Skip to content

Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paperAfrikaans SALGrade 12202412 pages

Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the November 2024 NSC, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2024 KWAZULU-NATAL PUNTE: 40 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2024 NSS (KwaZulu-Natal) Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer oor die teks wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vraag aandagtig deur voor jy dit beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Drama (40) AFDELING A: Kortverhale (40) 3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings: AFDELING A: DRAMA Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het. OF AFDELING B: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 90 minute OF AFDELING B: 90 minute 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2024 NSS (KwaZulu-Natal) Vertroulik INHOUDSOPGAWE Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. Nov AFDELING A: DRAMA Beantwoord slegs die EEN vraag. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Perdekrag 40 4 OF AFDELING B: KORTVERHALE Beantwoord AL TWEE kortverhale. 2. "Die twee gesinne van Lizzie Mnqebisa" 20 8 EN "Lugspieëling" 20 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2024 NSS (KwaZulu-Natal) Vertroulik AFDELING A: DRAMA VRAAG 1: PERDEKRAG – Cecilia du Toit Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS A WILMA: En jy brom nie so nie, gehoor! Jy praat behoorlik dat ek en Binki jou kan verstaan. Maak of jy ordentlik is, magtag. Kom, hark hier skoon. (Wilma beduie na iets net binne Kaizer se stal. Lucky kom die stal skoorvoetend binne, maar sodra hy sy rug op Kaizer draai, lui sy selfoon skel. Kaizer deins terug. Lucky spring uit die stal en gryp sy selfoon uit sy agtersak om 5 te antwoord.) Ek het gesê jy moet dit wegsit. Jy beter nou luister of – LUCKY: (Uitdagend van die skrik.) Of wat? Ek sal praat as ek wil praat. Jy en wie nog gaan my keer? (Hy lig die foon na sy oor om te praat, maar Wilma stap dreigend nader.) 10 WILMA: Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie. Die magistraat doen jou prokureur 'n guns, en ek doen weer vir haar 'n guns. Ek hoef jou glad nie hier by my stalle te laat werk nie. 1.1 "Luister jy nou baie mooi vir my, Meneertjie." (Reël 11) 1.1.1 Wie is hierdie Meneertjie? (1) 1.1.2 By watter stalle is Meneertjie? (1) 1.1.3 Waarom is Meneertjie hier? (1) 1.1.4 Wat het Wilma gedoen nadat Meneertjie later weer op sy selfoon besig was? (1) 1.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.2) en die letter (A–D) neer. " ... Wilma stap dreigend nader." in reël 10 sê vir ons dat Wilma … was. A moeg B kwaad C haastig D opgewonde (1) 1.3 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Dit was Lucky se werk om die stalle uit te hark en vars water in te sit. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2024 NSS (KwaZulu-Natal) Vertroulik 1.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (1.4.1 en 1.4.2) en die antwoord neer. Wilma was eers geduldig (patient) met Lucky, want sy wou hom (1.4.1) (help/straf). Omdat Lucky so (1.4.2) (stout/fluks) was, het Wilma later ongeduldig (impatient) met hom geraak. (2) 1.5 Lucky sê sekere goed vir sekere redes. Kies die rede uit KOLOM B wat by Lucky se woorde in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 1.5.1 ''Beentjie. Soos armpie en A Lucky is negatief teenoor ryk voetjie en handjie.'' mense. 1.5.2 ''Take it easy, Miesies B Lucky hou daarvan om Binki te Cheesy.'' terg (tease). 1.5.3 ''Of mag net die ryk rotte C Lucky kan nie glo Binki se ma het die goed ry?'' so min tyd vir haar nie. 1.5.4 ''O ja. Jou ma is Busy D Lucky kan nie verstaan hoekom Lizzie.'' Binki nie met hom wou praat nie. E Lucky is moeilik met Wilma. (4 x 1) (4) 1.6 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE soos wat dit in die drama gebeur.  Binki het vir Lucky van Dukie vertel.  Lucky het Tinkerbelle laat weghardloop.  Lucky het sy nommer op Binki se foon gesit.  Wilma het dadelik vir Lucky verduidelik watter werkies hy moes doen. (4) 1.7 Waarom was dit reg van die magistraat om vir Lucky 'n tweede kans te gee? (1) 1.8 Waarom was dit verkeerd van Lucky om nie sy selfoon weg te sit toe Wilma gesê het hy moet dit doen nie? (1) 1.9 Waarom is dit goed dat Wilma so streng (strict) met Lucky is? (1) 1.10 Hoe help die skrywer jou om te verstaan dat Lucky nie op die perdeplaas wou wees nie? (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2024 NSS (KwaZulu-Natal) Vertroulik Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS B LUCKY: ... Ek en my simpel groot bek. Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box sodat almal kan hoor ek is net 'n perdedrol. (Binki wil hom simpatiek aanraak, maar hy deins weg van haar.) Stoppit! Ek word nie aan gevat nie. Nie deur jou soort nie. BINKI: Skies. Ek wou maar net – (Sy draai verleë weg en maak of sy iets in die 5 stoorkamer soek.) LUCKY: Skies, Binki. BINKI: Ek moes nie – ek weet nie wat nie. LUCKY: Ek laaik myself nie altyd nie. BINKI: (Paaiend.) Dis oukei. 10 LUCKY: Nee, dit is nie! Ek het die hele week aan jou gedink. Jy sal nie aan my vat as jy weet hoekom ek hier is nie. BINKI: Waarom sal ek nie? LUCKY: Want jy hardloop vlamme in om 'n bleddie brak te red. Ek en jy leef in verskillende wêrelde ... Jou huis het afgebrand, ... , maar my hele lewe 15 brand elke dag so bietjies-bietjies af. 1.11 Noem TWEE redes waarom Binki by Wilma op die plaas gebly het. (2) 1.12 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.12.1 tot 1.12.4) en die antwoord neer. 1.12.1 Wilma het vir Lucky vertel wat met haar perd, ... (die perd se naam), gebeur het. (1) 1.12.2 Wilma het die aand van die ongeluk baie gedrink. Lucky het haar daarom 'n ... genoem. (1) 1.12.3 Lucky het ... maande by Wilma gewerk. (1) 1.12.4 Binki het haar matriek deur ... gedoen. (1) 1.13 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die vraagnommer (1.13) en die antwoord neer. 'n vergelyking; personifikasie; 'n metafoor "Ek skree my stupidgeit uit met 'n boom box sodat almal kan hoor ek is net 'n perdedrol." (Reël 1 en 2) Dit is 'n voorbeeld van ... (1) 1.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.14) en die letter (A–D) neer. "... maar my hele lewe brand elke dag so bietjies-bietjies af.'' (Reël 15 en 16) Dit beteken dat ... A 'n deel van Lucky-hulle se huis ook afgebrand het. B Lucky en die mense in sy lewe baie probleme het. C die mense in Lucky se omgewing elke dag vuur maak. D daar elke dag huise in Lucky se omgewing afgebrand het. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2024 NSS (KwaZulu-Natal) Vertroulik 1.15 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (1.15.1 en 1.15.2) en die antwoord neer. In reël 1 tot 4 is Lucky se toon teenoor Binki (1.15.1) (onvriendelik/vriendelik). In reël 7 tot 11 verander sy toon, want hy het (1.15.2) (besef dit was onregverdig om so met Binki te praat/gedink dit was eintlik Wilma se skuld). (2) 1.16 Waarom het Binki bloese met lang moue gedra? (1) 1.17 Lucky het Binki se bloes opsetlik (on purpose) geskeur. Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1) 1.18 Die lewe op die plaas was teen die einde goed vir Binki en Lucky. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 1.18.1 Lucky het vir Kaizer gesê hy A Binki aanvaar (accept) die was jammer oor wat hy situasie met haar ma. gedoen het. B Binki is nie meer so bang vir 1.18.2 Binki het weer vir Lucky die die perde nie. foto's van Dukie op haar foon gewys. C Lady Jane en Kaizer doen wat Lucky vir hulle vra. 1.18.3 Binki het die langnaweek op die plaas gebly. D Kaizer aanvaar Lucky se verskoning. 1.18.4 Lucky het geleer om mooi met die perde te praat. E Lucky verander sy kontaknaam na ''Extra Lucky''. (4 x 1) (4) 1.19 Waarom was dit goed vir Lucky dat Binki haar storie vir hom vertel het? (1) 1.20 Waarom was dit goed vir Wilma dat sy vir Lucky die kans gegee het om op die plaas te werk? (1) 1.21 Waarom is dit vir jou lekker om te weet dat Binki se lewe aan die einde van die drama verander het? (1) 1.22 Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die drama pas? (1) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2024 NSS (KwaZulu-Natal) Vertroulik AFDELING B: KORTVERHALE VRAAG 2: LUGSPIEËLINGS – Myicelie Pienaar Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale. VERHAAL A: "DIE TWEE GESINNE VAN LIZZY MNQEBISA" – Myicelie Pienaar EN VERHAAL B: "LUGSPIEËLING" – Jackie Wolvaardt VERHAAL A: "DIE TWEE GESINNE VAN LIZZY MNQEBISA" – Myicelie Pienaar Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS C " ... Lizzie weet dis waar al ons gaste slaap. Is mos Lizzie, nè?" Lizzie knik. Vir wat moet ou Dâhl so orig wees om haar twee gesinne deurmekaar te roer. Sy hou daarvan so uitmekaar. Hoe gaan sy haar committee run met die twee kleintjies op haar nek? Dis die moeilikheid met mense soos Estrelita, hulle dink net aan hulleself. 5 Sy wil nog die kinders tuin toe stuur, maar Beate roep hulle om haar popgoed vir hulle te wys voor hulle gaan swem. Toe draai Lizzie maar om en gaan maak gelate die beddens in die gastekamer op met die nuwe blomlakens. As haar gesinne dan wil mix, wil hulle seker maar mix en sy sit met die wasgoed en ekstra skottelgoed. Lizzie kan nie help om met 'n glimlag te dink aan die stories wat die kinders op Molteno gaan 10 vertel nie … dit sal Boeta se bek 'n bietjie stilmaak!!! 2.1 "Lizzie weet dis waar al ons gaste slaap. Is mos Lizzie, nè?" (Reël 1) 2.1.1 Wie praat hier met Lizzie? (1) 2.1.2 Waar is die mense wat hier praat? (1) 2.1.3 Waarom het Estrelita gedink dis 'n goeie idee om Lizzie se twee kinders saam te bring? (1) 2.1.4 Wat het Lizzie met haar kinders gedoen nadat hulle uit die kombi geklim het? (1) 2.2 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (2.2.1 en 2.2.2) en die antwoord neer. Estrelita was (2.2.1) (opgewonde/ongeduldig) omdat sy gedink het Lizzie sou bly wees om haar kinders te sien. Lizzie het egter gevoel dat Estrelita (2.2.2) (selfsugtig/onselfsugtig) opgetree het. (2) 2.3 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Lizzie was vies, want sy wou haar kinders later oor Paasfees sepraais. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2024 NSS (KwaZulu-Natal) Vertroulik 2.4 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.4) en die letter (A–D) neer. "Hoe gaan sy haar committee run met die twee kleintjies op haar nek?" (Reël 3 en 4) Dit sê vir ons dat Lizzie … A se nek seer was. B skaam was vir haar kinders. C nie lus was vir ekstra werk nie. D gewonder het of haar kinders lekker sou kuier. (1) 2.5 Die karakters se woorde sê vir ons hoe die karakters voel. Kies die emosie uit KOLOM B wat by die karakter se woorde in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (2.5.1 tot 2.5.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 2.5.1 "Vrou, is dit nou nie bietjie, A Estrelita het nie Lizzie se reaksie e, jy weet, ongevraag nie?" verwag nie. 2.5.2 "Wat van klere? Ons sal B Lizzie het gevoel die ander eers moet was." mense verstaan nie haar lewe nie. 2.5.3 "Maar ek dog jy sou bly wees, ..." C Tanya was vies omdat sy die tasse moes indra. 2.5.4 "Beate, wat weet Beate? Ek huil oor ek min geld kry ..." D Pa was onseker of Estrelita se plan sou werk. E Soufie wou nie hê Lizzie moet skaam wees vir haar kinders nie. (4 x 1) (4) 2.6 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur.  Soufie het die kinders se klere ingepak.  Estrelita-hulle was op pad Queenstown toe.  Beate het haar eetgoed met Joseph en Princess gedeel.  Estrelita het Pa gevra om na Soufie se crèche in Molteno toe te ry. (4) 2.7 Waarom was dit reg dat Soufie vir Princess en Joseph saam met Estrelita- hulle gestuur het? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2024 NSS (KwaZulu-Natal) Vertroulik 2.8 Waarom was dit verkeerd van Boeta om lelike dinge van Estrelita-hulle te sê? (1) 2.9 Watter les oor verrassings het jy uit hierdie verhaal geleer? (1) 2.10 Waarom kan 'n mens sê dat die slot goed by die verhaal pas? (1) EN VERHAAL B: "LUGSPIEËLING" – Jackie Wolvaardt Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS D "Daaraan moes jy eerder gedink het," die speurder se stem is bruusk en hy wys na die deur. "Stap." Die dag ontaard in 'n nagmerrie en Rosina raak al meer deurmekaar met elke nuwe onthulling. "Minderjarige kinders word deur julle verlei," hoor sy die speurder se stem deur haar 5 kop eggo waar sy tussen die ander skamelgeklede meisies staan. Buster kyk nie eers na haar kant nie, al asof hy háár vir die hele gemors kwalik neem. Hulle vra haar adres, sy word van alle kante af gefotografeer en, sy sidder, selfs haar vingerafdrukke word geneem. Sy moet 'n verklaring aflê en haar stotterende stem is hees van ingehoue trane. 10 "Wat soek 'n ordentlike kind soos jy by hierdie skuim?" wil een van die speurders weet en sy herken die man wat haar die vorige aand gewaarsku het. Rosina voel allesbehalwe ordentlik in die gekreukelde mini en laat haar kop sak. 2.11 VOLTOOI die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.11.1 tot 2.11.4) en die antwoord neer. 2.11.1 Buster het vir Rosina 'n ... in die stad gereël. (1) 2.11.2 Buster het gesê dat hulle by sy ... gaan bly, maar hy het gejok. (1) 2.11.3 Na 'n nag van ... het Red vir Rosina ander klere laat aantrek en haar mooi gemaak. (1) 2.11.4 Red het Rosina se naam na ... verander. (1) 2.12 Waarom het Rosina nie vir haar ouers gesê waarheen sy gaan nie? (1) 2.13 Noem TWEE dinge wat Rosina goed kon doen wat van haar 'n ster sou maak. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2024 NSS (KwaZulu-Natal) Vertroulik 2.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.14) en die letter (A–D) neer. Die dag ontaard in 'n nagmerrie ..." (Reël 3) Dit beteken dat ... A Rosina 'n slegte droom gehad het. B Rosina se dag volgens plan verloop het. C dit 'n baie slegte dag vir Rosina geword het. D dit die dag was toe Rosina se drome waar geword het. (1) 2.15 Rosina het 'n groot fout gemaak toe sy saam met Buster gegaan het. Kies die inligting uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommers (2.15.1 tot 2.15.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 2.15.1 Joseph en Rosina het A Hy het Rosina se tas en 'n kar mekaar lank geken. gesteel. 2.15.2 Die speurder het geweet B Hy het Rosina weer huis toe gevat. die stad is vol gevare. C Hy het vir Rosina gesê om so gou 2.15.3 Die kameraman was as moontlik terug te gaan huis toe. deel van Buster se planne. D Hy het foto's van Rosina geneem om aan ander mans te wys. 2.15.4 Buster was 'n pimp en 'n skelm. E Hy het Rosina teen Buster gewaarsku. (4 x 1) (4) 2.16 VOLTOOI die volgende sin deur 'n woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf net die vraagnommer (2.16) en die antwoord neer. 'n metafoor; klanknabootsing; personifikasie "Wat soek 'n ordentlike kind soos jy by hierdie skuim?" in reël 11 is 'n voorbeeld van ... (1) 2.17 Buster en Rosina het mekaar baie lank geken. Gee 'n feit uit die verhaal om te motiveer waarom die stelling ONWAAR is. (1) 2.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommers (2.18.1 en 2.18.2) en die antwoord neer. Die toon aan die einde van die verhaal is (2.18.1) (positief/negatief), want Rosina het geleer (2.18.2) (om dit wat sy het, te waardeer/dat dit lekker is om te rave). (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 12 DBE/November 2024 NSS (KwaZulu-Natal) Vertroulik 2.19 Waarom was dit verkeerd van Rosina om weg te loop? (1) 2.20 Waarom kan 'n mens sê dat mnr. Du Patsi 'n goeie mens is? (1) 2.21 Waarom is jy bly dat die gebeure vir Rosina goed geëindig het? (1) 2.22 Hoe help die skrywer jou om die tema van verkeerde keuses te verstaan? (1) TOTAAL AFDELING B: 40 GROOTTOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans SAL

View all