Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
2016
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye,
'n HTML-merkersblad en 'n aparte inligtingsblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 560.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC June Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/2016
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat
sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe
funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE.
Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die
eksamenlokaal geld.
2. Tik jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van ELKE dokument
wat jy skep of stoor, waar toepaslik.
3. Die toesighouer sal 'n CD/DVD/geheuestokkie ('flash disk') met al die lêers
wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar
die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien 'n CD/DVD aan
jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer op die
CD/DVD skryf. Indien jy op die netwerk werk, moet jy die instruksies volg wat
deur die toesighouer/onderwyser gegee word.
4. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
toesighouer vir 'n ander kopie vra.
5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.
6. Beantwoord AL die vrae.
7. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheuestokkie inlewer
wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou antwoordlêers daarop
gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die
netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan
jou verduidelik is. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word.
MOENIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE. MOENIE duplikaat-
antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE.
10. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA
AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer
dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.
11. Gedurende die eksamen mag jy die hulpfunksies van die programme wat jy
gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/2016
SSE
12. Tensy anders aangedui, gebruik formules en/of funksies vir ALLE
berekeninge in sigbladvrae. Gebruik absolute selverwysings slegs waar
nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle
in 'n sigblad kopieer.
13. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge
aan die bestaande data gemaak word.
14. Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet jy
steeds voortgaan met die vrae wat volg.
15. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
aangedui.
16. Gebruik sentimeter as maateenheid wanneer jy hierdie vraestel beantwoord.
17. Een punt per aksie word gewoonlik toegeken; dus sal 'n 2 punt-
vraag gewoonlik TWEE aksies vereis, ensovoorts.
18. Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheuestokkie wat jy saam met hierdie
vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker
dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.
• 1Effect_Effek Woordverwerkingslêer
• 1Music_Musiek Prentlêer
• 2Facts_Feite Woordverwerkingslêer
• 3Learners_Leerders Sigbladlêer
• 4Club_Klub Sigbladlêer
• 5Music_Musiek Databasislêer
• 6Poster_Plakkaat HTML-lêer
• 6Sixty_Sestig Prentlêer
• 7Answ_Antw Woordverwerkingslêer
• 7Compet_Kompet Woordverwerkingslêer
• 7Data Sigbladlêer
• 7Form_Vorm Woordverwerkingslêer
• 7Music_Musiek Sigbladlêer
• 7Sixties_Sestigs Databasislêer
SCENARIO
Musiek is 'n universele taal wat mense in alle kringe byeenbring. Jou skool het musiek
as 'n tema vir die jaar gekies en 'n musiekklub begin. Aktiwiteite soos musiekkonserte
sal plaasvind.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/2016
SSE
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
'n Dokument is opgestel om agtergrondinligting oor musiek se invloed op mense
te gee.
Maak die 1Effect_Effek-dokument oop en voeg jou eksamennommer in die
bladsyboskrif ('header') in.
1.1 Redigeer die eerste bladsy deur die volgende te doen:
1.1.1 Voeg die 1Music_Musiek-prent wat in die eksamenlêergids gevind
word, regs bo in die hoek van die eerste bladsy in. (3)
1.1.2 Voeg 'n teksblokkie ('text box') links onder in die hoek van die eerste
bladsy in en voeg die teks 'Elvis High School' in die teksblokkie in. (2)
1.2 Skep soos volg 'n nuwe styl met die naam 'Music':
• Formateer die fontgrootte na 48 pt.
• Sentreer die teks. (3)
1.3 Voeg enige bladsyraam ('page border') slegs op die eerste bladsy in. (2)
1.4 Voeg die teks 'First Draft' as 'n watermerk ('watermark') in. Die watermerk
moet slegs op die eerste bladsy verskyn. (2)
1.5 Verwyder die kommentaar ('comment') wat boaan die tweede bladsy gevind
word. (1)
1.6 Pas 'n oranje gradiënt-teksvuleffek ('gradient text fill effect') op die opskrif 'The
Effect Music Has On Me' toe. (2)
1.7 Pas 'n vergrotehoofletter-effek ('dropped cap effect') toe op die eerste letter
van die woord 'Music' in die eerste paragraaf, sodat dit oor TWEE reëls en
0.6 cm/16 pt van die teks af verskyn. (3)
1.8 Korrigeer die reëlspasiëring ('line spacing') van die tweede paragraaf, sodat
dit dieselfde as die ander paragrawe in die dokument is. (1)
1.9 Vind die teks 'Rap and Rock' in die derde paragraaf. Voeg soos volg 'n
eindnota ('endnote') op hierdie woorde in:
• Die eindnota moet die Romeinse nommerformaat 'I' (in hoofletters)
gebruik.
• Voeg die teks 'Adapted from an article by S Mariam' as die eindnotateks
in. (3)
1.10 Handreëlbreuke ('manual line breaks'/'soft enters') is gebruik om sommige
van die paragrawe in die dokument te skei.
Gebruik die soek en vervang-funksie ('find and replace') om al die
handreëlbreuke in die dokument met paragraafmerke te vervang. (2)
Stoor en maak die 1Effect_Effek-dokument toe. [24]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/2016
SSE
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Maak die 2Facts_Feite-dokument oop en voeg jou eksamennommer in die
bladsyboskrif ('header') in.
2.1 Voeg soos volg outomatiese bladsynommering ('automatic page numbering')
in die bladsyonderskrif ('footer') van die dokument in:
• Die bladsynommers in die bladsyonderskrif moet gesentreer wees.
• Die eerste bladsy van die dokument moet NIE genommer wees NIE.
• Bladsynommering moet op die tweede bladsy begin en van 1 af verder
genommer word. (5)
2.2 Voeg 'n outomaties gegenereerde inhoudsopgawe ('table of contents') onder
die opskrif 'TABLE OF CONTENTS' in. Gebruik die volgende opsies:
• Gebruik die 'Fancy'-formaatstyl ('format style').
• Toon TWEE opskrifvlakke.
• Gebruik 'n soliede gidslyn ('leader tab') vir die bladsynommers. (4)
2.3 Pas die 'Heading 1'-styl op die opskrif '60s Music Facts' op die bladsy na die
inhoudsopgawe toe en dateer ('update') die inhoudsopgawe ('table of
contents') op. (2)
2.4 Vind die teks 'Placeholder1' en doen die volgende:
• Voeg 'n nuwe onderhoud('interview')-bron in met die ondervraagde
('interviewee') met die naam 'Steve Johnson'.
• Vervang die teks 'Placeholder1' met 'n outomatiese aanhaling ('citation')
van die bron wat jy sopas ingevoeg het. (3)
2.5 Vind die teks wat met die opskrif 'Early '60s …' begin en met '… earlier
psychedelic vibe' eindig. Plaas die teks soos volg in kolomme:
• Plaas die teks in DRIE kolomme.
• Verander die spasie tussen die kolomme na 1.1 cm.
• Maak seker dat die subopskrifte altyd boaan 'n kolom verskyn.
• Justeer ('Justify') al die teks in die kolomme. (4)
2.6 Vind die teks wat met 'Influences …' begin en met '… at the time' eindig, en
verander dit soos volg:
• Plaas SLEGS die bladsye met dié teks in landskaporiëntering ('landscape
orientation').
• Die bladsye voor en na die teks moet in portretoriëntering ('portret
orientation') bly. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/2016
SSE
2.7 Vind die teks wat met 'Monterey International Pop Festival' begin en met
'Creedence Clearwater Revival' eindig.
Skep 'n veelvlaklys ('multilevel list') om die teks outomaties te nommer om
soos die voorbeeld hieronder te lyk.
1. Monterey International Pop Festival – Acts included:
• The Mamas & the Papas
• Janis Joplin
• Jimi Hendrix
2. Newport Pop Festival – Acts included:
• The Byrds
• Illinois Speed Press
• Steppenwolf
3. Miami Pop Festival – Acts included:
• Fleetwood Mac
• Buffy Sainte-Marie
• Chuck Berry
4. Newport '69 – Acts included:
• Ike & Tina Turner
• The Rascals
• The Byrds
• Creedence Clearwater Revival
Die teksinkeping ('text indentation') van die nommers en die inlynstelling
(alignment') van die kolpunte moet soos volg gestel word:
• Die nommerinlynstelling moet op 1 cm gestel word.
• Die teksinkeping vir die nommers moet op 2 cm gestel word.
• Die kolpuntinlynstelling en teksinkeping vir die kolpunte moet op 2 cm
gestel word. (5)
2.8 Vind die tabel op die laaste bladsy van die dokument.
Voeg 'n woordverwerkingsfunksie in die (geskakeerde) sel regs onder in die
hoek van die tabel wat die gemiddelde getal mense wat die feeste bygewoon
het, sal bepaal en vertoon. (1)
Stoor en maak die 2Facts_Feite-dokument toe. [26]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/2016
SSE
VRAAG 3: SIGBLAD
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. Gebruik absolute
selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy
dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer). Alle formules en/of funksies
moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al word
die bestaande data verander.
Al die inligting oor die skool se musiekklublede is in die sigblad met die naam
3Learners_Leerders gestoor.
Maak die 3Learners_Leerders-sigblad oop en werk in die Member_Lid-werkblad.
3.1 Voeg die inhoud van sel A1:M1 saam en sentreer dit. (1)
3.2 Voeg 'n funksie in sel G2 in wat altyd die huidige datum ('current date') sal
vertoon. (1)
3.3 Voeg 'n funksie in sel B3 in om die getal lede in die lys te bepaal. (2)
3.4 Die vanne moet in hoofletters verskyn. Gebruik 'n funksie in sel A5 om die
van in sel B5 in hoofletters te vertoon. (2)
3.5 Stel die Member_Lid-werkblad se drukarea om 'n lys met slegs die lede se
vanne, name en geboortejaar, met roosterlyne ('gridlines'), in te sluit.
Sluit die opskrifte in, maar MOENIE DRUK NIE. (2)
3.6 Verander die formaat van AL die data in kolom G om as datums in die
formaat 1998-03-26 te verskyn. (1)
3.7 Die telefoonnommers in kolom I sluit nie die areakode in nie.
Gebruik 'n funksie/formule om die areakode '011' aan die begin van die
nommer in te voeg en vertoon dit in sel H5.
VOORBEELD: Die telefoonnommer 3672211 sal as 0113672211 verskyn. (3)
3.8 Die klub moet 'n e-pos stuur aan elke persoon wat NIE 'n selfoonnommer
(kolom J) het NIE.
Voeg 'n funksie in sel K5 in om te bepaal of 'n e-pos aan die persoon gestuur
moet word, of nie. As 'n e-pos gestuur moet word, moet 'Ja' vertoon word,
anders moet 'Nee' vertoon word.
Kopieer die funksie na sel K6:K103. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/2016
SSE
3.9 Die sekretaresse wil die IDV('ISP')-domeine van die res van die e-posadresse
skei, sodat sy poslyste ('mailing lists') kan opstel.
VOORBEELD: Vir die e-posadres pepetal@yahoo.com is die
domein yahoo.com.
Gebruik 'n formule in sel M5 om die IDV('ISP')-domein te vertoon.
WENK: Bepaal eers die posisie van '@'. Jy mag enige van die leë
kolomme, soos kolom N en O, gebruik om enige voorlopige resultate
te bereken. (7)
3.10 Kopieer die inligting van slegs die lede wat in Desember gebore is na die
Dec_Des-werkblad. (2)
Stoor en maak die 3Learners_Leerders-sigblad toe. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/2016
SSE
VRAAG 4: SIGBLAD
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. Gebruik absolute
selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy
dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer). Alle formules en/of funksies
moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al word
die bestaande data verander.
'n Sigblad bevat 'n lys van al die liedjies wat in die musiekklub beskikbaar is.
Maak die 4Club_Klub-sigblad oop en werk in die Music_Musiek-werkblad.
4.1 Verander die breedte van kolom B sodat al die data in hierdie kolom vertoon
word en sigbaar is. (1)
4.2 Vertoon die inhoud van kolom G tot TWEE desimale plekke. (1)
4.3 Die verskillende stoortipes vir liedjies is in die Code_Kode-werkblad gestoor.
Voeg 'n LOOKUP-funksie in sel F2 in die Music_Musiek-werkblad in om die
liedjie se stoortipe te bepaal.
Die stoortipe-kode is in kolom A in die Music_Musiek-werkblad en die
opsoektabel is in die Code_Kode-werkblad.
Kopieer hierdie funksie om die stoortipe vir elke liedjie korrek te vertoon. (5)
4.4 Die pryse van die liedjies het sedert die laaste opdatering ('update') van die
sigblad gestyg.
Die prysstyging is soos volg:
• Kode 1-liedjies (CD) het met 20% gestyg.
• Kode 2-liedjies (DVD) het met 25% gestyg.
• Kode 3-liedjies (MP3) het met 15% gestyg.
Voeg 'n funksie in sel H2 in om die nuwe, verhoogde prys volgens die
inligting hierbo te bepaal. (4)
4.5 Die funksie in sel L2 werk korrek. Verander die funksie sodat dit na
sel L3:L17 gekopieer kan word en steeds die korrekte resultate vir al die jare
sal gee. (2)
4.6 Gebruik 'n funksie in sel L21 om die totale waarde van al die 'Pop'-albums te
bepaal deur die oorspronklike pryse in kolom G te gebruik. (4)
Werk in die Copy_Kopieer-werkblad.
4.7 Vertoon in sel J2 die getal verskillende eienaars in die lys. Verduidelik die
metode wat jy gebruik het om die antwoord in sel J3 te bepaal.
LET WEL: Tel elke eienaar slegs EEN keer. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/2016
SSE
Werk in die Graph_Grafiek-werkblad.
4.8 Redigeer die grafiek in die Graph_Grafiek-werkblad om soos in die
voorbeeld hieronder te vertoon.
Total Songs per Year
149
150
94 93 96
100 88
Number of songs
Number of songs
50
0
0
2000 2001 2002 2003 2004 2005
Years
(5)
Stoor en maak die 4Club_Klub-sigblad toe. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/2016
SSE
VRAAG 5: DATABASIS
'n Databasis van verskillende tipes musiek is geskep.
Maak die 5Music_Musiek-databasis oop.
5.1 Redigeer die Learners_Leerders-tabel soos volg:
5.1.1 Stel die verstekwaarde ('default value') van die Gender_Geslag-veld
op 'M'. (1)
5.1.2 Verander die kenmerke ('properties') van die Grade_Graad-veld om
te verseker dat 'n gebruiker 'n waarde in dié veld moet insleutel. (1)
5.1.3 Verander die kenmerke ('properties') van die Class_Klas-veld om die
volgende vier opsies in 'n aftreklys ('drop-down list') te vertoon:
• A
• B
• C
• D (3)
5.1.4 Verander die DOB_Geboortedatum-veld soos volg:
• Formateer die veld om die datums in medium datum-formaat
('Medium Date') te vertoon.
• Voeg 'n toevoermasker ('input mask') in om die '#'-simbool in plaas
van die '_'-simbool as 'n plekhouer te vertoon. (2)
5.1.5 Skep 'n valideringsreël ('validation rule') vir die Cell_Sel-veld sodat die
gebruiker presies 10 karakters (van enige tipe) in dié veld moet
insleutel.
Voeg toepaslike valideringsteks vir die veld in.
WENK: Gebruik die LEN-funksie in die valideringsreël. (4)
5.2 Skep soos volg 'n vorm met die naam frm5_2, gebaseer op die
Learners_Leerders-tabel:
• Vertoon AL die velde op die vorm.
• Formateer die Owner_Eienaar-veld se data om in 'n rooi fontkleur te
vertoon.
• Voeg soos volg 'n kombinasielyskontrole ('combo box control') by die
Besonderhede('Details')-afdeling van die vorm:
o Dit moet die gebruiker in staat stel om 'n rekord te vind ('find') en te
vertoon volgens die waarde wat in die kombinasielys ('combo box')
geselekteer is.
o Die waardes waaruit gekies kan word, is in die Owner_Eienaar-veld
gestoor.
o Voeg die teks 'Vind wat' as die kombinasielys ('combo box') se etiket
in.
• Voeg 'n horisontale lyn op enige plek in die vormonderskrif ('form footer')
in.
Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/2016
SSE
5.3 Skep soos volg 'n navraag met die naam qry5_3, gebaseer op die
Music_Musiek-tabel:
• Vertoon slegs die Title_Titel-, Artist_Kunstenaar-, Year_Jaar- en Genre-
velde.
• Vertoon slegs die liedjies wat in 1996 in die 'DANCE'-genre vrygestel is.
• Sorteer ('Sort') die rekords alfabeties volgens die Title_Titel-veld.
Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (4)
5.4 Maak die qry5_4-navraag oop en doen die volgende:
• Voeg die Cost_Koste-veld by en formateer dit na geldeenheid ('currency').
• Skep 'n nuwe berekende veld met die naam Inc om die styging te bepaal
as die koste verdubbel moet word.
Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (5)
5.5 Verander die qry5_5-navraag sodat dit die totale koste vir elk van die drie
musiekgenres ('Dance', 'Pop' en 'Rock') vertoon.
Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (3)
5.6 Maak die qry5_6-navraag oop.
Verander die navraag om al die rekords met 'n adres wat 'n straatnommer
van 13 en die woord 'Crescent' bevat, te vertoon, byvoorbeeld
13 Parkridge Crescent.
Stoor en maak die qry5_6-navraag toe. (3)
5.7 Skep soos volg 'n verslag met die naam rpt5_7, gebaseer op die
Music_Musiek-tabel:
• Vertoon die Artist_Kunstenaar-, Title_Titel-, Year_Jaar-, Cost_Koste- en
Genre-velde.
• Groepeer die data in die verslag volgens die Year_Jaar-veld.
• Sorteer die data in stygende volgorde van die Artist_Kunstenaar-veld.
• Verander die verslag se opskrif na 'Year released'.
• Voeg 'n funksie met 'n geskikte etiket in om die totale waarde van die
musiekitems per jaar te bepaal.
• Voeg 'n funksie in om die waarde van die duurste item in die verslag
te bepaal.
Stoor en maak die rpt5_7-verslag toe. (9)
Stoor en maak die 5Music_Musiek-databasis toe. [42]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/2016
SSE
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
Jy is gevra om 'n webblad te voltooi om inligting oor musiek te deel.
Maak die onvolledige 6Poster_Plakkaat-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n
teksredigeerder (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE) oop.
LET WEL:
• Vraagnommers word as kommentaar ('comments') in die kodering ingevoeg om
aan te dui waar die antwoord(e) ongeveer ingevoeg moet word.
• 'n HTML-merkersblad is as verwysing aangeheg.
Jou finale webblad behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/2016
SSE
6.1 Vind die titel en die titelmerkers onderaan die HTML-kode en skuif dit na die
korrekte posisie sodat die teks '60s Music' in die webblaaieroortjie ('browser
tab') vertoon word. (1)
6.2 Die prentmerker ('image tag') is veronderstel om die 6Sixty_Sestig.jpg-prent,
wat in die eksamenlêergids gestoor is, te vertoon.
Voeg die ontbrekende deel van die merker by sodat die prent korrek vertoon
word. (2)
6.3 Verander die inlynstelling ('alignment') van die opskrif 'Music' sodat dit in die
middel van die bladsy verskyn. (1)
6.4 Verander die HTML-kode vir die horisontale lyn sodat:
• Die grootte 3 is
• Die lyn oor 70% van die skermbreedte strek (2)
6.5 Pas 'n 'Heading 2'-styl op die teks 'Before 1963' toe. (1)
6.6 Vind die teks 'The Beatles' naby die einde van die eerste paragraaf en voeg
merkers in sodat die teks in vetdruk ('bold') vertoon. (1)
6.7 Vind die teks 'To mention a few …' onder die opskrif 'Pop and Rock Artists'.
Vertoon die teks kursief ('italics').
Maak seker dat dié teks altyd as 'n aparte paragraaf sal vertoon. (2)
6.8 Redigeer die tabel soos volg:
• Verander die agtergrondkleur van die tabel na oranje.
• Voeg 'n nuwe ry boaan die tabel in.
• Voeg die opskrifte 'Artist' en 'Hits' in die nuwe eerste ry van die tabel in. (4)
6.9 Voeg kolpunte by die teks in die kolom regs van die teks 'The Beach Boys',
sodat dit soos volg verskyn:
1. Surfin' USA
The Beach Boys
2. Good Vibrations (2)
6.10 'n Teikenarea vir 'n skakel met die naam 'Top' is onder die 'head'-afdeling van
die webblad geskep.
Skep soos volg 'n skakel onderaan die webblad:
• Voeg die teks 'Back to top' vir die skakel in.
• Skep 'n skakel op dié teks ('Back to top') wat na die teikenarea met die
naam 'Top' sal beweeg. (3)
Stoor en maak die 6Poster_Plakkaat-dokument toe. [19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/2016
SSE
VRAAG 7: ALGEMEEN
Die skool wil 'n musiekkonsert in die gemeenskap bevorder.
7.1 Maak die 7Form_Vorm-dokument oop.
Verander die kommentaarkenmerk ('comments property') van die dokument
na 'CAT Exam'. (1)
7.2 Voltooi die ontwerp van die vorm deur die volgende te doen:
7.2.1 Voeg 'n toepaslike vormveldkontrole ('form field control') langs die
teks 'Name' in, om 'n gebruiker in staat te stel om sy/haar naam in te
vul. (1)
7.2.2 Redigeer die vormveldkontrole ('form field control') langs die teks
'Surname' om die van in hoofletters te vertoon. (1)
7.2.3 Vind die teks 'The top selling …'.
Voeg 'n aftrekvormveld-kontrole ('drop-down form field control') in die
ruimte wat voorsien is in, om die volgende DRIE opsies in te sluit:
• Beatles
• Elvis Presley
• The Beach Boys (2)
Stoor en maak die 7Form_Vorm-dokument toe. Moet NIE die vorm sluit voor
dit gestoor word NIE.
7.3 Maak die 7Compet_Kompet-dokument oop. Voltooi 'n possamevoeging
('mail merge') soos volg:
• Gebruik die Learners_Leerders-werkblad in die 7Data-sigblad as die
databron vir die possamevoeging.
• Voeg die 'Name_Naam'- en 'DOB_Geboortedatum'-saamvoegvelde in die
posisies soos aangedui en stoor die lêer.
• Voltooi die possamevoeging en stoor die lêer as 7Data.
• MOET NIE DRUK NIE. (3)
Stoor en maak al die dokumente toe.
7.4 Maak die 7Sixties_Sestigs-databasis oop.
• Gebruik enige metode om die inligting in die twee tabelle in dié databasis
(60s en 60sMusic_Musiek) in een nuwe tabel met die naam 7Comb, met
al die rekords van albei tabelle, te kombineer.
• Sorteer die nuwe tabel in dalende volgorde volgens die Name_Naam-veld. (3)
Stoor en maak die 7Sixties_Sestigs-databasis toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/2016
SSE
7.5 Besonderhede van die liedjies wat boaan die Amerikaanse en Britse
trefferlyste was, verskyn in die 7Music_Musiek-sigblad.
Maak die 7Answ_Antw-dokument oop en voeg jou eksamennommer in die
dokument in.
Hierdie vraag vereis dat jy die antwoord gee en kortliks die spesifieke
metode/formule/funksie verduidelik wat jy gebruik het om die antwoord te
verkry.
VOORBEELD:
VRAAG ANTWOORD KORT VERDUIDELIKING
Hoeveel seuns is in die 24 Filtreer om die seuns van 12A
graad 12A-klas? te onttrek en gebruik dan die
'Count'-funksie.
Gebruik die 7Music_Musiek-sigblad om die vrae hieronder te beantwoord.
7.5.1 Watter titel het op 1 Augustus 1964 in die Amerikaanse sowel as die
Britse trefferlyste verskyn? (2)
7.5.2 Hoeveel verskillende of unieke titels deur Elvis Presley het die
trefferlyste gehaal? (2)
7.5.3 Op watter trefferlys het die meeste titels verskyn? (2)
7.5.4 In watter jaar het die meeste titels op die trefferlyste verskyn? (2)
Stoor en maak die 7Answ_Antw-dokument toe. [19]
TOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2016
SSE
HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers vervolg
Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing
<body></body> Definieer die liggaam van die Voor elke lysitem ingevoeg, en
webblad voeg 'n nommer of simbool by
<li></li>
<body Stel die agtergrondkleur van afhangende van die tipe lys wat
bgcolor="pink"> die webblad geselekteer is
<body Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in
text="black"> liggaamteks
<head></head> Bevat inligting oor die Stel 'n prent inlyn: kan "left",
<img src="name"
webblad "right", "center", "bottom", "top",
align="left">
Skep 'n HTML-dokument – "middle" wees
<html></html>
begin en eindig 'n webblad
<img src="name" Stel die grootte van die raam
<title></title> Definieer 'n titel vir die border="1"> rondom 'n prent
webblad
<br/> Voeg 'n reëlbreuk in <img src="name"
width="200" Stel die hoogte en breedte van
<!-- --> Kommentaar 'n prent
Teksmerkers ('Text Tags') height ="200">
Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks
<img src="name"
<hl></hl> Skep die grootste opskrif wanneer die muis oor 'n prent
alt="alternative
text"> gehou word of wanneer die
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif prent nie gevind kan word nie
<hr/> Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b> <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van 'n
Skep teks in vetdruk
lyn
<i></i> <hr width="80%"/> Stel die breedte van 'n lyn, in
Skep teks in skuinsdruk
persentasie of absolute waarde
<font Stel fontgrootte, van "1" tot <hr color=
size="3"></font> "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn
"7"
<font Tabelmerkers ('Table Tags')
color="green"> Stel fontkleur
</font> Merker ('Tag') Beskrywing
<font face="Times <table></table> Skep 'n tabel
New Roman"></font> Stel fonttipe
<tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel
Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel
Merker ('Tag') Beskrywing Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
<th></th> vetgedrukte, gesentreerde
<a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel teks)
<a href="URL"><img <table
src="name"></a> Skep 'n prentskakel width="50"> Stel die breedte van die tabel
Skep 'n teikenarea in die <table Stel die breedte van die raam
<a name="NAME"></a>
dokument border="1"> rondom die selle van die tabel
Skakel na 'n teikenarea wat <table Stel die spasie tussen die selle
<a href= cellspacing="1">
elders in die dokument van die tabel
"#NAME"></a>
geskep is <table Stel die spasie tussen 'n
Formateringsmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan
Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die
<tr align="left"> sel(le) ("left", kan ook ''center''
<p></p> Skep 'n nuwe paragraaf of ''right'' wees)
Stel 'n paragraaf "left" inlyn Stel die vertikale inlynstelling
<p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of <tr valign="top"> vir sel(le) ("top", kan ook
''center'' wees "middle" of "bottom" wees)
<br/> Voeg 'n reëlbreuk ('line
<td colspan="2"> Stel die getal kolomme waaroor
break') in
'n sel moet strek
<ol></ol> Skep 'n genommerde lys
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers Stel die getal rye waaroor 'n sel
<td rowspan="4">
"I","i","1"></ol> wat gebruik word moet strek
<ul></ul> Skep 'n kolpuntlys
<ul type="disc",
Definieer die tipe kolpunte
"square","circle">
</ul> wat gebruik word
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2016
SSE
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – 2016
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
180
SENTRUMNOMMER ____________________________________________________________
EKSAMENNOMMER ____________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER _________________________________________________________
SUITE GEBRUIK
Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office
(Maak 'n kruisie in die
2010 2013 2016
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK Ander (Spesifiseer)
VIR VRAAG 6
Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer
(Maak 'n kruisie in die
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM _______________________________________________________________
Kandidaat moet die lêernaam(-name) wat vir elke antwoord gebruik is, neerskryf. Maak 'n
regmerkie indien dit gestoor en/of gedoen is.
Nasiener-
Vraag- Gestoor Gedoen Maksimum Punt
Lêernaam paraaf/
nommer () () punt behaal
-kode
1 24
2 26
3 25
4 25
5 42
6 19
7 19
TOTAAL 180
Kommentaar (slegs vir kantoor-/nasiener se gebruik)
____________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 QP (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper