Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
NOVEMBER 2023
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 'n HTML-merkersblad,
'n toevoermasker-karakterblad, twee bladsye vir beplanning en
'n aparte inligtingsblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Computer Applications Technology Grade 12 P1 2023 QP (Afr)
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
NSC November Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat, selfs as maak jy die eksamen vroeg klaar, jy NIE toegelaat
sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe take
wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende
die eksamen sal die normale eksamenreëls oor die verlating van die
eksamenlokaal geld.
2. As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf op jou stelsel gelaai is,
moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word.
3. Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers
op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser
aan jou verduidelik is.
4. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het
nie, verwyder NIE.
5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA
AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer
dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.
6. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
toesighouer vir 'n ander kopie vra.
7. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.
8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.
9. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
10. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.
11. Akkuraatheid sal in berekening gebring word.
12. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika
('South Africa') ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings
en geldeenheidinstellings ('currency settings') korrek ingestel is.
13. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid.
14. Maak seker dat die 'Developer'-oortjie en die liniaal ('Ruler') geaktiveer is.
15. Maak seker dat die desimale simbool ('decimal symbol') as 'n punt ('.') gestel
is en die lys-skeikarakter ('list separator') as 'n komma (',') gestel is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/November 2023
NSS
16. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak
dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge
aan die bestaande data gemaak word.
17. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die
HTML-vraag te beantwoord NIE.
18. Die rame ('borders') wat rondom prente en skermkopieë in hierdie vraestel
verskyn, is bedoel vir duidelikheid. MOENIE rame invoeg NIE, tensy daar 'n
instruksie is om dit te doen.
19. Die datalêers wat jy nodig het om die vraestel te voltooi, is aan jou gegee op
die skyf/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
Die lêers word in die vorm van 'n wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer
verskaf.
Doen die volgende:
Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer:
CAT P1 Nov 2023 DATA.exe
Klik op die 'Extract'-knoppie.
Klik die 'Show Password'-merkblokkie.
Sleutel die volgende wagwoord in: 1234cars
Nadat dit onttrek ('extracted') is, verifieer die inhoud van die lêergids
('folder') deur een of meer lêers oop te maak.
Sodra die inhoud van die lêers geverifieer is, hernoem ('rename') die gids
('folder') CAT P1 Nov 2023 DATA met jou eksamennommer.
Die volgende lys lêers sal in die leêrgids ('folder') beskikbaar wees:
1Top10 Woordverwerkingslêer
1Toyota Prent
2Tips Woordverwerkingslêer
3CarSales Sigblad
4Sales Sigblad
5Bus Prent
5Card Prent
5Shuttle Databasis
6_1Rover Prent
6_1Win HTML-lêer
6_2Father Prent
6_2Logo Prent
6_2Opening HTML-lêer
7Bookings Sigblad
7New Woordverwerkingslêer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/November 2023
NSS
SCENARIO
Verskillende tipes vervoer word gebruik om mense en goedere van een plek na 'n
ander te vervoer. Alhoewel baie mense openbare vervoer gebruik, het motors oor die
jare meer gewild geraak.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
Maak die 1Top10-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in
die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskif ('footer') in.
Die dokument bevat inligting oor die top tien motorhandelsnaam-verkope gedurende
2022 in Suid-Afrika.
1.1 Voeg die 'Retrospect'-voorblad soos volg in:
Dokumenttitel: 'Popular Cars'
Verwyder die subtitelkontrole ('subtitle control'). (3)
1.2 Vind die opskrif wat met 'These were South …' begin en gebruik font-
formatering ('font formatting') om die opskrif soos hieronder te laat vertoon.
(2)
1.3 Vind die teks 'Question/Vraag 1.3' en vervang dit met die prent 1Toyota. Pas
'n 'Soft-Edge Rectangle'-prentstyl op die prent toe. (2)
1.4 Soek en vervang al die voorkomste van die woord 'Hilux' sodat dit gestrek
('expanded') met 1 pt en 'n skaal van 150% vertoon. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/November 2023
NSS
1.5 Vind die tabel onder die opskrif wat met 'South Africa's 10 …' begin en
verander dit om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.
LET WEL: Die data vir Volkswagen is na binne in die tabel geskuif. (5)
1.6 Vind die grafiek onder die teks wat met 'The graph below …' begin en voeg
die byskrif ('caption') in om as 'Graph 2: Bestsellers' te vertoon. (2)
1.7 Vind die letter 'D' onder die opskrif 'Expectations for new …' en formateer die
letter soos in die voorbeeld hieronder getoon.
LET WEL: Die agtergrondkleur van die letter D moet in 'n groen skakering
vertoon. (4)
1.8 Vind die opskrif wat met 'The top 10 …' begin en die tabel onder die opskrif.
Verander die instellings om seker te maak dat die opskrif en die tabel altyd
bymekaar sal bly. (1)
1.9 Voeg die lêerpad ('file path') in die bladsyboskrif van slegs die laaste bladsy in. (2)
Stoor en maak die 1Top10-dokument toe. [24]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Maak die 2Tips-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die
bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskif ('footer') in.
Die dokument bevat wenke wat gevolg kan word wanneer 'n voertuig aangekoop word.
2.1 Verander die kantruimtes van die dokument na smal ('narrow') kantruimtes. (1)
2.2 Voeg 'n 3 pt-raam aan die linker- en regterkant van slegs die eerste bladsy in. (3)
2.3 Skep 'n skakel soos volg:
Vind die teks 'Contact form' en skep 'n boekmerk met die naam 'Contact'.
Voeg 'n skakel op die teks 'choosing' in die eerste paragraaf na die
'Contact'-boekmerk in. (3)
2.4 Vind die teks wat met '1. A new vehicle …' begin en met '… start the
research:' eindig.
Verander die genommerde lys na 'n kolpuntlys met die simbool
(Webdings: Karakterkode: 142). (2)
2.5 Redigeer die vormkontroles ('form controls') onder die opskrif 'Contact form'
soos volg:
2.5.1 Vind die teksvormveld langs die teks 'Surname' en pas 'n
woordverwerkingseienskap op die teksvormveld toe sodat dit soos
die res van die vormvelde vertoon. (1)
2.5.2 Verander die teksvormveld langs die teks 'Name' om die data in
hoofletters te vertoon. (1)
2.5.3 Redigeer die teksvormveld langs die teks 'Contact number' sodat
dit slegs die korrekte aantal syfers kan aanvaar.
Voorbeelde: 0825893654 of 0359586321 (1)
2.5.4 Redigeer die teksvormveld langs die teks 'Preferred time to call'
sodat 'n gebruiker 'n spesifieke tyd van die dag in die
formaat h:mm am/pm kan invoeg. (2)
2.6 Voeg 'n vorm ('shape') in om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.
(3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/November 2023
NSS
2.7 Vind die SmartArt op die laaste bladsy en formateer die SmartArt om soos in
die voorbeeld hieronder te vertoon.
LET WEL: 'n '3D Cartoon'-styl is toegepas. (4)
Stoor en maak die 2Tips-dokument toe. [21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3: SIGBLAD
LET WEL:
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
verkry sal word, selfs al verander waardes in die bestaande data.
Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad-
datalêer toegeken is.
Maak die 3CarSales-sigblad oop, wat die aantal motors bevat wat vir die periode
Oktober 2022 tot September 2023 deur die verkoopspersone verkoop is.
Werk in die Total-werkblad.
3.1 Verander die opskrif in ry 1 soos volg:
Voeg selle A1:J1 saam en sentreer dit.
Pas 'n 'Distributed (Indent)' horisontale teksinlynstelling met 'n inkeping
van 13 toe. (3)
3.2 Die totale getal motors wat vir die tydperk 2022/2023 deur elke
verkoopspersoon verkoop is, is in ry 7.
Voeg 'n funksie in sel E3 in om die tweede laagste aantal motors wat vir die
tydperk 2022/2023 deur 'n verkoopspersoon verkoop is, te bepaal. (2)
3.3 Voeg 'n funksie in sel E4 in om die aantal maande waarin die totale
maandelikse verkope van motors minder as 15 was, te bepaal. (2)
3.4 Pas 'n sigbladeienskap op selle C9:I20 toe om die persentasie waardes
van 0 tot 50 in 'n tweekleurskaal('two-colour scale')-formaatstyl te vertoon.
Verander die kleur van die minimum waarde na blou. (4)
3.5 Voeg 'n opsoekfunksie ('lookup function') in sel F23 in om die naam van die
verkoopspersoon wat vir die tydperk 2022/2023 die meeste motors verkoop
het, te vertoon. (6)
Stoor en maak die 3CarSales-sigblad toe. [17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4: SIGBLAD
LET WEL:
Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.
Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules
korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.
Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds
verkry sal word, selfs al verander waardes in die bestaande data.
Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad-
datalêer toegeken is.
Maak die 4Sales-sigblad oop, wat inligting bevat oor motors wat in September 2023 by
Sam's Dealership gekoop is.
LET WEL: 'n Dialoogblokkie sal vertoon wanneer die lêer oopgemaak word. Klik op OK.
Werk in die Sales-werkblad.
4.1 Verander die formaat van kolom H na 'n meer gepaste datatipe en maak
seker dat al die inligting in die kolom sigbaar is. (2)
4.2 Die funksie in sel C3 was 'n poging om te bepaal of die totale rente (sel E3)
8% van die totale motorpryse (kolom E) is.
Die funksie vertoon egter 'n verkeerde resultaat.
Maak die formule in sel C3 reg om die korrekte resultaat te vertoon. (1)
4.3 Voeg 'n funksie in sel C5 in om die totale prys (kolom E) vir al die
Hyundai i-modelle te bereken. (6)
4.4 Verander die funksie in sel A11 om slegs die voorletter(s) van die klant
(kolom B) te vertoon. (4)
4.5 Die totale koste vir 'n motor word bereken deur die prys by die rente te tel.
Wanneer 'n koper egter ekstra bykomstighede (kolom G) wil byvoeg, word 'n
addisionele 5% by die totale koste getel.
Voeg 'n formule/funksie in sel H10 in om die finale totale koste vir Basson te
bereken. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/November 2023
NSS
Werk in die Chart-werkblad.
4.6 Verander die grafiek om soos in die voorbeeld hieronder te vertoon.
LET WEL: Die kolomkleure is gestel om vir elke punt ('point') te varieer. (6)
Stoor en maak die 4Sales-sigblad toe. [23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 5: DATABASIS
Die databasis bevat inligting oor die bestuurders en kliënte van 'n pendelmaatskappy
('shuttle company').
Maak die 5Shuttle-databasis oop.
5.1 Maak die tbl5_1-tabel in ontwerpaansig ('Design View') oop.
5.1.1 Verander die eienskappe ('properties') van die Name-veld om seker
te maak dat 'n naam altyd ingesleutel word. (1)
5.1.2 Redigeer die eienskappe van die StartDate-veld om te vertoon in
die formaat:
dd-mmm-yy (2)
5.1.3 'n Bestuurder se lisensienommer moet in 'n spesifieke formaat
ingesleutel word.
Verander die eienskappe van die LicenceNo-veld sodat 'n gebruiker
data soos volg sal insleutel:
SES verpligte nommers; gevolg deur
DRIE hoofletters; gevolg deur
EEN opsionele nommer
Voorbeelde: 435698XKJ8 of 963214PJH (4)
5.1.4 Verander die eienskappe van die Rating-veld om SLEGS
graderings van 1 tot 5 te aanvaar. Geen verstekwaarde ('default
value') moet in hierdie veld vertoon nie. (2)
5.1.5 Voeg 'n nuwe veld met die naam LicenceCard bokant die
LicenceNo-veld in.
Voeg die 5Card-prent, in databladaansig ('Datasheet View'), vir die
bestuurder, Mark Lopez, in. (4)
Stoor en maak die tbl5_1-tabel toe.
5.2 Maak die frm5_2-vorm, wat op die Pre-bookings-tabel gebaseer is, in
ontwerpaansig ('Design View') oop en redigeer soos volg:
Voeg die 5Bus-prent in die vormboskrif as 'n logo in.
Verander die eienskappe van die Reason-veld na 'n kombinasielys
('combo box') om die opsies 'Business' en 'Personal' te vertoon.
Stoor en maak die frm5_2-vorm toe.
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/November 2023
NSS
5.3 Skep 'n navraag met die naam qry5_3, wat op die Pre-bookings-tabel
gebaseer is, soos volg:
Vertoon slegs die naam, van en kontaknommer van die volgende kliënte:
Besigheidskliënte wat meer as 30 km reis
Enige kliënte wat 10 km of minder reis
Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (5)
5.4 Maak die qry5_4-navraag, wat op die Pre-bookings-tabel gebaseer is, in
ontwerpaansig ('Design View') oop.
Verander die navraag om kliënte te vertoon wat die pendeldienste ('shuttle
services') sal gebruik om in Desember te vertrek.
Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (3)
5.5 Maak die qry5_5-navraag, wat op die Pre-bookings-tabel gebaseer is, in
ontwerpaansig ('Design View') oop.
Voeg 'n nuwe veld, Total, in om die totale reiskoste vir 'n kliënt vir 'n retoerrit
te bepaal. Die koste vir die kliënt is R6,25 per kilometer gereis.
Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (4)
5.6 Maak die rpt5_6-verslag, wat op die Pre-bookings-tabel gebaseer is, in
ontwerpaansig ('Design View') oop en verander soos volg:
Voeg 'n funksie in die groep-onderskrif in om die totale kliënte per Reason
aan te dui.
Verander die bladsy-oriëntasie na landskap.
Voer die verslag as 'n PDF-dokument met die naam 5Pre-bookings na
jou data-lêergids uit ('export').
Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe. (5)
Stoor en maak die 5Shuttle-databasis toe. [35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)
LET WEL:
Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-
vraag te beantwoord NIE.
'n HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.
Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die datalêergids
gevind word.
'n Webblad is vir 'n bemarkingskompetisie geskep om 'n motor van Sam's Dealership
te wen.
6.1 Maak die onvoltooide 6_1Win-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n teks/HTML-
redigeerder oop.
Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.
LET WEL:
Gebruik die voorbeeld hierbo as 'n riglyn wanneer jy hierdie vraag
beantwoord.
Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om
aan te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg. MOENIE hierdie
kommentaar uitvee NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/November 2023
NSS
6.1.1 Voeg 'n attribuut by die liggaamsmerker ('body tag') sodat die
webblad se kleur ligblou vertoon. (2)
6.1.2 Verander die prentmerker-attribute sodat die prente vertoon soos
in die voorbeeld op die vorige bladsy. (2)
6.1.3 Verander die HTML-kode sodat die 'Home'-teks in die tabel vertoon
soos in die voorbeeld op die vorige bladsy. (1)
6.1.4 Voeg 'n merker in die tabel-opskrif 'Ts and Cs' in sodat dit met die
6_1Win-webblad sal koppel. (2)
6.1.5 Verander die HTML-kode om die lys soos in die voorbeeld op die
vorige bladsy te vertoon. (2)
Stoor en maak die 6_1Win-lêer toe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/November 2023
NSS
6.2 Maak die onvoltooide 6_2Opening-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n
teks/HTML-redigeerder oop.
Voltooi die webblad om soos die voorbeeld hieronder te lyk.
Stoor en maak die 6_2Opening-lêer toe. (5)
EEN punt sal vir korrekte sluitingsmerkers en korrekte nesting in beide lêers
toegeken word. (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 7: ALGEMEEN
Maak die 7New-woordverwerkingsdokument oop.
7.1 Die pendelmaatskappy is besig om hulle logo op te gradeer. Gebruik WordArt
en die prente in die lêer om 'n nuwe logo te skep, soos hieronder getoon.
LET WEL:
Die finale logo moet een prent wees.
Stoor die finale logo as 'n prent met die naam 7NewLogo. (5)
Stoor en maak die 7New-dokument toe.
7.2 Maak die 7Bookings-sigblad oop.
7.2.1 Pendelbestuurders moet een en 'n half uur voor 'n kliënt se
vertrektyd daarvan in kennis gestel word.
Voeg 'n funksie in sel D8 in om te bereken hoe laat die bestuurder
in kennis gestel moet word. (5)
7.2.2 Voeg 'n formule in kolom G in om die aantal dae tussen die
vertrekdatums en die terugkeerdatums vir al die kliënte te bereken. (3)
7.2.3 Redigeer die werkblad soos volg:
Verander die instellings om seker te maak dat, wanneer die
hele werkblad gedruk word, die inligting in kolomme A tot G op
die eerste bladsy sal verskyn.
Redigeer die druk-opsies om die ry- en kolomopskrifte in te sluit. (2)
Stoor en maak die 7Bookings-sigblad toe. [15]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2023
NSS
HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
Basiese merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg
Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing
Definieer die liggaam van die Word voor elke lys-item ingevoeg,
<body></body>
webblad en voeg 'n nommer of simbool by
<li></li>
<body Stel die agtergrondkleur van die afhangende van die tipe lys wat
bgcolor="pink"> webblad geselekteer is
<img src="name" Stel 'n prent inlyn, kan " right";
<body text="black"> Stel die kleur van die liggaamteks
align="left"> "bottom", "top", "middle" wees
<head></head> Bevat inligting oor die webblad <img src="name"> Voeg 'n prent in
Skep 'n HTML-dokument – begin <p align="center"><img Stel 'n prent "center" inlyn, kan ook
<html></html>
en eindig 'n webblad src="name"></p> "middle" wees
<img src="name" Stel die grootte van die raam
<title></title> Definieer 'n titel vir die webblad
border="1"> rondom 'n prent
<br/> Voeg 'n reëlbreuk in ('line break') <img src="name"
Stel die hoogte en breedte van 'n
width="200" height
<!-- --> Kommentaar prent
="200">
Teksmerkers ('Text Tags') Vertoon alternatiewe teks wanneer
Merker ('Tag') Beskrywing <img src="name" die muis oor 'n prent gehou word of
alt="alternative text"> wanneer die prent nie gevind kan
<h1></h1> Skep die grootste opskrif word nie
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van 'n reël
<i></i> Skep teks in skuinsdruk
Stel die breedte van 'n lyn, in
<u></u> Skep onderstreepte teks <hr width=”80%”/>
persentasie of absolute waarde
<font size="3"></font> Stel fontgrootte van "1" tot "7" "
<font color= "green">
Stel fontkleur <hr color= "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn
</font>
<font face="Times New Tabelmerkers ('Tabel Tags')
Stel fonttipe
Roman"></font> Merker ('Tag') Beskrywing
Skakelmerkers ('Links Tags') <-tabel></-tabel> Skep 'n tabel
Merker ('Tag') Beskrywing <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel
<a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel
<a href="URL"><img
Skep 'n prentskakel
src="name"></a> Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
<th></th>
Skep 'n teikenarea in die vetgedrukte, gesentreerde teks)
<a name="NAME"></a>
dokument
Skakel na 'n teikenarea wat elders
<a href= "#NAME"></a> <-tabel width="50"> Skep die breedte van die tabel
in die dokument geskep is
<a href= Stel die breedte van die raam
Skakel na 'n e-posadres <-tabel border="1">
"mailto:#NAME"></a> rondom die selle van die tabel
Stel die spasie tussen die selle van
Formateringsmerkers ('Formatting Tags') <-tabel cellspacing="1">
die tabel
Stel die spasie tussen die selraam
Merker ('Tag') Beskrywing <-tabel cellpadding="1">
en die inhoud daarvan
<p></p> Skep 'n nuwe paragraaf Stel die inlynstelling vir die sel(le)
Stel 'n paragraaf "left" inlyn <tr align="left"> ("left", kan ook "center" of "right"
<p align="left"> (verstek); kan ook ''right'' of wees)
''center'' wees Stel die vertikale inlynstelling vir
<center></center> Sentreer teks, 'n tabel of 'n prent <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle" of
horisontaal "bottom" wees)
<ol></ol> Skep 'n genommerde lys
Stel 'n getal kolomme waaroor 'n sel
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat <td colspan="2">
moet strek
"I","i","1"></ol> gebruik word
<ul></ul> Skep 'n kolpuntlys
Stel die getal rye waaroor 'n sel
<ul type="disc", Definieer die tipe kolpunte wat <td rowspan="4">
moet strek
"square","circle"> </ul> gebruik word
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2023
NSS
TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD
KARAKTER BESKRYWING
Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus[+]- en minus[–]- tekens nie
0
toegelaat nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus [+]- en minus[–]-tekens nie
9
toegelaat nie)
Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke
vertoon terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke word
#
verwyder wanneer data gestoor word, plus[+]- en minus[–]-tekens
toegelaat)
L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)
Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeikarakters. (Die
.,:;-/ werklike karakter hang van die instellings in die 'Regional Settings
Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.)
Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel
<
word
> Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word
Veroorsaak dat die toevoermasker van regs na links, eerder as van links
na regs, vertoon word. Karakters in die masker getik, vul dit altyd van
!
links na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker
invoeg.
Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon
\
word (bv. \A word slegs as A vertoon)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2023
NSS
JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2023
NSS
JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2023
NSS
Eksamenplakker
150
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2023
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)
SENTRUMNOMMER __________________________________________________________
EKSAMENNOMMER __________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER _______________________________________________________
SUITE GEBRUIK
Microsoft Microsoft Microsoft
(Maak 'n kruisie in die Office 365
Office 2016 Office 2019 Office 2021
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK Ander
Mozilla Google Internet Microsoft (Spesifiseer)
(Maak 'n kruisie in die
Firefox Chrome Explorer Edge
toepaslike blokkie (X))
LÊERGIDSNAAM _____________________________________________________________
Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak 'n regmerkie indien
gestoor en/of gepoog.
Nasiener
Vraag- Gestoor Gepoog Maksimum Punt
Lêernaam Voorletters/
nommer () () Punt Verdien
Kode
1 1Top10 24
2 2Tips 21
3 3CarSales 17
4 4Sales 23
5 5Shuttle 35
6_1Win
6 15
6_2Opening
7Bookings
7 7New 15
7NewLogo
TOTAAL 150
Kommentaar: (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
___________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2023 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2019 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Errata