Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SIVIELE TEGNOLOGIE
NOVEMBER 2014
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 5 antwoordblaaie en 'n formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 


%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
View all%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)




Civil Technology Grade 12 NSC November 2014 QP (Afr)
Grade 12 Civil Technology question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 710.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
NSC November Exam 2014
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 2 DBE/November 2014
NSS
BENODIGDHEDE:
1. Tekeninstrumente
2. 'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar
3. ANTWOORDEBOEK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as 'n geheel. MOENIE onderafdelings van vrae
skei nie.
4. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.
6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
8. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Aanbevole Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 4.7, 5.2, 5.3, 6.1 en 6.2 op die aangehegte
ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.
13. Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
jy dit nie gebruik nie.
14. Tekeninge in die vraestel is as gevolg van elektroniese kopiëring NIE volgens
skaal NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 3 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 1: KONSTRUKSIE, VEILIGHEID EN MATERIALE
1.1 FIGUUR 1.1 hieronder toon 'n ambagsman wat 'n hoekslyper gebruik om 'n
stapelmuurkonstruksie (droëmuur) af te werk.
FIGUUR 1.1
Bestudeer FIGUUR 1.1 en beveel DRIE addisionele stukke
veiligheidstoerusting aan wat die werker kan gebruik om homself te beskerm. (3)
1.2 Verduidelik EEN aspek van lere onder elk van die volgende kriteria:
1.2.1 Veilige hantering (1)
1.2.2 Onderhoud (1)
1.3 Verduidelik TWEE voorsorgmaatreëls wat deur werkers getref moet word
wanneer daar in 'n omgewing met vloere en trappe met oop kante gewerk
word. (2)
1.4 Verduidelik TWEE veiligheidsmaatreëls wat getref moet word wanneer 'n
bouershyser gebruik word. (2)
1.5 Beskryf die eerste DRIE stappe wat gevolg moet word om 'n nuwe stuk
metaal voor te berei en te verf. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 4 DBE/November 2014
NSS
1.6 FIGUUR 1.6 hieronder toon die vooraansig van 'n venster. Bestudeer die
tekening en beantwoord die vrae wat volg.
A
B
C
D
E
FIGUUR 1.6
1.6.1 Identifiseer die tipe venster. (1)
1.6.2 Identifiseer deel A–E. (5)
1.7 Gee VIER redes waarom betonoppervlakke soos vloere afgewerk word. (4)
1.8 FIGUUR 1.8 hieronder toon 'n skets van 'n staalprofiel.
FIGUUR 1.8
1.8.1 Identifiseer die tipe staalprofiel. (1)
1.8.2 Noem EEN eienskap van die staalprofiel. (1)
1.8.3 Waar sal jy hierdie staalprofiel gebruik wanneer 'n skoolsaal gebou
word? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 5 DBE/November 2014
NSS
1.9 Noem EEN voordeel van balkvulling. (1)
1.10 Noem EEN nadeel van balkvulling. (1)
1.11 Verduidelik waar in konstruksie beton met die volgende sterkte gebruik sal
word:
1.11.1 Lae sterkte (1)
1.11.2 Medium sterkte (1)
1.11.3 Hoë sterkte (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 6 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIE EN TOERUSTING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Bespreek TWEE vereistes waaraan bekisting moet voldoen. (2)
2.2 Beskryf die doel van die volgende handgereedskap wanneer 'n houtdeurraam
in 'n steenmuur ingebou word:
2.2.1 Waterpas (1)
2.2.2 Staalwinkelhaak (1)
2.3 'n Draagbare elektriese skaaf word gebruik om hout te skaaf. Beskryf TWEE
voorsorgmaatreëls wat getref moet word tydens die instandhouding van
hierdie masjien. (2)
2.4 Onderskei tussen 'n ruboog en 'n pasboog volgens die volgende kriteria.
Tabuleer jou antwoord.
2.4.1 Materiaal (2)
2.4.2 Arbeid (2)
2.5 Noem die TWEE hooftipes kragte wat op gewapendebetonbalke inwerk wat
gedurende die ontwerpproses in aanmerking geneem moet word. (2)
2.6 FIGUUR 2.6 hieronder toon 'n skets van 'n voorafgegote betonheipaal wat in
die grond ingedryf word.
A
B
C
FIGUUR 2.6
2.6.1 Benoem deel A–C. (3)
2.6.2 Wat word gebruik om hierdie tipe heipaal in die grond in te dryf? (1)
2.6.3 Verduidelik wanneer hierdie tipe heipaal gebruik sal word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 7 DBE/November 2014
NSS
2.7 FIGUUR 2.7 hieronder toon 'n snit deur 'n gewapendebetonbalk.
Ankerstaaf
Skuifstaaf
Beuel
Hoofstaaf
FIGUUR 2.7
Verduidelik die doel van die volgende dele van wapening wat in 'n betonbalk
aangetref word:
2.7.1 Hoofstawe (1)
2.7.2 Ankerstawe (1)
2.7.3 Skuifstawe (1)
2.7.4 Beuels (1)
2.8 Noem VIER stappe wat gevolg moet word wanneer 'n nuut gepleisterde muur
geteël word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 8 DBE/November 2014
NSS
2.9 FIGUUR 2.9 hieronder toon die boonste gedeelte van 'n dakkonstruksie.
Bestudeer die illustrasie en beantwoord die vrae wat volg.
1
2
3
FIGUUR 2.9
2.9.1 Identifiseer deel 1. (1)
2.9.2 Wat is die doel van deel 1? (1)
2.9.3 Wat is die naam en standaardgrootte van deel 2? (2)
2.9.4 Wat sal die standaardgrootte van deel 2 wees indien dit 'n
teëldak is? (1)
2.9.5 Identifiseer die tipe dakbedekking wat gebruik word. (1)
2.9.6 Identifiseer deel 3. (1)
2.10 Verduidelik wat bedoel word met die term bekisting. (2)
2.11 Beskryf TWEE voordele van staalbekisting teenoor houtbekisting. (2)
2.12 FIGUUR 2.12 hieronder toon 'n lesing op die boonste stadialyn en onderste
stadialyn soos gesien deur die oogstuk van 'n bukswaterpas.
1,535
1,485
FIGUUR 2.12
Bereken die afstand vanaf die bukswaterpas tot by die meetstok. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 9 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Boorgate is 'n alternatiewe bron van drinkwater in plaas van 'n munisipale
aansluiting.
3.1.1 Beskryf TWEE voordele van 'n boorgat. (2)
3.1.2 Noem TWEE gevalle wanneer 'n boorgat oneffektief kan raak. (2)
3.2 Noem TWEE funksies van 'n drukbeheerklep (drukverminderingsklep). (2)
3.3 Die termostaat op 'n geiser wat vir huishoudelike doeleindes gebruik word,
kan op 'n sekere temperatuur gestel word.
3.3.1 Beveel 'n geskikte temperatuur vir huishoudelike gebruik aan. (1)
3.3.2 Noem die deel in 'n geiser wat die water warm maak. (1)
3.4 In Suid-Afrika word elektrisiteit 'n skaars hulpbron en die gebruik van
gastoestelle is besig om toe te neem.
3.4.1 Beskryf enige DRIE faktore wat in aanmerking geneem moet word
wanneer 'n gasgeiser geïnstalleer word. (3)
3.4.2 Beskryf TWEE voordele van 'n gasgeiser. (2)
3.5 FIGUUR 3.5 hieronder toon 'n elektriese toestel wat in huishoudings gebruik
word.
FIGUUR 3.5
3.5.1 Identifiseer die elektriese toestel in FIGUUR 3.5. (1)
3.5.2 Wat is die funksie van die numeriese sleutelbord? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 10 DBE/November 2014
NSS
3.5.3 Wie moet die toestel gedurende installasie seël? (1)
3.5.4 Kies 'n vertrek in 'n woonhuis waar jy die toestel sal monteer.
Motiveer jou antwoord. (2)
3.5.5 Jy het die opsie om die toestel teen 'n muur of in 'n kas te monteer.
Waar sal jy verkies om dit te monteer? Motiveer jou antwoord. (2)
3.6 Bespreek die doel van leipype vir elektriese bedrading in 'n gebou. (1)
3.7 Onderskei tussen muurgleufleipype (versinkte leipype) en oppervlak-
gemonteerde leipype. (2)
3.8 FIGUUR 3.8 hieronder toon 'n rioolpyplyn wat gelê moet word. Die minimum
grondbedekking van die pyplyn by A is 340 mm. Die pyp het 'n diameter van
110 mm en die pyplyn is 40 m lank.
40 m
340
IL
A
IL
B
FIGUUR 3.8
3.8.1 Bereken die bodemvlakke/bodemdiepte by A en B as die helling
van die pyp 1 : 40 is. (6)
3.8.2 Noem die rioolverbinding wat elke 24 m in 'n rioolpyplyn
geïnstalleer word om toegang tot die stelsel te verkry. (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 11 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 4: HOEVEELHEDE, MATERIALE EN VERBINDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Noem TWEE hegstukke wat gebruik kan word om 'n dakkap aan die
steenmuur van 'n gebou te heg. (2)
4.2 FIGUUR 4.2 hieronder toon 'n hegstuk. Skryf die korrekte naam en EEN
gebruik van die hegstuk neer.
FIGUUR 4.2 (2)
4.3 Noem EEN metode om elk van die volgende tipes pype met mekaar te
verbind:
4.3.1 Koperpyp (1)
4.3.2 Gegalvaniseerde pyp (1)
4.4 Beskryf EEN gebruik van elk van die volgende spykers:
4.4.1 Staalspyker (1)
4.4.2 Paneelspyker (1)
4.5 Regverdig waarom skroewe eerder as spykers in terme van tyd om in te draai
en houvermoë gebruik word. (2)
4.6 Om 'n tabel vir 'n snylys te voltooi, moet die opskrifte van elke kolom
aangetoon word. Noem TWEE opskrifte vir 'n snylys. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 12 DBE/November 2014
NSS
4.7 FIGUUR 4.7 hieronder toon die vloerplan van 'n motorhuis met 'n
motorhuisdeur, 'n sydeur en 'n venster.
6 000
3 500
FIGUUR 4.7
Spesifikasies:
• Die bobou is 'n eensteenmuur, 220 mm wyd en 2 600 mm hoog.
• Die sydeuropening is 2 000 mm hoog x 800 mm wyd.
• Die motorhuisdeur is 2 400 mm wyd x 2 100 mm hoog.
• Die vensteropening is 1 500 mm wyd x 900 mm hoog.
Gebruik ANTWOORDBLAD 4.7 en bereken die totale getal stene wat benodig
word om die bobou te bou indien 50 stene gebruik word om 1 m² van 'n
halfsteenmuur (110 mm-muur) te bou. (18)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 13 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n gevormde lamel. Alle afmetings is in millimeter.
Die oppervlakte van die reghoekige driehoek (Oppervlakte 1) is 900 mm², die
reghoek (Oppervlakte 2) is 3 300 mm² en die gelykbenige driehoek
(Oppervlakte 3) is 450 mm².
A A
Oppervlakte 1
30
Oppervlakte 2
30
Oppervlakte 3
30 10 15 15 15
FIGUUR 5.1
Bereken die posisie van die sentroïed van die lamel vanaf A–A. Rond jou
antwoord tot TWEE desimale plekke af.
WENK: Gebruik die formule op die FORMULEBLAD. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 14 DBE/November 2014
NSS
5.2 FIGUUR 5.2 hieronder toon die ruimtediagram van 'n kantelbalkraam.
C
A
30° B
60 N
60°
FIGUUR 5.2
5.2.1 Op ANTWOORDBLAD 5.2, ontwikkel en teken 'n vektordiagram
om die grootte en aard van die kragte in elke onderdeel van die
raam grafies te bepaal. Gebruik skaal 1 mm = 1 N. (5)
5.2.2 Toon die aard van die kragte van onderdeel BC en CA op die
ruimtediagram op ANTWOORDBLAD 5.2. (2)
5.2.3 Gebruik die inligting in die ruimte- en vektordiagram en voltooi die
tabel op ANTWOORDBLAD 5.2. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 15 DBE/November 2014
NSS
5.3 FIGUUR 5.3 hieronder toon die ruimtediagram van 'n balk met 'n spanwydte
van 8 meter en twee puntbelastings en 'n eenvormig verspreide belasting.
Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.
10 N/m 10 N 5N
A 2m 2m 4m
E
LR = 17,5 N B C D RR = 17,5 N
FIGUUR 5.3
5.3.1 Herlei die eenvormig verspreide belasting tot 'n puntbelasting en
skryf die waarde van die herleide puntbelasting neer. (1)
5.3.2 Bepaal die afstand van die herleide eenvormig verspreide
belasting, wat nou 'n puntbelasting is, vanaf RR. (1)
5.3.3 Bewys met behulp van berekeninge dat die waarde van die
skuifkrag by D = -12,5 N en by E = 0. (6)
5.3.4 Die waarde van die buigmoment by A = 0 Nm, B = 35 Nm,
C = 47,5 Nm, D = 50 Nm en E = 0 Nm. Gebruik alle beskikbare
inligting en teken die buig-momentdiagram op ANTWOORD-
BLAD 5.3. Gebruik skaal 2 mm = 1 Nm. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 16 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 6: GRAFIESE KOMMUNIKASIE
6.1 FIGUUR 6.1 hieronder illustreer die vloerplan van 'n eenslaapkamerwoning.
Bestudeer die tekening en voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 6.1.
220
8 2
1
Badkamer 3 1 500
7
Oopplan-
kombuis met 110
woonkamer
6 550
Slaapkamer
4 500
6
4 5
220
220 110 220
4 000 4 000
FIGUUR 6.1 (15)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 17 DBE/November 2014
NSS
6.2 FIGUUR 6.2 hieronder toon die vloerplan van 'n kantoor met 'n ontvangsarea.
B
V1 220
V2 1 500
D2
110
B
6 550 Kantoor met
kombuis Ontvangs
V1 4 500
D2
D1
220
220 110 220
4 000 4 000
FIGUUR 6.2
6.2.1 Op ANTWOORDBLAD 6.2, teken tot skaal 1 : 20 'n deursnee-
aansig tot by en insluitend die muurplaat van die gebou op snylyn
B–B. Gebruik die spesifikasies hieronder en op die volgende
bladsy.
Spesifikasies:
• Fondasie, 600 mm wyd en 250 mm diep
• Alle buitemure is 220 mm wyd
• Bokant van fondasie tot onderkant van betonvloer, 450 mm
• Betonvloer, 75 mm dik
• Slytlaag, 50 mm dik
• Toplaag, 25 mm dik
• Betonvloer tot onderkant van muurplaat, 2 700 mm
• Muurplaat, 114 mm x 38 mm
• Hardepuinvulling, 150 mm dik
• Betonvloer tot bokant van venster, 2 000 mm
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 18 DBE/November 2014
NSS
Die volgende moet ook op die tekening getoon word.
• Vensterbank
• Afmetings van die wydte van die fondasie
• Byskrifte van enige DRIE onderdele op die tekening
Die volgende hoef NIE getoon te word NIE:
• Kosynkop
• Sponning vir venster
Venster- en deurskedule:
Wydte Hoogte
Venster 1 (V1) 1 500 mm 1 200 mm
Deur 1 (D1) 1 800 mm 2 000 mm (18)
6.2.2 Teken enige DRIE tekensimbole op die tekening. (3)
6.2.3 Drukskryf die skaal onderaan die tekening. (1)
6.2.4 DRIE punte sal toegeken word vir die toepassing van die skaal. (3)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/November 2014
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
VRAAG 4.7
ANTWOORDBLAD 4.7
Voltooi jou antwoorde in die spasies wat met ... en ... aangedui is.
A B C D
Hartlyn: Bobou
2/… =…
2/… =…
Totaal = …
Minus 4 / … =…
=…
Hartlyn: =…
1/ … Oppervlakte van muur vir bobou:
… …
1/ … Oppervlakte van sydeur:
… …
1/ … Oppervlakte van motorhuisdeur:
… …
1/ … Oppervlakte van venster:
… …
Totale oppervlakte van muur na aftrekkings:
=… … … …
=…
1/ … Stene benodig om bobou te bou:
… … … stene word benodig.
(15)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/November 2014
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
VRAAG 5.2
ANTWOORDBLAD 5.2
C
A
30° B
60 N
60°
RUIMTEDIAGRAM
a
ONDERDEEL AARD GROOTTE
BC
CA
Toleransie van 1 N aan weerskante
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/November 2014
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
VRAAG 5.3
ANTWOORDBLAD 5.3
10 N/m 10 N 5N
A 2m 2m 4m
E
LR = 17,5 N B C D RR = 17,5 N
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/November 2014
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
VRAAG 6.1
ANTWOORDBLAD 6.1
NO. VRAAG ANTWOORD PUNTE
1 Identifiseer nommer 1. 1
2 Bereken die omtrek van die gebou. 1
3 Teken die simbool vir die rioolput. 1
4 Wat is die dikte van die binnemure? 1
5 Bereken die totale oppervlakte van die 2
woning in m².
6 Beskryf die doel van nommer 2. 1
7 Gee die afkorting vir nommer 3. 1
8 Identifiseer nommer 4. 1
9 Identifiseer nommer 5. 1
10 Noem die tipe dak van die woning. 1
11 Identifiseer die elektriese simbool by 1
nommer 6.
12 Identifiseer nommer 7. 1
13 Op watter aansigte sal die geute op hierdie 1
gebou aangebring word?
14 Identifiseer nommer 8. 1
Totaal 15
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/November 2014
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
VRAAG 6.2
ANTWOORDBLAD 6.2
Aspek Punte Leerder
se punt
Korrektheid van onderbou 6
Korrektheid van bobou 7
Korrektheid van enige drie 3
tekensimbole
Drukskryf enige drie byskrifte 3
Afmetings en afmetingslyne 2
Drukskryf die skaal 1
Toepassing van skaal 3
Een of twee verkeerd =3
Drie of vier verkeerd =2
Meer as vyf verkeerd =1
Geen afmetings korrek =0
Totaal 25
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie DBE/November 2014
NSC
FORMULEBLAD
BELANGRIKE AFKORTINGS
SIMBOOL BESKRYWING SIMBOOL BESKRYWING SIMBOOL BESKRYWING
c Sentroïed b Breedte/Wydte r Radius
ℓ Lengte s Sy A Oppervlakte
FORMULES
OPPERVLAKTE FORMULE FORMULE FORMULE VIR DIE POSISIE
VAN (in woorde) (in simbole) VAN DIE SENTROÏEDE
X-as Y-as
s s
Vierkant sy x sy sxs
2 2
ℓ b
Reghoek lengte x breedte ℓxb
2 2
Reghoekige b h
½ x basis x hoogte ½b x h
driehoek 3 3
Gelyksydige
driehoek/ b h
½ x basis x hoogte ½b x h
Gelykbenige 2 3
driehoek
(A1× d) ± (A2 × d)
Posisie van sentroïed =
Totale oppervlakt e
OF
X=
∑ Ay
∑A
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2014 QP (Eng)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2014 Memo (English)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum