Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, ʼn HTML-merkersblad, ʼn
toevoermasker-karakterblad en ʼn inligtingsblad.
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal
word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies
wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die
eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld.
2. As jy op die netwerk werk, of die datalêers vooraf gelaai is, moet jy die
instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. Anders sal
die toesighouer ʼn CD/DVD/geheueskyf (‘flash drive’) met al die lêers wat vir die
eksamen benodig word, aan jou gee. Indien ʼn CD/DVD/geheueskyf (‘flash
drive’) aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer
op die CD/DVD/geheueskyf (‘flash drive’) skryf.
3. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive')
inlewer wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou antwoordlêers
daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die
netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan
jou verduidelik is.
4. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het nie,
verwyder NIE.
5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA AFLOOP
VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die
einde van die eksamen by die toesighouer in.
6. ʼn Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar
wees. Indien daar enige probleme met ʼn lêer is, mag jy die toesighouer vir ʼn
ander kopie vra.
7. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE
meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ʼn voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
10. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.
11. Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien ʼn vraag vereis dat die
antwoord in sel F3 in ʼn sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel G4
in, sal dit NIE nagesien word NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 3
12. Maak seker dat die streeksinstellings (‘regional settings’) op ‘South Africa’
ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en
geldeenheidsinstellings (‘currency settings’) korrek ingestel is.
13. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op ‘English (South Africa)’ stel.
Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret (‘Portrait’) is, tensy anders aangedui.
Gebruik sentimeters as meeteenheid.
14. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik word.
Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat
formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in ʼn sigblad kopieer.
LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte
resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die
bestaande data gemaak word.
15. Jy mag NIE ʼn woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-vraag
te beantwoord NIE.
16. Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheueskyf (‘flash drive’) wat jy saam met hierdie
vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat
jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
SCENARIO
Elke jaar op 8 September vier die wêreld Wêreldgeletterdheidsdag (‘World Literacy
Day’). Die doel van die dag is om mense bewus te maak van die hoë
ongeletterdheidsyfer in die wêreld en om maatreëls toe te pas om dit te verminder.
Jou skool het besluit om die graad 12-RTT-leerders te gebruik om digitale
geletterdheid onder die lede van die gemeenskap te bevorder. Daar sal verskillende
kursusse aangebied word om mense oor digitale geletterdheid op te voed.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
ʼn Dokument is geskep om meer inligting oor die Wêrelddag vir Geletterdheid te gee.
Open en redigeer die 1_World Literacy Day-woordverwerkingsdokument.
1.1 Plaas ʼn voorblad in die dokument. Die voorblad moet die volgende vertoon:
1.1.1 Selekteer die Filigree Cover bladsy. (1)
1.1.2 Tik die dokumentnaam en datum in die vereiste veld. Skrap al die
ander velde. (2)
1.2 Die inhoudsopgawe is ingevoeg. Doen asseblief die volgende:
Verander die inhoudsopgawe sodat Heading 2 se opskrifte verskyn. (2)
1.3 Wysig die bladsynommering sodat nommer 1 op die bladsy na die
inhoudsopgawe verskyn. (3)
1.4 Soek die paragraaf onder die opskrif ‘What is World Literacy Day?’ en pas ʼn
Green Accent 6 skakering op die hele paragraaf toe. (2)
1.5 Soek die teks Miriam Webster Dictionary met geel gemerk onder die opskrif
History of International Literacy Day.
Voeg ʼn voetnota in met die volgende verduideliking: Amerika se mees
betroubare aanlyn woordeboek vir Engelse woorddefinisies, -betekenisse
en -uitspraak.
Verseker dat die voetnota onder die teks is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.6 Soek die prentjie Figuur 1 en skuif dit regs van die paragraaf soos hieronder
getoon. Stel die grootte van die prentjie op hoogte 3.5 cm en wydte 7.5 cm.
(3)
1.7 Soek die Plekhouer (Placeholder 1) wat in blou gemerk is. Verander die
plekhouer deur die volgende bron in te voeg:
Boektitel: Praktiese gids vir funksionele geletterdheid: ʼn opleidings
metode vir ontwikkeling.
Gepubliseer in 1973. (3)
1.8 Beklemtoon al die verskynsels van die woord ‘literacy’ deur die woorde vetdruk
(‘bold’) te maak. Slegs ‘literacy’ in kleinletters mag verander word. (2)
1.9 Stel die oriëntasie van SLEGS die tweede laaste bladsy op landskap. (2)
1.10 Soek die tabel onder die opskrif International Literacy Day Dates en wysig dit
as volg:
Pas ʼn Grid Table 4 Accent 6 styl toe.
Wysig die styl deur die teks horisontaal en vertikaal inlyn te stel. (3)
1.11 Gebruik ʼn woordverwerkingsfunksie om die aantal woorde in die dokument
vanaf die opskrif ‘What is World Literacy Day?’ tot aan die einde van paragraaf
4.5 te tel. (1)
[27]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
ʼn Registrasievorm is geskep vir die deelnemers om in te vul en aan die
registrasiekantoor te e-pos.
Open die woordverwerkingsdokument 2_Registration Form en verander die
dokument as volg.
2.1 Stel die boonste en onderste bladsy-kantlyne op 1 cm. (1)
2.2 Voeg ʼn dubbellyn-bladsyrand vir die bladsy in. (1)
2.3 Sentreer die prentjie en pas ʼn sagterand ovaal prentjie-styl (‘Soft Edge
Oval’) toe. (2)
2.4 Stel die teksvormveld vir die titel op as volg:
Maksimum lengte tot 4
Teksformaat na hoofletters (2)
2.5 Verander die aftrekvormveld vir Gender field om die volgende in te sluit:
Mans en Vrouens as keuse-opsies.
Voeg ʼn hulpboodskap in ‘Vir akkommodasie-doeleindes’ by die hulpteks. (3)
2.6 Verander die horisontale hiërargie vir die kursusse om soos die prent
hieronder te lyk.
(3)
2.7 Soek die teks, ‘Insert here’ en voeg die pdf-lêer ‘Benefits-digital-literacy.pdf’
as ʼn ‘embedded’ lêer in. Die lêer moet as ʼn ikoon vertoon word. (3)
2.8 Voeg die teks, ‘Registrasievorm’ in die onderskrif van die dokument by. Blok
die teks aan die regterkant. (2)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 7
VRAAG 3: SIGBLAD
Verskeie kursusse sal vir die lede van die gemeenskap aangebied word en hul
moet daarvoor registreer. ʼn Sigblad 3_Attendees is geskep om al die deelnemers
aan te teken.
Open die 3_Attendees-sigblad en werk in die Attendee_Info-werkblad.
3.1 Verbeter die leesbaarheid van die sigblad deur die volgende
formateringsfunksies op die werkblad toe te pas.
3.1.1 Voegsaam en sentreer A1 tot X2. (1)
3.1.2 Stel die opskrifte vanaf A8 tot G8 horisontaal en vertikaal inlyn. (1)
3.1.3 Gebruik die woordverwerkingsfunksie om te verseker dat die
inhoud in rye 1 tot 8 op die skerm bly wanneer die gebruiker na
onder blaai. (1)
3.2 Gebruik ʼn funksie in sel G7 om vandag se datum in die formaat
yyyy-mmmm-dd by te voeg. (2)
3.3 Gebruik ʼn geskikte funksie in sel B9 om ʼn geskikte titel vir die deelnemer by
te voeg. Die manlike deelnemers moet ‘Mnr’ hê as titel en die vroulike
deelnemers moet ‘Me’ hê. (3)
3.4 Voeg ʼn funksie in sel S10 om die aantal kursusse wat Ewie Langhon gaan
bywoon, te bereken. (3)
3.5 Die bedrag vir elke kursus is in sel V7. Bereken in sel U11 die totale bedrag
wat Bambie Mulles vir sy kursusse sal betaal. Maak seker dat die formule
korrek sal werk as dit af gekopieer word. (3)
3.6 Barnabas het besluit om al 11 kursusse te doen en het 75% van die totale
bedrag betaal. Bereken die bedrag wat Barnabas betaal het in sel V13. (2)
3.7 Gebruik ʼn woordverwerkingsfunksie in kolom D (‘Last Name’) om enige
iemand wat nie ʼn skootrekenaar het nie, outomaties met die kleur van jou
keuse te verhelder. (3)
3.8 Die deelnemers word in vier spanne gegroepeer, afhangende van hoeveel
kursusse hulle doen.
Greens is vyf kursusse en minder.
8 kursusse en minder is Blues.
10 kursusse en minder is Reds.
Meer as tien kursusse is Yellows.
Voeg ʼn funksie in sel W9 om vas te stel in watter span Ogdon Polly is.
Kopieer die formule na die ander selle. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
3.9 Die organiseerders het besluit om afslag te gee aan deelnemers wat ʼn
skootrekenaar besit en reeds ʼn deposito van R50,00 betaal het.
Voeg ʼn funksie in sel X9 om die teks 'Korting' te vertoon vir diegene wat wel
vir afslag kwalifiseer, en laat die sel leeg vir diegene wat nie kwalifiseer nie. (4)
3.10 Voeg ʼn funksie of ʼn formule in sel G111 om die huidige ouderdom van die
laaste persoon, Nichole, te bepaal en te vertoon. Hierdie funksie of formule
moet die regte ouderdom gee, selfs al verander die huidige datum. (3)
3.11 Gebruik ʼn LOOKUP funksie in sel G113 om te bepaal hoeveel deelnemers
die Budget Intermediate Course gedoen het. Gebruik die inligting in die
Statistics werkblad. (5)
3.12 Voeg ʼn funksie in sel G115 om die totale bedrag te bereken wat deur die
deelnemers wat ʼn skootrekenaar besit, betaal sal word. (4)
3.13 ʼn Grafiek is in die Statistics-werkblad geskep. Verander die grafiek as volg:
Formateer die kaartarea (‘chartarea’) van die grafiek deur die prentjie,
3Digital Literacy, wat in jou datalêer gevind kan word, as ʼn
agtergrondfoto by te voeg.
Stel die deursigtigheid van die prentjie op 50%.
Gebruik ʼn filteropsie en verwyder die twee kursusse, Typing a letter en
Budget.
Voeg ʼn data-uitwysetiket (‘callout’) by die gewildste kursus.
Gebruik ʼn sigbladfunksie om die grafiek na ʼn nuwe werkblad genaamd
Graph te skuif. (7)
[46]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 9
VRAAG 4: DATABASIS
Die inligting van die deelnemers moet in ʼn databasis gestoor word. Verander die
gegewe databasis in die aansigblad (design view), behalwe as anders versoek
word.
Open 4_Digital Literacy databasis en doen die volgende:
4.1 Tabel: Personal Information
4.1.1 Voeg ʼn geldigheidsreël (‘validation rule’) in by die Date of Birth-veld
om te verhoed dat die gebruiker ʼn datum later as die huidige datum
kan invoeg. (3)
4.1.2 Elke kursus het ʼn kode. Voeg ʼn invoermasker (‘input mask’) by die
Course Code-veld om slegs ʼn kode in die volgende formaat te
aanvaar:
Drie opsionele syfers,
gevolg deur ʼn koppelteken,
gevolg deur drie verpligte hoofletters,
bv. 22-DLC, 1-SBE of 398-KPP. (4)
4.1.3 Voeg ʼn kombinasieblokkie (‘combo box’) in vir die Course-veld, sodat
die lys van kursusse gekies kan word.
Die kursusse word in die tabel Course Information gestoor. (3)
4.2 Open die vorm Attendee Information.
Voeg ʼn funksie in by die besonderhede-oortjie (‘details tab’) om:
Die ouderdom van die deelnemer in jare te bereken.
ʼn Funksie te formateer sodat die ouderdom as ʼn heelgetal vertoon.
ʼn Geskikte etiket in te voeg vir die berekende ouderdom. (6)
4.3 Navrae
4.3.1 Verander Qry4_3_1 om:
Alle deelnemers van 18 jaar en jonger te vertoon.
Die deelnemers te sorteer volgens die vlak van geletterdheid
(‘Level of Literacy’) in dalende volgorde. (3)
4.3.2 Die organiseerders wil Internet data aan die deelnemers gee. Slegs
Vodacom-koopbewyse is beskikbaar. Hulle het besluit om geld aan
ander deelnemers te gee.
Verander Qry4_3_2 as volg:
Wys alle gebruikers wat nie Vodacom gebruik nie.
Skep ʼn berekende veld genaamd Data om die geld vir elke
persoon te bereken. Elke persoon sal ʼn toelaag van R30 per dag
kry.
Bereken in die gegewensblad (‘datasheet view’) die totale bedrag
wat aan die deelnemers bestee sal word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
4.4 Verslag
Skep ʼn verslag genaamd rpt4_4 gebaseer op die tabel vir deelnemers-
inligting (‘Attendee Information Table’).
Toon slegs die volgende velde: Last Name, Date of Birth, Gender, No of
Courses, Level of Literacy en No of days to attend.
Groepeer die rekords volgens die geslag (Gender).
Sorteer dan volgens die vlak van geletterdheid (‘Level of Literacy’).
Vertoon die verslag in landskapformaat.
Voeg ʼn funksie in die groepvoetskrif in om die aantal vroulike en manlike
deelnemers te bereken.
Voeg ʼn beskrywende byskrif vir die berekening.
Verseker dat al die data volledig vertoon word.
Stoor en sluit die rpt4_4. (10)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 11
VRAAG 5: WEBONTWERP (HTML)
Maak die onvolledige 5_Digital Literacy.html-webblad in ʼn webblaaier en ook in ʼn
teks-redigeerder oop. Jy mag NIE ʼn woordverwerkingsprogram soos Word gebruik
om die HTML-vraag te beantwoord NIE.
LET WEL:
Vraagnommers verskyn as kommentaar (‘comments’) in die kodering om jou te lei
waar om die antwoord(e) in voeg. MOENIE hierdie kommentaar uitvee NIE.
ʼn HTML-merkersblad is vir jou verwysing aangeheg.
Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.
5.1 Stel die webblad se kleur op Cream. (2)
5.2 Stel die fout reg wat plaasgevind het toe die webmeester ʼn foto ingevoeg het.
Sentreer die prentjie. (3)
5.3 Los die fout op onder die opskrif ‘What are the challenges to digital literacy?’
met behulp van kolpunte deur ‘square’ kolpunte (‘bullets’) in te voeg. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
5.4 Verander die tabel as volg:
Verander die kleur van die tafel na pienk.
Die border moet 5 pt wees en breedte 70%.
Ry 7 moet oor die drie kolomme saamgevoeg (‘merged’) word; die teks
moet sentreer word en in vetdruk wees. (6)
5.5 Skep ʼn skakel (‘link’) op die teks onder die tabel om die Brochure-file wat in
die datalêer is, oop te maak. (3)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 13
VRAAG 6: ALGEMEEN
Open 6_Digital Technology in SA en verander die dokument as volg:
6.1 Soek die twee woorde, ‘South Africa’ in die eerste paragraaf. Gebruik ʼn
woordverwerkingsfunksie om te verseker dat die twee woorde bymekaar bly,
selfs al word dit na die volgende reël gedruk. (1)
6.2 Vind die paragraaf wat ʼn raampie om het en gevul is met ʼn oranje-vul op die
eerste bladsy. Skuif dit en plak dit aan die einde van die dokument sonder om
die huidige formatering te behou. (2)
6.3 Die skrywer (‘author’) van die dokument het twee veranderinge in die
dokument aangebring. Soek die twee veranderinge en aanvaar dit. (1)
Open 6_Compare
6.4 Gebruik ʼn woordverwerkingsfunksie om die twee dokumente te vergelyk:
6_Compare en 6_Compare 1. Maak ʼn skermkopie (‘screenshot’) van die
resultate en plak dit aan die einde van die 6_Compare dokument. (4)
[8]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
BYLAE A – HTML-MERKBLAD (HTML TAG SHEET)
Basiese Merkers (Basic Tags) Formatting Tags continued
Merker (Tag) Beskrywing Merker (Tag) Beskrywing
<body></body> Definieer die liggaam van die <li></li> Word voor elke lysitem
webblad ingevoeg, en voeg dan ʼn
<body Stel die agtergrondkleur van nommer of simbool by
bg colour="pink"> die webblad afhangende van die tipe lys
wat geselekteer is
<body text="black"> Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg ʼn prent in
liggaamteks
<head></head> Bevat inligting oor die <img src="name" Stel ʼn prent inlyn: kan ook
dokument align="left"> ''right", "center"; "bottom",
"top", "middle'' wees
<html></html> Skep ʼn HTML-dokument – <img src="name" Stel die grootte van die
begin en eindig ʼn webblad border="1"> raam rondom ʼn prent
<title></title> Definieer ʼn titel vir die <img src="name" Stel die hoogte en breedte
dokument width="200" height van ʼn prent
<!-- --> Kommentaar ="200">
Teksmerkers (Text Tags) <img src="name" Vertoon alternatiewe teks
Tag Description alt="alternative wanneer die muis oor ʼn
<hl></hl> Skep die grootste opskrif text"> prent gehou word of
wanneer die prent nie
gevind word nie
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg ʼn horisontale lyn in
<b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte)
van ʼn reël
<i></i> Skep teks in skuinsdruk <hr width="80%"/> Stel die breedte van ʼn lyn,
in persentasie of absolute
waarde
<font Stel fontgrootte van "1" tot "7" <hr colour="ff0000"/> Stel die kleur van die lyn
size="3"></font>
<font Stel fontkleur Tabelmerkers (Table Tags)
colour="green"></font>
<font face="Times Stel fonttipe Merker (Tag) Beskrywing
New Roman"></font>
Skakelmerkers (Link Tags) <table></table> Skep ʼn tabel
Merker (Tag) Beskrywing <tr></tr> Skep ʼn ry in ʼn tabel
<a href="URL"></a> Skep ʼn hiperskakel <td></td> Skep ʼn sel in ʼn tabel
<a href="URL"><img Skep ʼn prentskakel <th></th> Skep ʼn tabelopskrif (in ʼn sel
src="URL"></a> met algemene vetgedrukte,
gesentreerde teks)
<a name="NAME"></a> Skep ʼn teikenarea <table width="50"> Stel die breedte van die
tabel
<a href="#NAME"></a> Skakel na ʼn teikenarea wat <table border="1"> Stel die breedte van die
elders in die dokument raam rondom die selle van
geskep is die tabel
Formateringsmerkers (Formating Tags) <table Stel die spasie tussen die
cellspacing="1"> selle van die tabel
Merker (Tag) Beskrywing <table Stel die spasie tussen ʼn
cellpadding="1"> selraam en die inhoud
daarvan
<p></p> Skep ʼn nuwe paragraaf <tr align="left"> Stel die inlynstelling vir die
sel(le) (kan ook ''center'' of
''right'' wees)
<p align="left"> Stel ʼn paragraaf links inlyn <tr valign="top"> Stel die vertikale
(verstek), kan ook ''right'' of inlynstelling vir sel(le) (kan
''center'' wees ook ''middle'' of ''bottom''
wees)
<br/> Voeg ʼn reëlbreuk ('line <td colspan="2"> Stel die getal kolomme
break') in waaroor ʼn sel moet strek
<ol></ol> Skep ʼn genommerde lys <td rowspan="4"> Stel die getal rye waaroor ʼn
sel moet strek
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers
"I","i","1"></ol> wat gebruik is
<ul></ul> Skep ʼn kolpuntlys
type="disc", Definieer die tipe kolpunte
"square","circle"></ul> wat gebruik word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 15
TOEVOERMASKER (‘INPUT MASK’)-KARAKTERBLAD
KARAKTER BESKRYWING
Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat
0
nie)
Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-tekens nie
9
toegelaat nie)
Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke
(‘blanks’) in Redigeringsmodus (‘Edit mode’) vertoon, maar oop plekke word
#
verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-tekens
toegelaat)
L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of ʼn spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of ʼn spasie (inskrywing opsioneel)
Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike
karakter wat gebruik word, hang van die instellings ('settings') in die
.,:;-/ 'Regional Settings
Properties'-dialoogblokkie (‘dialog box’) in die ‘Windows Control Panel’ af.)
< Laat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word
> Laat alle karakters na bokas (‘upper case’) omgeskakel word
Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, vertoon.
Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links
!
na regs.
Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg.
Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word
\
(byvoorbeeld, \A word slegs as A vertoon)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – SEPTEMBER 2021
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SKOOL:
NAAM:
WERKSTASIENOMMER: _______________________________
SUITE GEBRUIK (Maak Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office Office 365
ʼn kruisie in die 2010 2013 2016
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK Ander
(VRAAG 6) (Spesifiseer)
Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer
(Maak ʼn kruisie in die
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM:
Maak ʼn regmerkie langs lêername indien dit gestoor en/of gepoog is.
Vraagnommer Lêernaam Gestoor Gepoog Maksimum Maksimum Nasiener HvD Groep EM
(√) (√) punt behaal
1 1_World Literacy 27
Day
2 2_Registration 17
Form
3 3_Attendees 46
4 4_Digital Literacy 35
5 5_Digital Literacy 17
6 6_Digital 8
Technology in SA
6_Compare
6_Compare 1
TOTAAL: 150
Kommentaar (slegs vir die nasiener)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 QP (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Errata
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Errata

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)

Exam guideline
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 Guideline

Question paper