Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2021 QP (Afr)

Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape June 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 1220219 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2021 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EKSEMPLAAR) PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/JUNIE 2021) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte - en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. VRAAG PUNTE TYD SECTION (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 40 30 B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 30 vrae KEUSE: 3 40 30 Beantwoord enige TWEE. 4 40 30 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40 30 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) BESIGHEIDSTUDIES V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 Hierdie Wet voorkom onbillike bemarkingspraktyke: A Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) B Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) C Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) D Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) 1.1.2 Mega Meubels Vervaardiger het die … diversifikasiestrategie geïmplementeer wanneer hulle ook skooluniforms begin verkoop het. A konsentriese B horisontale C konglomerasie- D voorwaartse 1.1.3 Mpho Verskaffers betaal hulle werknemers … hul normale tarief wanneer hulle oortyd werk. A 2 en ʼn half keer B 1 en ʼn half keer C dubbel D driedubbel 1.1.4 Die rede vir die beëindiging van ʼn indienemingskontrak is … wanneer ʼn werknemers besluit om hom/haar werk vrywillig te verlaat. A bedanking B aflegging C herstrukturering D aftrede 1.1.5 ʼn Klein groepie vrywillige werkers wat gereeld bymekaarkom om gehalteverwante sake in die werkplek te bespreek: A Werknemerverteenwoordigers B Gehaltebestuurders C Vakbondverteenwoordigers D Gehaltesirkels (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/JUNIE 2021) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. verpligte; SEB (‘BEE’); aankope; eksterne; by; voorwaartse; bemarking; terugwaartse; BBSEB (‘BBBEE’); interne 1.2.1 Die … vertikale integrasie-strategie word gebruik wanneer ʼn besigheid met die verspreider van hul produk kombineer. 1.2.2 Die … is ʼn wet wat afdwingbaar is en moedig ʼn wyer groep voorheen benadeelde mense om aan die ekonomie deel te neem. 1.2.3 Daglig Ingelyf het … werwing gebruik wanneer hulle ʼn posisie vir ʼn nuwe produksiebestuurder in die plaaslike koerant geadverteer het. 1.2.4 Die …-funksie handhaaf optimale voorraadvlakke om uitputting van voorraad te vermy. 1.2.5 Jokes Bpk. bied selfoontoelae as ʼn …-voordeel om nuwe werknemers te lok. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) BESIGHEIDSTUDIES V1 5 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLUM A KOLUM B 1.3.1 SSGB (‘SWOT’)- A proses waartydens voorlopige analise onderhoude gehou word om geskikte aansoekers te identifiseer 1.3.2 Nasionale B analiseer die eksterne omgewing van Vaardigheids- ʼn besigheid ontwikkelingstrategie 1.3.3 Markontwikkeling C verskaf ʼn stelsel van krediete wat leerders ontvang wanneer hulle leerlingskappe voltooi 1.3.4 Plasing D ʼn inspeksie wat gedurende en na die produksieproses uitgevoer word om te verseker dat daar aan die vereiste standaarde voldoen word tydens elke stadium van die proses 1.3.5 Gehaltebeheer E besighede stel nuwe produkte in bestaande markte bekend F analiseer die interne en eksterne omgewing van ʼn besigheid G proses om ʼn nuwe werknemer se vaardighede en vermoëns by die vereistes van 'n pos te pas H verskaf loopbaanvoorligting en opleidingsentrums I besighede poog om hul bestaande produkte in nuwe markte te verkoop J ʼn inspeksie van die finale produk om te verseker dat dit aan die vereiste standaarde voldoen (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/JUNIE 2021) AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem TWEE tipes besigheidsektore. (2) 2.2 Beskryf kortliks die stappe vir strategie-evaluering. (6) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. MAJEED & FARZEEN VERVAARDIGERS (MFV) Majeed & Farzeen Vervaardigers spesialiseer in die vervaardiging van klere. Hulle het ʼn afname in verkope gesien as gevolg van sterk kompetisie en die besigheid sukkel. Majeed stel voor dat hulle sommige van die besigheid se bates moet verkoop, terwyl Farzeen eerder dink dat hul al die bastes moet verkoop om hul besigheidskuld af te betaal. Identifiseer die tipe defensiewe strategie wat deur Majeed en Farzeen voorgestel word. Motiveer jou antwoord deur aan te haal uit die scenario hierbo. (6) Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.3 te beantwoord. TIPE DEFENSIEWE MOTIVERING STRATEGIE Majeed Farzeen 2.4 Verduidelik hoe die ekonomiese faktor as ʼn PESTWO (‘PESTLE’)- elemente besighede kan uitdaag. (4) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WOLKE KONSTRUKSIE (WK) Wolke Konstruksie spesialiseer in die konstruksie van geboue. Die besigheid laat gereelde assessering van die werkplek deur inspekteurs toe, om sodoende die vlak van risiko waaraan hulle werknemers blootgestel word, te bepaal. Hulle is ook by KSOOO (‘CETA’) (Konstruksie SOOO ‘SETA’) geregistreer. 2.5.1 Identifiseer TWEE wette waaraan WK voldoen. Motiveer jou antwoord deur aan te haal uit die scenario hierbo. (6) Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.5.1 te beantwoord. WET MOTIVERING 1. 2. 2.5.2 Beskryf kortliks die rol van SOOO’s (‘SETAs’). (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) BESIGHEIDSTUDIES V1 7 2.6 Stel maniere voor waarop besighede die volgende pilare van BBSEB (BBBEE) in die werkplek kan toepas: 2.6.1 Bestuur (4) 2.6.2 Ondernemings- en verskafferontwikkeling (4) [40] VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Noem VIER aspekte wat by ʼn dienskontrak/indiensnemingskontrak ingesluit moet word. (4) 3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUPER SNACKS (SS) Super Snacks het Sue as die nuwe bemarkingsbestuurder aangestel. As deel van die induksieprogramme is sy ʼn toer van die besigheidsperseel gegee en het ook inligting rakende hulle produkte ontvang. Die bestuur van SS is bewus van die al die voordele van ʼn goeie induksieprogram. 3.2.1 Identifiseer die TWEE aspekte wat SS in hul induksieprogram ingesluit het uit die scenario hierbo. (2) 3.2.2 Verduidelik die voordele van induksie vir besighede. (6) 3.3 Onderskei tussen posbeskrywing en posspesifikasie. (8) 3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FUMA MEUBELS (FM) Fuma Meubels is ʼn groot besigheid wat spesialiseer in die vervaardiging van meubels. Kliënte word altyd versoek om terugvoering oor hul produkte te verskaf. Hulle laat ook gehaltebeheer inspeksies en prosedures by sleutel produksiepunte toe om hoë gehalte standaarde te verseker. 3.4.1 Identifiseer TWEE totale gehaltebestuur (TGB) (‘TQM’) elemente deur Fuma Meubels toegepas. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (6) Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.4.1 te beantwoord. TGB (‘TQM’) ELEMENT MOTIVERING 1. 2. 3.4.2 Beveel maniere aan waarop TGB (‘TQM’) die koste van gehalte kan verminder. (4) 3.5 Onderskei tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie. (4) 3.6 Analiseer die impak van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels as ʼn TGB (‘TQM’) element op groot besighede. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/JUNIE 2021) VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Noem DRIE tipes besigheidsomgewings en noem die mate waartoe ʼn besigheid ELK van hierdie omgewings kan beheer. (6) Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 4.1 te beantwoord. BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER 1. 2. 3. 4.2 Identifiseer die element van Porter se vyf kragte-model wat van toepassing is op Milky Melk in ELKE van die volgende stellings: 4.2.1 Merkwaardige Bottels is die enigste plek waarvan Milky Melk hul plastiekbottels kan aankoop. 4.2.2 Aarbei Melk lok meer kliënte as Milky Melk. (4) 4.3 Verduidelik die voordele van intensiewe strategieë vir besighede. (6) 4.4 Beveel TWEE maniere aan waarop besighede aan die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) kan voldoen. (4) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.5 Noem enige VIER gehalte-aanwysers van die bemarkingsfunksie. (4) 4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. EXPO TASSE (ET) Expo Tasse vervaardig en versprei tasse in die Oos-Kaap. Onlangs het hulle ʼn gehaltebestuurstelsel geïmplementeer wat tot verhoogte kliënte- tevredenheid gelei het. Hulle beeld het ook verbeter omdat daar minder foutiewe produkte is. 4.6.1 Identifiseer TWEE voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel van die scenario hierbo. (2) 4.6.2 Beskryf enige ander TWEE voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel. (4) 4.7 Verduidelik die verskil tussen stukwerk en tydsverwante salarisbepalings- metodes. (4) 4.8 Evalueer die impak van byvoordele op besighede. (6) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2021) BESIGHEIDSTUDIES V1 9 AFDELING C Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) reguleer die verhouding tussen werkgewers en werknemers. Besighede wat nie aan hierdie Wet voldoen nie, kan swaar boetes in die gesig staar. As ʼn kenner in huidige wetgewing, skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte: Beskryf kortliks die regte van werkgewers en werknemers volgens die WAV Verduidelik die doel van die WAV Bespreek die impak van hierdie Wet op besighede Gee besighede raad oor strafmaatreëls/gevolge wat vir die nienakoming van die WAV toegepas kan word. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE) FRUITY SAPPE (FS) Jaco is die menslike hulpbronnebestuurder van Fruity Sappe. Hy is verantwoordelik vir werwing en onderhoudvoering van voornemende kandidate vir vakante poste by Fruity Sappe. Die bestuur berei indiensnemingskontrakte wat voldeon aan die wetlike vereistes vir gekose kandidate voor. Fruity Sappe het ʼn aanstelling gemaak binne die voorskrifte van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998). Skryf ʼn opstel oor menslike hulpbronne waarby jy die volgende aspekte aanraak: Beskryf kortliks die werwingsprosedure Beskryf die rol van die onderhoudvoeder gedurende die onderhoud Verduidelik die wetlike vereistes van die indiensnemingskontrak Gee FS raad oor die implikasies van die Wet op Gelyke Indiensneming op die menslike hulpbronnefunksie [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all