Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LANDBOUTEGNOLOGIE
2021
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2021 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Technology question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 567.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC June Exam 2021
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 2 DBE/2021
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.1 Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
en AFDELING B.
1.2 ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.
1.3 Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
1.4 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
1.5 Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
1.6 Skryf netjies en leesbaar.
2. AFDELING A: KORTVRAE
2.1 Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.
2.2 Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.
3. AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE
3.1 Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.
3.2 Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 3 DBE/2021
SS/NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 … kameras word op hommeltuie geïnstalleer om waarneming in
die nag te doen.
A Seismiese
B Radar-
C Infrarooi
D Doppler- (2)
1.1.2 'n … word gebruik om groot ronde bale veilig op 'n vragmotor
te laai.
A Katrol
B Driepunt-hystoestel
C Laaibank
D Vurkvoorlaaigraaf (2)
1.1.3 'n Toestel wat in 'n sonkraglaaistelsel geïnstalleer word wat
voorkom dat die battery oorlaai:
A Multimeter
B Transformator
C Reguleerder
D Omsetter (2)
1.1.4 ... word NIE met 'n trekker se lopende uitgawes geassosieer NIE.
A Depresiasie
B Brandstof
C Arbeid
D Toesighouding (2)
1.1.5 … is 'n term wat met landbou geassosieer word, waar alle
plaastoerusting en onderdele aan sekere algemene vereistes moet
voldoen.
A Presisieboerdery
B Standaardisering
C Meganisasie
D Produksie (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 4 DBE/2021
SS/NSS
1.1.6 'n Materiaal wat effektief as 'n seël rondom die deur van 'n
koelkamer gebruik kan word:
A Vesconite
B Glasvesel
C Teflon
D Rubber (2)
1.1.7 Die … bepaal die volume van die gasvloei wanneer met 'n
oksiasetileenstel gesweis word.
A snyhefboom
B grootte van die spuitstuk
C grootte van die silinders
D terugflitsweerder (2)
1.1.8 Die tande van hierdie tipe rat loop teen 'n hoek oor die buite-
omtrek van die rat:
A Sperrat
B Reguittandrat
C Kransrat
D Heliese rat (2)
1.1.9 Die … kan effektief in 'n kettingaandryfstelsel gebruik word.
A V-band
B kettingrat
C visgraatrat
D wurmrat (2)
1.1.10 … is NIE 'n funksie van GPS-navigasiestelsels by moderne
stropers NIE.
A Opbrengsmonitering
B Outonome stuur
C Identifisering van 'n meganiese probleem
D Bepaling van posisie (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 5 DBE/2021
SS/NSS
1.2 Verander die ONDERSTREEPTE woord in elk van die volgende stellings om
dit WAAR te maak. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Trekker.
1.2.1 Gehoorverlies word met lang werkskofte, oormatige werkslading en
teistering geassosieer. (2)
1.2.2 Verskuif die koppelaar na neutraal nadat 'n trekker tot stilstand
gebring is wanneer 'n implement gekoppel word. (2)
1.2.3 Chroom as 'n legeringselement by vlekvrye staal verminder
sweisbaarheid. (2)
1.2.4 Die katalisator en versneller wat by glasveselherstelwerk gebruik
word, moet altyd apart gestoor word om vergiftiging te voorkom. (2)
1.2.5 Die hamers van 'n hamermeul moet gereeld vervang word om
vibrasie te voorkom. (2)
1.3 Kies 'n woord/term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 'n Hooffaktor wat in ag A saamgeperste lug
geneem moet word tydens
sweising in die oorhoofse B termiese beelde
oksiasetileenposisie
C lateks
1.3.2 Verwyder die gesmelte metaal
wanneer plasmasnywerk D spanningsmeter
gedoen word
E GPS
1.3.3 Sintetiese materiaal wat vir die
vervaardiging van higiëniese F gravitasie
handskoene gebruik word
G spilpunt
1.3.4 Gereedskap wat gebruik word
om die voginhoud van grond H navorsing
te bepaal
1.3.5 Tegnologie wat gebruik word
om areas met vertraagde groei
in 'n mielieland te bepaal
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 6 DBE/2021
SS/NSS
AFDELING B
VRAAG 2: MATERIAAL EN STRUKTURE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Vlekvrye staal, sagte staal, koper en aluminium is almal metale wat vir
verskillende toepassings op die plaas gebruik word.
2.1.1 Watter EEN van die metale hierbo kan vir die vervaardiging van
waterpype vir 'n plaashuis gebruik word? (1)
2.1.2 Gee 'n rede waarom die metaal, wat in VRAAG 2.1.1 genoem is,
die geskikste vir hierdie toepassing sal wees. (1)
2.1.3 Watter verbindingsmetode moet gebruik word om twee koperpype
permanent te las? (1)
2.1.4 Noem die metaal wat die beste vir die vervoer van melk in 'n
melkstal sal wees. (1)
2.1.5 Gee 'n rede waarom die metaal, wat in VRAAG 2.1.4 genoem is,
die geskikste vir hierdie spesifieke toepassing sal wees. (1)
2.1.6 Watter verbindingsmetode sal die geskikste wees om vlekvrye
staal permanent te las? (1)
2.1.7 Noem 'n metaal wat die mees ekonomiese vir die vervaardiging
van 'n plaashek sal wees. (1)
2.1.8 Noem 'n middel wat koper maklik kan wegvreet. (1)
2.1.9 Noem die metaal wat algemeen vir stoordoeleindes in die
voedselbedryf gebruik word. (1)
2.2 PVC-pype wat met PVC-sweisel gelas word, kan soms lek. Beveel DRIE
voorbereidingsprosedures aan wat gevolg moet word voor die kleefmiddel
aangewend word om 'n effektiewe las te verseker. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 7 DBE/2021
SS/NSS
2.3 Die prent hieronder toon 'n elektriese heining.
2.3.1 Beskryf die aardlekstelsel van die elektriese heining. (6)
2.3.2 Noem die soort draad wat NIE in die konstruksie van 'n elektriese
heining gebruik moet word NIE. (1)
2.3.3 Noem TWEE daaglikse aktiwiteite wat 'n boer moet uitvoer om 'n
elektriese heining behoorlik in stand te hou. (2)
2.4 Verduidelik waarom jy Vesconite as die beste materiaal sou aanbeveel om vir
die vervaardiging van busse te gebruik. (5)
2.5 Noem EEN elektriese eienskap van Teflon en gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
2.6 Noem VYF eienskappe wat op die veiligheidskerms wat op stropers gebruik
word van toepassing is. (5)
2.7 Gee TWEE redes vir die gebruik van geelkoper in plaas van koper by die
vervaardiging van elektriese verbindings. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 8 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 3: ENERGIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Noem TWEE alternatiewe energiebronne wat 'n turbine en 'n generator
gebruik om elektrisiteit op te wek. (2)
3.2 Die prent hieronder toon 'n fotovoltaïese sonpaneelstelsel van 3 000 watt.
3.2.1 Hoeveel van hierdie stelsels het jy nodig om genoeg krag aan 'n
6 kW-dompelpomp te voorsien. (1)
3.2.2 Bepaal of die panele in parallel of in serie gekoppel moet word.
Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
3.2.3 Gee 'n rede vir die gebruik van silikon in die vervaardiging van
sonkragselle. (1)
3.2.4 Noem die laag van die sonkragpaneel wat negatiewe elektrone
dra. (1)
3.2.5 Wat kan gedoen word om te verseker dat daar ook gedurende die
aand elektrisiteit beskikbaar is as jy 'n sonkrag- elektriese stelsel
gebruik? (1)
3.2.6 Noem DRIE toepassings van elektriese sonpanele op 'n wildplaas. (3)
3.3 Noem VIER voordele van 'n geotermiese kragstasie. (4)
3.4 Noem VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer 'n geskikte ligging
vir die installeer van 'n windturbine op 'n plaas gekies word. (4)
3.5 Noem die proses wat gebruik word om etanol te vervaardig. (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 9 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die tabel hieronder toon vier sweisdefekte. Teken die tabel in jou
ANTWOORDEBOEK oor en skryf die antwoorde op VRAAG 4.1.1 tot 4.1.8
neer.
ILLUSTRASIE NAAM VAN GEE DIE MOONTLIKE
DIE OORSAKE
SWEISDEFEK
4.1.1 4.1.2
4.1.3 4.1.4
4.1.5 4.1.6
4.1.7 4.1.8
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 10 DBE/2021
SS/NSS
4.2 Die illustrasie hieronder toon die MIG-sweisproses. Benoem A–D.
B
A C
D
(4)
4.3 Die prentjie hieronder toon 'n oksiasetileen-snyapparaat.
4.3.1 Name TWEE tipes materiaal wat met die apparaat hierbo gesny
kan word. (2)
4.3.2 Verduidelik VYF stappe om te volg wanneer 'n reguit snit op 'n
10 mm dik sagtestaalplaat met 'n oksiasetileen-snyapparaat
gemaak word. (5)
4.3.3 Gee DRIE wenke om 'n hoë kwaliteit sweislas te verseker wanneer
oksiasetileen-sweiswerk in die oorhoofse sweisposisie gedoen (3)
word.
4.4 Scenario
Jy word versoek om 'n werksbank te ontwerp. Die mates van die werksbank
moet 1 200 mm x 600 mm x 900 mm (hoog) wees.
Materiaal benodig:
o Hoekyster van 50 mm x 50 mm x 5 mm
o Sagtestaalplaat van 2 500 mm x 1 200 mm x 5 mm
Gebruik skaal 1 : 100
Gebruik die inligting hierbo en teken 'n netjiese ontwerpskets van die
werksbank.
Punte sal soos volg toegeken word:
Ontwerp 2
Skaal (Toepassing) 1
Maatskrywing 2
Netheid 1 (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 11 DBE/2021
SS/NSS
4.5 Noem 'n gas wat tydens plasmasnywerk gebruik kan word om die gesmelte
metaal te verwyder. (1)
4.6 Gebruik 'n tabel en vergelyk die omsettersweismasjien ('inverter') met die
MIG-sweismasjien. (6)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 12 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 Die skets hieronder toon drie onderdele wat in 'n stelsel saamwerk.
5.1.1 Identifiseer die komponent in die skets wat as 'n konneksie tussen
die onderdele dien. (1)
5.1.2 Noem die middel wat gebruik word om die komponent wat in
VRAAG 5.1.1 geïdentifiseer is, te smeer. (1)
5.1.3 Noem EEN toepassing van die komponent wat in VRAAG 5.1.1
geïdentifiseer is. (1)
5.1.4 Noem TWEE meganismes wat in die aandryfstelsel van 'n
vierwielaandrywingvoertuig geïnstalleer word wat ontkoppeling
van aandrywing na die voorwiele moontlik maak en noem EEN
voordeel van ELKE meganisme. (4)
5.2 Dui die tipe hidrouliese silinder aan wat gebruik kan word om die vurk van die
baalhanteringsmeganisme te aktiveer wanneer geforseerde beweging in
omgekeerde rigtings verlang word. (1)
5.3 Gee die funksie van die voering van die koppelaarplaat soos in die
koppelaarsamestel van 'n voertuig gevind. (1)
5.4 Noem TWEE voordele van 'n ewenaarslot soos op 'n trekker gevind. (2)
5.5 Sommige kruiskoppelinglaers word sonder 'n ghriesnippel vervaardig. Noem
EEN voordeel van so 'n laer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 13 DBE/2021
SS/NSS
5.6 'n Elektriese motor is deur middel van katrolle en 'n V-band aan 'n sentrifugale
pomp verbind. Die pompkatrol het 'n deursnee van 450 mm en die elektriese
motor het 'n katrol van 150 mm.
5.6.1 Bereken die katrolverhouding van die elektriese motor na die
pomp. (Toon ALLE berekeninge.) (3)
5.6.2 Gee VIER redes waarom 'n boer V-bandaandryfstelsels bo
platbandaandryfstelsels sou verkies. (4)
5.6.3 Identifiseer die onderdeel wat in die omhulsel van die elektriese
motor geïnstalleer word om vrye rotasie van die rotor-as toe te laat. (1)
5.7 Blou rook wat by die uitlaatpyp van 'n trekker uitkom, dui op olie in die
ontbrandingskamer. Gee VIER moontlike oorsake vir die teenwoordigheid van
olie in die verbrandingskamer van 'n enjin. (4)
5.8 Beskryf die eienskappe van 'n funksionele koppelaar. (5)
5.9 Noem VIER onderdele wat op 'n tweedehandse trekker ondersoek moet word
voordat jy besluit om dit te koop. (4)
5.10 Noem die funksies van die volgende onderdele van 'n hamermeul:
5.10.1 Glygeut (1)
5.10.2 Sikloon (1)
5.11 Gee 'n rede hoekom die wiele van 'n voorlaaigraaf op die wydste moontlike
posisie gestel moet word. (1)
5.12 Beskryf die diensprosedures wat gevolg moet word wanneer 'n stroper vir die
oesseisoen voorberei word. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 14 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 6: WATERBESTUUR
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1 Noem VIER belangrike faktore wat in ag geneem moet word voor daar op 'n
relevante besproeiingsmetode besluit word. (4)
6.2 Wat is die hoofdoelwitte met besproeiingskedulering? (3)
6.3 Identifiseer TWEE strukturele probleme wat op die sproeier hieronder getoon
word wat effektiwiteit negatief kan beïnvloed.
(2)
6.4 Noem 'n toestel wat 'n boer kan gebruik om die verdampingstempo in
'n mielieland te meet. (1)
6.5 Teken 'n benoemde vryhandskets van 'n stapelriool-waterdreineringstelsel.
Punte sal soos volg toegeken word:
Ontwerp 1
Tekening 1
Byskrifte 4 (6)
6.6 Maak 'n lys van VYF items wat nooit in 'n huishoudelike septiese tenk gegooi
mag word nie. (5)
6.7 Gee DRIE redes waarom dit vir 'n boer noodsaaklik is om te weet hoe om die
vloeitempo in 'n watertoevoerpyp te bepaal. (3)
6.8 Die foto hieronder toon 'n spilpuntbesproeiingstelsel.
6.8.1 Noem DRIE voordele van spilpuntbesproeiingstelsels. (3)
6.8.2 Watter DRIE elemente word in die ontwerp van 'n
spilpuntbesproeiingstelsel ingebou om eweredige verspreiding van
water oor die hele lengte van die stelsel te verseker? (3)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2021 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2021 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2021 Memo (Eng)

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Agricultural Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Tech ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 November 2024 NSC Memo

Memorandum