Skip to content
Question paper

Consumer Studies Grade 12 NSC November 2015 Question Paper

Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC November Exam 2015, 18 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Consumer StudiesGrade 12201518 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VERBRUIKERSTUDIES NOVEMBER 2015 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/November 2015 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute) 1 Kortvrae (Alle onderwerpe) 40 20 2 Die Verbruiker 20 20 3 Voedsel en Voeding 40 40 4 Kleding 20 20 5 Behuising 40 40 6 Entrepreneurskap 40 40 TOTAAL: 200 180 2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs met swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/November 2015 NSS VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.21 C. 1.1.1 Brood wat van belasting op toegevoegde waarde (BTW) vrygestel is: A Bruinbrood B Rogbrood C Witbrood D Volkoringbrood (1) 1.1.2 Die doel van die verbruikersprysindeks (VPI) is om die … A rentekoers vas te stel. B invloed van prysverhogings te assesseer. C amptelike inflasiekoers te bereken. D prys van basiese voedselitems te bepaal. (1) 1.1.3 Waarom is 'n stapelvlak- of veelvlakkige bemarkingskema wettig? A Dit is 'n piramideskema. B 'n Produk word verkoop. C Dit is op die werwing van ander gebaseer. D 'n Kettingbrief word aangestuur. (1) 1.1.4 Kies die voedseloordraagbare siekte wat veroorsaak word deur 'n virus wat die lewer aantas en ontsteking veroorsaak: A Disenterie B E. coli-infeksie C Gastroënteritis D Hepatitis A (1) 1.1.5 Kies die voedselproduk wat 'n persoon wat aan laktose-intoleransie ly, mag gebruik: A Room B Sojamelk C Milo-sterimelk D Melkskommel (1) 1.1.6 Identifiseer die voedselverwante gesondheidstoestand wat hieronder beskryf word. Shana se vriende het ontdek dat sy verdwyn om haarself te laat braak nadat sy groot hoeveelhede kos baie vinnig geëet het. A Anemie B Anoreksie C Bulimie D Vetsug (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/November 2015 NSS 1.1.7 Identifiseer die voedselverwante gesondheidstoestand wat in die illustrasie hieronder aangedui word: [Bron: http://2012books.lardbucket.org/books/an-introduction-to-nutrition] A Anemie B Koronêre hartsiekte C Suiwelintoleransie D Osteoporose (1) 1.1.8 Voedselsekerheid in Suid-Afrika word negatief beïnvloed wanneer … A werkgewers in die landboubedryf 'n gebrek aan vaardighede het. B plekke wat vir afvalstortingsterreine gebruik word, skoongemaak en bemes word. C die indiensnemingskoers verhoog en die ekonomie groei. D daar genoeg reën in die korrekte seisoen voorkom om voedsel te kan kweek. (1) 1.1.9 Die skoene in die foto hieronder is 'n voorbeeld van … [Bron: http://ntdtelevision.files.wordpress.com] A 'n handelsnaam. B grys goedere. C handelsnaamroof/handelsnaamplagiaat. D parallelle invoere. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/November 2015 NSS 1.1.10 Kies die korrekte riglyn vir 'n jong professionele persoon se werksklerekas: A Kies basiese kleure wat die veltoon komplementeer. B Sluit informele style in wat in die mode is. C Kies sintetiese vesels vir gemak. D Sluit 'n sweetpak vir die winter in. (1) 1.1.11 Die getekende ooreenkoms tussen die koper en verkoper van 'n eiendom word die … genoem. A verkoopakte B verbandlening C titelakte D oordragdokument (1) 1.1.12 Verbandbeskermingsversekering word gebruik om … A in geval van diefstal die huisinhoud te betaal. B in geval van 'n brand die huisstruktuur te dek. C die huislening te delg indien die eienaar sterf. D in geval van 'n vloed die huisinhoud te dek. (1) 1.1.13 Die persoon wat die waarskynlikste vir 'n staatsbehuisingsubsidie sal kwalifiseer: A Thando wil 'n tweede eiendom koop. B Sue se man het 'n landelike subsidie ontvang. C James het drie maande gelede van Nigerië af geïmmigreer. D Reggy verdien R2 800,00 per maand en het 'n seun. (1) 1.1.14 Kies die kombinasie koste wat 'n huurverkooptransaksie duurder as 'n kontanttransaksie maak: 1. Administrasiefooie 2. Bankrenteheffings 3. Waarborg 4. Inflasie 5. Versekeringskoste A 1 en 5 B 1 en 2 C 2 en 4 D 3 en 5 (1) 1.1.15 Kies 'n belangrike faktor wat 'n entrepreneur moet oorweeg as 'n geskikte produk vir kleinskaalse produksie gekies word: A Afleweringstrategie B Proses van gehaltebeheer C Verpakkingstrategie D Verbruikersaanklank (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/November 2015 NSS 1.1.16 'n Vereiste vir die doeltreffende produksie van kwaliteitprodukte is die … A instandhouding van toerusting. B beskikbaarheid van werkruimte. C gebruik van alternatiewe energie. D beskikbaarheid van finansiële hulpmiddels. (1) 1.1.17 Kies die faktor wat sal verseker dat produkte dieselfde is elke keer wat dit geproduseer word: A Gebruik hoë gehalte grondstowwe B Doeltreffende produksieskedules C Gereelde instandhouding van toerusting D Hou by duidelike produkspesifikasies (1) 1.1.18 Kies die stelling wat WAAR is rakende die opleiding van personeel: A Plaas die gehalte van die produkte onder verdenking B Kos baie geld en kan tyd mors C Verbeter die personeel se motivering en moraal D Beperk geleenthede vir bevordering (1) 1.1.19 Die hoofdoel van voorraadbeheer: A Verseker dat die besigheid nie 'n tekort aan grondstowwe het nie. B Hou die bergingsarea vir grondstowwe skoon en netjies. C Verseker dat al die grondstowwe dieselfde gehalte is. D Kontroleer dat die grondstowwe nie te veel kos nie. (1) 1.1.20 Kies die kombinasie beskrywings wat verbruikers sal aantrek wanneer ingeligte besluite geneem word: 1. Pragtige hergesikleerde ('recycled') verpakking 2. Geneties gemodifiseerde bestanddele 3. Gemaak van ingevoerde produkte 4. Beperkte raklewe 5. Plaaslike geproduseerde produkte A 2 en 4 B 1 en 5 C 3 en 4 D 2 en 5 (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/November 2015 NSS 1.2 Kies 'n funksie uit KOLOM B wat by die voedselbymiddel in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 H. KOLOM A KOLOM B VOEDSELBYMIDDEL FUNKSIE 1.2.1 Antioksidant A bygevoeg om voedsel witter te maak 1.2.2 Kleurmiddel B laat olie en ander vloeistowwe meng 1.2.3 Emulsifiseerder C dra by tot die gladde tekstuur van 'n produk 1.2.4 Stabiliseerder D verbeter die smaak van voedsel 1.2.5 Preserveermiddel E maak voedsel aantrekliker F voorkom dat vet galsterig word G vertraag bederwing wat deur mikroörganismes veroorsaak word (5 x 1) (5) 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.3.6 H. KOLOM A KOLOM B TERM BESKRYWING 1.3.1 Aktebesorgingsgeld A word deur die bank gehef om die eiendom te assesseer 1.3.2 Aktekantoorfooie B word gehef vir die registreer van die 1.3.3 Okkupasiehuur verbandlening 1.3.4 Aanvangsfooie C eenmalige fooi wat deur die bank gehef word om die verbandlening voor te berei 1.3.5 Tussentydse tariewe en te verwerk D word aan die prokureur betaal wat oor die oordrag van die eiendom toesig hou E word deur eienaars van eiendom aan die munisipaliteit betaal F word aan die verkoper betaal as die koper by die eiendom intrek voordat die verband geregistreer is G rente wat betaal moet word as daar 'n vertraging in die registrasie van die verband is (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/November 2015 NSS 1.4 Gee die term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.3) in die ANTWOORDEBOEK. 1.4.1 Produk, plek, promosie, persone en prys (1) 1.4.2 'n Spesifieke groep potensiële kopers van 'n produk wat geïdentifiseer is (1) 1.4.3 'n Spesifieke identifikasie wat dit maklik maak om mededingers se produkte te herken en te onderskei (1) 1.5 Bestudeer die grafiek van 'n voorbeeld van huishoudelike waterverbruik hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Huishoudelike waterverbruik 40% 35% 30% 25% 20% 15% 10% 5% 0% Drinkwater en Toilet Bad en stort Tuin Wasgoed kosmaak [Aangepas uit www.upwithscience.up.ac.za/ago/SComM/energywater.html] Kies die DRIE effektiefste maniere om water op 'n verantwoordelik wyse te gebruik in die tipiese huishouding wat in die grafiek getoon word. Skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK. A Maak kos in 'n minimum hoeveelheid water gaar. B Was slegs vol bondels wasgoed in die wasmasjien. C Installeer 'n laevloei-stortkop. D Installeer waterverhittingsonpanele op die dak. E Plaas 'n baksteen in die toilet se spoelbak. F Plant inheemse plante en plante wat min water gebruik. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/November 2015 NSS 1.6 Identifiseer VIER stellings in die lys hieronder wat KORREK is rakende die trui in die foto. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.6) in die ANTWOORDEBOEK. Swart trui met wit strepe [Bron: www.woolworths.co.za] A Swart en wit vorm 'n komplementêre kleurskema. B Die kleure sal nie by alle veltone pas nie. C Die ontwerpbeginsel van ritme is duidelik. D Die persoon wat dit dra, sal langer vertoon. E Informele balans is duidelik. F Die persoon wat dit dra sal breër en korter vertoon. G Die strepe vestig die aandag op die bolyf. H Kleurharmonie word geskep. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/November 2015 NSS VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Definieer die term grys goedere/parallelle invoere. (2) 2.2 Verduidelik die volgende tipes inkomstebelasting wat deur Suid-Afrikaanse belastingbetalers betaal word: 2.2.1 Lopende betaalstelsel (2) 2.2.2 Voorlopige belasting (2) 2.3 Bespreek hoe 'n tekort aan die volgende munisipale dienste 'n negatiewe invloed op die mense in 'n gemeenskap kan hê: 2.3.1 Rioolverwydering (2) 2.3.2 Vullisverwydering (2) 2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Mona is oorreed om 'n gasverwarmer op krediet te koop na 'n aanbieding deur 'n verteenwoordiger van 'n maatskappy wat verwarmers verkoop. Lebo het 'n advertensie vir 'n elektriese verwarmer op die televisie gesien en een op krediet by die winkel gekoop. Nadat albei hulle verwarmers vir drie dae gebruik het, wou hulle nie meer die verwarmers hê nie. Mona het besluit om die verwarmer die volgende dag terug te neem en het haar geld teruggeëis. Lebo het egter eers na 14 dae sy verwarmer teruggeneem. Nie een van hulle was bereid om enige koste vir die gebruik van die verwarmers te dra nie. 2.4.1 Verduidelik waarom Mona 'n meer verantwoordelike keuse as verbruiker gemaak het. (3) 2.4.2 Noem DRIE redes waarom Lebo nie volgens die Wet op Verbruikersbeskerming opgetree het nie toe hy die verwarmer eers 14 dae nadat dit gekoop is, teruggeneem het. (3) 2.5 Bestudeer die strokiesprent hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Hoe die repokoers jou raak RESERWEBANK BANKE RENTEKOERSVERLAGINGSa KREDIETKAART- RENTEKOERSVERLAGINGSa [Bron: www.rollingalpha.com/category/interest-rate/] Bespreek hoe die repokoers verbruikers raak. (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/November 2015 NSS VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Beantwoord die volgende vrae oor gastroënteritis. 3.1.1 Noem TWEE simptome van gastroënteritis. (2) 3.1.2 Noem hoe gastroënteritis oorgedra word. (2) 3.2 Noem VIER voordele van geneties gemodifiseerde voedsel met betrekking tot die ekonomiese omgewing. (4) 3.3 Bestudeer die etiket hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KAMPIOEN HAWERMOUT Die energiekampioen Het jy geweet Kampioen Hawermout …  bevat baie koolhidrate wat help om energievlakke te handhaaf vir die dag wat voorlê?  is 'n volontbytgraan en 'n uitstekende bron van dieetvesel?  is 'n uitstekende bron van vitamien B 1 wat help met die vrystelling van energie? Dit is dus geen wonder dat Kampioen Hawermout al vir meer as 80 jaar Suid- Afrika se energiekampioen is nie. 3.3.1 Verduidelik waarom hawermout NIE vir 'n persoon met Celiac se siekte geskik is NIE. (3) 3.3.2 Identifiseer die inligting op die etiket wat vir verbruikers misleidend kan wees. (1) 3.3.3 Siphiwe ly aan vetsug. Hy verkies om Kampioen Hawermout te koop, wat hy elke oggend saam met laevetmelk eet. Verduidelik hoe hierdie keuse hom kan help om sy vetsug te beheer. (4) 3.4 Gee redes waarom hepatitis A met swak sanitasie en 'n gebrek aan persoonlike higiëne verbind kan word. (2) 3.5 Die volgende voedselitems kan by die skool se snoepwinkel gekoop word: aartappelskyfies; pasteie; worsbroodjies; hamburgers; gaskoeldranke 3.5.1 Gee TWEE redes waarom aartappelskyfies voedselbymiddels bevat. (2) 3.5.2 Skryf 'n paragraaf om die uitwerking van hierdie voedselitems op die fisiese en emosionele gesondheid van die leerders te illustreer. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/November 2015 NSS 3.6 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Nita is 'n onderwyseres wat aan diabetes ly. Sy het vir haar 'n kosblik met die volgende voedsel gepak: • Volkoringbrood-toebroodjie met kanolamargarien en hoendermayonnaise • Tuna-, tamatie- en avokadopeerslaai • Appel • Brosbroodbeskuitjie As gevolg van haar besige skedule het sy nie tyd gekry om by die skool te eet nie. Terwyl sy die middag inkopies gedoen het, het sy 'n energiedrankie gedrink. Kort daarna het sy duiselig en deurmekaar geraak en haar bewussyn verloor. Sy is inderhaas hospitaal toe geneem. 3.6.1 Nita het hipoglukemie ervaar terwyl sy inkopies gedoen het. Verduidelik wat hierdie toestand veroorsaak het. (4) 3.6.2 Bespreek hoe Nita die voorval in die scenario kon voorkom het. (3) 3.6.3 Evalueer die geskiktheid van die voedsel in Nita se kosblik om haar diabetes te beheer. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/November 2015 NSS VRAAG 4: KLEDING 4.1 Definieer die volgende terme: 4.1.1 Mode (2) 4.1.2 Retrospektiewe mode (2) 4.2 Noem TWEE faktore om in ag te neem wanneer klere vir die werksomgewing gekoop word. (2) 4.3 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HENNEPTEKSTIELSTOF Henneptekstielstof is 'n ekovriendelike oplossing vir die wêreldwye behoefte aan volhoubare materiale. Henneptekstielstof kom van 'n volhoubare veselproduserende plant wat maklik gekweek kan word. Hennep het 'n groter veselopbrengs per akker as enige ander plant (250% meer as katoen en 600% meer as vlas), wat meer grond vir voedselgewasse beskikbaar stel. Dit voeg organiese materiaal by die bogrond en verbeter die grondgehalte. Henneptekstielstof is sag, maar sewe maal sterker as katoen. Dit maak dit duursaam terwyl die oorspronklike goeie voorkoms behou word. Hennepkledingstukke is oorgehaal om die volgende groot item in die modebedryf te word en sommige kenners glo dat dit uiteindelik katoen, linne en poliëster sal vervang. Hennep meng goed met ander vesels om die beste eienskappe van albei stowwe te kombineer. Dit het 'n nuwe reeks tekstielstowwe geskep wat jong ontwerpers graag ten toon wil stel. [Aangepas uit www.hemporium.co.za] 4.3.1 (a) Noem die stadium in die modesiklus wanneer jong mode-ontwerpers nuwe tekstielstowwe, gemaak van hennep wat met ander vesels gekombineer is, ten toon sal stel. (1) (b) Beskryf die stadium in die modesiklus wat in VRAAG 4.3.1(a) genoem is. (2) 4.3.2 Verduidelik waarom daar 'n behoefte aan ekovriendelike tekstielstowwe is. (2) 4.3.3 Bespreek waarom hennep as 'n ekovriendelike tekstielstof beskou word. (3) 4.3.4 Bespreek kortliks waarom kledingstukke wat van hennep gemaak is as klassiekestyl-kledingstukke beskou kan word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/November 2015 NSS 4.4 Bestudeer die beskrywing en foto van 'n uitrusting hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Die uitrusting bestaan uit 'n vlootblou baadjie/kleurbaadjie (moue is opgerol), 'n wit bloes met dun skouerbandjies, 'n rooi noupassende broek en 'n mediumgrootte vlootblou skouersak met 'n goue ketting. Gee redes waarom hierdie uitrusting NIE vir 'n korporatiewe vergadering geskik is NIE. (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/November 2015 NSS VRAAG 5: BEHUISING 5.1 Noem VIER koste wat 'n koper moet betaal voordat 'n eiendom in sy/haar naam oorgedra kan word. (4) 5.2 Gee DRIE voordele van die bou van 'n huis. (3) 5.3 Noem DRIE dokumente wat deur banke vereis sal word as 'n koper vir 'n huislening aansoek doen. (3) 5.4 Definieer die term bykomende sekuriteit. (2) 5.5 Bestudeer die koerantadvertensies hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ADVERTENSIE A ADVERTENSIE B Meenthuis te koop Huis te koop Meenthuis in sekuriteitskompleks: Gesellige beginnershuis: 3 slaapkamers, 1 badkamer, toegeruste 3 slaapkamers, 1 badkamer, kombuis, woonkamer, motorafdak kombuis, woonkamer R650 000,00 R850 000,00 5.5.1 Identifiseer die tipe huiseienaarskap in: (a) Advertensie A (1) (b) Advertensie B (1) 5.5.2 Vergelyk die verantwoordelikheid vir instandhoudingskoste van die twee tipes eienaarskap wat in VRAAG 5.5.1 genoem is. Tabuleer jou antwoord soos volg: INSTANDHOUDINGSKOSTE INSTANDHOUDINGSKOSTE VIR EIENAARSKAP IN VIR EIENAARSKAP IN ADVERTENSIE A ADVERTENSIE B • • • (2) • (2) (4) 5.6 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Pieter, 'n voornemende huiseienaar, het 'n eiendom gevind wat aan sy gesin se behoeftes voldoen. Hy was egter teleurgesteld toe hy nie die terugbetaling van die lening kon bekostig nie. Gee vir Pieter raad oor die stappe wat hy moes gevolg het om te bepaal of hy die terugbetaling van die lening sou kon bekostig. (4) 5.7 Regverdig die volgende stelling: 'Dit is finansieel beter om 'n huis te koop as om een te huur.' (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/November 2015 NSS 5.8 Lees die advertensie hieronder en beantwoord die vraag wat volg. SKOTTELGOEDWASSER • 2 jaar-waarborg • 5 programme, waaronder 'n vinnigewas-opsie en 'n watervlakbeheer-program • Aanraakknoppies aan die voorkant • Geen vooraf spoel nodig nie • Ekstrawarm spoel • Verstelbare rakke • 14 bord-kapasiteit • Kinderveilige kontrole/meganisme • Metaalafwerking • AAA-energievlak • Slegs geskik vir skottelgoedwasser-veilige gereedskap 5.8.1 Noem VIER universele ontwerpkenmerke wat hierdie toestel 'n goeie kopie maak. (4) 5.8.2 Evalueer die geskiktheid van die skottelgoedwasser ten opsigte van die beskerming van die omgewing. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/November 2015 NSS VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Gee DRIE voorbeelde van oorhoofse koste vir 'n besigheid. (3) 6.2 Verduidelik die volgende terme: 6.2.1 Gehaltebeheer (2) 6.2.2 Volhoubare produksie (2) 6.3 Skryf 'n paragraaf en verduidelik die belangrikheid van 'n kontantvloei- vooruitskatting om 'n besigheid se volhoubaarheid te verseker. (3) 6.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Twee entrepreneurs verskaf sakke aan 'n aantal winkels landswyd. Hulle soek aktief na die beste gehalte tekstielstowwe en leer in Suid-Afrika. Die patrone vir die sakke word met die hand uitgeknip en dan aan 'n span vaardige naaldwerksters gegee wat verseker dat daar gehalte in elke steek is. Die besigheid groei as gevolg van hulle kreatiwiteit en omdat hulle gereeld hulle reeks en tekstielstowwe volgens modeneigings aanpas. Hulle verkoop die meeste sakke tussen Oktober en Januarie en hulle maak seker dat hulle genoeg voorraad vir hierdie maande het. Verbruikers kan hulle sakke by markte en in winkels koop of aanlyn bestel. Hulle hou kontak met hulle klante deur persoonlike kontak by markte en met sosiale media. Die produkreeks bestaan uit die volgende: • Bykomstighede: Badkamersakkies vir mans en dames, beursies, grimeersakkies • Handsakke: Skouersak, palmhandsakkies ('clutch bag') • Reissakke: Naweeksakke, oornagsakke • Besigheidsakke: Selfoonomhulsels, skootrekenaarsakke • Kindersakke: Pennesakkies, rugsakke vir seuns en meisies • Sakke vir babas: Doeksakke, minibadkamersakkies, reissakke vir babas [Aangepas uit www.peppertreebags.co.za] 6.4.1 Noem EEN menslike vaardigheid in die scenario en verduidelik hoe hierdie vaardigheid tot die sukses van die besigheid bydra. (3) 6.4.2 Bespreek TWEE maniere waarop die besigheid aan die vereistes vir die produksie van kwaliteitprodukte voldoen. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/November 2015 NSS 6.4.3 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Die koste van grondstowwe om 10 rugsakke vir kinders te produseer, is R900,00. Die besigheid se winsopslag is 150% om die oorhoofse koste te dek en wins te maak. Die besigheid het vir 21 werksdae in September 10 rugsakke per dag geproduseer. Bereken die wins wat hierdie besigheid sal maak as al die rugsakke verkoop word wat hulle in September geproduseer het. (9) 6.4.4 Verduidelik die moontlike redes waarom hierdie besigheid die meeste produkte tussen Oktober en Januarie verkoop. (4) 6.4.5 Voorspel of hierdie besigheid waarskynlik op lange duur volhoubaar winsgewend sal wees. Gee duidelike redes vir jou redenasie. (10) [40] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all