Skip to content
Memorandum

Consumer Studies Grade 12 NSC November 2015 Memo

Grade 12 Consumer Studies memorandum from the NSC November Exam 2015, 22 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Subject: Consumer StudiesGrade 12201522 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VERBRUIKERSTUDIES NOVEMBER 2015 MEMORANDUM PUNTE: 200 Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/November 2015 NSC – Memorandum VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 1.1.1 A Onthou, Maklik (Verken, bladsy 165; Suksesvol, Bl. 181) (1) 1.1.2 C Onthou, Maklik (Verken, Bl. 167; Suksesvol, Bl. 185) (1) 1.1.3 B Verstaan, Matig (Verken, Bl. 162; Suksesvol Bl. 179) (1) 1.1.4 D Onthou, Maklik (Verken, Bl. 89; Suksesvol Bl. 103) (1) 1.1.5 B Verstaan, Maklik (Verken, Bl. 79; Suksesvol Bl. 93) (1) 1.1.6 C Onthou, Maklik (Verken, Bl. 82; Suksesvol Bl. 95) (1) 1.1.7 D Verstaan, Maklik (Verken, Bl. 75; Suksesvol Bl. 89) (1) 1.1.8 A Verstaan, Maklik (Verken Bl. 107; Suksesvol Bl. 130) (1) 1.1.9 C Verstaan, Matig (Verken Bl. 64; Suksesvol Bl. 72) (1) 1.1.10 A Onthou, Maklik (Verken Bl. 58; Suksesvol Bl. 63) (1) 1.1.11 A Onthou, Maklik (Verken Bl. 125; Suksesvol Bl. 142) (1) 1.1.12 C Onthou, Maklik (Verken Bl. 128; Suksesvol Bl. 145) (1) 1.1.13 D Verstaan, Matig (Verken Bl. 130; Suksesvol Bl. 149) (1) 1.1.14 B/A Verstaan, Matig (Verken Bl. 148; Suksesvol Bl. 162) (1) 1.1.15 D Onthou, Maklik (Verken Bl. 13; Suksesvol Bl. 20) (1) 1.1.16 A Verstaan, Maklik (Verken Bl. 20; Suksesvol Bl. 25) (1) 1.1.17 D Onthou, Maklik (Verken Bl. 16; Suksesvol Bl. 21) (1) 1.1.18 C Verstaan, Maklik (Verken Bl. 25; Suksesvol Bl. 26) (1) 1.1.19 A Verstaan, Maklik (Verken, Bl. 19; Suksesvol Bl. 23) (1) 1.1.20 B Verstaan, Matig (Verken, Bl. 13; Suksesvol Bl. 20) (1) 1.2 1.2.1 F (1) 1.2.2 E (1) 1.2.3 B (1) 1.2.4 C (1) 1.2.5 G (1) Verstaan, Maklik (Verken p 93-94; Suksesvol p 113-114) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 1.3 1.3.1 D (1) 1.3.2 B (1) 1.3.3 F (1) 1.3.4 C (1) 1.3.5 G (1) Verstaan, Matig (Verken, p 126-127; Suksesvol p 146-147) 1.4 1.4.1 Marksamestelling/Bemarking strategie/plan/5 P’s (Verken, p 24; (1) Suksesvol, p 28) (1) 1.4.2 Teikenmark/groep  (Verken, p 20; Suksesvol, p 11) (1) 1.4.3 Handelsmerk/handelsnaam/slagspreuk/simbool/Logo/embleem (Verken, p 29; Suksesvol, p 28) Onthou, Maklik 1.5 C E F (Enige volgorde) (3) Ontleding, Matig (Verken, p 180; Suksesvol, p 199) 1.6 B C D/F G (4) H (Enige volgorde) Ontleding, Moeilik (Graad 11, Verken, bladsy 57; Suksesvol, bladsy 59) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/November 2015 NSC – Memorandum VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Definieer die term grys goedere/parallelle invoere. • Grysgoedere/parallelle invoere is items wat 'n vervaardiger nie in 'n spesifieke land verkoop wil hê nie,1wat daar beland deur ongemagtigde verspreidingskanale.2Dit is nie onwettig nie.3 (Enige 2) OF • Grysgoedere/parallelle invoere is goedere wat in 'n land ingevoer is deur ongemagtigde of nie-amptelike verspreidingskanale.1Hierdie is nie onwettige goedere nie, 2 dit word wettiglik in 'n land ingevoer en die nodige aksynsbelasting word betaal. 3 Dit word verkoop deur individue of besighede wat nie deur die vervaardiger gemagtig is om te doen nie. (Enige 2) (2) Onthou, maklik (Verken, bladsy 158; Suksesvol, bladsy 176) 2.2 Verduidelik die volgende tipes belasting wat deur Suid Afrikaanse belasting betalers betaal word: 2.2.1 Lopende betaalstelsel: Werknemers1trek belasting af van 'n werknemer wat voltyds in diens is/elke maand se inkomste/volgens ‘n glyskaal2wat meer as die drempel vir die jaar is.3 (Enige 2) OF Werknemer betaal terselfdertyd belasting 1wanneer hy/sy inkoms te verdien. 'n Werkgewer2trek elke maand een-twaalfde van die van die geskatte belasting wat die werknemer aan die einde van die jaar sal betaal./Die persoon se belasting verantwoordelikhede word in die loop van die jaar afbetaal.3 (Enige 2) 2 .2.2Voorlopige belasting: • Belastingbetalers wat nie 'n vasgestelde inkomste verdien nie 1betaal twee keer per jaar belasting2 gebaseer op hulle geskatte belasbare inkomste.3 (Enige 2) OF • Word betaal deur belastingbetalers met 'n ongereelde inkomste of mense met ander inkomste as hulle gereelde salaris.1 Belasting word in die vorm van twee paaiemente betaal2wat gegenereer word uit inkomste wat deur die jaar (2) verdien word. Onthou, maklik (Verken, bladsy 163; Suksesvol, bladsy 181) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 2.3 Bespreek hoe ‘n tekort aan die volgende munisipale dienste ‘n negatiewe invloed op die mense in ‘n gemeenskap kan hê: 2.3.1 • Indien rioolversameling en verwydering nie korrek en doeltreffend gedoen word nie, kan dit groot gesondheidskwessies/Ecoli/vlieë aanlok/slegte reuke veroorsaak. 1 • Mense kan siek2 word en kan nie werk toe gaan nie. Die verminderde inkomste sal hulle lewensomstandighede negatief beïnvloed wat hul inkomste .3 • Indien riool in strome en riviere sypel, word dit 'n gesondheidsgevaar omdat dit die area se drinkwater besoedel.4 (Enige 2) (2) 2.3.2 Vullisverwydering • Indien vullis nie gereeld verwyder/versamel word nie, sal dit bydra tot die skep van ongesonde en onveilige leef omgewings/fisiese gevaar vir kinders wat meer peste/vlieë/knaagdiere/mikroörganismes. veroorsaak3 • Swak vullisverwydering dienste sal dit moeilik maak om besigheid of industrie na die area te lok/onooglik4en sal werksgeleenthede vir inwoners beperk.5 • Negatiewe effek op die moraal van die gemeenskap. 6 (Enige 2) (2) Toepassing, matig (Verken, bladsy 182-183; Suksesvol, bladsy 203-204) 2.4 2.4.1 Verduidelik waarom Mona ‘n meer verantwoordelike Keuse as ‘n verbruiker gemaak het. • Gasverwarmers is die mees effektiefste en doeltreffendste manier om 'n vertrek te verwarm/'n Elektriese verwarmer neem tyd om warm te word daarom sal dit meer energie gebruik.1 • Gas produseer kits/vinnige hitte/gas is goedkoper as elektrisiteit.2 • Gas kan baie akkuraat gekontroleer word.3 • Deur gas te gebruik word die aanvraag vir elektrisiteit verlaag/meer volhoubaar4 en daardeur word die negatiewe impak op die omgewing/besoedeling deur die opwek van elektriese krag verminder.5 • Die gasverwarmer verlig die las op die land se oorlaaide energie voorsiening6 en verminder beurtkrag. 7 • Sy het dit teruggeneem binne vyf werkdae die afkoelperiode.8 • Sy het inligting gekry van die verteenwoordiger. 9 • Sy het dit gekoop van ‘n maatskappy wat spesialiseer in verwarmers.10 (Enige 3) (3) Verstaan, matig (Verken, 176; Suksesvol, bladsy 194-195) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 2.4.2 Noem DRIE redes waarom Lebo nie volgens die Wet op Verbruikersbeskerming opgetree het nie toe hy die verwarmer eers 14 dae nadat dit gekoop is, teruggeneem het. • Lebo het opgetree volgens 'n televisie advertensie wat nie as direkte bemarking beskou nie1 en sal nie binne die afkoeltydperk van die Wet op Verbruikersbeskerming val nie.2 • Volgens die Wet, moet Lebo bereid wees om die kredietverskaffer 'n redelike bedrag te betaal vir die onkoste om die verwarmer terug te bring3 en 'n redelike huur vir die tyd waarin die verwarmer in sy besit was.4 Die winkel mag hom 'n kansellasiefooi, van nie meer as tien persent van die uitstaande bedrag vra.5 (Enige 3) (3) Toepassing, matig (Verken, bladsy 155, 157; Suksesvol, bladsy 173, 175) 2.5 Bespreek hoe die repokoers verbruikers raak. • Die groot skêr verwys na die volmag van die Reserwebank om die repokoers te verlaag.1 • Die basis van die rentekoers berekening is die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Terugkoopkoers/Repokoers/Rentekoers op krediet- ooreenkomste styg en daal met die repokoers wat deur die Reserwebank gehef word.2 • Die banke sny hulle rentekoers/primakoers gebaseer op die sny in die repokoers.3 Indien die banke (prima) se rentekoers hoër as die repokoers is, word die verbruiker negatief geraak omdat hy/sy meer op lenings betaal.4 Verbruikers wat beleggings het, word bevoordeel omdat hulle meer rente verdien.5 • Indien die Reserwebank die repokoers sny, sal die banke volg deur die rentekoers op kredietkaart rekeninge te sny6 wat verbruikers met kredietkaarte positief raak.7 • Soos die repokoers gesny word,is verbruikers geneig om meer te bestee,8 wat moontlike skuld verhoog.9 (Enige 4) (4) Ontleding, moeilik (Verken, bladsy 166-167; Suksesvol, bladsy 184) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/November 2015 NSC – Memorandum VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 3.1.1 Noem TWEE simptome van gastroënteritis. • (Niebloederige) diarree/los stoelgange1 • Naarheid2 • Braking3 • Buik/maagpyn4 • Buik/maagkrampe5 • Opgeblaasdheid/winderigheid6 • Spierpyn7 • Hoofpyn8 • Koors9 (Enige 2) (2) Onthou, maklik (Verken, bladsy 91; Suksesvol, bladsy 108) 3.1.2 Noem hoe gastroënteritis oorgedra word. • Voedsel word besmet deur mense met virale gastroënteritis/bakterië/parasiete wat voedsel voorberei en hanteer.1 • Deur voedsel te eet wat met bakterieë besmet is.2 • Deur water te drink wat met bakterieë besmet is/vuil water.3 • Kontak met 'n besmette persoon,4 ongewasde hande/swak higiëne5 en vuil toerusting6 is die mees algemeenste roete vir oordrag. (Enige 2) (2) Onthou, maklik (Verken, bladsy 91; Suksesvol, bladsy 108) 3.2 Noem VIER voordele van geneties gemodifiseerde voedsel met betrekking tot die ekonomiese omgewing. • Minder plaagdoders word op oeste gesproei,1 wat die produksiekoste verminder.2 • Oeste mag 'n verhoogde weerstand teen siekte/droogte/ wisselende temperature hê/oeste kan gekweek word in streke met lae landbou produktiwiteit.3 daarom kan boere in hierdie areas ook finansiële voordeel trek.4 • Die oesopbrengs is groter/meer mense kan gevoed word/meer voedsel kan voorsien word/voedsel is meer volop5 en die produksiekoste mag laer wees/voedsel mag goedkoper wees/verhoog die inkomste vir die boer.6 • Voedselprodukte mag 'n langer raklewe/lewensduur hê,7 sodoende kan verbruikers in grootmaat aankoop en sodoende geld op die lange duur spaar.8 (Enige 4) (4) Verstaan, maklik (Verken, bladsy 103; Suksesvol, bladsy 123) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 3.3 3.3.1 Verduidelik waarom hawermout NIE vir ‘n persoon met Celiac se siekte/Seliakie geskik is NIE. • Hawermout is ongeskik omdat dit gluten bevat1 wat die voering van die derms wat villi2 bevat en help met die absorpsie van nutriënte beskadig.3 Die villi/liggaam/ ingewande4 is dan minder in staat om noodsaaklike nutriënte (3) te absorbeer/wat lei tot wanvoeding.5 Onthou, maklik (Verken, bladsy 80; Suksesvol, bladsy 93) 3.3.2 Identifiseer die inligting op die etiket wat vir verbruikers misleidend kan wees. • '(Die) energiekampioen'1 (1) OF • Dit is dus geen wonder dat Kampioen Hawermout al vir meer as 80 jaar Suid-Afrika se energiekampioen is nie.' 2 MOET NIE uitstekende bron van vitamien B aanvaar nie omdat dit ‘n nutriënt van hawermout is. Verstaan, matig (Verken, bladsy 102; Suksesvol, bladsy 121) 3.3.3 Simphiwe ly aan vetsug. Hy verkies om Kampioen Hawermout te koop, wat hy elke oggend saam met laevetmelk eet. Verduidelik hoe hierdie keuse hom kan help om sy vetsug te beheer. • Om ontbyt te eet help om die metabolisme aan die gang te hou en dit help met gewigverlies.1 • Die hawermout sal genoeg energie voorsien om hom deur sy oggend take in stand te hou.2 Dit sal voorkom dat hy later in die oggend sal peusel.3 • Die melk is laag in vet en dit sal help om sy totale energie/kilojoule inname te verminder.4 • Hawermout bevat 'n intermediêre glukemiese indeks5 wat 'n matige styging in die bloedglukosevlakke veroorsaak/stel glukose geleidelik vry.6 • Hawermout bevat vesel en dit maak hom versadig en vertraag die honger gevoel/dis eet hy/sy minder/verteer stadig7 en voorkom die wisseling in bloedglukosevlakke/verbeter koolhidrate metabolisme. 8 (Enige 4) (4) Toepassing, matig (Verken, bladsy 71, 73, 83; Suksesvol, bladsy 78 en 98) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 3.4 Gee redes waarom hepatitis A met swak sanitasie en ‘n gebrek aan persoonlike higiëne verbind word. Swak sanitasie: Hepatitis A versprei wanneer 'n onbesmette of ongeïmmuniseerde persoon 1 voedsel eet of water drink wat besmet was deur riool wat uitskeiding/ontlasting en urine bevat weens swak sanitasie.2 (Enige 1) Gebrek aan higiëne: Voedsel en drankies mag besmet word wanneer 'n besmette persoon nie sy of haar hande was1 nadat die toilet gebruik was/nadat ‘n doek van ‘n besmette baba verwissel word en dan aan voedsel raak. 2 (Enige 1) (2) Verstaan, maklik (Suksesvol 103, Verken 89) LET WEL: EEN punt elk 3.5 3.5.1 Gee TWEE redes waarom aartappelskyfies voedselbymiddels bevat. Om die raklewe te verleng/dit langer vars te hou. 1 • Om die smaak te verbeter. 2 • Om galsterigheid te voorkom.3 • Om die kleur te verbeter/te preserveer/voorkom oksidasie/ • voorkom verbruining. 4 (Enige 2) (2) Onthou, matig (Suksesvol 116, Verken 96) 3.5.2 Skryf ‘n paragraaf om die uitwerking van hierdie voedselitems op die fisiese en emosionele gesondheid van die leerders te illustreer. Fisies: Leerders sal vetsugtig/oorgewig word.1 omdat die voedsels wat genoem word baie verfynde koolhidrate/suiker/ stysel/vet2bevat met geen hoë-digtheid nutriënte.3Hierdie voedselitems kan hulle geïrriteerd / duiselig laat voel/hipertensie/ hartsiekte/diabetes kan veroorsaak.4Hierdie energieryke voedsels bevat bymiddels/kleurmiddels wat tot hiperaktiwiteit/swak konsentrasie kan lei/sommige leerders mag allergies wees vir die bymiddels.5 Wanvoeding kan voorkom omdat hierdie voedsel nie vitamiene en minerale/vitamien A6 bevat nie. Sommige leerders mag anemie ontwikkel weens 'n gebrek aan yster in die voedsel.7 Leerders mag meer vatbaar word vir infeksies weens 'n gebrek aan vitamien C.8Die hoë suikerinhoud kan tandbederf veroorsaak.9 (Enige 3) Emosioneel: Sommige leerders word deur hul portuurgroep verwerp/dit kan lei tot depressie/lae selfbeeld1 en hulle sal eet om goed te voel/goedvoelkos.2 (Enige 2) (5) Toepassing, moeilik (Suksesvol 116, Verken 96) LET WEL: Trek een punt af indien daar nie in paragraaf styl geskryf is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 3.6 3.6.1 Nita het hipoglukemie ervaar terwyl sy inkopies gedoen het. Verduidelik wat hierdie toestand veroorsaak het. • Nita het 'n energie drankie gedrink,1 wat 'n hoë glukemiese indeks/GI2 gehad het, haar bloedglukosevlak het skerp gestyg.3 • As 'n diabeet, moes sy nie slegs 'n energie drankie/suikerryke dranke/hoë GI drankie gedrink het nie/op ‘n leë maag.4 • Haar liggaam het oorreageer wat veroorsaak het dat haar pankreas te veel insulien geproduseer het5 om glukose na haar selle te vervoer.6 • Dit het haar bloedglukosevlakke vinnig laat daal7 en het gelei tot duiseligheid, verwarring en bewussynsverlies.8 (Enige 4) (4) Toepassing, matig (Verken, bladsy 71; Suksesvol bladsy 78-79) 3.6.2 Bespreek hoe Nita die voorval in die scenario kon voorkom het. • Nita moet gereelde maaltye eet/nie maaltye oorgeslaan nie/moes die gepakte kospakkie geëet het.1 • Sy moet gesonde versnaperings/peuselhappies2 elke drie uur eet. • Sluit lae-GI-koolhidrate in elke maaltyd/versnaperings/ peuselhappies3om haar bloedglukosevlakke egalig/stabiel4te hou. • Vermy die eet of drink van slegs hoë GI voedsel of drankies (energie drankies).5 • Kombineer hoë en lae GI koolhidrate voedsels6 en hoë GI voedsel met proteïenryke voedsel/hoender/tuna.7 • Sy moet die hoeveelheid glukose wat 'n haar bloedstroom kom, beheer/die hoeveelheid glukose in haar bloedstroom stabiel hou.8 (Enige 3) (3) Verstaan, matig (Suksesvol 78-79, Verken 71) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 3.6.3 Evalueer die geskiktheid van die voedsel in Nita se kosblik om haar diabetes te beheer. • Volgraanbrood: Die volgraanbrood is veselryk1 en het ‘n lae GI2 Veselryke voedsels word stadig verteer en voorkom wisseling in bloedglukosevlakke/ verbeter koolhidraat metabolisme3 en verlaag die totale cholesterolvlak.4 • Canola margarien: Bevat onversadigde vet wat voordelig sal wees.5 • Hoendermayonnaise: Die hoender bevat versadigde vet6wat spaarsamig gebruik moet word, 7 die mayonnaise het ‘n hoë vetinhoud8 wat kan lei tot vetsug/oorgewig9 • Die tuna(olierigevis) bevat onversadigde vet, wat die risiko van hartsiektes verminder. 10 • Tamatie-en avokadopeerslaai: Die tamatie het ‘n lae GI11en is veselryk.12 • Die avokado bevat onversadigde vet13 wat die risiko van hartsiekte en beroerte verminder.14 • Appel: bevat ‘n lae GI15en is veselryk.16 • Brosbroodbeskuitjies: Die brosbroodbeskuitjies bevat transvet wat beperk moet word omdat diabete geneig is tot hartsiektes17.Die brosbroodbeskuitjies bevat ‘n intermediêre/hoë GI18 en bevat suiker wat ‘n die bloedglukosevlakke verhoog.19 (Enige 7) • Gevolgtrekking: Die meeste voedsel in die kosblik is geskik om diabetes te bestuur.20 (1) (8) Evalueer, moeilik (Verken, bladsy 73; Suksesvol, bladsy 82-83) [40] VRAAG 4: KLEDING 4.1 Definieer die volgende terme: 4.1.1 • Mode is 'n kledingstyl wat die meeste mense1 in 'n land/ouderdomsgroep/area2 nou/huidig/op 'n spesifieke tyd dra.3 (Enige 2) OF • Mode is die styl wat deur 'n spesifieke groep mense4 op 'n gegewe tyd5 en plek aanvaar.6 (Enige 2) (2) Onthou, maklik (Verken, bladsy 48; Suksesvol, bladsy 49) 4.1.2 • Retrospektiewe modes verwys na klere wat die style van 'n vorige era1 naboots.2 OF • Ontwerpers gaan na geskiedenis vir inspirasie en ontwerp kledingstukke wat 'n vroeëre tydperk3 naboots4 LET WEL: Retrospektiewe kledingstukke is nie oorspronklike/ klassiek-outydse kledingstukke nie. (2) Onthou, maklik (Verken, bladsy 51; Suksesvol, bladsy 53) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 4.2 Noem TWEE faktore om in ag te neem wanneer klere vir die werksomgewing gekoop word. • Klere moet by die figuurtipe/liggaamsvorm, 1 tipe werk2 en die beeld van die maatskappy pas.3 • Kledingstukke moet koördineer in terme van styl/kleur/tekstuur (ontwerp elemente en beginsels)4 om te meng en pas5 vir die uitbreiding van die werksklerekas van 'n professionele persoon.6 • Kledingstukke moet by die weersomstandighede/klimaat /seisoen pas.7 • Oorweeg jou beskikbare begroting/geld. 8 • Oorweeg ook jou persoonlikheid en waardesisteem.9 (Enige 2) (2) Onthou, maklik (Verken, bladsy 56; Suksesvol, bladsy 59) 4.3 4.3.1(a) Noem die stadium in die modesiklus wanneer jong mode- ontwerpers nuwe tekstielstowwe, gemaak van hennep wat met ander vesels gekombineer is, ten toon sal stel. • Begin-/loodsfase/bekendstelling (1) Onthou, maklik (Verken, bladsy 49; Suksesvol, bladsy 50) 4.3.1(b) Beskryf die stadium in die modesiklus wat in VRAAG 4.3.1 (a) genoem is. • 'n Nuwe mode-/tekstielstof word voorgestel1 by modeskoue/ loopplank/ in tydskrifte.2 • Slegs 'n paar mense/beroemde persoonlikhede/modeleier/ sal dit dra. 3 • Beskikbaar vanaf mode-ontwerpers.4 • Hierdie items is eksklusief5 en duur.6 (Enige 2) (2) Verstaan, matig (Verken, bladsy 49; Suksesvol, bladsy 50) 4.3.2 Verduidelik waarom daar ‘n behoefte aan ekovriendelike tekstielstowwe is. • Die natuurlike hulpbronne is beperk1 en moet beskerm word2 anders sal dit uitgeput of permanent beskadig word.3 • Meer en meer mense wil die Aarde beskerm en hulle koolstofspoor verminder4/meer mense wil produkte hê wat 'n minimale impak op die omgewing het.5 (Enige 2) (2) Verstaan, matig (Verken, bladsy 61; Suksesvol, bladsy 67) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 4.3.3 Bespreek waarom hennep as ‘n ekovriendelike tekstielstof beskou kan word. • Dit is maklik om te kweek/groei vinnig.1 • Dit produseer meer veselopbrengs per akker as enige ander tekstielplant en maak grond beskikbaar wat vir voedseloeste gebruik kan word.2 • Dit voeg organiese materiaal by die bogrond/verbeter grond.3 • Minder afval/geen afval word geskep.4 • Dit is volhoubaar/in 'n omgewingsvriendelike manier gekweek.5 • Dit hou baie lank/kan vir baie lank gedra word/is duursaam en dus verminder dit afval.6 (Enige 3) (3) Verstaan, matig (Uit die uittreksel en Verken, bladsy 61; Suksesvol, bladsy 67- 68) 4.3.4 Bespreek kortliks waarom kledingstukke wat van hennep gemaak is as klassiekestyl-kledingstukke beskou kan word. • Hennep is goeie gehalte/sal lank hou/langdurig/duursaam/pas goed in met ander vesels1wat dit 'n geskikte keuse vir klassieke style maak.2 (2) Ontleding, matig (Verken, bladsy 49; Suksesvol, bladsy 51) 4.4 Gee redes waarom die uitrusting nie geskik is vir ‘n korporatiewe vergadering gekik is nie. Die opgerolde moue van die baadjie/kleurbaadjie skep 'n informele voorkoms.2 Die kleure blou en rooi is te informeel2en die noupassende broek is te styf/onprofessioneel3 is nie geskik vir 'n korporatiewe vergadering nie. Die bloese met dun skouerbandjies is nie geskik nie/te informeel/nie professioneel. 4 Die breë armbandbonkige halsnoer/skouersak (4) is te informeel /onproffesioneel.5Die lae halslyn ontbloot teveel en is nie geskik vir ‘n koêperatiewe vergadering nie.6 (Enige 4) LET WEL: Leerders moenie aanbevelings maak nie. Evalueer, moeilik (Verken, bladsy 53-57; Suksesvol, bladsy 60 -63) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/November 2015 NSC – Memorandum VRAAG 5: BEHUISING 5.1 Noem VIER koste wat ‘n koper moet betaal voordat ‘n eiendom in sy/haar naam oorgedra kan word. • Oordragkoste1 • Oordragfooi2 • Aktekantoorfooie/administrasiekoste3 • Deposito4 • Verbandregistrasiekoste/fooie5 • Aanvangsfooi/interim fooi6 • Eiendomswaardasiefooie7 • Prorata eiendomsbelasting8 (Enige 4) (4) Onthou, maklik (Verken, bladsy 127 – 128; Suksesvol, bladsy 146) 5.2 Gee DRIE voordele van die bou van ‘n huis. • Om te bou, kan minder kos as om te koop as jy 'n eienaarbouer is.1 • Die eienaar kan die huis ontwerp volgens sy/haar behoeftes/smaak/.2 Die eienaar kan sy/haar eie ontwerp/toebehore/vloerbedekkings kies3 en kan die nuutste ontwerpe kies.4 Dit kan persoonlik bevredigend wees indien jy 'n aktiewe rol in die bouproses neem.5 • Die eienaar kan die nuutste tegnologie gebruik/kies.6 • Die huis/komponente/toebehore/toestelle is alles nuut en behoort te werk.7 • Dit is moontlik om 'n omgewingsvriendelike huis te skep.8 • Die huis kan volgens die eienaar se eie skedule voltooi word/Indien daar nie genoeg fondse is nie, kan die bouwerk vir 'n rukkie gestaak word.9 • Nuwe huise word oor die algemeen in groeiende areas eerder as areas wat verval het, gebou en dit sal in die toekoms help om die huis te herverkoop/'n nuwe huis is 'n goeie belegging. 10 (Enige 3) (3) Onthou, maklik (Verken, bladsy 121, Suksesvol, bladsy 138) 5.3 Noem DRIE dokumente wat deur die bank vereis sal word as ‘n koper vir ‘n huislening aansoek doen. • Huislening aansoekvorm1 • Gesertifiseerde afskrif van die koper se Suid-Afrikaanse identiteitsdokument/paspoort2 • Bewys van inkomste/mees onlangse salarisadvies/bankstaat/brief vanaf die werkgewer3 • Afskrif van die koopaanbod4 • Bewys van huidige woonadres/munisipale /winkelrekening/geldige TV lisensie5 • Inkomstebelasting verwysingsnommer.5 (Enige 3) (3) Onthou, maklik (Verken, bladsy 129; Suksesvol, bladsy 147) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 5.4 Definieer die term bykomende sekuriteit Iets wat as waarborg dien1 as sekuriteit vir die betaling van 'n lening.2 • OF • Die waarde van die eiendom/huis3 dien as sekuriteit vir die geleende geld/lening.4 OF • As die lening nie die totale aankoopprys dek nie,5 mag die koper gevra word om te help met betaling uit ander bron.6 (Enige 2) (2) Onthou, matig (Verken bladsy 126, Suksesvol bladsy 144) 5.5 5.5.1 Identifiseer die tipe huiseienaarskap in: (a) Advertensie A (1) • Deeltitel/kondominium Verstaan, maklik (Verken, bladsy 121; Suksesvol, bladsy 139) 5.5.1(b) Advertensie B (1) • Voltitel/enkeltitel/vrypag Verstaan, maklik (Verken, bladsy 122; Suksesvol, bladsy 140) 5.5.2 Vergelyk die verantwoordelikheid vir instandhoudingskoste van die twee tipe eienaarskap wat in Vraag 5 5.1 genoem is. Tabuleer jou antwoord soos volg: INSTANDHOUDINGSKOSTE INSTANDHOUDINGSKOSTE VIR EIENAAR IN VIR EIENAAR IN ADVERTENSIE A ADVERTENSIE B (Deeltitel eienaarskap) Voltitel eienaarskap) • Eienaar is verantwoordelik vir • Eienaar is verantwoordelik die instandhouding van die vir die instandhouding van binnekant1 van die die binnekant en buitekant eenheid/meenthuis. van die huis. 1 • Maandelikse heffings 2 word • Die eienaar moet vir die aan die instandhouding van die huiseienaarsvereniging vir die tuin/swembad/buitekant instandhouding van van die huis betaal.2 gemeenskaplike areas/tuin/ swembad/trappe/gange/buitek ant van die meenthuis/eenheid betaal.3 (Enige 2) (2) (4) Verstaan, matig (Verken, bladsy 122; Suksesvol, bladsy 139 – 140) LET WEL: Trek EEN af indien die antwoord nie in tabelvorm is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 5.6 Gee vir Pieter raad oor die stappe wat hy moes gevolg het om te bepaal of hy die terugbetaling van die lening sou kon bekostig. • Maandelikse terugbetaling moenie 25% van sy of 30%1 van hulle gesamentlike maandelikse inkomste oorskry nie. 2 • Peter moes sy finansiële posisie met die leningsinstansie bevestig het/uitvind hoeveel hy kon leen/kry vir die huislening/subsidie voordat hy vir 'n huis kyk. 3 • Hy moes geld vir 'n deposito spaar.4 • Slegs kyk na huise wat hy kon bekostig. 5 • Bestaande skuld oorweeg. 6 • Moes ander versteekte koste oorweeg toe hy koop bv. versekering/ instandhouding/eiendomsbelasting/oordragskoste ens.7 (Enige 4) (4) Toepassing, matig (Verken, bladsy 124; Suksesvol, bladsy 145) 5.7 Regverdig die volgende stelling: ‘Dit is finansieel beter om ‘n huis te koop as om een te huur’ •Die stelling is waar1die huiseienaar sal finansieel beter af wees. •Die besit van 'n huis help jou om rykdom, in die vorm van 'n bate wat toeneem in waarde, te versamel/dit is 'n goeie belegging omdat die waarde van die eiendom met verloop van tyd toeneem/'n huurder se bates neem nie toe nie.2 • Die huis kan teen 'n wins verkoop word3 as die mark toestande gunstig is,4 sodoende skep dit langtermyn rykdom. • Huispryse styg normaalweg meer as die rente wat jy op spaargeld kan verdien.5 • As jy koop het jy sekuriteit van eiendomsreg, wat nie die geval is wanneer jy huur nie./Huiseienaarskap gee 'n gevoel van sekuriteit en onafhanklikheid.6 • Wanneer jy koop kan jy die huis aan die kinders nalaat (in die testament).7 • Jy kan die huis as kollaterale sekuriteit vir 'n banklening gebruik./'n Huurder kan nie die gehuurde eiendom as sekuriteit vir 'n banklening gebruik nie.8 • 'n Vertrek in die huis kan uitverhuur word om 'n inkomste uit die eiendom te verdien9 (sonder die toestemming van 'n ander persoon). • Sodra jy jou verband afbetaal het, betaal jy nie vir akkommodasie10 nie, behalwe vir eiendomsbelasting en versekering.11 • Hoewel maandelikse huur aanvanklik goedkoper is as verband terug betalings, is dit op die lange duur duurder12 omdat huur jaarliks styg terwyl verband terugbetalings slegs met die rentekoers wissel.13 • Nadat huur vir jare betaal word, besit die huurder nog steeds nie die eiendom nie/gehuurde eiendom word nooit joune nie14en jy betaal eintlik iemand anders se huis af.15 (Enige 8) (8) Ontleding, matig (Verken, bladsy 118 en 122; Suksesvol, bladsy 137 en 140) LET WEL: Die klem lê op die finansiële voordele. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 5.8 5.8.1 Noem VIER universele ontwerpkenmerke wat hierdie toestel ‘n goeie kopie maak: • 5 programme maak dit moontlik om die mees doeltreffendste program te kies.1 • Aanraakkontrole maak dit maklik om daarmee te werk2 • 14-bord-kapasiteit2 • Verstelbare rakke beteken dat die hoogte van die rakke verstel kan word wanneer groot items gewas word.3 • Geen vooraf spoel word benodig nie/ekstra warm spoel4 • Kinderveilige meganisme maak dit veiliger om te gebruik.5 • Aanraak-kontroleknoppies is aan die voorkant wat dit maklik bereikbaar maak6 en is meer toeganklik vir mense in rolstoele.7 (Enige 4) (4) Toepassing, moeilik (Verken bladsy 147-148, Suksesvol bladsy157) 5.8.2 Evalueer die geskiktheid van die skottelgoedwasser ten opsigte van die beskerming van die omgewing. • Dit 'n vinnige wasopsie, wat energie vir 'n korter tydperk sal gebruik, dus sal dit elektrisiteit bespaar. 1 • Dit het 'n watervlak-kontrole-program wat gebruik kan word om water verbruik te beheer/dit bespaar oop elektrisiteit omdat minder water verhit moet word. 2 • Geen vooraf-spoel is nodig, dus word water bespaar.3 • 14 bord kapasiteit bespaar elektrisiteit deur 'n volle lading borde op een slag te was./Deur dit vol te maak voordat dit gebruik word sal die gebruik van elektrisiteit bespaar word.4 • AAA energie gradering beteken dat elektrisiteit meer doeltreffend gebruik word.5 (Enige 5) (5) • Gevolgtrekking: 6 Die skottelgoedwasser is geskik.7 (1) OF • Die skottelgoedwasser gebruik meer elektrisiteit as om skottelgoed met die hand te was1dit dra by tot die koolstof voetspooromdat natuurlike hulpmiddels gebruik word vir die opwekking van elektrisiteit. 2 • Die skottelgoedwasser gebruik meer water as wanneer met die hand gewas word/minder water om skottelgoed in die opwasbak te was. 3 • Nie- menslike hulpmiddels word gebruik4in vervaardiging van (5) skottelgoedwassers. 5 • Gevolgtrekking: Die skottelgoedwasser is nie geskik nie omdat (1) dit skadelik is vir die omgewing. 6 Evalueer, moeilik (Verken, bladsy 137, 146-147; Suksesvol, bladsy 157 – 158) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/November 2015 NSC – Memorandum VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Gee DRIE voorbeelde van oorhoofse koste vir die besigheid. • Elektrisiteit1 • Water2 • Skryfbehoeftes3 • Brandstof/vervoer/afleweringskoste4 • Huur5 • Administrasiekoste/telefoon/selfoon/faks/internet6 • Skoonmaakkoste/skoonmaakmateriaal/instandhouding7 • Arbeid/lone of salarisse8 • Versekering9 (Enige 3) (3) Onthou maklik (Verken p 37, Suksesvol p 36) 6.2 Verduidelik die volgende terme: 6.2.1 Gehaltebeheer • Gehaltebeheer is die inspeksieproses1 om te verseker dat produkte aan die vereiste standaarde voldoen.2 OF • Gehaltebeheer is die prosedure om te verseker dat die gehalte van die produk gehandhaaf word3 deur inspeksie4 om te voldoen aan die vereiste standaarde.5 (Enige 2) (2) Onthou, maklik (Verken, bladsy 16; Suksesvol, bladsy 22) 6.2.2 Volhoubare produksie • Volhoubare produksie beteken om goedere en dienste te gebruik om lewensgehalte te verbeter1 en om aan die (basiese) behoeftes van verbruikers te voorsien2 sonder om die omgewing te beskadig.3 • Die produksie van afval/besoedeling/gifstowwe/kweekhuisgasse4 (2) moet minimaal wees om die omgewing te volhou. 5 (Enige 2) Onthou, maklik (Verken, bladsy 26; Suksesvol, bladsy 26) 6.3 Skryf ‘n paragraaf en verduidelik die belangrikheid van ‘n kontantvoei- vooruitskatting om ‘n besigheid se volhoubaarheid te verseker. Swak kontant bestuur is die oorsaak van mislukking in enige besigheid.1 'n Kontantvloeiprojeksie sal help om te verseker dat daar genoeg kontant/ geld2 is om werknemers/verskaffers/grondstowwe/bestanddele/kleedstof/ garing/verpakking/brandstof/elektrisiteit/telefoonrekeninge te betaal.3 'n Kontantvloeiprojeksie kan gebruik word om te monitor of die besigheid sy finansiële doelwitte bereik.4'n Kontantvloeiprojeksie sal kontantvloei probleme wat in die toekoms kan ontstaan, identifiseer.5 (Enige3) LET WEL: Trek een punt af as die antwoord nie in paragraafstyl geskryf word nie. (3) Verstaan, matig (Verken, bladsy 40; Suksesvol, bladsy 42) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 19 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 6.4 6.4.1 Noem EEN menslike vaardigheid in die scenario en verduidelik hoe hierdie vaardigheid tot die sukses van die besigheid bydra. • Kreatiwiteit1het bygedra tot die produksie van 'n verskeidenheid/reeks produkte2 en hulle reeks en tekstielstof op datum te hou en tred te hou met die nuwe neiging/ tendens. 3 • Kennis4 die naaldwerkers was vaardig5wat verseker dat daar gehalte in elke steek is/lees van patrone.6 • Kommunikasie7Hulle bly in kontak met hulle kliënte deur persoonlike kontak8 en sosiale media/Web bladsy/Twitter/ Facebook.9 (Enige 1 moet 3 punte tel) (3) Toepassing, maklik (Verken, bladsy 10; Suksesvol, bladsy 17) 6.4.2 Bespreek TWEE maniere waarop die besigheid aan die vereistes vir die produksie van kwaliteitprodukte voldoen. Goeie gehalte grondstowwe word gebruik.1 Die besigheid • verkry die beste gehalte tekstielstof/leer.2 • Deur die patrone met die hand te knip3 word goeie gehalte handsakke verseker wat aan voorgeskewe produkspesifikasies voldoen.4/Individuele geknipte handsakke5 is uniek.6 • Die vaardige naaldwerksters7 verseker dat daar in elke steek gehalte is8 en dit dra by tot goeie gehalte handsakke. • Produktereeks is geskik vir die behoeftes9 van ‘n wye teikengroep/baie/verskeidenheid mense. 10 (2 x 2) (4) Toepassing, matig (Verken, bladsy 20, 21, 25; Suksesvol, bladsy 24 – 25) 6.4.3 Bereken die wins wat hierdie besigheid sal maak as al die rugsakke verkoop word wat hulle in September geproduseer het. R900,00 + 150% = R2 250,00 R2 250,00 ÷ 10= R225,00 10 x R225,00 x 21= R47 250,00 R900,00 x 21 = R18 900,00 R47 250,00 – R18 900,00 = R28 350,00 OF R900.00 + 150% = R1350,00 R900,00 + R1 350= R225,00 R1350,00 x 21 = R28350,00 OF R900,00 x 21 = R18 900,00 R18 900,00 +150%= R47250,00 R47 250,00 – R18 900,00= R28 350,00 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 20 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 21 x 10 =210 210 x R900,00 = R18 900,00 150÷100x R18 900,00 = R28350,00 OF R900,00 + 150% = R2250,00 2250,00 ÷10= R225,00  10 x 225,00 x 21 = R47 250,00 R900,00 x 21 = R18 900,00 R47 250,00- 18 900,00 = R28 350,00 OF R900,00 ÷ 10 = R90,00 R90 x 150% = R135,00 R1350,00 + 90 = R225,00 R225,00 x 21 x 10 = R 47 250,00 R90,00 x 21 x 10 = R18 900 00 R47 250,00 – R18 900,00 = R28 350,00 OF 10 x 21 = 210 R900,00 ÷ 10= R90,00 R90,00 x 210 = R18 900,00 R18 900.00 x 150% = R28 350,00 OF 150 ÷ 100 X R900,00 = R1350,00 21 X R 1350,00 = 28 350,00 OF R900,00 x 150% = R 1350,00 R1350,00 ÷10 = R135,00 R135,00 x 210 = R28 350,00 LET WEL: Die Rand- (R) waarde moet aangedui word. Penaliseer (- 1) slegs een keer. (9) Toepassing, matig (Verken, bladsy 39 - 40; Oxford, bladsy 38 – 40) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 21 DBE/November 2015 NSC – Memorandum 6.4.4 Verduidelik die moontlike redes waarom hierdie besigheid die meeste produkte tussen Oktober en Januarie verkoop het. • Mense kry hulle bonusse/stokvel terugbetaling/spaargeld gedurende hierdie tyd van die jaar1 daarom is daar meer besteebare inkomste om sakke te koop.2 • Mense koop sakke as geskenke vir Kersfees.3 • Mense koop toiletsakke/grimeersakkies/reissakke om met vakansie te gaan.4 • Pennesakkies/rugsakke mag tydens Desember tot in die begin van die nuwe skool jaar goed verkoop5omdat skole in Januarie heropen.6 • Mense het meer tyd tydens vakansies om markte te besoek.6 (Enige 4) (4) Ontleding, matig (uit scenario) (Verken, bladsy 40; Suksesvol, bladsy 41) 6.4.5 Voorspel of hierdie besigheid waarskynlik op die lange duur volhoubaar winsgewend sal wees. Gee duidelike redes vir jou antwoord. • Die besigheid is volhoubaar/dis onwaarskynlik dat dit nie volhoubaar sal wees nie 1 omdat dit 'n plan/doelwit/missie/in plek het om te verseker dat dit kan groei2 en steeds 'n profyt/wins in die lang termyn maak/die winsopslag is meer as 100%.3 • Die besigheid bring konstant hulle reeks en tekstielstof op datum4 wat verseker dat hulle by neigings/tendense hou.5 • Die besigheid gebruik die beste gehalte tekstielstof en leer.6Die patrone vir die sakke word met die hand geknip.7 Vaardige naaldwerksters doen die stikwerk en hulle verseker goeie gehalte stikwerk.8 Dit sal alles kliëntetevredenheid/ lojaliteit verseker.9 • Die besigheid bly in kontak met kliënte deur persoonlike kontak/webblad/Facebook/Twitter (sosiale media).10 • Die besigheid skep vir almal sakke /mans, dames, kinders en babas.11Dit verseker dat hulle aan 'n reeks/verskeidenheid behoeftes voldoen.12 • Almal benodig sak(ke) omdat verbruikers altyd goedere het om te dra/dit is ‘n bruikbare item wat van tyd tot tyd vervang moet word.13 • Die besigheid het 'n verskeidenheid verkooppunte./ Die produkte word by marke/winkels/aanlyn14verkoop. Dit verseker 'n wye blootstelling van produkte aan die verbruikers/baie verbruikers kom in kontak met die produkte.15 Dit verseker dat daar 'n gereelde inkomste is.16 • Die produk is plaaslik vervaardig wat landwyd aan winkels voorsien word wat baie toeriste sal aantrek.17 • Die besigheid maak seker dat daar genoeg voorraad is18vir die besige maande Oktober - Januarie. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 22 DBE/November 2015 NSC – Memorandum • Die besigheid is nie volhoubaar nie1 omdat hierdie items luukse items is, en in die huidige ekonomiese klimaat het baie verbruikers nie geld vir luukse items nie.2 • Dit kom voor of hierdie items nie op krediet beskikbaar is nie.3 • Dieselfde items kan by die plaaslike afdelingswinkel4teen ‘n goedkoper5 prys en op rekening. 6 • Daar is geen waarborg dat winkels weer gaan bestel nie.7 • Afleweringskoste na landwye winkels kan die wins verminder.8 • Moontlike prys verhogings in die prys van rou materiaal kan die besigheid nadelig affekteer. 9 • Daar is geen waarborg dat die mannekrag vaardig en behoue bly nie. 10 • Werkers mag meer geld eis omdat dit arbeid intensief is.11 • Ongunstige weersomstandighede mag tot verliese lei en die wins verminder. 12 (Enige 10) (10) Evalueer, moeilik (Verken, bladsy 35; Suksesvol, bladsy 34) TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2015 Memo | Hlayiso