Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LANDBOUTEGNOLOGIE
2022
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2022 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Technology question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 729.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC June Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.1 Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A
en AFDELING B.
1.2 ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.
1.3 Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
1.4 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
1.5 Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
1.6 Toon ALLE bewerkings.
1.7 Skryf netjies en leesbaar.
2. AFDELING A: KORTVRAE
2.1 Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.
2.2 Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.
3. AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE
3.1 Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.
3.2 Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 3 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Die soorte gasse wat by MIG-sweising gebruik word:
A Argon, helium en CO2
B Saamgeperste lug
C CO2 en suurstof
D Asetileen en argon
1.1.2 Tipiese spanningsomvang van die plasmasnymasjien:
A 10 to 100 volt
B 220 to 230 volt
C 20 to 50 volt
D 350 to 380 volt
1.1.3 'n Pneumatiese gereedskapstuk wat gebruik kan word om
wielmoere op 'n trekker los te draai:
A Skroefbektang ('Vice-grip spanner')
B Wringsleutel ('Torque wrench')
C Ratelsleutel ('Ratchet spanner')
D Lugsleutel ('Air wrench')
1.1.4 Watter EEN van die volgende word as 'n sekondêre bewerkings-
implement beskou?
A Ploeg
B Skoffelploeg ('Rotavator')
C Korsbreker ('Tiller')
D Skeurploeg ('Ripper')
1.1.5 'n Grassnyer se lem word uit ... vervaardig.
A koolstaal.
B vlekvrye staal.
C geelkoper.
D gietyster.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 4 DBE/2022
SS/NSS
1.1.6 Watter EEN van die volgende kan NIE gebruik word om
aandrywing vanaf die trekker na die waterpomp op 'n gewasspuit
te voorsien NIE?
A V-band
B Kragaftakas ('PTO shaft')
C Aandrywingsketting
D Plat band
1.1.7 Die ram-tipe baalmasjien word toegerus met 'n ... vas aan die kant
van die stamper om die hooi in die baalkamer van die res te skei.
A pak-arm
B lem
C naald
D awegaar
1.1.8 Hierdie aksie veroorsaak dat 'n windturbine minder doeltreffend
werk:
A Vermeerder die aantal lemme
B Verander die helling van die lemme om die oppervlakte te
vergroot
C Verander die rigting van die turbine sodat dit na die
aankomende wind wys
D Gebrek aan instandhouding
1.1.9 Die energie vasgevang in sonstrale:
A Kinetiese
B Statiese
C Son-
D X-strale
1.1.10 ... verander die bandstruktuur van vlekvrye staal en veroorsaak 'n
vermindering in slaankrag.
A Mangaan
B Nikkel
C Titaan
D Wolfram ('Tungsten') (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 5 DBE/2022
SS/NSS
1.2 Verander die ONDERSTREEPTE woord(e) in die volgende om die stellings
WAAR te maak. Skryf slegs die toepaslike woord(e) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Trekker.
1.2.1 Die swart gaspyp van die vlamsnyer is aan die asetileengassilinder
verbind.
1.2.2 Sweissoldering is 'n sweisproses waartydens verslete onderdele
met neerlegging van 'n slytbestande metaal opgebou kan word.
1.2.3 Lugbesoedeling is 'n ernstige gesondheidsrisiko wat spanning,
uitputting en skade aan die ore kan veroorsaak.
1.2.4 VTT-stelsels kan gebruik word om die presiese posisie tot op een
meter noukeurig aan te wys.
1.2.5 Ovaal bale word maklik hanteer en stoorplek word optimaal benut.
(5 x 2) (10)
1.3 Kies 'n woord of term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 'n Metode om mielies in nat A water
toestande te oes
B stroper
1.3.2 'n Hoofoorsaak van metaal-
verswakking op 'n hamermeul C nikkel
1.3.3 'n Sweisstaaf wat gebruik word D vuursteenaansteker ('flint
om gietysterdele te sweis lighter')
1.3.4 'n Materiaal wat met 'n MIG- E met die hand pluk
sweismasjien gesweis kan word
F aluminium
1.3.5 Die gereedskapstuk wat gebruik
word om die oksiasetileen- G vibrasie
sweisvlam aan te steek
H aansteker
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 6 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING B
VRAAG 2: MATERIAAL EN STRUKTURE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die foto hieronder toon 'n persoon wat 'n pakstuk ('gasket') vir 'n ewenaar-
deksel maak.
Noem DRIE moontlike faktore wat in aanmerking geneem moet word
wanneer 'n geskikte hegmiddel vir hierdie spesifieke toepassing gekies word. (3)
2.2 Bespreek die voordele van die gebruik van 'n waterkrip gemaak van glasvesel
eerder as staal. (3)
2.3 Noem VIER chemiese stowwe wat NIE enige uitwerking op Teflon het NIE. (4)
2.4 Die Vesconite-busse wat hieronder getoon word, is uit hoogs
gespesialiseerde, inwendig gesmeerde, termoplastiese polimere vervaardig.
2.4.1 Gee EEN rede waarom Vesconite in droë toepassings gebruik word
en verduidelik die antwoord. (2)
2.4.2 Noem TWEE omstandighede waar Vesconite doeltreffend op 'n
trekker gebruik kan word om bestaande metaalbusse te vervang. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 7 DBE/2022
SS/NSS
2.5 Metaalblikkies word vir die stoor en preservering van kos en drank gebruik.
2.5.1 Noem DRIE faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer
tin vir die vervaardiging van kosblikkies geïdentifiseer word. (3)
2.5.2 Dui TWEE kommersiële gebruike van tin aan, behalwe vir gebruik in
die voedsel-inmaakbedryf. (2)
2.6 Verduidelik TWEE eienskappe van bronsbusse wat dit geskikter maak vir
gebruik in implemente. (2)
2.7 Noem DRIE invloede van mangaan op vlekvrye staal. (3)
2.8 Die prent hieronder toon 'n geelkoperpasstuk. Regverdig die gebruik van
geelkoper eerder as koper vir die vervaardiging van waterkoppelstukke.
(2)
2.9 Die illustrasie hieronder toon 'n elektriese heining wat op 'n plaas gebruik
word om diere van mekaar te skei. Bestudeer die illustrasie en beantwoord
die vrae wat volg.
A
B
2.9.1 Identifiseer komponent A en B in die diagram. (2)
2.9.2 Wat is die maksimum spanning wat volgens wetgewing in die stelsel
hierbo toegepas kan word? (1)
2.9.3 Beskryf die daaglikse take wat uitgevoer moet word om 'n elektriese
heining in stand te hou. (2)
2.9.4 Verduidelik VIER grondtoestande wat 'n negatiewe effek op die
aardingsdoeltreffendheid van 'n elektriese heining kan hê. (4)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 8 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 3: ENERGIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die prent hieronder toon 'n windturbine.
3.1.1 Noem DRIE belangrike faktore wat in aanmerking geneem moet word
wanneer 'n windturbine geïnstalleer word. (3)
3.1.2 Verduidelik TWEE voordele van windturbines vir 'n plaaseienaar. (2)
3.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.2.1 Noem die halfgeleidende materiaal wat vir die vervaardiging van die
fotovoltaïese sonpanele gebruik word. (1)
3.2.2 Verduidelik die proses wanneer elektriese energie in 'n sonpaneel
opgewek word. (4)
3.3 Bespreek die voordele van 'n geotermiese kragstasie bo 'n steenkool-
kragstasie. (4)
3.4 Noem VIER voordele van biobrandstof. (4)
3.5 Noem TWEE hulpbronne vir die vervaardiging van metanol. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 9 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die diagram hieronder toon die snyspuitstuk ('nozzle') van 'n plasmasnyer wat
gebruik word om vlekvrye staal te sny.
4.1.1 Identifiseer onderdeel A. (1)
4.1.2 Identifiseer die probleem, wat deur pyl B aangedui word, wat kan
voorkom wanneer dik materiaal met die plasmasnyer gesny word. (1)
4.1.3 Stel 'n handeling voor om die probleem geïdentifiseer in
VRAAG 4.1.2, reg te stel. (1)
4.1.4 Noem TWEE soorte gas wat algemeen in die plasmasnyproses
gebruik word. (2)
4.2 Bestudeer die prent hieronder van die oksiasetileen-snyapparaat wat gebruik
word om metaal te sny en beantwoord die vrae wat volg.
4.2.1 Noem die TWEE gasse wat gedurende die oksiasetileen-snyproses
gebruik word. (2)
4.2.2 Maak 'n lys van die voordele van die gebruik van die oksiasetileen-
apparaat bo die plasmasnyer. (3)
4.2.3 Noem die belangrike veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word
wanneer met die oksiasetileen-snyapparaat gewerk word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 10 DBE/2022
SS/NSS
4.3 Die prent hieronder toon die MIG-sweisspuitstuk.
4.3.1 Beskryf die proses wanneer 'n verslete sweispunt vervang word. (4)
4.3.2 Verduidelik die gebruik van anti-spatselsproei tydens die MIG-
sweisproses. (2)
4.3.3 Gee VIER redes hoekom die sweisdraad nie glad deur die sweispyp
beweeg nie. (4)
4.4 Die tabel hieronder toon drie maatreëls wat die beweging van verskillende
laste tydens sweiswerk kan voorkom. Voltooi die tabel deur die voorkomings-
maatreëls in VRAAG 4.4.1 tot 4.4.3 te noem.
4.4.1
4.4.2
4.4.3
(3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 11 DBE/2022
SS/NSS
4.5 SCENARIO
Jy is gevra om 'n deur vir 'n perdestal te ontwerp en te vervaardig.
Die afmetings vir die stalopening is 2 000 mm x 1 000 mm.
Twee skarniere en 'n grendel moet aan die deur vasgeheg word.
Gegee:
Vierkantige pyp: 50 mm x 50 mm x 3 mm
Ronde staaf: 10 mm
Sagtestaalplaat: 1 000 mm x 1 000 mm x 3 mm
Twee skarniere en een grendel
Gebruik die inligting hierbo en teken 'n skets van die staldeur.
Punte sal soos volg toegeken word.
Ontwerp 1
Skarniere en grendel 2
Afmetings 2
Netheid 1 (6)
4.6 'n Boer moet 'n gebreekte implement in 'n land regmaak. Verduidelik waarom
hy/sy 'n omsettersweismasjien ('inverter welder'), aangedryf deur 'n generator,
eerder as 'n MIG-sweismasjien sal gebruik. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 12 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 Die prent hieronder toon 'n vyftien hektaar-lusernland.
5.1.1 Noem VYF basiese implemente wat gebruik kan word om lusern te
oes. (5)
5.1.2 Noem DRIE voordele van die gebruik van masjinerie in die
oesproses. (3)
5.1.3 Noem 'n ander manier wat gebruik kan word om lusern te sny. (1)
5.1.4 Noem EEN veiligheidstoestel wat op 'n baalmasjien geïnstalleer word
om die onderdele te beskerm sodat dit nie deur onvoorsiene
obstruksies beskadig word nie. (1)
5.2 'n Stroper is 'n baie duur masjien om mee te werk en 'n boer moet 'n
kosteberaming doen voordat hy/sy hierdie masjien vir oesdoeleindes wil
gebruik.
5.2.1 Gebruik die volgende inligting (belasting op toegevoegde waarde
uitgesluit) om die lopende koste van 'n stroper te bereken:
Brandstof R8 100,00
Olie R1 200,00
Filters R1 500,00
Arbeid R3 000,00
Onderdele R8 000,00
Toon ALLE bewerkings. (2)
5.2.2 Bereken die belasting op toegevoegde waarde (15%) betaalbaar op
die totale lopende koste van die stroper. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 13 DBE/2022
SS/NSS
5.3 Die grafiek hieronder illustreer die tydlyn van 'n nuwe trekker wat deur 'n boer
gekoop is. Die trekker is met 'n vyfjaar-diensplan gekoop.
Waarde van
trekker
Tydlyn in jaar
5.3.1 Gee 'n gepaste opskrif vir die grafiek. (1)
5.3.2 Bepaal die regte tyd om die trekker te verkoop deur die data in die
grafiek hierbo te analiseer EN gee TWEE redes vir jou antwoord. (3)
5.3.3 Noem DRIE stappe wat 'n boer kan doen om buitensporige
depresiasie op die waarde van tweedehandse implemente te
minimaliseer. (3)
5.4 Die prente hieronder illustreer drie komponente wat gebruik word om 'n
implement aan 'n trekker te koppel.
A B C
5.4.1 Identifiseer komponente A, B en C en noem TWEE funksies van ELK. (9)
5.4.2 Beskryf DRIE belangrike veiligheidsmaatreëls wat op komponent C
van toepassing is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 14 DBE/2022
SS/NSS
5.5 Die prent hieronder illustreer die DRIE hoofkomponente van 'n koppelaar-
samestelling.
5.5.1 Identifiseer komponente A, B en C. (3)
5.5.2 Gee VIER redes hoekom 'n trekker met 'n koppelaar toegerus word. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 15 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 6: WATERBESTUUR
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1 Bestudeer die prent van 'n spilpuntbesproeiingstelsel hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
6.1.1 Verduidelik die struktuur se vermoë om die swaar vrag van die
besproeiingstelsel te dra. (2)
6.1.2 Stel EEN moontlike oorsaak vir die verstopping van die
sproeierspuitstuk voor en gee 'n oplossing vir die probleem. (2)
6.1.3 Noem DRIE faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer
'n waterpomp vir die stelsel hierbo gekies word. (3)
6.2 Noem die proses wanneer 'n besproeiingsboer die korrekte frekwensie en
duur van watertoediening vir 'n gewas stel om plantegroei te maksimeer. (1)
6.3 Die prent hieronder toon 'n septiese tenk.
A
6.3.1 Identifiseer die komponent deur pyl A aangedui en noem die funksie
daarvan. (2)
6.3.2 Noem die vereistes wat nagekom moet word om hierdie septiese
stelsel funksioneel te hou. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 16 DBE/2022
SS/NSS
6.4 Die illustrasie hieronder toon 'n dreineringstelsel wat gebruik kan word om
versuipte landerye te dreineer.
6.4.1 Verduidelik die tegniese uitleg van hierdie dreineringstelsel. (3)
6.4.2 Noem 'n stelsel wat vinnig groot hoeveelhede water uit versuipte
landerye kan verwyder. (1)
6.4.3 Verduidelik 'n paar aspekte wat probleme kan veroorsaak as daar
geen dreineringstelsel rondom die buitegrense 'n gebou geïnstalleer
is nie. (3)
6.5 Die prente hieronder toon besproeiingstydhouers. Bestudeer die prente en
beantwoord die vrae wat volg.
A B
6.5.1 Identifiseer tydhouer A. (1)
6.5.2 Noem TWEE nadele van tydhouer B. (2)
6.5.3 Identifiseer die tydhouer (A of B) wat 'n meervoudige
programmeringsfunksie het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landboutegnologie 17 DBE/2022
SS/NSS
6.6 Noem DRIE voordele van die gebruik van die kraanwater-filtreerstelsel
hieronder getoon.
(3)
6.7 Beveel 'n moniteringstelsel aan vir ELK van die scenario's in die tabel
hieronder. Skryf die antwoorde langs die vraagnommers (6.7.1 en 6.7.2) in
die ANTWOORDEBOEK.
SCENARIO MONITERINGSTELSEL
Kontroleer die kunsmis-toedieningstempo 6.7.1
op 'n gewas noukeurig
Bepaal areas met ondergroei in 'n landery 6.7.2 (2)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2022 QP (Eng)

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2022 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2022 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Agricultural Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Tech ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Technology Grade 12 November 2024 NSC Memo

Memorandum