Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
2019
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 326.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC June Exam 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 DBE/2019
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25)
AFDELING B (75)
AFDELING C (50)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.
7. Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken. 'n 2 punt-vraag sal dus
TWEE feite vereis, ens.
8. Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.
9. Antwoorde soos 'goedkoper', 'vinniger/stadiger' en 'makliker' sal SLEGS
aanvaar word indien dit saam met 'n rede of 'n verduideliking gebruik is.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 3 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.
1.1 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n datalimiet ('data cap')?
A 10 GB
B 100 Mbps
C 512 kB
D 2 GHz (1)
1.2 Watter EEN van die volgende is NIE 'n eienskap ('feature') van 'n
databasisprogram NIE?
A Filter
B Sorteer ('Sort')
C Sitaat ('Citation')
D Groepering ('Grouping') (1)
1.3 Watter EEN van die volgende lêertipes kan NIE deur 'n sigbladprogram
oopgemaak word NIE?
A .xls
B .zip
C .csv
D .txt (1)
1.4 'n Hoër resolusiebeeld beteken dat die beeld …
A uit meer beeldelemente ('pixels') bestaan.
B minder stoorspasie benodig.
C minder beeldelement-inligting ('pixel information') bevat.
D uit groter beeldelemente ('pixels') bestaan. (1)
1.5 Die gebruik van virtuele-realiteit(VR)-tegnologie kan die gebruiker bevoordeel
omdat dit …
A gespesialiseerde en duur toerusting benodig.
B dalk die gebruiker teen kubermisdaad kan beskerm.
C meer inligting gee oor 'n plek wat besoek word.
D vir veiliger opleiding in gevaarlike situasies gebruik kan word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 4 DBE/2019
SS/NSS
1.6 Die hoofdoel van OKH ('OCR') is om 'n dokument te skep wat ... kan word.
A in PDF-formaat gestoor
B geredigeer en geformateer
C as 'n prent gestoor
D via e-pos of IM gestuur (1)
1.7 Die sigbladfunksie NOW sal altyd die ..., vertoon.
A datum waarop die sigblad oopgemaak word
B Excel-kode vir hh mm ss as tyd geformateer
C huidige datum-tyd as datum en tyd geformateer
D datum en tyd waarop die funksie ingevoer is (1)
1.8 Fopnuus ('Fake news') is wanneer …
A jy, sonder dat jy daarvan weet, na 'n vals webtuiste gestuur word.
B vals en dikwels sensasionele inligting op sosiale media versprei word.
C die bron van 'n boodskap vervals word om dit aanvaarbaar te laat
voorkom.
D iemand probeer om jou persoonlike en finansiële inligting te bekom. (1)
1.9 Foutiewe sagteware bevat programfoute ('bugs') wat …
A programme beskadig deur die manier waarop 'n rekenaar werk, te
beïnvloed.
B hulpbronne gebruik deur die kode herhaaldelik oor die programme te
kopieer.
C binne 'n wettige program wegkruip en skadelike instruksies bevat.
D foute in die kode is wat probleme veroorsaak en dit onwerkbaar maak. (1)
1.10 'n Databasisnavraag om die besonderhede van onderwysers en leerders wat
meer as R10.00 skuld, te onttrek, word hieronder vertoon.
Die navraag sal nie die verlangde resultaat terugstuur nie, want die ...
A kriterium van die AmountOwed-veld moet '<10' wees.
B 'And' in the Category-veld moet in bokas wees.
C 'Or'-operator moet in die Category-veld gebruik word.
D kriterium van die AmountOwed-veld moet '>=10' wees. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 5 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 2: PASITEMS
Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–S) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 2.11 T.
KOLOM A KOLOM B
2.1 Datastelle wat deur rekenaars A ETG ('RAM')
geanaliseer kan word om neigings
en patrone bloot te lê B samepersing ('compression')
2.2 'n Toestel wat die konsep van C geo-etikettering ('geotagging')
konvergensie toon
D LAG ('ROM')
2.3 'n Spesifieke lêereienskap ('file
property') wat gebruik kan word om E inligtingsverwerkingsiklus
na sekere lêers te soek
F MP3-speler
2.4 Tipe internetverbinding
G taakdefinisie
2.5 'n Metode wat gebruik word om
lêergroottes te verklein H GPS
2.6 Die proses om liggingsinligting by I SoIP ('VoIP')
'n video-lêer te voeg
J satelliet
2.7 'n Tipe geheue wat nodig is om
permanente data en instruksies te K groot data ('big data')
stoor
L datum
2.8 Sagteware wat bykomende
funksionaliteit aan 'n webblaaier M phablet
verskaf
N metadata
2.9 Toevoer, afvoer, verwerking, stoor
en kommunikasie van data O inligtingsoorlading
2.10 Verduidelik hoe die ondersoek in 'n P WLAN
navorsingsprojek uitgevoer sal
word Q ontzip ('unzip')
R inpropprogram ('plug-in')
S fokusvraag
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 6 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte
woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord 'NIE' gebruik om
die stelling te verander NIE. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR
geskryf word NIE.)
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste soekenjin. Waar
'n NKK ('NIC') het gleuwe vir hardeware-
Onwaar – moederbord
komponente soos die SVE.
3.1 JPG is 'n lêeruitbreiding wat algemeen vir prentlêers gebruik word. (1)
3.2 VGA-kabels kan beide oudiodata ('audio data') en videodata oor dieselfde
kabel oordra. (1)
3.3 'n Videokonferensie is 'n elektroniese vergadering van mense wat mekaar kan
sien en met mekaar kan praat alhoewel hulle op verskillende plekke is. (1)
3.4 RSS-voere ('RSS feeds') is webtuistes wat boodskappe ('posts') in die vorm
van 'n dagboek bevat. (1)
3.5 'n Vorm is 'n databasisobjek wat gebruik word om 'n opsomming van data in 'n
drukbare formaat aan te bied. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 7 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Noem TWEE tipes gebruikers vir wie die werkverrigting van 'n standaard
intreevlakrekenaar vir hulle behoeftes geskik is. (2)
4.2 Hoe verskil 'n oopbronbedryfstelsel ('open-source operating system'), soos
Linux, van 'n ondernemingsbedryfstelsel ('enterprise operating system'), soos
Windows? (2)
4.3 Noem TWEE voordele vir 'n student wat webgebaseerde ('web-based')
toepassings eerder as geïnstalleerde ('installed') toepassings gebruik. (2)
4.4 Gee TWEE praktiese voorbeelde van waar RFID-etikette ('tags') gebruik word. (2)
4.5 Gee TWEE redes waarom raakskerms algemeen in draagbare toestelle
gebruik word. (2)
4.6 Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n mikro-USB-poort eerder as die
standaard USB-poort op 'n slimfoon ('smartphone'). (2)
4.7 Eksterne hardeskywe en herskryfbare ('rewritable') DVD's word dikwels vir
rugsteundoeleindes gebruik.
4.7.1 Gee TWEE redes waarom dit beter kan wees om 'n eksterne
hardeskyf eerder as 'n DVD te gebruik om data te rugsteun. (Moet NIE
in jou antwoord na koste verwys NIE.) (2)
4.7.2 Stel TWEE maniere voor waarop meer spasie op 'n eksterne
hardeskyf, wat amper vol is, geskep kan word. (2)
4.7.3 Gee TWEE redes waarom lêers op 'n eksterne hardeskyf korrup kan
word terwyl rugsteunkopieë gemaak word. (2)
4.8 Jy sien dat daar geen beeld op die skerm vertoon wanneer jy jou rekenaar
aanskakel nie.
Bespreek TWEE redes, behalwe vir 'n foutiewe skerm, waarom daar geen
beeld is nie. (2)
4.9 Die jongste weergawe van 'n program is van die internet afgelaai, maar
wanneer die gebruiker die installeerder ('installer') laat loop, installeer die
program nie.
Gee TWEE redes waarom die program nie installeer nie. (2)
4.10 Buiten die kostefaktor, noem EEN beperking van die gebruik van 'n 3D-drukker. (1)
4.11 'n Korrek geformateerde woordverwerkingsdokument is gedruk, maar sommige
van die teks op die rand van die bladsy is 'afgesny'.
Bespreek TWEE moontlike redes hiervoor. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 8 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 Baie skole of besighede koppel rekenaars in 'n LAN.
5.1.1 Noem die toestel wat verskeie rekenaars in 'n LAN koppel. (1)
5.1.2 Noem die komponent in elke rekenaar wat dit moontlik maak om aan
'n netwerk te koppel. (1)
5.1.3 Noem TWEE beperkings van 'n gekabelde ('wired') LAN in vergelyking
met 'n kabellose ('wireless') LAN. (2)
5.2 Ruitnetrekenarisering ('grid computing') verskaf buigsame aanlyn
verwerkingsvermoë ('computing power') aan instellings.
5.2.1 Definieer ruitnetrekenarisering ('grid computing'). (2)
5.2.2 Gee EEN voorbeeld van 'n situasie in die werklike lewe waar ruitnet-
rekenarisering gebruik kan word. (1)
5.3 Bespreek TWEE maniere om ongewenste inhoud outomaties in die webblaaier
te blok. (2)
5.4 Hoe word kliënte bevoordeel wanneer hulle internetkonneksie deur 'n IDV
('ISP') gevorm ('shaped') word? (Moet NIE in jou antwoord na koste verwys
NIE.) (2)
5.5 Lewendige videostroming ('live video streaming') en om video's oor die internet
te deel, het baie gewild geraak.
5.5.1 Verduidelik die konsep van stroming ('streaming'). (2)
5.5.2 Bespreek TWEE maniere waarop 'n gebruiker onderbrekings
('buffering') kan voorkom/verminder terwyl 'n video stroom. (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 9 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 Noem TWEE maniere waarop inligting gevind kan word as jy nie toegang tot
die internet het nie. (2)
6.2 Gee TWEE redes waarom 'n aftrekvormveld ('drop-down form field') in plaas
van 'n teksvormveld ('text form field') op 'n elektroniese vorm gebruik word. (2)
6.3 'n Student het inligting van die volgende webblad afgelaai:
https://en.wikipedia.org/wiki/Information_management
Verduidelik waarom die inligting moontlik nie betroubaar is nie. (2)
6.4 Bestudeer die sigblad hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
6.4.1 Identifiseer DRIE probleme in hierdie sigblad wat die gehalte van data
sal beïnvloed wanneer dit in 'n databasis ingevoer word. (3)
6.4.2 Buiten die probleme wat in VRAAG 6.4.1 geïdentifiseer is, waarom sal
dit NIE moontlik wees om 'n betekenisvolle grafiek met die data hierbo
te skep nie? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 10 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Werkgewers behoort 'n beleid te implementeer om slegs ergonomies-
ontwerpte rekenaars te koop om HSB ('RSI')/KTS ('CTS') onder hulle werkers
te voorkom.
7.1.1 Beskryf EEN ergonomies-ontwerpte toestel wat KTS (karpale
tonnelsindroom) sal voorkom. (1)
7.1.2 Bespreek TWEE redes waarom die implementering van so 'n beleid 'n
goeie handelswyse vir 'n werkgewer sal wees. (2)
7.2 Noem TWEE sekerheidsmaatreëls ('security measures') om rekenaardiefstal
by 'n skool te voorkom, buiten om diefwering en veiligheidshekke by die
rekenaarsentrum aan te bring. (2)
7.3 Die publiek het toegang tot sagteware wat volgens verskillende bepalings en
voorwaardes gepubliseer word.
7.3.1 Watter wette beskerm die regte van mense wat oorspronklike inhoud
skep? (1)
7.3.2 Wat is 'n ELO ('EULA')? (MOENIE slegs die akroniem uitskryf NIE.) (1)
7.3.3 Gee TWEE redes waarom mense NIE roofsagteware ('pirated
software') moet gebruik NIE. (2)
7.4 Waarom is dit potensieel 'n waagstuk om Bitcoin te gebruik om items te koop
en verkoop? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 11 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING
8.1 Watter eienskap van 'n woordverwerker kan gebruik word om spesifieke plekke
in 'n dokument te merk sodat 'n gebruiker vinnig na hierdie plekke kan gaan? (1)
8.2 Hoe kan 'n woordverwerkingsdokument gestoor word sodat die teks op 'n
ander rekenaar, waarop daar nie 'n woordverwerker geïnstalleer is nie,
geredigeer kan word? (1)
8.3 Waarom word seksiebreuke ('section breaks') in 'n woordverwerkings-
dokument gevoeg? (1)
8.4 'n Databasis bevat die vanne en name van leerders.
Die volgende kriterium verskyn in die Surname-veld as 'n databasisnavraag:
''Like Smi*''
8.4.1 Gee die term wat gebruik word om die sterretjie ('*') te beskryf
wanneer dit in die kriterium gebruik word. (1)
8.4.2 Gee die doel van die gebruik van die sterretjie in die navraag. (2)
8.5 Die besonderhede van kliëntbestellings verskyn in die Orders-werkblad, en die
voorraadkodes en beskrywings verskyn in 'n tabel in die Codes-werkblad, in
dieselfde sigblad, soos hieronder getoon.
1: Besonderhede van kliëntebestellings 2: Voorraadkodes en -beskrywings
and descriptions
8.5.1 Watter sigbladfunksie sal jy in die Orders-werkblad gebruik om 'n
produkbeskrywing ('product description') vir elke kode te vertoon? (1)
8.5.2 Hoe kan jy seker maak dat die funksie korrek sal werk indien jy dit vir
al die kliënte in die Orders-sigblad afkopieer? (1)
8.5.3 Watter verandering moet aan die Stock-tabel in die Codes-werkblad
gemaak word om te verseker dat die funksie nie 'n foutboodskap sal
terugstuur nie? (1)
8.6 Die funksie =MAX(D2:D5) is in 'n sel ingelees.
Waarom sal die teks '=MAX(D2:D5)' in die sel verskyn in plaas van die
verlangde resultaat van die funksie, bv. 25? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 12 DBE/2019
SS/NSS
8.7 Bestudeer die skermkopie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Die funksie in sel B8 moet die getal graad 3-leerders wat 80% of meer behaal
het, vertoon.
Gee TWEE redes waarom die funksie in sel B8 nie die korrekte resultaat sal
vertoon nie. (2)
8.8 'n Webblad is ontwerp met gebruik van die volgende kode:
<html>
<head>
<title>Fund-raising</title>
</head>
<body>
<h1>< font style="Arial">Crowd Funding></font>
<p> How to start a campaign</p>
</body>
<html>
Daar is foute in die kode en die webblad vertoon in werklikheid soos volg:
Crowd Funding
How to start a campaign
Die ontwerper wou hê dat die kode soos volg moet vertoon:
Crowd Funding
How to start a campaign
8.8.1 Stel 'n verandering aan die kode voor sodat al die teks in die
liggaamseksie ('body section') in Arial-font sal vertoon. (1)
8.8.2 Stel 'n verandering aan die kode voor sodat die teks 'How to start a
campaign' NIE as 'n opskrif ('heading') geformateer, sal vertoon nie. (1)
8.8.3 Waar sal die teks 'Fund-raising' verskyn wanneer die bladsy in 'n
deurblaaier vertoon word? (1)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 13 DBE/2019
SS/NSS
AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 9
Jou skool wil graag 'n akademiese ondersteuningsprogram, wat IKT's gebruik, vir
leerders begin. Die skool het jou hulp nodig om besluite oor die toerusting en
sagteware vir die leersentrum te neem.
9.1 Rekenaars word vir die leersentrum benodig.
9.1.1 Gee 'n rede waarom hardeskywe 'n beter keuse vir hierdie rekenaars
as vastetoestandskywe ('solid-state drives') sal wees. (1)
9.1.2 Al die rekenaars in die leersentrum het 4 GG ('GB') ETG ('RAM').
Stel TWEE redes voor waarom meer ETG ('RAM') geïnstalleer moet
word. (2)
9.1.3 Gee TWEE redes waarom gebruikersprofiele ('user profiles') nodig sal
wees. (2)
9.2 Die sentrum-administrateur gebruik kantoorpakket('office suite')-sagteware om
leerderbywoning en leerderprestasie te bestuur.
9.2.1 Noem TWEE voordele om 'n databasisvorm ('database form') te
gebruik om leerders toe te laat om hulle persoonlike besonderhede in
die databasis in te voer, eerder as om die data direk in die
databasistabel in te voer. (2)
9.2.2 Noem die woordverwerkingseienskap wat gebruik kan word om
individuele kennisgewings aan ouers te genereer deur data in 'n
sigblad te gebruik. (1)
9.3 Leerders sal selfstudie tuis doen deur 'n onderrigtoep ('tutoring app') op hulle
slimfone ('smartphones') te gebruik.
9.3.1 Noem TWEE internetdienste wat onderwysers kan gebruik om
opvoedkundige inhoud met hulle leerders te deel. (2)
9.3.2 Stel TWEE maniere waarop 'n leerder kan seker maak dat die battery
van sy/haar slimfoon voor nie vinnig sal dreineer nie. (2)
9.3.3 Noem TWEE maniere om 'n onderrigtoep te evalueer om te sien of dit
aan jou behoeftes sal voldoen voordat dit afgelaai word. (Moet NIE in
jou antwoord na koste verwys NIE.) (2)
9.3.4 Waarom kan studiegroepdeelnemers dikwels dieselfde onderrigtoep
gebruik, al het hulle dalk nie dieselfde bedryfstelsel ('operating
system') op hulle toestelle nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 14 DBE/2019
SS/NSS
9.4 'n Aanlyn studiegroep is met gebruik van sosiale media geskep om
vakverwante inhoud oor te dra.
Gee TWEE redes waarom leerders nie ontoepaslike inhoud op hierdie
studiegroep moet deel nie. (2)
9.5 Noem TWEE maniere waarop die skool kan seker maak dat die
rekenaartoestelle in die leersentrum minder elektrisiteit gebruik. (2)
9.6 Een van die beheerliggaamlede stel voor dat hulle 'n OKT ('UPS') koop.
9.6.1 Wat is die funksie van 'n OKT? (1)
9.6.2 Waarom sal 'n OKT nie help om krag te bespaar nie? (1)
9.7 Die sentrumadministrateur is verantwoordelik vir die instandhouding van die
sagteware in die leersentrum.
9.7.1 Wat is die doel van 'n regstelling ('patch')? (1)
9.7.2 Watter stelselsagteware-nutsprogram ('utility program') kan die
administrateur help om die algehele werkverrigting van elke rekenaar
op die stelsel te verbeter? (1)
9.8 Deelware('shareware')-programme word by die leersentrum gebruik.
Noem TWEE maniere waarop deelware-programme aan die einde van die
toetsperiode ('trial period') sal reageer. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 15 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
'n Skoolklub met die naam TTDM (Tieners Teen Dwelmmisbruik) wil IKT's in hulle
bewusmakingsveldtog oor die gevolge van dwelmmisbruik gebruik.
10.1 Slimfone ('smartphones') sal vir klublede aangekoop word.
10.1.1 Buiten 'n mikro-USB of USB-poort, watter hardewarekomponent op die
slimfoon sal toelaat dat meer stoorplek bygevoeg kan word? (1)
10.1.2 Waarom het baie slimfone 'n vorentoe-gerigte ('front-facing') kamera
sowel as 'n kamera agter op die foon? (1)
10.1.3 Verduidelik TWEE vereistes vir die gebruik van NVK ('NFC') om foto's
te deel. (2)
10.1.4 Bluetooth en Wi-Fi is tegnologieë wat dikwels op slimfone aangetref
word.
Verduidelik wat hierdie twee tegnologieë in gemeen het. (1)
10.2 Die klub het 'n webtuiste geskep en gepubliseer wat inligting oor
dwelmmisbruik bevat.
10.2.1 Gee TWEE redes waarom die klub 'n webtuiste gepubliseer het. (2)
10.2.2 Noem TWEE maniere om te verseker dat die webtuiste nie sensitiewe
kykers sal aanstoot gee nie. (2)
10.2.3 Noem TWEE maniere om die webtuiste gebruikersvriendelik te maak. (2)
10.2.4 Hoe sal kykers weet dat die webtuiste 'n veilige ruimte ('secure site')
is? (1)
10.2.5 Gee TWEE redes waarom sommige webtuiste-elemente moontlik nie
vertoon wanneer die HTML-kode in die deurblaaier uitgevoer word nie. (2)
10.3 Die klub wil hê dat lede hulle e-posadresse gebruik om op die webtuiste te
registreer.
10.3.1 Noem TWEE maatreëls wat die klub kan implementeer om hulle lede
se data veilig te hou. (2)
10.3.2 Lede kla dat hulle ongewenste e-pos ontvang nadat hulle op die
webtuiste geregistreer het.
Gee die term vir hierdie e-posse EN stel 'n oplossing vir hierdie
probleem voor. (2)
10.4 Stel TWEE redes voor waarom dit nie 'n goeie idee sal wees om 'n Bluetooth-
netwerk op te stel om die internetkonnektiwiteit oor die skool te versprei nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 16 DBE/2019
SS/NSS
10.5 Die sekretaris van die klub het 'n databasisverslag geskep wat volgens die tipe
verslawing gegroepeer is. Hy het die verkeerde funksie =sum([Name]) gebruik
om die getal leerders wat deur elke tipe probleem beïnvloed word, te vertoon.
10.5.1 Watter databasisfunksie moet die sekretaris gebruik om die getal
leerders wat beïnvloed word, te bereken? (1)
10.5.2 In watter deel van die verslag moet die sekretaris 'n funksie plaas om
die getal leerders wat deur elke probleem geaffekteer word, te
bereken? (1)
10.6 Die skoolklub het die behoefte om 'n dwelmrehabilitasiesentrum in die
gemeenskap op te rig, geïdentifiseer. Hulle het besluit om die moontlikheid te
ondersoek om skarebefondsing ('crowd funding') te gebruik om geld in te
samel om hierdie sentrum te begin.
10.6.1 Verduidelik kortliks die konsep van skarebefondsing. (2)
10.6.2 Gee EEN rede waarom skarebefondsing NIE 'n goeie idee is om die
nodige fondse vir hierdie projek in te samel nie. (1)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2015 QP (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2019 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 Memo (Eng)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Question paper