Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 12202410 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2024 BESIGHEIDSTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/JUNIE 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. VRAAG PUNTE TYD AFDELING (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 30 20 B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 vrae KEUSE: 3 40 70 (Beantwoord enige TWEE.) 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: (Beantwoord enige EEN.) 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) BESIGHEIDSTUDIES V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 Hierdie Wet beskerm werkgewers teen ʼn finansiële las indien werknemers in ʼn ongeluk by die werkplek betrokke sou wees: A Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008) B Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) C Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (COIDA), 1997 (Wet 61 van 1997) D Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) 1.1.2 Vusi, ʼn groenteboer, het die ...-integrasiestrategie geïmplementeer toe hy die vrugte- en groentestalletjie, wat sy produkte verkoop, gekoop het. A terugwaartse B voorwaartse C intensiewe D horisontale 1.1.3 Khanya Verf werk/bedryfsaam in die … sektor aangesien hulle in die vervaardiging van verf spesialiseer. A sekondêre B primêre C tersiêre D ekonomiese 1.1.4 Die menslikehulpbronaktiwiteit wat verseker dat alle CV’s wat ontvang word teen voorafbepaalde kriteria geëvalueer word: A Opleiding B Keuring C Plasing D Werwing 1.1.5 Die implementering van verandering op ʼn kleiner skaal deur Thembi Kosmetiek, is die ... -stap in die BDKH-model. A beplanning B handel C kontroleer D doen (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/JUNIE 2024) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Porters se vyf kragte; vaardigheidsontwikkelingstrategie; totale kliënte-tevredenheid; dienskontrak; Wet op Basiese Diensvoorwaardes; SSGB-(SWOT) analise; vaardigheidsontwikkelingsheffing; huurkontrak; voldoende finansiering; Wet op Gelyke Indiensneming 1.2.1 Global Spoedaflewering dra 1% van hul betaalstaat by tot die SAID as ʼn … om werknemers op te lei. 1.2.2 ʼn Omgewingsskanderingstegniek wat beide interne en eksterne besigheidsomgewings bestudeer, staan as (ʼn) … bekend. 1.2.3 ʼn … spesifiseer pligte wat deur werknemer uitgevoer word in ruil vir vergoeding deur die werkgewer. 1.2.4 Die … beskryf die minimum vereistes wat ʼn menslikehulpbronbestuurder moet oorweeg wanneer ʼn salarispakket aan ʼn nuwe werknemer aangebied word. 1.2.5 Blue Sky Lugredery pas … toe, deur marknavorsing te doen om die behoeftes van hul kliënte te ontleed. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) BESIGHEIDSTUDIES V1 5 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Wet op A werkers word volgens die aantal ure Arbeidsverhoudinge, wat aan ʼn taak spandeer word, betaal 1995 (Wet 66 van 1995) 1.3.2 Nasionale B lewer produkte van hoë gehalte volgens Kredietreguleerder spesifikasie 1.3.3 Ontbondeling C kollektiewe bedinging by die werkplek te bevorder en te implementeer 1.3.4 Stukwerk D reguleer die roekelose toestaan van krediet aan verbruikers 1.3.5 Administratiewe E alle bates word verkoop met die doel funksie om die besigheid te sluit F bevorder en implementeer regstellende aksie in die werkplek G werkers word betaal volgens die aantal items wat geproduseer word H reguleer en verseker ekonomiese welstand van verbruikers I om sommige bates, wat nie meer winsgewend is nie, te verkoop J verskaf betroubare data betyds aan bestuur (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/JUNIE 2024) AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy, ens. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem VIER pilare van die Wet op Breë-basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003). (4) 2.2 Beskryf kortliks die rol van SOOO’s (SETAs) in ondersteuning van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998). (6) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KING KRAGOPLOSSINGS (KKO) King Kragoplossings voorsien elektrisiteit aan die nabye gemeenskappe rondom Gqeberha. Onlangs het KKO die prys van elektrisiteit as gevolg van hoë aanvraag verhoog. Amandla Solar wag vir die bedryfslisensie van die plaaslike munisipaliteit. KKO wek elektrisiteit deur middel van sonkrag op. 2.3.1 Identifiseer TWEE tipes van Porter se Vyf Kragte wat vanaf die scenario hierbo toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.3.1 te beantwoord. TIPES VAN PORTER SE VYF MOTIVERING KRAGTE 1. 2. (6) 2.4 Verduidelik die strategiese bestuursproses. (4) 2.5 Bespreek maniere waarop besighede aan die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) kan voldoen. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) BESIGHEIDSTUDIES V1 7 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TAU ALUMINIUM (TA) Tau Aluminium vervaardig verskillende tipes vensters en motorhuisdeure. TA- werknemers het begin met ʼn staking vir beter lone en is afgedank. Werknemers is nie toegelaat om by vakbonde aan te sluit nie. TA ondersteun die stigting van werkplekforums. 2.6.1 Noem die Wet wat op Tau Aluminium van toepassing is. (2) 2.6.2 Haal TWEE handelinge aan wat beskou word as nie-nakoming van die Wet, wat in VRAAG 2.6.1 geïdentifiseer is. (2) 2.6.3 Verduidelik ander optrede wat deur die Wet as nie-nakoming beskou word. (4) 2.7 Stel maniere voor waarop besighede aan die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) kan voldoen. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/JUNIE 2024) VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Noem enige VIER redes vir die beëindiging van ʼn dienskontrak. (4) 3.2 Beskryf kortliks die rol van die aansoeker tydens die onderhoud. (6) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KING ONDERNEMING (KO) KO het die pos van ʼn finansiële bestuurder geadverteer. Vyf jaar ondervinding in finansiële bestuur op middelvlak is ʼn vereiste. Die suksesvolle aansoeker sal op mediese- en huissubsidie-voordele geregtig wees. Betaling van salaris sal op die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) gebaseer word. 3.3.1 Haal ʼn voorbeeld van posbeskrywing en posspesifikasie uit die scenario hierbo aan. (2) 3.3.2 Evalueer die impak van byvoordele op besighede. (4) 3.4 Bespreek die voordele van induksie vir besighede. (4) 3.5 Beskryf kortliks die rol van gehaltesirkels as deel van voortdurende verbetering van prosesse en stelsels. (6) 3.6 Brei uit oor die betekenis van TGB. (4) 3.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NANDY SKOONHEIDSALON (NSS) Nandy Skoonheidsalon bied verskillende skoonheidsbehandelings vir vroue aan. NSS het ʼn groter markaandeel verkry deur doeltreffende kliëntediens. Sy lewer diens van hoë gehalte wat haar handelsmerk aan al haar kliënte bevorder. Die doel van NSS is om wins te maksimeer. 3.7.1 Identifiseer TWEE gehalte-aanwysers van besigheidsfunksies wat deur NSS toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.7.1 te beantwoord. BESIGHEIDSFUNKSIE MOTIVERING 1. 2. (6) 3.8 Adviseer besighede oor die impak van TGB indien swak geïmplementeer. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) BESIGHEIDSTUDIES V1 9 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Noem enige VIER verbruikersregte soos bepaal in die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008). (4) 4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUPER MEULENAARS BPK. (SMB) Super Meulenaars Bpk. produseer meel en mieliemeel. SMB het sy verpakkingsmateriaal by Vusi Verpakking gekoop wat altyd uit voorraad is. Hul werknemers is gereeld afwesig van die werk. Daar word van SMB vereis om hul produkte by die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) te registreer. 4.2.1 Haal TWEE uitdagings vir SMB se besigheid aan en klassifiseer ELKE uitdaging volgens die besigheidsomgewing. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 4.2.1 te beantwoord. UITDAGING BESIGHEIDSOMGEWING 1. 2. (4) 4.3 Verduidelik die volgende bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997): 4.3.1 Ouerskapverlof (4) 4.3.2 Oortyd (4) 4.4 Adviseer besighede oor die voordele van diversifikasiestrategieë. (4) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.5 Identifiseer die werwingsmetodes wat deur ZK Onderneming gebruik word in elkeen van die stellings hieronder: 4.5.1 ZK Onderneming het hul intranet gebruik om geskikte werknemers te werf. 4.5.2 Die werwingsbronne en -prosesse is baie duur en vereis agtergrondondersoeke. (4) 4.6 Beskryf kortliks die plasingsprosedure. (4) 4.7 Verduidelik die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) as ʼn voordeel wat deur die wet vereis word. (4) 4.8 Bespreek voordele van voldoende finansiering en kapasiteit as ʼn totale kwaliteitsbestuur (TQM) element op groot besighede. (4) . 4.9 Adviseer besighede oor die kwaliteit-aanwysers van die produksiefunksie. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/JUNIE 2024) AFDELING C Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op die vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (BESIGHEIDSTRATEGIEË) Besighede gebruik verskeie strategieë en aggressiewe bemarkingsveldtogte om die prestasie van hul produkte in die mark te verbeter. Die PESTWO (PESTLE)-analise word toegepas om uitdagings in die besigheidsomgewing te identifiseer en te evalueer. Besighede moet strategieë evalueer volgens die huidige eise van die mark. Skryf ʼn opstel oor besigheidstrategieë waarin jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die voordele van intensiewe strategieë. • Verduidelik DRIE tipes intensiewe strategieë. • Bespreek hoe die volgende PESTWO (PESTLE)-faktore uitdagings aan besighede stel: o Ekonomiese o Wetlike o Omgewings • Adviseer besighede oor die stappe in strategie-evaluering. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (KWALITEIT VAN PRESTASIE) Besighede implementeer gehaltebeheer en gehalteversekering om effektiewe gehaltebestuurstelsel te verseker. Doeltreffende monitering en evaluering as TGB- elemente sal besighede in staat stel om op hoogte te bly met veranderinge en om die koste van kwaliteit te verminder. Hou bogenoemde stelling in gedagte en skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte: • Beskryf die verskil tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. • Verduidelik die voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel. • Bespreek die impak van monitering en evaluering as ʼn element van TGB op groot besighede. • Stel maniere voor waarop TGB die koste van kwaliteit kan verminder. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all