Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
BESIGHEIDSTUDIES
2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 300
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 49 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 








View all%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Business Studies May June 2017 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
Business Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Memorandum, 49 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Pages
- 49
- File size
- 729.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 49
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 2 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
NOTAS AAN NASIENERS
INLEIDING
Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die volgende te
verseker:
a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van nasien
b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum merkers oor die
hele land
d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak by
skole/onderwysinstellings
1. Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel:
Nasiener: Rooi
Senior Nasiener: Groen
Adjunk-hoofnasiener: Bruin/Swart/Blou
Hoofnasiener: Pienk
Interne Moderator: Oranje
Eksterne Moderator: Turkoois
2. Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
egter van die aard van die vraag afhang.
3. Omvattende nasienriglyne word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet gegee word aan 'n antwoord wat korrek is, maar:
• 'n Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyne gegee word
• Uit 'n ander bron kom
• Oorspronklik is
• 'n Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs een korrekte antwoord in AFDELING A.
4. Neem kennis van ander verwante antwoorde wat deur kandidate verskaf word
en ken punte dienooreenkomstig toe. (In die geval waar die antwoord
onduidelik is of 'n mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word,
byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum van twee punte.)
5. Die woord 'subtotaal' word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag
of subvraag te vergemaklik.
6. Die doel daarvan om punte (gelei deur 'maks' in die uiteensetting van die punte)
aan die regterkant te omkring is om konsekwentheid en akkuraatheid te
verseker met die nasien van die skrifte asook met berekeninge/moderering.
7. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte wat aan die einde van
elke vraag verskyn. Dit moet deur 'maks' in die nasienriglyne/uiteensetting van
punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet in die linkerkantlyn
langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
8. In 'n indirekte vraag moet die teorie sowel as die antwoord tersaaklik wees en
verband hou met die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 3 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
9. Foutiewe nommering van antwoorde in Afdeling A en B sal streng gepenaliseer
word, daarom word korrekte nommering in alle afdelings sterk aanbeveel.
10. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
aan met 'n 'H' of 'R'.
11. Neem kennis dat geen punte toegeken sal word vir die aanduiding Ja/Nee in die
evalueringstipe vrae wat motivering of bevestiging vereis nie. (van toepassing
op AFDELING B en C.)
12. Die verskil tussen 'evalueer' en 'kritiese evaluering' kan soos volg verduidelik
word:
12.1 Wanneer 'evalueer' gevra word, word daar van kandidate verwag om
te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n neutrale
(positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: 'COIDA
verminder tyd en koste wat spandeer word √ op lang siviele
hofgedinge.'√
12.2 Wanneer 'kritiese evaluering' gevra word, word daar van kandidate
verwag om te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n
neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie
geval word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te
ondersteun met dieper insig, bv. 'COIDA verminder tyd en koste wat
spandeer word√ op lang siviele hofgedinge√, want die werkgewer sal
nie verantwoordelik wees om vergoeding aan die werknemer te
betaal as beserings opgedoen is tydens werksure nie, solank as wat
die besigheid kan bewys dat hy nie agterlosig was nie.'√
LET WEL: Bogenoemde kan ook van toepassing wees op "ontleed".
13. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag,
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyne en
die konteks van elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
13.1 Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, aanbeveel, stel voor,
motiveer (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in
kandidate se antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke
stelling/antwoord sal dus aan die einde daarvan verskyn.
13.2 Beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, regverdig, ontwerp, ontwikkel,
ontledings, evalueer, evalueer krities, vergelyk, onderskei, (lys nie
volledig nie) vereis meer diepgaande begrip, toepassing en
beredenering. Die punte moet dus meer objektief toegeken word om
te verseker dat assessering volgens die vasgestelde norme geskied,
sodat eenvormigheid, konsekwentheid en regverdigheid behaal kan
word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 4 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
14. AFDELINGB
14.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE VYF
antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur 'n lyn
deur die onnagesiende gedeelte te trek en gebruik die woord 'MAKS'.
LET WEL: Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer word.
14.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
kandidaat. Punt 14.1 geld steeds.
14.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings te
gee, beredeneer dit by die nasiensentrum ten einde die alternatiewe antwoorde
te finaliseer.
14.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:
14.4.1 Waar die getal feite wat vereis dat kandidate moet 'verduidelik/
bespreek/beskryf', gespesifiseer is, sal dit soos volg nagesien word:
• Feit 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyne)
• Verduideliking 1 punt
Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglynegegee om
die toekenning van punte te vergemaklik.
14.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet
puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag en die
maksimum punte in die nasienriglyne toegeken.
14.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep,
wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal word uit 'n
scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op AFDELING B
EN C (waar van toepassing).
15. AFDELING C
15.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
Inleiding
Maksimum:
Inhoud
32
Gevolgtrekking
Insig 8
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 5 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
15.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
Struktuur/Uitleg Is daar 'n inleiding, inhoud en 'n gevolgtrekking? 2
Ontleding en Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub- 2
vertolking opskrifte te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van
wat gevra word, getoon word?
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op 2
die vrae gebaseer is?
Punte behoort toegeken te word volgens die onderstaande
gids:
Geen relevante feite: 0 (Twee '-S')
'n Paar relevante feite: 1 (Een '-S')
Slegs relevante feite: 2 (Geen '-S')
NB: 1. Indien daar geen '-S' is, ken die maksimum van
TWEE (2) punte toe.
2. Waar 'n kandidaat minder as 50% van die vraag
met relevante feite beantwoord het, verskyn
een'-S' in die linkerkantlyn. In so 'n geval word
'n maksimum van EEN (1) punt toegeken.
Oorspronklikheid Is daar bewyse van voorbeelde, aktuele inligting, huidige 2
neigings en ontwikkelings?
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTAAL VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
LET 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word uit die
WEL: inleiding en gevolgtrekking nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur 'n
verduideliking ondersteun word nie.
4. Met ingang November 2017 sal 'n kandidaat 'n maksimum van
EEN (1) punt vir opskrifte/subopskrifte en EEN (1) punt vir
vertolking (16 of meer uit 32 punte) toegeken word. Dit geld
spesifiek vir die ontleding en vertolking-deel van insig.
15.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met 'n simbool, bv. ('S, A, S en/of O').
15.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde antwoord/
nasienriglyne vir elke vraag aangedui.
15.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke onder-
afdeling behaal is. Skryf 'SUBMAKS'/'MAKS' nadat maksimum punte behaal
is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 6 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
15.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en punte
vir insig soos volg aan:
S – Struktuur, A – Ontleding, S – Sintese, O – Oorspronklikheid
soos in die tabel hieronder aangedui.
INHOUD PUNTE
Feite 32 (maks.)
L 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40
15.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die submaksimum
wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde subopskrifte gebruik nie.
Onthou opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig
(struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui duidelikheid van denke aan.
(Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)
15.8 Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/vertolk, kry hy/sy
steeds punte vir uitleg/struktuur.
15.9 Indien 'n ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die puntetoekenning/
subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.
15.10 15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.
15.10.2 Met ingang November 2015, sal die TWEE punte nie noodwendig
aan die einde van elke voltooide sin getoon word nie. Punte (√) sal
geskei wees en langs elke feit aangedui word, bv.
'Produkontwikkeling is 'n groeistrategie/waar ondernemings poog
om nuwe produkte√ in bestaande markte bekend te stel.' √
Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.
15.11 Met ingang November 2017, sal die maksimum van TWEE (2) punte vir feite
in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke vraag geld
nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 7 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 D√√
1.1.2 C√√
1.1.3 A√√
1.1.4 C√√
1.1.5 B√√
1.1.6 B√√
1.1.7 C√√
1.1.8 B√√
1.1.9 D√√
1.1.10 A√√ (10 x 2) (20)
1.2 1.2.1 Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes√√
1.2.2 aandeelhouers√
1.2.3 dispuut√√
1.2.4 huur√√
1.2.5 by-√√ (5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 F√√
1.3.2 E√√
1.3.3 H√√
1.3.4 A√√
1.3.5 D√√ (5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 1 PUNTE
1.1 20
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 8 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AFDELING B
Sien SLEGS die EERSTE DRIE antwoorde na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 PESTWO/PESTLE-analiseringsmodel
- Polities√
- Ekonomies√
- Maatskaplik√
- Tegnologies√
- Wetlik√
- Omgewing√
LET WEL: Sien slegs die eerste VYF (5) na.
(5 x 1) (5)
2.2 Besigheidstrategieë
2.2.1 Likwidasie/Defensiewe√√ (2)
2.2.2 Markontwikkeling/Intensiewe√√ (2)
2.2.3 Horisontale diversifikasie/Diversifikasie√√ (2)
2.2.4 Terugwaartse integrasie/Vertikale integrasie/Integrasie√√ (2)
2.2.5 Markpenetrasie/Markindringing/Intensiewe√√ (2)
(10)
2.3 Stappe vir strategie evaluasie
- Ondersoek die onderliggende basis/grondslag van 'n besigheidstrategie.√√
- Formuleer strategieë om doelwitte tot voordeel van die besigheid te bereik.√√
- Implementeer strategieë deur middel van aksieplanne√√, ens.
- Kyk vorentoe en agtertoe in die implementerings-/toepassingsproses.√√
- Vergelyk die verwagte werkprestasie met die werklike werkprestasie.√√
- Meet besigheidsprestasie om die redes vir die afwykings te bepaal en ontleed
hierdie redes.√√
- Neem korrektiewe stappe sodat afwykings reggestel kan word.√√
- Stel spesifieke datums vir beheer en opvolg vas.√√
- Trek 'n tabel van die voordele en nadele van 'n strategie op.√√
- Besluit oor die verwagte uitkoms.√√
- Oorweeg die invloed van die strategiese implementering in die interne en eksterne
omgewings van die besigheid.√√
- Enige ander relevante antwoord wat met die stappe in die evaluering van ‘n
strategie verband hou.
LET WEL: 1. Aanvaar stappe in enige volgorde.
2. Sien slegs die eerste VIER (4) na.
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 9 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
2.4 Besigheidsomgewings en mate van beheer
OMGEWING MATE VAN BEHEER DEUR BESIGHEID
Mikro√√ (2) Volle beheer√ (1)
Mark√√ (2) Min/Beperkte beheer/invloed√ (1)
Makro√√ (2) Geen beheer√ (1)
Submaks (6) Submaks (3)
LET WEL: Die mate van beheer moet met die omgewing verband hou.
Maks (9)
2.5 SSGB ('SWOT') analise
2.5.1
STERKPUNTE SWAKPUNTE
- Verkoop tradisionele kos.√ - Gebruik 'n ou kasregister/kasregister
wat nie altyd alle kontanttransaksies
akkuraat aanteken nie.√
- Verkoop teen billike pryse.√ -
Megan het nie 'n goeie bemarking-
strategie om klante te behou nie/het
swak bemarkingstrategieë.√
Submaks (2) Submaks (2)
GELEENTHEDE BEDREIGINGS
- Die munisipaliteit het Megan/MAC - Verskaffers het hul pryse weens
genooi om 'n tradisionele kosstal- inflasie verhoog.√
letjie by hul kultuurmark te open.√
- Die mark/kosstalletjie sal baie - Verloor klante ten gunste van 'n
toeriste/plaaslike klante lok.√ mededinger/Nozizwe Buy & Braai.√
- 'n Mededinger/Nozizwe Buy & Braai
verkoop teen laer pryse.√
Submaks (2) Submaks (2)
LET WEL: 1. Geen punte word toegeken, indien die SSGB-komponente nie
aangedui is nie.
2. Aspekte onder elke SSGB-komponent moet met die scenario
verband hou.
Maks (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 10 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
2.5.2 Maniere waarop MAC geïdentifiseerde swakpunte kan hanteer
SWAKPUNTE AANBEVELINGS
- Gebruik 'n ou - Koop 'n nuwe kasregister/die nuutste tegnologie wat
kasregister beskikbaar is.√√
- Bruikhuur 'n nuwe/gerekenariseerde kasregister.√√
- Ruil die ou kasregister in vir 'n nuwe een.√√
- Enige ander relevante aanbeveling om die gebruik van die
ou kasregister te hanteer.
Submaks (2)
- Het nie 'n - Uitkontrakteer bemarkingsaktiwiteite na 'n professionele
goeie bemark- bemarkingsagentskap.√√
ingstrategie - Ontwikkel intensiewe bemarkingstrategieë deur kreatiewe
nie/ Swak denke.√√
bemarking- - Verminder pryse tot dieselfde vlak as dié van die
strategieë mededingers/Nozizwe Buy & Braai.√√
- Enige ander relevante aanbeveling om die swak/afwesig-
heid van bemarkingstrategieë te hanteer.
Submaks (2)
LET WEL: 1. Die aanbevelings moet met die swakpunte soos in VRAAG 2.5.1
geïdentifiseer, verband hou.
2. Geen punte word vir die geïdentifiseerde swakpunte toegeken nie.
3. Indien die swakpunte nie korrek/glad nie in VRAAG 2.5.1
geïdentifiseer is nie:
• Ken EEN (1) punt toe vir 'n aanbeveling wat met die scenario
verband hou.
• Ken volpunte toe indien die swakpunte in die aanbevelings
geïntegreer is.
Maks (4)
2.6 Bevordering van verbruikersregte
2.6.1 Reg om te kies
- Besighede behoort nie verbruikers te dwing√ om hul goedere te koop nie√/
respekteer verbruikers se reg√ om hul eie verskaffers/goedere te kies.√
- Laat toe dat verbruikers rondsoek√ vir die beste pryse.√
- Laat toe dat verbruikers vaste termynooreenkomste√ kanselleer/hernu.√
- Verbruikers kan goedere weier/afkeur√ wat nie volgens die geadverteerde/
monster is nie.√
- Voorsien verbruikers,op hul versoek√, van geskrewe kwotasies/koste-beramings.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bevordering van die
verbruiker se reg om te kies soos vervat in die WVB. Maks (4)
2.6.2 Reg tot inligting
- Kontrakte en ooreenkomste√ behoort in eenvoudige/maklik verstaanbare taal te
wees.√
- Besighede behoort pryse wat alle koste insluit√ duidelik aan te dui/vertoon.√
- Voorsien inligting oor eenheids-/grootmaatpryse√ van dieselfde produk op
aanvraag.√
- Besighede behoort produkte se etikette/handelsvoorskrifte√ korrek/duidelik aan te
bring/te vertoon.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bevordering van die
verbruiker se reg tot inligting soos vervat in die WVB. Maks (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 11 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
2.7 Impak van die WGI op besighede
Positiewe/Voordele
- Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling met indiensneming.√
- Voorkom onregverdige diskriminasie/diskriminerende aanstellings√, omdat dit
verseker dat die arbeidsmag die demografie van die land verteenwoordig/bevorder
diversiteit in die werkplek.√
- Motiveer werknemers√, omdat almal dieselfde indiensnemingsgeleenthede het.√
- Aanstellingsproses is duidelik uiteengesit√, dus is alle partye deeglik ingelig.√
- Bevorder die implementering van regstellende aksie√ om die ongelykhede van die
verlede reg te stel.√
- Moedig konsultasie√ tussen werkgewer en werknemers aan.√
- Besighede is in 'n beter posisie√ om kontrakte met die regering te beding.√
- Positiewe effek√ op die besigheid se SEB-telling/gradering.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak van die
WGI op besighede.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Verhoogde administratiewe las√, omdat besighede elke twee jaar gelyke indiens-
nemingsverslae moet opstel/indien.√
- Baie duur om iemand op te lei/aan te stel√ wat nog min van die Wet weet.√
- Ander groepe kan dalk nie die kennis/vaardighede/ondervinding van die GI-
aanstelling respekteer nie√, en dit kan lei tot konflik.√
- Boetes/Strafbetalings vir die nie-nakoming van die wet√ kan die besigheid duur te
staan kom.√
- Werkgewers moet een of meer senior bestuurders aanstel om die implementering
van die plan te verseker√, wat lei tot verhoogde salarisuitgawes.√
- Vaardige/Ervare mense van benoemde groepe kan hoër salarisse eis√ wat
salarisuitgawes kan verhoog.√
- Vaardige/Opgeleide GI-aanstellings kan vinnig van een pos na 'n ander beweeg√
wat personeelomset verhoog.√
- Besighede moet 'n voldoeningsertifikaat indien√ voordat hulle sake met staatsin-
stellings kan doen.√
- Diversiteit in die werkplek√ kan tot konflik/ongelukkigheid lei.√
- Besighede is soms onder druk om 'n onbevoegde GI-persoon aan te stel√ om aan
gelyke indiensnemingsvereistes (GI) te voldoen.√
- Soms word poste nie gevul nie√, omdat daar nie geskikte GI-kandidate beskikbaar
is nie.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak van die
WGI op besighede.
Maks (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 12 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 2 PUNTE
2.1 5
2.2 10
2.3 8
2.4 9
2.5.1 8
2.5.2 4
2.6.1 4
2.6.2 4
2.7 8
TOTAAL 60
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 Voorbeelde van langtermynversekering
- Uitkeer-/Afkooppolis√
- Lewensdekkingpolis/Lewensversekering√
- Aftree-annüiteit/Pensioenfonds/Voorsieningsfonds√
- Ongeskiktheidspolis√
- Traumaversekering√
- Begrafnispolis√
- Gesondheidsversekering/Mediese fonds√
- Enige ander relevante voorbeelde wat verband hou met langtermynversekering.
LET WEL: Sien slegs die eerste VYF (5) na.
(5 x 1) (5)
3.2 Verpligte en nie-verpligte versekering
3.2.1 Verpligte√√ (2)
3.2.2 Verpligte√√ (2)
3.2.3 Nie-verpligte√√ (2)
3.2.4 Verpligte√√ (2)
3.2.5 Nie-verpligte√√ (2)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 13 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
3.3 Beleggings
3.3.1 RSA Kleinhandelspaareffekte/Regeringskleinhandelseffekte√√
Submaks (2)
MOTIVERING
- Belê in 'n veilige, lae-risiko belegging/Opbrengs op belegging is gewaarborg/Geen
kostes, fooie of kommissie betaalbaar nie.√
Submaks (1)
LET WEL: Geen punt word vir die motivering toegeken nie, indien die soort
belegging foutiewelik geïdentifiseer is.
Maks (3)
3.3.2 Voordele van die RSA Kleinhandelspaareffekte/Regeringskleinhandelseffekte
- Maklik om te koop√, want dit is elektronies beskikbaar op die RSA Kleinhandel-
spaareffekte se webtuiste/direk van Nasionale Tesourie/by enige tak van die
Poskantoor/Pick 'n Pay.√
- Die rente kan meer wees√ as wat banke aanbied√/rentekoerse√ is markverwant.√
- Hoe langer die belegging, hoe hoër√ is die opbrengskoers.√
- Opbrengs wa t deur kleinhandeleffekte aangebied word is goed√, want dit kan die
effek van inflasie uitpresteer.√
- Beleggers kan kies om hul rente te herbelê√ teen dieselfde koers as die
oorspronklike belegging.√
- Rente word twee keer per jaar uitbetaal/herbelê√ teen 'n vaste koers.√
- Rentekoers is vasgestel vir die volle beleggingsperiode√, dus word dit nie deur
rentekoersveranderinge/-fluktuasies beïnvloed nie.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van die RSA
Kleinhandelspaareffekte/Regeringskleinhandelseffekte.
LET WEL: 1. Geen punte word vir 'veilige lae risiko belegging/geen kostes,
fooie of kommissie betaalbaar' toegeken nie.
2. Ken punte toe vir relevante voordele, indien die soort belegging
foutiewelik in VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is.
Maks (6)
3.4 Leierskapstyle
3.4.1 Charismaties√√ (2)
3.4.2 Demokraties/Deelnemend/Konsulterend√√ (2)
3.4.3 Laissez-faire/Vrye teuels√√ (2)
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 14 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
3.5 Impak van die outokratiese leierskapstyl op besigheid
Positiewe/Voordele
- Vinnige besluite kan gemaak word√ sonder konsultering/inagneming van
volgelinge/werknemers.√
- Werk word betyds/op skedule√ voltooi.√
- Lyn van bevel/kommunikasie is duidelik√ omdat dit van bo na onder is/volgelinge
weet duidelik wat om te doen.√
- Direkte toesig en streng kontrole√ verseker hoë gehalte produkte/dienste.√
- Voorsien sterk leierskap√ wat nuwe werknemers selfvertroue gee en veilig laat
voel.√
- Werk goed in groot maatskappye√ waar konsultasie met elke werker onprakties
is.√
- Duidelike riglyne word gegee√ aan laag geskoolde/onervare/nuwe personeel.√
- Nuttig in 'n krisis/noodsituasie√, bv. na 'n ongeluk/om kort sperdatums te bereik.√
- Enige ander relevante analise wat verband hou met die positiewe impak van die
outokratiese leierskapstyl op besigheid.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Leiers en volgelinge mag verdeeld raak√ en nie ooreenstem oor maniere om
probleme op te los nie.√
- Werkers kan gedemotiveerd raak√ as hul opinies/idees nie oorweeg word nie.√
- Ongemotiveerde werkers√ het 'n negatiewe impak op produktiwiteit.√
- Nuwe/Kreatiewe/Koste-besparende idees√ mag dalk nie altyd gebruik/geïmple-
menteer/oorweeg word nie.√
- Volgelinge mag voel dat hulle nie waardeer word nie√ wat kan lei tot hoë
afwesigheid/personeelomset.√
- Ervare en hoogs opgeleide werkers sal outokratiese leierskapstyle teenstaan√,
omdat dit lei tot stadiger groei/laer deelname/minder kreatiwiteit.√
- Enige ander relevante analise van die negatiewe impak van die outokratiese
leierskapstyl op besigheid.
Maks (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 15 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
3.6.1 Berekeningsmetodes/Soorte rente
Marie: Enkelvoudige rente√√ (2)
Motivering
- Ontvang rente slegs op die aanvanklike bedrag belê.√
- Enkelvoudige rente lewer ‘n laer opbrengs/R2 000.
- R10 000 x 10% x 2 = R2 000 rente√ (1)
Submaks (3)
Tsolo: Saamgestelde rente√√ (2)
Motivering
- Ontvang rente op die aanvanklike bedrag belê en op geakkumuleerde rente wat
elke jaar herbelê word.√
- Saamgestelde rente lewer ‘n hoër opbrengs/R2 100.
- R10 000 (1.1)2 = R12 100 - R10 000 = R2 100 rente√ (1)
Submaks (3)
Maks (6)
3.6.2 Verskille tussen die berekeningsmetodes van enkelvoudige en saamgestelde
rente
ENKELVOUDIGE RENTE SAAMGESTELDE RENTE
- Rente word verdien op oorspronklike - Rente word verdien op oorspronklike
bedrag√ en nie op die opgehoopte bedrag belê√, sowel as die rente
rente nie.√ verdien in die vorige periode(s).√
- Die hoofsom bly dieselfde√ oor die - Die hoofsom groei√ met die toevoeging
volle tydperk van die belegging.√ van rente.√
- Rente word apart gehou/uitbetaal√ - Rente word bereken op die hoër
tensy dit aan die einde van die hoofsom√ en weer tot hierdie bedrag
beleggingstermyn herbelê word.√ toegevoeg.√
- Lewer minder√ opbrengs op 'n - Lewer groter√ opbrengs op 'n
belegging.√ belegging.√
- Totale rente-bedrag verdien√ op die - Totale rente-bedrag verdien√ op die
belegging is minder.√ belegging is meer.√
Enige ander relevante antwoord wat - Enige ander relevante antwoord wat
verband hou met enkelvoudige rente. verband hou met saamgestelde rente.
Submaks (4) Submaks (4)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie, maar die verskille
moet duidelik wees.
2. Geen punte word toegeken vir verskille wat met die motiverings in
VRAAG 3.6.1 verband hou nie.
Maks (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 16 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
3.7 Sukses en/of mislukkingsfaktore van Mishaak OnderdeleBpk./'n publieke
maatskappy
KRITERIA SUKSES MISLUKKING
3.7.1 - Mishaak Onderdele Bpk./'n Publieke - Die raad van direkteure kan dalk nie
Bestuur maatskappy word bestuur deur 'n 'n persoonlike belang by die
bekwame raad van direkteure wat maatskappy hê nie.√√
aan aandeelhouers verantwoord-
baar is.√√
- Direkteure gebruik hul ervaring om - Direkteure is dalk nie gemotiveerd
die besigheid doeltreffend te om baie hard te werk nie, omdat
bestuur.√√ aandeelhouers oor hul vergoeding
besluit.√√
- Direkteure bring kreatiewe idees - Vinnige besluite kan nie maklik deur
wat innovasie/hoë produktiwiteit/ 'n groot bestuurstruktuur gemaak
doeltreffendheid bevorder.√√ word nie.√√
- Enige ander relevante antwoord wat - Enige ander relevante antwoord wat
verband hou met die bydrae van verband hou met die bydrae van
bestuur tot die sukses van Mishaak bestuur tot die mislukking van
OnderdeleBpk./'n publieke Mishaak Onderdele Bpk./'n publieke
maatskappy. maatskappy.
Submaks (4) Submaks (4)
Maks (4)
KRITERIA SUKSES MISLUKKING
3.7.2 - Mishaak Onderdele Bpk./'n - Mishaak Onderdele Bpk./'n Publieke
Kapitaal Publieke maatskappy kan groot maatskappyse groei word beperk
bedrae kapitaal verkry om groot indien nie genoeg kapitaal verkry kan
ondernemings te kan vestig.√√ word nie.√√
- Ekstra kapitaal vir maatskappy- - 'n Verhoging in die aantal uitgereikte
uitbreiding/-groei kan verkry word aandele, kan lei tot meer dividend-
deur aandele aan die publiek uit te uitbetalings/minder behoue inkomste
reik.√√ uit maatskappywinste.√√
- Mishaak Onderdele Bpk./'n - Om meer kapitaal te verkry word
Publieke maatskappy se aandele bemoeilik deur ongunstige
word op die JSE genoteer√ wat die ekonomiese klimaat/Aandeelpryse
maatskappy meer blootstelling aan wissel gedurig en kan waarde
potensiële beleggers gee.√√ verloor.√√
- Enige ander relevante antwoord wat - Enige ander relevante antwoord wat
verband hou met die bydrae van verband hou met die bydrae van
kapitaal tot die sukses van Mishaak kapitaal tot die mislukking van Mishaak
Onderdele Bpk./publieke Onderdele Bpk./publieke maatskappy.
maatskappy.
Submaks (4) Submaks (4)
Maks (4)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 17 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 3 PUNTE
3.1 5
3.2 10
3.3.1 3
3.3.2 6
3.4 6
3.5 8
3.6.1 6
3.6.2 8
3.7.1 4
3.7.2 4
TOTAAL 60
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Ekonomiese regte van werknemers
- Geen gedwonge arbeid√
- Vry om 'n werk/beroep te kies/aanvaar√
- Billike salarisse en lone√
- Billike werksure√
- Veilige en gesonde werksomstandighede√
- Reg om 'n vakunie te stig/aan 'n vakunie te behoort√
- Reg om aan ‘n wettige staking deel te neem√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die ekonomiese regte van
werknemers.
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
2. Geen punte word toegeken vir mense- en/of maatskaplike regte.
(3 x 1) (3)
4.2 Onetiese kwessies wat uitdagings aan besighede kan stel
- Onbillike advertensietegnieke/-praktyke√
- Seksuele teistering√
- Ongemagtigde gebruik van besigheidsfondse/-bronne√
- Hoë/Onbillike prysvasstelling van goedere in landelike gebiede√
- Belasting/Belastingontduiking√
- Misbruik van werktyd√
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na.
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 18 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
4.3 Bydrae van tyd en moeite om die welstand van werknemers en die gemeenskap
te verbeter
4.3.1 Werknemers
- Besighede behoort die algemene lewensgehalte van werkers te verbeter√,
bv.betaling van billike lone/vaardigheidsontwikkeling√, ens.
- Begin ʼn voedingsprogram√ sodat werknemers minstens een goeie maaltyd per dag
kan geniet om hulle gesond te hou.√
- Voorsien gesubsidieerde behuising√ aan hul werknemers.√
- Gee personeel tyd√ om betrokke te raak by projekte van hul keuse√/Laat
personeel toe om van hul werksure te gebruik√ om aan projekte van hulle keuse te
werk.√
- Moedig werknemers aan om fiks/gesond te bly√ deur hulle betrokke te maak by
gesonde aktiwiteite om stres/skadelike middelafkhanklikheid/oorgewig te
verminder.√
- Verskaf vervoer vir hul werknemers√ wat ongewone lang ure werk.√
- Stel opleidings-/mentorprogramme√ vir junior werknemers beskikbaar.√
- Hou spanbousessies√ om die moraal van werknemers te verbeter.√
- Moedig werknemers aan√ om kapasiteitsbou-werksessies/opleidingsprogramme/
personeelontwikkelingsprogramme/spanontwikkelings-programme by te woon.√
- Bied beradingsessies√ vir werknemers met persoonlike/emosionele uitdagings
aan.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe besighede tyd en
moeite kan bydra om die welstand van hul werknemers te verbeter.
Maks (4)
4.3.2 Gemeenskap
- Besighede behoort die algemene lewensgehalte van werkers se gesinne in hul
gemeenskappe te verbeter√, bv. ontwikkel vaardighede in die gemeenskap/belê in
opvoeding√, ens.
- Verseker dat die produk wat verskaf word√ nie skadelik vir verbruikers/omgewings
is nie.√
- Vermy betrokkenheid by onwettige/skadelike praktyke√ soos om kinders jonger as
die wettige ouderdom in diens te neem/onwettige middele te verkoop√, ens.
- Neem eties korrekte besigheidsbesluite√, bv. om nie onetiese/misleidende
advertensies te gebruik nie√, ens.
- Neem deel aan gemeenskapsprojekte√ wat betrokke is by HIV/VIGS/onderwys/
berading/ander betekenisvolle sake/projekte.√
- Skenk geld aan/Bestuur 'n gemeenskapsprojek√ wat tot die opheffing van die
gemeenskap sal bydra.√
- Voorsien ontspannings-/sportgeriewe√ om gemeenskapsamehorigheid/gesonder
aktiwiteite te bevorder.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe besighede tyd en
moeite kan bydra om die welstand van hul werknemers te verbeter.
Maks (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 19 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
4.4 Onderskeiding tussen besluitneming en probleemoplossing
BESLUITNEMING PROBLEEMOPLOSSING
- Dit word gewoonlik gedoen deur een - Probleme kan opgelos word deur ʼn
persoon/’n senior bestuurslid√ wat dit groep/span√ of ʼn individuele spanlid.√
outoritêr maak.√
- Verskeie alternatiewe word oorweeg√ - Alternatiewe oplossings word ontwikkel/
voordat die beste een gekies word.√ geïdentifiseer√ en krities geëvalueer.√
- Vorm deel van die probleemoplos- - Proses van ontleding van 'n situasie√ om
singsiklus√, omdat besluite in elke stap strategieë te identifiseer om verandering
geneem moet word.√ voort te bring.√
- Enige ander relevante antwoord wat met - Enige ander relevante antwoord wat met
besluitneming verband hou. probleemoplossing verband hou.
Submaks (2) Submaks (2)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie, maar die
onderskeid moet duidelik wees.
2. Indien die verskille nie duidelik is nie, ken ‘n maksimum van
TWEE (2) punte toe/Sien slegs besluitneming of probleem-
oplossing na.
Maks (4)
4.5 Voordele van die Delphi-tegniek om besigheidsprobleme op te los
- Besighede bespaar tyd/kostes√, as 'n groep kundiges gebruik word sonder om hulle
bymekaar te bring.√
- Kundiges sal duidelike idees/oplossings bied√ om lae produktiwiteit/winsgewend-
heid op te los/te hanteer.√
- Paneellede/Kundiges gee nuwe inligting√ oor probleme.√
- Inligting wat van kundiges ontvang word√, kan vertroulik gehou word.√
- Dit verminder geraasvlakke in 'n kantooromgewing√, want daar is geen groeps-
bespreking nie.√
- Paneellede/Kundiges moet konsensus bereik√, sodat die beste oplossing gevind
kan word.√
- Alle kundiges word ewe veel geleentheid gebied om hul opinies te gee√, so
niemand kan die proses domineer nie.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met voordele van die Delphi-
tegniek om besigheidsprobleme op te los.
Maks (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 20 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
4.6.1 Diversiteitskwessies in die scenario
- Kultuur/Werkers is onverdraagsaam teenoor mekaar/ander kulture/kulturele
agtergronde.√
- Ras/Werkers is onverdraagsaam teenoor ander rasse.√
- Taal/Sommige werkers sukkel om die taal te praat.√
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
2. Die diversiteitskwessies moet relevant tot die scenario wees.
(3 x 1) (3)
4.6.2 Hantering van diversiteitskwessies
Kultuur
- ST moet sensitief wees vir die spesiale behoeftes van verskillende kultuurgroepe,
bv. laat afdae toe vir kulturele vakansiedae/feestye.√√
- Maak voorsiening vir spesiale kos/voorbereidingsmetodes in die werkers se
kafeteria.√√
- ST behoort erkenning en respek te toon vir kulturele verskille van sy werkers.√√
- Die besigheid mag nie teen werkers diskrimineer op grond van kulturele agtergrond
nie.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe ST kultuur as 'n diversi-
teitskwessie in die werkplek kan hanteer. Submaks (2)
Ras
- Implementeer regstellende aksie-beleid soos wat wetlik vereis word.√√
- Voldoen aan die WGI en Wet op BGSEB wanneer werkers aangestel/opgelei
word.√√
- Geen diskriminasie mag op grond van velkleur gemaak word nie.√√
- Neem mense uit verskillende rassegroepe in diens.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe ST ras as 'n diversi-
teitskwessie in die werkplek kan hanteer. Submaks (2)
Taal
- ST kan spesifiseer dat alle kommunikasie in een spesifieke taal sal wees en kan
van werkers verwag om 'n sekere vlotheidsvlak in daardie taal te hê.√√
- Dit kan soms nodig wees om 'n vertaler/tolk aan te stel sodat almal ten volle kan
verstaan wat in 'n vergadering gesê word.√√
- Alle besigheidskontrakte behoort in 'n taal van voorkeur te wees wat maklik deur
die partye wat die kontrakte onderteken verstaan sal word.√√
- Werkplekbeleid behoort in meer as een taal beskikbaar te wees, sodat alle werkers
dit kan verstaan.√√
- Geen werker behoort uitgesluit te voel in vergaderings as dit in meer as een taal
gehou word.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe ST taal as 'n diversiteits-
kwessie in die werkplek kan hanteer. Submaks (2)
LET WEL: Indien die diversiteitskwessies nie korrek in VRAAG 4.6.1
geïdentifiseer is nie/weggelaat is:
• Ken EEN (1) punt toe vir 'n aanbeveling wat met die scenario
verband hou.
• Ken volpunte toe indien die diversiteitskwessies in die
aanbevelings geïntegreer is.
Maks (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 21 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
4.6.3 Korrekte grieweprosedure
- Themba/'n Gegriefde werknemer moet die insident/grief mondelings aan sy/haar
toesighouer/bestuurder rapporteer√, wat dit binne 3 tot 5 werksdae moet oplos.√
- Indien die werknemer en die toesighouer dit nie kan oplos nie√, kan die werk-
nemer dit na die volgende bestuursvlak neem.√
- Die werknemer kan oorgaan tot 'n meer formele proses√, waar die grief skriftelik/
op 'n besigheid se griewe-vorm ingedien moet word.√
- Themba moet 'n skriftelike antwoord ontvang√ in reaksie op die geskrewe grief.√
- 'n Griewe-verhoor/-vergadering√ moet gehou word met alle betrokke partye
teenwoordig.√
- Notule van die vergadering moet gehou word√ en enige formele resolusie/besluit
moet op die formele griewe-vorm aangeteken word.√
- Indien die werknemer nie tevrede is nie√, kan hy/sy die saak na die hoogste
bestuursvlak verwys.√
- Topbestuur behoort 'n vergadering te belê√ met alle relevante partye betrokke.√
- Notule van hierdie vergadering moet opgeneem/op lêer geplaas word√ en die
uitkoms/besluit moet op die formele griewe-vorm aangeteken word.√
- As die werknemer nog steeds nie tevrede is nie, kan hy/sy die saak na die KBVA
verwys√, wat die finale besluit oor die saak sal neem.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die korrekte griewe-
prosedure wat Themba moet volg.
LET WEL: Die prosedure kan in enige volgorde wees.
Maks (8)
4.7 Maniere waarop 'n besigheid 'n omgewing kan skep wat kreatiewe denke
stimuleer
- Beklemtoon die belangrikheid van kreatiewe denke deur te verseker dat alle
personeellede weet dat hulle idees gehoor sal word.√√
- Moedig personeel aan om nuwe idees/opinies/oplossings voor te stel.√√
- Maak tyd vir dinkskrumsessies om nuwe idees te genereer, bv. gereelde
werkswinkels/opvolgsessies om op mekaar se idees uit te brei.√√
- Plaas voorstelhouers op verskeie plekke in die werksplek en hou kommunikasie-
kanale oop vir nuwe idees.√√
- Lei personeel op om innoverende tegnieke/kreatiewe probleemoplossings-
vaardighede/geheuekaarte/laterale denke te gebruik.√√
- Moedig posuitruilings binne die organisasie aan/bestudeer hoe ander besighede
dinge doen.√√
- Moedig alternatiewe maniere van werk/dinge doen aan.√√
- Reageer entoesiasties op alle idees en laat niemand minderwaardig voel nie.√√
- Beloon kreatiwiteit deur beloningskemas vir spanne/individue wat kreatiewe idees
voorstel.√√
- Skep 'n werksomgewing wat kreatiwiteit bevorder met min afleidingsmiddels.√√
- Enige ander relevante aanbevelings wat verband hou met maniere waarop 'n
besigheid 'n omgewing kan skep wat kreatiewe denke stimuleer.
Maks (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 22 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
4.8 Strategieë om sosio-ekonomiese kwessies te hanteer
4.8.1 HIV/Vigs
- Ontwikkel beradingsprogramme vir geïnfekteerde/geaffekteerde persone/
werknemers.√√
- Reël werkswinkels om HIV/Vigs-programme/-veldtogte te kan organiseer.√√
- Bied anti-retrovirale (ARV) behandelingsprogramme (ART) aan geïnfekteerde
werknemers aan.√√
- Moedig werknemers aan om by HIV/Vigs ondersteuningsgroepe aan te sluit.√√
- Ontwikkel strategieë wat die stigma en diskriminasie kan hanteer.√√
- Neem deel aan HIV/Vigs-voorkomingsprogramme wat in die gemeenskap
geïmplementeer word.√√
- Ondersteun nie-regerings-/gemeenskapsgebaseerde organisasies (NPO)/
HIV/Vigs-inisiatiewe.√√
- Enige ander relevante strategie wat besighede kan gebruik om HIV/Vigs as 'n
sosio-ekonomiese kwessie te hanteer.
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
Maks (4)
4.8.2 Werkloosheid
- Voorsien vaardigheidsontwikkelingsprogramme deur leerderskappe.√√
- Bied beurse aan die gemeenskap om die vlakke van opvoeding te verbeter.√√
- Skep werksgeleenthede vir lede van die gemeenskap.√√
- Voorsien entrepreneursprogramme wat kan lei tot self-indiensneming.√√
- Ondersteun bestaande klein besighede om meer werksgeleenthede te skep.√√
- Enige ander relevante strategie wat besighede kan gebruik om werkloosheid as 'n
sosio-ekonomiese kwessie te hanteer.
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
Maks (4)
[60]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 4 PUNTE
4.1 3
4.2 4
4.3.1 4
4.3.2 4
4.4 4
4.5 8
4.6.1 3
4.6.2 6
4.6.3 8
4.7 8
4.8.1 4
4.8.2 4
TOTAAL 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 23 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1.1 Voorbeelde van posbeskrywing en posspesifikasie aangehaal uit die scenario
POSBESKRYWING POSSPESIFIKASIE
- Koördinering van indiensopleiding vir - Goeie interpersoonlike verhoudinge√
personeel√
- Verslae saamstel en terugvoering - Uitstekende rekenaarvaardighede√
betyds gee√
Submaks (2) Submaks (2)
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) voorbeelde vir posbeskrywing en
posspesifikasie na.
2. Die voorbeelde moet duidelik met posbeskrywing en posspesi-
fikasie verband hou.
Maks (4)
5.1.2 Soorte werwing
- Interne werwing√√ Submaks (2)
Motivering
- Dit was op hul kennisgewingbord geadverteer.√ Submaks (1)
LET WEL: Geen punt word vir die motivering toegeken, indien die soort
werwing foutiewelik geïdentifiseer is nie.
Maks (3)
5.1.3 Ander bronne van interne werwing
- Interne e-posse√
- Verwysings van bestuur√
- Aanbevelings van huidige werknemers√
- Interne nuusbrief van die besigheid√
- Roofwerwing binne die onderneming√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bronne van interne
werwing.
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
(2 x 1) (2)
5.1.4 Plasingsprosedure
- JH behoort spesifieke verantwoordelikhede van die nuwe pos uiteen te sit√,
insluitend verwagtinge/vaardighede wat vir die pos benodig word.√
- Bepaal die suksesvolle kandidaat se sterkpunte/swakhede/belangstellings/
vaardighede√ deur hom bloot te stel aan verskeie psigometriese toetse.√
- Bepaal die verhouding tussen pos√ en die kandidaat se vaardighede.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die plasingsprosedure.
Maks (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 24 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
5.2 Rol van die onderhoudvoerder wanneer vir die onderhoud voorberei word
- Jane behoort 'n kernstel vrae, gebaseer op die vaardighede/kennis/vermoëns wat
vereis word, op te stel.√√
- Sy behoort elke kandidaat se aansoekvorm na te gaan/CVs te verifieer vir enige
inligting wat meer verduideliking mag vereis.√√
- Bespreek en berei die lokaal vir die onderhoude voor.√√
- Stel die onderhoudsdatum vas/Verseker dat alle onderhoude, sover moontlik, op
dieselfde datum plaasvind.√√
- Stel al die gekortlyste kandidate in kennis van die datum en plek van die
onderhoud.√√
- Stel die paneellede, wat die onderhoude gaan voer, in kennis van die datum en
plek van onderhoude.√√
- Allokeer dieselfde hoeveelheid tyd vir elke onderhoud op die program.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van die onderhoud-
voerder wanneer vir die onderhoud voorberei word.
Maks (8)
5.3.1 Redes vir die beëindiging van die dienskontrak uit die scenario
- Sy was gereeld laat vir werk.√
- Sy het soms besigheidsprodukte sonder toestemming geneem.√
- Emma het geweier om haar negatiewe gedrag te verander.√
LET WEL: 1. Ken slegs punte toe vir antwoorde direk uit die scenario
aangehaal.
2. Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
(3 x 1) (3)
5.3.2 Ander redesvir die beëindiging van 'n indiensnemingskontrak
- Werknemer bedank vrywillig.√√
- Werkgewer het nie meer werk vir die werknemer nie/besigheid sluit/aflegging/
botalligheid.√√
- Werknemer bereik die aftree-ouderdom soos in die kontrak vervat.√√
- As die werknemersou sterf.√√
- Deur onderlinge ooreenkoms tussen werkgewer en werknemer.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die redes vir die beëindiging
van 'n indiensnemingskontrak.
LET WEL: Geen punte word toegeken vir redes in VRAAG 5.3.1 verskaf of vir
ontslag/wangedrag nie.
Maks (6)
5.4 Gehalte-aanwysersvan die bemarkingsfunksie
- Verkry 'n groter markaandeel.√√
- Lok klante deur hulle behoeftes/begeertes te bevredig/positiewe verhoudinge te
bou.√√
- Voldoen aan etiese reklamepraktyke wanneer produkte/dienste bemark word.√√
- Identifiseer mededingende voordeel om op bemarkingsterkpunte te fokus/te
verbeter.√√
- Differensiasie van produkte kan meer klante te lok.√√
- Deurlopende hersiening van waarde-kwessies.√√
- Effektiewe kommunikasie met klante om terugvoering te kry van hul ondervinding
met produkte verkoop/dienste gelewer.√√
- Koördinering van verspreiding met produksie en bemarkingstrategieë.√√
- Aanwending van prystegnieke om mededingende voordeel te verseker.√√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 25 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
- Gebruik prystegnieke om mededingende voordeel te verseker.√√
- Bepaal die gaping tussen klante se verwagtinge en hulle werklike ondervindings om
sodoende probleme rondom die kwaliteit van produkte te diagnoseer/aan te spreek.√√
- Maak aanpassings/veranderinge aan produkte/dienste op grond van terugvoering
van klante ontvang.√√
- Gebruik aggressiewe bemarkingsveldtogte om markaandeel te behou/vergroot.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die gehalte-aanwysers van
die bemarkingsfunksie.
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
(3 x 2) (6)
5.5 Verskille tussen gehaltebeheer en gehalteversekering
GEHALTEBEHEER GEHALTEVERSEKERING
- Stelsel wat verseker dat die - Kontroles uitgevoer gedurende√ en
verlangde gehalte verkry word√ deur na afloop van die produksieproses.√
die finale produk te inspekteer.√
- Verseker dat voltooide produk√ aan - Verseker dat die vereiste standaard√
die vereiste standaarde voldoen.√ by elke stadium van die proses bereik
is.√
- Proses wat verseker dat produkte - Prosesse wat in plek gestel word om
deurlopend/konsekwent√ teen hoë te verseker dat die gehalte van
standaarde vervaardig word.√ produkte/dienste/stelsels voldoen aan
voorafbepaalde standaarde√ met
minimale defekte/vertragings/tekort-
kominge.√
- Kontrolering van grondstowwe/werk- - Verseker dat elke proses daarop
nemers/masjinerie/werkmanskap/ gemik is om die produk die eerste
produkte√ om te verseker dat hoë keer reg te kry√ en voorkom dat foute
standaarde gehandhaaf word.√ weer gemaak word.√
- Enige ander relevante antwoord wat - Enige ander relevante antwoord wat
verband hou met die verduideliking verband hou met die verduideliking
van gehaltebeheer. van gehalteversekering.
Submaks (2) Submaks (2)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie, maar die verskille
moet duidelik wees.
2. Ken ‘n maksimum van TWEE (2) punte toe indien die verskille nie
duidelik is nie/Sien slegs gehaltebeheer of gehalteversekering na.
Maks (4)
5.6 Betekenis van gehaltesirkels
- Dis 'n groep werknemers met 'n verskeidenheid vaardighede en ondevinding√ wat
bymekaar kom om probleme, wat verband hou met gehalte/implementering van
verbeterings, op te los.√
- Hulle ondersoek probleme√ en stel oplossings voor aan bestuur.√
- Voorstelle kan deur bestuur geïmplementeer word√ om gehalte te verbeter.√
- In 'n klein besigheid√ kan alle personeellede deel wees van die gehaltesirkel.√
- Tipiese onderwerpe wat deur gehaltesirkels bespreek kan word√, kan die
verbetering van veiligheid/produkontwerp/vervaardigingsproses, ens. insluit.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die betekenis van
gehaltesirkels.
Maks (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 26 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
5.7 Besigheidsfunksies
5.7.1 Menslike hulpbronfunksie√√ (2)
5.7.2 Produksiefunksie√√ (2)
5.7.3 Administratiewe funksie√√ (2)
(6)
5.8. Positiewe impak van die monitering en evaluering van gehalteprosesse as 'n
TGB-element op groot besighede
- Groot besighede het 'n monitering- en evalueringstelsel/gehalteversekerings-
prosesse in plek√ om defekte/foutiewe produkte te voorkom.√
- Sleutelprestasie-aanwysers word spesiaal uitgesoek√ om realistiese basislyne
daar te stel.√
- Data wat van die aanwysers versamel word/Kontrolekaarte√ word gebruik om
uitkomste effektief te monitor.√
- Groot besighede het gehaltebeheer-kontroles en -prosedures√ om zero-toleransie
te verseker.√
- Kan beter toegerus wees√ om dinge die eerste keer reg te kry met geen defekte
nie.√
- Gebruik maatstawwe om beste praktyk te vind√ waarmee resultate vergelyk kan
word.√
- Gehaltesirkels kom gereeld bymekaar√ om vordering in terme van gehalte te
evalueer/te kontroleer of die moniteringstelsel nog doeltreffend is.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak van die
monitering en evaluering van gehalteprosesse as 'n TGB-element, op groot
besighede.
Maks (8)
[60]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 5 PUNTE
5.1.1 4
5.1.2 3
5.1.3 2
5.1.4 6
5.2 8
5.3.1 3
5.3.2 6
5.4 6
5.5 4
5.6 4
5.7 6
5.8 8
TOTAAL 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 27 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
6.1 Wetgewing
6.1.1 Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)/Wet op Arbeidsver- (2)
houdinge/WAV√√
6.1.2 Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998)/Wet op Vaardig- (2)
heidsontwikkeling/WVO√√
6.1.3 Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003 (Wet 53 van 2003)/
Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtig/BBSEB (2)
(6)
6.2 Porter se Vyf Magte
6.2.1 Mag van kopers
- Kopers is die finale/eindgebruikers van produkte/dienste.√
- Besigheid moet bepaal hoe maklik dit vir hul kopers/klante is√ om pryse afwaarts te
dwing.√
- Die krag/mag sal afhang van die aantal kopers/die belangrikheid van elke koper vir
die besigheid√ en die oorskakelingskoste na ander produkte.√
- 'n Paar sterk kopers√ kan dikwels hul terme aan die besigheid voorskryf.√
- As klante sonder die besigheid se produkte kan klaarkom√, het hulle meer mag om
pryse en verkoopsvoorwaardes te bepaal.√
- Besighede behoort marknavorsing te doen√ om meer inligting rakende hul kopers te
bekom.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die mag van kopers as een
van Porter se Vyf Magte.
Maks (4)
6.2.2 Mededingende wedywering/Mag van mededingers
- Mededingers is besighede√ wat dieselfde/soortgelyke produkte verkoop of
dieselfde/soortgelyke diens lewer.√
- Indien mededingers unieke produkte/dienste lewer√, sal hulle 'n groter mag hê.√
- Besighede moet 'n mededingersprofiel saamstel√, om hul eie mag/krag en dié van
die mededingers te kan bepaal√/Besighede behoort vas te stel hoeveel mede-
dingers daar is√ en hoe groot hul invloed op die mark is.√
- ʼn Besigheid met baie mededingers in dieselfde mark√ het baie min mag/krag.√
- Sommige mededingers het genoeg hulpmiddele om prysoorloë te begin√ en kan
aanhou om teen 'n verlies te verkoop totdat ander mededingers die mark verlaat
het.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die mag van kopers as een
van Porter se Vyf Magte.
Maks (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 28 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
6.3 Verskille tussen vennootskappe en privaat maatskappye
VENNOOTSKAPPE PRIVAAT MAATSKAPPYE
- Vennote√ dra vaardighede/bates/ - Aandeelhouers√ dra kapitaal by.√
kapitaal by.√
- Geen spesifieke vereistes√ vir 'n - Naam moet eindig√ met Eiendoms
naam√/Kan enige aanvaarbare√ Beperk/(Edms.) Bpk.√
naam wees.√
- Benodig slegs 'n vennootskaps- - Memorandum van Inkorporasie(MOI)√
ooreenkoms√ vir oprigting.√ moet met die Maatskappye en
Intellektuele eiendomskommissie
(CIPC) geregistreer word.√
- Vennote√ het onbeperkte aanspreek- - Aandeelhouers het beperkte
likheid√/Vennote is aanspreeklik√ vir aanspreeklikheid√ vir die privaat
die vennootskap se skulde.√ maatskappy se skulde.√
- Vennootskap het geen kontinuïteit, so - Die maatskappy het onbeperkte
as een vennoot sterf/aftree, moet die aanspreeklikheid√, as een aandeel-
oorblywende vennote 'n nuwe oor- houer sterf/uittree, sal die maatskappy
eenkoms sluit.√ steeds voortbestaan.√
- Vennote is almal aktief betrokke in die - Maatskappy word bestuur√ deur ten
bestuur√ van die vennootskap.√ minste een direkteur.√
- Vennootskap betaal nie inkomstebe- - Onderhewig aan dubbele belasting√,
lasting nie√, maar die vennote betaal omdat maatskappye en aandeel-
belasting in hul private hoedanig- houers afsonderlik belas word op
heid.√ maatskappywinste.√
- Enige ander relevante antwoord wat - Enige ander relevante antwoord wat
verband hou met vennootskappe. verband hou met privaat maat-
skappye.
Submaks (4) Submaks (4)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie, maar die
verskille moet duidelik wees.
2. Ken ‘n maksimum van VIER (4) punte toe, indien die verskille nie
duidelik is nie/Sien slegs vennootskappe of privaat maatskappye na.
Maks (8)
6.4.1 Johannesburgse Sekuriteitebeurs/JSE/JSE Beperk√√ (2)
6.4.2 Funksies van die JSE
- Gee geleenthede aan finansiële instellings, bv. versekeringsmaatskappye om hulle
fondse in aandele te belê/Mobiliseer fondse vir versekeringsmaatskappye en ander
instellings.√√
- Dien as 'n barometer/aanwyser vir ekonomiese toestande in Suid-Afrika.√√
- Hou beleggers ingelig deur aandeelpryse daagliks te publiseer.√√
- Dien as 'n skakel tussen beleggers en publieke maatskappye.√√
- Aandele word waardeer en geëvalueer deur deskundiges.√√
- Klein beleggers word genooi om deel te neem aan die ekonomie van die land deur
die koop/verkoop van aandele.√√
- Toegang tot risiko-/waagkapitaalmarkte word moontlik gemaak.√√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 29 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
- Streng beleggingsreëls verseker 'n ordelike mark vir sekuriteite.√√
- Moedig nuwe beleggings aan in Suid-Afrikaanse maatskappye.√√
- Verkry primêre kapitaal.√√
- Beplan, doen navorsing en gee advies oor beleggingsmoontlikhede.√√
- Verseker dat die mark op 'n deursigtige manier bedryf word.√√
- Verskaf beskerming aan beleggers.√√
- Moedig korttermynbeleggings aan.√√
- Fasiliteer elektroniese verhandeling van aandele/STRATE.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die funksies van die
Johannesburgse Sekuriteitebeurs/JSE.
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
2. Geen punte word toegeken vir 'notering van maatskappye' nie.
(3 x 2) (6)
BESIGHEIDSROLLE
6.5 Probleemoplossingstappe
- Identifiseer die probleem.√
- Definieer die probleem.√
- Identifiseer moontlike oplossings vir die probleem.√
- Kies die mees gepaste alternatief.√
- Ontwikkel 'n aksieplan.√
- Implementeer die voorgestelde oplossing/aksieplan.√
- Monitor die implementering van die oplossing/aksieplan.√
- Evalueer die geïmplementeerde oplossing.√
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste VIER (4) na.
2. Aanvaar stappe in enige volgorde.
3. Ken punte toe vir verskillende benaderings in probleem-
oplossing, bv. 3 of 5 stappe, ens.
(4 x 1) (4)
6.6 Voordele van KMB vir besighede
- Kan ervare werknemers lok/vergroot die poel geskoolde arbeid√ wat tot verhoogde
produktiwiteit kan lei.√
- Besigheid kan 'n goeie openbare beeld/reputasie hê√, omdat hulle goed na hul
werkers omsien/op 'n verantwoordelike manier optree/sake doen.√
- Besigheid kan mededingende voordeel hê√, want dit lei tot goeie publisiteit/
verbeterde reputasie/aansien.√
- Bevorder verbruikerslojaliteit√ wat lei tot verhoogde verkope/wins/meer klante.√
- KMI-programme kan as 'n bemarkingstrategie gebruik word√ om hulle
produkte/dienste te bevorder.√
- KMI-programme bevorder spanwerk√ tussen werknemers in besighede.√
- KMI help om beleggers te lok√ wat lei tot vinniger uitbreiding/groei.√
- Besighede kan belastingvoordele√, bv. belastingvermindering/-afslag ontvang.√
- Ondersteun die oplossing van sosio-ekonomiese kwessies√ soos armoede.√
- Indien die korporatiewe sektor vrywillig in KMI betrokke raak√, is die kanse minder
dat die regering die kwessie deur wetgewing sal afdwing.√
- Werknemers voel dat hulle 'n verskil maak√ deur vir die besigheid te werk.√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 30 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
- Dit help om personeel te behou/Laer personeelomset√ omdat daar na werknemers
se gesondheid/veiligheid omgesien word.√
- Verbeter werknemers se gesondheid√ deur gefokusde KMI-programme.√
- Besighede raak meer gemeenskapsgedrewe√ deur nou saam met die gemeen-
skap te werk om vaardigheidsontwikkelingsprojekte van stapel te stuur.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van KMB vir
besighede. Maks (6)
6.7 Strategie om moeilike persoonlikhede te hanteer:
SOORT STRATEGIE OM DIE PERSOONLIKHEID TE HANTEER
PERSOONLIKHEID
6.7.1 Klaer - Luister na klagtes, maar moenie dit erken nie.√√
- Onderbreek die situasie en gaan so gou as moontlik oor tot
die probleemoplossingsproses.√√
- Enige ander relevante strategie om die klaer te hanteer.
Maks (2)
6.7.2 Aggressief - Laat toe dat hulle praat en afblaas.√√
- Wees ferm, maar moenie hulle aanval nie.√√
- Moenie toelaat dat hulle vyandig is teenoor andere nie.√√
- Enige ander relevante strategie om die aggressiewe
persoonlikheid te hanteer.
Maks (2)
6.7.3 Stil - Moenie hulle stiltes met woorde vul nie.√√
- Wag vir hulle reaksies/antwoorde.√√
- Moedig hulle aan om deel te neem aan die proses en gee
hulle geleentheid om insette te lewer/Moedig hulle aan om
hul insette te lewer.√√
- Beperk die tyd vir bespreking.√√
- Enige ander relevante strategie om die stil persoonlikheid te
hanteer.
Maks (2)
LET WEL: Sien slegs die eerste strategie van elke soort persoonlikheid na.
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.8.1 Aspekte van die induksieprogram in die scenario
- Werknemers word gewoonlik op 'n toer deur die geboue geneem.√
- Voorgestel aan senior bestuur en kollegas.√
LET WEL: 1. Aspekte moet direk uit die scenario aangehaal word.
2. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
(2)
6.8.2 ANDER aspekte wat in die induksieprogram ingesluit behoort te word
- Oorsig van die besigheid.√√
- Veiligheidsreëls en regulasies/-maatreëls.√√
- Inligting oor die besigheidse produkte/dienste.√√
- Departmentele beleidstukke/prosedures/reëls en regulasies.√√
- Administratiewe detail, insluitend stelsels/prosesse/logistiek.√√
- Vergadering met senior bestuur wat die maatskappyse visie/waardes/posbeskry-
wing/daaglikse take sal toelig.√√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 31 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
- Toekenning van 'n senior kollega wat as mentor kan optree.√√
- Diensvoorwaardes insluitend werskure/verlof-aansoekprosedure/dissiplinêre
prosedures√√, ens.
- Bespreking van die indiensnemingskontrak/spesifieke voorwaardes van die pos.√√
- Bespreking van personeelbeleid, bv. private telefoonoproepe/internetgebruik√√, ens.
- Bespreking van Korporatiewe Maatskaplike Verantwoodelikheidsprogramme.√√
- Aanwysing van die nuwe werknemerse werkplek/werkstasie.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die inhoud van induksie-
programme.
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
2. Geen punte word toegeken vir aspekte wat reeds in VRAAG 6.8.1
genoem is nie.
(3 x 2) (6)
6.9 Voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel
- Doeltreffende diens aan klante kan gelewer word√, wat lei tot verhoogde klante-
tevredendheid.√
- Tyd en hulpbronne√ word doeltreffend benut.√
- Produktiwiteit verhoog√ as gevolg van behoorlike tydsbestuur/gebruik van hoë gehalte
hulpbronne.√
- Produkte/Dienste√ verbeter deurlopend.√
- Visie en missie/Ondernemingsdoelwitte√ kan bereik word.√
- Mededingende voordeel kan verkry word√ bo mededingers.√
- Deurlopende opleiding√ sal die gehalte van werknemers se vaardighede/kennis
voortdurend verbeter.√
- Werkgewers en werknemers sal 'n gesonde werksverhouding hê√ wat lei tot gelukkige
werknemers.√
- Groter markaandeel/winsgewendheid√ kan lei tot die besigheid se groei/uitbreiding.√
- Verbeter die besigheid se beeld√, want daar is minder defektiewe/foutiewe
produkte/terugsendings.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van 'n goeie
gehaltebestuurstelsel.
Maks (6)
[60]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 6 PUNTE
6.1 6
6.2.1 4
6.2.2 4
6.3 8
6.4.1 2
6.4.2 6
6.5 4
6.6 6
6.7.1 2
6.7.2 2
6.7.3 2
6.8.1 2
6.8.2 6
6.9 6
TOTAAL 60
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 32 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
AFDELING C
Sien slegs die eerste TWEE (2) vrae na.
VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
7.1 Inleiding
- Die WBDV sit die voorwaardes uiteen wat billike arbeids- en menslike hulpbron-
praktyke verseker.√
- Die Wet is van toepassing op alle werkgewers en werknemers, uitgesluit die lede
van die Nasionale Weermag, Nasionale Intelligensie Agentskap, Suid-Afrikaanse
Geheime Diens en onbetaalde vrywilligers wat vir liefdadigheid werk.√
- DieWBDV is van toepassing op los-, tydelike en permanente werknemers, sowel
as onafhanklike kontrakteurs.√
- Besighede behoort te verseker dat hulle aan hierdie Wet voldoen om boetes te
vermy.√
- Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die WBDV.
Maks (2)
7.2 Doel van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
- Verskaf duidelike indiensnemingsterme en -voorwaardes√ vir werkgewers en
werknemers.√
- Stel minimum vereistes/standaarde√ vir die indiensnemingskontrak.√
- Reguleerdie reg tot billike arbeidspraktyke√ soos vervat in die Grondwet.√
- Dit voldoen aan die reëls en regulasies√ soos deur die Internasionale Arbeids-
organisasie vereis.√
- Reguleer die variasies√ van basiese diensvoorwaardes.√
- Bevorder ekonomiese ontwikkeling√ en maatskaplike geregtigheid.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die doel van die WBDV.
Maks (10)
7.3 Bepalings van die WBDV
7.3.1 Werksure√√
- Werkers mag nie meer as 45 ure√ in 'n week werk nie.√
- Werkers mag nege ure per dag werk√ indien hulle vyf of minder dae per week
werk√/agt ure per dag√ indien hulle meer as vyf dae 'n week werk.√
- Nagwerk, wat na 18:00 en voor 6:00 die volgende dag per ooreenkoms uitgevoer
word√, moet deur 'n toelaag/vermindering van werksure vergoed word.√
- Gewone werksure kan per ooreenkoms verleng word√ met 'n maksimum van
15 minute per dag/maksimum van sestig minute per week om die pligte vir diens aan
die publiek, te voltooi.√
- Gewone werksure mag verminder word√ tot 'n maksimum van 40 ure per week/8 ure
per dag.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met werksure as 'n bepaling van
die WBDV.
Bepaling (2)
Bespreking (2)
Submaks (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 33 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
7.3.2 Oortyd√√
- Werkersmag instem/ooreenkom√ om oortyd te werk.√
- Werkers kan nie meer as√ drie ure oortyd per dag/10 ure oortyd per week werk
nie.√
- Oortyd moet soos volg vergoed word:
o Een en 'n half keer die normale daaglikse tarief√ vir oortyd op weeksdae en
Saterdae gewerk.√
o Dubbel die normale daaglikse tarief√vir oortyd op Sondae en publieke
vakansiedae gewerk.√
- Oortyd moet betaal word volgens die bepaalde oortydtarief√ of 'n werker kan
instem om betaalde tyd af te kry.√
- Die Minister van Arbeid mag die maksimum toegelate werksure, insluitend oortyd√,
vir gesondheids- en veiligheidsredes vir 'n sekere kategorie van werk, voorskryf.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met oortyd as 'n bepaling van die
WBDV.
Bepaling (2)
Bespreking (2)
Submaks (4)
7.3.3 Verlof
• Jaarlikse verlof√√
Werkers is geregtig op:
- 21 agtereenvolgende dae verlof per jaar/Een dag vir elke 17 dae gewerk/Een
uur vir elke 17 uur gewerk.√
- 'n Werkgewer kan slegs 'n werknemer betaal in plaas van verlof toestaan√ as
die werker die pos/werk verlaat.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met jaarlikse verlof as 'n
bepaling van die WBDV.
• Siekverlof√√
Werkers is geregtig op:
- Ses weke betaalde siekverlof in 'n tydperk van 36 maande/1 dag betaalde
siekverlof vir elke 26 dae gewerk gedurende die eerste ses maande van
indiensneming.√
- 'n Mediese sertifikaat kan vereis word voordat 'n werker, wat vir meer as twee
agtereenvolgende dae/gereeld afwesig is, betaal word.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met siekverlof as 'n bepaling
van die WBDV.
• Kraamverlof√√
- 'n Swanger werknemer√ is geregtig op vier agtereenvolgende maande verlof.√
- 'n Swanger werknemer mag nie toegelaat word om werk, wat gevaarlik vir haar
en haar ongebore kind kan wees, te doen nie.√
- Die begindatum is gewoonlik enige tyd binne vier weke voor√ die verwagte
datum van geboorte of op advies van die dokter/vroedvrou.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met kraamverlof as 'n
bepaling van die WBDV.
LET WEL: Aannemingsverlof kan ook aanvaar word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 34 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
• Gesinsverantwoordelikheidsverlof√√
- Drie tot vyf (3 tot 5) dae betaalde verlof per jaar op versoek√ in die geval van die
dood van die werknemer se eggenoot/lewensmaat/ouer/aangenome ouer/
grootouer/kind/aangenome kind/kleinkind/bloedverwant.√
- 'n Werkgewer kan redelike bewyse verlang√, voordat hierdie verlof toegestaan
word.√
- Manlike werknemers is geregtig op drie/vyf dae se vaderskapverlof√ wanneer
die kind gebore word.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met gesinsverantwoorde-
likheidsverlof as 'n bepaling van die WBDV.
Bepaling (2)
Bespreking (2)
Submaks (4)
LET WEL: Ken 'n maksimum van VIER punte toe vir verlof.
7.3.4 Etenspouses en rusperiodes√√
- Werkers moet 'n etenspouse van 60 minute√ kry na vyf aaneenlopende werksure.√
- Dit kan verminder word na 30 minute met skriftelike toestemming√, wanneer
werker minder as 6 ure per dag werk.√
- 'n Werker moet 'n daaglikse rusperiode√ van 12 aaneenlopende ure kry√/'n
weeklikse rusperiode van 36 aaneenlopende ure√ wat Sondae moet insluit.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met etenspouses en rusperiodes
as 'n bepaling van die WBDV.
Bepaling (2)
Bespreking (2)
Submaks (4)
7.3.5 Publieke vakansiedae√√
- Werkers moet betaal word op enige publieke vakansiedag√ wat op 'n werksdag
val.√
- Werk op publieke vakansiedae is volgens ooreenkoms√ en word teen dubbeld die
gewone tarief betaal.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met publieke vakansiedae as 'n
bepaling van die WBDV.
Bepaling (2)
Bespreking (2)
Submaks (4)
7.3.6 Beëindiging van indiensneming√√
- 'n Indiensnemingskontrak kan slegs beëindig word na een week kennisgewing√, as
die werker vir ses maande of minder in diens was.√
- 'n Minimum van vier weke kennis moet gegee word√, as die werker vir 'n jaar of
langer in diens was.√
- Die werknemer moet skriftelik√ kennis gee.√
- 'n Werknemer wat afgelê/ontslaan word vir rekonstruktiewe redes√ is geregtig op
een week skeidingsvergoeding vir elke jaar van dienslewering.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met beëindiging van indiens-
neming as 'n bepaling van die WBDV.
Bepaling (2)
Bespreking (2)
Submaks(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 35 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
7.3.7 Kinder- en dwangarbeid√√
- Dit is onwettig om 'n kind in diens te neem√ wat jonger as 15 jaar oud is.√
- Dit ook onwettig√ om iemand te dwing om te werk.√
- Besighede kan kinders ouer as 15 jaar in diens neem√, indien die werk nie skadelik
vir hul gesondheid/welstand/opvoeding/morele en maatskaplike ontwikkeling is
nie√/minderjariges onder 18 jaar√ mag nie gevaarlike werk/werk wat vir
volwassenes bedoel is, doen nie.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met kinder- en dwangarbeid as
'n bepaling van die WBDV. Bepaling (2)
Bespreking (2)
Submaks (4)
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. (4 x 4) (16)
7.4 Strafmaatreëls vir besighede wat nie aan die Wet voldoen nie
- Arbeidsinspekteurs kan 'n voldoeningsbevel bedien deur aan die Departement van
Arbeid te skryf.√√
- Die Direkteur-Generaal kan die voldoeningsbevel toestaan/verander/kanselleer.√√
- Arbeidsinspekteurs kan klagtes ondersoek/inspekteer/vrae vra oor klagtes en
rekords wegneem as bewyse.√√
- Besighede kan voor die arbeidshof gedaag word vir 'n beslissing.√√
- Besighede wat skuldig bevind word aan nie-nakoming, kan groot boetes opgelê
word.√√
- Hulle kan gelas word om vergoeding en skade aan die werknemer te betaal.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die strafmaatreëls vir
besighede wat nie aan WBDV voldoen nie.
Maks (8)
7.5 Positiewe impak van die WBDV op die besigheid
- Voorsien 'n raamwerk vir aanvaarbare indiensnemingspraktyke√, bv. wettige
indiensnemingskontrakte, werksure, verlof√, ens.
- Bevorder billike behandeling√ van werknemers in besigheid.√
- Reëls en regulasies is baie spesifiek√, wat duidelik riglyne aan die werkgewer gee
om indiensnemingskwessies te hanteer.√
- Bevorder konsultasie√ tussen werkgewers en werknemers.√
- Gee riglyne van die minimumvereistes√ wat die basis vorm van die indiens-
nemingskontrak.√
- Werksure word uiteengesit√, sodat die werkgewer nie die werknemer kan uitbuit
nie.√
- Werknemers word toegelaat om vakunies te raadpleeg√ in gevalle waar die
WBDV-bepalings verbreek word.√
- Werknemers kan klagtes indien√ by arbeidsinspekteurs wat dit hanteer.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak van die
WBDV op besighede.
Maks (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 36 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
7.6 Gevolgtrekking/Slot
- Werkgewers moet rekord hou van werknemers/hul werksure en vergoeding.√√
- Besighede behoort werkers se regte in terme van die WBDV in sigbare plekke
waar alle werkers dit kan sien, ten toon stel.√√
- Die Minister van Arbeid kan variasies op die WBDV-bepalings/regulasies aanbring,
dus moet besighede ingelig by rondom die aanpassings aan die Wet.√√
- Enige ander relevante gevolgtrekking/slot wat verband hou met die WBDV.
Maks (2)
[40]
VRAAG 7: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
Besonderhede Maksimum Totaal
Inleiding 2
Doel van die WBDV 10
Bepalings van die WBDV 16
Maks
Strafmaatreëls vir nie-voldoening
8 32
aan WBDV
Positiewe impak van die WBDV 12
Gevolgtrekking/Slot 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
SASO - vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDING)
8.1 Inleiding
- 'n Verbale aanbieding sal fokus op 'n mondelinge/gesproke aanbieding aan
beleggers.√
- Die doel van 'n aanbieding is om inligting uit te ruil omdat dit luister en praat van
beide die aanbieder en die gehoor vereis.√
- 'n Oorhoofse projektor is nuttig om die gehalte van die aanbieding te verbeter.√
- Verskeie faktore moet oorweeg word wanneer 'n multimedia aanbieding
ontwerp/ontwikkel word om dit doeltreffend/aangrypend/indrukwekkend te maak.
- Wanneer daar op die gehoor se vrae/opmerkings reageer word, behoort die
aanbieder dit sonder aggressie/selfverdediging te doen.√
- Enige ander relevante inleiding wat verband hou met 'n aanbieding.
Maks (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 37 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
8.2 Aspekte vir die ontwerp van 'n multimedia-aanbieding
- Gebruik leesbare skrif en lettergrootte.√√
- Begin met die teks.√√
- Hou die teks/beelde/taal eenvoudig.√√
- Struktureer inligting in logiese volgorde.√√
- Beperk die inligting op elke skyfie.√√
- Maak seker daar is geen spelfoute nie.√√
- Gebruik helder kleure om sigbaarheid te verhoog.√√
- Gebruik prente/beelde om dit interessant vir die gehoor te maak.√√
- Kies 'n relevante/toepaslike agtergrond.√√
- Kies beelde/prente wat die boodskap van die aanbieding ondersteun.√√
- Ontwerp duidelike/relevante grafika.√√
- Voeg spesiale effekte by, bv. klank/beweging.√√
- Skep koppelings/'hyperlinks' om toegang tot ander lêers/skyfies/video-insetsels te
verkry.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die aspekte wat oorweeg
moet word by die ontwerp van 'n multimedia aanbieding.
Maks (10)
8.3 Visuele hulpmiddele
8.3.1 Voordele van PowerPoint-skyfies
- Grafiese programme het die vermoë om idees oor te dra√ en ondersteun wat die
aanbieder sê.√
- Maklik om te kombineer√ met klank/video-insetsels.√
- Eenvoudige/Minder oorvol skyfies√ kan die gehoor se belangstelling behou.√
- Video-insetsels kan verskeidenheid gee√ en die gehoor se aandag behou.√
- Afwisseling van kleur/agtergrond/klank trek dadelik aandag√ en behou die gehoor
se belangstelling deur die hele voorlegging.√
- Skyfies behoort slegs gebruik te word√ waar dit die feite kan beklemtoon of die
inligting kan opsom.√
- PowerPoint-skyfies kan help om groot hoeveelhede feite√ in 'n kort tyd oor te dra.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van Power
Point-skyfies as 'n visuele hulpmiddel.
Submaks (4)
8.3.2 Voordele van 'n oorhoofse projektor (OHP)
- Opsommings/Eenvoudige grafika/Diagramme/Prosesse√ kan maklik op
transparante verduidelik word.√
- Dit kan met die hand voorberei word (OHP penne)√ of elektronies met die
rekenaar/fotostaatmasjien.√
- Indien 'n rekenaar/elektroniese toerusting nie werk of beskikbaar is nie,√ is daar 'n
bruikbare plaasvervanger.√
- Doeltreffende transparante moet duidelik en sigbaar wees√, bv. groot lettertipes,
min woorde/lyne.√
- OHP-transparante kan gebruik word om kleurbeelde√ te reflekteer.√
- Dit kan doeltreffend/nuttig wees om die aanbieder te herinner√ aan al die punte wat
gedek moet word.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van 'n
oorhoofse projektor as 'n visuele hulpmiddel.
Submaks (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 38 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
8.3.3 Voordele van uitdeelstukke
- Betekenisvolle uitdeelstukke kan aan die begin van die aanbieding√ uitgedeel word
om aandag te trek.√
- Notas/Harde kopieë van die voorlegging kan aan die einde van die voorlegging
uitgedeel word√ as 'n herinnering van die kernfeite van die voorlegging.√
- Bykomende inligting, bv. kontakbesonderhede/pryslyste√ kan uitgedeel word om die
besigheid se dienste bekend te stel.√
- Bruikbare inligting vir die verbetering van die volgende aanbieding kan verkry word√
wanneer die gehoor terugvoer-vraelyste voltooi aan die einde van die aanbieding.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van uitdeel-
stukke as 'n visuele hulpmiddel. Submaks (4)
Maks (12)
8.4 Faktore wat oorweeg moet gedurende 'n aanbieding
- Wiseman moet oogkontak maak met almal in die gehoor√ en in alle rigtings van die
gehoor kyk.√
- Wees hoorbaar√ vir alle luisteraars/gehoor.√
- Hy moet sy stemtoon aanpas/afwissel√ om eentonigheid te vermy.√
- Voeg toepaslike humor√ by die aanbieding by.√
- Gebruik visuele hulpmiddels effektief√ om aanbieding te versterk/ondersteun.√
- Wiseman behoort die doelwitte/hoofpunte van die aanbieding√ in die inleiding aan
te dui/te noem.√
- Plaas die belangrikste inligting eerste√ om die gehoor se aandag te kry.√
- Som die aanbieding op√ in die gevolgtrekking.√
- Hy behoort regop te staan√ tydens die aanbieding√/Moenie agter die toerusting√
probeer wegkruip nie.√
- Behou die tempo/Moenie te vinnig vorder/praat nie√, maar ook nie te stadig nie.√
- Hou dit kort√ en eenvoudig.√
- Gebruik geskikte gebare√, bv. handgebare om punte te beklemtoon.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die faktore wat oorweeg
moet word gedurende 'n aanbieding.
Maks (12)
8.5 Aspekte om te oorweeg wanneer hy professioneel/nie-aggressief vrae moet
beantwoord
- Wiseman behoort te staan√ deur die hele terugvoersessie.√
- Wees beleefd/selfversekerd/vriendelik/professioneel√ wanneer vrae beantwoord
word.√
- Maak seker dat elke vraag/opmerking verstaan word√ voordat daarop gereageer
word√/Herbewoord/Herhaal√ vrae indien onseker.√
- Wiseman behoort eers goed te luister√ en dan te reageer.√
- Verskaf terugvoering so gou as moontlik√ nadat die vraag gestel is of na die
sessie.√
- Wees reguit/eerlik/opreg√ wanneer vrae beantwoord word.√
- Gebruik eenvoudige taal√ om voorbeelde in die aanbieding te ondersteun.√
- Hou antwoorde kort√ en bly by die punt.√
- Moedig vrae√ vanuit die gehoor/belggers aan.√
- Spreek altyd die vraag/vrae aan√, nooit die persoon nie.√
- Gee erkenning vir goeie vrae√ om die gehoor aan te moedig om vrae te vra.√
- Wiseman behoort nie self in 'n debat betrokke te raak√ wanneer hy op vrae
reageer nie.√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 39 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
- Wiseman behoort nie vrae te ontduik/vermy√ as hy nie die antwoord ken nie, maar
eerder terugvoer daaroor op 'n later stadium beloof.√
- Spreek die volle gehoor/al die beleggers aan√ en nie net die persoon wat die vraag
gevra het nie.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die aspekte om te oorweeg
wanneer vrae professioneel/nie-aggressief beantwoord moet word.
Maks (12)
8.6 Gevolgtrekking/Slot
- 'n Deeglik voorbereide aanbieding skep 'n goeie indruk en sal potensiële beleggers
lok.√√
- 'n Goeie aanbieding bevorder die besigheid/eienaar/bestuur se beeld.√√
- Deur professioneel tydens 'n aanbieding/terugvoer-/vraesessie op te tree, behoort
by te dra tot die sukses van die aanbieding.√√
- Alle aanbiedingsmetodes moet doeltreffend benut word om die gehoor se aandag
deurgaans te behou.√√
- Enige ander relevante gevolgtrekking/slot wat verband hou met 'n aanbieding.
Maks (2)
[40]
VRAAG 8: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
Besonderhede Maksimum Totaal
Inleiding 2
Ontwerp van 'n multimedia
aanbieding 10
Voordele van PowerPoint skyfies,
oorhoofse projektor en uitdeelstukke 12 Maks
Faktore om te oorweeg gedurende 32
'n aanbieding 12
Reaksie op vrae op 'n professionele/
nie-aggressiewe manier 12
Gevolgtrekking/Slot 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/interpretasie 2
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
SASO - vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 40 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (SPANPRESTASIE EN KONFLIKHANTERING)
9.1 Inleiding
- Spanwerk verwys na 'n aantal persone wat doeltreffend saamwerk om sodoende 'n
gemeenskaplike doel te bereik.√
- Elke spanlid behoort tot die sukses van die span by te dra.√
- Suksesvolle spanne gaan deur verskillende stadia van spanontwikkeling om
uiteindelik suksesvol/doeltreffend te wees.√
- Bestuurders behoort goed ingelig te wees rakende die oorsake van konflik om
relevante strategieë te kan ontwikkel om konflik in die werkplek te kan hanteer.√
- 'n Grief is wanneer 'n werknemer 'n klagte het oor werkverwante kwessies.√
- Enige ander relevante inleiding wat verband hou met spanprestasie en
konflikhantering.
Maks (2)
9.2 Kriteria vir suksesvolle spanprestasie
9.2.1 Interpersoonlike houdings en gedrag√√
- Spanlede het 'n positiewe houding van ondersteuning√ en motivering teenoor
mekaar.√
- Goeie interpersoonlike verhoudings√ sal werksbevrediging verseker/span se
produktiwiteit verhoog.√
- Lede is toegewyd/passievol√ om 'n gemeenskaplike doelwit/doelstelling te bereik.√
- Spanleier moet erken/krediet gee aan lede√ vir positiewe bydraes.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met interpersoonlike houdings
en gedrag as 'n kriterium vir suksesvolle spanprestasie.
Kriterium (2)
Verduideliking (2)
Submaks (4)
9.2.2 Gedeelde waardes/Onderlinge vertroue en ondersteuning√√
- Toon lojaliteit teenoor/vertroue in spanlede√ ongeag onderlinge verskille.√
- Toon respek√ vir die kennis/vaardighede van elke spanlid.√
- Voer spantake met integriteit uit/streef na verantwoordbaarheid/bereik die span se
sperdatums√ met die nodige toewyding aan spandoelwitte.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met gedeelde waardes/
onderlinge vertroue en ondersteuning as 'n kriterium vir suksesvolle spanprestasie.
Kriterium (2)
Verduideliking (2)
Submaks (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 41 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
9.2.3 Kommunikasie√√
- 'n Duidelike stel prosesse/prosedures vir spanwerk√ verseker dat elke
spanlidsy/haar rol verstaan.√
- Vermoë om goed te kommunikeer√ en vinnige besluite te neem.√
- Kommunikeer met spanlede√ en gee geleentheid vir terugvoering.√
- Moedig bespreking van probleme aan√ sodat oplossings gevind kan word.√
- Voortdurende hersiening van span se vordering√ verseker dat spanlede foute kan
regstel/pro-aktief optree om te verseker dat doelwitte bereik word.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met kommunikasie as 'n
kriterium vir suksesvolle spanprestasie.
Kriterium (2)
Bespreking (2)
Submaks (4)
9.2.4 Samewerking√√
- Duidelik gedefinieerde realistiese doelwitte is gestel√, sodat alle lede presies weet
wat bereik moet word.√
- Bereidwilligheid om as 'n eenheid saam te werk√ om die span se doelwitte te
bereik.√
- Werk saam met bestuur√ om span/besigheidsdoelwitte te bereik.√
- Stem saam oor metodes/maniere om die werk doeltreffend af te handel√ sonder
om tyd op konflikoplossing te spandeer.√
- Alle lede√ neem deel aan besluitneming.√
- 'n Gebalanseerde samestelling van vaardighede/kennis/ervaring/kundigheid√
verseker dat spanne hul doelwitte bereik.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met samewerking as 'n kriterium
vir suksesvolle spanprestasie.
Kriterium (2)
Verduideliking (2)
Submaks (4)
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) kriteria na.
(3 x 4) (12)
9.3 Stadia van spanontwikkeling
9.3.1 Vorming√√
- Individue samel inligting/indrukke in oor mekaar/die omvang van die taak√ en hoe
om dit te benader.√
- Dis 'n gemaklike stadium om in te wees,√ omdat werk nog nie begin het nie.√
- Individue fokus daarop om met roetine-take besig te wees√, soos spanorgani-
sering/wie doen wat/wanneer vergader gaan word√, ens.
- Individue word gemotiveer deur 'n begeerte√ om deur ander spanlede aanvaar te
word.√
- Spanlede kan vasstel hoe elkeen, as 'n individu√, op druk gaan reageer.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met vorming as 'n stadium in
spanontwikkeling.
Stadium (2)
Bespreking (2)
Submaks (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 42 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
9.3.2 Stormstadium/Bestorming√√
- Spanne gaan deur 'n periode van ongemak/konflik√ na vorming.√
- Verskillende idees van spanlede√sal meeding vir oorweging.√
- Spanlede maak oop teenoor mekaar√ en konfronteer mekaar se idees/
perspektiewe.√
- Spanning/Stryery/Argumente kom voor√ en ontstel spanlede/daar kan 'n magstryd
ontwikkel vir die posisie van 'n spanleier.√
- In sommige gevalle kan bestorming gou opgelos word√; ander kere kan 'n span
nooit hierdie stadium verlaat nie.√
- Vele spanne misluk gedurende hierdie stadium√,omdat hulle nie op hul taak
gefokus is nie.√
- Hierdie fase kan dekonstruktief raak vir die span/sal spanprestasie negatief
beïnvloed√, as bestorming toegelaat word om buite beheer te raak.√
- Dié fase is nodig/belangrik√ vir groei/ontwikkeling van die span.√
- Sommige spanlede verdra mekaar√ om hierdie stadium te oorleef.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met stormstadium/bestorming as
'n stadium in spanontwikkeling.
Stadium (2)
Bespreking (2)
Submaks (4)
9.3.3 Normering/Stel van norme/Skikking en versoening√√
- Spanlede kom tot 'n vergelyk√ en bereik konsensus.√
- Rolle en verantwoordelikhede√ is duidelik en aanvaarbaar.√
- Prosesse/Werkstyle√ en wedersydse respek ontwikkel onder spanlede.√
- Spanlede het die begeerte/ambisie om te werk√ vir die sukses van die span.√
- Konflik kan voor kom√, maar toewyding/verbondenheid en 'n eenheidsgevoel is
sterk.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met normering/skikking en
versoening as 'n stadium in spanontwikkeling.
Stadium (2)
Bespreking (2)
Submaks (4)
9.3.4 Prestasie/Werkverrigting/Werk as 'n span vir 'n doel√√
- Spanlede is bewus van strategieë√ en doelwitte van die span.√
- Hulle het rigting√ sonder ingryping/inmenging van die spanleier.√
- Prosesse√ en struktureis vasgestel.√
- Leiers delegeer√ en hou toesig oor die prosesse en prosedures.√
- Alle spanlede is nou gemotiveerd/bekwaam/onafhanklik√ en in staat om die
besluitnemingsproses sonder toesig/konflik te hanteer.√
- Verskille tussen spanlede word waardeer√ en gebruik om die span se prestasie te
verbeter.√
- Spanlede vind maniere√ om take af te handel sonder konflik/eksterne toesig.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met prestasie/werkverrigtig/werk
as 'n span vir 'n doel as 'n stadium in spanontwikkeling.
Stadium (2)
Bespreking (2)
Submaks (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 43 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
9.3.5 Ontbinding/Treurtydperk√√
- Die fokus is op die voltooiing√ van die taak/afsluiting van die projek.√
- Die ontbinding/uitmekaargaan van die span kan traumaties wees√,omdat spanlede
dit moeilik mag vind om weer as individue te funksioneer.√
- Alle take moet voltooi word√ voordat die span finaal uitmekaar kan gaan.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met ontbinding/treurtydperk as 'n
stadium in spanontwikkeling.
Stadium (2)
Bespreking (2)
Submaks (4)
Maks (16)
9.4 Oorsake van konflik wat in die werkplek mag ontstaan
- Tekort aan behoorlike kommunikasie√ tussen leiers en lede.√
- Ignorering van reëls/prosedures√ kan lei tot verskille/konflik.√
- Leiers en/of lede√ kan verskillende persoonlikhede/agtergronde hê.√
- Verskille in√ waardes/vlakke van kennis/vaardighede/ondervinding van lede.√
- Min/Geen samewerking√ tussen interne en/of eksterne partye/belanghebbendes.√
- Tekort aan erkenning vir goeie werk gelewer√, bv. 'n leier gee nie altyd erkenning
vir ekstra ure gewerk om spertye te haal nie.√
- Te min aandag aan die ontwikkeling van lede√ kan frustrasievlakke verhoog,
omdat lede foute kan herhaal as gevolg van 'n gebrek aan kennis/vaardighede.√
- Onbillike/Onregverdige√ dissiplinêre prosedures, bv. voortrekkery/nepotisme.√
- Min/Geen ondersteuning van bestuur√ ten opsigte van die voorsiening van die
nodige bronne.√
- Leierskapstyle wat gebruik word√, bv. outokratiese leiers, oorweeg nie altyd lede
se insette nie.√
- Onrealistiese spertye en groot werkladings√ lei tot stres wat konflik kan
veroorsaak.√
- Kan nie saamstem√ oor gemeenskaplike aspekte nie, bv. vergoeding/werksure.√
- Ongesonde mededinging/Interspan-wedywering√ kan veroorsaak dat lede fokus op
spanteikens verloor.√
- Gebrek aan toewyding√ kan lei tot die onvermoë om voorafbepaalde teikens te
bereik.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die oorsake van konflik
wat in die werkplek mag ontstaan.
Maks (10)
9.5 Toepassing van stappe om konflik in 'n span op te los
- Identifiseer/Erken dat daar konflik in 'n span is.√√
- Die span moet die probleem duidelik definieer.√√
- Analiseer die oorsaak/oorsake van konflik deur dit in verskeie dele op te deel.√√
- Evalueer die situasie objektief.√√
- Verduidelik voornemens vir intervensie sodat betrokke partye gerusgestel kan
word.√√
- Belê 'n vergadering tussen die partye in konflik en bestuur/'n Tyd en plek vir die
bespreking van die konflik word vasgestel.√√
- Die span moet erken dat hul opinies oor 'n situasie/kwessie kan verskil.√√
- Elke party moet 'n geleentheid kry om sy/haar/hul opinies/gevoelens uit te druk.√√
- Blaamverskuiwing moet vermy word en gesamentlike spanoplossings moet gevind
word.√√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 44 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
- Die span moet idees/voorstelle, per dinkskrum, ontwikkel/maak om oplossings vir
die situasie te vind.√√
- Die beste moontlike oplossing(s) word gekies vir oorweging.√√
- Partye moet ooreenstem oor die kriteria om alternatiewe oplossings te evalueer/
kies.√√
- Die mees gepaste oplossing moet gekies en geïmplementeer word.√√
- Die geïmplementeerde oplossing word ge-evalueer en vordering gemonitor.√√
- Kundiges in konflikhantering kan van buite die onderneming verkry word.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die toepassing van stappe
om konflik in 'n span op te los.
LET WEL: Ken 'n maksimum van 4 punte toe, indien probleemoplossingstappe
nie die oplossing van konflik demonstreer nie.
Maks (8)
9.6 Gevolgtrekking/Slot
- Die sukses van 'n besigheid berus op die suksesvolle samewerking van spanlede
om te verseker dat die besigheid se doelwitte bereik word.√√
- Konflik is 'n situasie waarin daar opponerende idees/opinies/gevoelens is wat dit
moeilik maak om te kies.√√
- Konflik kan nie altyd opgelos/vermy/uitgeskakel word nie, daarom moet mense leer
om konflik in 'n span te hanteer om sodoende in vrede/harmonie saam te werk.√√
- Enige ander relevante gevolgtrekking/slot wat verband hou met spanprestasie en
konflikhantering.
Maks (2)
[40]
VRAAG 9: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
Besonderhede Maksimum Totaal
Inleiding 2
Kriteria vir suksesvolle spanne 12
Stadia van spanontwikkeling 16 Maks
Oorsake van konflik in die werkplek 10 32
Stappe om konflik op te los 8
Gevolgtrekking/Slot 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/interpretasie 2
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 45 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE)
10.1 Inleiding
- Elke besigheidsfunksie en alle werknemeraktiwiteite behoort deeglik bestuur te
word om gehalte goedere en dienste te verseker.√
- 'n Gehaltebestuurstelsel is 'n raamwerk wat 'n besigheid kan gebruik om
sleutelprosesse te bestuur.√
- Die beginsels/waardes van gehalte is vasgelê in die organisatoriese kultuur en
etiek van die besigheid.√
- Gehaltebestuur behoort nie net 'n inspeksieproses te wees nie, maar moet deel
word van die besigheid se kultuur.√
- Die gehalte van prestasie binne die finansiële en openbare betrekkinge funksies
kan die besigheid se sukses of mislukking beïnvloed.√
- Enige ander relevante inleiding wat verband hou met gehalte van prestasie.
Maks (2)
10.2 Beskrywing van totale gehaltebeheer (TGB)
- TGB is 'n geïntegreerde stelsel/metodologie wat regdeur die organisasie toegepas
word√, om te help om gehalteprodukte/-dienste te ontwerp/produseer/voorsien aan
klante.√
- Dis 'n denkrevolusie in bestuur√, waar die hele besigheid as klant-geöriënteerd in
alle besigheidsbedrywighede bedryf word.√
- TGB maak dit vir besighede moontlik om voortdurend op die lewering van
produkte/dienste te verbeter√ om sodoende klante se behoeftes te bevredig.√
- Bestuur verseker dat elke werknemer verantwoordelik is√ vir die gehalte van
sy/haar werk/optrede/aksies.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die beskrywing van totale
gehaltebeheer (TGB).
Maks (4)
10.3 Impak vanTGB op groot besighede
10.3.1 Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels
Positiewe/Voordele
- Groot besighede het meer hulpbronne√ om gehalteprestasie in elke eenheid/
besigheidsfunksie te beheer.√
- Genoeg kapitaalbronne is beskikbaar vir nuwe toerusting√ om relevant tot nuwe
ontwikkelings te bly.√
- Groot besighede het 'n persoon wat spesialiseer in/toegewyd is aan√ die
verbetering van stelsels en prosesse.√
- Bereid om risiko te neem op/nuwe stelsels en prosesse uit te toets√ omdat hulle
die invloed van finansiële verliese kan absorbeer.√
- Hulle kan dit bekostig om die dienste van die gehaltesirkels te gebruik√, om
mededingend te bly.√
- Groot besighede gebruik die BDKH-model/siklus√ omdeurlopend nuwe/hersiene
prosesse en stelsels te beplan/doen(implimenteer)/kontroleer/nuut te handel/op te
tree.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe/voordele van
die deurlopende verbetering van prosesse en stelsels as 'nTGB-element vir groot
besighede.
EN/OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 46 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
Negatiewe/Nadele
- Grootskaalse/Massavervaardiging√ kan gehaltebeheer bemoeilik.√
- Stelsels en prosesse neem tyd en moeite om in groot besighede geïmplementeer
te word√, want kommunikasie/inkoop/agterdog kan die implementeringsproses
vertraag.√
- Daar is die risiko dat dele van die besigheid wat eintlik goed werk√, verander kan
word.√
- Nie alle negatiewe terugvoering van werknemers en klante gaan akkuraat wees
nie√, wat daartoe kan lei dat verkeerde/onnodige veranderings aan stelsels en
prosesse gemaak word.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe/nadele van
die deurlopende verbetering van prosesse en stelsels as 'n TGB-element vir groot
besighede.
Submaks (6)
10.3.2 Totale kliënte/klante-tevredenheid
Positiewe/Voordele
- Groot besighede gebruik marknavorsing/klante-vraelyste√ om klante-tevredenheid
te meet/monitor/klante se behoeftes te ontleed.√
- Bemark deurlopend√ die besigheid se positiewe beeld.√
- Kan 'n toestand van totale klante-tevredenheid bereik, indien besighede gesonde
besigheidspraktyke volg√ wat alle belanghebbendes/rolspelers insluit.√
- Streef daarna om klante te verstaan/aan hul verwagtinge te voldoen√ deur
kruisfunksionele spanne in kritiese prosesse daar te stel.√
- Verseker dat kruisfunksionele spanne hul kernbevoegdhede verstaan√ en dit
ontwikkel/versterk.√
- Kan lei tot groter verbruikerretensie/lojaliteit√, wat besighede in staat stel om hoër
pryse te vra.√
- Besighede kan toegang verkry√ tot globale markte.√
- Kan lei tot verhoogde√ mededingendheid/winsgewendheid.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe/voordele van
totale kliënte/klante-tevredenheid as 'n TGB-element vir groot besighede.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Werknemers wat selde met klante in aanraking kom√, het dikwels nie 'n duidelike
begrip van wat klante se behoeftes sal bevredig nie.√
- Monopolistiese maatskappye het groter bedingingsmag√, en het dus nie nodig om
altyd klante tevrede te hou nie.√
- Nie alle werknemers√ is betrokke by/toegewyd aan totale klante-tevredenheid nie.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe/nadele van
totale kliënte/klante-tevredenheid as 'n TGB-element vir groot besighede.
Submaks (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 47 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
10.3.3 Deurlopende vaardigheidsontwikkeling
Positiewe/Voordele
- Groot besighede het 'n menslikehulpbron-afdeling√ wat hulle toespits op vaardig-
heidsopleiding en ontwikkeling.√
- Menslike hulpbron-deskundiges√ verseker dat opleidingsprogramme relevant/
gefokus is op verhoogde klante-tevredenheid.√
- Besit finansiële vermoë√ om gespesialiseerde/vaardige werknemers te bekostig.√
- Kan vaardigheidsoudits doen√ om die vaardigheids-/onderwysvlakke van
personeel te bepaal.√
- Kan gekwalifiseerde opleiers gebruik√ om werknemers op 'n gereelde basis op te
lei.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe/voordele van
deurlopende vaardigheidsontwikkeling as 'n TGB-element vir groot besighede.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Swak kommunikasiestelsels√ kan doeltreffende opleiding verhinder.√
- Opgeleide werknemers kan die onderneming verlaat vir beter poste√ nadat hulle
meer vaardighede bekom het.√
- Min/Geen erkenning vir opleiding√ lei tot ongemotiveerde werknemers.√
- Werknemers wat spesialiseer in eng gedefinieerde poste√ kan gefrustreerd/
ongemotiveerd raak.√
- Werknemers is dalk nie bewus van die vaardigheidsvlak wat hulle moet hê√ om hul
teikens te bereik nie.√
- Dit kan moeilik wees om die doeltreffendheid van die opleiding√ te monitor/
evalueer.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe/nadele van
deurlopende vaardigheidsontwikkeling as 'n TGB-element vir groot besighede.
Submaks (6)
Maks (18)
10.4 Bydrae van die gehalte van prestasie in besigheidsfunksies tot die sukses van
die besigheid
10.4.1 Finansiële funksie
- Verkry kapitaal√ vanaf die mees toepaslike/beskikbare/betroubare bronne.√
- Onderhandel beter rentekoerse√ om sodoende finansiële kostes laag te hou.√
- Stel begrotings op√ om effektiewe toedeling van finansiële hulpbronne te verseker.√
- Hou finansiële rekords op datum√ om akkurate/tydige belastingbetalings te maak.√
- Ontleed strategieë√ om winsgewendheid te verhoog.√
- Belê surplusfondse√ om bronne van passiewe inkomste te skep.√
- Implementeer finansiële beheermaatreëls/-stelsels√ om bedrog te voorkom.√
- Implementeer kredietverlening-/skuldinvorderingsbeleide√ om kontantvloei te
monitor.√
- Stel akkurate√finansiële state betyds/gereeld op.√
- Akkurate analisering en interpretering√ van finansiële inligting.√
- Belê in strategieë√ wat die besigheidsal help om winsgewend te bly.√
- Vermy oor-/onder-kapitalisering√ om finansiëlebronne doeltreffend te benut.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bydrae van die gehalte
van prestasie in die finansiële funksie tot die sukses van 'n besigheid.
Submaks (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 48 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
10.4.2 Eksterne betrekkinge-funksie
- Vinnige hantering√ van negatiewe publisiteit/Minder/Min/Geen insidente van
negatiewe publisiteit.√
- Voorsien gereelde/positiewe√ persverklarings.√
- Implementeer volhoubare√ Korporatiewe Maatskaplike Beleggings(KMB)-
programme.√
- Goeie resultate/Positiewe terugvoer√ van publieke opnames oor die besigheid se
beeld.√
- Hoë standaarde√ van interne publisiteit/voorkoms van geboue/professionele
telefoonetiket√, ens.
- Lewering van gehalte goedere/dienste√ wat die handelsmerk/beeld by steutel
belangegroepe/klante/verskaffers/regering/diensverskaffers kan bevorder.√
- Nakoming van huidige wetgewing√, bv. SEB-voldoening.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bydrae van die gehalte
van prestasie in die eksterne betrekkinge-funksie tot die sukses van 'n besigheid.
Submaks (8)
Maks (16)
10.5 Negatiewe impak vanTGBwat swak geïmplementeer word
- Vasstelling van onrealistiese sperdatums√ wat dalk nie bereik kan word nie.√
- Werknemers kan dalk nie voldoende opgelei wees nie√ wat tot swak gehalte
produkte lei.√
- Afname in produktiwiteit√, as gevolg van onderbrekings.√
- Besighede kan nie die nodige veranderinge aan produkte/dienste maak√ om die
behoeftes van die klante te bevredig nie.√
- Die besigheid se reputasie√ kan skade lei as gevolg van swak gehalte/foutiewe
produkte.√
- Klante sal baie alternatiewe hê om van te kies√ en die invloed kan vernietigend vir
die besigheid wees.√
- Beleggers kan hul beleggings onttrek√, indien daar 'n afname in winste is.√
- Afname in verkope√, omdat terugsendings van ontevrede klante verhoog.√
- Hoë personeelomset√ as gevolg van swak vaardigheidsontwikkeling.√
- Ongedokumenteerde/Ongekontroleerde gehaltebeheerstelsels/-prosesse√ kan lei
tot foute in/afwykings van voorafbepaalde gehaltestandaarde.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak van
TGB indien dit swak geïmplementeer word deur besighede.
Maks (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 49 DBE/2017
SSE – Nasienriglyne
10.6 Gevolgtrekking/Slot
- 'n Gehaltebestuurstelsel toon 'n vertroue in werknemers se vermoë om
probleme op te los.√√
- Topbestuur behoort die belangrikste dryfveer van TGB te wees om 'n omgewing
te skep wat sukses sal verseker.√√
- Verbetering van gehalte behoort klante-tevredenheid te verbeter.√√
- Besighede vereis uitstekende bestuursvernuf om verskeie besigheidsfunksies
se gehalte te koördineer om sukses te verseker.√√
- Enige ander relevante gevolgtrekking/slot wat verband hou met die gehalte van
prestasie.
Maks (2)
[40]
VRAAG 10: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
Besonderhede Maksimum Totaal
Inleiding 2
Beskrywing van TGB 4
Impak van TGB-elemente op groot
18
besighede
Maks
Gehalte van prestasie van finansiële
16 32
en eksterne betrekkinge-funksies
Impak van TGB wat swak
8
geïmplementeer is
Gevolgtrekking/Slot 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/interpretasie 2
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
SASO - vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-MEMO-March-2025-KZN.pdf

Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P1-MEMO-September-2025-KZN.pdf

Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P1-MEMO-September-2025-Mpumalanga.pdf
Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-Mpumalanga.pdf
Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-North-West.pdf

Memorandum
KZN-Business-Studies-Grade-12-September-2024-P2-and-Memo_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
BUSINESS STUDIES GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
2017 KZN Prelim Memo_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Business Studies May June 2019 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Business Studies May June 2018 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Business Studies May June 2018 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2017 English_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.
Question paper
Business-Studies-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Free-State.pdf
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies P2 (Afrikaans) June 2025 Possible Asnwers.pdf
Question paper
Business-Studies-Grade-12-NSC-P2-QP-September-2025-KZN.pdf

Question paper
Business Studies P1 May-June 2025 Eng.pdf

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP JUNE 2024_English _hlayiso.com_.pdf
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper