Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LANDBOUWETENSKAPPE V1
2015
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)






View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 492.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/2015
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekenings, ingeslote die formules, waar toepaslik en rond die
antwoorde tot TWEE desimale plekke af.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/2015
SSE
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 Die deel van die spysverteringskanaal by pluimvee wat voedsel stoor,
week en natmaak:
A Krop
B Proventrikel
C Ventrikel
D Kloaak
1.1.2 … is 'n oplosmiddel en vervoermedium tydens die absorpsie van
voedsel en minerale.
A Gal
B Bolus
C Duodenale vloeistof
D Water
1.1.3 Die opbring van voedsel vanuit die retikulorumen na die bekholte
word deur ... veroorsaak.
A hoë suurgehalte in die retikulorumen
B die teenwoordigheid van growwe materiaal in die rumen
C 'n toename in die aantal protosoë
D die akkumulasie van metaan- en koolstofdioksiedgas
1.1.4 Die volgende kan met 'n spanningsvolle toestand by varke
geassosieer word:
A Eet oorhaastig
B Lê kalm/rustig
C Knibbel aan maag
D Rondrol in water
1.1.5 Skape se sterte word afgesit om …
A diere vir landbouskoue gereed te maak.
B wol- en vleisgehalte direk te verbeter.
C doeltreffende paring te verbeter en om brommerbesmetting te
voorkom.
D hulle vermoë om ruvoer te verteer, te verbeter.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/2015
SSE
1.1.6 Die mees aanbevole voorkomingsmaatreël wanneer plaasdiere
vervoer word:
A Manlike en vroulike diere moet saam vervoer word.
B Ry wanneer die paaie nie besig is nie sodat jy vinnig kan ry.
C Skape, bokke en beeste moet saam vervoer word.
D Maak seker dat die op-/aflaaibanke hoog en sterk genoeg is.
1.1.7 Die volgende is voorbeelde van bakteriese siektes by plaasdiere:
A Hondsdolheid, mastitis en koksidiose
B Tuberkulose, miltsiekte en mastitis
C Varkgriep, rooiwater en klontwol
D Omlope, anaplasmose/galsiekte en mastitis
1.1.8 Die bevrugtingsproses van die ovum deur die spermatosoön vind in
die … plaas.
A Fallopiusbuis
B serviks
C uterus
D melkkliere
1.1.9 Oögenese in diere vind in die … plaas.
A spermatogonium
B corpus luteum
C oviduk
D ovarium
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/2015
SSE
1.1.10 Die orgaan wat D gemerk is in die diagram hieronder, bevat
Sertoli-selle wat … vervaardig.
A
B
C
D
A spermatosoë
B testosteroon
C voedingstowwe vir die spermatosoë
D die geslagsdrang (10 x 2) (20)
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 Slegs B.
Voorbeeld: 1.2.6 KOLOM A KOLOM B
A: Ruvoer
'n Voer met 'n hoë persentasie TVV
B: Kragvoer
Antwoord: 1.2.6 Slegs B
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Beenmeel
Bron van vitamien A
B: Groen lusern
1.2.2 A: Myte en brommers
Eksterne parasiete
B: Bosluise en myte
1.2.3 A: Mielies
Giftige plante
B: Stinkblaar
1.2.4 A: Testosteroon Verantwoordelik vir die ontwikkeling
van sekondêre manlike
B: Relaksien geslagskenmerke
1.2.5 A: Perimetrium
Embriovlies
B: Tunica albugenia
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/2015
SSE
1.3 Gee EEN woord/term/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 'n Geutvormige struktuur wat melk direk vanaf die slukderm na die
abomasum van jong lammers vervoer
1.3.2 Die flora-bevolking in die retikulorumen wat vir die vertering van
ruvesel verantwoordelik is
1.3.3 Die kleur van die vlag of hulpmiddel wat aan 'n stok of paal
vasgemaak word om gevaar aan te dui as diere padlangs
aangejaag word
1.3.4 Die selverdelingsproses waardeur primêre spermatosiete in
sekondêre spermatosiete verdeel
1.3.5 Die toestand waar tweelinge van die teenoorgestelde geslag in
dieselfde uterus van 'n koei ontwikkel en die vroulike kalf
onvrugbaar is (5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Die vergroting van die tiroïedklier by die vark is die gevolg van
'n selenium-tekort.
1.4.2 Verpilling is 'n proses waar graan verhit word om dit te laat uitsit en
om die smaaklikheid te verbeter.
1.4.3 Prostaglandiene word gewoonlik by dierevoer gevoeg om
spanning/stres te verlig en rustigheid te bevorder om groter
voedselinname te verseker.
1.4.4 Diere wat nie van die omgewingstemperatuur afhanklik is nie,
staan as poikilotermiese diere bekend.
1.4.5 Die hormoon wat vir die vrystelling van melk uit die uier
verantwoordelik is, is insulien. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/2015
SSE
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder stel die spysverteringskanaal van 'n plaasdier voor.
A
B
J
C G
D
H
E
I
F
2.1.1 Identifiseer die soort dier wat in die diagram hierbo voorgestel word. (1)
2.1.2 Motiveer die antwoord op VRAAG 2.1.1 deur DRIE strukture in die
diagram hierbo te benoem. (3)
2.1.3 Skryf die letter (A–J) van die deel neer waar elk van die volgende
plaasvind:
(a) Uitskeiding (1)
(b) Mikrobiese fermentasie (1)
(c) Meganiese vertering (1)
2.2 Die data hieronder is tot 'n boer se beskikking om 'n rantsoen vir melkkoeie in
vroeë laktasie te formuleer.
VEREISTE VERTEERBARE
VERTEERBARE VOER PROTEÏENWAARDE
PROTEÏENWAARDE (VP) (VP) (%)
Mielies 9%
17%
Sojaboon-oliekoek 44%
2.2.1 Gebruik die Pearson-vierkantmetode om hierdie rantsoen te balanseer. (3)
2.2.2 Bereken die persentasie mielies en sojaboon-oliekoek wat in die
rantsoen benodig word. Toon AL die berekeninge. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/2015
SSE
2.3 Die grafiek hieronder stel die produksie van lusern oor 'n tydperk van een jaar
voor.
2.3.1 Bereken die totale hoeveelheid lusern (kg/DM) benodig per jaar
indien 600 kg lusern per maand benodig word. (2)
2.3.2 Bepaal vanaf die grafiek of daar genoeg voer vir die diere vir 'n
tydperk van een jaar sal wees. Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
2.3.3 Lei van die grafiek af watter maand die hoogste produksievlak
sal hê. (1)
2.3.4 Dui TWEE alternatiewe voere aan wat in die voerbehoeftes van die
diere sal voorsien sonder dat party van hulle verkoop word, in
geval die boer nie genoeg lusern produseer nie. (2)
2.4 'n Sog het 'n werpsel van tien varkies in 'n betonjonghok. Nadat die varkies
gespeen is, word waargeneem dat die varkies aan 'n ystertekort ly.
2.4.1 Wat is die toepaslike term vir 'n ystertekort? (1)
2.4.2 Noem DRIE sigbare tekens wat geassosieer word met die toestand
wat in VRAAG 2.4.1 genoem is. (3)
2.4.3 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat getref kan word om hierdie
toestand by jong varkies te voorkom. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/2015
SSE
2.5 'n Kragvoerrantsoen is vir melkkoeie geformuleer en ontleed. Hierdie rantsoen
het 'n samestelling soos in die tabel hieronder aangedui.
VERTEERBARE TOTALE VERTEERBARE
PROTEÏENE (%) VOEDINGSTOWWE (%)
10 80
2.5.1 Bereken die voedingsverhouding van hierdie rantsoen. Toon AL
die berekeninge. (4)
2.5.2 Dui die geskiktheid van hierdie rantsoen vir melkkoeie aan. (1)
2.5.3 Gee TWEE redes om die antwoord op VRAAG 2.5.2 te staaf. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/2015
SSE
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Twee boere, BOER A en BOER B, het elk 'n intensiewe
produksieonderneming met jong lammers begin. Die lammers se hokke
verskil met betrekking tot uitleg, soos in die tabel hieronder aangedui.
BOER A BOER B
Hokke is lank en smal Hokke is breed
Van oos na wes georiënteer Front noord
Op 'n effense helling gebou Op gelyk grond gebou
Sementvloere Grondvloer
Droë beddegoed Raak modderig wanneer dit nat is
3.1.1 Gee 'n redes waarom BOER A die lammers se hokke soos volg
uitgelê het:
(a) Op 'n effense helling gebou (1)
(b) Droë beddegoed (1)
(c) Sementvloer (1)
(d) Lang, smal hokke wat van oos na wes georiënteer is (1)
3.1.2 Verduidelik die uitwerking van die volgende toestande op BOER B
se produksie:
(a) Hokke wat noord front (2)
(b) Modderige vloer (2)
(c) Op gelyk grond gebou (2)
3.2 Die tabel hieronder verteenwoordig die voerverbruik en gemiddelde
gewigstoename van vleisbeeste.
GEMIDDELDE VOERVERBRUIK GEMIDDELDE GEWIGSTOENAME
(KILOGRAM PER DAG) (GRAM PER DAG)
1 80
2 160
3 240
4 320
5 400
6 475
3.2.1 Gebruik die data in die tabel en teken 'n lyngrafiek om die
gemiddelde voerverbruik en gemiddelde gewigstoename van
vleisbeeste aan te dui. (6)
3.2.2 Lei die verhouding tussen voerverbruik en gewigstoename uit die
grafiek af. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/2015
SSE
3.3 Die diagram hieronder dui verskillende stadiums van die lewensiklus van
'n parasiet aan.
F
A
E
B
C
D
3.3.1 Gee die naam en dui die soort parasiet aan wat hierbo uitgebeeld
word. (2)
3.3.2 Klassifiseer die parasiet volgens sy lewensiklus soos in die
diagram hierbo aangedui. (1)
3.3.3 Skryf die letter (A–F) neer wat elk van die volgende stadiums in die
lewensiklus van die parasiet in die diagram hierbo verteenwoordig:
(a) Die larwes wat uit die eiers broei (1)
(b) Die nimf wat op die tweede gasheer sal voed (1)
(c) Die bosluis wat op die derde gasheer sal voed (1)
(d) Die eerste gasheer (1)
3.3.4 Noem TWEE skadelike uitwerkings wat hierdie parasiet op
lewende hawe kan hê. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/2015
SSE
3.4 Die bewerkbare grond op 'n sekere plaas word gewoonlik vir verskillende
gewasse en aangeplante weiding, party onder besproeiing, gebruik. Die
weidingsgewasse wat besproei word, word vir melkbeeste en skape in 'n
voerkraal gebruik.
Op die natuurlike weiding word bome geplant en 'n wisselweidingstelsel, met
die korrekte veelading, word met kommersiële Nguni-beeste beoefen.
3.4.1 Definieer die term intensiewe produksiestelsel. (2)
3.4.2 Verskaf bewyse van TWEE intensiewe produksiestelsels in die
scenario hierbo. (2)
3.4.3 Gee TWEE redes waarom bome op natuurlike weiding aangeplant
word. (2)
3.4.4 Noem die wetenskaplike term vir die boerderystelsel wat met die
kommersiële Nguni-beeste beoefen word. (1)
3.4.5 Dui aan hoe die voerkraal die drakrag op die plaas kan beïnvloed. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/2015
SSE
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die sirkelgrafiek hieronder stel die estrussiklus in koeie voor.
Stadiums van die estrussiklus by
koeie
4.1.1 Dui aan hoe lank (in dae) die estrussiklus by niedragtige koeie
duur. (1)
4.1.2 Watter persentasie in die sirkelgrafiek stem ooreen met die
stadium wanneer die koei paring met 'n bul sal toelaat? (1)
4.1.3 Noem die stadium en die hormoon wat vir die toestand in
VRAAG 4.1.2 verantwoordelik is. (2)
4.1.4 Dui die hormoon aan wat vir elk van die volgende persentasies,
soos voorgestel in die sirkelgrafiek, verantwoordelik is:
(a) 4% (1)
(b) 12% (1)
(c) 15% (1)
(d) 69% (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/2015
SSE
4.2 'n Boer het vier bulle en 100 koeie op 'n plaas aangehou. Die bulle is almal op
geheimsinnige wyse gesteel. Die boer het nie geld gehad om die bulle te
vervang nie en moes toe ander opsies oorweeg.
'n Landbouvoorligtingsbeampte het die boer aangeraai om die gebruik van
kunsmatige inseminasie (KI) te oorweeg.
4.2.1 Definieer die term kunsmatige inseminasie. (3)
4.2.2 Noem TWEE voorvereistes om kunsmatige inseminasie suksesvol
uit te voer. (2)
4.2.3 Maak 'n lys van DRIE verdunningsmiddels wat algemeen gebruik
word om semen te verdun. (3)
4.2.4 Stel EEN metode voor wat 'n boer kan toepas sodat koeie 'n
nageslag sal voortbring sonder dat KI gebruik word. (1)
4.3 Plaasdiere moet geslagsryp wees en gesonde en lewensvatbare gamete
produseer. Dit moet met die paringsproses opgevolg word wanneer die
vroulike diere bronstig is.
4.3.1 Noem die VYF stadiums van paring in chronologiese volgorde. (5)
4.3.2 Maak 'n lys van DRIE faktore wat die paringsgedrag by bulle
reguleer. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/2015
SSE
4.4 Die illustrasie hieronder toon die ontwikkelende embrio in die uterus van
'n koei.
4.4.1 Skryf die letter (A–H) en die naam van die struktuur in die illustrasie
hierbo neer wat by elk van die volgende beskrywings pas:
(a) Die struktuur wat bloed van die moeder en die fetus in nabye
kontak bring sonder dat dit meng (2)
(b) Die membraan wat die embrio teen skok en beserings
beskerm (2)
(c) Die membraan wat die fetus naaste aan die uterus van die
moeder omring (2)
4.4.2 Noem DRIE funksies van die deel wat B gemerk is. (3)
4.4.3 Noem die stof wat deur die membraan wat A gemerk is, omring word. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
Related documents

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum