NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*AGRSA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 








View all


%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
AGRS P1 S12 2016 QP Afr_hlayiso.com_.pdf
Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 15
- File size
- 934.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLINGTING
1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
2. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
3. Lees AL die vrae noukeurig deur en beantwoord slegs dit wat gevra word.
4. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringsisteem in die vraestel
gebruik.
5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
6. Toon AL jou berekeninge, insluitende eenhede en formules, waar van
toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 Die volgende area vorm NIE deel van die areas van ʼn varkmaag NIE:
A Kardiese
B Fundus
C Gastriese
D Pilorus
1.1.2 Sekresie van verteringssappe wat amilase bevat en in die dunderm
afgeskei word, geskied in die ...
A lewer.
B pankreas.
C speekselkliere.
D dundermkliere.
1.1.3 ʼn Voer met totale verteerbare voedingstowwe (TVV) van 85% en ʼn VP
van 10% het ...
A hoë vesel en lae VP.
B lae vesel en hoë VP.
C nou NR en ʼn hoë VP.
D wye NR en ʼn lae vesel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.1.4 Die skets hieronder toon die proses wat help in die vertering van ʼn
herkouer.
Voedsel
Spiere trek saam
Voedsel word
langsaam gedruk deur
die sametrekking van
spiere
Spiere ontspan
Gedurende die proses hierbo gebeur die volgende:
Kies die korrekte kombinasie:
(i) Die spiere bokant die bolus trek saam en stoot die kos afwaarts.
(ii) Die spiere onderkant die bolus ontspan en stoot die kos
opwaarts.
(iii) As die tempo waarteen proses plaasvind vertraag, sal kos stadig
beweeg en hardlywigheid veroorsaak.
(iv) Die spiere onder die bolus verslap en laat kos afwaarts beweeg.
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.5 Plaasdiere is homeotermies want hul liggaamstemperature ...
A is gewoonlik effens laer as die omgewing.
B is hoog wanneer die omgewingstemperatuur hoog is.
C fluktueer saam met die fluktuasie van omgewingstemperatuur.
D is gewoonlik effens hoër as omgewingstemperatuur.
1.1.6 Die eiers van ʼn lewerslak word vanuit die ... in die feses uitgeskei.
A gal
B bloed
C urine
D limf
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.7 Die volgende stellings is verwant aan ekstensiewe diereproduksie
sisteem:
(i) Groot area oppervlakgrond met ʼn lae produksie.
(ii) Lae kapitale insette met lae produksie uitsette.
(iii) Min bestuur en beheer van die omgewing.
(iv) Hoë produksie uitsette en hoë insette.
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.8 Die stadium van hofmakery tydens paring word gekarakteriseer deur ...
A vrystelling van semen in die voorste gedeelte van die vagina.
B pronkgedrag van manlike dier as gevolg van feromone.
C koei laat toe dat bul op haar klim.
D druk van manlike orgaan deur sigmoïedale spier.
1.1.9 Die volgende stellings is NIE ʼn nadeel van kunsmatige inseminasie NIE:
A Semen van superieure bulle word gebruik.
B Ongewenste eienskappe word na nageslag oorgedra.
C Toetsing, stoor van semen en inseminering is duur.
D Op-hitte bepaling is moeilik in ekstensiewe kondisies.
1.1.10 Die korrekte volgorde in die ontwikkeling van die ovum na bevrugting
is …
A sigoot blastosiet morula inplanting.
B sigoot inplanting blastosiet morula.
C sigoot morula inplanting blastosiet.
D sigoot morula blastosiet inplanting. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.2 Dui aan of elk van die volgende stellings in KOLOM B van toepassing op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM A is.
Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die vraagnommer
(1.2.1 tot 1.2.5) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 SLEGS B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A Abomasum Mikro-organismes hidroliseer proteïen na
B Duodenum aminosure
1.2.2 A Piridoksien Pyn en swak koördinasie van die agterpote van
B Cobalamien varke
1.2.3 A Bestaans
Laer bydraer tot omgewingsbesoedeling
B Kommersieel
1.2.4 A Rooiwater
Oorgedra deur ʼn drie-gasheer bosluis
B Hartwater
1.2.5 A Kopulasie Die proses vervang deur kunsmatige
B Ejakulasie inseminasie
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.3.1 ʼn Klier in die spysverteringskanaal wat beide verteringssappe en
hormone vrystel
1.3.2 Die aantal hoenders per vierkante meter oppervlak in ʼn braaikuiken
fasiliteit
1.3.3 Die tipe mikro-organisme wat bek-en-klouseer veroorsaak in vee
1.3.4 Die onvermoë van ʼn bul om ʼn koei te dek al toon hy belangstelling
1.3.5 Die getal sperme in een milliliter van ejakulaat (5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD/E in elk van die volgende stellings
om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer
(1.4.1 tot 1.4.5 ) in die ANTWOORDEBOEK.
1.4.1 Molasse is die stof wat as ʼn goedkoop nie-proteïen bron vir herkouer
diere gebruik word.
1.4.2 Die verlies van hitte as ʼn dier met ʼn kouer oppervlak in kontak is word
ekskresie genoem.
1.4.3 Ektoderm is ʼn laag wat die embrio omhul waaruit die hart, skelet en
uro-genitale sisteem ontwikkel.
1.4.4 Voorstelling verwys na die posisie van die kop en ledemate in
verhouding met die liggaam.
1.4.5 Prostaat is ʼn paar kliere wat om die uretra gerangskik is wat vloeistof
afskei wat die uretra skoonmaak en smeer voor ejakulasie. (5 x 1) (10)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Diagram hieronder verteenwoordig die spysverteringskanaal van ʼn plaasdier.
A
D
B G
C E
F
H
I
2.1.1 Klassifiseer die dier voorgestel deur die diagram hierbo. (1)
2.1.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.1 sigbaar in die diagram
hierbo. (1)
2.2 Identifiseer die letter in die diagram hierbo wat die deel verteenwoordig waar die
volgende gebeur:
2.2.1 Dit open om die pulp te beweeg (1)
2.2.2 Brunnerkliere skei ʼn vloeistof af wat die effek van sure keer (1)
2.2.3 Fermentasie van onverteerde voedsel deur mikro-organismes (1)
2.2.4 Skommel van bolus en gastriese sappe om spysbry te vorm (1)
2.2.5 Voedsel word meestal geabsorbeer (1)
2.3 Ureum en biuret is nie-proteïen stikstof verbindings wat slegs aan herkouers
gegee word. Ureum moet met baie sorg aan herkouers gegee word.
2.3.1 Gee ʼn rede hoekom ureum meer giftig as biuret is. (1)
2.3.2 Verskaf ʼn voorsorgmaatreël wat ʼn boer kan toepas om
ureumvergiftiging in lekke te voorkom. (1)
2.3.3 Noem TWEE maniere hoe ʼn boer ureum op ʼn veilige, korrekte manier
kan supplementeer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
2.4 Jong kalfies is nie regtig herkouers as hulle gebore word nie. Funksioneel is
hulle monogastries.
2.4.1 Stel TWEE redes voor vir die stelling hierbo. (2)
2.4.2 Gee die periode wanneer die mikrobiese populasie in die kalfie
ontwikkel. (1)
2.4.3 Gee TWEE maniere hoe die kalfie ʼn uit die teenwoordigheid van ʼn
mikrobiese populasie voordeel trek. (2)
2.5 Die tabel hieronder toon die bruto energiewaardes sowel as die energieverliese
per kg in ʼn 5 kg voer gevreet deur ʼn koei
ENERGIE WAARDES (J/kg) WAARDES (J/5 kg)
Bruto energie 18,5 92,5
Energie in feses 8,5 42,5
Energie in urine 1,2 6
Energie verlies in hitte 1,8 9
Energie in metaan 2,5 12,5
2.5.1 Bereken die verteerbare energiewaarde in 5 kg voer ingeneem deur
die koei. (2)
2.5.2 Bepaal die hoeveelheid energie wat vir groei en produksie beskikbaar
sal wees. (3)
2.6 ʼn Suiwelboer meng mieliemeel en grondboontjieoliekoekmeel in ʼn verhouding
22 : 7,5 om ʼn voer met ʼn DP van 18% te maak.
Bereken die persentasie grondboontjieoliekoekmeel in die mengsel. (3)
2.7 ʼn Suiwelboer het 100 koeie op ʼn 500 ha weiveld wat 1 200 kg DM per dag vir
die eerste 6 maande en 650kg/dag gedurende die laaste 6 maande verskaf.
Die gemiddelde daaglikse behoefte om optimaal te produseer is 60 kg met 70%
konsentraat en 30% vesel vir die dier.
2.7.1 Bereken die maandelikse konsentraat vereistes vir hierdie koeie. (3)
2.7.2 Bereken die voerbehoeftes benodig teenoor die voer beskikbaar
tydens die laaste 6 maande in ton. (4)
2.7.3 Lewer kommentaar op die hoeveelheid weiveld beskikbaar gedurende
die laaste ses maande en of dit genoeg vir die melkkoeie is. (2)
2.8 Identifiseer die supplement wat die boer kan oorweeg om in die volgende
gevalle te gebruik:
2.8.1 Om beeste in ʼn voerkraal te kalmeer (1)
2.8.2 Beheer skadelike mikro-organismes in hoenders om groei te bevorder (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin die vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die diagramme hieronder illustreer die fasiliteite gebruik in ʼn produksiesisteem.
A B
diere
stumring 2m
10,6 m
opening om
voer te bring
diere 1,3 m
swaaihek
3.1.1 Identifiseer die fasiliteite gemerk A en B. (2)
3.1.2 Wys die fasiliteit uit die diagram hierbo wat gebruik kan word vir elk
van die volgende doeleindes:
(a) Sorteer diere tydens veeveiling (1)
(b) Voer van diere volgens hul spesifieke behoeftes (1)
3.1.3 Die fasiliteit in B kan gebruik word om diere na ʼn vervoertrok te lei.
Noem DRIE riglyne om te onthou as koeie met kalfies geskuif word. (3)
3.2 Plaasdiere moet reg hanteer word wanneer sekere bestuurpraktyke toegepas
word.
Gee ʼn rede vir elkeen van die voorsorgmaatreëls wanneer diere hanteer word:
3.2.1 Gebruik van ʼn herkenbare stimuli bv. aanraking van die koei (1)
3.2.2 Nie skree wanneer jy met diere werk (1)
3.2.3 Groepering van diere voor hulle vervoer word (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
3.3 Die illustrasie hieronder toon verskillende areas om in gedagte te hou wanneer ʼn
dier benader word.
A
B
C
D
Gee die letter wat die volgende posisies aandui:
3.3.1 Die afstand wat die diere tussen hulleself en ʼn moontlike gevaar
handhaaf (1)
3.3.2 Die punt van balans (1)
3.3.3 Die area vanwaar ʼn dier sal skop wanneer dit benader word (1)
3.3.4 Die hanteerder beweging inisieer (1)
3.4 Vergelyk in ʼn tabel bestaansboerdery en kommersiële produksie-sisteem aan
die hand van die volgende:
3.4.1 Doel (2)
3.4.2 Bestuur (2)
3.5 Die ernstigheid van ʼn siekte hang af van hoe lank die toestand duur en hoe
vinnig dit ontwikkel. Die tabel hieronder toon die vlakke van ernstigheid van die
siektes.
Vlakke van ernstigheid Tydperk van siekte Impak op dier
A Langer periode Matig
Per-akuut B Nie-dodelik
C Kort periode D
3.5.1 Identifiseer A, B, C en D. (4)
3.5.2 Identifiseer die bakteriese siekte wat dodelik is binne ʼn paar uur na
infeksie indien dit nie dadelik raakgesien word nie. (1)
3.5.3 Stel TWEE maniere voor waarop ʼn boer die verspreiding van siekte
genoem in VRAAG 3.5.2 uit die dooie dier kan voorkom. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.6 Die prentjie hieronder toon die lewensiklus van ʼn algemene parasiet gevind in
skape.
A
B
3.6.1 Gee die naam van die parasiet hierbo. (1)
3.6.2 Gee die letter wat die deel verteenwoordig waar die volgende
plaasvind:
(a) Die larwe papies uitbroei (1)
(b) Die eiers in die neusholte gedeponeer word (1)
3.6.3 Voorspel in watter seisoen die parasiet gewoonlik voorkom. (1)
3.6.4 Die parasiet-infestasie is sigbaar in die gasheer.
Noem DRIE tekens wat sigbaar is wanneer ʼn skaap met die parasiet
infesteer is. (3)
3.7 Omskryf die rol van die staat om die volgende te verseker:
3.7.1 Vleis word nie gekontamineer tydens die slagproses nie (1)
3.7.2 Voorkoming van siektes vanaf oorsese diere (1)
3.7.3 Voorkoming van die uitbreek van aanmeldbare aansteeklike siektes (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin die vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die illustrasie hieronder toon die stappe betrokke in ʼn reproduktiewe proses.
B C
A
Embrio herwinning
D
E
Nie-chirurgies Kalf 9 maande
Swangerskaptoets
1 tot 3 maande
4.1.1 Identifiseer die reproduktiewe proses hierbo getoon. (1)
4.1.2 Noem TWEE hormone wat stap A inisieer. (2)
4.1.3 Verskaf die naam gegee aan die dier gemerk A. (1)
4.1.4 Gee die temperatuurvereiste by punt D as die prosedure vir tot 8 ure
vertraag word. (1)
4.1.5 Verduidelik hoe die boer voordeel kan trek uit die proses deur die
volgende:
(a) Nie-produserende en ouer koeie (1)
(b) Ekonomiese voordeel (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
4.2 In vroulike diere gebeur daar talle reproduktiewe en hormoonveranderings van
die een hitte-periode tot die volgende. Die veranderings geskied in fases en
word gekenmerk deur kenmerkende eienskappe. Hieronder is die eienskappe vir
elke stadium:
A B
Estrogeen bereik sy hoogste vlak Corpus luteum bereik sy
en stimuleer die afskeiding van piek en FSH-vlakke is laag
luteniseringshormoon. vir ongeveer 280 dae.
Dit hou 2 tot 3 dae en corpus Lae vlakke van estrogeen
luteum breek af. Are van en progesteroon vlakke
voortplanting vermeerder. begin styg.
D C
4.2.1 Pas die eienskappe gemerk A, B, C en D by die fases van die siklus. (4)
4.2.2 Toon die letter wat die stadium verteenwoordig waar die volgende
gebeur:
(a) Graafse follikel bars oop om ovum vry te stel (1)
(b) Ovum gaan Fallopiusbuis binne vir bevrugting en die gebarste
follikel vorm corpus luteum (1)
4.3 Die diagram hieronder is die reproduktiewe sisteem van die bul.
F
A
B
C
E
D
4.3.1 Sê wat word voorgestel deur dele gemerk B, D en F in die diagram
hierbo. (3)
4.3.2 Stel TWEE aangebore defekte in die deel gemerk E voor wat tot totale
verlies van fertiliteit in bulle kan lei. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
4.4 Die bul mag gesond en normaal voorkom, maar het geen belangstelling in koeie
nie as gevolg van verskeie faktore.
Noem die faktor wat geassosieer word vir elk van die volgende gevalle:
4.4.1 Bul word gebruik regdeur die ploegseisoen (1)
4.4.2 Ongebalanseerde bul/koei verhouding (1)
4.4.3 Jong bul wat in isolasie grootgemaak word (1)
4.4.4 Verkeerde hantering en sorg (1)
4.5 Die tabel hieronder toon die melkproduksie in twee groepe lakterende koeie oor
25 weke.
MELKPRODUKSIE (liters)
WEKE GROEP 1 GROEP 2
1 5 10
5 10 15
7 30 35
10 25 20
15 15 10
20 13 7
25 10 5
4.5.1 Teken ʼn lyngrafiek om die melkproduksie van ALTWEE groepe te toon
oor die 25 weke. (6)
4.5.2 Toon die tendens van melkproduksie vir beide groepe oor die 25 weke. (1)
4.6 Die diagram hieronder toon die lae wat die fetus omring.
A
B
D C
E
F
Skryf neer die letter en die naam van die laag waar die volgende gebeur:
4.6.1 Versamel die urine van die ongebore kalf (2)
4.6.2 Laat nutriëntopname toe, afval eliminasie deur die moeder (2)
4.6.3 Heg die fetus aan die vratjies (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Agricultural Sciences P1 May-June 2025 Eng.pdf

Question paper
AGRIC SCIENCES GR12 QP JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AGRIC SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2024_Sesotho_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Agricultural Sciences P2 Nov 2024 Afr.pdf

Question paper
Agricultural Sciences P1 Nov 2024 MG Afr.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
AGRIC SC P2 GR12 SEPT 2016 QP AFR_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Agricultural Sciences P1 May June 2016 Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
AGRSC P1 GR12 QP ENG SEPT2015_hlayiso.com_.pdf
Question paper
AGRSC P1 GR12 QP ENG SEPT2014_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Gr12 AGRS P1 QP Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Agricultural Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2025_English_watermark.pdf
Memorandum
Agricultural Sciences P1 May-June 2025 MG Afr.pdf

Memorandum
Agricultural Sciences P2 May-June 2025 MG Eng.pdf

Memorandum
AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2024_English_hlayiso.com_.pdf
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum