Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers 
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)




View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 320.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25 punte)
AFDELING B (75 punte)
AFDELING C (50 punte)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Moenie in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Laat ʼn reël oop na ELKE sub-vraag.
7. Daar word gewoonlike een punt per feit toegeken; ʼn 2 punt – vraag sal dus
TWEE feite vereis, ensovoorts.
8. Lees die vrae sorgvuldig en MOENIE meer inligting gee as wat die vraag
vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.
9. Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.
10. Antwoorde soos ‘goedkoper’, ‘stadiger’/’vinniger’ en ‘makliker’ sal SLEGS
aanvaar word indien dit gemotiveer word.
11. MOENIE handelsname in jou antwoorde gebruik nie, tensy dit spesifiek vereis
word.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 ʼn Fisies gestremde persoon wat nie die sleutelbord met gemak kan gebruik nie,
sal baat vind by die gebruik van hierdie spesifieke program/sagteware wanneer
hy/sy ʼn brief op die rekenaar wil tik.
A Dragon Naturally Speaking
B MathPad
C Muisvaardighede
D CorelDraw (1)
1.2 Wat is die verskil tussen opgradering van sagteware en opdatering van
sagteware?
A Daar is geen verskil nie, in albei gevalle moet jy aanlyn gaan.
B Vir die opdatering van sagteware soos Word, benodig jy ʼn lisensie-
nommer, maar vir opgradering is dit onnodig.
C Wanneer jy sagteware opdateer, koop jy waarskynlik ʼn nuwer weergawe
en wanneer jy opgradeer, laai jy regstellings af.
D Wanneer jy sagteware opgradeer, koop jy waarskynlik ʼn nuwer
weergawe en wanneer jy opdateer, laai jy regstellings af. (1)
1.3 Watter EEN van die data tipes in MS Access verseker dat die veld as ʼn primêre
sleutel sal dien?
A Hiperskakel
B AutoNumber
C OLE Voorwerp
D Memo/Lang Teks (1)
1.4 Jy wil ʼn funksie gebruik om na ʼn waarde wat die meeste voorkom in ʼn datareeks
te soek. Die beste fukunsie om te gebruik is:
A VALUE
B IF
C MEDIAN
D MODE (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
1.5 Verkope of vakansiebesprekings via die Internet staan as … bekend.
A e-handel
B Tweets
C VoIP
D ergonomie (1)
1.6 Sodra data versamel is, moet dit verwerk word. ʼn Sigblad is ʼn ideale hulpmiddel
om data te ontleed. Watter EEN van kenmerk hieronder genoem dra NIE tot die
ontleding van data by NIE?
A Grafieke
B Veranderingspoor
C Voorwaardelike formatering
D Funksies en Formules (1)
1.7 Watter metode/bron sal die mees geskikte een wees om inligting oor inwoners
se menings oor dienslewering te verkry?
A Opname
B Plaaslike koerante
C Nasionale koerante
D Onderhoude (1)
1.8 Die vang-frase (‘catch phrase’) “Dit is krimineel as dit nie oorspronklik is nie!”
beskryf …
A diefstal van intellektuele eiendom.
B inbreek by ʼn rekenaar (‘hacking’).
C sagteware-roof (‘piracy’).
D teks-enkripsie. (1)
1.9 Watter EEN van die volgende is NIE ʼn formule wat vir berekeninge in ʼn Word
tabel beskikbaar is NIE?
A LEN
B SUM
C AVERAGE
D COUNT (1)
1.10 Die algehele ontwerp van ʼn hele dokument insluitend kleure, skrif en effekte,
staan as ʼn … bekend.
A styl
B templaat
C tema
D autotext (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5
VRAAG 2: PASITEMS
Kies ʼn term/begrip uit KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 2.11 Q.
KOLOM A KOLOM B
2.1 Die neiging waar afsonderlike tegnologieë en A ruitnetrekenarisering
funksies verskillende toestelle in die verlede (‘grid computing’)
benodig het, is nou binne een toestel gekombineer
B fragmentasie
2.2 Dit sluit nutsprogramme/-sagteware in wat vooraf
op jou stelsel geïnstalleer is en help met die C kontrasverhouding
instandhouding daarvan
D ppm
2.3 Die totale hoeveelheid data wat van een punt na ʼn
ander oorgedra kan word binne ʼn sekere tydperk E administratiewe
toebehore
2.4 Data wat op ʼn webwerf geïdentifiseer is, kan F dpi
tydelik op die hardeskyf bewaar word in ʼn sub-
lêergids van die deurblaaier en by ʼn volgende G defragmentasie
sessie word dit herroep in plaas daarvan om die
webwerf via die Internet oop te maak H em-streep
2.5 ʼn Versameling onafhanklike netwerk rekenaars I aspekverhouding
wat saamwerk om baie groot take uit te voer
J digitale gaping
2.6 ʼn Horisontale streep ʼn bietjie langer as ʼn
koppelteken wat gebruik word om reekse en K kasberging
parentetiese uitdrukkings uit te druk
L bandwydte
2.7 Die verskillende dele van die lêers kan oor die skyf
versprei raak, wat veroorsaak dat die rekenaar M en-streep
langer neem om lêers te herroep om dit oop te
maak of te stoor N wolkrekenarisering
(‘cloud computing’)
2.8 Die verhouding tussen die breedte en hoogte van
ʼn skerm O ISO
2.9 Die spesifikasie waarin die spoed van ʼn drukker P resolusie
gemeet word Q skyfskoonmaak
(‘disk cleanup’)
2.10 Die instelling op die kamera om die sensitiwiteit vir
lig te meet R NFC
S konvergensie
T ADSL
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs
die vraagnommer (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling
indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te
maak. (Jy mag nie net die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander nie.)
GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf word NIE.
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Facebook is ʼn voorbeeld van ʼn sosiale netwerk Waar
webwerf.
ʼn NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware komponente Onwaar – moederbord
soos die SVE (‘CPU’).
3.1 ʼn Kopskrif (‘Header’) is teks wat binne die onderste kantlyn van alle bladsye in
ʼn dokument of lêer verskyn. (1)
3.2 ʼn Merkblokkie (‘check box’) laat die gebruiker toe om slegs een uit ʼn gegewe
stel opsies te kies. (1)
3.3 Die ‘wild card’ karakter kan gebruik word in die Soek- en Vervangfunksie van ʼn
woordverwerker. (1)
3.4 ʼn Hiperskakel is ʼn ingeboude konneksie na ʼn ander verwante webbladsy of
webwerf wat dikwels as onderstreepte teks of grafika aangedui word. (1)
3.5 ʼn E-pos program kan ʼn aanhangsel verwerp op grond van die datum van die
lêer. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Elke algemene rekenaartoestel benodig beide RAM (geheue) en stoor.
4.1.1 Verduidelik kortliks die funksie van RAM. (1)
4.1.2 Gee EEN verskil tussen RAM en stoor, behalwe hul verskil in funksie. (1)
4.2 Noem TWEE toevoertoestelle wat ʼn mens in ’n slimfoon kry, maar nie in ’n
gewone tafelrekenaar nie. (2)
4.3 Gee TWEE redes hoekom draagbare rekenaars al hoe meer ontwerp word om
NIE optiese aandrywers te bevat NIE. (2)
4.4 Jy werk met ’n gekabelde muis wat skielik ‘vries’ (nie werk nie).
Aanvaar dat die muis self nie vuil en nie beskadig is nie.
Gee TWEE probleemoplossingstegnieke wat jy kan probeer om die muis weer
aan die werk te kry. (2)
4.5 Bespreek TWEE maniere waarop ʼn gebruiker kan verseker dat data nie per
ongeluk geskrap of verander word nie. (2)
4.6 Verduidelik hoekom rekeninge, state ensovoorts van besighede gewoonlik na
PDF-lêers omgeskakel word voordat hulle aan klante gestuur word. (1)
4.7 Gee TWEE beperkinge van dataprojektors vir die vertoon van rekenaarafvoer
in vergelyking met normale rekenaarskerms. (2)
4.8 Noem TWEE toerustingitems wat ʼn mens vir VR (Virtuele werklikheid) (‘Virtual
Reality’) sal benodig. (2)
4.9 Noem EEN voorbeeld waar VR (Virtuele werklikheid) (‘Virtual Reality’) gebruik
kan word, behalwe vir speletjies. (1)
4.10 Die IT-leerders oorweeg dit om ʼn hommeltuig (‘drone’) as deel van ʼn
bewusmakingsveldtog vir nuwe tegnologie te bou. ʼn 3D-drukker sal gebruik word
om die onderdele van die hommeltuig te druk.
4.10.1 Wat is ʼn hommeltuig (‘drone’)? (1)
4.10.2 Noem TWEE moontlike voordele van die gebruik van ʼn 3D-drukker
om onderdele van die hommeltuig te druk. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
4.11 ʼn Rekenaarspeletjie het die volgende apparatuurstelselvereistes:
Intel i3 (of hoër)
8 GB RAM
DVD skyf
4.11.1 Gee die algemene funksie (in enige rekenaar) van die item gespesifiseerd
as ‘Intel i3’. (1)
4.11.2 Veronderstel dat die DVD-aandrywer slegs vir die installasie van die
speletjie gebruik gaan word, verduidelik kortliks hoe ʼn mens die speletjie
op ʼn rekenaar wat nie ʼn DVD-aandrywer het nie, kan installeer. (1)
4.11.3 Gee EEN ander alledaagse apparatuurvereiste, behalwe dié in die lys
hierbo. (1)
4.12 Gee DRIE voordele van SSDs. (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9
VRAAG 5: INTERNET EN NETWERKTEGNOLOGIEË
Die diagram hieronder illustreer die netwerk van ʼn klein besigheid.
5.1 Die rekenaars in die gekabelde netwerk word deur al die personeellede gebruik
en die WLAN word deur kliënte gebruik.
5.1.1 Gee EEN rede waarom ʼn koordlose netwerk vir die kliënte meer geskik
is. (1)
5.1.2 Gee EEN rede waarom alle toestelle ʼn unieke IP-adres moet hê. (1)
5.1.3 Gee TWEE moontlike redes waarom kliënte wat die WLAN gebruik,
soms stadige konneksiespoed kan ervaar. (2)
5.2 Die LAN in die administrasiekantoor gebruik ʼn kliënt-bedienermodel en verskaf
internettoegang.
5.2.1 Noem TWEE dienste wat deur ʼn IDV (‘ISP’) gelewer kan word
behalwe vir die konneksie met die internet. (2)
5.2.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van ʼn ADHL (‘ADSL’)-
konneksie. (2)
5.2.3 Verduidelik die funksie van die ‘switch’ as deel van die LAN. (2)
5.3 Die LAN wat deur die administrasiepersoneel gebruik word, gebruik vesel-
optiese kabels.
5.3.1 Watter medium word deur veseloptiese kabels gebruik om seine oor
te dra? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
5.3.2 Gee TWEE redes waarom veseloptiese kabels meer geskik vir gebruik
in ʼn LAN as UTP-kabels sal wees. (2)
5.4 Gee TWEE nadele van LOP (‘FTP’)-tegnologie vir die oordrag van groter lêers
oor die internet. (2)
[15]
VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR
6.1 Verwys na ʼn formele geskrewe verslag, soos jou PAT, en verduidelik die doel
van ʼn:
6.1.1 Taakdefinisie (1)
6.1.2 Verwysings (1)
6.2 Toe jy navorsing vir jou PAT gedoen het, het jy inligting oor die onderwerp gevind
wat gelyk het asof dit nie geskik is nie.
Gee TWEE aanduidings dat sommige van die inligting wat gevind word, dalk nie
akkuraat is nie en nie in jou verslag gebruik kan word nie. (2)
6.3 Geslote vrae het ʼn stel antwoorde waaruit gekies kan word.
6.3.1 Bespreek EEN beperking van die gebruik van geslote vrae in ʼn vraelys. (1)
6.3.2 Gee TWEE voordele vir ʼn navorser wanneer geslote vrae elektronies
beantwoord word. (2)
6.4 Noem DRIE maniere waarop ʼn grafiek makliker gemaak kan word om te
interpreteer wanneer dit by ʼn verslag ingesluit word. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Kommunikasie via e-pos het die norm vir die samelewing in sy geheel geword.
7.1.1 Gee TWEE aanduidings dat ʼn e-pos wat ontvang is, ʼn moontlike
uitvissings (‘phishing’)-poging kan wees. (2)
7.1.2 Gee EEN moontlike rede waarom jou e-posprogram ingestel is om .exe
lêers te blokkeer. (1)
7.1.3 Gee TWEE tipes diefstal wat met behulp van rekenaars gepleeg kan
word, afgesien van die diefstal van hardeware en data/intellektuele
eiendom. (2)
7.2 Die geo-etikettering (‘geotagging’) funksie van moderne kameras is nuttig vir
vakansiegangers en toeriste. Verduidelik wat die opmerking beteken deur te
verduidelik wat geo-etikettering is. (2)
7.3 Gee TWEE potensiële nadele van e-leer (‘e-learning’) wanneer dit met
tradisionele klaskamer benadering vergelyk word, uitgesluit enige koste
faktore. (2)
7.4 Gee EEN aanduiding dat ʼn boodskap wat jy ontvang het ʼn gekskeerdery
(‘hoax’) is. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING
8.1 Hoe verander jy ʼn eindnota (‘endnote’) na ʼn voetnota (‘footnote’)? (3)
8.2 Verwys na die diagram hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Elke student het ʼn unieke kode nodig om hulle algehele finale uitslae te
ontvang.
Skryf die funksie wat jy in sel B6 sal gebruik om ʼn kode met hoofletters te
skep neer, deur die eerste 2 letters van studente name (kolom C) te gebruik. (3)
8.3 ʼn Eksamensessie vind plaas vanaf 4 April 2018 tot 15 April 2018.
Verander die kenmerke van die ExaminationDate-veld in ʼn databasis om
seker te maak dat slegs geldige datums ingevoer kan word. (3)
8.4 Skryf die merkers (‘tags’) neer om ʼn rooi kleur horisontale lyn (hr/) met die
wydte ('width') van 50% in ʼn HTML-webblad in te voeg. (2)
8.5 Watter sigblad-funksie sal stelselmatig outomatiese nommers vanaf 1 tot 50
in opeenvolgende rye invoeg? (1)
8.6 Noem DRIE moontlike databronne om posetikette in ʼn possamevoeging te
skep. (3)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13
AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 9
Jou skool stel ʼn groot veldtog bekend om tot die digitale era toe te tree. Die uitbreiding
van hulle netwerk, gekoppel aan die verhoogde beskikbaarheid van die Internet, het
dit vir hulle moontlik gemaak om nuwe tegnologieë en IKT ('ICT') beter te benut.
Buiten al die voordele bied die toenemende gebruik van rekenaars en aanlyn dienste
uitdagings ten opsigte van die verskaffing van verbeterde hardeware en die opvoeding
van gebruikers.
9.1 Noem TWEE IT/RTT-verwante beroepe wat geskep sal word wanneer die
netwerk opgestel en uitgebrei word. (2)
9.2 Toegang tot die bedienerkamer moet beheer word. Die administratiewe
personeellede gebruik biometrika ('biometrics') om toegang tot die
bedienerkamer te verkry.
9.2.1 Verduidelik die term biometrika (‘biometrics’). (2)
9.2.2 Gee ʼn geskikte voorbeeld van biometrika (‘biometrics’) wat in hierdie
scenario gebruik kan word. (1)
9.3 Daar is voorgestel dat die ander personeellede RFID-kaarte moet gebruik om
toegang tot die bedienerkamer te verkry.
Noem TWEE nadele van die gebruik van RFID-kaarte vir hierdie toepassing. (2)
9.4 Leerders kla dat hulle rekenaars gou baie stadig word wanneer hulle meer
toepassings oopmaak. Daar is voorgestel dat hulle dalk te veel virtuele geheue
gebruik.
9.4.1 Wat is virtuele geheue? (1)
9.4.2 Watter sagteware implementeer en bestuur virtuele geheue in ʼn
rekenaarstelsel? (1)
9.4.3 Hoe kan die gebruik van virtuele geheue beperk word? (1)
9.5 ʼn Logiese gevolg van die verbeteringe by die skool is ʼn toename in die gebruik
van wolkrekenarisering (‘cloud computing’).
9.5.1 Wolkrekenarisering sluit wolksagtewaredienste, soos Office365, in.
Verduidelik hoe wolktoepassings oor die algemeen werk. (2)
9.5.2 Noem TWEE nadele van die gebruik van aanlyn sagtewaredienste. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
9.6 Ouers/Voogde is bekommerd oor leerders se blootstelling aan sosiale-
netwerk-webtuistes en kubermisdaad.
9.6.1 Stel DRIE maniere voor waarop sosialenetwerk-webtuistes
verantwoordelik gebruik kan word. (3)
9.6.2 Gee TWEE redes waarom kubermisdaad baie algemeen is. (2)
9.6.3 ʼn Algemene misdaad wat mense pleeg is om onbeveiligde Wi-Fi-
internetkonneksies sonder toestemming te gebruik.
Watter term word gebruik om hierdie misdaad te beskryf? (1)
9.7 Afkoopsagteware (‘Ransomware’) is ʼn tipe kwaadwillige sagteware
('malicious software') van kriptovirologie wat dreig om ʼn slagoffer se data
bekend te maak of toegang daartoe te blokkeer tensy ʼn losprys betaal word.
9.7.1 Hoe kan jy afkoopsagteware (‘aanvalle’) voorkom? (2)
9.7.2 Hoe sou jy afkoopsagteware (‘ransomware’) van jou rekenaar
verwyder? (2)
9.7.3 Anonieme betalingsdienste word vir losprysbetalings gebruik.
Noem EEN metode van betaling wat gebruik kan word. (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15
VRAAG 10
Die plaaslike universiteit is besig om hulle biblioteek en die IKT('ICT')-infrastruktuur
op te gradeer. Die universiteit se webtuiste kan gebruik word om roosters na te
gaan en om toegang tot die navorsingsafdeling van die biblioteek te bespreek.
10.1 ʼn AGB(‘AUP’)-dokument is vir die biblioteek opgestel. Een van die punte wat
in die dokument genoem word, sê dat, waar moontlik, elektroniese dokumente
in plaas van gedrukte dokumente gebruik moet word.
10.1.1 Waarvoor staan die akroniem AGB (‘AUP’)? (1)
10.1.2 Verduidelik kortliks die doel daarvan om ʼn AGB (‘AUP’) te hê. (2)
10.2 ʼn Paar van die elektroniese dokumente word in ʼn aanlyn stoorfasiliteit gestoor
om lêersinchronisering (‘file syncing’) te fasiliteer.
Verduidelik die konsep van lêer-sinchronisering. (2)
10.3 Die universiteit het ʼn webontwerper in diens geneem om die webtuiste te
herontwerp.
10.3.1 Noem TWEE vaardighede wat ʼn webontwerper nodig sou hê om ʼn
webtuiste te skep. (2)
10.3.2 Studente kan van hulle mobiele toestelle af toegang tot die webtuiste
kry.
Noem TWEE faktore wat ʼn webontwerper in ag moet neem wanneer
webtuistes ontwerp word om van mobiele toestelle af toeganklik te
wees. (2)
10.4 Sommige studente kyk video's op hulle elektroniese toestelle as deel van
navorsingsprojekte. Die video's word saam met metadata op ʼn VTS (‘SSD’)
gestoor.
10.4.1 Wat is metadata? (1)
10.4.2 Stel ʼn geskikte formaat vir die samepersing (‘compression’) van
video’s voor. (1)
10.5 Skedules vir kortkursuslesings en webinaars word op die webtuiste vertoon.
10.5.1 Wat is ʼn webinaar? (1)
10.5.2 Hoe kan die studente oor veranderinge in die skedules ingelig bly
sonder om die webtuiste te besoek? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
10.6 Universiteitspersoneel wil seker wees dat inligting wat oor die netwerk
gestuur word, veilig sal wees.
10.6.1 Verduidelik wat die term enkripsie beteken. (2)
10.6.2 ʼn Geel slot word op die URL-band vertoon wanneer die gebruiker die
universiteit se webtuiste oopmaak.
Watter ander visuele aanduiding word vertoon wat aandui dat die
webtuiste veilig is, behalwe die geel slot? (1)
10.6.3 As ʼn gebruiker op die geel slot klik, word die volgende dialoog-
blokkie vertoon:
Watter TWEE stukkies inligting op die sertifikaat kan gebruik word om
te verifieer dat die webtuiste eg is? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 17
10.7 Personeellede word dikwels teen sosiale manipulasie (‘social engineering’)
gewaarsku.
10.7.1 Verduidelik wat sosiale manipulasie (‘social engineering’) is. (2)
10.7.2 Wat is die gevolg daarvan om ʼn slagoffer van sosiale manipulasie te
wees? (2)
10.8 Groenrekenarisering het ʼn fokuspunt in die IKT-veld geword.
Stel enige TWEE inisiatiewe voor vir die biblioteek om groenrekenarisering te
implementeer. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130/v1-8ef7c28c9e52e80e7e56/card.webp)
Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2017 Memo (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2013 QP (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Errata
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Errata

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 Memo (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)

Exam guideline