Skip to content

Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paperBusiness StudiesGrade 12202110 pages

Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES V2 NOVEMBER 2021 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf word. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 30 20 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 vrae 3 40 70 KEUSE: Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 KEUSE: 30 Beantwoord enige EEN. 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 3 DBE/November 2021 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Greg is altyd gewillig om in sy loopbaan te leer en te groei. Dit is 'n voorbeeld van … in suksesvolle leierskap. A ondernemingseienskappe B persoonlike ingesteldheid C eienskappe van leiers D persoonlike gedrag 1.1.2 Vennote moet ʼn geskrewe vennootskapsooreenkoms opstel. Dit verwys na … as 'n kriterium wat tot die sukses van die besigheid bydra. A kapitaal B bestuur C wetgewing D winsverdeling 1.1.3 Bulelwa Ondernemings het R4 000 teen 8% enkelvoudige rente per jaar belê. Hulle sal aan die einde van 18 maande 'n bedrag van … as rente ontvang. A R489 B R320 C R380 D R480 1.1.4 Marie Winkels het die voordele en nadele van elke voorgestelde oplossing oorweeg. Hierdie probleemoplossingstap staan as … bekend. A definieer die probleem B evalueer alternatiewe oplossings C implementeer die beste oplossing D identifiseer alternatiewe oplossings 1.1.5 Spandinamika-teorieë stel besighede in staat om take volgens … toe te ken. A spanlede se rolle B eenderse persoonlikheidseienskappe C die aard van die probleem D die spanlid se moraal (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 4 DBE/November 2021 NSS 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. bybetaling; aandele; dinkskrum; griewe; MIV/Vigs; skuldbriewe; werkloosheid; nominale groep; premie; konflik 1.2.1 Die versekeraar het versoek dat Sue Winkels eers 'n bedrag van R3 000 as … betaal wanneer hulle vir skade aan hulle voertuig eis. 1.2.2 Teko Beperk het … uitgereik om leningskapitaal by die publiek te verkry. 1.2.3 Die werknemers van GH Handelaars het die …-probleem- oplossingstegniek toegepas toe hulle hardop idees gedeel het oor hoe om 'n besigheidsprobleem op te los. 1.2.4 John, 'n ontevrede werknemer, het die …-prosedure gevolg toe hy ʼn werksverwante kwessie mondelings aan sy toesighouer gerapporteer het. 1.2.5 Besighede hanteer … as 'n sosio-ekonomiese kwessie deur beurse aan die gemeenskap te bied om die vlak van onderwys te verbeter. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 5 DBE/November 2021 NSS 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Leiers A daar kan op aandeelhouers se persoonlike bates beslag gelê word om 1.3.2 Inligtingstukke vir die skuld van die besigheid te betaal 1.3.3 Beperkte aanspreeklikheid B werknemers gebruik besigheidsbronne vir persoonlike gewin 1.3.4 Misbruik van werkstyd C kommunikeer met werknemers deur 1.3.5 Gesondheids- en lynfunksies veiligheidsverteen- woordigers D verwyder potensiële gevare deur persoonlike beskermingsdrag te verskaf E elektroniese inligting wat tydens 'n aanbieding op die skerm gesien kan word F kommunikeer deur middel van interaksie met werknemers G aandeelhouers verloor slegs kapitaal belê om vir die skuld van die besigheid te betaal H werknemers maak gedurende kantoorure persoonlike oproepe I gedrukte inligting wat aan die einde van 'n aanbieding aan die gehoor gegee word J identifiseer potensiële gevare in die werksplek (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 6 DBE/November 2021 NSS AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 2: SAKEGELEENTHEDE 2.1 Noem enige DRIE tipes voordele wat deur die Werkloosheidsversekerings- fonds (WVF) uitbetaal word. (3) 2.2 Beskryf kortliks faktore wat gedurende 'n aanbieding deur die aanbieder in ag geneem moet word. (6) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. REDDY BEPERK (RB) Reddy Beperk bied verskillende tipes voorkeuraandele aan aandeelhouers. Party aandeelhouers het aandele gekoop wat hulle nie toelaat om vorige dividende te ontvang nie. Ander het aandele gekies wat hulle toegelaat het om in die surpluswins van die besigheid te deel. Identifiseer TWEE soorte voorkeuraandele wat deur RB aangebied word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 2.3 te beantwoord. SOORTE VOORKEURAANDELE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 2.4 Verduidelik die verskil tussen die demokratiese en outokratiese leierskap- style. (4) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. CARDIA KOMMUNIKASIE (CK) Samantha, die finansiële konsultant by Cardia Kommunikasie, het die finansiële verslag aan die belanghebbendes van die besigheid voorgelê. Sy het besluit om skyfies te gebruik wat gedurende haar aanbieding op 'n skerm geprojekteer is. 2.5.1 Identifiseer die visuele hulpmiddel wat Samantha in haar aanbieding gebruik het. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 2.5.2 Verduidelik die voordele van die visuele hulpmiddel wat in VRAAG 2.5.1 geïdentifiseer is. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 7 DBE/November 2021 NSS 2.6 Bespreek hoe die volgende kriteria tot die sukses en/of mislukking van 'n eenmansaak kan bydra: 2.6.1 Belasting (4) 2.6.2 Winsverdeling (4) 2.7 Stel situasies voor waar die transaksionele leierskapstyl in die werksplek toegepas kan word. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 8 DBE/November 2021 NSS VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE 3.1 Noem VYF stadiums van spanontwikkeling. (5) 3.2 Beskryf kortliks TWEE oorsake van konflik in die werksplek. (4) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MAZARS SKOENVERVAARDIGER (MSV) Mazars Skoenvervaardiger is bekend vir die vervaardiging van hoëkwaliteit- produkte. Die bestuur van MSV het besluit om hulle surplusfondse in die gemeenskap, landelike ontwikkeling en werknemers te belê. 3.3.1 Noem DRIE fokusareas van korporatiewe maatskaplike investering (KMI) in die scenario hierbo. (3) 3.3.2 Bespreek die impak van korporatiewe maatskaplike investering (KMI) op MSV as 'n besigheid. (6) 3.4 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werksplek. (6) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MOUNTAIN HANDELAARS (MH) Mountain Handelaars verkoop kamptoerusting by verskillende afsetpunte. Die werknemers van MH word ongeag ras of geslag dieselfde geleenthede gegee. Hulle laat oop kommunikasiekanale tussen bestuur en werknemers toe. Identifiseer TWEE menseregte wat deur MH bevorder word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.5 te beantwoord. MENSEREGTE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 3.6 Bespreek die voordele van kragveld-analise om komplekse besigheidsprobleme op te los. (4) 3.7 Beveel maniere aan waarop besighede kulturele regte in die werksplek kan bevorder. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 9 DBE/November 2021 NSS VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSGELEENTHEDE 4.1 Beskryf kortliks enige DRIE funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (die JSE). (6) 4.2 Identifiseer die leierskapsteorie wat Lethabo toepas om sy werknemers te bestuur in ELKE stelling hieronder: 4.2.1 Lethabo gebruik verskillende leierskapstyle in verskillende omstandighede. (2) 4.2.2 Hy moedig sy werknemers aan om kreatief te wees en om nuwe maniere te ondersoek om dinge te doen. (2) 4.3 Verduidelik die voordele van 'n staatsbeheerde maatskappy. (4) 4.4 Evalueer die impak van effektetrusts as 'n vorm van belegging. (6) BESIGHEIDSROLLE 4.5 Brei uit oor die betekenis van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV). (4) 4.6 Onderskei tussen probleemoplossing en besluitneming. (4) 4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ZULU GEÏNKORPOREER (ZG) Zulu Geïnkorporeer het 'n werksmag wat uit 'n paar moeilike werknemers bestaan. Die bestuur van ZG het privaat met hierdie werknemers gepraat sodat ander werknemers se aandag nie afgelei sou word nie. Hulle het ook riglyne verskaf oor hoe werknemers hulle gedrag kan verbeter. 4.7.1 Haal TWEE maniere waarop ZG moeilike werknemers hanteer uit die scenario hierbo aan. (2) 4.7.2 Verduidelik ander maniere waarop ZG moeilike werknemers in die werksplek kan hanteer. (4) 4.8 Gee besighede raad oor die voordele van diversiteit in die werksplek. (6) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 10 DBE/November 2021 NSS AFDELING C Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 5: SAKEGELEENTHEDE (VERSEKERING) Sommige besighede is nie vertroud met die verskille tussen oorversekering en onderversekering nie. Ander pas die beginsels van versekering toe wanneer 'n versekeringskontrak gesluit word. Baie besighede beskou die registrasie van werknemers by die Vergoedingsfonds/'COIDA' as 'n administratiewe las. Skryf 'n opstel oor versekering waarby jy die volgende aspekte insluit:  Beskryf kortliks die verskille tussen oorversekering en onderversekering.  Verduidelik enige DRIE beginsels van versekering.  Bespreek die voordele van versekering vir besighede.  Gee besighede raad oor die Vergoedingsfonds ten opsigte van die 'COIDA' as 'n tipe verpligte versekering. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (ETIEK EN PROFESSIONALISME) Professionele gedrag vorm deel van doeltreffende sakepraktyk wat werknemers se optrede by die werksplek bestuur. Baie besighede is dit eens dat onetiese sakepraktyke 'n negatiewe impak op hulle bedrywighede het. Suksesvolle besighede ontwikkel strategieë om onetiese sakepraktyke te hanteer. Skryf 'n opstel oor etiek en professionalisme waarby jy die volgende aspekte insluit:  Brei uit oor die betekenis van professionele gedrag.  Verduidelik hoe die DRIE tipes onetiese sakepraktyke 'n uitdaging vir besighede is.  Bespreek maniere waarop besighede hierdie tipes onetiese sakepraktyke in die werksplek kan hanteer.  Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en doeltreffende sakepraktyk behartig moet word. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all