Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
BESIGHEIDSTUDIES
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 290.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae.
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae.
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
vraag beantwoord word.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
A: Objektiewe tipe vrae
1 40 30 minute
VERPLIGTEND
B: VYF direkte/indirekte 2 60 30 minute
tipe vrae 3 60 30 minute
KEUSE (Beantwoord 4 60 30 minute
enige DRIE.) 5 60 30 minute
6 60 30 minute
C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 minute
KEUSE (Beantwoord 8 40 30 minute
enige TWEE.) 9 40 30 minute
10 40 30 minute
TOTAAL 300 180 minute
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, byvoorbeeld
VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 E.
1.1.1 Werkers is geregtig op … opeenvolgende dae jaarlikse verlof per
jaar.
A 19
B 20
C 21
D 22
1.1.2 Hierdie strategie vorm nie deel van die intensiewe strategieë nie.
A Produkpenetrasie
B Produkontwikkeling
C Markontwikkeling
D Markpenetrasie
1.1.3 Die hoofdoel van die Wet op Arbeidsverhouding (WAV) (Nr. 66 van
1995) is om ...
A te verseker dat werkers in ʼn meer geskikte en minder
gevaarlike omgewing werk.
B gelyke geleenthede en billike behandeling in die werkplek te
bevorder.
C ekonomiese ontwikkeling, maatskaplike geregtigheid,
arbeidsvrede en demokrasie in die werkplek te bevorder.
D te verseker dat gekwalifiseerde mense van aangewese
groepe gelyke geleenthede in die werkplek het.
1.1.4 ʼn Vennootskap het ...
A beperkte aanspreeklikheid en beperkte kontinuïteit.
B ongeperkte aanspreeklikheid en onbeperkte kontinuïteit.
C beperkte aanspreeklikheid en onbeperkte kontinuïteit.
D onbeperkte aanspreeklikheid en beperkte kontinuïteit.
1.1.5 Die opbrengs op belegging van aandele word ... genoem.
A dividende
B rente
C kapitaalgroei
D wins
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
1.1.6 Die …-klousule word toegepas om die bedrag te bepaal wat die
versekeraar sal uitbetaal, veral wanneer goedere onderverseker
is.
A bybetaling
B herinbesitstelling
C subrogasie
D Awery/gemiddelde
1.1.7 ... beteken die waardering vir mekaar ongeag van status, kultuur of
gestemdheid.
A Diskriminasie
B Leierskap
C Diversiteit
D Inklusiwiteit
1.1.8 Teorieë oor spandinamika help besighede om …
A take aan spanlede met soortgelyke persoonlikhede toe te
ken.
B take volgens die rolle van spanlede toe te ken.
C totale bevrediging te bevorder.
D goeie verhoudings met spanne te vestig.
1.1.9 Hierdie funksie skep ʼn gunstige beeld vir die besigheid.
A Algemene Bestuur
B Menslikehulpbron
C Openbare betrekkinge
D Aankope
1.1.10 Gehaltesirkels is gewoonlik deel van die TGB ('TQM')-element
van …
A deurlopende verbetering van prosesse en stelsels.
B topbestuurbetrokkenheid.
C spanwerk.
D monitering en evaluering van gehalteprosesse.
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 5
1.2 Voltooi die volgende sinne deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
JSE; leë stoel; tersiêre; sifting; verpligte;
sekondêre; KSV; dinkskrum; kortlysing; by
1.2.1 Die ... sektor sluit in alle bedrywe wat dienste aan besighede en
verbruikers verskaf.
1.2.2 Die ... gee geleenthede aan finansiële instellings om hul fondse in
aandele te belê.
1.2.3 ... is ʼn kreatiewe probeemoplossingstegniek waar ʼn paar mense aan
ʼn enkele probleem dink en idees voorstel wat tot ʼn oplossing kan lei.
1.2.4 ... is om die ongeskikte kandidate vir die posisie te elimineer.
1.2.5 Mediese bystand is ʼn voorbeeld van ... voordele. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Wet op Gelyke A Reg om aan ʼn vakbond te behoort
Indiensneming
1.3.2 Herinbesitstelling B ʼn Klagte van ’n werknemer oor iets wat hy of
sy as verkeerd of onbillik in die werkplek
beskou
1.3.3 Konflik C Inspeksie van die finale produk om te
verseker dat dit aan die voorgestelde
standaarde voldoen
1.3.4 Ekonomiese reg D ʼn Bepaling ingestel deur die versekeraar
wat van toepassing is wanneer eiendom of
goedere vir minder as hul markwaarde
verseker word
1.3.5 Gehaltebeheer E Verskille in opinies, waardes en houdings
F ʼn Bepaling waardeur die versekeraar die
verlore of beskadigde eiendom of goedere
kan vervang in plaas van vergoeding
G Inspeksies word uitgevoer gedurende en na
die produksieproses om te verseker dat
daar tydens elke stadium aan die
voorgestelde standaarde voldoen word
H Implementering van regstellende aksie om
onregverdige diskriminasie te voorkom
I Verhoog die ekonomiese deelname van
swart mense
J Reg tot gesondheidsdienste
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 7
AFDELING B
Beantwoord enige DRIE vrae van die volgende vyf vrae in AFDELING B. Begin
ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING
2.1 Identifiseer die element van Porter se Vyf Kragte/Magte-model wat op elk
van die volgende stellings van toepassing is:
2.1.1 Royal Clothing lok meer klante as Pro Clothing omdat hulle laer
pryse bied.
2.1.2 Local Plastics is die enigste plek waar kleinhandelaars plastiek-
sakke kan koop.
2.1.3 Handsome Stores wil ʼn eksklusiewe modeboetiek begin wat groot
kapitale belegging vereis om hoë stigtingskoste en duur voorraad
te dek.
2.1.4 Medi-Care het ʼn paar gereelde klante wat altyd groot bestellings
plaas.
2.1.5 Klante verkies warmer jasse bo duurder, formele baadjies.
(5 x 2) (10)
2.2 Noem DRIE besigheidsektore. (3)
2.3 Beskryf die strategiese bestuursproses. (6)
2.4 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE ROL (FUNKSIES) VAN SOOO’s
Daar is 25 Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SOOO’s) in Suid-
Afrika en elkeen is volgens die ekonomiese sektore geklassifiseer. Die
funksies en verantwoordelikhede van SOOO’s word in die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) uiteengesit. Die
Wet noem dat die rol van ʼn SOOO is om ʼn sektorontwikkelingsplan te
ontwikkel, die plan te implementeer, leerderskappe te ontwikkel en
administreer. SOOO’s ondersteun ook die implementering van die Nasionale
Kwalifikasie Raamwerk en onderneem gehalteversekering.
[Vertaal en aangepas uit Mail & Guardian, 23 Oktober 2003]
2.4.1 Haal aan DRIE rolle/funksies van SOOO’s wat in die bostaande
artikel genoem word. (3)
2.4.2 Verduidelik die doelwitte van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling
(WVO), 1998 (Wet 97 van 1998). (6)
2.5 Verduidelik DRIE defensiewe strategieë wat besighede kan gebruik om hul
uitdagings te oorkom. (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
2.6 Bespreek enige DRIE verbruikersregte soos gestipuleer in die Wet op
Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008). (9)
2.7 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die primêre doel van die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging
(BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) (gewysig in 2013) is om die ekonomiese
deelname van swart mense in die Suid-Afrikaanse ekonomie aan te spreek
en te verbeter. Dit word bereik deur die implementering van die volgende
pilare: eienaarskap, bestuur en beheer, vaardigheidsontwikkeling,
onderneming- en verskafferontwikkeling en sosio-ekonomiese ontwikkeling.
2.7.1 Haal die primêre doel van die Wet op BBSEB uit die bostaande
stelling aan. (1)
2.7.2 Identifiseer enige DRIE pilare van BBSEB wat in die bostaande
stelling genoem word. (3)
2.7.3 Regverdig die instelling van die Wet op BBSEB. (4)
2.7.4 Evalueer die impak van die Wet op BBSEB op besighede. (6)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 9
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 Identifiseer die ondernemingsvorm wat van toepassing is op die stellings
hieronder.
3.1.1 Die naam eindig in (Edms.) Bpk.
3.1.2 Hierdie maatskappy verkry kapitaal deur aandele aan die publiek te
verkoop.
3.1.3 Maak staat op skenkings en donasies van fondsinsameling as bron
van kapitaal.
3.1.4 Die regering besit 50% van die aandele in hierdie maatskappy.
(4 x 2) (8)
3.2 Definieer die volgende versekeringskonsepte:
3.2.1 Bybetaling (2)
3.2.2 Premie (2)
3.3 Verduidelik die belangrikheid van versekering vir besighede. (5)
3.4 Onderskei tussen versekering en assuransie. Ondersteun jou antwoord met
behulp van EEN voorbeeld van elk. (6)
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Frank wil R25 000 in ʼn vaste deposito vir drie jaar belê. Die bank bied 15%
enkelvoudige of 10% saamgestelde rente aan hom.
3.5.1 Noem die soort belegging wat in die bostaande scenario genoem
word. (1)
3.5.2 Analiseer die risiko-faktor van die soort belegging in VRAAG 3.5.1
geïdentifiseer. (3)
3.5.3 Bereken die bedrag wat Frank se belegging werd sal wees aan die
einde van drie jaar as hy die saamgestelde rente opsie kies. (6)
3.5.4 Onderskei tussen eenvoudige en saamgestelde rente. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MEDI-AWAY BPK.
Medi-away BPK. spesialiseer in die verwydering van mediese afval van
hospitale en private spreekkamers. Gavin Moore, die eienaar van die
besigheid, volg al die institusionele reëls en beleide sistematies. Hy maak ook
seker dat werkers al hierdie reëls streng navolg.
3.6.1 Identifiseer die soort leierskapstyl wat van toepassing in die
bostaande scenario is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
aan te haal. (3)
3.6.2 Evalueer die impak van die leierskapstyl geïdentifiseer in
VRAAG 3.6.1 op leierskap en bestuur. (6)
3.7 Bespreek die voordele van die transaksionele leierskapstyl. (6)
3.8 Beskryf hoe die volgende faktore tot die sukses en/of mislukking van ʼn
maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid kan lei:
3.8.1 Kapitaal (4)
3.8.2 Bestuur (4)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 11
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Noem enige DRIE stadiums van spanontwikkeling. (3)
4.2 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (6)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TRUE BLUE SPORTS (TBS)
Roy, die eienaar van True Blue Sports, teken nie al sy besigheid se
transaksies aan soos deur Suid-Afrikaanse Inkomstediens vereis word nie.
Hy was gekritiseer omdat hy nie sy besigheid nie op ʼn professionele,
verantwoordelike en eties wyse bedryf nie.
4.3.1 Identifiseer die onetiese sakepraktyk in die bostaande scenario.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal. (3)
4.3.2 Noem enige VIER ander onetiese sakepraktyke. (4)
4.3.3 Beveel DRIE maniere aan waarop TBS sakepraktyke professioneel,
verantwoordelik en eties behoort uit te voer. (6)
4.4 Beskryf DRIE kriteria vir suksesvolle spanne. (9)
4.5 Verduidelik die verskille tussen etiek en professionalisme. (6)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GO TRAVELS
Go Travels is ʼn reisagentskap wat vervoer en akkommodasie besprekings vir
internasionale sportspanne bied. Hulle bevind dat meer spanne hulle eie
besprekings hanteer en is bekommerd dat hulle een van die dae nie meer
baie besigheid gaan hê nie. Die bestuur van Go Travels het besluit om ʼn
groep sakekenners te versoek om vraelyste te voltooi om te help om hulle
probleem op te los.
4.6.1 Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat deur Go Travels
gebruik is om hul probleem op te los. Motiveer jou antwoord. (3)
4.6.2 Verduidelik aan Go Travels die voordele van die
probleemoplossingstegniek in VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer. (6)
4.7 Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek. (6)
4.8 Stel manier voor waarop besighede die volgende diversiteitkwessies in die
werkplek kan hanteer:
4.8.1 Ouderdom (4)
4.8.2 Gestremdheid (4)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1 Noem DRIE metodes van eksterne werwing. (3)
5.2 Omskryf in breë trekke die plasingsprosedure wat oorweeg moet word
wanneer ʼn werker in sy/haar nuwe posisie geplaas word. (6)
5.3 Verduidelik die voordele van ʼn induksie-/oriënteringsprogram op besighede. (6)
5.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
REAL CLEAN BPK.
Real Clean BPK. het Jane as ʼn skoonmaker aangestel. Real Clean BPK. het
ʼn indiensnemingskontrak met Jane geteken wat hulle
indiensnemingsverhouding reguleer. Real Clean BPK. het aan Jane die
besonderhede van die beëindig van die indiensnemingskontrak gegee.
5.4.1 Identifiseer die werkgewer en die werknemer in die
indiensnemingskontrak. Ondersteun jou antwoord deur uit die
scenario aan te haal. (4)
5.4.2 Noem VIER aspekte wat in ʼn indiensnemingskontrak ingesluit moet (4)
word.
5.4.3 Gee Jane raad oor die redes van die beëindig van die
indiensnemingskontrak. (6)
5.5 Verduidelik die voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel. (6)
5.6 Onderskei tussen gehalteprestasie en gehaltebestuur. (8)
5.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JP CLOTHING BPK.
JP Clothing BPK. vervaardig ontwerpersklere vir mammas en kleuters. Jabu,
die eienaar en bestuurder, weet dat die gehalte van haar produkte haar
verkope gaan bepaal. Kliënte skryf altyd die gehalte van die klere baie hoog
aan.
5.7.1 Identifiseer die Totale Gehalte Bestuurselement (TGB) wat van
toepassing op die bostaande scenario is. Motiveer jou antwoord deur
uit die scenario aan te haal. (3)
5.7.2 Bespreek die impak van die TGB-element geïdentifiseer in
VRAAG 5.7.1 op JP Clothing Bpk. as ʼn groot besigheid het. (6)
5.8 Gee raad aan besighede hoe om die BDKH-siklus toe te pas om die gehalte
van produkte en dienste te verbeter. (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 13
VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
6.1 Noem DRIE bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997
(Wet 75 van 1997). (3)
6.2 Omskryf in breë trekke enige DRIE stappe in evaluering van ʼn strategie. (6)
6.3 Evalueer die impak van Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en
-siektes (COIDA), 1997 (Wet 61 van 1997) op besighede. (6)
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
6.4 Noem enige DRIE faktore wat oorweeg moet word wanneer beleggingsbesluite
geneem word. (3)
6.5 Identifiseer die soort aandele wat deur ELKE stelling hieronder verteenwoordig
word.
6.5.1 Hierdie aandeelhouers kan meer dividende ontvang wanneer die
maatskappy groter winste maak.
6.5.2 Aandele word aan bestaande aandeelhouer as vergoeding vir ʼn verlies
aan dividende uitgereik.
6.5.3 Hierdie aandele word aan aandeelhouers uitgereik wat die maatskappy
begin het. (3 x 2) (6)
6.6 Verduidelik die voordele van koöperasies. (6)
BESIGHEIDSROLLE
6.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DEEP EARTH (DE)
Die visie van Deep Earth, een van die wêreldse se grootste myngroepe, is
geïnspireer deur ʼn stelling wat deur die maatskappy se stigter gemaak is. Hy
het gesê: “Die doel van hierdie groep was nog altyd om ʼn wins en ʼn permanente
bydrae tot die welstand van ons werknemers te maak.”
Gee raad aan Deep Earth hoe om ʼn bydrae tot die welstand van hulle
werknemers te lewer. (8)
6.8 Noem enige DRIE moontlike oorsake van konflik in die werkplek. (3)
6.9 Stel TWEE maniere voor waarop ʼn besigheid moeilike mense kan hanteer. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.10 Onderskei tussen stukwerk/loon en tydstarief-vergoeding. (4)
6.11 Bespreek die negatiewe impak van Totale Gehaltebestuur indien besighede
dit swak implementeer. (5)
6.12 Stel DRIE gehalte-aanwysers voor van die administratiewe funksie. (6)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) BESIGHEIDSTUDIES 15
AFDELING C
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 7 op ʼn nuwe bladsy, VRAAG 8 op ʼn nuwe bladsy,
ensovoorts.
VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS
Die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) (NKW) beskerm die verbruiker
in die kredietmark en maak krediet en bankdienste meer toeganklik. Die Wet help
om beheer te verbeter vir ʼn beter en meer verantwoordelike kredietpraktyke en
bedryf.
Met verwysing na die stelling hierbo:
Bespreek die doel van die Nasionale Kredietwet
Verduidelik die verbruikersregte soos dit in die Wet uiteengesit is
Analiseer die impak van die Wet op besighede
Stel maniere voor waarop besighede aan die Wet kan voldoen [40]
VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
Ann Watson, die nuwe hoof uitvoerende beampte (CEO) van Main Tech moes
onlangs die jaarlikse finansiële resultate vir die bestuursraad voorberei en aanbied.
Adviseer Ann oor haar voorlegging van die finansiële resultate. Jy moet die volgende
aspekte in jou antwoord insluit:
Omskryf in breë trekke VIER aspekte wat in aanmerking geneem moet word met
die ontwerp van ʼn multimedi-aanbieding
Evalueer die gebruik van ʼn PowerPoint-voorlegging en plakkate as toepaslike
tipes visuele hulpmiddels wat haar voorlegging kan ondersteun
Stel maniere voor waarop Ann op ʼn professionele wyse op terugvoering kan
reageer
Gee raad aan Ann hoe om op haar volgende voorlegging te verbeter [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE
READ MORE BOOKS (RMB)
Read More Books (RMB) is ʼn goed gevestigde boekwinkel. RMB will hulle beeld
verbeter en tot die welstand van die gemeenskap en die omgewing bydra deur op
sosiale verantwoordelikheid te fokus.
RMB het met jou as ʼn besigheidsadviseer kontak gemaak om hulle te help met hul
uitdagings rakende hulle korporatiewe sosiale verantwoordelikheid (KSV) en
korporatiewe sosiale investering (KSI). Jou advies moet die volgende insluit:
Brei uit oor die betekenis van KSV en KSI
Verduidelik die verhouding tussen sosiale verantwoordelikheid en drievoudige
sleutelaspekte/triple bottom line
Evalueer die impak van KSV op besighede
Gee in breë trekke VYF praktiese maniere waarop RMB se Korporatiewe
Maatskaplike/Sosiale Investeringsprojekte (KMI/KSI) tot die gemeenskap kan
bydra [40]
VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
Die finansiële bestuurder van Wow (Edms.) Bpk. het onlangs sy aftrede
aangekondig. Peter, die menslikehulpbronbestuurder benodig ʼn nuwe finansiële
bestuurder. Peter het ʼn posbeskrywing en posspesifikasie opgestel voor hy die
posisie geadverteer het. Hy het die posisie op die besigheid se aansteekbord
geadverteer. Hy is ook verantwoordelik vir al die reëlings tydens die
keuringsproses.
Verwys na die bostaande scenario en skryf ʼn opstel wat die volgende aspekte
insluit:
Verduidelik die verskille tussen posbeskrywing en posspesifikasie
Bespreek die impak van interne werwing op besighede
Verduidelik die keuringsprosedures wat Peter moet volg om die geskikste
kandidaat te identifiseer
Adviseer Peter oor die doel van die onderhoud en die rol van die
onderhoudvoerder [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAL: 300
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum