Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
VERBRUIKERSTUDIES
2019
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all



--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)

Consumer Studies Grade 12 NSC June 2021 Question Paper (Afr)
Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Consumer Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 450.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC June Exam 2021
- Other filesQuestion paper · EngQuestion paper · Afr
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/2019
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute)
1 Kortvrae (Al die onderwerpe) 40 20
2 Die Verbruiker 20 20
3 Voedsel en Voeding 40 40
4 Kleding 20 20
5 Behuising en Interieur 40 40
6 Entrepreneurskap 40 40
TOTAAL: 200 180
2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK
beantwoord word.
3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
4. Begin ELKE VRAAG op 'n NUWE bladsy.
5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.
6. Skryf slegs met swart of blou ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.
1.1.1 Rentekoerse in Suid-Afrika word op die … gebaseer.
A bankkoers
B vaste koers
C primakoers
D repokoers (1)
1.1.2 'n Vrywaringsklousule in 'n kontrak …
A spreek 'n party vry van enige aanspreeklikheid indien hy of sy
sou versuim om die ooreenkoms te eerbiedig.
B gee 'n verbruiker, wat 'n kontrak geteken het, tyd om dit sonder
rede of finansiële implikasie te kanselleer .
C beskerm 'n party in geval van kontrakbreuk en dui aan dat die
kontrak gekanselleer kan word.
D bepaal dat die amptelike verskaffer van grysgoedere nie die
waarborg sal nakom as dit breek nie. (1)
1.1.3 Die bron van elektrisiteit wat NIE besoedeling veroorsaak NIE:
A Steenkool
B Natuurlike gas
C Kernkrag
D Sonkrag (1)
1.1.4 Die siekte wat kan versprei deur die lug in te asem wanneer
'n besmette persoon nies, hoes of spoeg:
A Disenterie
B Hepatitis A
C E. Coli-infeksie
D Tuberkulose (1)
1.1.5 Die melk wat tot hoë cholesterolvlakke kan bydra:
A Sojamelk
B Afgeroomde melk
C Volroommelk
D Laevetmelk (1)
1.1.6 Een van die grootste bekommernisse oor geneties gemodifiseerde
voedsel:
A Allergiese reaksies
B Hoë pryse
C Lae opbrengste
D Swak gehalte (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/2019
SS/NSS
1.1.7 Volgens 'n studie is wanvoeding die onderliggende oorsaak van
64% van kindersterftes in Suid-Afrika. Dit is die gevolg van …
A voedseluitvoere.
B voedselonsekerheid.
C grondhervorming.
D swak higiëne. (1)
1.1.8 Om meer veselryke voedsel te eet, kan help met die bestuur van
die volgende dieetverwante siekte:
A Anemie
B Vetsug
C Osteoporose
D Hoë bloeddruk (1)
Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord VRAAG 1.1.9 en 1.1.10 wat
volg.
Wit oopskouerbloesie/-toppie
[Bron: www.woolworths.co.za]
1.1.9 Volgens die riglyne vir 'n professionele werksklerekas is die
bloesie/toppie …
A onvanpas/nie geskik nie omdat dit te veel ontbloot.
B van pas/geskik want dit kan gemeng en pas word.
C onvanpas/nie geskik nie omdat dit hoogmode is.
D van pas/geskik omdat dit interessant is. (1)
1.1.10 Die optiese illusie wat deur die bloesie/toppie geskep word, is dat
die …
A nek korter vertoon.
B skouers smaller vertoon.
C bolyf breër vertoon.
D middel smaller vertoon. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/2019
SS/NSS
1.1.11 Die kriterium wat oorweeg moet word wanneer huishoudelike
toestelle vir verbruikers met verskillende vermoëns gekoop word:
A Beskikbare ruimte
B Energieverbruik
C Omgewingsimpak
D Universele ontwerp (1)
1.1.12 'n Voordeel van huis bou:
A Dit is altyd goedkoper
B Die koste is voorspelbaar
C Die afronding kan volgens jou smaak gedoen word
D Jy kan volgens die plaaslike munisipaliteit se vereistes bou (1)
1.1.13 Die koste wat gewoonlik betaalbaar is wanneer 'n huis gekoop of
gehuur word:
A Deposito
B Maandelikse paaiemente
C Registrasiegeld
D Eiendomsagent se kommissie (1)
1.1.14 Die NHBRR is nuttig wanneer 'n verbruiker …
A vir 'n regeringsubsidie aansoek doen.
B 'n dispuut (probleem) met die eienaar het.
C na 'n gekwalifiseerde bouer soek.
D sy/haar eiendom wil verkoop. (1)
1.1.15 Die koste wat op die waarde van die eiendom gebaseer is:
A Verbandregistrasiekoste
B Aanvangsgelde
C Verhuisingsuitgawes
D Oordragskoste (1)
1.1.16 Een eienskap van 'n produk met 'n mededingende voordeel is dat
dit …
A duurder as die mededinger se soortgelyke produk is.
B iets spesiaals het wat die mededinger s'n nie het nie.
C aan die behoeftes van die teikenmark voldoen.
D volgens die nuutste tegnologie gemaak is. (1)
1.1.17 Om aan spesifikasies te voldoen verseker …
A die beskikbaarheid van genoeg grondstowwe.
B dat die eindprodukte altyd dieselfde is.
C die vinnige produksie van produkte.
D dat die besigheid nie geld verloor nie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/2019
SS/NSS
1.1.18 Die faktor wat die doeltreffende produksie van kwaliteitsprodukte
beïnvloed:
A Kliëntebetrekkinge
B Aanbieding van die produk
C Kwaliteit van die grondstowwe
D Netjiese werkplek (1)
1.1.19 Die prys van produkte moet verlaag word …
A wanneer die vraag hoog en die aanbod laag is.
B tydens die tyd van die jaar wanneer verkope hoog is.
C wanneer daar nuwe sterk mededinging is.
D wanneer die koste van materiaal styg. (1)
1.1.20 Die besigheid wat die laagste aanvangskoste sal benodig:
A Vensterversieringsbesigheid waar gordyne en blindings tuis
gemaak en verkoop word
B Koffiewinkel wat bak en ligte maaltye en koek in 'n
koopsentrum bedien
C Klein klerefabriek wat uniforms, sportdrag en sweetpakke vir
skole maak
D Wassery wat tafeldoeke/linne vir spysenieringsbesighede in die
area was en stryk (1)
1.2 Identifiseer TWEE stellings in die lys hieronder wat WAAR is ten opsigte van
verpakkingsmateriaal. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommer
(1.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A Moet altyd deursigtig wees
B Moet die oog vang
C Moet van herwinde materiaal gemaak word
D Moet die goedkoopste wees wat die entrepreneur kan kry
E Moet sterk wees (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/2019
SS/NSS
1.3 Kies TWEE verhittings- en verkoelingseienskappe van stoofplate uit
KOLOM B wat by die tipe stoofplaat in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters
(A–F) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.2) in die ANTWOORDEBOEK
neer, bv. 1.3.3 G, H.
KOLOM A KOLOM B
TIPE STOOFPLAAT VERHITTINGS- EN
VERKOELINGSEIENSKAPPE
1.3.1 Spiraalstoofplaat A word gou warm
1.3.2 Soliede stoofplaat B word onmiddellik warm wanneer dit kontak
met kookgerei maak
C neem langer om warm te word
D bly lank warm
E koel onmiddellik af as kookgerei verwyder
word
F koel maklik af
(2 x 2) (4)
1.4 Kies TWEE voedselprodukte uit KOLOM B wat die dieetverwante siekte
in KOLOM A kan voorkom of bestuur. Skryf slegs die letters (A–G) langs
die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.3) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.4.4 H, I.
KOLOM A KOLOM B
DIEETVERWANTE SIEKTE VOEDSELPRODUK
1.4.1 Anemie A vrugtejogurt
1.4.2 Osteoporose B rooivleis
1.4.3 Koronêre hartsiekte C hawermoutpap
D vars tamaties
E Cheddarkaas
F olyfolie
G ingemaakte vrugte
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/2019
SS/NSS
1.5 Bestudeer die grafieke van modesiklusse hieronder en beantwoord die vraag
wat volg.
[Eie grafiek]
Benoem ELKE modesiklusgrafiek (A, B en C) en die twee asse (D en E).
Skryf slegs die letters (A–E) en die name langs die vraagnommer (1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer. (5)
1.6 Bestudeer die grafiek oor Suid-Afrika se inflasiekoers hieronder en
beantwoord die vraag wat volg.
SUID-AFRIKA SE INFLASIEKOERS
Okt. 2016 Jan. 2017 Apr. 2017 Jul. 2017
[Bron: www.tradingeconomics.com]
Identifiseer DRIE korrekte stellings oor die grafiek in die lys hieronder.
Skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommer (1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Voedsel was in Desember 2016 duurder as in Januarie 2017.
B Die verbruikersprysindeks was in Julie 2017 die laagste.
C Die gemiddelde prys van goedere was in Mei 2017, 0,4% meer as
in Julie 2016.
D Die gemiddelde prys van goedere het van Augustus 2017 tot
September 2017 met 5,1% gestyg.
E Goedere was in Julie 2017 die goedkoopste.
F Die koopkrag van geld het vanaf Oktober 2016 tot Maart 2017 vinniger
verminder as vanaf April 2017 tot Julie 2017. (3)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Noem DRIE verantwoordelikhede van munisipaliteite ten opsigte van die
strate in hulle woongebiede. (3)
2.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Twee jaar gelede het vier jong volwassenes, wat pas begin werk het, besluit
om geld in 'n gemeenskaplike bankrekening te spaar. Hierdie geld kon slegs
gebruik word om huishoudelike toestelle wat hulle op daardie stadium nie kon
bekostig nie, te koop. Elke Januarie word die geld gelykop verdeel sodat hulle
huishoudelike toestelle van hulle eie keuse kan koop.
[Eie teks]
2.2.1 Verduidelik die tipe klub waarna daar in die scenario verwys word. (3)
2.2.2 Beskryf hoe dit jong volwassenes baat om by hierdie klub 'n lid
te wees. (3)
2.3 Om 'n huis in die winter te verhit, gebruik baie elektrisiteit of gas.
Verduidelik hoe Suid-Afrikaanse verbruikers hul huise in die winter warm kan
hou sonder om gas of elektrisiteit te gebruik. (4)
2.4 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
VERDIEN R2 000–R5 000 PER WEEK
GEWAARBORG
Werk van jou eie huis af!
Kantoorwerk
Skakel 080 023 4565
Verduidelik die moontlike gevolg van hierdie advertensie vir 'n
niksvermoedende verbruiker. (3)
2.5 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Baie Suid-Afrikaanse verbruikers gebruik openbare vervoer, soos taxi's,
busse en treine, om na verskillende plekke te reis.
Analiseer waarom dit as 'n kontrak beskou kan word as iemand enige van die
vervoermiddele hierbo genoem, gebruik. (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Noem die doel van voedselbestraling. (1)
3.2 Verduidelik hoe 'n persoon wat aan hipoglukemie ly, behandel kan word. (4)
3.3 Bespreek waarom mense wat aan glutenintoleransie ly, dikwels aan
wanvoeding ly. (3)
3.4 Bespreek die maniere waarop die oordrag van die meeste voedsel-
oordraagbare siektes voorkom kan word, met spesifieke verwysing na:
3.4.1 Persoonlike higiëne (3)
3.4.2 Water (3)
3.4.3 Kombuishigiëne (3)
3.5 Bestudeer die etiket hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NUUT!
Rissietamatiesous
Sterk Tamatiegeur
GEEN bygevoegde
kleurmiddels nie
GEEN bygevoegde
geurmiddels nie
GEEN bygevoegde
MNG nie
[Aangepas uit 'n etiket vir Wellington's Tamatiesous wat in 'n advertensie in die
November 2017-uitgawe van die Kook en Kuier-tydskrif verskyn het]
3.5.1 Gee die term vir die bestanddele wat op die etiket genoem word. (1)
3.5.2 (a) Noem die funksie van MNG. (1)
(b) Verduidelik waarom die etiket van hierdie sous 'Geen
bygevoegde MNG nie' aandui. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/2019
SS/NSS
3.6 Lentegroen-Frittata is een van 'n reeks resepte wat diabetes-vriendelik is.
Bestudeer die lys van bestanddele en beantwoord die vrae wat volg.
LENTEGROEN-FRITTATA*
6 porsies
10 mℓ kanola-olie
1 ui, gekerf
2 huisies knoffel, fyngedruk
125 mℓ ertjies
150 g babaspinasie
6 broccoli sagte stingeltjies ('tender stems'), in helfte gesny
8 eiers
80 mℓ laevet ingedampte melk
Gemaalde peper
50 g verminderde-vet-fetakaas
Bedien op volgraan- of rogbrood.
*Frittata is 'n eiergereg soortgelyk aan 'n omelet of korslose quiche.
[Bron: Kook en Kuier-tydskrif, November 2017]
3.6.1 Die volgende vraag moet in die tabel hieronder voltooi word.
(a) Noem DRIE vitamiene wat 'n rol in die versterking van die
immuunstelsel van 'n persoon met MIV/Vigs speel.
(b) Identifiseer 'n bestanddeel in die resep wat 'n goeie bron van
elk van die vitamiene, genoem in VRAAG 3.6.1(a), is.
Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor om die
vraag te beantwoord.
(a) DRIE vitamiene wat 'n rol in (b) Bestanddeel in die resep
die versterking van die wat 'n goeie bron van die
immuunstelsel van 'n vitamien is
persoon met MIV/Vigs speel
(3 x 2) (6)
3.6.2 Identifiseer TWEE bestanddele wat 'n persoon met 'n suiwelallergie
moet vermy. (2)
3.6.3 Analiseer hierdie resep en verduidelik waarom dit diabetes-
vriendelik is. (5 x 2) (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Definieer die term mode. (2)
4.2 Noem, in die korrekte volgorde, die laaste DRIE stadia van die modesiklus. (3)
4.3 Verduidelik die verskil tussen handelsmerkrowery/-plagiaat en nagemaakte
kledingstukke. (2)
4.4 Noem VIER riglyne vir 'n persoon met 'n klein begroting, wat met sy/haar
eerste professionele werk begin, om die meeste waarde vir geld te kry. (4)
4.5 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Die rok:
Vlootblou
Driekwartmoue met valletjies aan
die punte
Kniehoogte-soomlyn met valletjie
aan die soomlyn
[Bron: www.woolworths.co.za]
Gee redes waarom hierdie rok geskik is vir 'n finansiële adviseur met 'n voller
figuur, wat 'n vroegoggend-vergadering in die herfs het. (4)
4.6 Bestudeer die inligting en prentjies hieronder en beantwoord die vraag wat
volg.
'n Skoolhoof dra die klere hieronder skool toe in die winter:
Vlootblou Vlootblou Vlootblou hemp Blou denimjeans
mus/'beanie' vliesstofbaadjie
Evalueer krities die geskiktheid van hierdie uitrusting vir 'n skoolhoof. (5)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR
5.1 Noem TWEE tipes versekering wat by die maandelikse terugbetaling van die
huislening ingesluit kan word. (2)
5.2 Noem TWEE tipes diensaansluitingsgeld wat aan die munisipaliteit betaal
moet word wanneer 'n huis gekoop word. (2)
5.3 Verduidelik die verbruiker se verantwoordelikhede ten opsigte van die
vervaardiger se instruksiehandleiding wanneer 'n nuwe toestel geïnstalleer
word. (2)
5.4 Noem TWEE funksies van die aktekantoor. (2)
5.5 Verduidelik die verwantskap tussen die aanbod om te koop en die titelakte. (2)
5.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Taylor is in Suid-Afrika gebore en getoë (grootgeword). Sy is 30 jaar oud en
'n enkelmoeder van twee jong kinders. Sy werk deeltyds sodat sy tyd het om
haar kinders op te pas. Sy verdien R3 300,00 per maand. Sy het nog altyd
verblyf/akkommodasie gehuur, maar sy wil nou haar eie eiendom koop. Sy
hoop dat sy vir 'n regeringbehuisingsubsidie sal kwalifiseer.
Verduidelik of Taylor waarskynlik 'n regeringbehuisingsubsidie sal kry. (6)
5.7 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BEHUISINGSKOMPLEKS: NUWE VRYSTELLING
Tweeslaapkamerwoonstel te koop
R450 000,00
2 slaapkamers met ingeboude kaste
1 badkamer
Kombuis met ingeboude kaste
Woonkamer en balkon
Gemeenskaplike swembad en braaiarea
Verbandkoste: R 4 495,00 per maand indien geen deposito betaal is nie
Huidige huurbedrag: R3 300,00 per maand
Maandelikse heffing: R1 500,00
[Aangepas uit www.property24.com]
5.7.1 Identifiseer die tipe huiseienaarskap in hierdie advertensie. (1)
5.7.2 Noem DRIE nadele daarvan om in die eiendom te woon wat in die
advertensie hierbo beskryf word. (3)
5.7.3 Bespreek die finansiële verantwoordelikhede en finansiële
implikasies vir die nuwe eienaar indien hy/sy hierdie eiendom met
'n 100%-lening koop, met die voorneme om dit weer te verhuur. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/2019
SS/NSS
5.8 Gee TWEE riglyne om die doeltreffendheid van 'n wasmasjien met betrekking
tot elektrisiteit en water te verseker, met spesifieke verwysing na:
5.8.1 Koop/Aankoop (2)
5.8.2 Gebruik (2)
5.9 Voorspel, met grondige redes, watter invloed stygende rentekoerse op die
eiendomsmark sal hê wanneer gekoop en uitverhuur word. (5 x 2) (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Gee EEN voorbeeld van hoe 'n entrepreneur die produktiwiteit van sy/haar
personeel kan verbeter. (1)
6.2 Verduidelik die nadele van EEN van die volgende in die produksie van
kwaliteitprodukte:
6.2.1 Voorraadbeheerstelsel toon te veel voorraad (2)
OF
6.2.2 Te min voorraad word op die stelsel aangedui (2)
6.3 Skryf 'n paragraaf om te verduidelik wat volhoubare verbruik beteken. (4)
6.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Val en haar seun, Alan, het Amelia Jackson Industries in 1989 begin. Hulle
het besef dat daar 'n mark in Suid-Afrika is vir goeie kwaliteit katoenmatte.
Dit het gebeur nadat hulle katoenmatte in Zimbabwe gekoop het en die goeie
kwaliteit en die feit dat dit masjienwasbaar is, gesien het.
Hulle het baie min kontakte in die tekstielbedryf gehad toe die besigheid begin
het en hulle het gesukkel om die spesifieke garing en katoenbenodigdhede
wat hulle wou hê, te kry. Soos hulle produksie toegeneem het, het hierdie
probleme afgeneem.
Hulle het hulle derde en vierde weefstoele (weeftoerusting) gekoop namate
hulle verkope gestyg het. Hulle het op daardie tydstip direk aan die publiek by
top handwerkmarkte in en om Kaapstad verkoop en hulle was 'n bekende
gesig by die Waterfront-mark. Hulle het daar kontak gemaak met mense van
regoor Suid-Afrika asook internasionale toeriste wat baie van hulle matte
gekoop het en sterk belangstelling in hulle produkte getoon het.
Hulle het 'n paar jaar later besluit om op 'n groothandelbasis aan winkels en
kettingwinkels te verskaf. Hulle produkte kan ook nou ook aanlyn bestel word
en kliënte betaal ekstra vir aflewering. Amelia Jackson Industries hou van
kontak met hul kliënte en waardeer terugvoering.
Hulle kliëntebasis sowel as hulle verkope het deur die jare geleidelik
toegeneem. Hulle het uit die tuisbasis-omgewing na 'n nuwe perseel getrek
wat al hulle weefstoele kon huisves.
Hulle het hulle reeks uitgebrei om
stortmatjies, badmatjies, bedmatjies,
matjies vir kinders, groot matte,
tafelmatte en oorgooidoeke in te
sluit.
Die geïllustreerde badmatjie kos
R211,10.
[Aangepas uit www.ameliajackson.co.za]
6.4.1 Hierdie besigheid se produkte word nie in verpakking verkoop nie,
'n etiket word eerder aangeheg.
Noem VIER inligtingsitems wat op die etiket ingesluit moet word. (4)
6.4.2 Besighede moet sekere faktore oorweeg wanneer hulle produkte
vir kleinskaalse produksie kies. Noem die probleem/uitdaging wat
hierdie besigheidsonderneming aanvanklik ondervind het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/2019
SS/NSS
6.4.3 Identifiseer VIER tipes produksiekoste wat hierdie besigheid moet
betaal. (4)
6.4.4 Noem die tipe media wat hierdie besigheid hoofsaaklik gebruik om
hul produkte te adverteer. (1)
6.4.5 Noem en verduidelik TWEE verskillende verspreidingsopsies wat
hierdie besigheid gebruik. (2 x 3) (6)
6.4.6 Die badmatjie kos R211,10. Die besigheid maak 70% wins op elke
badmatjie. Bereken die hoeveelheid wins wat hulle op elke
badmatjie wat hulle verkoop, maak. Toon ALLE berekeninge. (2)
6.4.7 Die besigheid maak R450,00 wins per oorgooidoek. Bereken die
wins wat die besigheid elke jaar sal maak as hulle 70 oorgooidoeke
per maand verkoop. Toon ALLE berekeninge. (2)
6.4.8 Hierdie besigheid vind dat hulle verkope gewoonlik tydens Junie en
Julie effens styg. Gee 'n verduideliking vir die styging in verkope. (3)
6.4.9 Analiseer die inligting en verduidelik waarom Amelia Jackson
Industries volhoubare winsgewendheid toon. (5 x 2) (10)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2021 Question Paper (Eng)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Errata