Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2023
BESIGHEIDSTUDIES V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)



--448ec772-b6d8-477b-9a9a-b9861c796b40/v1-3a1643ba5343cd2c0590/card.webp)

View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 398.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Eastern Cape June Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
vraag beantwoord word.
VRAAG PUNTE TYD
AFDELING
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 30 20
B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40
vrae
KEUSE: 3 40 70
Beantwoord enige TWEE.
4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30
KEUSE:
Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) BESIGHEIDSTUDIES V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Sizwe het ʼn … leierskapstyl gebruik wanneer hy sy werknemers
beloon vir die bereiking van hul teikens.
A transaksionele
B charismatiese
C outokratiese
D demokratiese
1.1.2 Die verkoop van ʼn bate wat in waarde verhoog het sedert dit gekoop
is, verwys na ...
A dividende.
B ʼn prospektus.
C belasting.
D kapitaalwins.
1.1.3 ʼn Voorbeeld van langtermynversekering:
A Voertuigversekering
B Uittree-annuïteite
C Geld in transito
D Persoonlike aanspreeklikheid
1.1.4 Vinnige Handelaars het die …-tegniek toegepas toe hulle vraelyste
aan ʼn paneel kundiges versprei het om ʼn oplossing vir hul
besigheidsprobleem te vind.
A kragveld-ontledings-
B leë stoel
C nominale groep-
D Delphi-
1.1.5 Die korrekte prosedures om … te hanteer vereis dat ʼn gegriefde
werknemer die saak eers by sy/haar onmiddellike toesighouer moet
aanmeld.
A konflik
B gedrag
C griewe
D moeilike werknemers
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE2023)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
herversekering; onbillike; besluitelose persoon; herinbesitstelling;
Kragveld-ontleding; RSA Kleinhandelspaareffekte; misleidende;
vaste deposito; kundige; dinkskrum
1.2.1 Die stipulasie van … is van toepassing wanneer eiendomme oor-
verseker is.
1.2.2 Linda belê haar geld in … omdat daar geen koste op hierdie
beleggingsvorme betaalbaar is nie.
1.2.3 ʼn Voorbeeld van … advertensies word getoon wanneer ʼn advertensie
sekere dele van die bevolking uitsluit.
1.2.4 Grand Onderneming het die … probleemoplossingstegniek toegepas
toe hy die voor- of nadele opgeweeg het voor die ontginning van gas
in die Wildekus.
1.2.5 Njoli Handel het ʼn … as ʼn soort moeilike persoonlikheid hanteer, toe
hulle in beheer gebly het en John deur alternatiewe gelei het.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) BESIGHEIDSTUDIES V2 5
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Skuldbrief A vermoë van ʼn individu om volgelinge te
beïnvloed
1.3.2 Bybetaling B alternatiewe word oorweeg voordat
daar op die beste een besluit word
1.3.3 Bestuur C ontwikkel en implementeer programme
wat daarop gemik is om
gemeenskappe te beskerm
1.3.4 Probleemoplossing D bedrag wat die versekerde aan ʼn ander
persoon kan oordra
1.3.5 Aanspreeklikheid E stel besigheid in staat om
korttermynlenings van finansiële
instellings te bekom
F bedrag wat die versekerde moet betaal
wanneer ʼn eis ingedien word
G vermoë om reëls op volgelinge af te
dwing
H stel besighede in staat om lenings van
beleggers te bekom
I gereelde kommunikasie tussen bestuur
en belanghebbendes te ontwikkel
J alternatiewe oplossings word
gegenereer en krities geëvalueer
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE2023)
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn NUWE bladsy begin, bv.
VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem enige VIER tipes beleggingsgeleenthede. (4)
2.2 Identifiseer die leierskapstyle wat Steven toegepas het om sy werknemers te
bestuur in ELKE stelling hieronder:
2.2.1 Steven versoek werknemers om idees te deel wanneer belangrike
besluite geneem moet word.
2.2.2 Hy gebruik sy persoonlikheid om werknemers te inspireer om meer te
doen as wat normaalweg verwag word. (4)
2.3 Verduidelik die situasionele leierskapsteorie. (6)
2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KHULISA BEPERK (KB)
Khulisa Beperk bied verskillende soorte aandele aan aandeelhouers.
Sommige aandeelhouers het aandele gekoop wat hulle in staat sal stel om
vaste dividende te ontvang. Ander het aandele gekoop wat hulle toegelaat het
om eers dividende te ontvang wanneer wins gemaak word. KB is op die
Johannesburgse Sekuriteitsbeurs genoteer.
2.4.1 Identifiseer TWEE tipes aandele wat deur KB aangebied word.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.4.1 te
beantwoord.
TIPES AANDELE MOTIVERINGS
1.
2. (6)
2.4.2 Verduidelik die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs
(JSB/JSE). (4)
2.5 Bespreek die voordele van effektetrusts as ʼn beleggingsvorme (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) BESIGHEIDSTUDIES V2 7
2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MOSES EIENDOMME (ME)
Moses Eiendomme het ʼn huis ter waarde van R600 000 gekoop, maar het dit
vir R300 000 verseker. ʼn Brand het ʼn gedeelte van die huis ter waarde van
R50 000 vernietig.
2.6.1 Noem die versekeringsklousule wat op die scenario hierbo van
toepassing is. (2)
2.6.2 Bereken die bedrag wat Moses Eiendomme as vergoeding van die
versekeraar sal ontvang. Toon ALLE berekeninge. (4)
2.7 Stel situasies voor waarop die outokratiese leierskapstyl in die werkplek
toegepas kan word. (6)
[40]
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem enige VIER voorbeelde van etiese sakepraktyke. (4)
3.2 Beskryf kortliks die verskil tussen griewe en konflik. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KHAYA KABINETMAKERS (KK)
Khaya Kabinetmakers het die afgelope jare ʼn verlies aan winste ervaar. KK
het werknemers versoek om hulself in kleiner groepe te verdeel en in stilte
idees te genereer oor hoe die produk verbeter kan word. Werknemers word
ook aangemoedig om kreatiewe denkvaardighede te gebruik om nuwe idees
oor verhoging van winste te genereer.
3.3.1 Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat deur Khaya
Kabinetmakers gebruik was. Motiveer jou antwoord deur uit die
scenario hierbo aan te haal. (3)
3.3.2 Bespreek maniere waarop besighede ʼn omgewing kan skep wat
kreatiewe denke in die werkplek bevorder. (4)
3.4 Verduidelik die voordele van ʼn dinkskrum om komplekse sakeprobleme op te
los. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE2023)
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MASIZAKHE BOERDERY-PROJEK (MBP)
Masizakhe Boerdery-projek bestaan uit ʼn groep van vyf lede. Zuko
bevraagteken altyd die idees van die ander groepslede wat konflik
veroorsaak. Alle spanlede is egter bewus van die strategieë en doelwitte van
die span.
3.5.1 Identifiseer TWEE stadiums van spanontwikkeling wat deur MBP
ondervind is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te
haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.5.1 te
beantwoord.
STADIUMS VAN MOTIVERINGS
SPANONTWIKKELING
1.
2. (6)
3.5.2 Verduidelik enige EEN van die ander stadiums van spanontwikkeling. (3)
3.6 Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (6)
3.7 Stel maniere voor waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek
kan hanteer. (4)
[40]
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Noem enige VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer
beleggingsbesluite geneem word. (4)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Lungi het R150 000 by Kontant Bank oor ʼn tydperk van twee jaar teen 12%
saamgestelde rente per jaar belê.
4.2.1 Bereken die bedrag wat Lungi na twee jaar sal ontvang. Toon ALLE
berekeninge. (4)
4.3 Verduidelik die rol van persoonlike ingesteldheid in suksesvolle leierskap. (6)
4.4 Bespreek die impak van liassez-faire-/vryeteuels-leierskapstyl op besighede. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) BESIGHEIDSTUDIES V2 9
BESIGHEIDSROLLE
4.5 Noem enige TWEE kriteria vir suksesvolle spanprestasie. (2)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KHULULA STAALVERVAARDIGING (KS)
Die bestuur van Khulula Staalvervaardiging het ʼn oplossing aan ʼn
produksieprobleem verskaf deur eers die probleem te identifiseer. Die
werknemers van KS was ook genader om ʼn bydra te lewer tydens die
probleemoplossingsproses. Daarna het KS alternatiewe oplossings vir hul
probleem geïdentifiseer.
4.6.1 Haal TWEE probleemoplossingstappe uit die scenario hierbo aan. (2)
4.6.2 Beskryf enige TWEE ander probleemoplossingstappe. (6)
4.7. Verduidelik hoe prysbepalings van goedere in landelike gebiede as ʼn tipe
onetiese sakepraktyk uitdagings vir besighede inhou. (6)
4.8 Gee besighede raad oor die belangrikheid van spandinamika-teorieë in die
verbetering van spanprestasie. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/JUNIE2023)
AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn NUWE bladsy begin, bv.
VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: VERSEKERING)
Besighede word elke dag met ʼn verskeidenheid van onsekerheid en risiko's
gekonfronteer. Om hierdie rede neem besighede en individue versekering uit om die
potensiële verliese te dek. Hulle moet goed ingelig wees oor die beginsels van
versekering voordat hulle ʼn versekeringskontrak onderteken. Besighede moet
bewus wees van verskillende tipes voordele wat deur die Werkloosheidsver-
sekeringsfonds aan bydraers uitbetaal word.
Skryf ʼn opstel oor versekering waarby jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die verskille tussen verpligte en nieverpligte versekering.
• Verduidelik die belangrikheid van versekering vir besighede.
• Bespreek enige DRIE beginsels van versekering.
• Gee besighede raad oor die soorte voordele wat die Werkloosheids-
versekeringsfonds kan uitbetaal. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (ETIEK EN PROFESSIONALISME)
Daar word van besighede verwag om hul bedrywighede op ʼn etiese en professionele
wyse uit te voer. Onprofessionele sakepraktyke sal ʼn negatiewe impak op
sakebedrywighede hê. Volgens die King Kode-beginsel is dit die wetlike plig van
sleutelbelanghebbendes en die raad van direkteure om in goeder trou op te tree.
Skryf ʼn opstel oor etiek en professionalisme waarby jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die verskille tussen etiese en professionele gedrag.
• Verduidelik hoe die volgende tipes onprofessionele sakepraktyke uitdagings vir
besighede kan inhou:
o Seksuele teistering
o Ongemagtigde gebruik van werksplekfondse en hulpbronne
o Misbruik van werktyd
• Bespreek maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
sakepraktyke uitgevoer behoort te word.
• Gee besighede raad oor hoe hulle die King-kode-beginsel van deursigtigheid vir
goeie korporatiewe bestuur kan toepas om hul etiese sakepraktyke te verbeter. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Eng)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Memo (Afr)
--448ec772-b6d8-477b-9a9a-b9861c796b40/v1-3a1643ba5343cd2c0590/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum