NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2025
BESIGHEIDSTUDIES V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Skip to contentQuestion paper 
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)





%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)

View all





Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 707.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag noukeurig deur en let op wat vereis word.
Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae wat in
AFDELING B gekies is en die antwoorde op die EERSTE vraag wat in AFDELING
C gekies is, nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat
verkeerd genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf
word.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
ʼn antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
vraag beantwoord word.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: Objektiewe-tipe vrae
VERPLIGTEND 1 30 20
B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40
vrae
KEUSE: 3 40 70
Beantwoord enige TWEE. 4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30
KEUSE:
Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – NUWE
bladsy, VRAAG 2 – NUWE bladsy.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) BESIGHEIDSTUDIES V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.
1.1.1 ʼn Waterpomp by die verf- en bedekkingsvervaardiger het ontplof. ʼn ...
leierskapstyl moet toegepas word.
A Charismatiese
B Outokratiese
C Transaksionele
D Demokratiese
1.1.2 Zizo, ʼn versekeringsmakelaar, behoort … tydens haar aanbieding.
A ʼn goeie verhouding met aanbieders te handhaaf
B doelwitte wat nie bereik is nie, te hersien
C geskikte opskrifte te gebruik
D kritiek van kollegas te ignoreer
1.1.3 ʼn Skriftelike uitnodiging aan die publiek om aandele te koop staan as ʼn
... bekend.
A ooreenkoms
B prospektus
C memorandum van inkorporering
D sertifikaat van registrasie
1.1.4 Hanna se bestuur luister na die werknemers, maar laat hulle weet dat
hulle in beheer van die situasie is. Dit is een manier om ʼn ...
persoonlikheid te hanteer.
A klaer
B stil
C kenner
D aggressiewe
1.1.5 Die bestuurder gebruik ... wanneer hy met kundige ontwerpers kontak
maak om ʼn vraelys te voltooi oor hoe om die ontwerp te verander.
A die Delphi-tegniek
B ʼn dinkskrum
C die nominale groeptegniek
D kragveld-ontleding
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
sosiale verantwoordelikheid; konsekwentheid; kulturele; konflik;
herinbesitstelling; kontinuïteit; sosiale; korporatiewe sosiale belegging; awery;
griewe
1.2.1 Die versekeraar sal die ...-klousule toepas wanneer bates vir minder as
hul markwaarde verseker word.
1.2.2 Besighede met … het die vermoë om te bestaan selfs al vind ʼn
verandering van eienaarskap plaas.
1.2.3 Besighede wat ʼn etiese standpunt het wat sê dat elke organisasie die
samelewing as geheel moet bevoordeel, oefen …
1.2.4 Shirley, ʼn ongelukkige werknemer, het die ... -prosedure gevolg toe sy ʼn
werkverwante probleem mondelings aan haar toesighouer rapporteer
het.
1.2.5 Bestuurders by Sweepers Tech Maatskappy bevorder ... regte deur die
werkers toe te laat om hul eie taal tydens hul middagete te gebruik.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) BESIGHEIDSTUDIES V2 5
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A‒J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Leierskap A aandeelhouers het ʼn voorkeureis op
maatskappybates in die geval van
bankrotskap
1.3.2 Gewone aandele B spanlede fokus op die voltooiing van ʼn taak
1.3.3 Misbruik van C identifiseer potensiële gevare in die
werkstyd werkplek
1.3.4 Ontbinding D gebruik mag as gevolg van hul kennis en
vaardigheid
1.3.5 Gesondheids- en E besighede moet opleiding oor die inhoud
veiligheids- van die etiese kode aanbied
verteenwoordigers
F identifiseer potensiële gevare deur
persoonlike beskermende klere in die
werkplek te verskaf
G spanlede versamel inligting oor mekaar
H aandeelhouers is die laaste wat betaal
word as die maatskappy bankrot verklaar
word
I besighede moet gereelde oudits uitvoer
J gebruik mag as gevolg van die
gesagsposisie
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem enige VIER voorbeelde van korttermynversekering. (4)
2.2 Beskryf kortliks die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitsbeurs (JSE). (6)
2.3 Identifiseer die leierskapteorie in ELKEEN van die stellings hieronder wat deur
Moodley gebruik word om sy werknemers te bestuur:
2.3.1 Moodley gebruik verskilllende leierskapstyle in verskillende
omstandighede. (2)
2.3.2 Hy moedig sy werknemers aan om kreatief te wees en nuwe maniere
om dinge te doen, te ondersoek. (2)
2.4 Verduidelik aspekte wat oorweeg moet word wanneer ʼn multimedia aanbieding
ontwerp word. (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
NOMA SE KLUB (NK)
NK is versoek om ʼn aanbieding oor die finansies van die klub voor te berei.
Hy het skyfies gebruik wat op ʼn skerm geprojekteer is. Hy het ook aan die begin
van die sessie gedrukte kopieë van sy aanbieding aan die gehoor uitgedeel.
Identifiseer TWEE visuele hulpmiddels wat van toepassing is op NK. Motiveer
jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.5 te beantwoord.
VISUELE HULPMIDDELS MOTIVERINGS
1.
2. (6)
2.6 Bespreek hoe die volgende kriteria tot die sukses en/of mislukking van ʼn
privaatmaatskappy kan bydra:
2.6.1 Wetgewing (4)
2.6.2 Kapitaal (4)
2.7 Stel die rol van ʼn persoonlike houding in suksesvolle leierskap voor. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) BESIGHEIDSTUDIES V2 7
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem enige VIER voorbeelde van professionele gedrag. (4)
3.2 Beskryf kortliks die verantwoordelikhede van werknemers in die bevordering
van gesondheid en veiligheid in die werkplek. (6)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DEE ONDERNEMINGS (DO)
DEE Ondernemings is in ʼn armoedegeteisterde gebied geleë, waar mense nie
basiese behoeftes kan bekostig nie. Baie mense in die gemeenskap is
werkloos. Werknemers by DO wat met MIV/Vigs leef, is dikwels van die werk
afwesig.
3.3.1 Noem TWEE sosio-ekonomiese kwessies wat in die scenario hierbo op
DO van toepassing is. (2)
3.3.2 Bespreek die impak van korporatiewe sosiale belegging (KSB) op
besighede. (6)
3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
FINANSIËLE KAMPIOENE (FK)
Finansiële Kampioene het ʼn groep rekenmeesters suksesvol gewerf om die
plaaslike regering met hul finansiële rekeningkunde te help. Konflik ontstaan
tussen spanlede . Die leier vertrou die span en vermy inmenging in die span se
bedrywighede.
Identifiseer TWEE stadiums van spanontwikkeling wat van toepassing op die
scenario hierbo, is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.4 te beantwoord.
STADIUMS VAN MOTIVERINGS
SPANONTWIKKELING
1.
2. (6)
3.5 Bespreek die belangrikheid van spandinamikateorieë in die verbetering van
prestasie. (6)
3.6 Onderskei tussen probleemoplossing en besluitneming. (4)
3.7 Beveel maniere aan waarop besighede ʼn omgewing kan skep wat kreatiewe
denke kan bevorder. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2025)
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Noem VIER beleggingsvorme. (4)
4.2 Beskryf kortliks die karaktereienskappe van ʼn maatskappy sonder winsbejag. (6)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NUL PLASTIEKVERVAARDIGER (NP)
Nul Plastiekvervaardiger is besig om hulle surplusfondse te belê. Hulle het die
opbrengs op belegging en inflasiekoers in die verskillende beleggingsopsies
oorweeg. NP het ook ʼn waagkapitaal as die beste geleentheid om hul
besigheid uit te brei, geïdentifiseer.
4.3.1 Noem TWEE faktore in die scenario hierbo wat NP moet oorweeg
wanneer ʼn beleggingsbesluit geneem word. (2)
4.3.2 Verduidelik waagkapitaal as ʼn tipe beleggingsgeleentheid. (4)
4.4 Beveel situasies aan waarin laissez-faire/vrye-teuels in die werkplek toegepas
kan word. (4)
BESIGHEIDSROLLE
4.5 Noem enige VIER ekonomiese regte van werknemers in die werkplek. (4)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GESONDHEIDSOPLOSSING (GO)
Gesondheidsoplossings is ʼn groot maatskappy wat ʼn omvattende reeks
gesondheidsorgoplossings bied. Die bestuur van GO het die voor- en nadele
van die verandering van die besigheidstruktuur gelys.
4.6.1 Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat deur die GO in die
scenario hierbo toegepas word. (2)
4.6.2 Verduidelik hoe die besigheid die probleemoplossingstegniek wat in
VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer is, kan toepas. (4)
4.7 Bespreek maniere waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die
welstand van hul gemeenskappe te verbeter. (6)
4.8 Gee raad aan die besigheid oor die voordele van diversiteit in die werkplek. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) BESIGHEIDSTUDIES V2 9
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die gekose vraag duidelik aan. Die
antwoord op die vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: VERSEKERING)
Sommige besighede is nie goed vertroud met die verskille tussen oor- en
onderversekering nie. Besighede is wetlik verplig om te verseker teen sekere risikos
wat mag of nie voorkom nie. Versekering bied baie voordele aan besighede. Die
kontrak tussen die versekerde en die versekeraar moet op sekere beginsels
gebaseer wees.
Skryf ʼn opstel oor beleggingsversekering waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf die verskille tussen oor- en onderversekering.
• Verduidelik die volgende tipes verpligte versekering:
o Padongelukkefonds (POF)
o Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF).
• Bespreek die voordele van versekering vir die besigheid.
• Adviseer besighede oor skadeloosstelling/indemnifikasie as ʼn beginsel van
versekering. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (ETIEK EN PROFESSIONALISME)
Daar word van besighede vereis om hul bedrywighede op ʼn etiese en professionele
wyse uit te voer. Die King-kode-beginsels vir goeie korporatiewe bestuur verskaf
riglyne oor hoe besighede eties en professioneel moet optree. Besighede moet weet
hoe effektiewe sakepraktyke uitgevoer moet word. Onetiese sakepraktyke sal ʼn
negatiewe impak op sakebedrywighede hê.
Skryf ʼn opstel oor etiek en professionalisme waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die verskil tussen etiese en professionele gedrag.
• Verduidelik hoe besighede die volgende King-kode-beginsels kan toepas:
o Deursigtigheid
o Verantwoordbaarheid
• Bespreek maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
effektiewe sakepraktyk uitgevoer moet word.
• Stel voor hoe onbillike advertensies, as ʼn tipe onetiese sakepraktyk, uitdagings
vir besighede inhou. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper
Related documents

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Business Studies

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2024 Memo

Memorandum