Skip to content

Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paperAgricultural SciencesGrade 12202514 pages

Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2025 LANDBOUWETENSKAPPE V2 PUNT: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK 3. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Die proses waardeur rou produkte een of ander vorm van transformasie benodig voordat dit gebruik kan word. A Gradering B Verpakking C Verwerking D Vervoer 1.1.2 ... is NIE ʼn voorbeeld van ʼn landboukoöperatiewe bemarkingstelsel NIE. A Aankoopkoöperatief B Produksiekoöperatief C Plaashekkoöperatief D Voorsieningskoöperatief 1.1.3 Die doelwitte van die Wet op die Bemarking van Landbouprodukte 47 van 1996 is soos volg: (i) Optimalisering van doeltreffende bemarking van landbouprodukte. (ii) Verhoog maksimum bemarkingsintervensie en die heffing van hoë tariewe. (iii) Bevorder doeltreffende bemarking van landbouprodukte. (iv) Verhoog marktoegang vir alle deelnemers. Kies die KORREKTE kombinasie: A (i), (ii) en (iii) B (i), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iv) D (ii), (iii) en (iv) 1.1.4 EEN van die volgende is NIE ʼn entrepreneuriese suksesfaktor NIE. A Selfvertroue B Vasbeslote C Mededingend D Passief Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) 1.1.5 ʼn Primêre natuurlike hulpbron wat belangrik vir landbouproduksie is: A Kunsmis B Bestuur C Grond D Kapitaal 1.1.6 Die uitgawes van ʼn boerderyonderneming wat verander soos die produksievlak verander: A Vaste koste B Algemene koste C Veranderlike koste D Diverse koste 1.1.7 Die bestuursvaardigheid wat die bestuurder in staat stel om inligting te verwerk en te analiseer, soos globale marktendense: A Probleemoplossingsvaardighede B Konseptuele vaardighede C Beplanningsvaardighede D Analitiese vaardighede 1.1.8 ʼn Metode om arbeidsproduktiwiteit te verbeter: A Voorsiening van beter vergoeding en aansporings B Onvoldoende onderwys C Lang werksure D Vertraging in die oplossing van konflikte en griewe 1.1.9 Die volgende stellings beskryf poligeniese oorerwing. (i) Eienskappe word deur twee of meer gene beheer. (ii) Die dominante additiewe allele dra tot die fenotipe by. (iii) Poligene lei tot kwalitatiewe eienskappe. (iv) Poligeniese oorerwingseienskappe sluit melkopbrengs en groeitempo in. Kies die KORREKTE kombinasie: A (i), (ii) en (iii) B (ii), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iv) D (i), (iii) en (iv) 1.1.10 Selle wat vreemde gene bevat wat doelbewus na die gasheer oorgedra is, is ... A somatiese selle. B transgeniese selle. C mutageniese selle. D osteoklastselle. (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5 1.2 Kies ʼn term/frase uit KOLOM B wat ooreenstem met ʼn beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–J) langs vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Die pad wat ʼn produk volg vanaf die A verkoop boer tot die verbruiker 1.2.2 Die proses van beplanning, produsering, B eksterne prysvaslegging, promosie en verspreiding van goedere en dienste 1.2.3 Die rekords waar alle plaasbates neergeskryf C voorraad word 1.2.4 Kragte in die mikro- en makro-ekonomiese D bemarkingsketting omgewing wat ʼn impak op die plaas het 1.2.5 ʼn Alleel wat fenotipies in ʼn heterosigotiese E dominant organisme uitgedruk word F bemarking G intern H resessief I balansstaat J markkanaal (5 x 2) (10) 1.3 Gee EEN woord/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die praktyk om etikette op produkte te plaas om hulle as omgewingsvriendelik te bevorder. 1.3.2 ʼn Bedrag geld wat ʼn finansiële instelling vir die uitleen van kapitaal hef. 1.3.3 ʼn Heterosigotiese nageslag wat voortspruit uit twee geneties verskillende ouers. 1.3.4 Die verskynsel waardeur een geen die fenotipiese uitdrukking van ʼn ander geen kan beïnvloed. 1.3.5 Die vermoë van ʼn dier om hul volledige stel eienskappe aan ʼn nageslag oor te dra. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 Massabemarking is ʼn benadering wat op die behoeftes van slegs ʼn klein gedeelte van die hoofstroomverbruiker fokus. 1.4.2 ʼn Kontantvloeistaat is ʼn opsomming van die bates en laste van ʼn besigheid. 1.4.3 Die proses om individue met gewenste eienskappe vir teeldoeleindes te kies, word variasie genoem. 1.4.4 Poliploïdie is ʼn tipe mutasie waarin daar ʼn verandering in die aantal van een of meer van die chromosome in die chromosoomstel van ʼn individu is. 1.4.5 Die invoeging van verlangde gene in die gene van ʼn tipe virus staan as mikro-inspuiting bekend. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7 AFDELING B VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 2.1 Die tabel hieronder toon die verskil tussen ʼn bemarkings- en verkoopskonsep. KONSEP FOKUS DUUR VAN EINDRESULTAAT BEPLANNING A Bestaande produkte D Winste deur en dienste verkoopsvolume B C Langtermyn Wins deur kliëntetevredenheid 2.1.1 Identifiseer die konsep uit die tabel hierbo wat deur elkeen van die volgende letters verteenwoordig word: (a) A (1) (b) B (1) 2.1.2 Voltooi die tabel deur die ontbrekende inligting vir die letters C en D te verskaf. (2) 2.2 Korrekte verpakking is noodsaaklik om te verhoed dat landbouprodukte tydens berging en vervoer seerkry of bederf. Boere word aangemoedig om al die riglyne vir die verpakking van vars produkte te volg om na-oesverliese te vermy. 2.2.1 Verskaf TWEE riglyne vir die verpakking van vars landbouprodukte. (2) 2.2.2 Identifiseer uit die paragraaf hierbo, TWEE ander funksies van bemarking, benewens verpakking. (2) 2.2.3 Noem DRIE maniere wat die boer kan gebruik om landbouprodukte te bevorder. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Identifiseer A en B vanaf die grafiek hierbo. (2) 2.3.2 Noem TWEE kliëntverwante faktore wat A kan beïnvloed. (2) 2.3.3 Gee die ekonomiese term wat deur C in die grafiek hierbo voorgestel word. (1) 2.3.4 Lei die verband tussen prys en B af. (2) 2.3.5 Onderskei tussen markewewigspunt en ewewigsprys. (2) 2.4 Die bemarkingskanale in die blokkie hieronder hou verband met ʼn gratis bemarkingstelsel. voorraadverkope; varsproduktemarkte; plaashek; direkte bemarking; internet Pas die bemarkingskanaal uit die blokkie hierbo by ELK van die volgende stellings. Skryf slegs die kanaal langs die vraagnommer neer. 2.4.1 Die boer kan nie die maksimum prys vir die dier bepaal nie, maar die hoogste bieder wel. (1) 2.4.2 Produsente verkoop hul produkte aan hul finale kontraktuele kliënt sonder tussengangers. (1) 2.4.3 Produsente bekommer hulle nie oor hoë bemarkingskoste voordat die produk die kliënt bereik nie. (1) 2.4.4 Die mees mededingende bemarkingstrategieë in terme van die bereiking van ʼn globale gehoor. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9 2.5 Noem TWEE voordele van gratis bemarking vir die entrepreneur. (2) 2.6 Hieronder is die fases wat die entrepreneur neem in die proses om die landboubesigheid te vestig. A Die entrepreneur besluit oor die onderneming se toekomstige groei en ontwikkeling. B Bepaling van die benodigde hulpbronne. C Ideegenerering, waar die entrepreneur sakegeleenthede evalueer. D Ontwikkeling van ʼn omvattende sakeplan. 2.6.1 Herrangskik die fases van entrepreneuriese prosesse in hul chronologiese volgorde, skryf slegs die letters langs VRAAG 2.6.1 neer. (4) 2.6.2 Noem TWEE redes vir die ontwikkeling van ʼn dokument wat in D hierbo genoem word. (2) 2.6.3 Identifiseer die komponent van die sakeplan wat ʼn opsomming van die sakeprofiel gee. (1) 2.6.4 Gee TWEE voorbeelde van ʼn besigheidssterkpunt wat dit ʼn mededingende voordeel gee. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 Uit ʼn ekonomiese perspektief word grond gekenmerk deur sy skaarste, vaste aanbod en die vermoë om verbeter te word, wat alles die waarde en gebruik daarvan beïnvloed. Lei die ekonomiese eienskap van grond af soos verduidelik deur die stellings hieronder. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer. 3.1.1 Grond kan beskadig word, maar kan nie vernietig word nie. (1) 3.1.2 Grond kan niks vanself produseer nie; dit moet met ander faktore gekombineer word. (1) 3.1.3 Grond het ʼn onbeperkte lewensduur. (1) 3.2 Noem TWEE maniere waarop die produktiwiteit van grond verbeter kan word. (2) 3.3 Plaaswerkers is oor die algemeen ongeskoold met relatief lae vlakke van tegniese vaardighede. Hierdie toestande beperk die omvang van arbeidsproduktiwiteit op plase en lei daartoe dat die meeste werkers deur meganiese hulpmiddels vervang word. 3.3.1 Lei ʼn probleem af wat met plaaswerkers geassosieer word uit die paragraaf hierbo. (1) 3.3.2 Beveel TWEE maatreëls aan wat boere kan neem om die probleem wat in VRAAG 3.3.1 genoem word, aan te spreek. (2) 3.3.3 Identifiseer uit die paragraaf hierbo, die impak van die probleem wat in VRAAG 3.3.1 genoem word. (1) 3.3.4 Gee die arbeidswetgewing wat die probleem in die gedeelte hierbo kan aanspreek. (1) 3.3.5 Stel TWEE ekonomiese maniere voor wat geïmplementeer kan word om arbeidsproduktiwiteit te verbeter. (2) 3.4 ʼn Boer het ʼn plaas van 10 ha met ʼn verband ter waarde van R2 000 000,00 van Landbank gekry. Die boer het ook ʼn huis ter waarde van R1 200 000,00 gekoop, asook masjinerie en vee ter waarde van R600 000,00 uit wins gegenereer uit produksie. Die boer het ook ʼn oortrokke rekening van R100 000,00 geneem om produksiekapitaal aan te koop. 3.4.1 Identifiseer TWEE metodes om kapitaal te skep wat deur die boer gebruik word in die scenario hierbo. (2) 3.4.2 Gee EEN voorbeeld van elk van die volgende laste uit die scenario hierbo. (a) Langtermynlaste (1) (b) Bedryfslaste (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11 3.4.3 Gebruik die inligting wat in die scenario in VRAAG 3.4 verskaf word om die volgende te bereken. (a) Totale waarde van bates (2) (b) Netto waarde van die plaas (3) 3.4.4 Noem die probleem van kapitaal wat met lenings geassosieer word. (1) 3.5 Die tabel hieronder toon die projeksie van die inkomste en uitgawes van ʼn plaas vir die maand Januarie. UITGAWES INKOMSTE Item Koste (R) Produkte verkoop Prys per eenheid Voer R10 500,00 200 Braaikuikens R150,00 Huur R2 500,00 Brandstof R2 500,00 20 sakke hoendermis R75,00 3.5.1 Identifiseer die tipe begroting wat deur die tabel hierbo voorgestel word. (1) 3.5.2 Regverdig jou antwoord op VRAAG 3.5.1. (1) 3.5.3 Identifiseer EEN voorbeeld van ʼn vaste koste uit die tabel hierbo. (1) 3.5.4 Bereken die totale inkomste uit die braaikuikenonderneming in die tabel hierbo. Toon ALLE berekeninge. (3) 3.5.5 Lei met ʼn rede af of hierdie onderneming lewensvatbaar is of nie, gebaseer op die tabel hierbo. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) 3.6 Die foto hieronder toon die impak van slegte weerstoestande op mielie- ondernemings. 3.6.1 Identifiseer die bron van risiko wat in die prentjie hierbo uitgebeeld word. (1) 3.6.2 Noem TWEE risikobestuurs strategieë wat die mielieboer kan toepas om die impak van slegte weerstoestande te verminder. (2) 3.6.3 Noem TWEE hoofbestuursbeginsels vir die suksesvolle bestuur van ʼn boerderyonderneming. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13 VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 4.1 Die verskille in die fenotipiese vorme van plante en diere van dieselfde spesie word deur beide die gene en die omgewing beïnvloed. 4.1.1 Gee ʼn genetiese term vir die verskynsel in die stelling hierbo. (1) 4.1.2 Noem TWEE omgewingsoorsake wat ʼn effek het op die verskynsel wat in VRAAG 4.1.1 genoem word. (2) 4.1.3 Definieer die volgende genetiese konsepte: (a) Fenotipe (1) (b) Oorerwing (1) 4.2 ʼn Teler het ʼn homosigotiese swart bul en ʼn homosigotiese wit koei gekruis en waargeneem dat al die F1-nageslag grys was. 4.2.1 Gebruik die Punnet-vierkant om die F2-genotipe te illustreer wanneer die F1-nageslag selfgekruis is. (4) 4.2.2 Bepaal die fenotipiese verhouding van die F2-nageslag as ʼn persentasie. (2) 4.3 Die tabel hieronder wys die effek van additiewe gene en melkopbrengs in melkkoeie. GENOTIPE VAN VERSKILLENDE KOEIE MELKOPBRENGS (L/DAG) aabbcc 10 Aabbcc 10 + 5 = 15 AAbbcc 10 + (5 x 2) = 20 AABbcc 10 + (5 x 3) = 25 AABBcc 10 + (5 x 4) = 30 AABBCc 10 + (5 x 5) = 35 AABBCC 10 + (5 x 6) = 40 4.3.1 Omskep die inligting in die tabel hierbo in ʼn staafgrafiek. (6) 4.3.2 Lei die verband tussen die aantal additiewe gene en melkopbrengs af vanaf die getekende grafiek. (2) 4.3.3 Stel die genotipe van die koei voor wat die beste sou wees vir seleksie en teeldoeleindes. Motiveer jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) 4.4 Die foto’s hieronder toon die teelstelsel wat in bokproduksie gebruik word. 4.4.1 Noem die teelstelsel wat in die prente hierbo geïllustreer word. (1) 4.4.2 Gee ʼn rede om die antwoord op VRAAG 4.4.1 te ondersteun. (1) 4.4.3 Noem TWEE nadele van die teelstelsel wat hierbo geïllustreer word. (2) 4.4.4 Stel TWEE redes voor waarom dieretelers die teling van twee diere wat nie nou verwant aan mekaar is nie, aan boere aanbeveel. (2) 4.5 Die oorerflikheidswaarde van die slaggewig-eienskap in varke is 46%. 4.5.1 Adviseer die varkboere of hulle die kenmerk in die stelling hierbo moet kies. Regverdig jou antwoord. (2) 4.5.2 Gee enige TWEE seleksiemetodes wat dieretelers kan gebruik om diere met gewenste eienskappe te selekteer. (2) 4.6 Een van die voordele van genetiese modifikasie is dat die oordrag van gene van verskillende spesies moontlik is, anders as tradisionele teelprogramme wat slegs verwante rasse kan kruis. 4.6.1 Gee TWEE ander voordele van genetiese modifikasie bo tradisionele boerderymetodes wat nie in die paragraaf hierbo genoem word nie. (2) 4.6.2 Noem TWEE hoofdoelwitte van genetiese modifikasie in diere. (2) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Agricultural Sciences

View all