Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES
NOVEMBER 2017
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 NSC November 2017 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 438.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC November Exam 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al VIER hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
elke vraag beantwoord.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 40 30
B: VYF direkte/indirekte tipe 2 60 30
vrae 3 60 30
KEUSE: 4 60 30
Beantwoord enige DRIE. 5 60 30
6 60 30
C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30
KEUSE: 8 40 30
Beantwoord enige TWEE. 9 40 30
10 40 30
TOTAAL 300 180
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 3 DBE/November 2017
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die rol van SOOO's ('SETAs') is om …
A werknemers op te lei.
B 2% van hul inkomste tot SAID by te dra.
C diskriminasie in die werkplek uit te skakel.
D geakkrediteerde diensverskaffers aan te stel.
1.1.2 Hierdie Wet voorkom onbillike bemarkingspraktyke:
A Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)
B Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008)
C Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)
D Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)
1.1.3 'n … is 'n maatskappy se uitnodiging aan die publiek om aandele
te koop.
A Prospektus
B Aandeel
C Dividend
D Skuldbrief
1.1.4 Die ... leierskapteorie moedig volgelinge aan om onmiddellike
verandering in die werkplek te aanvaar.
A situasionele
B leiers-en-volgelinge-
C transformasionele
D karakter-
1.1.5 'n Visuele aanbieding van 'n stel verkoopsyfers wat as 'n reeks
reghoeke voorgestel word:
A Lyngrafiek
B Staafgrafiek
C Tabel
D Diagram
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 4 DBE/November 2017
NSS
1.1.6 Thembi laat Joyce 'n rukkie toe om kwaai met haar te praat sonder
om aanvallend te wees. Dit is 'n voorbeeld van hoe om 'n ...
persoonlikheid te hanteer.
A klaende
B stil
C kundige
D aggressiewe
1.1.7 'n Besigheid dra tot die welstand van sy werknemers by deur …
A ontspanningsgeriewe te verskaf.
B hulle toe te laat om sonder vergoeding oortyd te werk.
C diegene wat nie fisies geskik is nie, aan te moedig om te
bedank.
D hulle van besluitneming uit te sluit.
1.1.8 Watter EEN van die volgende aspekte word NIE by 'n induksie-/
oriënteringsprogram ingesluit NIE?
A Bekendstelling aan senior bestuur en onmiddellike kollegas
B Inligting oor die besigheid se produkte
C Oorsig oor die besigheid
D Beradingsessies
1.1.9 Besighede gebruik gehalte-… om sleutelprosesse so te rig dat die
korrekte gehaltestandaarde bereik word.
A beheer
B bestuurstelsels
C versekering
D prestasie
1.1.10 Die …-prosedure pas die vereistes van 'n pos by die sterk punte van
'n kandidaat.
A vergoedings
B werwings
C plasings
D induksie (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 5 DBE/November 2017
NSS
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
RSA-kleinhandelspaareffekte; makro-; terugwaartse; normering;
voortdurende verbetering van prosesse en stelsels; mikro-; horisontaal;
werkverrigting; bestuur deur feite; voorwaartse
1.2.1 Die besigheid het geen beheer oor die … omgewing nie.
1.2.2 'n Minimum van R1 000 word benodig om in ... te belê.
1.2.3 Spanlede word gedurende die …-fase van spanontwikkeling
aangemoedig om saam vir 'n gemeenskaplike doelwit te werk.
1.2.4 Die TGB-element van … sluit die toepassing van die BDKH('PDCA')-
model in.
1.2.5 Chunky Cheese Bpk. het die … integrasiestrategie gekies toe hulle
Daisy Melkplaas oorgeneem het. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 6 DBE/November 2017
NSS
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Kreatiewe denke A verskaf opleidingsmateriaal aan
fasiliteerders
1.3.2 Nasionale Vaardigheids-
ontwikkelingstrategie B gebruik roetinemetodes om
probleme op te los
1.3.3 Produksiefunksie
C verandering in tegnologie
1.3.4 Nieversekerbare risiko
D die ontwikkeling van 'n morele
1.3.5 Professionalisme kompas vir besluitneming
E verbeter toegang tot
opleidingsprogramme
F kies betroubare grondstofverskaffers
G skade aan eiendom deur
natuurrampe
H vervaardig goedere volgens klante
se spesifikasies
I handhaaf 'n besigheid se reputasie
J gebruik nieroetinemetodes om
probleme op te los
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 7 DBE/November 2017
NSS
AFDELING B
Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE
bladsy, ensovoorts.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem DRIE soorte besigheidsektore. (3)
2.2 Beskryf in breë trekke enige VIER stappe in die ontwikkeling van 'n strategie. (8)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MARTHA & JANE MEUBELS (MJM)
Martha & Jane Meubels spesialiseer in die verkoop van kantoormeubels.
Die besigheid se winsgewendheid het weens hoë inflasiekoerse en klante se
lae inkomstevlakke afgeneem. MJM is 'n swaar boete opgelê omdat hulle nie
betyds hul handelslisensie hernu het nie.
Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en beantwoord dan
die vrae wat volg.
UITDAGINGS PESTWO-ELEMENT AANBEVELINGS
(2.3.1) (2.3.2) (2.3.3)
(a)
(b)
(c)
2.3.1 Haal DRIE uitdagings vir MJM uit die scenario hierbo aan. (3)
2.3.2 Identifiseer die PESTWO('PESTLE')-element wat met ELKE
uitdaging verbind word, soos in VRAAG 2.3.1 aangehaal. (6)
2.3.3 Beveel EEN manier aan waarop MJM ELKE uitdaging, soos in
VRAAG 2.3.1 geïdentifiseer, kan oplos. (6)
2.4 Bespreek DRIE soorte defensiewe strategieë. (9)
2.5 Verduidelik hoe besighede die volgende magte van Porter se Vyf Kragte-
model kan toepas:
2.5.1 Bedingingsmag van kopers/Kopersmag (4)
2.5.2 Mededingende wedywering (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 8 DBE/November 2017
NSS
2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JOKO TRENDY BAGS (JTB)
Joko Trendy Bags ontwerp en vervaardig modieuse handsakke. Hulle het
50 werkers in diens, wat toegelaat word om by 'n vakbond van hulle keuse
aan te sluit. JTB se bestuur los werkverwante dispute deur statutêre
versoening, bemiddeling en arbitrasie op.
2.6.1 Identifiseer die Wet wat op JTB van toepassing is. Haal uit die
scenario hierbo aan om jou antwoord te staaf. (3)
2.6.2 Bespreek die negatiewe impak van die Wet wat in VRAAG 2.6.1
geïdentifiseer is op JTB as 'n besigheid. (8)
2.7 Stel DRIE praktiese maniere voor waarop besighede aan die Nasionale
Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) kan voldoen. (6)
[60]
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 Noem VYF faktore wat in ag geneem kan word wanneer beleggingsbesluite
geneem word. (5)
3.2 Beskryf in breë trekke VIER regte van voorkeuraandeelhouers. (8)
3.3 Identifiseer die leierskapstyl wat Kobus Beperk in ELKE geval hieronder
toegepas het.
3.3.1 Werknemers word toegelaat om hul eie besluite te neem solank
hulle net nie die maatskappybeleid oortree nie. (2)
3.3.2 Werknemers word gevra om gedurende beplanningsessies insette
te lewer. (2)
3.3.3 Werknemers word beloon wanneer hulle verkoopteikens bereik en
gestraf wanneer hulle nie spertye nakom nie. (2)
3.4 Verduidelik die rol van persoonlike ingesteldheid in suksesvolle leierskap. (6)
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KADIJAH DRUKKERS (EDMS.) BPK. (KD)
Kadijah Drukkers (Edms.) Bpk. het groot bedrae kapitaal vir uitbreiding nodig
gehad. Hul bestuur het besluit om die maatskappy na 'n ander soort
maatskappy om te skakel sodat hulle op die JSE aandele aan die publiek kon
verkoop.
3.5.1 Identifiseer Kadijah Drukkers (Edms.) Bpk. se ondernemingsvorm
voordat hulle na 'n ander soort maatskappy omgeskakel is. Motiveer
jou antwoord. (3)
3.5.2 Verduidelik die funksies van die JSE waar KD hul aandele kan
verkoop. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 9 DBE/November 2017
NSS
3.6 Thabo moet 'n sake-aanbieding vir die bestuur voorberei.
3.6.1 Bespreek die faktore wat Thabo in ag moet neem voordat hy sy
aanbieding doen. (8)
3.6.2 Gee Thabo raad oor aspekte om in ag te neem wanneer
'n multimedia-aanbieding ontwerp word. (6)
3.7 Motiveer waarom 'n maatskappy in staatsbesit (MSB) belangrik is. (8)
[60]
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Noem VYF komponente van korporatiewe maatskaplike/sosiale
verantwoordelikheid (KMV/KSV). (5)
4.2 Bespreek die voordele van korporatiewe maatskaplike/sosiale investering
(belegging) (KMI/KSI) vir besighede. (8)
4.3 Onderskei tussen korporatiewe maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid
(KMV/KSV en korporatiewe maatskaplike/sosiale investering (belegging)
(KMI/KSI). (4)
4.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SIBIYA CASH & CARRY (SCC)
Sommige werknemers van Sibiya Cash & Carry het die besigheid se Internet
gebruik om musiek en rolprente af te laai. Cindy, 'n bestuurder, het vir Anton
'n bevorderingspos belowe as hy 'n verhouding met haar sou aanknoop.
Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en beantwoord dan
die vrae wat volg.
ONETIESE SOORTE AANBEVELINGS
BESIGHEIDSPRAKTYKE (4.4.2) (4.4.3)
(4.4.1)
(a)
(b)
4.4.1 Haal TWEE onetiese besigheidspraktyke uit die scenario hierbo
aan. (2)
4.4.2 Identifiseer die soort onetiese besigheidspraktyk vir ELKEEN wat in
VRAAG 4.4.1 aangehaal is. (4)
4.4.3 Stel praktiese maniere voor wat SCC kan instel om die onetiese
besigheidspraktyke wat in VRAAG 4.4.2 geïdentifiseer is, te hanteer. (8)
4.5 Beskryf DRIE kriteria vir die assessering van suksesvolle spanprestasie. (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 10 DBE/November 2017
NSS
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SMOOTH MEUBELS BPK. (SM)
Smooth Meubels Bpk. wou van hul meubels se ontwerpe verander.
Werknemers is versoek om nuwe idees in 'n groot groep voor te stel sonder
om individueel te werk. Hierdie idees is as inspirasie vir nuwe idees gebruik.
Die bestuur van SM het die voordele en nadele van elke idee beoordeel.
4.6.1 Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat Smooth
Meubels Bpk. gebruik het. Haal uit die scenario hierbo aan om jou
antwoord te staaf. (6)
4.6.2 Bespreek die voordele van EEN probleemoplossingstegniek wat in
VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer is. (4)
4.7 Mnr. Cloete is onbillik by sy werkplek behandel en het besluit om van die werk
af weg te bly. Gee mnr. Cloete raad oor die korrekte prosedure om sy grief te
hanteer. (10)
[60]
VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1 Noem VIER aspekte wat by die indiensnemingskontrak ingesluit moet word. (4)
5.2 Beskryf in breë trekke die keuringsprosedure as 'n aktiwiteit van die
menslikehulpbronfunksie. (8)
5.3 Lees die advertensie vir werk hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VAKATURE: FINANSIËLE BESTUURDER
Postitel: Munisipale finansiële bestuurder
Kwalifikasies: BCom-graad
Ondervinding: Ten minste ses jaar finansiële bestuur op middelvlak
Sleutelprestasie-areas: Stel begrotings op en bestuur inkomste en uitgawes
Totale pakket: R353 920 per jaar
Ander: Pensioenfonds, mediese hulpfonds en behuisingsubsidie
5.3.1 Identifiseer TWEE voorbeelde van posbeskrywing en TWEE
voorbeelde van posspesifikasie in die advertensie hierbo. (4)
5.3.2 Gee TWEE voorbeelde van byvoordele in die scenario hierbo. (2)
5.3.3 Evalueer die impak van byvoordele op besighede. (8)
5.4 Onderskei tussen die stukwerk- en die tydverwante salarisvasstellingsmetode. (4)
5.5 Beskryf enige VIER gehalteaanwysers van die aankoopfunksie. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 11 DBE/November 2017
NSS
5.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
COCO VRUGTE BPK. (CVB)
Coco Vrugte Bpk. verskaf vrugtesappe. Speedy Supermark het by CVB gekla
dat die sappe baie gou suur word nadat dit afgelewer is.
Ondersoeke by CVB het aan die lig gebring dat die meeste van hul
werknemers nie behoorlik opgelei is nie, toerusting verouderd is, 'n
doeltreffende organisasiestruktuur nie ingestel is nie en dat bestuur kwessies
ignoreer. Speedy Supermark het besluit om van verskaffer te verander.
5.6.1 Haal VIER redes uit die scenario aan waarom Speedy Supermark
van verskaffer verander het. (4)
5.6.2 Verduidelik aan CVB die voordele van monitering en evaluering
van gehalteprosesse as 'n element van totale gehaltebestuur
(TGB/'TQM'). (6)
5.6.3 Gee CVB raad oor die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel. (8)
5.7 Bespreek die belangrikheid van gehaltesirkels in TGB. (4)
[60]
VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
6.1 Identifiseer die bepaling van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV),
1997 (Wet 75 van 1997) waaraan Faaried Bakkery voldoen het in ELKE geval
hieronder.
6.1.1 Daar word van werknemers verwag om agt uur per dag vir ses dae
te werk.
6.1.2 Een van die manlike werknemers het drie dae verlof geneem na die
geboorte van sy kind.
6.1.3 Werknemers word toegelaat om 'n 60 minuut-pouse te neem nadat
hulle vir vyf uur gewerk het.
6.1.4 Bestuur neem nie werkers jonger as 16 jaar oud in diens nie.
6.1.5 Werknemers word gewoonlik nie toegelaat om meer as tien uur
ekstra per week te werk nie. (10)
6.2 Verduidelik die voordele van intensiewe strategieë om uitdagings in 'n
besigheid aan te pak. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 12 DBE/November 2017
NSS
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
6.3 Tabuleer die verskille tussen saamgestelde rente en enkelvoudige rente. (8)
6.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DITSEPE & SEUNS WINKELS (DSW)
Ditsepe & Seuns Winkels is 'n suksesvolle vennootskap, maar die vennote wil
na 'n ondernemingsvorm verander waar dit verpligtend sal wees om finansiële
verslae te oudit.
6.4.1 Noem 'n nuwe ondernemingsvorm wat vir DSW geskik sal wees. (2)
6.4.2 Bespreek die voordele van die ondernemingsvorm wat in
VRAAG 6.4.1 genoem is. (6)
BESIGHEIDSROLLE
6.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LIZEL KLEREVERVAARDIGER (LKV)
Die bestuur van Lizel Klerevervaardiger het gesondheids- en
veiligheidsverteenwoordigers aangestel. Hulle sal vir die nagaan van die
doeltreffendheid van LKV se gesondheids- en veiligheidsmaatreëls
verantwoordelik wees en vir die identifisering van potensiële gevare in die
werkplek.
6.5.1 Haal TWEE rolle van die gesondheids- en veiligheids-
verteenwoordigers uit die scenario hierbo aan. (2)
6.5.2 Beskryf TWEE ander rolle van gesondheids- en veiligheids-
verteenwoordigers in die werkplek. (4)
6.5.3 Verduidelik die verantwoordelikhede van werkers om menslike
gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder. (4)
6.5.4 Beveel TWEE maniere aan waarop LKV die omgewing en menslike
gesondheid kan beskerm. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 13 DBE/November 2017
NSS
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.6 Identifiseer die element van totale gehaltebestuur (TGB) wat Imvelo Logistiek
in ELKE geval hieronder toegepas het.
6.6.1 Gereelde marknavorsing word gedoen om verbruikers se behoeftes
te bepaal.
6.6.2 Voldoende kapitaal en toerusting is beskikbaar om gehaltediens
te lewer.
6.6.3 Werknemers word gereeld opgelei om die nuutste tegnologie te
gebruik.
6.6.4 Die HUB neem op alle vlakke van die maatskappy aan
besluitneming deel. (8)
6.7 Bespreek die negatiewe impak op besighede indien TGB swak
geïmplementeer word. (6)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 14 DBE/November 2017
NSS
AFDELING C
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE
bladsy, ensovoorts.
VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
Die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van
2003) (in 2013 gewysig) is ingestel om die uitdagings van Swart Ekonomiese
Bemagtiging (SEB) te oorbrug. Besighede word nou verplig om aan hierdie Wet te
voldoen. Die regering gebruik ook die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998
(Wet 97 van 1998) om die implementering van BBSEB te ondersteun.
Jy spesialiseer in die begeleiding van besighede om die BBSEB te implementeer.
Skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:
• Onderskei tussen SEB en BBSEB.
• Evalueer die impak van BBSEB op besighede.
• Bespreek die implikasies van eienaarskap, bestuur en OVO ('ESD'/ondernemings-
en verskafferontwikkeling) as BBSEB-pilare van besighede.
• Analiseer die doeltreffendheid van die WVO om die suksesvolle implementering
van die BBSEB te ondersteun. [40]
VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (VERSEKERING)
Versekeringsmaatskappye bied 'n verskeidenheid versekeringsprodukte aan wat vir
besighede noodsaaklik is. Sommige besighede is van mening dat versekering en
assuransie hul wins verminder, terwyl ander meen dat versekeringsprodukte
gemoedsrus vir enige gebeurlikheid verskaf. Besighede word ook verplig om tot
verpligte versekering by te dra.
Met verwysing na die scenario hierbo, skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:
• Onderskei tussen versekering en assuransie.
• Bespreek die DRIE soorte verpligte versekering.
• Brei uit op die betekenis van die aweryklousule en verduidelik hoe dit bereken
word.
• Evalueer die positiewe impak van versekering op besighede. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 15 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (MENSEREGTE EN DIVERSITEIT)
Daar word nie net van besighede verwag om mense- en kultuurregte in die werkplek te
eerbiedig nie, maar ook om te verseker dat die werkplek divers en inklusief is. Baie
besighede respekteer en ondersteun die Grondwet van Suid-Afrika.
Verwys na die stellings hierbo en skryf 'n opstel waarby jy die volgende aspekte insluit:
• Bespreek die implikasies van die volgende menseregte in die werkplek:
o Privaatheid
o Gelykheid
o Vryheid van spraak en uitdrukking
o Inligting
• Verduidelik hoe besighede enige DRIE diversiteitskwessies in die werkplek kan
hanteer.
• Brei uit op die voordele van diversiteit in die werkplek.
• Beveel maniere aan waarop besighede kultuurregte in die werkplek kan bevorder. [40]
VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE)
Menslikehulpbronbestuurders bestee baie tyd, moeite en fondse om die beste
werknemers te werf en te keur. Hulle besef dat hul doelstellings en doelwitte slegs
bereik kan word deur vaardige en gekwalifiseerde werknemers in diens te neem. Hulle
neem ook die feit in ag dat hul werwingsbeleid aan die Wet op Gelyke Indiensneming
(WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) moet voldoen.
Gee 'n uitvoerige beskrywing van die volgende aspekte van menslike hulpbronne:
• Verduidelik die betekenis van werwing.
• Analiseer die impak van eksterne werwing op besighede.
• Bespreek die rol van die onderhoudvoerder en die kandidaat gedurende die
onderhoud.
• Stel maniere voor waarop die menslikehulpbronfunksie aan die WGI kan voldoen. [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC November 2017 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 KZN June 2017 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum