You're offline
Skip to content
Exam guideline

Consumer Studies GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr hlayiso.com

Subject: Consumer StudiesGrade 12202118 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VERBRUIKERSTUDIES EKSAMENRIGLYNE GRAAD 12 2021 Hierdie riglyne bestaan uit 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/2021 Eksamenriglyne INHOUDSOPGAWE Bladsy 1. INLEIDING 3 2. ASSESSERING IN GRAAD 12 4 2.1 Instruksies en InligtingSamestelling van die vraestel 4 2.2 Samestelling van vraestel 4 2.3 Kognitiewe denkvlakke 5 2.4 Kognitiewe eise 5 2.5 Formaat van die vraestel 6 3. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN 6 4. 2021 NASIONALE HERSTEL JAARLIKSE ONDERRIGPLAN (JOP) 7 5. TIPE VRAE 8 6. VAKINHOUD PER VRAAG 11 6.1 AFDELING A: VRAAG 1: Kortvrae (al die onderwerpe) 11 6.2 AFDELING B: VRAAG 2: Die Verbruiker 11 6.3 VRAAG 3: Voedsel en Voeding 13 6.4 VRAAG 4: Kleding 14 6.5 VRAAG 5: Behuising en Interieur 15 6.6 VRAAG 6: Entrepreneurskap 16 7. ALGEMENE RIGLYNE VIR NASIENERS 17 8. GOEDGEKEURDE HANDBOEKE 18 9. SLOT 18 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/2021 Eksamenriglyne 1. INLEIDING Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Verbruikerstudies beskryf die aard en doel van die vak Verbruikerstudies. Dit rig die filosofie wat die basis is van die onderrig en assessering van die vak in graad 12. Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:  Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen in Verbruikerstudie geassesseer gaan word.  Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei. Hierdie dokument fokus op die finale graad 12 eksterne eksamen. Dit behandel op geen vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SGA), Praktiese Assesseringstaak (PAT) of finale eksterne praktiese eksamen nie aangesien dit verduidelik word in 'n aparte PAT dokument wat jaarliks hersien word. Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:  Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV): Verbruikerstudies  Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R-12)  Die nasionale beleid met betrekking tot die programme- en promosievereistes van die Nasionale Kurrikulumstelling, graad R–12  Die verkorte afdeling 4 van die Graad 12 KABV-wysigings ('Abridged Section 4 of the Grade 12 CAPS Amendments')  Die nuwe Nasionale Herstel-onderrigplan (ATP) vir 2021 tot 2023 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/2021 Eksamenriglyne 2. ASSESSERING IN GRAAD 12 2.1 Instruksies en Inligting Die volgende instruksies en inligting verskyn altyd op die tweede bladsy van die eksamenvraestel. Leerders moet hiervan bewus gemaak word aangesien hulle nie altyd by hierdie instruksies en inligting bly nie. Die vraestel bestaan uit SES vrae: VRAAG INHOUD PUNTE GEWIGSWAARDE AFDELING A 1 Kortvrae (alle onderwerpe) 40 20% AFDELING B 2 Die Verbruiker 40 20% 3 Voedsel en Voeding 40 20% 4 Kleding 20 10% 5 Behuising en Interieur 20 10% 6 Entrepreneurskap 40 20% TOTAAL 200 100% 1. ALLE vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 2. Nommer die vrae volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik. 5. Skryf slegs met swart of blou ink. 6. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 7. Skryf netjies en leesbaar. 2.2 Samestelling van die Vraestel (Verkorte Afdeling 4 van die GRAAD 12 Gewysigde KABV bladsy 43)  Die Verbruikerstudie-eksamen bestaan uit een 3 uur-vraestel van 200 punte.  Daar is SES VERPLIGTE vrae wat al die onderwerpe in Afdeling A en Afdeling B van die vraestel dek.  Vrae sal gestel word gebaseer op gevallestudies, scenario's, spotprente, grafieke, prentjies, etikette, resepte, spyskaarte en ander toepaslike bronne. INHOUD PUNTE GEWIGSWAARDE AFDELING A VRAAG 1 Kort VRAE (al die onderwerpe) 40 20% VERPLIGTEND: Sluit 'n verskeidenheid tipes kortvrae in. AFDELING B VRAAG 2 Die Verbruiker 40 20% VRAAG 3 Voedsel en Voeding 40 20% VRAAG 4 Kleding 20 10% VRAAG 5 Behuising en Interieur 20 10% VRAAG 6 Entrepreneurskap 40 20% TOTAAL 200 100% Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/2021 Eksamenriglyne 2.3 Kognitiewe Denkvlakke Die vraestel maak voorsiening vir 'n reeks kognitiewe vlakke en verskillende moeilikheidsgrade/kognitiewe eise. Die Verkorte Afdeling 4 van die Gewysigde KABV verskaf 'n uiteensetting van die verskillende kognitiewe denkvlakke van die vrae. KOGNITIEWE DENKVLAK PUNTE GEWIGSWAARDE Laer orde: Onthou 60 30% Middel orde: Verstaan 20% 100 50% Toepassing 30% (40 + 60) Hoër orde: Analiseer, Evalueer, Skep 40 20% TOTAAL 200 100% 2.4 Kognitiewe Eise Die kognitiewe eise verwys na die tipe en vlak van denke benodig om suksesvol te reageer op die instruksie van 'n vraag of taak. Assessering in Verbruikerstudies moet voorsiening maak vir 'n goed gebalanseerde verspreiding van 'n reeks kognitiewe vlakke en leerdervermoëns. Wanneer 'n vraestel opgestel word, word 'n ontleding terselfdertyd gedoen om te verseker dat die gewigswaarde volgens die Verkorte Afdeling 4 van die Gewysigde KABV (bladsy 44) toegepas word. MOEILIKHEIDSGRAAD PUNTE GEWIGSWAARDE Maklik 60 30% Matig/Gemiddeld 100 50% Moeilik 40 20% TOTAAL 200 100% Die verspreiding van die kognitiewe denkvlakke en die moeilikheidsgrade is per VRAAG, asook per die vraestel as 'n geheel, gebalanseerd. Kognitiewe Vlakke: Modelriglyne per Vraag Kognitiewe Kognitiewe Eise Gewigs- Vrae met 'n Vrae met 'n Denkvlak (Moeilikheids- waarde totaal van Totaal van graad) (%) 40 punte 20 punte Laer orde: Maklik, matig, 30 12 punte 6 punte Onthou moeilik Middelorde: Maklik, matig, 50 20 punte 10 punte 1Verstaan (20%) moeilik Toepassing (30%) Hoër orde: Maklik, matig, 20 8 punte 4 punte Analiseer, Evalueer, moeilik Skep TOTAAL 100% 40 20 2.5 Formaat van die Vraestel Daar sal NIE 'n APARTE antwoordblad vir VRAAG 1 (Kort Vrae) verskaf word NIE. ALLE vrae moet in die NASIONALE ANTWOORDEBOEK beantwoord word wat aan elke kandidaat voorsien sal word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/2021 Eksamenriglyne 3. VOORBEREIDING VIR DIE EKSAMEN Graad 12-inhoud sal geassesseer word maar vooraf kennis van graad 10 en 11 kan nodig wees om sommige van die vrae te interpreteer en te beantwoord. Op die dag van die eksamen moet kandidate:  Reeds 1 uur voor die begintyd van die eksamen in die lokaal wees om tot orde te kom en leestyd maksimaal te gebruik voordat die vrae beantwoord word.  'n Sakrekenaar, pen, potlood, uitveër en liniaal saamgebring.  Hulle tyd goed bestuur, soos aangedui in die onderstaande tabel om die vraestel binne die toegelate tyd te voltooi. Die volgende riglyn kan toegepas word om die tyd effektief te bestuur. VRAAG INHOUD PUNTE TYD TOEKENNING AFDELING A 1 Kort vrae (alle onderwerpe) 40 20 minute Verpligtend: Sluit 'n verskeidenheid tipes vrae in AFDELIN B 2 Die Verbruiker 40 40 minute 3 Voedsel en Voeding 40 40 minute 4 Kleding 20 20 minute 5 Behuising en Interieur 20 20 minute 6 Entrepreneurskap 40 40 minute TOTAAL 200 180 minute  Sorgvuldig deur die vraestel lees en die antwoorde uitlig ('highlight') om seker te maak dat hul alle aspekte van die vraag verstaan en by die antwoord insluit.  Enige gedagtes/woorde neerskryf waaraan hulle dink oor sekere onderwerpe. Hierdie gedagtes/woorde kan bruikbare prikkels wees wanneer kandidate vrae beantwoord.  Al die instruksies sorgvuldig lees. Kandidate moet daarop voorbereid wees om bronne te interpreteer wat by 'n vraag ingesluit is, al het hulle dit nog nie voorheen gesien nie. Die vaardigheid om kennis te interpreteer moet geoefen word sodat die kandidaat kennis op verskillende tipes vrae kan toepas.  Elke bron, bv. spotprent, grafiek, tabel, 'n illustrasie of 'n prentjie sorgvuldig bestudeer en die verband tussen die inhoud/onderwerp en die bron moet bepaal word.  Netjies en leesbaar met blou of swart ink skryf. Punte sal verbeur word as die nasieners nie die handskrif kan lees nie.  Sleng of SMS-taal vermy om te verskeer dat jou antwoord verstaan word.  Elke vraag op 'n nuwe bladsy begin en 'n streep trek na voltooiing van elke vraag. Dit stel die nasieners in staat om te sien waar elke vraag begin en eindig, en verminder die kanse dat nasieners foute maak.  Voorsiening maak vir tyd aan die einde van die vraestel sodat hulle hul antwoorde kan deurlees en enige foute, bv. spelfoute kan regmaak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies Downloaded from hlayiso.com 7 DBE/2021 Eksamenriglyne 4. 2021–2023 NASIONALE HERSTEL-JAARLIKSE ONDERRIGPLAN (ATP) Voedsel en Voeding: Voeding- en Voedselverwante Gesondheidstoestande KWARTAAL 2 Onderwerpe wat bestudeer moet word Spesifieke onderwerpe is toegewys aan elke akademiese jaar van die Herstel Onderrigplan (ATP/JOP) vir 2021; 2022 en 2023. Inhoud wat gedek moet word in 2021 -2023 Kwtl/ KABV Onder- 2021 2022 2023 Week Verw. werp Kwrt 2 34 Voedsel Voeding en Voedselverwante Voeding en Voedselverwante Voeding en Week 4 en gesondheidstoestande gesondheidstoestande Voedselverwante Week 5 Voeding • Kort beskrywing, oorsake, • Kort beskrywing, oorsake, gesondheidstoestande voorkoming en bestuur voorkoming en bestuur • Kort beskrywing, oorsake, • Fokus op voeding en Fokus op voeding en voorkoming en bestuur eetgewoontes om 'n bestaande eetgewoontes om 'n bestaande Fokus op voeding en toestand te voorkom of te toestand te voorkom of te eetgewoontes om 'n bestuur. bestuur. bestaande toestand te voorkom of te bestuur. Kwrt 2 34 Voedsel • Glukemiese indeks (GI) van • Koronêre hartsiekte, insluitend • Voedselallergieë Week 4 en voedsel hoë bloedcholesterol vlakke wat • Suiwel- en gluten- Voeding kan lei tot arteriosklerose • Lae/hoë bloedglukosevlakke intoleransie. • Diabetes • Hoë bloeddruk Kwrt 2 34 Voedsel • Osteoporose • Anemie Eetversteurings: Week 5 en • Anorexia Voeding • Bulimia • Vetsug (Obesiteit) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/2021 Eksamenriglyne 5. TIPES VRAE AFDELING A VRAAG 1: KORTVRAE Alle vrae moet in die NASIONALE ANTWOORDEBOEK beantwoord word. Vraag 1 sluit vrae uit al die voorgeskrewe onderwerpe in. VRAAG: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die toepaslike vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 1.1.21 C. Hierdie tipe vraag toets die kandidate se kennis van detail, feite en die interverwantskap tussen die inhoud/onderwerpe. Kandidate behoort:  Eerstens die afleiers/antwoorde toe te hou terwyl hulle die vraag lees en probeer beantwoord voordat hulle na die opsies kyk.  Omkring woorde soos altyd, nooit, slegs, maar en behalwe.  Trek 'n streep deur definitiewe verkeerde opsies. 'n Kombinasie van opsies kan moontlik vereis word wat moontlik meer as een punt kan tel. VRAAG 1.2: PASITEMS 'n Item in KOLOM B moet pas by 'n item in KOLOM A. Skryf slegs die ooreenstemmende letter langs die vraagnommer neer. Bestudeer die kolom aan die regterkant wat die antwoorde bevat. Lees daarna die kolom aan die linkerkant. Pas die items by die definisie/term/stelling. Daar kan ook drie kolomme wees wat by mekaar gepas moet word. VRAAG 1.3: IDENTIFIKASIE-ITEMS Kies die korrekte antwoorde (stellings/terme/woorde) uit die gegewe lys. Skryf slegs die letters (A-J) langs die vraagnommer (1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. Slegs die korrekte antwoorde (A–J) gekies moet langs die vraagnommer geskryf word. As 'n vraag vir 'n spesifieke getal antwoorde, bv. SES vra, sal slegs die EERSTE SES antwoorde nagesien word. Lees die instruksies sorgvuldig deur om te bepaal watter opsies korrek is. VRAAG 1.4: GEE DIE KORREKTE TERM Gee die korrekte term vir die beskrywing. Skryf slegs die korrekte term langs die vraagnommer neer. Lees die beskrywings sorgvuldig deur om die korrekte term te bepaal. LET WEL: WAAR/ONWAAR word NIE aanbeveel NIE. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/2021 Eksamenriglyne AFDELING B VRAAG 2–6 Alle vrae word in die ANTWOORDBOEK beantwoord. Hierdie vrae wat korter of langer antwoorde vereis word by Vrae 2 tot 6 ingesluit. Vrae wat 'n korter antwoord vereis Hierdie vrae toets die vermoë van die kandidate om 'n gedetailleerde, kort en bondige antwoord te gee. Dit is belangrik om die sleutelwoord en/of frase te bepaal wat die vraag se instruksie vir die antwoord is. Die puntetoekenning gee ook 'n aanduiding van hoeveel inligting vir die antwoord vereis word. Noem: Word gebruik wanneer die antwoord 'n stelling is of in 'n sin gegee moet word. Noem/Maak 'n lys van: Word gebruik wanneer die antwoord een woord is of uit 'n lys van items/woorde bestaan Gee: Word gebruik wanneer die antwoord 'n rede of 'n voorbeeld is. Langer-antwoord-vrae: Vrae wat langer antwoorde vereis Hierdie vrae vereis die kandidate om hul eie opinies te gee en is van toepassing op al die vrae 2–6. Hierdie vrae begin met 'n aksiewerkwoord wat 'n duidelike instruksie gee oor wat vereis word as die verwagte antwoord, bv.: Gee jou mening oor…', Verduidelik waarom …', Bespreek waarom …', 'Analiseer …' of 'Evalueer …' Die eksaminators wil nie slegs die kandidate se kennis van die vak toets nie, maar ook hulle vermoëns om te verstaan, interpreteer, toe te pas en te redeneer, dit is waarom kandidate dikwels gevra word om te verduidelik/'n antwoord te motiveer. Hieronder is voorbeelde van aksie werkwoorde in vrae, wat 'n langer antwoord vereis. Wenke om te help om hierdie vrae te beantwoord word verskaf. Vergelyk: Beskryf albei situasies en dui die verskille en ooreenkomste tussen hulle aan. Dit kan in tabel formaat beantwoord word, bv. KRITERIA GENETIES GEMODIFISEERDE ORGANIES VOEDSEL GEPRODUSEEDRE VOEDSEL 1. Beskrywing , 2. Voorbeeld LET WEL: As die vraag vereis dat die kandidaat die antwoord in tabelformaat moet beantwoord, moet die kandidate die instruksie nakom. EEN punt sal afgetrek word indien nie in tabelformaat beantwoord word nie, soos voorgeskryf word. Definieer: 'n Eenvoudige definisie is nie genoeg nie. Die kandidaat behoort 'n geskikte voorbeeld, diagram of formule te gebruik, om die definisie van die konsep te demonstreer en verduidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/2021 Eksamenriglyne Bespreek: Oorweeg die argument vir en teen die konsep wat in die vraag aangebied word. Kandidate moet albei kante van die saak stel en 'n definitiewe gevolgtrekking maak. Beskryf: Noem die hoofkenmerke of gee 'n verklaring van iets. Kandidate mag dalk meer moet doen as slegs die idee in die vraag beskryf. Hulle moet ook die idee krities beskou. Verduidelik: Interpreteer, maak duidelik en gee die betekenis van die idee in die vraag. Kandidate kan 'n voorbeeld noem om hul begrip van die idee te toon. Gee redes vir verskille in opinie en probeer om die oorsake te analiseer. Regverdig/Verdedig: Kandidate moet bewys of redes gee vir besluite of gevolgtrekkings. 'n Logiese argument moet aangebied word. Skets/Gee die hooftrekke: Gee 'n opsomming, gebruik slegs die hoofpunte en laat die minder belangrike besonderhede weg. Dit word gewoonlik vereis wanneer kandidate 'n lys van die stappe van 'n idee moet maak. 'n Bondige definisie van elke stap word verwag. Analiseer: Kandidate moet die idee deeglik ondersoek en die wese of struktuur daarvan toon Evalueer: Kandidate moet die waardebepaling van die idee doen. Kyk na positiewe en negatiewe aspekte. Gee redes vir die gevolgtrekking of besluite. Analiseer Krities: Kandidate moet inligting skei, ondersoek en krities interpreteer Skep: Kandidate sal inligting/data moet gebruik om te voorspel/skep, of 'n skatting/projeksie te maak. Die puntetoekenning is 'n aanduiding van hoeveel feite die kandidate moet neerskryf. Indien die vraag spesifiseer dat die antwoord in paragraaf-formaat aangebied moet word, moet hulle die antwoord in 'n paragraaf skryf en nie puntsgewys nie. EEN punt sal afgetrek word indien die instruksie nie nagekom word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/2021 Eksamenriglyne 6. VAKINHOUD PER VRAAG 6.1 VRAAG 1: Kortvrae (ALLE ONDERWERPE) (40 punte) 6.2 VRAAG 2: Die Verbruiker (40 punte) Kandidate moet:  Die finansiële en kontraktuele verantwoordelikhede wat verbruikers in ag moet neem, verduidelik  Die verskillende soorte belasting identifiseer en beskryf  Al die verskillende terme ken  Die verskil tussen enkelvoudige en saamgestelde rente verduidelik (GEEN berekeninge NIE)  Die rentekoerse wat op verskillende soorte krediet van toepassing is, bespreek  Verskillende bronne van elektrisiteit vergelyk  Die verantwoordelike gebruik van elektrisiteit en water evalueer  Die munisipaliteite se verantwoordelikheid ten opsigte van munisipale dienste ken  Munisipale dienslewering evalueer Finansiële en kontraktuele aspekte waarvan verbruikers moet kennis neem  'n Kontrak: o Definisie van 'n kontrak  Tipes kontrakte van toepassing op verbruikers: o Dienskontrakte o Kredietkontrakte o Huurkontrakte o Kontrakte vir gimnasiumlidmaatskap en selfoon-, Internet- en DStv-intekening o Besigheidseienaarskap- of vennootskap-kontrakte  'n Afkoeltydperk  Uitsluitingsklousules (wettig/onwettig)  Onregverdige besigheidspraktyk  'n Waarborg en 'n vrywaring: o Definisies en verskille  Grysgoedere/Parallelle invoere: o Definisie o Implikasie vir verbruikers  Swendelary: tipes swendelary waarvan verbruikers bewus moet wees: o Werk van die huis af o Uitvissing ('Phishing') o Loterye/Kennisgewing oor prysgeld  Stokvel (wettig/onwettig) o Hoe 'n stokvel werk o Vereistes vir 'n wettige stokvel  Piramideskemas (wettig/onwettig) o Hoe 'n piramideskema werk o Onwettige piramideskemas o Wettige piramideskemas (meervlak-bemarking/stapelvlak-bemarking) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/2021 Eksamenriglyne Belastings, rentekoerse en inflasie  Tipes belasting betaal deur Suid-Afrikaners, soos inkomstebelasting, BTW, eiendomsbelasting, belasting op goedere en dienste (soos brandstof, drank, sigarette, motorlisensies, kapitaalwinsbelasting, omgewingsbelasting, suikerbelasting): o Waarom betaal Suid-Afrikaners belasting? o Aan wie belasting betaal word: Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) o Kort beskrywing van die volgende belastings:  Inkomstebelasting: lopende betaalstelsel (LBS), voorlopige belasting  BTW en voedsel vrygestel van BTW  Eiendomsbelasting (word aan munisipaliteit betaal en nie aan SAID nie)  Aksynsbelasting: belasting gehef op drank en sigarette  Heffing op brandstof en motorlisensies  Rentekoerse: toepaslik op verskillende tipes krediet: o Definisie van rentekoerse o Repokoers is die rentekoers wat deur die Reserwe bank gehef word  Enkelvoudige en saamgestelde rente (die verskil, GEEN berekeninge NIE)  Inflasie: definisie, inflasiekoers, die VPI in Suid-Afrika: o Inflasie: definisie o Inflasiekoers: definisie o Verduidelik wat die VPI is en hoe dit gemeet word o Die effek van inflasie op verbruikers  Sluit enige wettige veranderinge/nuwe ontwikkelinge wat mag ontstaan, in: o Die Nasionale Kredietwet beheer die rentekoerse wat kredietverskaffers hef. o Inligting oor enige nuwe ontwikkelinge wat in die toekoms mag ontstaan, sal in die eksamenvraestel gegee word en vrae sal op die gegewe inligting gebaseer word. Volhoubare verbruik van elektrisiteit  Vergelyking van die hoofbronne van elektrisiteitsverskaffing soos fossielbrandstowwe en herskeppende/regenereerbare bronne soos water, wind en sonkrag  Verantwoordelike gebruik van elektrisiteit ten opsigte van behuising en huishoudelike toestelle en apparate  Die gebruik van gas in huishoudings as 'n energiebron: voordele, nadele en koste Volhoubare verbruik van water  Water (verduidelik die kwessie in die algemeen, maar fokus dan op huishoudings): waterbesoedeling, tekort aan water, tekort aan vars, skoon water  Verantwoordelike gebruik van water ten opsigte van behuising en huishoudelike toestelle en apparate Munisipale dienste  Die verantwoordelikhede van munisipaliteite ten opsigte van dienste en diensverskaffing: o Noem en verduidelik dienste waarvoor munisipaliteite verantwoordelik is o Befondsing van munisipale dienste  Verantwoordelikhede van gemeenskappe ten opsigte van die gebruik van munisipale dienste Hou in gedagte dat die verantwoordelikheid teenoor die omgewing (groen inisiatief) hier ingesluit kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/2021 Eksamenriglyne 6.3 VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING (40 punte) Spotprente, tabelle, grafieke, voedsel-etikette, maaltydplanne, spyskaarte of resepte kan as hulpmiddels vir die vrae gebruik word. Voeding- en voedselverwante gesondheidstoestande Kandidate moet fokus op eetgewoontes wat 'n bestaande toestand kan verhoed of bestuur. Kandidate moet:  'n Voedselverwante gesondheidstoestand beskryf  Die oorsake van die gesondheidsverwante toestande noem of identifiseer/verduidelik nadat 'n uittreksel/scenario gelees is  Verduidelik hoe elke toestand voorkom kan word met die fokus op voeding en eetgewoontes  Verduidelik hoe elke toestand bestuur kan word met die fokus op voeding en eetgewoontes  Veranderinge aan die dieet voorstel om die siekte te bestuur  Verskillende gesondheidstoestande met mekaar vergelyk, bv. anorexia met bulimie Kandidate moet die volgende inhoud bestudeer:  Glukemiese indeks (GI) van voedsel: o Definisie van glukemiese indeks o Verskil tussen hoë, intermediêre en lae GI-voedsel o Die beste inligtingsbron oor die GI van voedsel is die GI-stigting ('GI Foundation'): www.gifoundation.com.  'n Kort beskrywing, die oorsake, voorkoming en bestuur van die voedselverwante gesondheidstoestande in die lys hieronder. Die fokus moet wees op voeding en eetgewoontes om 'n bestaande toestand te verhoed of te bestuur. Voedselverwante gesondheidstoestande: o Lae/Hoë bloedglukosevlakke (hipoglukemie en hiperglukemie) o Diabetes o Osteoporose Voedseloordraagbare siektes Kandidate moet:  Oordragmoontlikhede in die voedselomgewing identifiseer en verduidelik  Die inkubasieperiode van die genoemde voedseloordraagbare siektes noem en verduidelik Kandidate moet die volgende inhoud bestudeer:  Oordragmoontlikhede in die voedselomgewing  Inkubasieperiode van die volgende siektes: o Hepatitis A (aansteeklike geelsug) o E. coli-infeksie o Gastroënteritis Voedselbymiddels: kommersiële en huishoudelike gebruik Kandidate moet: Verduidelik wat voedselbymiddels is  Redes vir die gebruik van voedselbymiddels gee  Die effek van bymiddels op voedsel verduidelik  Die veiligheid van bymiddels en die (moontlike) invloed op gesondheid bespreek  Die kwessie van moontlike allergiese reaksies op voedselbymiddels bespreek  Tipe voedselbymiddels: nutriënte, emulgeermiddels, stabiliseerders, bleikmiddels en kleurmiddels, chemiese preserveermiddels, anti-oksidante en bymiddels om geur te verbeter Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/2021 Eksamenriglyne Voedseletikettering Kandidate moet:  Voedseletikette gebruik as 'n bron van voedingkundige en ander inligting vir produk keuses  Basiese inligting wat op voedseletikette verskyn, ken, identifiseer en interpreteer  Misleidende aansprake oor voedingsinhoud wat op voedseletikette voorkom, identifiseer  Voorwaardes vir aansprake oor voedingsinhoud vir energie, vet, versadigde vet, cholesterol, natrium, dieetvesel, proteïene, vitamiene en minerale noem  Identifiseer of 'n aanspraak oor voedingsinhoud geldig is, of nie Voedselverwante verbruikerskwessies wat 'n impak het op die natuurlike en ekonomiese omgewing, insluitend openbare gesondheid Kandidate moet:  Geneties gemodifiseerde, organies-geproduseerde en bestraalde voedsel beskryf of definieer  Voorbeelde van geneties gemodifiseerde gewasse en bestraalde voedsel gee  Die impak van geneties gemodifiseerde, organies-geproduseerde en bestraalde voedsel op die natuurlike en ekonomiese omgewing identifiseer, verduidelik en evalueer.  Voedselsekerheid definieer of beskryf  Probleme betreffende voedselsekerheid in Suid-Afrika bespreek  Selfonderhoudendheid, uitvoere en invoere van voedsel in Suid-Afrika bespreek 6.4 VRAAG 4: KLEDING (20 punte) Kandidate moet:  Die mode-konsep beskryf.  Invloede wat kontemporêre mode bepaal, verduidelik  Modesiklusse: modegiere, klassieke en standaardneigings identifiseer, verduidelik en beskryf  Mode-oplewings: retrospektiewe modes verduidelik en beskryf  Verduidelik waarom mode verander  Kontemporêre modeneigings vir jong volwassenes beskryf  Die rol van voorkoms in die werkomgewing verduidelik  Riglyne vir die keuse van klere en bykomstighede voorstel  Weet hoe om 'n klerekas vir die werkomgewing en vir verskillende seisoene en geleenthede te beplan.  'n Motivering betreffende die geskiktheid van 'n uitrusting vir 'n sekere werkomgewings mag vereis word  Kledingteorie om klere vir die werkomgewing te kies, toepas  'n Basiese klerekas vir die wêreld van werk vir verskillende seisoene en verskillende  geleenthede by die werk te beplan (mans en vroue): faktore om te oorweeg, die toepassing van kleur, ontwerp elemente en beginsels ingesluit  Kwessies betreffende die impak van kleding en tekstiele op die natuurlike en ekonomiese omgewing bespreek/analiseer/evalueer Prentjies, foto's, grafieke, spotprentjies, gevallestudies of stellings mag as hulpmiddels gebruik word. Kandidate mag gevra word om kommentaar te lewer op enige gegewe hulpmiddel en om oplossings vir probleme voor te stel. LET WEL: Die aanwending van kleur, die ontwerpelemente en -beginsels (Graad 11) moet geïnkorporeer word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/2021 Eksamenriglyne Verbruikerskwessies rakende kleding en tekstiele wat 'n uitwerking op die natuurlike en ekonomiese omgewing het  Eko-mode en die volhoubare gebruik van tekstiel en kleding: o Beskrywing van eko-mode o Organiese tekstiele  Verminder, hergebruik, herwin  Die invloed van die rowery van handelsname (handelsmerkgoedere) wat deur die wet beskerm word: o Etiese kledingpraktyke o Verduideliking van rowery ('piracy') o Gevolge van rowery ('piracy') 6.5 VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR (20 punte) Kandidate moet:  Die DRIE verskillende behuisingsopsies bespreek en vergelyk (voordele en nadele)  Finansiële verantwoordelikhede vir die verskillende opsies verduidelik en bespreek  Kontraktuele verantwoordelikhede vir die verskillende opsies verduidelik en bespreek  Die faktore om te oorweeg wanneer huishoudelike toestelle aangekoop word, verduidelik en bespreek  Verskillende toestelle vergelyk en evalueer en die keuse maak wat die toepaslikste vir die spesifieke scenario sal wees. Die volgende moet in gedagte gehou word: funksionaliteit, energie- en waterverbruik en die moontlike impak op die omgewing  Die finansiële en kontraktuele verantwoordelikhede verduidelik wanneer huishoudelike toerusting gekoop word  Die totale koste van huurkooptransaksies bereken  Die regte van verbruikers en verkopers identifiseer en verduidelik 'n Stelling, gevallestudies, scenario, spotprentjie, prent of advertensie mag as hulpmiddels gegee word. Kandidate mag gevra word om kommentaar te lewer op die gegewe hulpmiddel en/of oplossings vir die probleem voor te stel. Verskillende opsies vir verkryging van behuising  Huur, bou en koop (voltitel en deeltitel): o Voltitel: beskrywing, voorbeelde, voordele en nadele o Deeltitel: beskrywing, voorbeelde, voordele en nadele, funksies van die huiseienaarsvereniging/regspersoon, waarvoor die heffing gebruik word  Voordele en nadele van huur, bou en koop  Finansiële verantwoordelikhede vir die drie behuisingsopsies: o Huur: betaal deposito, huur, huishoudelike versekering, water, elektrisiteit, munisipale dienste o Koop en bou: verbandterugbetalings (indien verband gebruik is), munisipale belasting, huishoudelike versekering, huiseienaarsversekering, water, elektrisiteit, munisipale dienste, instandhouding  Kontraktuele verantwoordelikhede vir die drie behuisingsopsies: o Huur: huurooreenkoms o Koop: koopaanbod word die verkoopakte sodra dit deur die koper en verkoper onderteken is ('n kontrak), verband (indien verband gebruik word)  Bou: kontrak met die bouer, verband (indien verband gebruik word) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/2021 Eksamenriglyne Aankoop van huishoudelike toestelle  Faktore om te oorweeg wanneer huishoudelike toestelle aangekoop word: behoeftes van die gesin, begroting, maklik om te gebruik)  Die keuse van huishoudelike toestelle in die lys hieronder met betrekking tot funksionaliteit, energieverbruik (menslik en nie-menslik, insluitend mate van energiedoeltreffendheid), waterverbruik en moontlike omgewingsimpak Huishoudelike toestelle wat bestudeer moet word: o Wasmasjien o Koelkas o Vrieskas o Stoof o Mikrogolfoond  Die finansiële en kontraktuele verantwoordelikhede wanneer meubels en huishoudelike toestelle gekoop word: o Verduidelik die volgende tipes transaksies: kontant, huurkooptransaksie, bêrekoop, kredietrekeningtransaksies, bankkredietkaarttransaksies  Kandidate moet die totale koste van die huurkooptransaksie kan bereken.  Regte en verantwoordelikhede van verbruikers en verkopers (dit kan met al die ander onderwerpe verbind word) 6.6 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP (40 punte) Kandidate moet:  'n Potensieel winsgewende besigheidsgeleentheid kan identifiseer  Die faktore om te oorweeg by die keuse van 'n geskikte produk vir kleinskaalse produksie verduidelik  Die faktore wat die doeltreffende produksie van gehalteprodukte beïnvloed, identifiseer, verduidelik of bespreek (oor die algemeen: in terme van voedsel, tekstiele of sagte meubelment – slegs die opsie wat jou skool gekies het)  'n Bemarkingsplan vir die produksie en bemarking van 'n produk ontwikkel  Die volhoubare winsgewendheid van 'n besigheid analiseer en/of evalueer  Voorstelle maak om die volhoubare winsgewendheid van 'n besigheid te verbeter  Die koste vir aanvangsbehoeftes, produksiekoste, verkoopprys en wins bepaal 'n Stelling, gevallestudie, scenario, spotprent, begroting, besigheidsplan, grafiek of tabel kan as hulpmiddel verskaf word. Kandidate sal kommentaar moet lewer op die hulpmiddel en voorstelle moet maak om die probleem op te los. Beweeg van 'n idee na die produksie en bemarking van 'n produk  Identifisering van 'n moontlike winsgewende besigheid (verbind met graad 11)  Die formulering van die idee en spesifikasie van die produk Faktore om te oorweeg in die entrepreneur se keuse van 'n geskikte produk vir kleinskaalse produksie:  Die beskikbaarheid van menslike vaardighede  Finansiële hulpmiddels  Beskikbare werkruimte  Beskikbare grondstowwe (plaaslik beskikbaar)  Aantrekkingskrag vir verbruikers Faktore wat die doeltreffende produksie van gehalteprodukte beïnvloed:  Beplanning  Nakoming van spesifikasies  Kwaliteitbeheer  Netjies werkplek  Higiëne van werkers  Versigtige beheer van finansies  Voorraadbeheer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/2021 Eksamenriglyne Vereistes vir kwaliteit(eind-)produkte:  Toepaslik vir teikengroep  Aanbieding van die produk  Gehalte van grondstowwe wat gebruik is  Gehalte en ontwerp van verpakking  Gehalte van berging  Veiligheid  Byskrifte  Doeltreffende gebruik van tyd  Doeltreffende bergingsprosedures  Kliëntebetrekkinge  Instandhouding van toerusting  Personeelopleiding  Volhoubare produksie en verbruik: verantwoordelikhede van verbruikers en produsente  Strategieë vir berging en aflewering Ontwikkeling van 'n bemarkingsplan volgens die 5P-bemarkingstrategie  Produk: handelsmerk/naam, beeld, etikette en verpakking  Promosie/Advertensies  Prys en prysvasstellingstrategie  Plek: Waar sal die produk vervaardig word? Waar sal die verkooppunt wees?  Persone: teikengroep en mense wat die bemarking doen  Doen 'n finansiële uitvoerbaarheidstudie om die volhoubare winsgewendheid van die besigheid te bepaal: o Inligting (gevallestudie/scenario/grafiek/tabel) sal verskaf word en vrae sal oor die gegewe inligting gevra word.  Bepaal produksiekoste, verkoopprys, wins en aanvangskoste: o Sommige berekeninge sal in elke eksamen ingesluit word. o Die R (randwaarde) moet in alle berekeninge getoon word.  Interpreteer 'n 'besteverkope-scenario' en 'n 'slegsteverkope-scenario': o Inligting (gevallestudie/scenario/grafiek/tabel) sal verskaf word en vrae sal oor die gegewe inligting gevra word.  Interpreteer 'n kontant-vloei-vooruitskatting (opsioneel) 7. ALGEMENE RIGLYNE VIR NASIENERS  Geen negatiewe nasien word in die assessering vir Verbruikerstudies geïmplementeer nie.  Indien een antwoord vereis word, maar meer as een antwoord word verskaf, sal die eerste antwoord nagesien word, ongeag watter een korrek is.  Indien 'n vraag 'n sekere aantal antwoorde vra, bv. SES, sal slegs die eerste ses antwoorde nagesien word.  Indien 'n berekening gevra word, sal die puntetoekenning vir elke stap in die berekening duidelik in die memorandum/nasienriglyn aangedui word. Kandidate MOET al die stappe in die berekening toon.  Indien antwoorde verkeerd genommer is MAAR die volgorde KORREK is, sal die kandidate se antwoorde reggemerk word.  In die geval van paragraaftipe-antwoorde sal die memorandum/ nasienriglyn duidelik aandui waar die punte toegeken moet word.  Dit kan nuttig wees om die regmerkies () te nommer omdat dit met moderering sal help, bv. (1 ). Kandidate gebruik dikwels nie dieselfde antwoorde soos op die memorandum nie, maar die antwoord kan steeds korrek wees. 'n Punt moet toegeken word en die kandidaat se antwoord kan gekoppel word aan die nommer van die regmerkie (1). Dit sal die moderator help om die nasieners se manier van dink te verstaan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 18 DBE/2021 Eksamenriglyne 8. GOEDGEKEURDE HANDBOEKE  Verken Verbruikerstudies Graad 12, Van Zyl, Van Wyk, Schubotz, Van der Linde  Oxford Suksesvolle Verbruikerstudies Graad 12, Booysen, De Villiers, Schulze, Turley Addisionele aanbevole hulpmiddels, bv. Onderwysersgids kan vir onderrig gebruik word, maar die eksaminators sal die GOEDGEKEURDE HANDBOEKE gebruik om antwoorde vir die vrae te verkry 9. SLOT Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV- dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV- dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie. Kwalitatiewe kurrikulumdekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie. Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Consumer Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Consumer Studies GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr hlayiso.com | Hlayiso