Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
LANDBOUWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*AGRSA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 


View all


AGRIC SC P2 GR12 SEPT 2016 QP AFR_hlayiso.com_.pdf
Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 15
- File size
- 712.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS naamlik AFDELING A en
AFDELING B
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in die vraestel
gebruik.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Wys al jou berekeninge waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde gegee vir die volgende vrae.
Kies die antwoord (A–D) en skryf dit langs die korrekte nommer (1.1.1–
1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 ʼn Teler het ʼn goeie bul op ʼn plaas geteel met ʼn laer standaard
vroulike dier om die gehalte van ʼn swak kudde te verbeter. Die
teelsisteem gebruik deur die boer is …
A spesiekruising.
B inteling.
C opgradering.
D uitkruising.
1.1.2 ... verwys na geen verander in vraag wanneer prys verander.
Byvoorbeeld brood sal altyd in aanvraag wees selfs al styg die
prys.
A Prys-onelastisiteit
B Prys-elastisiteit
C Elastisiteit van aanbod
D Elastisiteit
1.1.3 Om ʼn suksesvolle besigheidsonderneming te begin het jy die
volgende nodig:
(i) Deursettingsvermoë
(ii) Bestuursvaardighede
(iii) Leierskap
(iv) Akademiese graad
Kies die korrekte kombinasie
A (i), (iii) en (iv)
B (i), (ii), en (iii)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (iii) en (iv)
1.1.4 Een van die volgende vervat die SWOT-analise vir die ontwikkeling
van ʼn besigheidstrategie:
A Sterkpunte, rykdom, geleenthede en tyd
B Ernstigheid, swakhede, geleenthede en bedreigings
C Sterkpunte, swakpunte, geleenthede en vertroue
D Sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreigings
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.1.5 Deur middel van risiko vermindering en verspreiding van risiko het
graad 12 leerders, skape en hoenders aangehou, asook groente
gekweek op een plaas. Dit is ʼn voorbeeld van …
A nis (niche)-bemarking.
B diversifisering.
C ko-operatiewe bemarking.
D spesialisering.
1.1.6 Die tipe krediet benodig om die volgende te koop is ... -krediet.
A mediumtermyn
B langtermyn
C korttermyn
D minimumtermyn
1.1.7 Die wetgewing wat werkersunies gebruik om te veg teen onbillike
werksure, verlof, oortyd en hoe lone betaal in die werkplek moet
word.
A Wet op Gelyke Indiensneming
B Wet op Arbeidsverhoudinge
C Wet op Basiese Diensvoorwaardes
D Wet op Vaardigheidsontwikkeling
1.1.8 Die illustrasie hieronder wys een manier waarop chromosome kan
verander.
A A
B C
C B
D D
E E
A Inversie
B Duplikasie
C Translokasie
D Verwydering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5
1.1.9 Een van die volgende in NIE ʼn rede om ʼn besigheidsplan op te
stel NIE:
A Beleggers te lok of moontlike vennote te kry
B Finansiering te kry
C Die toekoms van jou besigheid uit te lê
D ʼn Goeie entrepeneur in diens te stel
1.1.10 ʼn … verwys na ʼn groepering plante wat vir hul gewenste
eienskappe gekies word.
A Hibried
B Kultivar
C Mutageen
D Spesie (10 x 2) (20)
1.2 Kies ʼn term/frase in KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Kontrak A twee ekwivalente gene
1.2.2 Besigheidsplan B DNA/DNS
1.2.3 Allele C begroting
1.2.4 Entrepreneur D beskryf die terme van
indiensneming
1.2.5 Produktiwiteit E bruto inkomste
F arbeidswetgewing
G maatstaf van uitsette per
eenheid insette
H beskryf hoe besigheid sal
funksioneer
I plaasassistent
J herken geleenthede en neem
risiko’s om ʼn besigheid te
begin
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.3 Skryf die landboukundige term/frase vir elk van die volgende beskrywings
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.3.1 ʼn Apparaat wat gene in stukkies plantweefsel inskiet
1.3.2 ʼn Geldsom verskaf deur die regering vir ʼn spesifieke doel wat nie
terugbetaal hoef te word nie
1.3.3 Finansiële verpligtinge soos debiete en lenings wat ʼn maatskappy
skuld
1.3.4 Werkers wat slegs tydens spitstye in diens geneem word, dikwels
vir ʼn spesifieke taak soos oestyd
1.3.5 Die teelsisteem waar die nageslag altyd steriel is en glad nie kan
voortplant nie (5 x 2) (10)
1.4 Verander die onderstreepte woorde om die volgende stellings WAAR te
maak. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die korrekte nommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.4.1 Selle is eenhede van oorerwing.
1.4.2 Daar is ʼn likiditeit van produkte wanneer die vraag meer as die
aanbod is.
1.4.3 Kapitaal is die produksiefaktor wat nie onderhewig is aan
waardevermindering, bederfbaarheid, oud raak of opgebruik kan
word nie.
1.4.4 Die benadering wat ʼn maatskappy neem tot die bemarking van sy
produkte, word die ek-verbruiker genoem.
1.4.5 Negatiewe eksterne elemente wat die sukses van ʼn besigheid kan
benadeel, is kreatiwiteit. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7
AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord VRAE 2.1.1–2.1.3 wat
op die illustrasie gebaseer is.
B M
XX
…………
PRYS K
B
M
HOEVEELHEID
2.1.1 Identifiseer die beskrywing gemerk XX in VRAAG 2.1. (1)
2.1.2 Verduidelik jou antwoord vir VRAAG 2.1.1. (2)
2.1.3 Identifiseer die letter K en die lyne MM en BB in VRAAG 2.1. (3)
2.2 Jy het ʼn seminaar bygewoon waar een groep deelnemers die verskil tussen
verkope en bemarking van geprosesseerde produkte gedebatteer het. ʼn
Ander groep het eko-etikettering bespreek en hoe dit verbruiker gedrag
beïnvloed. Jy was gevra om TWEE duidelike verskille tussen verkope en
bemarking op te stel.
2.2.1 Tabuleer die verskille tussen bemarking en verkope. Gee TWEE
beskrywings ELK vir bemarking en verkope. (4)
2.2.2 Gee TWEE hooffunksies van landboubemarking. (2)
2.2.3 Stel TWEE maniere voor hoe eko-etikettering verbruikersgedrag
beïnvloed. (2)
2.2.4 Lys TWEE redes hoekom vleis geprosesseer word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
2.3 Die illustrasie hieronder is ʼn voorbeeld van ʼn bemarkingsketting wat die
verskillende komponente van die aanbodketting en vraagketting wys.
BEMARKINGSKETTING
AANBODKETTING VRAAGKETTING
Aankope Vervaardiging Verspreiding Bemarking Verkope Diens
2.3.1 Definieer die onderstreepte begrip in VRAAG 2.3. (2)
2.3.2 Lys TWEE funksies van na-oes bestuur in die bemarkingsketting. (2)
2.3.3 Klassifiseer die volgende as óf aanbodketting, óf vraagketting.
(a) Waardetoevoeging
(b) Verpakking
(c) Kontantvloei en winsgewendheid (3)
2.4 Jy het ʼn potensiële boer ontmoet wat langs die kennisgewingbord hieronder
getoon gestaan het. Die boer het jou ʼn paar vrae gevra oor die
kennisgewingbord want hy wil by die ko-operatiewe gemeenskap aansluit.
2.4.1 Verduidelik kortliks aan die boer wat ʼn landbou ko-operatiewe
gemeenskap (ko-operasie) is. (2)
2.4.2 Gee TWEE voordele wat ʼn landbou ko-operatiewe gemeenskap (ko-
operasie) ʼn boer bied. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9
2.5 Wanneer produkte aan verbruikers bemark word is dit belangrik om die
verskillende tipes kopers en hul eienskappe te ken. ʼn Koper kan ʼn
innoveerder, ʼn aanpasser of ʼn tradisionele koper wees. Verbruikers het
verskillende redes hoekom hulle produkte koop. Verkopers moet hul produkte
bemark en verskillende bemarkingstrategieë volg om sodoende maksimum
wins op verkope te maak.
2.5.1 Voorspel TWEE karaktereienskappe van ʼn koper wat ʼn
tradisionele koper is. (2)
2.5.2 Identifiseer TWEE maniere hoe verkopers ʼn wins uit die scenario
kan maak. (2)
2.5.3 Gee TWEE maniere waarop verkopers hul produkte kan bemark. (2)
2.6 Differensieer tussen nis-(niche) bemarking en veeveilings. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Verskillende tipes plaasarbeid word in die illustrasies A, B, C en D gewys.
A B
C D
3.1.1 Identifiseer die tipe plaasarbeid uit die illustrasie A, B, C, D
hierbo wat baie skaars vir kommersiële gewasboere kan wees. (1)
3.1.2 Regverdig jou antwoord in VRAAG 3.1.1 met TWEE redes. (2)
3.1.3 Stel TWEE maniere voor hoe om die ekonomiese kondisies van
die werkers in die illustrasies (3.1) te verbeter. (2)
3.1.4 Gee ʼn arbeidswet wat in die volgende gevalle toegepas word:
(a) Die trekkerbestuurder kan van die bewegende trekker afval (1)
(b) Die werkers in D word nie meer in diens geneem nie (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11
3.2 Die plaasbestuurder beoog om ʼn struktuur op die plaas te vergroot. Die
bestuurder leen R15 000,00 van ʼn vriend. Die bestuurder neem ʼn
banklening uit van R28 000,00 en verkoop 5 000 voëls om nog ʼn
addisionele R20 000,00 in te kry. Die bruto inkomste van die plaas na
twee jaar was R73 000,00.
3.2.1 Bepaal die netto wins of verlies van die boer na twee jaar. (3)
3.2.2 Identifiseer TWEE maniere waarop die boer kapitaal uit die
scenario bekom het. (2)
3.2.3 Noem EEN ander manier waarop die boer kapitaal kan kry
behalwe dié in VRAAG 3.2.2 genoem. (2)
3.2.4 Stel voor die beste rekord/dokument wat al die verwagte
inkomste en uitgawes oor die tydperk sal aandui. (1)
3.3 ʼn Potensiële boer wil groente op ʼn kommersiële basis kultiveer. ʼn Stuk
grond is aan die boer verkoop. Toe die boer na die grond gaan kyk het
dit soos die prentjie hieronder gelyk.
3.3.1 Stel EEN ekonomiese eienskap van grond as ʼn produksiefaktor
voor wat die prentjie in 3.3 die beste beskryf. (1)
3.3.2 Regverdig jou antwoord in VRAAG 3.3.1 met TWEE redes. (2)
3.3.3 Gee DRIE funksies van grond as ʼn produksiefaktor in landbou. (3)
3.3.4 Stel voor TWEE wetenskaplike maniere om die produktiwiteit
van grond vir landboudoeleindes te verhoog. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
3.4 Wat plaasbestuur anders maak as besigheidsbestuur is die soort en
hoeveelheid daaglikse take wat betrokke is sowel as die verskillende lae van
bestuur by boerdery betrokke. Selfs onder boere sal die prosesse verskil
afhangende van die tipe boerdery en die algemene grootte van die
besigheid. Spesifieke vaardighede is dus vir verskillende tipes boerderye
nodig.
3.4.1 Identifiseer TWEE redes uit die scenario om te regverdig hoekom
die bestuur van ʼn pluimvee-boerdery anders as die bestuur van ʼn
winkel is. (2)
3.4.2 Noem die spesifieke bestuursvaardigheid benodig vir elk van die
volgende:
(a) Vermoë om die plaas winsgewend en suksesvol te hou (1)
(b) Vermoë om plaasarbeid probleme op te los (1)
(c) Vermoë om onvoorsiene sake of probleme te kan hanteer (1)
3.4.3 Gee TWEE produksie-risiko’s wat ʼn plaasbestuurder in
gewasboerdery mag ondervind. (2)
3.5 Die tabel hieronder wys rys (in ton maat) wat deur ʼn kommersiële boer oor
sewe jaar uitgevoer was.
JAAR HOEVEELHEID UITGEVOER
2009 40
2010 25
2011 50
2012 55
2013 35
2014 60
2015 60
Transleer die inligting na ʼn lyngrafiek. (5)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13
VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 ʼn Teler wil die speengewig van sy diere verhoog. Die gemiddelde
speengewig van die diere op die plaas is 22,5. Die teller kies ʼn manlike dier
met ʼn speengewig van 24,6 en ʼn vroulike dier met ʼn speengewig van 23,7.
Die oorerflikheid van speengewig vir die diere is 50%.
4.1.1 Bereken die BTW (EBV) van die ouers. (4)
4.1.2 Bereken die verwagte genetiese verbetering van die nageslag. (2)
4.2
P1 Suiwer witgesig bull Suiwer swartgesig koei
X
QQ qq
4.2.1 Teken ʼn Punnett-vierkant om die kruising geïllustreer in 4.2 te
voltooi. (4)
4.2.2 Gee die moontlike persentasie van witgesig nageslag in die F2
generasie. (3)
4.2.3 Gee EEN korrekte genetiese term om die verskil in die voorkoms
van die twee diere te verduidelik. (1)
4.2.4 Differensieer tussen fenotipe en genotipe. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
4.3 Vir meeste organismes word geslag deur chromosoom verskille bepaal.
Tydens die vorming van gamete deur die proses van meiose en
gametogenese, verdeel die twee chromosome op die homoloë pare.
Aanvaar dat die manlike gamete (29 +X chromosome) saamsmelt met ʼn
vroulike gamete (29 + X chromosome).
4.3.1 Gee die chromosome van die sigoot. (2)
4.3.2 Voorspel die geslag van die kleintjie. (1)
4.4 Definieer die volgende terme:
(a) Mutasie (2)
(b) Uitkruising (2)
4.5 Ons voorgeslagte het hul tradisionele plant- en dierverbeterings
teelmetodes gehad soos massa-seleksie en inteling. ʼn Nuwe metode van
plant- en dierverbetering is ontwikkel, genaamd genetiese modifisering. Dit
behels die neem van gene van een organisme, naamlik die skenker
(donor), en die insit daarvan in ʼn ander organisme, naamlik die ontvanger.
4.5.1 Lei af TWEE doelwitte van genetiese modifisering in plante. (2)
4.5.2 Gee TWEE voordele van genetiese modifisering bo tradisionele
metodes. (2)
4.5.3 Lys TWEE nadele van inteling. (2)
4.5.4 Onderskei tussen stamboomseleksie en afstammelingseleksie. (4)
4.6 Gee TWEE omgewingsoorsake vir variasie in plante. (2)
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
Agricultural Sciences P1 May-June 2025 Eng.pdf

Question paper
AGRIC SCIENCES GR12 QP JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024_Sesotho_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2024 Afr.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2024 MG Afr.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
AGRIC SC P2 GR12 SEPT 2016 MEMO ENG_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
AGRIC SC P2 GR12 SEPT2016 MEMO AFR_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2016 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AGRIC SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2021 Xhosa D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2020 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Agricultural Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Agric Sciences Backup Memo_watermark.pdf
Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025_English_watermark.pdf
Memorandum
Agricultural Sciences P1 May-June 2025 MG Afr.pdf

Memorandum
Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng.pdf

Memorandum
AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum