Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES V1
NOVEMBER 2021
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)


View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--796a645e-d833-46c0-ab8a-10ce7d6f9e8c/v1-ea69884a8c9f6933b537/card.webp)
Business Studies P1 Nov 2021 Afr_hlayiso.com_.pdf
Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 11
- File size
- 279.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die eerste EEN
vraag in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer
is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke
vraag beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40
KEUSE: 70
3 40
Beantwoord enige TWEE. 4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
30
KEUSE: 6 40
Beantwoord enige EEN.
TOTAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 3 DBE/November 2021
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Hierdie Wet vereis dat besighede voorooreenkoms-state aan
voornemende kliënte bied:
A Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008)
B Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)
C Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)
D Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en
-siektes, 1997 (Wet 61 van 1997)
1.1.2 Jerome, 'n boer, het die … integrasiestrategie toegepas toe hy die
vrugte-en-groente-stalletjie wat sy produkte verkoop, gekoop het.
A voorwaartse
B konglomerasie-
C horisontale
D terugwaartse
1.1.3. 'n Besigheid het volle beheer oor die … omgewing.
A ekonomiese
B makro-
C mark-
D mikro-
1.1.4 Hierdie voordeel is volgens wet verpligtend vir werknemers:
A Behuisingstoelae
B Mediese fonds
C Werkloosheidsversekeringsfonds
D Motortoelae
1.1.5 Die bemarkingsfunksie is verantwoordelik vir die … vir 'n besigheid.
A ontwerp van advertensieveldtogte
B vermeerdering van gehalteprodukte
C verskaffing van strategiese planne
D verskaffing van betroubare inligting (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 4 DBE/November 2021
NSS
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
gehaltebestuurders; veiligheidsreëls; SOOO's (SETAs); markontwikkeling;
voldoende finansiering; gehaltesirkels; vergoeding;
produkontwikkeling; diensverskaffers; totale kliënte-tevredenheid
1.2.1 Siya Sonslim het hul leerlingskap-ooreenkomste by … geregistreer.
1.2.2 Joan Ondernemings het … as 'n intensiewe strategie geïmplementeer
toe hulle 'n tweede tak in 'n ander stad oopgemaak het.
1.2.3 Tsego Vervaardigers het … by hulle induksieprogram ingesluit.
1.2.4 Groot besighede monitor … deur marknavorsing te doen om hulle
kopers se behoeftes te ontleed.
1.2.5 Besighede gebruik … om hulle prosesse en stelsels in die werkplek te
verbeter. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 5 DBE/November 2021
NSS
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Nasionale A identifiseer die besigheid se sterk punt in
Kredietreguleerder die markomgewing
1.3.2 SSGB-ontleding B beskryf die pligte en verantwoordelikhede
van 'n spesifieke pos
1.3.3 Afdanking
C kan verkry word indien al die
1.3.4 Posbeskrywing besigheidsfunksies saamwerk
1.3.5 Gehaltebestuur D vereis dat besighede wat lenings aanbied
jaarlikse nakomingsverslae voorlê
E beëindiging van 'n indiensnemingskontrak
as gevolg van insolvensie
F identifiseer 'n besigheid se sterk punte en
swak punte
G vereis dat besighede inligting op hulle
verpakking vertoon
H beëindiging van 'n indiensnemingskontrak
as gevolg van wangedrag
I kan in elk van die besigheidsfunksies vir
aanspreeklikheid gebruik word
J beskryf die minimum persoonlike
eienskappe wat vir 'n pos benodig word
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 6 DBE/November 2021
NSS
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin,
bv. VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige VIER kragte van Porter se Vyf Kragte-model. (4)
2.2 Beskryf kortliks die voordele van intensiewe strategieë. (4)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ANDREW TUINDIENSTE (AT)
Andrew Tuindienste het 'n afname in die vraag na hul dienste ondervind. Hulle
het besluit om van hul trekkers te verkoop om hul skuld af te betaal.
2.3.1 Identifiseer die soort defensiewe strategie wat AT toegepas het.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
2.3.2 Verduidelik EEN ander soort defensiewe strategie wat deur AT
oorweeg kan word. (3)
2.4 Bespreek strafmaatreëls waarvoor besighede te staan kan kom vir
nienakoming van die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en
-siektes (COIDA), 1997 (Wet 61 van 1997). (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 7 DBE/November 2021
NSS
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BANZI HANDELAARS (BH)
Die bestuur van Banzi Handelaars voldoen aan die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997). Swanger werknemers
word toegelaat om vir vier agtereenvolgende maande verlof te neem. Clark, die
motorbestuurder, kwalifiseer vir een dag se verlof vir elke 17 dae wat hy
gewerk het.
Identifiseer TWEE soorte verlof waaraan BH voldoen het, soos in die WBDV
gestipuleer. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 2.5 te beantwoord.
SOORTE VERLOF MOTIVERINGS
1.
2. (6)
2.6 Verduidelik die regte van werknemers ingevolge die Wet op
Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995). (6)
2.7 Beveel maniere aan waarop besighede die volgende pilare van die Wet op
Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003)
in die werkplek kan toepas:
2.7.1 Eienaarskap (4)
2.7.2 Ondernemings- en verskafferontwikkeling (OVO) (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 8 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem TWEE salarisbepalingsmetodes. (2)
3.2 Brei uit oor die betekenis van plasing as 'n menslikehulpbron-aktiwiteit. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LUNIC ONDERNEMING (LO)
Lunic Onderneming het 'n vakante pos vir 'n voorraadkontroleerder in die
plaaslike koerant geadverteer. Voorlopige onderhoude is gevoer omdat baie
mense vir die vakante pos aansoek gedoen het. LO het die kandidate op die
kortlys vir onderhoude genooi.
3.3.1 Haal TWEE aspekte van die keuringsprosedure aan wat LO in die
scenario hierbo toegepas het. (2)
3.3.2 Verduidelik die onderhoudvoerder se rol gedurende die onderhoud. (6)
3.4 Evalueer die impak van byvoordele op besighede. (6)
3.5 Beskryf kortliks die gehalteaanwysers van die openbarebetrekkinge-funksie. (4)
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
DAIRY'S BEPERK (DB)
Dairy's Beperk het 'n verskeidenheid bederfbare produkte vir hulle klante
aangebied. Hulle het idees ontwikkel om hulle prosesse en stelsels te verbeter.
DB het besluit om verandering op klein skaal te implementeer.
Identifiseer TWEE stappe van die BDKH-model wat DB toegepas het. Motiveer
jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.6 te beantwoord.
STAPPE VAN BDKH-MODEL MOTIVERINGS
1.
2. (6)
3.7 Bespreek die impak van totale gehaltebestuur (TGB) indien besighede dit swak
implementeer. (6)
3.8 Gee besighede raad oor die verskil tussen gehaltebeheer en gehalte-
versekering. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 9 DBE/November 2021
NSS
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Noem enige DRIE verbruikersregte soos in die Wet op Verbruikersbeskerming
(WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) gestipuleer. (3)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KHANYA KOMMUNIKASIE (KK)
Khanya Kommunikasie bied internetdienste vir verskillende kliënte aan. Hulle
werknemers het as gevolg van onsuksesvolle salarisonderhandelinge aan 'n
wettige staking deelgeneem. Gereelde beurtkrag het KK geforseer om op
sekere dae vroeër te sluit. KK het ook baie kliënte aan Greg Kommunikasie
afgestaan, wat soortgelyke dienste teen laer pryse bied.
4.2.1 Identifiseer die sakesektor waarin KK sake doen. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
4.2.2 Haal DRIE uitdagings vir KK uit die scenario hierbo aan. (3)
4.2.3 Klassifiseer KK se uitdagings volgens die DRIE besigheidsomgewings.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.2.2 en 4.2.3
te beantwoord.
UITDAGINGS BESIGHEIDSOMGEWINGS
(4.2.2) (4.2.3)
1.
2.
3. (3)
4.3 Verduidelik hoe die Sektorale Onderwys-en Opleidingsowerhede (SOOO's)
befonds word. (4)
4.4 Gee besighede raad oor die stappe wat hulle moet oorweeg wanneer
strategieë geëvalueer word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 10 DBE/November 2021
NSS
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Noem VIER bronne van interne werwing. (4)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GIANT HANDELAARS (GH)
Daar word van Lisa, die bestuurder van die menslikehulpbron-funksie by Giant
Handelaars, verwag om die werknemers wat werk van gelyke waarde doen,
dieselfde te betaal. GH maak seker dat hulle 'n goeie verhouding met hul
werknemers het. Lisa is versoek om 'n opsomming van die Wet op Gelyke
Indiensneming (WGI) vir maklike toegang en verwysing by ontvangs te plaas.
4.6.1 Haal TWEE implikasies van die WGI op die menslikehulpbron-funksie
van GH uit die scenario hierbo aan. (2)
4.6.2 Verduidelik ander implikasies van die WGI op die menslikehulpbron-
funksie. (4)
4.7 Verduidelik die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel. (4)
4.8 Evalueer die impak van deurlopende vaardigheidsontwikkeling/onderwys en
opleiding as 'n element van totale gehaltebeheer (TGB) op groot besighede. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 11 DBE/November 2021
NSS
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (BESIGHEIDSTRATEGIEË)
'n Strategiese bestuursproses stel besighede in staat om geskikte strategieë te
implementeer om die uitdagings wat die besigheidsomgewings bied, te oorkom. Baie
besighede verkies om hul produkte te diversifiseer om volhoubaar in die mark te bly.
Ander pas die PESTWO-faktore toe om uitdagings in die makro-omgewing te
identifiseer en om maniere te vind om hierdie uitdagings te hanteer.
Skryf 'n opstel oor die besigheidstrategieë waarby jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die proses van strategiese bestuur.
Verduidelik DRIE soorte diversifikasiestrategieë.
Bespreek hoe die volgende PESTWO-faktore uitdagings vir besighede inhou:
o Ekonomies
o Sosiaal
o Tegnologies
Beveel maniere aan waarop besighede die uitdagings wat die PESTWO-faktore
hierbo bied, kan hanteer. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRON-FUNKSIE)
Besighede moet die korrekte werwingsprosedure volg om geskikte kandidate te vind.
Sommige besighede verkies die eksterne werwingsmetode en verseker dat nuwe
werknemers behoorlike induksie ontvang. Dit is belangrik dat nuwe werknemers 'n
wettige indiensnemingskontrak moet teken.
Skryf 'n opstel oor die menslikehulpbron-funksie waarin jy die volgende aspekte
bespreek:
Beskryf kortliks die werwingsprosedure.
Verduidelik die impak van eksterne werwing op besighede.
Bespreek die voordele van induksie vir besighede.
Gee besighede raad oor die regsvereistes van die indiensmeningskontrak. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
Business-Studies-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Free-State.pdf
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies P2 (Afrikaans) June 2025 Possible Asnwers.pdf
Question paper
Business-Studies-Grade-12-NSC-P2-QP-September-2025-KZN.pdf

Question paper
Business Studies P1 May-June 2025 Eng.pdf

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP JUNE 2024_English _hlayiso.com_.pdf
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper
Gr 12 Business Studies P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Business Studies P1 May June 2021 Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2021 ENG FINAL D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2021 AFR FINAL D_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr12 Business Studies P1 (English) 2021 Preparatory Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Business Studies P1 Nov 2023 Eng (1)_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Business Studies P1 Nov 2022 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-MEMO-March-2025-KZN.pdf

Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P1-MEMO-September-2025-KZN.pdf

Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P1-MEMO-September-2025-Mpumalanga.pdf
Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-Mpumalanga.pdf
Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-North-West.pdf
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--796a645e-d833-46c0-ab8a-10ce7d6f9e8c/v1-ea69884a8c9f6933b537/card.webp)
Question paper