Skip to content
Question paper

Consumer Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 Question Paper

Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC Supplementary Exam 2015, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Consumer StudiesGrade 12201514 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRADE 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VERBRUIKERSTUDIES FEBRUARIE/MAART 2015 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute) 1 Kortvrae (Alle onderwerpe) 40 20 2 Die Verbruiker 20 20 3 Voedsel en Voeding 40 40 4 Kleding 20 20 5 Behuising 40 40 6 Entrepreneurskap 40 40 TOTAAL: 200 180 2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs met swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 C. 1.1.1 Oneerlike skemas word … genoem. A swendelarye B stokvelle C stapelvlakskemas D grysgoedere (1) 1.1.2 Die Wet op Verbruikersbeskerming laat 'n afkoeltydperk toe waarin verbruikers 'n kontrak kan kanselleer as hulle goedere deur middel van direkte bemarking gekoop het. Hoeveel werksdae is hierdie afkoeltydperk? A Drie B Vyf C Sewe D Tien (1) 1.1.3 Identifiseer die brood wat van BTW vrygestel word: A Bruinbrood B Rogbrood C Saadbrood D Witbrood (1) 1.1.4 'n Verbruiker met glutenintoleransie is nie teen … bestand nie. A boontjies B melk C grondboontjiebotter D koring (1) 1.1.5 Identifiseer die voedsel wat mees waarskynlik 'n voedselallergie kan veroorsaak: A Margarien B Perskes C Grondboontjiebotter D Stroop (1) 1.1.6 Kies die voedsel wat tot laer cholesterolvlakke kan bydra: A Koffieverromer B Wors C Sardyne D Vanieljekoek (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 1.1.7 Die riglyn wat met die bestuur van vetsug sal help: A Drink meer vrugtesap B Eet gereeld gebraaide hoender C Eet volkoringgraankos D Verhoog die inname van neute (1) 1.1.8 Die stelling wat WAAR is oor geneties gemodifiseerde voedsel: A Produksiekoste is hoër. B Voedselprodukte is gesonder. C Rakleeftyd is korter. D Gewenste eienskappe kan oorgeplant word. (1) Bestudeer die prentjies van hemde hieronder en beantwoord VRAAG 1.1.9 en 1.1.10. 1 2 3 4 [Bron: www.woolworths.co.za] 1.1.9 Die hemp wat die optiese illusie sal skep dat die verbruiker wat die hemp dra, breër en korter lyk: A 1 B 2 C 3 D 4 (1) 1.1.10 Die beste keuse vir 'n basiese item in die werksklerekas van 'n voornemende prokureur: A 1 B 2 C 3 D 4 (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 1.1.11 Identifiseer die finansiële verantwoordelikheid wat die eienaar van 'n huis teenoor die munisipaliteit het: A Terugbetaling op huislening B Deposito C Okkupasiehuur D Eiendomsbelastings (1) 1.1.12 Wanneer 'n huis gekoop word, moet 'n verbruiker huiseienaars- versekering uitneem om te voorsien vir … A krediet om die eiendom te koop. B betalings teen skade aan die struktuur van die gebou. C verbandleningspaaiemente in geval van dood. D betalings vir skade aan huishoudelike goedere. (1) 1.1.13 'n Verbruiker wat 'n lae inkomste verdien, word aangeraai om hierdie behuisingsopsie te kies: A Deeltitel B Tyddeel C Huur D Eiendomsreg (1) 1.1.14 Identifiseer die huishoudelike toestel wat minder elektrisiteit tuis sal gebruik: A Skottelgoedwasser B Mikrogolfoond C Koelkas D Tuimeldroër (1) 1.1.15 'n Faktor wat die finale keuse sal beïnvloed wanneer 'n gesin met jong kinders 'n huis wil koop: A Die huis is binne loopafstand van die skool af B Eenslaapkamer-kothuis naby 'n winkelsentrum C Bekostigbaar en naby die plaaslike lughawe D Oormatig hoog geprys in 'n goeie omgewing, maar goed in stand gehou (1) 1.1.16 Die geregistreerde bouer moet: A Swak vakmanskap binne 14 dae van okkupasie herstel B 'n Tien-jaar-waarborg voorsien wat die strukturele integriteit van die huis verseker C 'n Lys van al die probleme en foute in die huis opstel D Daklekke herstel wat binne 12 maande van okkupasie voorkom (1) 1.1.17 'n Voorbeeld van 'n vaste koste vir 'n besigheid: A Elektrisiteit B Brandstof C Huur D Water (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 1.1.18 Die proses wat gebruik word om te bepaal of 'n besigheid die potensiaal het om te slaag: A Besteverkope-scenario B Uitvoerbaarheidstudie C Finansiële vooruitskattings D Marknavorsing (1) 1.1.19 Noukeurige beheer oor 'n besigheid se finansiële rekords sal … A meer kliënte lok wat meer sal koop. B verseker dat daar genoeg geld vir grondstowwe is. C help om geld om tydens 'n vakansie te spandeer, te vermeerder. (1) D bewys van werknemers se aanwesigheid verskaf. 1.1.20 'n Belangrike faktor wat 'n entrepreneur moet oorweeg wanneer 'n geskikte produk vir 'n kleinskaalse onderneming gekies word: A Voldoen aan die teikenmark se behoeftes B Afleweringstrategie C Proses van kwaliteitsbeheer D Verpakkingstrategie (1) 1.2 Gee die korrekte term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 'n Geskrewe beskrywing van 'n produk, insluitend hoe dit lyk, die stowwe wat in die vervaardiging daarvan gebruik word en hoe dit gemaak word (1) 1.2.2 Alles waarop 'n entrepreneur geld moet spandeer voordat produksie kan begin (1) 1.2.3 Die proses om produkte te inspekteer om te verseker dat dit voldoen aan die vereiste standaarde gestel (1) 1.2.4 Die produksie van produkte op so 'n manier dat die natuurlike omgewing beskerm word (1) 1.2.5 Al die uitgawes wat 'n onderneming sal hê om produkte te produseer/vervaardig (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 1.3 Kies die persoon of instelling uit KOLOM B wat by die betaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 H. KOLOM A KOLOM B BETALING PERSOON OF INSTELLING 1.3.1 Oordragfooie A huiseienaarsvereniging 1.3.2 Aanvangsfooi B prokureur wat oor die oordragproses toesig hou 1.3.3 Heffing C bank 1.3.4 Okkupasiehuur D eiendomsagent 1.3.5 Eiendomsbelasting E Suid-Afrikaanse Inkomstediens F munisipaliteit G verkoper of koper (5 x 1) (5) 1.4 Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die voedselverwante gesondheidstoestand in KOLOM A pas. Kies die bestuur van die toestand uit KOLOM C wat by die voedselverwante gesondheidstoestand in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) en die Romeinse syfer (i–vi) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 G (vii). KOLOM A KOLOM B KOLOM C VOEDSELVERWANTE BESKRYWING BESTUUR VAN DIE GESONDHEIDS- TOESTAND TOESTAND 1.4.1 Anemie A val die immuunstelsel i drink baie melk aan 1.4.2 Anorexia ii eet voedsel ryk aan B bros bene yster 1.4.3 Bulimia C hoë bloedglukose- iii eet lae GI-voedsel 1.4.4 Diabetes vlakke iv sluit antioksidante in die 1.4.5 MIV D verloor van die dieet in vermoë om suurstof te vervoer v verhoog die energie- inname stadig E selfgeïnduseerde braking vi stop eetvergrypings F selfverhongering (5 x 2) (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Verduidelik die term kontrak. (2) 2.2 Noem VIER maniere waarop 'n verbruiker elektrisiteit verantwoordelik kan gebruik as hy/sy 'n geiser gebruik om water te verhit. (4) 2.3 Die Nasionale Staatskas versprei die geld wat van belasting verkry is aan regeringsdepartemente om landsburgers te bevoordeel. Noem TWEE voorbeelde waarop die verspreiding van hierdie fondse voordelig vir munisipale dienslewering aan burgers sal wees. (2 x 2) (4) 2.4 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERHOGING IN EIENDOMSBELASTING ONWAARSKYNLIK SELFS AL HET INFLASIE SY HOOGSTE PUNT IN VIER JAAR BEREIK Statistiek Suid-Afrika het gister aangedui dat die verbruikersprysindeks (VPI) 6,4 persent van Augustus 2012 tot Augustus 2013 gestyg het. Dit is die hoogste inflasiekoers sedert Augustus 2009. Die swak rand wat die brandstofprys verlede maand met 32c per liter laat styg het, was die grootste bydraende faktor tot die stygende lewenskoste. Die brandstofkomponent in die VPI het in die laaste jaar 'n massiewe 23 persent gestyg. Brandstof het 'n gewigswaarde van bykans 6 persent in die VPI- mandjie. [Aangepas uit Business Report, 19 September 2013] 2.4.1 Gebruik die inligting in die uittreksel om die verwantskap tussen die verbruikersprysindeks en inflasie te verduidelik. (5) 2.4.2 Stel maniere voor waarop verbruikers die effek van die volgende kan verminder: (a) Die swak rand (1) (b) Die verhoogde brandstofprys (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Noem DRIE voordele wat organies verboude voedsel vir die natuurlike omgewing kan hê. (3) 3.2 Noem VYF dieetriglyne vir die bestuur van hoë bloeddruk. (5) 3.3 Gee redes waarom die volgende additiewe by voedsel gevoeg word: 3.3.1 Lesitien (2) 3.3.2 Vitamien C (2) 3.3.3 Swaeldioksied (1) 3.4 Skryf 'n paragraaf om te verduidelik hoe cholesterol tot koronêre hartsiektes lei. (4) 3.5 Bespreek die implikasies van 'gebruik teen' op die etikette van vooraf- verpakte voedsel vir die verbruiker. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Wendy en haar drie susters woon saam met hulle ouma in 'n eenslaap- kamer-, laekoste- (HOP-) huis. Haar ouma het osteoporose. Die ouma se pensioengeld is te min om hulle van gebalanseerde maaltye te voorsien. Hulle eet meestal pap met melk. Haar ouma het 'n klein groentetuintjie. Sy plant spinasie, uie, soetrissies, tamaties, wortels, aarbeie en lemoene vir huishoudelike gebruik. Wanneer haar ouma dit kan bekostig, bedien sy ingemaakte vis of eiers saam met die pap vir aandete. Somtyds kry hulle voedselpakkies by die Staatsvoedingskema. Wendy se tante, wat baie hoes en meestal nie gesond is nie, het hulle twee maande gelede besoek. Wendy het onlangs erg begin hoes en daar is bloed in haar speeksel. Sy het ook borspyne en sy verloor baie gewig. 3.6.1 Noem EEN gesondheidsverwante toestand waaraan Wendy moontlik ly en verduidelik hoe die siekte oorgedra is. (2) 3.6.2 Noem TWEE bestanddele, buiten melk en eiers, wat Wendy se ouma by die ontbytpap kan voeg om aan hulle verhoogde proteïen- en energiebehoeftes te voorsien. (2) 3.6.3 Bespreek hoe hulle dieet positief tot die bestuur van die ouma se osteoporose bydra. (6) 3.6.4 Evalueer die invloed van die groente en vrugte op Wendy se gesondheid. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 4: KLEDING 4.1 Gee VIER redes vir modeveranderings. (4) 4.2 Onderskei tussen 'n modegier, mode en klassieke mode deur die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK te voltooi. TIPE MODE AANTAL MENSE WAT DIE TYDSDUUR VAN STYL AANVAAR EN DRA DIE MODE Modegier (1) (1) Mode (1) (1) Klassieke mode (1) (1) (6) 4.3 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die rowery van wetlik beskermde handelsmerke het geen invloed op die ekonomiese omgewing nie. 4.3.1 Verduidelik die term rowery. (3) 4.3.2 Evalueer die toepaslikheid/geldigheid van hierdie stelling. (7) [20] VRAAG 5: BEHUISING 5.1 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NUWE EIENDOMSONTWIKKELING Koop by hierdie hoogs aangeskrewe ontwikkelaar. Woon self in die eenheid of verhuur dit. • 1-, 2- en 3-slaapkamereenhede beskikbaar. • Alle eenhede het 'n motorstaanplek en 'n 3 m²-balkon. • Hysbak vanaf parkeerarea tot by eenhede. • Maklike toegang tot vervoerroetes. • Elektriese omheining met 24-uur-sekuriteit. • Geen oordragskoste betaalbaar nie. Kontak die ontwikkelaar by 075 431 6754. [Aangepas uit Cape Times Property Guide, 8 Januarie 2014] 5.1.1 Verwys na die advertensie hierbo en identifiseer die tipe (1) huiseienaarskap. 5.1.2 Gebruik die inligting in die advertensie en noem DRIE voordele om een van hierdie eenhede te kies. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 5.1.3 'n Verbruiker stel daarin belang om 'n eenheid te koop en wil seker maak dat die bouer geregistreer is. Noem die organisasie waarby die bouer geregistreer moet wees. (1) 5.1.4 Gee redes waarom die advertensie aandui: 'Geen oordragskoste betaalbaar nie.' (4) 5.1.5 Die eienaars van hierdie eenhede moet 'n heffing betaal. Noem DRIE gebruike van heffings vir hierdie tipe huiseienaarskap. (3) 5.1.6 Bespreek die voordele vir die eienaar as hy/sy die eenheid verhuur. (6) 5.1.7 Twee studente besluit om 'n tweeslaapkamer-eenheid, soos in die advertensie genoem, te huur. Analiseer die geskiktheid van hulle besluit. (8) 5.2 Verduidelik die finansiële implikasies vir 'n verbruiker wanneer huishoudelike toestelle gekoop word deur afbetalings-verkoopstransaksies te gebruik. (4) 5.3 Bestudeer die inligting oor 'n handstofsuier hieronder en beantwoord die vrae wat volg. AEG – RAPIDO-HANDSTOFSUIER R450,00 Oorsig 0,5 liter-stofkapasiteit Verleng om moeilike hoeke te bereik Herlaai-aanwyser Herlaaibare batterye Werktyd: 12 minute Hoofstroomspanning: 7,2 V Ingeboude voorwiele is ontwerp om krapmerke op delikate oppervlakke te voorkom. [Aangepas uit www.dionwire.co.za] 5.3.1 Verduidelik waarom hierdie stofsuier as omgewingsvriendelik beskou word. (2) 5.3.2 Evalueer die geskiktheid van hierdie stofsuier om 'n drieslaapkamerhuis skoon te maak. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Noem TWEE eienskappe waaroor entrepreneurs moet beskik om hulle produkte suksesvol te bemark. (2) 6.2 Bespreek die belangrikheid van verpakking as 'n strategie om die produkverkope te verhoog. (4) 6.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Lee is 'n hardwerkende en kreatiewe vrou met 'n passie vir kosmaak en naaldwerk. Sy woon in 'n historiese myngebied. Lee maak kos op platborde ('food platters') en melkterte vir die plaaslike skool, mynmaatskappye asook vir privaat funksies. Sy gebruik kleedstof om aandenkings vir toeristewinkels in die omgewing te maak. Mondelinge reklame ('word-of-mouth advertising') het haar verkope laat toeneem. Selfoonfoto's het die nuus van haar produkte vinnig versprei, alhoewel sy dit nie besef het nie. Bestellings vir haar produkte het vinniger ingestroom as wat sy self kon hanteer. Lee het twee ongeskoolde mense in diens geneem om haar met die produksie te help. Sy het hulle deeglik opgelei. Sy het nou op Vrydae tien vaste bestellings om platborde met kos ('food platters') aan plaaslike mynmaatskappye te verskaf. Die meeste bestellings vir voedselprodukte is vir Donderdae tot Saterdae. Die werkers berei die voedselprodukte vanaf Woensdag tot Saterdag en Maandae en Dinsdae maak hulle die aandenkings van kleedstof. Gedurende die somer styg die bestellings vir aandenkings, maar dit neem weer tydens die winter af. Bestellings vir platborde met kos ('food platters') styg vanaf Oktober soos wat maatskappye hulle jaareindfunksies hou. 6.3.1 Noem die teikenmarkte wat Lee se onderneming ondersteun. (3) 6.3.2 Noem VIER voordele daarvan om by produkspesifikasies te hou. (4) 6.3.3 Verduidelik die voordele daarvan om die ongeskoolde werkers op te lei. (4) 6.3.4 Gebruik die inligting hieronder om die verkoopprys van EEN kleedstofaandenking te bereken. Rond die verkoopprys af tot die naaste rand. Toon ALLE berekeninge. Inligting: Koste van materiaal vir 200 kleedstofaandenkings: R2 810,00 Lone betaal: R1 300,00 Ander koste: R500,00 Lee wil 70% profyt/wins maak. (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 6.3.5 Gebruik die inligting in die scenario om SES faktore te identifiseer wat tot die sukses van Lee se besigheid bydra. (6) 6.3.6 Beskryf hoe ELK van die volgende Lee se besigheid suksesvol bemark: (a) Mondelinge reklame ('word-of-mouth advertising') (2) (b) Selfoonfoto's (4) 6.3.7 Stel voor, met redes, tydens watter maande Lee waarskynlik die hoogste omset sal te hê. (4) [40] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all
Consumer Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 Question Paper | Hlayiso