Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V2
NOVEMBER 2016
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 

View all


Agricultural Sciences P2 Nov 2016 Afr_hlayiso.com_.pdf
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 14
- File size
- 479.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 2 DBE/November 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 3 DBE/November 2016
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n
kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
1.1.11 A B C D
1.1.1 'n Maatreël deur 'n boer om die risiko op sy/haar inkomste te
verlaag:
A Versekering
B Verkope
C Verpand goedere
D Ruilhandel
1.1.2 Die wet van vraag stel dat …
A hoe meer verbruikers daar is, hoe laer is die vraag na 'n
spesifieke produk.
B hoe hoёr die inkomste van verbruikers is, hoe laer sal die
vraag na 'n spesifieke produk wees.
C indien die prys van 'n produk styg, die vraag daarna ook
sal styg.
D indien die prys van 'n produk daal, die vraag daarna sal styg.
1.1.3 Watter EEN van die volgende stellings oor 'n entrepreneur is
VERKEERD?
'n Entrepreneur is 'n persoon wat …
A risiko's loop.
B slegs vir iemand anders werk om 'n salaris te verdien.
C hard werk.
D 'n begeerte het om sukses te behaal.
1.1.4 Perskes is somervrugte in Suid-Afrika. Dit is duurder in die winter
en aan die begin van die lente, want die …
(i) aanbod van perskes word in hierdie tyd streng beheer.
(ii) vroeër perskes smaak beter.
(iii) aanbod van perskes in die winter en lente is beperk.
(iv) prys van perskes word deur hulle beskikbaarheid beïnvloed.
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (iii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 4 DBE/November 2016
NSS
1.1.5 Watter EEN van die volgende is 'n interne faktor wat 'n boerdery-
onderneming kan beïnvloed?
A Wetgewing oor arbeidspraktyke
B Die bevoegdheid en bekwaamheid van die bestuur en die
plaaswerkers
C Waardes en leefstylkeuses van verbruikers
D Wisselkoerse en belasting
1.1.6 Die volgende is NIE 'n probleem wat met kapitaal as 'n
produksiefaktor geassosieer word nie:
A Onderhewig aan risiko
B Te min kapitaal word belê
C Beperkte leeftyd van goedere
D Laer bevoegdheid van tegnici
1.1.7 Die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995) gee
aandag aan die volgende sake:
(i) Die produksiestatus van diere
(ii) Prosedures om arbeidsgeskille op te los
(iii) Verseker dat sekere werkers finansiële opleiding ontvang
(iv) Verseker sosiale geregtigheid en regverdige werks-
omstandighede
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.8 'n Voorbeeld van 'n produksiefaktor met 'n waarde wat met tyd
toeneem:
A Toerusting
B Masjinerie
C Boerderygrond
D Geld
1.1.9 'n Heterosigotiese Brahmaanbul word met 'n heterosigotiese koei
gepaar. Die verwagte fenotipiese verhouding sal … wees.
A 3:1
B 1:3:1
C 1:1
D 1:2:1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 5 DBE/November 2016
NSS
1.1.10 Die diagram hieronder stel … voor, wat die mutasie van
chromosome veroorsaak.
A C E G I
A C G I
A C E G I
A skrapping
B translokasie
C inversie
D duplisering (10 x 2) (20)
1.2 Kies 'n term/frase uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 'n Tipe volhoubare maatreël gemik op A Internetbemarking
verbruikers wat omgewingskwelpunte
in ag neem B oorkapitalisering
1.2.2 'n Bestuurstrategie waarin die koste C variasie
van onvoorsiene insidente deur
verskeie rolspelers gedeel word D spesialisering
1.2.3 Plaaswerker met 'n tersiêre boerdery- E eko-etikettering
kwalifikasie en baie jare boerdery-
ervaring F oorerflikheid
1.2.4 Te veel kapitaal word in 'n boerdery- G risiko-deling
onderneming belȇ in verhouding tot die
beskikbare grond en arbeid H arbeidswetgewing
1.2.5 Die verskil in die genotipes en I onderkapitalisering
fenotipes van beeste van dieselfde ras
J geskoolde arbeid
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 6 DBE/November 2016
NSS
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Die manier waarop prys 'n vraag- of aanbodkurwe verander
1.3.2 Die beweging van geld in 'n onderneming oor 'n spesifieke tydperk
1.3.3 Die totale getal geeneffekte wat deur die nageslag oorgeërf word
en wat hulle prestasie vir teeldoeleindes sal bepaal
1.3.4 Die verskynsel waar een geen die fenotipiese uitkoms van 'n ander
geen beïnvloed
1.3.5 'n Geleidelike agteruitgang in die prestasie van generasie tot
generasie as gevolg van die aanhoudende paring van verwante
diere (5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Waardetoevoeging is die verandering van grondstowwe na 'n vorm
wat makliker deur verbruikers benut kan word.
1.4.2 Arbeidsmoegheid is die hoeveelheid werk wat gedoen word in
verhouding tot die hoeveelheid geld wat bestee word.
1.4.3 Elektroporasie behels die gebruik van vette as draers van die
verlangde DNS/DNA deur die selmembraan na 'n selkern.
1.4.4 Erfdwang beteken dat albei allele ewe dominant en sigbaar in die
fenotipe van die nageslag is.
1.4.5 Die doelbewuste metode om te besluit watter individuele plante en
diere vir teeldoeleindes gekies moet word om spesifieke
eienskappe in die nageslag te bepaal, word epistase genoem.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 7 DBE/November 2016
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die meeste produkte word ná die oes na 'n fasiliteit geneem waar dit
skoongemaak, gegradeer, in houers verpak, gestoor en dan na die mark
vervoer word.
2.1.1 Identifiseer die funksies van landboubemarking hierbo met
verwysing na elk van die volgende:
(a) Produkte word van die plaas na die mark geneem. (1)
(b) Produkte word op die plaas gehou voordat dit na die mark
vervoer word. (1)
2.1.2 Gee 'n ekonomiese term wat gebruik word om elk van die volgende
stellings te omskryf:
(a) Produkte word in houers verpak. (1)
(b) Produkte word verkoel om die rakleeftyd te verleng. (1)
(c) 'n Produk word vanaf sy grondstofvorm verander. (1)
2.1.3 Noem TWEE voordele van die prosessering van landbouprodukte. (2)
2.2 Die tabel hieronder stel TWEE boere voor wat soetrissies verbou.
BOER A BOER B
• Besef dat geel soetrissies vinniger • Doen navorsing om te bepaal
groei en 'n hoёr opbrengs lewer watter soetrissie verbruikers
• Besluit om twee hektaar met 'n verkies
opbrengs van 300 ton aan te plant • Verbruikers toon belangstelling in
• Stel 'n middelman aan om die rooi soetrissies
produkte op verskillende markte te • Plant een hektaar en produseer
verkoop 150 ton
• Produkte word teen R4/kg verkoop • Produkte word teen R8/kg verkoop
• Besef dat verkope swak is en ná die berekening van
verlaag die prys na R2/kg produksiekoste en wins
• Produkte word volgens verbruikers
se voorkeure verpak
• Sluit 'n kontrak vir die volgende
oes met die plaaslike supermark
en groothandelaars
2.2.1 Identifiseer watter boer (A of B) die produk suksesvol bemark het. (1)
2.2.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.2.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 8 DBE/November 2016
NSS
2.2.3 Noem TWEE aspekte waarop die boer in VRAAG 2.2.1 gefokus
het tydens die ontwikkeling van 'n bemarkingstrategie. (2)
2.2.4 Noem die bemarkingstrategie wat deur BOER B gebruik is. (1)
2.2.5 Noem TWEE maniere waarop die strategie in VRAAG 2.2.4 die
boer kan bevoordeel. (2)
2.3 Die tabel hieronder toon die resultate van 'n pryseksperiment oor sakkies
lemoene wat per week teen verskillende pryse verkoop is.
PRYS GETAL TOTALE VASTE VERANDERLIKE WINS
(RAND VERKOOP INKOMSTE KOSTE KOSTE (R)
PER (SAKKIES (R) (R) (R)
SAKKIE) LEMOENE PER
WEEK)
5 2 500 12 500 800 400 11 300
10 1 000 10 000 800 350 8 850
15 500 7 500 800 300 6 400
20 300 6 000 800 250 4 950
25 20 1 000 800 200 0
30 15 450 800 150 –500
2.3.1 Formuleer 'n hipotese vir die eksperiment hierbo. (2)
2.3.2 Noem EEN faktor wat die vraag na lemoene beïnvloed het, volgens
die data hierbo. (1)
2.3.3 Verduidelik die invloed van die faktor in VRAAG 2.3.2. (2)
2.3.4 Verduidelik kortliks die invloed van 'n stygende prys op die wins,
soos in die data hierbo getoon. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 9 DBE/November 2016
NSS
2.4 Lees en ontleed die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VARS GROEN KOOL!
ORGANIES GEPRODUSEER
VERPAK IN HERWINBARE SAKKIES
GEEN KINDERARBEID
2.4.1 Identifiseer die tipe etikettering in die advertensie hierbo. (1)
2.4.2 Gee TWEE redes in die advertensie wat die antwoord op
VRAAG 2.4.1 ondersteun. (2)
2.4.3 Die advertensie bevorder omgewingsbewustheid. Motiveer hierdie
stelling deur na die advertensie te verwys. (1)
2.4.4 Noem die bemarkingsbenadering wat gebruik is om die produk te
bemark. (1)
2.5 Die skematiese voorstelling hieronder toon aspekte van 'n SWOT-ontleding
wat 'n opkomende boer gedoen het.
A B
Boer het bewerkbare grond Daar is 'n vraag na miniatuur-
met toegang tot besproeiing worteltjies oorsee
C D
'n Plaaslike voorligtingsbeampte
Boer het geen ondervinding
help boere met die
in die verbouing van
produksie van
miniatuurworteltjies nie
miniatuurworteltjies
E F
Produksie van
miniatuurworteltjies is Die Landbank bied finansiёle
arbeidsintensief en lone is bystand aan behoeftige boere
hoog
2.5.1 Pas stelling A, B, C en E in die skematiese voorstelling by die
elemente van 'n SWOT-ontleding. (4)
2.5.2 Verduidelik hoe kan die boer die sterk punte en geleenthede in die
skematiese voorstelling hierbo gebruik om die boerdery-
onderneming te verbeter. (2)
2.6 Noem DRIE persoonlike eienskappe van 'n suksesvolle entrepreneur. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 10 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die tabel hieronder toon die bevolkingsgrootte en beskikbare bewerkbare
grond in 'n sekere streek oor 'n tydperk van ses dekades.
JAAR BEVOLKINGSGROOTTE BESKIKBARE
(miljoen) BEWERKBARE
GROND
(miljoen hektaar)
1961 24 15
1971 27 12
1981 30 10
1991 34 8
2001 39 6
2011 47 4
3.1.1 Teken 'n staafgrafiek om die bevolkingsgrootte en die beskikbare
bewerkbare grond oor 'n tydperk van ses dekades voor te stel. (6)
3.1.2 Noem die ekonomiese eienskap van grond wat in die grafiek
in VRAAG 3.1.1 geïllustreer word. (1)
3.1.3 Beskryf hoe die eienskap in VRAAG 3.1.1 genoem,
landbouproduksie beïnvloed. (2)
3.1.4 Stel TWEE maatreëls voor wat 'n boer kan toepas om die
produktiwiteit van grond te verbeter. (2)
3.2 Die tabel hieronder toon die diensvoorwaardes van twee werkers (A en B) in
'n boerderyonderneming.
DIENSVOORWAARDES WERKER A WERKER B
Daaglikse tarief R120 R120
Werksure per dag 8 12
Betaling vir vier Sondae/openbare
vakansiedae R960 R800
Verlofkrediete per drie-jaar-siklus 30 dae 10 dae
3.2.1 Identifiseer die werker wie se werksomstandighede onbillik is. (1)
3.2.2 Gee TWEE redes vir die antwoord op VRAAG 3.2.1 deur na die
inligting in die tabel hierbo te verwys. (2)
3.2.3 Gee TWEE voorbeelde van arbeidswetgewing waarmee die
arbeider in VRAAG 3.2.1 die werkgewer kan konfronteer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 11 DBE/November 2016
NSS
3.3 Noem die metode om arbeidsproduktiwiteit te verhoog wat deur ELK van die
volgende beskrywings voorgestel word:
3.3.1 Suiwelbeeskraal Hooistoor Melkstal
Verkoelde stoorkamer (1)
3.3.2 Stuur trekkerbestuurders vir 'n basiese kursus in meganiese
ingenieurswese (1)
3.3.3 Verskaf gratis vervoer aan werkers tussen die werk en hulle huise (1)
3.3.4 Gebruik 'n stroper om 'n 100 ha-land te stroop (1)
3.4 'n Opkomende braaikuiken-en-eierboer wil 'n kontantvloeibegroting vir 'n
maand opstel, met 'n openingsbalans van nul. Werkers se lone beloop
R4 000 'n week. Hoendervoer kos R7 000 'n per week, elektrisiteit is R2 500
'n week en van die ander koste beloop R1 500 'n week. Die boer se inkomste
bestaan uit die volgende:
• Kontantverkope van eiers aan plaaslike winkels beloop R10 000 'n week.
• Braaikuikens word een keer 'n maand vir R50 000 aan die slagpale
verkoop.
3.4.1 Stel 'n minikontantvloeibegroting vir EEN week op. (4)
3.4.2 Bepaal die netto kontantinkomste vir EEN maand. (3)
3.4.3 Verduidelik of die netto inkomste van hierdie onderneming op
grond van hulle kontantvloei gewaarborg kan word. (2)
3.5 Noem die probleem met kapitaal wat met elk van die volgende stellings
geassosieer word:
3.5.1 'n Boer het drie trekkers en twee luukse bakkies gekoop wat
onderbenut word. (1)
3.5.2 Drastiese klimaatsveranderinge het tot 'n daling in die verwagte
opbrengs gelei. (1)
3.5.3 Korttermynkrediet word gebruik om arbeiders te betaal. (1)
3.5.4 'n Boer verkoop 'n trekker wat vyf jaar gelede gekoop is teen 'n
laer prys. (1)
3.6 Identifiseer die effektiewe bestuursbeginsel wat deur ELK van die volgende
stellings voorgestel word:
3.6.1 Besluit op die grootte van die boerdery-onderneming en die uitsette
wat dit sal lewer (1)
3.6.2 Monitor alle aspekte van produksie (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 12 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 'n Rasegte ram met 'n swart gesig word met 'n rasegte ooi met 'n wit gesig
gekruis. B verwys na die ram se gesigkleur, wat dominant is oor die ooi se wit
gesigkleur.
♂ A X ♀ B
F1 C
D E
F2 BB F G H
4.1.1 Skryf die genotipe van ouer B neer. (1)
4.1.2 Dui aan of ouers A en B homosigoties of heterosigoties is. (1)
4.1.3 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.1.2. (1)
4.1.4 Identifiseer die fenotipe van die F 2 -generasie, soos deur F, G en
H voorgestel. (3)
4.1.5 Dui die genotipiese en die fenotipiese verhouding in die
F 2 -generasie aan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 13 DBE/November 2016
NSS
4.2 Die tabel hieronder toon die verwagte teelwaarde (VTW) van spesifieke
eienskappe van Bonsmarabeeste en boerbokke.
SPESIE EIENSKAP OORERFLIKHEID
Bonsmara Geboortegewig 38
Gewig na speen 30
Sagtheid van vleis 65
Maer vleis 38
Boerbok Geboortegewig 35
Gewig na speen 60
Maer vleis 35
Vaggewig 12
4.2.1 Identifiseer EEN eienskap van ELKE dier (Bonsmarabeeste en
boerbokke) wat boere vir teeldoeleindes sal selekteer. (2)
4.2.2 Gee 'n rede vir die keuse van die eienskappe in VRAAG 4.2.1. (2)
4.2.3 Gee TWEE redes waarom boerbokboere waarskynlik nie
geboortemassa, vaggewig en maer vleis sal selekteer nie. (2)
4.3 Variasie verwys na die verskille in eienskappe tussen lede van dieselfde
spesie. Die verskille kan deur beide interne en eksterne faktore veroorsaak
word.
Noem die omgewingsfaktor wat tot ELK van die volgende variasies gelei het:
4.3.1 Diere by hoёr hoogtes bo seevlak het donkerder pigmentasie as diere
by laer hoogtes bo seevlak. (1)
4.3.2 Diere is as gevolg van 'n nutriënttekort kleiner as ander diere met
dieselfde geen vir grootte. (1)
4.3.3 Bokke wat op steiler hellings aangehou word, het langer en sterker
bene as bokke wat op platter hellings aangehou word. (1)
4.3.4 Herefords wat in koeler streke aangehou word, het dikker hare as dié
wat in warmer streke aangetref word. (1)
4.4 Veronderstel eierproduksie van Leghorn-lȇhenne word deur drie paar gene
beheer. Die netto produksie van 'n lêhen met die genotipe bbggkk is 60 eiers
'n week. Elke additiewe alleel dra vyf eiers tot die netto produksie by.
4.4.1 Bepaal die netto produksie van 'n lȇhen met die genotipe BbGgkk. (3)
4.4.2 Noem die genotipe wat 90 eiers sal lewer. (1)
4.4.3 Dui die tipe oorerflikheid aan wat eierproduksie in Leghorn-lêhenne
beheer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 14 DBE/November 2016
NSS
4.5 In 'n diereproduksie-eenheid is die volgende data oor verse vir teeldoeleindes
ingesamel:
Lewende
134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146
massa (kg)
Getal diere 10 15 20 30 40 60 75 65 45 35 15 10 5
4.5.1 Gee die toepaslike term vir die verskynsel wat deur die data hierbo
voorgestel word. (1)
4.5.2 Bepaal die getal verse indien 12% van die totale getal verse gekies
word. (3)
4.5.3 Gebruik die data om die massa van 'n gemiddelde vers te bepaal. (1)
4.5.4 In 'n normale kommersiële produksie-eenheid, wat sal 'n boer doen
met:
(a) Verse wat die hoogste lewende massa het (1)
(b) Verse wat die laagste lewende massa het (1)
4.6 Die illustrasie hieronder toon 'n tegniek wat deur boere gebruik word om
tamaties geneties te modifiseer.
4.6.1 Identifiseer die tegniek hierbo. (1)
4.6.2 Noem TWEE voordele van die tegniek in VRAAG 4.6.1 vir die boer. (2)
4.6.3 Stel TWEE sosio-ekonomiese implikasies voor wat plante wat uit die
tegniek in VRAAG 4.6.1 en ander verwante tegnieke geproduseer is,
vir die boer sal inhou. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
Agricultural Sciences P1 May-June 2025 Eng.pdf

Question paper
AGRIC SCIENCES GR12 QP JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024_Sesotho_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2024 Afr.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2024 MG Afr.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
Agricultural Sciences P2 Nov 2016 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGRIC SC P2 GR12 SEPT 2016 QP AFR_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2022 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2022 MG Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2021 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2020 Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Agricultural Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Agric Sciences Backup Memo_watermark.pdf
Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025_English_watermark.pdf
Memorandum
Agricultural Sciences P1 May-June 2025 MG Afr.pdf

Memorandum
Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng.pdf

Memorandum
AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum