Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
2019
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 'n HTML-merkersblad,
'n toevoermasker-karakterblad en 'n aparte inligtingsblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P1 2019 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 980.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/2019
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat
sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe
funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE.
Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die
eksamenlokaal geld.
2. As jy op die netwerk werk, of die datalêers vooraf gelaai is, moet jy die
instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. Anders sal
die toesighouer 'n CD/DVD/geheueskyf ('flash drive') met al die lêers wat vir
die eksamen benodig word, aan jou gee. Indien 'n CD/DVD/geheueskyf ('flash
drive') aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer
op die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive') skryf.
3. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive')
inlewer wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou antwoordlêers
daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die
netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan
jou verduidelik is.
4. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het
nie, verwyder NIE.
5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA
AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer
dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.
6. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
toesighouer vir 'n ander kopie vra.
7. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
10. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.
11. Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien 'n vraag vereis dat
die antwoord in sel F3 in 'n sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel
G4 in, sal dit NIE nagesien word NIE.
12. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op 'South Africa'
ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en
geldeenheidsinstellings ('currency settings') korrek ingestel is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/2019
SS/NSS
13. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
aangedui. Gebruik sentimeters as meeteenheid.
14. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak
dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge
aan die bestaande data gemaak word.
15. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-
vraag te beantwoord NIE.
16. Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheueskyf ('flash drive’) wat jy saam met
hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak
seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.
1Street Woordverwerkingslêer
2Donations Woordverwerkingslêer
2Donors Sigblad
3Comp Sigblad
4Entries Sigblad
5Gallery Databasis
5Street Prent
6_1 Prent
6_2 Prent
6_3 Prent
6_4 Prent
6_5 Prent
6_Art Prent
6Famous HTML-lêer
7Art Sigblad
7Europe HTML-lêer
7Globe Woordverwerkingslêer
7Logo Woordverwerkingslêer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/2019
SS/NSS
SCENARIO
Die kunskomitee in jou woonbuurt wil kuns gebruik om die strate te versier. Jy is gevra
om hulle inligting oor straatkuns te gee.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
Maak die 1Street-woordverwerkingsdokument, wat inligting oor straatkuns bevat, oop
en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskif
('footer') in.
1.1 Verander die voorblad ('cover page') soos volg:
1.1.1 Voeg die teks 'Street' by die 'Title'-inhoudkontrole ('content control')
in. (1)
1.1.2 Verander die fontgrootte van die 'A' na 200 pt. (1)
1.1.3 Vertoon SLEGS die binnerame van die tabel in 'n rooi kleur. (2)
1.1.4 Stel die prent in die onderste sel links in die tabel inlyn sodat dit in
die middel van die sel vertoon. (1)
1.2 Die inskrywing 'http://www.widewalls.ch/defining-street-art/' moet NIE in die
inhoudsopgawe ('table of contents') op die tweede bladsy vertoon NIE.
Maak die nodige veranderinge sodat die inskrywing NIE in die
inhoudsopgawe sal vertoon NIE.
Dateer die inhoudsopgawe op. (2)
1.3 Verander die onderste bladsykantruimte na 2 cm vanaf die onderkant, vanaf
bladsy 3 en verder. (2)
1.4 Vind die paragraaf wat met 'What exactly is …' begin en met '… go from
here?' op die derde bladsy eindig.
1.4.1 Verander die paragraaf se lynspasiëring na ten minste 20 pt ('20 pt
at least'). (2)
1.4.2 Verander die inkeping ('indentation') om soos volg te vertoon:
What exactly is the question we are facing here? How would it be
possible to define street art? It could be argued that it is a question
for art historians or cultural theorists. However, the first group of
thinkers seems to be in need of a temporal distance – there has to
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/2019
SS/NSS
1.5 Daar word na die dekades verwys as 1970's, 1980's, ens. Gebruik 'n
woordverwerkingseienskap om die afkappingsteken tussen die dekades en
die 's' te verwyder, bv. 1970s.
WENK: Gebruik 0 en nie die volle jaartal nie. (3)
1.6 Verhelder ('highlight') die teks waarna die boekmerk 'Graffiti' verwys met
enige kleur van jou keuse. (1)
1.7 Vind die prent ná die opskrif 'Repetition and Evolution'.
Voeg 'n outomatiese byskrif ('caption') met die teks 'Art 1: Vhils process' in EN
vertoon die byskrif bokant die prent. (3)
1.8 Verander die genommerde lys na die opskrif 'Defining Street Art Does (not)
Have a Conclusion' na 'n kolpuntlys ('bulleted list').
Gebruik die simbool '' (Wingdings 2, karakterkode 147) vir die kolpunt. (2)
1.9 Voeg 'n outomatiese figuurtabel in ná die teks 'Table of Figures' op die laaste
bladsy om slegs die 'Figure'-prente te vertoon. (2)
1.10 Verwyder die bron ('source'), 'Banksy, J.R.; Just Google it', uit die bronne
('sources'). (1)
1.11 Voeg 'n outomatiese bibliografie op die laaste bladsy in. (1)
1.12 Voeg bladsynommers soos volg in die bladsyonderskrif in:
Gebruik enige 'Mosaic'-bladsynommeringstyl.
Stel die ongelyke bladsynommers links van die bladsyonderskrif ('footer')
in lyn.
Stel die gelyke bladsynommers regs van die bladsyonderskrif ('footer') in
lyn. (4)
Stoor en maak die 1Street-dokument toe. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Maak die 2Donations-woordverwerkingsdokument, wat inligting bevat oor skenkings
vir kuns wat deur Banksy geskep is, oop en voeg jou eksamennommer in die
bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskif ('footer') in.
2.1 Korrigeer die spelfout in die dokument. (1)
2.2 Verander die vormkontrole langs die teks 'Date' op die eerste bladsy om die
huidige datum ('current date') in die formaat dd MMMM yyyy te vertoon. (2)
2.3 Vind die teks wat met '1. Set an example' begin en met '… others who need
it.' eindig.
Formateer hierdie teks om in vier kolomme te verskyn.
Maak seker dat 'n genommerde opskrif boaan elke kolom verskyn. (2)
2.4 Voeg soos volg 'n eindnoot ('endnote') langs die teks 'Utopia' in:
Gebruik Romeinse syfers in hoofletters vir die nommerformaat.
Voeg die teks 'Perfect world' as die eindnoot by.
Voeg die eindnoot aan die einde van die seksie by. (4)
2.5 Vind die tabel onder die teks 'Choose an …' en doen die volgende:
2.5.1 Pas enige tabelstyl, buiten die 'Table Grid'-styl, op die tabel toe. (1)
2.5.2 Vervang die -simbool in die tweede ry van die tweede kolom met
'n geskikte vormveld. (2)
2.5.3 Voeg helpteks by die teksblokkievormveld in die tweede ry van die
derde kolom van die tabel by sodat, as F1 gedruk word, die teks
'Enter amount' vertoon. (2)
2.5.4 Vervang die teks 'Insert calculation' in die laaste ry van die tabel met
'n formule wat die totale bedrag van die donasies bereken. (2)
Stoor die 2Donations-dokument, maar MOENIE dit toemaak NIE.
2.6 Hierdie dokument sal na spesifieke ontvangers gestuur word. Gebruik die
2Donors-sigblad as die databron vir 'n possamevoeging ('mail merge').
Selekteer slegs die skenkers wat R50 000 of meer geskenk het.
Verwyder Roland Lewis vanaf die ontvangerlys ('recipient list') in die
possamevoeging.
Vervang die teks <<Name>> <<Surname>> aan die einde van die
dokument met die saamvoegvelde ('merge fields') Name en Surname.
Stoor die dokument voordat die possamevoeging voltooi word.
Voltooi die possamevoeging en stoor die nuwe saamgevoegde dokument
as 2Merged. (4)
Stoor en maak die 2Donations-dokument toe. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 3: SIGBLAD
LET WEL:
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer/'copy
down').
Voeg alle formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate
steeds verkry sal word, selfs al word veranderinge aan die bestaande data gemaak.
Gebruik die toegekende spasie in die sigblad indien jy boublokke wil gebruik.
Jy is gevra om met die administrasie van die Street Art-kompetisie te help.
Maak die 3Comp-sigblad oop.
Werk in die Entries_Inskrywings-werkblad.
3.1 Voeg selle A1:M1 saam en sentreer die data vertikaal. (2)
3.2 Vul die selle A1:M1 met enige blou patroon van jou keuse. (2)
3.3 Gaan voort met die nommeringpatroon in selle A3:A6 gegee om 'n nommer
aan ELKE deelnemer toe te ken. (1)
3.4 Voeg 'n formule in sel D3 in om slegs die deelnemers se voorletters vanaf
kolom B te vertoon.
LET WEL: Sommige deelnemers het meer as een voorletter. (5)
3.5 Voeg 'n formule in sel F4 in om soos volg 'n unieke kode aan elke deelnemer
toe te ken:
Die waarde in sel A4, gevolg deur
Die provinsie in sel E4, gevolg deur
'n Ewekansig ('random') gegenereerde tweesyfer-nommer (5)
3.6 Gebruik 'n funksie in sel G5 om die volle naam van die provinsie vir die kode
in sel E5 te bepaal.
Gebruik die data in die Province_Provinsie-werkblad en maak seker dat die
formule korrek sal werk wanneer dit na die res van die selle gekopieer word. (5)
3.7 Voeg 'n funksie in sel M3 in om die gemiddelde punt van die drie rondes in
selle J3:L3 te bepaal.
Formateer die antwoord om geen desimale plekke te vertoon nie. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/2019
SS/NSS
3.8 Die wenner van die kompetisie sal 31 dae ná die sluitingsdatum aangekondig
word, bv. as die sluitingsdatum 30/07/2019 is, sal die aankondiging op
30/08/2019 gedoen word.
Bepaal die datum in sel P2 waarop die wenner aangekondig sal word deur
die datum in sel P1 en toepaslike DATE-funksies te gebruik. (4)
Werk in die Subtotal-werkblad.
3.9 Gebruik die SUBTOTAL-eienskap om die maksimum totale punt vir elke
kategorie te vertoon. (3)
Stoor en maak die 3Comp-sigblad toe. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 4: SIGBLAD
LET WEL:
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer/'copy
down').
Voeg alle formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate
steeds verkry sal word, selfs al word veranderinge aan die bestaande data
gemaak.
Gebruik die toegekende spasie in die sigblad indien jy boublokke wil gebruik.
Die organiseerder van die kompetisie wil graag 'n opsomming van die inligting van die
kompetisie per provinsie hê.
Maak die 4Entries-sigblad oop.
4.1 Verander die tabeloortjiekleur van die Chart_Grafiek-werkblad na geel. (1)
4.2 Ruil die volgorde van die twee werkblaaie om sodat die
Provinces_Provinsies-werkblad eerste verskyn. (1)
Werk in die Provinces_Provinsies-werkblad.
4.3 Voeg 'n funksie in sel M7 in om die getal inskrywings uit Limpopo (LP)
(kolom C) te bepaal. (3)
4.4 Sorteer slegs die data in selle L3:M11 in dalende orde volgens die provinsie. (2)
4.5 Gebruik 'n sigbladeienskap om enige skakering ('shading') toe te pas op al
die selle wat data bevat wat meer as een keer in kolom E verskyn. (2)
4.6 Gebruik 'n formule in kolom J om die van ('surname') van die algehele
wenner wat die hoogste totale punte (kolom I) bereik het, te vertoon.
Kopieer die formule af na die ander selle in kolom J. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/2019
SS/NSS
Werk in die Chart_Grafiek-werkblad.
4.7 Verander die grafiek om soos die een hieronder te vertoon.
Province
WC 27
FS 22
EC 22
LP 23
MP 18
NC 10
KZN 23
GP 32
0 5 10 15 20 25 30 35
GP KZN NC MP LP EC FS WC
LET WEL:
Verander die grafiek na 'n staafgrafiek.
Verwyder die data van die provinsie met die kleinste getal inskrywings uit
die grafiek. MOENIE die data uit die sigblad verwyder NIE.
Pas enige gloei-effek ('glow effect') op die datareeks toe.
Verander die gapingswydte ('gap width') na 50%.
Verander die kleur van die hoof vertikale gidslyne ('major gridlines') na
rooi. (5)
Stoor en maak die 4Entries-dokument toe. [21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 5: DATABASIS
Maak die 5Gallery-databasis, wat besonderhede van galerye en uitstallings bevat, oop.
5.1 Maak die tblExhibit-tabel in Ontwerpaansig ('Design View') oop en doen die
volgende:
5.1.1 Verander die City-veldgrootte ('field size') na 50. (1)
5.1.2 Verander die formaat ('format') van die GalleryName-veld om altyd
die data in hoofletters te vertoon. (1)
5.1.3 Die PostCode-veld moet altyd vier syfers bevat, bv. 0001, 0235,
1245.
Verander die PostCode-veld-eienskappe ('field properties') sodat dit
altyd SLEGS vier syfers sal aanvaar en vertoon. (3)
5.1.4 Die voorraad in die galery moet vir 25% meer as die totale waarde
van die voorraad (TotalValue) verseker word.
Voeg 'n nuwe veld met die naam 'Insure' met 'n berekende datatipe
('calculated data type') in om die versekerde waarde van die
voorraad te bepaal.
LET WEL: Ignoreer die formaat van die nuwe veld. (5)
Stoor en maak die tblExhibit-tabel toe.
5.2 Skep 'n vorm ('form') met die naam frm5_2, soos volg:
Baseer die vorm op die qry5_2-navraag.
Sluit al die velde van die navraag in.
Verander die opskrif in die vormboskrif ('form header') na 'Street Art'.
Voeg die 5Street-prent, gevind in jou eksamenlêergids, as die agtergrond
van die vorm in.
Sorteer die data in die vorm alfabeties volgens die GalleryName-veld.
Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/2019
SS/NSS
5.3 Maak die qry5_3-navraag ('query') in Ontwerpaansig ('Design View') oop.
Verander die navraag sodat die totale voorraadwaarde van al die galerye in
elke provinsie soos volg vertoon word:
Province SumOfStockValue
EC R763 229.28
GP R4 453 601.24
KZN R189 898.68
WC R4 056 752.64
LET WEL: MOENIE enige rekords insluit, waar die provinsie nie aangedui
is NIE.
Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (3)
5.4 Maak die qry5_4-navraag in Ontwerpaansig ('Design View') oop en verander
die navraag om die volgende inligting te vertoon:
Vertoon slegs die GalleryName- en NoInStock-velde.
Vertoon slegs 'street art' waar die galery-naam die woord 'gallery' bevat EN
waar die provinsie onbekend is.
Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (7)
5.5 Maak die qry5_5-navraag in Ontwerpaansig ('Design View') oop.
Galerye wat 150 of meer items in voorraad het, beplan om vir 30 dae 'n
uitstalling te hou.
Voeg 'n berekende veld met die naam End by om die datum te bepaal
wanneer die uitstalling behoort te eindig.
Vertoon slegs galerye in Johannesburg waar daar meer as 150 items in
voorraad is.
Vertoon slegs die galerye waar die datum waarop die uitstalling begin, in
2019 is.
Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (8)
5.6 Maak die rpt5_6-verslag ('report') in Ontwerpaansig ('Design View') oop en
doen die volgende:
Verwyder die Province-groepering en enige ander verwysing na die
Province-data of -etiket.
Voeg 'n funksie in die teksblokkie ('textbox') in die verslag-onderskrif
('report footer') in om die gemiddelde waarde van al die voorraad in die
galerye te vertoon.
Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe. (4)
Stoor en maak die 5Gallery-databasis toe. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
'n Webblad is geskep om die top vyf straatkuns-kunswerke te vertoon.
Maak die onvolledige 6Famous-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n
teks-/HTML-redigeerder oop. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word
gebruik om die HTML-vraag te beantwoord NIE.
LET WEL:
Vraagnommers word as kommentaar ('comments') by die kodering ingevoeg om
aan te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg moet word. MOENIE hierdie
kommentaar uitvee NIE.
'n HTML-merkersblad is as verwysing aangeheg.
Jou finale webblad behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/2019
SS/NSS
LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy om jou met hierdie vrae te help.
EEN punt sal vir die korrekte gebruik van sluitingsmerkers, driehoekige hakies en
nesvorming ('nesting') toegeken word. (1)
6.1 Vertoon die teks 'Famous Street Art' as die titel in die tabeloortjie van die
webblaaier. (1)
6.2 Stel die selafwerking ('cell padding') van die hele tabel na 8. (2)
6.3 Stel ('Align') die prent 6_Art na regs op die bladsy in lyn. (1)
6.4 Vertoon die opskrif 'Street Art' in Calibri-font. (1)
6.5 Verander die wydte van die 6_5.jpg prent na 195 en die hoogte na 145. (2)
6.6 Korrigeer die HTML-kodering onder die kommentaar <!--6.6--> sodat die tabel
'n ry insluit wat die prent 6_3.jpg en die teks '3. Glasses in Russia …' tot
'… glasses to life.' bevat, soos aangedui in die voorbeeld op die vorige
bladsy. (7)
6.7 Pas kolpunte ('bullets') op die data in die sewende ry van die tabel toe. (2)
6.8 Voeg 'n hiperskakel ('hyperlink') in op die teks 'Read More' om met die
webtuiste Google.com te skakel. (3)
Stoor en maak die 6Famous-webblad toe. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 7: ALGEMEEN
Sommige dokumente in verband met straatkuns moet voltooi word.
7.1 Maak die 7Logo-dokument oop.
Gebruik die prente wat in die dokument verskaf is om 'n logo te skep wat soos
die een hieronder lyk.
Stoor en maak die 7Logo-dokument toe. (7)
7.2 Maak die 7Globe-woordverwerkingsdokument oop.
7.2.1 Voeg 'n tekswatermerk met die teks 'Graffiti' in. (2)
7.2.2 Sorteer die paragrawe onder die opskrif 'North America' vanaf die
teks 'New York City …' tot by die teks '… colourful imagery' in
dalende volgorde. (2)
7.2.3 Voeg die teks van die 7Europe.html-lêer, gevind in jou
eksamenlêergids aan die einde van die dokument, in.
LET WEL: Die teks moet aan die oorspronklike dokument
gekoppel ('linked') wees. (2)
Stoor en maak die 7Globe-dokument toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/2019
SS/NSS
7.3 Die 7Art-sigblad bevat inligting oor kunsuitstallings.
7.3.1 'n Kunsgalery sal slegs vir 'n prys oorweeg word as hulle uitstallings
voor of op die huidige datum ('current date') plaasvind EN as daar
meer as 100 uitstallers is.
Voeg 'n funksie in sel G3 in om te bepaal of 'n kunsgalery vir die
prys kwalifiseer, of nie. Vertoon "TRUE" as 'n galery kwalifiseer.
LET WEL: Gebruik die datum wat in sel I2 verskaf is. (5)
7.3.2 Die provinsie met die hoogste getal uitstallers sal 'n prys ontvang.
Bepaal watter provinsie die prys sal kry. Tik jou antwoord in
sel A1.
LET WEL:
Jy mag enige metode/toepassing gebruik om die finale antwoord
te verkry.
Maak seker dat jou finale antwoord in die 7Art-dokument
vertoon. (1)
Stoor en maak die 7Art-dokument toe. [19]
TOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2019
SS/NSS
HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing
<body></body> Definieer die liggaam van Word voor elke lysitem
die webblad <li></li> ingevoeg, en voeg 'n nommer of
<body Stel die agtergrondkleur simbool by afhangende van die
bgcolor="pink"> van die webblad tipe lys wat geselekteer is
<body Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in
text="black"> liggaamteks
Stel 'n prent inlyn, kan "left","
<img src="name"
<head></head>
Bevat inligting oor die align="left"> right"; "bottom", "top", "middle"
webblad wees
<p align=
"center"><img Stel 'n prent "center" inlyn
<html></html>
Skep 'n HTML-dokument – src="name"></p>
begin en eindig 'n webblad
<img src="name" Stel die grootte van die raam
<title></title> Definieer 'n titel vir die border="1"> rondom 'n prent
webblad
<br/> Voeg 'n reëlbreuk in <img src="name"
<!-- --> width="200" Stel die hoogte en breedte van
Kommentaar
height ="200"> 'n prent
Teksmerkers ('Text Tags')
Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks
<img src="name"
<h1></h1> Skep die grootste opskrif wanneer die muis oor 'n prent
alt="alternative
text"> gehou word of wanneer die
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif prent nie gevind kan word nie
<hr/> Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b> <hr size="3"/>
Stel die grootte (hoogte) van 'n
Skep teks in vetdruk
reël
<hr width= Stel die breedte van 'n lyn, in
<i></i> Skep teks in skuinsdruk "80%"/> persentasie of absolute waarde
<font Stel fontgrootte van "1" tot <hr color=
size="3"></font> "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn
"7"
<font Tabelmerkers ('Tabel Tags')
color="green"> Stel fontkleur
</font> Merker ('Tag') Beskrywing
<font face="Times <table></table> Skep 'n tabel
New Roman"></font> Stel fonttipe
<tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel
Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel
Beskrywing Beskrywing Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
<th></th>
<a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel vetgedrukte, gesentreerde teks)
<a href="URL"><img <table
src="name"></a> Skep 'n prentskakel width="50"> Stel die breedte van die tabel
<a Skep 'n teikenarea in die <table Stel die breedte van die raam
name="NAME"></a> dokument border="1"> rondom die selle van die tabel
Skakel na 'n teikenarea <table Stel die spasie tussen die selle
<a
wat elders in die dokument cellspacing="1"> van die tabel
href="#NAME"></a>
geskep is <table Stel die spasie tussen 'n
Formateringsmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan
Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die
<tr align="left"> sel(le) ("left", kan ook "center" of
<p></p> Skep 'n nuwe paragraaf
"right" wees)
Stel 'n paragraaf "left" inlyn Stel die vertikale inlynstelling vir
<p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle"
''center'' wees of "bottom" wees)
<br/>
Voeg 'n reëlbreuk ('line
<td colspan="2"> Stel 'n getal kolomme waaroor 'n
break') in
<ol></ol>
sel moet strek
Skep 'n genommerde lys
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers Stel die getal rye waaroor 'n sel
<td rowspan="4">
"I","i","1"></ol> wat gebruik word moet strek
<ul></ul> Skep 'n kolpuntlys
<ul type="disc",
"square","circle"> Definieer die tipe kolpunte
</ul> wat gebruik word
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2019
SS/NSS
TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD
KARAKTER BESKRYWING
0 Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus[+]- en minus[–]-tekens nie toegelaat nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus[+]- en minus[–]-tekens nie
9
toegelaat nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke vertoon
# terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke word verwyder
wanneer data gestoor word, plus[+]- en minus[–]-tekens toegelaat)
L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter
.,:;-/ hang van die instellings in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie
in die 'Windows Control Panel' af.)
< Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lowercase') omgeskakel word
> Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('uppercase') omgeskakel word
Veroorsaak dat invoermasker van regs na links, in plaas van links na regs
! vertoon word. Karakters in die invoermasker getik, vul altyd van links na regs.
Jy kan die uitroepteken op enige plek in die invoermasker invoeg.
Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word
\
(bv. \A word slegs as A vertoon).
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/2019
SS/NSS
Eksamenplakker
180
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – 2019
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SENTRUMNOMMER ___________________________________________________________
EKSAMENNOMMER ___________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER ________________________________________________________
SUITE GEBRUIK
Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office
(Maak 'n kruisie in die Office 365
2010 2013 2016
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK Ander
(Maak 'n kruisie in die Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer (Spesifiseer)
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM _____________________________________________________________
Lêername is vir elke antwoord ingevul. Maak 'n regmerkie indien dit gestoor en/of gepoog is.
Vraag- Gestoor Gepoog Maksimum
Lêernaam Nasiener SN HN IM/EM
nommer () () punt
1 1Street 30
2Donations
2 20
2Merged
3 3Comp 30
4 4Entries 21
5 5Gallery 40
6 6Famous 20
7Logo
7 7Globe 19
7Art
TOTAAL 180
Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
____________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2019 Memo

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2019 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2016 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2015 QP (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2019 Memo (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper