryf opeenvolgende gebeure.
• Gebruik woorde wat gebeure in tyd aandui, bv. vroeg in die môre, later, ens.
• Dialoog kan gebruik word.
• Gebruik bywoorde, byvoeglike naamwoorde, beelde, ens. wat die leser boei.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
BESKRYWENDE OPSTEL (Generies)
Die kandidaat beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp/persoon
wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
• Die doel van hierdie opstel is om plekke, gebeure en karakters presies en akkuraat
(lewendig) te beskryf.
• Daar behoort 'n treffende inleiding te wees wat die leser dadelik boei.
• Paragrawe moet logies volg.
• 'n Verrassende slot sal die waarde van die skryfstuk verhoog.
• Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat is nodig vir 'n goeie
beskrywende opstel.
• Insig, begrip, eie belewing en sinvolheid geniet aandag. (Dit is meer as net die
opnoem van waarnemings.)
• Tekste kan varieer van realisties na 'n verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor die beskrywing kan gegee word.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Beeldspraak, bv. vergelykings, metafore, personifikasie en stylmiddele soos
herhaling, kontras en klanknabootsing kan gebruik word.
• Idiome en spreekwoorde behoort sinvol gebruik te word.
• Gebruik teenwoordige of verlede tyd.
• Skep 'n prent in woorde.
• Gebruik bywoorde, byvoeglike naamwoorde, beelde, ens. wat die leser boei.
Die formaat van die opstel
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
word. Hierdie paragraaf behoort treffend, relevant, kort en saaklik te
wees. Die eerste sin moet dadelik die aandag boei.
Liggaam: Dit het verskeie paragrawe waarvan een sin per paragraaf gewoonlik
die hoofgedagte bevat.
Die ander sinne in die paragraaf is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en/of mening van die kandidaat.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die gebeure in die opstel saamvat. Die
slotsin moet die leser lank bybly.
WENKE AAN NASIENERS:
Die riglyne wat by die vrae gegee is, hoef nie gevolg te word nie.
Die vraag is of die kandidaat wel oor die onderwerp geskryf het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
1.1 DIT WAS 'N GOEIE WEDSTRYD!
• Die kandidaat moet 'n opstel van 200–250 woorde skryf waarin hy/sy
vertel van die goeie wedstryd wat hy/sy gekyk het (selfs ook op televisie).
• Die opstel word in die verlede tyd geskryf.
• Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
o Watter wedstryd dit was;
o Waar en wanneer hierdie wedstryd was;
o Wat by hierdie wedstryd gebeur het; en
o Waarom dit 'n goeie wedstryd vir die kandidaat was. [40]
1.2 EK SAL HIERDIE KLASMAATS ALTYD ONTHOU
• Die kandidaat moet 'n opstel van 200–250 woorde skryf waarin hy/sy van
klasmaats vertel wat hy/sy altyd sal onthou.
• Die opstel kan in die teenwoordige tyd of verlede tyd geskryf word.
• Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
o Wie die kandidaat se klasmaats is;
o Watter tipe mense die kandidaat se klasmaats is;
o Wat hierdie klasmaats alles gedoen het; en
o Waarom die kandidaat hierdie klasmaats altyd sal onthou. [40]
1.3 TIKTOK IS MY LEWE!
• Die kandidaat moet 'n opstel van 200–250 woorde skryf waarin hy/sy
vertel dat TikTok sy/haar lewe is.
• Die opstel kan in die teenwoordige tyd of verlede tyd geskryf word.
• Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
o Hoe lank die kandidaat al TikTok gebruik;
o Wat die kandidaat alles op TikTok doen;
o Waarom die kandidaat voel dat TikTok sy/haar lewe is; en
o Of TikTok die kandidaat se lewe beter maak, of nie. [40]
1.4 GOEIE MANIERE
• Die kandidaat moet 'n opstel van 200–250 woorde skryf waarin hy/sy
vertel dat dit belangrik is om goeie maniere te hê.
• Die opstel behoort in die teenwoordige tyd geskryf te word, maar kan ook
in die verlede tyd geskryf word indien die kandidaat 'n storie oor goeie
maniere vertel.
• Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
o Wie goeie maniere moet hê
o Wat goeie maniere is (voorbeelde);
o Waarom goeie maniere belangrik is; en
o Wat gebeur as jy nié goeie maniere het nie. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
1.5–1.8 PRENTE
• Die kandidaat moet 'n opstel van 200–250 woorde skryf.
• Die opstel kan verhalend of beskrywend wees.
• Kandidate se eie gepaste interpretasie van prente word aanvaar.
• Die kandidaat moet die opstel 'n titel gee.
• Die kandidaat se opstel moet direk by die prent aansluit.
• Die prent kan beskryf word of iets uit die kern van die prent, kan 'n storie
begin.
• Let daarop dat 'n prent ook figuurlik geïnterpreteer kan word. [40]
MOONTLIKE INTERPRETASIES
1.5 VYF KINDERS/JONGMENSE IN DEFTIGE KLERE/AANDDRAG
• Letterlik, bv.: Matriekafskeid; hoogtepunt in leerders se skoolloopbaan;
enige bal/dansparty
• Figuurlik, bv.: Vriendskap; einde van skool [40]
1.6 MENSE WAT BOME PLANT
• Letterlik, bv.: Plant bome; help die natuur; Boomplantdag; goeie daad
• Figuurlik, bv.: Samewerking; die natuur is almal se verantwoordelikheid;
moenie net uitroei nie, vestig ook iets nuuts [40]
1.7 GESIN IN MOTOR WAT MET VAKANSIE GAAN
• Letterlik, bv.: Gesin gaan vakansie hou
• Figuurlik, bv.: Gesinsverhoudinge/bande; samesyn; voorreg om dit te
kan doen [40]
1.8 EEN KERS
• Letterlik, bv.: Mense wat dit gebruik om lig te kan hê; beurtkrag; gevare
daaraan verbonde (veroorsaak brande)
• Figuurlik, bv.: Lig op jou pad; lig aan die einde van die tonnel; skyn daar
waar jy is (inspirasie vir ander) [40]
ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG
• Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat 'n persoonlike
inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag
word. Waar VRAAG 1.5–1.8 beantwoord word, moet die opstel met die
prent verband hou.
• Die opstel wat geskryf word, kan dus enige een van die twee tipes
opstelle wees soos hierbo uiteengesit.
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n vriendskaplike brief aan sy/haar suster skryf om vir
haar te vertel van die verrassingspartytjie wat die kandidaat se maat vir
hom/haar gereël het.
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
• Getal woorde: 80–100 woorde.
• Die skryfstuk moet duidelik as 'n vriendskaplike brief herkenbaar wees.
• Die doel van hierdie vriendskaplike brief is om te vertel/in te lig.
• Hierdie vriendskaplike brief is persoonlik en informatief; die kandidaat
vertel.
• Die vriendskaplike brief spreek die ontvanger direk aan.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
• In die brief behoort die kandidaat te sê/vertel ...
o waar en wanneer die partytjie gehou is;
o waarom dit vir die kandidaat 'n verrassing was; en
o wat hulle alles op die partytjie gedoen het.
• Elke idee moet genoegsaam met gepaste detail uitgebrei word.
FORMAAT
• Die kort inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, nl. om vir die
suster van die verrassingspartytjie te vertel.
• Die liggaam van die brief brei uit oor die rede vir die brief, nl. om meer
detail oor die partytjie te gee.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat.
• Die formaat van die brief moet korrek wees: adres, datum, aanhef,
paragrawe en afsluiting.
• Geen leestekens word in die adres gebruik nie.
• Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
• Die datum word voluit geskryf, bv. 12 November 2024.
• Adres:
Posbus 88 Huis 342 Kerkstraat 1 Sesde Laan/laan 10
Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Kode Kode Kode Kode
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
• Aanhef: ''Beste'' of ''Liewe'' of enige aanvaarbare aanspreekvorm word
gebruik en dit word teen die linkerkantlyn geskryf.
• 'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
• Groete/Liefdegroete/Mooi wense, ens. is die laaste paragraaf van die brief
en daarom is daar 'n punt aan die einde.
• Daar word nie 'n reël in die afsluiting van die brief oopgelaat nie.
• Die omskrywing ''Jou suster/sussie" is opsioneel.
STYL, TOON EN REGISTER
• Dit word in 'n informele styl geskryf.
• Die styl moet by die opdrag pas: die briefskrywer vertel van 'n
verrassingspartytjie.
• Die toon en register moet pas by die vriendskaplike verhouding tussen die
kandidaat en die suster.
TAAL
• Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe …
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is;
o goed die kandidaat spel; en
o hoe funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en emosie
te beskryf.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
2.2 FORMELE BRIEF
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n formele brief aan 'n besigheidsman (business man) op
die dorp skryf om hom te bedank vir geld wat hy vir die kandidaat se skool
gegee het en sê wat die skool met die geld gaan doen.
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
• Getal woorde: 80–100 woorde.
• Die skryfstuk moet duidelik as 'n formele brief herkenbaar wees.
• Die doel van hierdie formele brief is om die besigheidsman te bedank en
vir hom te vertel wat die skool met die geld gaan doen.
• Die formele brief se taalgebruik en styl moet formeel en saaklik wees.
• Die brief spreek die teikenpersoon formeel aan, nl. Meneer/Geagte Heer.
• Die toon en register moet pas by die formele verhouding tussen die
kandidaat en die besigheidsman (ontvanger van die brief).
• Die bedanking en inligting moet duidelik wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
INHOUD, IDEES EN DETAIL
• In die brief behoort die kandidaat te skryf ...
o wat die doel van die brief is;
o hoekom die skool so bly is oor die geld; en
o wat die skool met die geld gaan doen.
• Elke idee moet genoegsaam met gepaste detail uitgebrei word.
FORMAAT
• Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van afsender, datum,
adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe en afsluiting.
• Die adres van die afsender kom regs boaan in blokvorm.
• Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
• Die datum word voluit geskryf, bv. 12 November 2024.
• Die adres van die ontvanger van die brief word links in blokvorm geskryf.
• Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
• Laat 'n reël oop tussen die twee adresse.
• Laat 'n reël oop tussen die adres van die ontvanger en die aanhef.
• Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters
geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief
saamvat.
• Geen leestekens word na ''Die uwe'' gebruik nie.
• Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken.
Korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee.
• Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening
uitgeskryf word.
STYL, TOON EN REGISTER
• Die brief moet kort en bondig wees.
• Die styl is formeel, maar hoflik.
• Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie.
• Die kandidaat word nie gepenaliseer indien ''jy/jou'' in plaas van ''u''
gebruik word nie.
TAAL
• Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe ...
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is; en
o hoe goed die kandidaat spel.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 11 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
2.3 DIALOOG
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n dialoog tussen hom/haar en sy/haar ma skryf oor die
kandidaat se besluit om na matriek te gaan werk en nie verder te gaan
studeer nie.
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
• Getal woorde: 80–100 woorde.
• Die skryfstuk moet duidelik as 'n dialoog herkenbaar wees.
• Die aanspreekvorm moet informeel, dog hoflik wees; dus geskik vir 'n
dialoog tussen die kandidaat en sy/haar ma. Die kandidaat se respek vir
die ma moet duidelik wees.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
• Die kandidaat moet ...
o die gesprek tussen hom/haar en sy/haar ma neerskryf;
o vir die ma verduidelik waarom hy/sy na matriek wil gaan werk en nie
wil gaan studeer nie; en
o ruimte laat vir die ma se standpunt en redes.
• Elke idee moet genoegsaam met gepaste detail uitgebrei word.
FORMAAT
• Die sprekers se name staan teen die linkerkantste kantlyn.
• Daar is 'n dubbelpunt na die naam.
• Daar word geen aanhalingstekens gebruik nie.
• 'n Reël word na elke spreker (spreekbeurt) oopgelaat.
• Ekstra inligting word tussen hakies geskryf.
• Geen punte word na die hakies gebruik nie.
STYL, TOON EN REGISTER
• Die toon en register moet pas by die situasie waar ma en kind met mekaar
praat, nl. informeel, dog hoflik.
• Die kandidaat se styl is verduidelikend.
• Hanteer hier tipiese "praattaal", bv. onvolledige sinne.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 12 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
TAAL
• Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe ...
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is;
o goed die kandidaat spel; en
o hoe funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en
emosie aan te dui.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
2.4 VERSLAG
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet vir die polisie 'n verslag skryf oor wat die kandidaat
gesien het toe ʼn skelm by die kandidaat se bure ingebreek het.
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
• Getal woorde: 80–100 woorde.
• Die skryfstuk moet duidelik as 'n ooggetuie-verslag herkenbaar wees.
• Die inligting moet korrek wees.
• Die inligting moet logies georden wees.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
• Die kandidaat se verslag moet die volgende insluit:
o Wat gebeur het;
o Waar en wanneer dit gebeur het; en
o Wat die kandidaat gedoen het toe hy/sy dit gesien het.
• Elke idee moet genoegsaam met gepaste detail uitgebrei word.
FORMAAT
• Daar behoort 'n opskrif te wees.
• Die verslag moet onderteken word met die datum by.
• Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees.
• Verskaf 'n kort inleiding wat die doel van die verslag weergee.
• Verskaf kortliks inligting oor die vrae: Wie?, Wat?, Waar? en Wanneer?
Hierdie vrae kan subopskrifte wees.
• Brei dan uit op die vrae.
• Skryf 'n treffende slot wat alles saamvat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 13 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
STYL, TOON EN REGISTER
• Die verslag moet kort en bondig wees.
• Die styl moet pas by die konteks van die verslag, nl. 'n objektiewe
weergawe van wat die betrokke dag gebeur het.
TAAL
• Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe ...
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is; en
o hoe goed die kandidaat spel.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 14 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
3.1 UITNODIGINGSKAARTJIE (UITNODIGING EN ANTWOORD)
FOKUS (OPDRAG)
3.1.1 • Kaartjie: Die kandidaat moet 'n uitnodiging aan die graad 12-
onderwysers rig.
3.1.2 • Antwoord: Die kandidaat moet een van die uitgenooides se
antwoord op die uitnodiging in 'n kort nota skryf.
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
Kaartjie en uitnodiging: Die kandidaat moet 60–80 woorde skryf.
3.1.1 Kaartjie: Die kandidaat moet …
• ongeveer 60 woorde skryf;
• die graad 12-onderwysers uitnooi om die partytjie by te woon;
• belangrike inligting gee; en
• die inligting in kaartjieformaat aanbied.
3.1.2 Antwoord: Die kandidaat moet …
• ongeveer 20 woorde skryf;
• kort en saaklik wees; en
• duidelik aandui of die uitnodiging aanvaar word of nie.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
3.1.1 Kaartjie: Die kandidaat behoort die volgende inligting te verskaf:
• Wat die geleentheid is en wie genooi word.
• Waar, wanneer en hoe laat die partytjie vir die onderwysers
plaasvind.
• Watter klere die graad 12-onderwysers moet aantrek.
• Wie die kontakpersoon is en hoe hierdie persoon gekontak kan
word.
3.1.2 Antwoord: Die kandidaat moet …
• een van die graad 12-onderwysers se antwoord op die
uitnodiging as 'n kort nota aanbied;
• in die antwoord aandui of hy/sy die uitnodiging aanvaar/die
partytjie gaan bywoon of nie;
• die rede aandui/om verskoning vra indien hy/sy nie die partytjie
kan bywoon nie; en
• aandui wie saamkom, indien die uitnodiging aanvaar word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 15 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
FORMAAT
• Uitleg vir die uitnodiging en antwoord is belangrik.
• Die uitnodiging moet soos 'n kaartjie lyk terwyl die antwoord bloot 'n nota
is.
• Die inligting op die kaartjie moet duidelik uitstaan, bv. deur dit puntsgewys
neer te skryf.
STYL, TOON EN REGISTER
3.1.1 Kaartjie: Die kandidaat kan 'n formele/informele styl hê.
3.1.2 Antwoord: Die kandidaat behoort 'n hoflike, waarderende styl te
gebruik.
TAAL
• Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe ...
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is;
o goed die kandidaat spel; en
o hoe funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en emosie
aan te dui.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
3.2 KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp)
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n kort teksboodskap aan sy/haar broer skryf. In die
boodskap moet die kandidaat sê dat hy/sy jammer is dat die broer in die
hospitaal is, vra hoe dit gaan en die broer sterkte toewens.
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
• Getal woorde: 60–80 woorde.
• Die skryfstuk moet duidelik as 'n kort teksboodskap herkenbaar wees.
• Die boodskap spreek die broer aan.
• Daar behoort 'n beleefde groet te wees. Die kandidaat behoort te vra hoe
dit met die broer gaan.
• Die inhoud (inligting) moet kort en kragtig, maar duidelik wees.
• Toon en register pas by die informele en persoonlike verhouding tussen
die kandidaat en sy/haar broer (ontvanger van die boodskap).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 16 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
INHOUD, IDEES EN DETAIL
• Die boodskap kan oor die volgende handel:
o Simpatie uitspreek dat die broer in die hospitaal is;
o Navraag oor hoe dit met die siek broer gaan; en
o Hoop uitspreek dat die broer spoedig sal herstel.
• Hierdie tipe teks laat nie ruimte vir te veel detail nie.
FORMAAT
• Geen adres of datum is nodig nie.
• Daar kan 'n aanhef wees, bv. Liewe broer of sy naam.
• Die inhoud hoef nie in paragrawe te wees nie.
• Reëls hoef nie tussen paragrawe oopgelaat te word nie.
• Die afsender hoef nie sy/haar naam onderaan die boodskap te skryf nie.
• Die tyd van die boodskap behoort onderaan te verskyn.
STYL, TOON EN REGISTER
• Die taal en styl is gemaklik, dog simpatiek en in 'n informele geselstrant.
• Omdat daar min plek is, moet die kandidaat kort sinne gebruik.
TAAL
• Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe ...
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is;
o goed die kandidaat spel; en
o hoe funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en emosie
aan te dui.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy.
• Emoji's mag matig gebruik word om emosie aan te dui. Dit moet egter nie
die teks oorheers nie. [20]
3.3 INSTRUKSIES
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet sy/haar pa se instruksies neerskryf van alles wat die
kandidaat moet doen om die huis op te pas en skoon te hou terwyl die ouers
weg is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 17 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
• Getal woorde: 60-80 woorde.
• Die skryfstuk moet duidelik as instruksies herkenbaar wees.
• Nie alle instruksies hoef met 'n werkwoord te begin nie.
• Verwys na spesifieke dinge wat gedoen moet word.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die instruksies moet die fokus ondersteun.
• 'n Reeks verskillende idees (instruksies) word gegee.
• Hierdie teks leen hom nie tot uitbreiding van idees met onnodige detail nie.
FORMAAT
Die instruksies moet puntsgewys neergeskryf word.
STYL, TOON EN REGISTER
• Die styl moet kort en bondig wees om by die instruksies te pas.
• Die toon moet soos instruksies klink.
TAAL
• Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe ...
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen, gegewe sy/haar
woordeskat;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is; en
o hoe goed die kandidaat spel.
• Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 18 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
LET WEL
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3; Afdeling A).
• Die punte (0–40) vir die nasien van die opstel is in vyf vaardigheidsvlakke verdeel.
• Die kriteria vir INHOUD is verder by Uitsonderlik en Knap in 'n hoë en lae subkategorie verdeel. In elke sub-kategorie word die verspreiding van punte aangedui.
• Die verdeling van punte in 'n hoë en lae subkategorie beïnvloed nie die punt wat vir TAAL & STYL en STRUKTUUR toegeken word nie.
TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) [40 PUNTE]
KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O)
INHOUD & BEPLANNING 22–24 18 12–16 7–11 0–6
- Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed; - Respons is - Samehang in respons is - Respons is nie meer
Hoë subkategorie
Respons op opdrag treffend en bo verwagting. getuig van vaardigheid. bevredigend. wisselvallig. relevant nie.
Idees in teks - Idees is intelligent, volwasse - Idees heeltemal relevant, - Idees is redelik same- - Idees is onsamehangend - Idees is deurmekaar en
Organisering van idees en stem leser tot nadenke. interessant en gee hangend en oortuigend. en onduidelik; nie meer nie op onderwerp gefokus
Bewus van: - Uitsonderlike organisasie aanduiding van - Redelike organisasie oorspronklik nie. nie. Dis vaag en
• doel (inleiding, liggaam en volwassenheid. (inleiding, liggaam en - Min bewys van herhalend.
• gehoor samevatting/slot) en - Organisasie (inleiding, samevatting/slot) en organisasie (inleiding, - Geen organisasie nie;
• konteks van opdrag samehang. liggaam en samehang. liggaam en skryfstuk is
samevatting/slot) is baie samevatting/slot) en onsamehangend.
24 PUNTE goed en samehangend. samehang.
19–21 17
- Respons is uitmuntend, - Respons is goed; getuig
Lae subkategorie
maar uitsonderlik treffende van vaardigheid.
eienskappe ontbreek. - Idees is relevant en
- Idees is intelligent en interessant.
volwasse. - Organisasie (inleiding,
- Baie knap organisasie liggaam en
(inleiding, liggaam en samevatting/slot) is goed
samevatting/slot) en en samehangend.
samehang.
TAAL, STYL & REDIGERING 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
- Taalgebruik is uitmuntend. - Taalgebruik is baie gepas - Taalgebruik is - Taalgebruik is basies. - Taalgebruik is
Toon, register, styl en woordeskat is - Toon, styl en register is en doeltreffend. voldoende; hier en daar - Toon, styl en register is onverstaanbaar.
geskik vir doel en konteks retories effektief. - Toon, styl en register is wisselvallig. elementêr. - Toon, styl en register is
Woordkeuse - Woordeskat is uitsonderlik. gepas en effektief. - Toon, styl en register - Woordeskat is baie onvoldoende.
Taalgebruik en konvensies - Grammatika, spelling en - Woordeskat is knap. is oor die algemeen basies. - Woordeskat uiters
Punktuasie punktuasie is feitlik foutvry. - Min grammatika-, spel- gepas. - Heelwat grammatika-, beperk; maak selfs begrip
Grammatika - Uitsonderlik gedoen. en punktuasiefoute. - Woordeskat is spel- en punktuasiefoute. onmoontlik.
Spelling - Knap gedaan. gemiddeld. - Min of geen - Grammatika-, spel- en
- Grammatika, spelling sinsverskeidenheid nie. punktuasiefoute
12 PUNTE en punktuasie is belemmer betekenis.
gemiddeld.
- Beperkte gebruik van
retoriese middele.
STRUKTUUR 4 3 2 1 0
- Uitsonderlike ontwikkeling - Logiese, samehangende - Gemiddelde - Basiese ontwikkeling van - Onvoldoende ontwikkeling
Kenmerke van teks van onderwerp. ontwikkeling van ontwikkeling van onderwerp. van onderwerp.
Paragraafontwikkeling en - Uitsonderlike detail. onderwerp. onderwerp. - Sommige relevante detail. - Nodige detail ontbreek.
sinskonstruksie - Uitsonderlike vaardigheid in - Genoegsame detail. - Relevante detail. - Sins- en paragraafbou is - Sins- en paragraafbou is
sins- en paragraafbou. - Sins- en paragraafbou is - Gemiddelde sins- en foutief. foutief.
4 PUNTE logies en getuig van paragraafbou. - Opstel maak tog sin t.s.v. - Opstel maak nie sin nie.
variasie. baie foute.
Kopiereg voorbehou
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 19 DBE/November 2017
NSS – Memorandum
TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKS (AFDELING B) [20 PUNTE]
KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O)
INHOUD, 10-12 8-9 6-7 4-5 0-3
BEPLANNING & - Grondige kennis van - Goeie kennis van - Toon voldoende - Toon elementêre - Toon weinig, indien
FORMAAT kenmerke van teks. kenmerke van teks. kennis van kenmerke kennis van enige kennis van
- Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed. van teks. kenmerke van teks. kenmerke van teks.
Kenmerke van teks treffend en bo verwagting. - Inhoud en idees - Respons is - Respons is basies. - Respons toon weinig,
Respons op opdrag - Idees is intelligent en samehangend. voldoende. - Inhoud en idees nie indien enige verband
Idees in teks volwasse. - Behou fokus. - Inhoud en idees meer altyd met opdrag.
Organisering van idees - Inhoud en idees is - Idees is baie goed redelik samehangend nie. - Geen samehang in
Konvensies en konteks samehangend. uitgebrei met detail samehangend. - Aanduiding van idees en inhoud nie.
- Behou fokus. wat die onderwerp - Nie meer heeltemal fokus; met - Fokus onvoldoende
12 PUNTE - Idees is behoorlik ondersteun. gefokus nie; enkele afwykings. en onvanpas.
uitgebrei met detail wat - Gepaste formaat; afwykings. - Min detail - Baie min indien enige
die onderwerp onbeduidende foute. - Sommige detail ondersteun die detail ondersteun die
ondersteun. ondersteun die onderwerp. onderwerp.
- Gepaste en akkurate onderwerp. - Noodsaaklike reëls - Noodsaaklike reëls
formaat. - Formaat oorwegend van die formaat is van die formaat is nie
gepas, maar met vaagweg toegepas. toegepas nie.
foute. Kritiese foute is egter
begaan.
7-8 5-6 4 3 0-2
TAAL, STYL & - Toon, styl, register en - Toon, styl, register - Toon, styl, register en - Toon, styl, register - Toon, styl, register
REDIGERING woordeskat is hoogs en woordeskat is baie woordeskat is geskik en woordeskat is en woordeskat is nie
geskik vir doel, gehoor en geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en minder geskik vir meer geskik vir doel,
Toon, styl, register en konteks. en konteks. konteks. doel, gehoor en gehoor en konteks nie.
woordeskat is geskik - Baie goeie woordeskat. - Knap woordeskat. - Woordeskat is konteks. - Woordeskat is
vir doel/effek en konteks - Toon goeie - Toon oor die voldoende. - Basiese onvoldoende.
Woordkeuse taalkonstruksie. algemeen goeie - Toon gemiddelde woordeskat. - Toon feitlik geen
Taalgebruik en - Grammatika is akkuraat. taalkonstruksie. taalkonstruksie. - Toon basiese taalkonstruksie nie.
konvensies - Baie min spel- en - Grammatika is oor die - Enkele taalkonstruksie. - Grammatikafoute
Punktuasie punktuasiefoute. algemeen korrek. grammatikafoute. - Grammatika is nie belemmer betekenis.
Grammatika - Min spel- en - Spel- en meer akkuraat nie. - Besaai met spel- en
Spelling punktuasiefoute. punktuasiefoute - Etlike spel- en punktuasiefoute;
belemmer nie punktuasiefoute wat belemmer betekenis.
8 PUNTE betekenis nie. betekenis belemmer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 20 DBE/November 2017
NSS – Memorandum
TWEEDE ADDISIONELE TAAL: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKS (AFDELING C) [20 PUNTE]
KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O)
INHOUD, 10-12 8-9 6-7 4-5 0-3
BEPLANNING & - Grondige kennis van - Goeie kennis van - Toon voldoende - Toon elementêre - Toon weinig, indien
FORMAAT kenmerke van teks. kenmerke van teks. kennis van kenmerke kennis van enige kennis van
- Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed. van teks. kenmerke van teks. kenmerke van teks.
Kenmerke van teks treffend en bo verwagting. - Inhoud en idees - Respons is - Respons is basies. - Respons toon weinig,
Respons op opdrag - Idees is intelligent en samehangend. voldoende. - Inhoud en idees nie indien enige verband
Idees in teks volwasse. - Behou fokus. - Inhoud en idees meer altyd met opdrag.
Organisering van idees - Inhoud en idees is - Idees is baie goed redelik samehangend nie. - Geen samehang in
Konvensies en konteks samehangend. uitgebrei met detail samehangend. - Aanduiding van idees en inhoud nie.
- Behou fokus. wat die onderwerp - Nie meer heeltemal fokus; met - Fokus onvoldoende
12 PUNTE - Idees is behoorlik ondersteun. gefokus nie; enkele afwykings. en onvanpas.
uitgebrei met detail wat - Gepaste formaat; afwykings. - Min detail - Baie min indien enige
die onderwerp onbeduidende foute. - Sommige detail ondersteun die detail ondersteun die
ondersteun. ondersteun die onderwerp. onderwerp.
- Gepaste en akkurate onderwerp. - Noodsaaklike reëls - Noodsaaklike reëls
formaat. - Formaat oorwegend van die formaat is van die formaat is nie
gepas, maar met vaagweg toegepas. toegepas nie.
foute. Kritiese foute is egter
begaan.
7-8 5-6 4 3 0-2
TAAL, STYL & - Toon, styl, register en - Toon, styl, register - Toon, styl, register en - Toon, styl, register - Toon, styl, register
REDIGERING woordeskat is hoogs en woordeskat is baie woordeskat is geskik en woordeskat is en woordeskat is nie
geskik vir doel, gehoor en geskik vir doel, gehoor vir doel, gehoor en minder geskik vir meer geskik vir doel,
Toon, styl, register en konteks. en konteks. konteks. doel, gehoor en gehoor en konteks nie.
woordeskat is geskik - Baie goeie woordeskat. - Knap woordeskat. - Woordeskat is konteks. - Woordeskat is
vir doel/effek en konteks - Toon goeie - Toon oor die voldoende. - Basiese onvoldoende.
Woordkeuse taalkonstruksie. algemeen goeie - Toon gemiddelde woordeskat. - Toon feitlik geen
Taalgebruik en - Grammatika is akkuraat. taalkonstruksie. taalkonstruksie. - Toon basiese taalkonstruksie nie.
konvensies - Baie min spel- en - Grammatika is oor die - Enkele taalkonstruksie. - Grammatikafoute
Punktuasie punktuasiefoute. algemeen korrek. grammatikafoute. - Grammatika is nie belemmer betekenis.
Grammatika - Min spel- en - Spel- en meer akkuraat nie. - Besaai met spel- en
Spelling punktuasiefoute. punktuasiefoute - Etlike spel- en punktuasiefoute;
belemmer nie punktuasiefoute wat belemmer betekenis.
8 PUNTE betekenis nie. betekenis belemmer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper

