Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SIVIELE TEGNOLOGIE
NOVEMBER 2012
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 5 antwoordblaaie en 1 formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)

%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)

%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--8b448e9d-ad65-4911-ae38-b9af2b632f65/v1-008a0116953928fc25f8/card.webp)
View all




Civil Technology Nov 2012 Afr_hlayiso.com_.pdf
Civil Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 22
- File size
- 367.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 22
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 2 DBE/November 2012
NSS
BENODIGDHEDE:
1. Tekengereedskap
2. 'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar
3. ANTWOORDEBOEK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as 'n geheel; MOENIE onderafdelings van vrae skei
nie.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. Moenie in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.
6. Sketse mag gebruik word om jou antwoorde te illustreer.
7. ALLE berekeninge en geskrewe antwoorde moet in die ANTWOORDEBOEK
of op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE gedoen word.
8. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
9. Tekeninge en sketse moet met potlood gedoen word, volledig gemaatskryf en
netjies met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond word, volgens
die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 1.3, 3.4, 4.3, 6.1 en 6.2 op die aangehegte
ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekengereedskap waar nodig.
13. Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
jy dit nie gebruik nie.
14. Tekeninge in die vraestel is as gevolg van elektroniese kopiëring NIE volgens
skaal NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 3 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 1: KONSTRUKSIEPROSESSE
1.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B om by die term in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.7 J.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Spykerplaat A 'n tydelike werksplatform
1.1.2 Hoofstyl B 'n lengte materiaal wat gebruik word
om die gaping tussen die muur en die
1.1.3 Kroonlys plafon weg te steek
1.1.4 Nokdekking C skuinste/hoek/val van die dak
1.1.5 Dakhelling D 'n plat plaat met baie spykers wat in
dakkonstruksie gebruik word
E word gebruik om die klank van wind te
absorbeer
F vertikale afstand tussen twee
opeenvolgende loopvlakke van 'n trap
G gebruik om die opening tussen die
dakbedekking by die hoogste punt
van die dak te bedek
H die langste vertikale onderdeel wat
die hoogte van 'n dakkap bepaal (5)
1.2 Toon, deur vryhandsketse te gebruik, die verskil tussen die volgende tipes
betonblaaie: (Toon die mure en blaaie.)
1.2.1 Eenvoudig ondersteunde betonblad (2)
1.2.2 Kantelbalkbetonblad (2)
1.3 FIGUUR 1.3 op ANTWOORDBLAD 1.3 toon 'n onvoltooide segmentpasboog
(segmentale pasboog) met konstruksielyne. Die onvoltooide lae omliggende
steenwerk word ook getoon.
1.3.1 Voltooi die segmentpasboog deur die boogstene te teken. (3)
1.3.2 Benoem die sluitsteen. (1)
1.3.3 Teken die omliggende steenwerk in strykverband aan die
regterkant van die boog binne die gegewe lae. (1)
1.3.4 Toon aan en benoem die pylhoogte op jou tekening. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 4 DBE/November 2012
NSS
1.3.5 Toon die spanwydte op jou tekening aan en benoem dit. (1)
1.3.6 Toon die binnewelwing op jou tekening aan en benoem dit. (1)
1.3.7 Toon die buitewelwing op jou tekening aan en benoem dit. (1)
1.4 FIGUUR 1.4 hieronder toon die boaansig van 'n dakuitleg wat die dakkappe
en buitemure van 'n L-vormige gebou toon. Ontleed die illustrasie en
beantwoord die vrae wat volg.
A
B
C
D
E
F
G
FIGUUR 1.4
1.4.1 Identifiseer komponent A. (1)
1.4.2 Benoem deel B. (1)
1.4.3 Identifiseer komponent C. (1)
1.4.4 Benoem die dakspar by D. (1)
1.4.5 Benoem die dakkap by E. (1)
1.4.6 Benoem die dakspar by F. (1)
1.4.7 Benoem deel G waar die TWEE dakoppervlakke bymekaar kom. (1)
1.4.8 Watter tipe dak word aan die oostekant van die gebou gebruik? (1)
1.4.9 Wat is die maksimum afstand tussen kapsenters (dakkapsenters)
wanneer gegolfde plaatmetaal of IBR-plate as dakbedekking
gebruik word? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 5 DBE/November 2012
NSS
1.5 'n Loodgieter moet twee lengtes gegalvaniseerde waterpyp, wat van
skroefdraad voorsien is, las.
1.5.1 Wat sal die loodgieter gebruik om seker te maak dat die las
waterdig is? (1)
1.5.2 Verduidelik hoe die loodgieter die TWEE pype sal las. (2)
[30]
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIEPROSESSE
2.1 FIGUUR 2.1 hieronder toon bekisting wat 'n betonvloer ondersteun. Ontleed
die illustrasie en beantwoord die vrae wat volg.
A
B
C
D
E
F
G
H
FIGUUR 2.1
2.1.1 Identifiseer komponent A tot H. (8)
2.1.2 Verduidelik hoekom die wapening in die betonvloer nader aan die
onderkant van die vloer geplaas is. (2)
2.1.3 Verduidelik die doel van G. (1)
2.1.4 Verduidelik die doel van H. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 6 DBE/November 2012
NSS
2.2 Wapening word gebruik om betonbalke te versterk.
2.2.1 Verduidelik die funksie van die hoofstawe in 'n
gewapendebetonbalk. (2)
2.2.2 Wat sal jy in 'n gewapendebetonbalk gebruik om die hoofstawe
saam te bind en om skuifkragte te help weerstaan? (1)
2.3 Tabuleer die verskille tussen strookfondasies en kortboor-heipale volgens die
kriteria in die tabel hieronder. Teken die tabel hieronder in jou
ANTWOORDEBOEK oor en tabuleer jou antwoorde.
KRITERIA STROOKFONDASIES KORTBOOR-HEIPALE
Voorbereiding van
fondasie
Betonvulling (4)
2.4 FIGUUR 2.4 hieronder toon verskillende lesings wat met 'n bukswaterpas
geneem is. Gebruik die gegewe lesings en bereken die volgende:
1,482 1,788 1,526
A
C
B
FIGUUR 2.4
2.4.1 Die verskil in hoogte tussen nivelleerstok A en nivelleerstok B (2)
2.4.2 Die verskil in hoogte tussen nivelleerstok B en nivelleerstok C (2)
2.4.3 Wat word die lesing by B genoem? (1)
2.4.4 Is daar 'n styging of 'n daling vanaf B na C? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 7 DBE/November 2012
NSS
2.5 FIGUUR 2.5 hieronder toon 'n isometriese aansig van 'n konstruksie aan die
bokant van 'n stapelmuurkonstruksie. MOENIE die skets oorteken nie.
Gebruik dit as 'n wenk om VRAAG 2.5.1 te beantwoord.
FIGUUR 2.5
2.5.1 Gebruik tekengereedskap en maak 'n netjiese skets van 'n
vertikale deursneeaansig deur die bokant van 'n
stapelmuurkonstruksie (droëmuurkonstruksie) wat toon hoe dit aan
die plafon gekoppel en afgewerk is.
Toon die volgende besonderhede:
• Plafonlatte (1)
• Plafonbord (1)
• Boreling van raam/Houtdakspoor (Plafonspoor) (1)
• Skroef of spyker om houtdakspoor aan plafonlat vas te heg (1)
• Houtstut (vertikaal) (1)
• Bekleding (1)
• Kroonlys (1)
2.5.2 Toon enige DRIE byskrifte op jou skets. (3)
2.5.3 Noem TWEE materiale wat vir bekleding van stapelmure gebruik
kan word. (2)
2.6 Beskryf TWEE veiligheidsmaatreëls wat jy sal toepas wanneer jy met
elektriese kraggereedskap werk. (2)
2.7 Veiligheidstekens word met sirkel-, vierkant- en driehoekvorms voorgestel.
Watter vorm word gebruik om algemene inligting aan te dui? (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 8 DBE/November 2012
NSS
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE
3.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(3.1.1–3.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.6 B.
3.1.1 Die funksie van 'n rioollugpyp is om ...
A obstruksies te verwyder.
B onaangename reuke wat uit die rioolstelsel kom, te laat
ontsnap.
C vetterigheid op te vang.
D die vloeirigting van vuilwater te beheer. (1)
3.1.2 Die hoofdoel van 'n P-sperder is om ...
A te verhoed dat onaangename gasse van 'n rioolstelsel die
gebou binnekom.
B seker te maak dat sanitêre toebehore waterpas geïnstalleer
is.
C alle sanitêre toebehore met mekaar te verbind.
D afvalmateriaal in 'n rioolput te spoel. (1)
3.1.3 Die aanbevole helling van 'n rioolpyp vir huishoudelike doeleindes is
...
A 1 : 100.
B 1 : 39.
C 1 : 40.
D 1 : 125. (1)
3.1.4 Die effektiewe werking van 'n sonpaneel is afhanklik van ...
A wind.
B die maan.
C die son.
D wolke. (1)
3.1.5 Een manier om elektrisiteit te bespaar is om ...
A alle toebehore te alle tye aangeskakel te hou.
B die geiser af te skakel wanneer jy vir lang tye van die huis af
weg is.
C die watertoevoer na die geiser af te skakel wanneer dit nie
gebruik word nie.
D al die ligte aan te hou dwarsdeur die nag. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 9 DBE/November 2012
NSS
3.2 Verduidelik DRIE voordele en DRIE nadele van 'n vlak putwater-
toevoerstelsel. Teken die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en
tabuleer jou antwoorde.
VOORDELE NADELE
(6)
3.3 FIGUUR 3.3 hieronder toon 'n gedeelte van 'n rioolstelsel. Ontleed die
illustrasie en beantwoord die vrae wat volg.
A
B
C
D E
FIGUUR 3.3
3.3.1 Identifiseer komponent A, B en C. (3)
3.3.2 Bepaal die vloeirigting van die riool (D of E). (1)
3.3.3 Verduidelik hoekom B met 'n hoek in die hoofpyp invloei. (1)
3.3.4 Verduidelik die doel van komponent A. (1)
3.3.5 Bespreek TWEE voordele indien komponent A in plaas van 'n
mangat in 'n rioolstelsel geïnstalleer word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 10 DBE/November 2012
NSS
3.4 FIGUUR 3.4 op ANTWOORDBLAD 3.4 toon 'n lyndiagram van die boaansig
van 'n huis. Teken die volgende elektriese tekensimbole op
ANTWOORDBLAD 3.4.
3.4.1 'n Kragsok (Muurprop) in die motorhuis by A (1)
3.4.2 'n Enkelbuisfluoorlig by B (1)
3.4.3 'n Drieklawerskakelaar by die ingang van die motorhuis by C (1)
3.4.4 'n Muurlig by die ingang van die motorhuis by D (1)
3.4.5 'n Lig in die TV-kamer by E (1)
3.4.6 'n Enkelklawerskakelaar vir die lig in die TV-kamer by F (1)
3.4.7 'n Verdeelbord in die kombuis (1)
3.5 In die afwesigheid van 'n munisipale rioolstelsel, noem TWEE ander metodes
wat gebruik kan word om van riool ontslae te raak en verduidelik die verskil
tussen die TWEE metodes. (4)
[30]
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 4: MATERIALE EN HOEVEELHEDE
4.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en
skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
4.1.1 Sagte staal is 'n metaal wat nie herwin kan word nie. (1)
4.1.2 Koper is 'n voorbeeld van 'n nie-ysterhoudende metaal. (1)
4.1.3 Hout wat buite gebruik moet word, moet geverf of vernis word om
duursaam te wees. (1)
4.1.4 Gewalste glas bestaan uit 'n polimeerlaag tussen twee lae glas. (1)
4.1.5 Veiligheidsglas moet vir alle glaspaneelskuifdeure gebruik word. (1)
4.1.6 Boute en moere kan gebruik word om dele van 'n staaldakkap te
heg. (1)
4.2 Jy word TWEE opsies gegee om hout te preserveer. Die een is
onderdompeling en die ander een is die volsel-proses.
Gee EEN voordeel van:
4.2.1 Onderdompeling (1)
4.2.2 Die volsel-proses (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 11 DBE/November 2012
NSS
4.3 FIGUUR 4.3 hieronder toon die vooraansig en 'n vertikale deursnee-aansig
deur 'n gedeelte van 'n muur (slegs die bobou).
A
B 2 700
V2
V1
A 220
6 000
VOORAANSIG DEURSNEE-
AANSIG A-A
FIGUUR 4.3
Spesifikasies:
• 110 stene is gebruik om een vierkante meter van 'n 220 mm dik muur te
bou.
• Venster 1 (V1) is 1 200 mm breed en 1 500 mm hoog.
• Venster 2 (V2) is 1 200 mm breed en 600 mm hoog.
Gebruik die spesifikasies hierbo en bereken die volgende op
ANTWOORDBLAD 4.3:
4.3.1 Die totale oppervlakte van die muur, insluitend die vensters
(voor aftrekkings) (4)
4.3.2 Die oppervlakte van venster 1 (3)
4.3.3 Die oppervlakte van venster 2 (3)
4.3.4 Die totale muuroppervlakte sonder die vensters (1)
4.3.5 Die totale getal stene benodig om die muur te bou, insluitend 5%
vermorsing en brekasies (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 12 DBE/November 2012
NSS
4.4 Voltooi die volgende sinne deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (4.4.1–4.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
breek; kragte; hoekyster; koper; skok; galvanisering; korrosie
4.4.1 Die sterkte van 'n materiaal verwys na die vermoë om kragte wat
daarop toegepas word, te weerstaan sonder dat dit ..., buig,
splinter of van vorm verander. (1)
4.4.2 ... is 'n profiel van staal wat vir staaldakkonstruksie gebruik kan
word. (1)
4.4.3 'n Voorbeeld van 'n materiaal wat nie sal roes nie, is ... (1)
4.4.4 Een metode om te voorkom dat metaal roes, word ... genoem. (1)
4.4.5 Die duursaamheid van 'n metaal verwys na die metaal se
weerstand teen ...-faktore soos water, lug, soute en suur. (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 13 DBE/November 2012
NSS
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA
5.1 FIGUUR 5.1 hieronder toon die ruimte- en skuifkragdiagramme van 'n balk
met 'n span van 8 m met twee puntbelastings en 'n eenvormig verspreide
belasting. Ontleed die diagramme en beantwoord die vrae wat volg.
10 N 20 N
4 N/m
A 2m B 2m D 4m E
C
P = 22,5 N Q = 15,5 N
Ruimtediagram
A B
C
D E
Skuifkragdiagram
FIGUUR 5.1
5.1.1 Herlei die eenvormig verspreide belasting tot 'n puntbelasting en
skryf die waarde van die herleide puntbelasting neer. (1)
5.1.2 Lei die waarde van die puntbelasting by D van die ruimtediagram
af. (1)
5.1.3 Lei die waarde van die eenvormig verspreide belasting by D van
die ruimtediagram af. (1)
5.1.4 Bepaal die afstand van die herleide eenvormig verspreide belasting
wat nou 'n puntbelasting is, na P. (2)
5.1.5 Bewys, met behulp van berekening, dat die balk in ewewig is. (2)
5.1.6 Stel 'n geskikte skaal vir die skuifkragdiagram voor sodat dit saam
met die ruimtediagram op 'n vel A4-papier sal pas. (1)
5.1.7 Lei die waarde van die skuifkrag by A (SKa) van die ruimtediagram
af. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 14 DBE/November 2012
NSS
5.1.8 Bewys met behulp van berekening dat die waarde van die
skuifkrag by B (SKb) gelyk aan 12,5 N is. (2)
5.1.9 Bewys met behulp van berekening dat die waarde van die
skuifkrag by D (SKd) -15,5 N is. (2)
5.1.10 Bewys met behulp van berekening dat die waarde van die
skuifkrag by E (SKe) 0 N is. (2)
5.1.11 Is daar 'n fout in die skuifkragdiagram met betrekking tot die
grootte van die kragte? Skryf slegs JA of NEE neer. (1)
5.2 FIGUUR 5.2 hieronder toon 'n lamel.
C
60
60
A 60 B
FIGUUR 5.2
5.2.1 Bereken die posisie van die sentroïed van die lamel vanaf A–B. (12)
5.2.2 Lei uit FIGUUR 5.2 die posisie van die sentroïed vanaf A–C af.
Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 15 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 6: GRAFIESE KOMMUNIKASIE
6.1 Gebruik ANTWOORDBLAD 6.1 en teken volgens skaal 1 : 20 die vooraansig
van 'n Suid-Afrikaanse dakkap (Howekap) waarvan al die onderdele met
spykerplate geheg is.
Gebruik die volgende spesifikasies:
• Dakhelling: 30º
• Lengte van die bindbalk: 4 meter (4 000 mm)
• Alle hout vir dakkap: 114 mm x 38 mm
• Oorhang van dakrand: 300 mm (13)
Toon enige TWEE byskrifte op jou tekening. (2)
6.2 FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n lyndiagram van 'n vloerplan van 'n Siviele
Tegnologie-werkswinkel.
V1 V1 V1 V2
HWB
Kantoor
D2
D2
Werkswinkel
10 000
Stoor
D1 V1 V3
18 000
FIGUUR 6.2
6.2.1 Teken die vloerplan van die werkswinkel volgens skaal 1 : 100 op
ANTWOORDBLAD 6.2.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 16 DBE/November 2012
NSS
6.2.2 Teken die vensters en deure op die vloerplan in die spasies soos
aangedui op die lyndiagram.
Spesifikasies:
Afmetings van werkswinkel:
• Gebruik afmetings soos op die lyndiagram aangetoon.
• Binnemate van kantoor is 3 000 mm x 3 000 mm.
• Buitemure is 220 mm dik.
• Binnemure is 110 mm dik.
BREEDTE HOOGTE
Venster 1 (V1) 2 000 mm 1 200 mm
Venster 2 (V2) 1 500 mm 900 mm
Venster 3 (V3) 1 500 mm 600 mm
Deur 1 (D1) 1 600 mm 2 000 mm
Deur 2 (D2) 900 mm 2 000 mm
6.2.3 Teken die simbool van 'n handewasbak op die vloerplan in die
posisie soos op die lyndiagram aangedui.
6.2.4 Ontwerp en teken die boaansig van 'n skilddak met kort
strepieslyne op die vloerplan op ANTWOORDBLAD 6.2. Die
dakoorhang is 450 mm.
6.2.5 Toon TWEE afmetings aan die oostekant van die werkswinkel.
6.2.6 Toon die titel en skaal. (25)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/November 2012
NSS
ANTWOORDBLAD 1.3
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
VRAAG 1.3
FIGUUR 1.3
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT LEERDER-
PUNT
Boogstene 3
Sluitsteen 1
Omliggende stene 1
Pylhoogte (aandui en benoem) 1
Span (aandui en benoem) 1
Binnewelwing (aandui en 1
benoem)
Buitewelwing (aandui en 1
benoem)
Totaal 9
(9)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/November 2012
NSS
ANTWOORDBLAD 3.4
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
VRAAG 3.4
Slaapkamer 2 A
Kombuis
Sitkamer
B
TV-kamer
Slaapkamer 1 E Motorhuis
C
F
FIGUUR 3.4 D
(7)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/November 2012
NSS
ANTWOORDBLAD 4.3
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
VRAAG 4.3
A B C D
Oppervlakte van muur voor aftrekkings
Oppervlakte van venster 1
Oppervlakte van venster 2
Totale oppervlakte van muur sonder vensters
Getal stene
5% vermorsing en brekasie
Totale getal stene
(17)
Kopiereg voorbehou
Siviele Tegnologie
Downloaded from hlayiso.com DBE/November 2012
NSS
ASSESSERINGS- PUNTE LEERDER-
ANTWOORDBLAD 6.1 KRITERIA PUNT
Kapbeen 2
Hoofstyl 1
SENTRUMNOMMER: Stut 2
Hangstyl 2
EKSAMENNOMMER: Bindbalk 1
Netheid 2
VRAAG 6.1 Toepassing van skaal 3
Enige TWEE byskrifte 2
Totaal 15
(15)
Kopiereg voorbehou
Siviele Tegnologie
Downloaded from hlayiso.com DBE/November 2012
NSS
ASSESSERINGS- PUNTE LEERDER-
KRITERIA PUNT
ANTWOORDBLAD 6.2 Buitemuur 4
Binnemuur 2
SENTRUMNOMMER: Vensters 6
Deure 3
Daklyne 4
EKSAMENNOMMER: HWB 1
Byskrifte 2
VRAAG 6.2 Enige TWEE afmetings 2
Netheid 1
Totaal 25
(25)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/November 2012
NSS
FORMULEBLAD
BELANGRIKE AFKORTINGS
SIMBOOL BESKRYWING SIMBOOL BESKRYWING SIMBOOL BESKRYWING
G Middelpunt van h Hoogte d Diameter
gravitasie
C Sentroïed b Breedte/Wydte r Radius
L Lengte s Sy A Oppervlakte
π Pi = 22 = 3,142 Ø Diameter V Volume
7
FORMULES
OPPERVLAKTE FORMULE FORMULE FORMULE VIR DIE POSISIE
VAN (in woorde) (in simbole) VAN SENTROÏED
X-as Y-as
Vierkant sy x sy sxs s s
2 2
Reghoek lengte x breedte ℓxb ℓ b
2 2
Reghoekige ½ x basis x hoogte ½b x h b h
driehoek 3 3
Gelyksydige ½ x basis x hoogte ½b x h b h
driehoek/ 2 3
Piramide
Sirkel π x radius x radius πr²
Sirkel π x diameter x diameter πd² Sentroïed is in die middel
gedeel deur 4 4
Semisirkel π x radius x radius πr² Sentroïed is 0,424r op die
gedeel deur 2 2 middellyn
Posisie van sentroïed = (A1 x d) ± (A2 x d)
Totale oppervlakte
OF
X = ∑ Ay
∑A
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
Question paper
Civil Technology May-June 2025 (Construction) Afr.pdf
Question paper
CIV TECH GR12 QP SEPT2024_Civil Services_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
CIV TECH GR12 QP SEPT2024_Construction_English_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Civil Technology Nov 2024 (Woodworking) Afr.pdf
%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
Question paper
Civil Technology Nov 2024 (Woodworking) MG Eng.pdf
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
Question paper
Civil Technology Nov 2024 (Construction) MG Afr.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Civil Technology Nov 2012 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Civil Technology Nov 2023 (Construction) Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Civil Technology Nov 2023 (Civil Services) Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Civil Technology Nov 2023 (Woodworking) Afr_hlayiso.com_.pdf
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Question paper
Civil Technology Nov 2022 (Civil Services) MG Afr_hlayiso.com_.pdf
%20MG%20Afr_hlayiso.com_--8b448e9d-ad65-4911-ae38-b9af2b632f65/v1-008a0116953928fc25f8/card.webp)
Question paper
Civil Technology Nov 2022 (Construction) MG Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Civil Technology
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers.pdf

Memorandum
CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024_Construction_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
CIV TECH GR12 MEMO SEPT2023_Construction_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
CIV TECH GR12 QP SEPT 2023_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper