Skip to content

Consumer Studies Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paperConsumer StudiesGrade 12202116 pages

Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VERBRUIKERSTUDIES NOVEMBER 2021 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute) AFDELING A (Kortvrae) 1 Kortvrae (Al die onderwerpe) 40 20 AFDELING B (Langvrae) 2 Die Verbruiker 40 40 3 Voeding en Voedsel 40 40 4 Kleding 20 20 5 Behuising en Interieur 20 20 6 Entrepreneurskap 40 40 TOTAAL: 200 180 2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs met swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/November 2021 NSS AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D. 1.1.1 'n … stel 'n verbruiker in staat om 'n kontrak te kanselleer sonder finansiële implikasies. A Mondelinge ooreenkoms B Afkoelperiode C Vrywaringsklousule D Billike besigheidspraktyk (1) 1.1.2 'n Geskrewe belofte om 'n artikel te herstel of te vervang as dit breek, staan as 'n ... bekend. A verlengde waarborg B kontrak C waarborg (1) D versekering 1.1.3 Die verbruikersprysindeks (VPI) … A word gebruik om die koste van goedere en dienste te bereken. B is die verandering in die gemiddelde prys van goedere en dienste. C bereken rente gehef op sekere goedere en dienste. D meet die verandering in individuele pryse gedurende produksie. (1) 1.1.4 Wanneer water verhit word, sal die meeste elektrisiteit bespaar word deur 'n … te gebruik. A ketel op 'n gasstoof B laevloeistortkop C insolasiekombers oor 'n geiser D sonwaterverhittingstelsel (1) 1.1.5 … rente word op die rente en oorspronklike bedrag bereken. A Saamgestelde B Krediet- C Eenvoudige D Kapitaal- (1) 1.1.6 Die hormoon wat bloedglukosevlakke reguleer: A Insulien B Estrogeen C Tiroksien D Laktase (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/November 2021 NSS 1.1.7 Die siekte met die langste ontkiemingstyd: A Disenterie B E. coli C Gastroënteritis D Hepatitis A (1) 1.1.8 Die laaste datum waarop 'n produk op 'n winkelrak behoort te wees: A Gebruik-voor-datum B Verkoop-voor-datum C Beste-voor datum D Vervaardigingsdatum (1) 1.1.9 Voedsel met 'n hoë glukemiese indeks ... A stel glukose stadig vry. B veroorsaak 'n medium styging in die bloedglukosevlakke. C veroorsaak 'n skielike styging in die bloedglukosevlakke. D stel glukose geleidelik in die bloedstroom vry. (1) 1.1.10 'n Voordeel van geneties gemanipuleerde voedsel: A Die gebruik van antibiotika is verbode B Meer mense kan gevoed word C Geen chemikalieë word tydens produksie gebruik nie D Geen negatiewe impak op die grond nie (1) 1.1.11 'n Ekonomiese faktor wat modeverandering versnel: A Modestyle verander vinnig B Ontwikkeling van nuwe, duur tekstielvesels C Jongmense is modenavolgers D Klerewinkels bied kredietgeriewe aan (1) 1.1.12 'n … -kode word by 'n werkskontrak ingesluit wat spesifiseer wat 'n werker veronderstel is om werk toe aan te trek. A Kleredrag B Werks C Klere D Mode (1) 1.1.13 … transaksies sal rente en administrasiekoste hef. A Bêrekoop- B Elektroniese betaling- C Huurkoop- D Debietkaartbetalings- (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/November 2021 NSS 1.1.14 Mpho huur 'n eiendom en sy finansiële verantwoordelikheid terwyl hy huur, is om … te betaal. A eiendomsheffing en -belasting B die heffing en versekering van die eiendom C vir enige instandhouding wat nodig is D vir water en elektrisiteit (1) 1.1.15 Die hoofdoel van die NHBRR is om … A 'n bestaande huis deur die huiseienaar te laat registreer. B die verhuring van eiendom te beheer. C behuisingskonstruksiestandaarde te verseker. D prosedures wat deur die regspersoon gevolg word, na te gaan. (1) 1.1.16 'n … dui daarop dat 'n onderneming moontlik in die toekoms geld kan verloor. A Kontantvloeiprojeksie B Beste-verkope-scenario C Volhoubare projeksie D Gelykbreekpunt (1) 1.1.17 … gee 'n duidelike prentjie of 'n besigheid die potensiaal het om suksesvol te wees. A Marknavorsing B 'n Bemarkingstrategie C 'n Uitvoerbaarheidstudie D Finansiële projeksie (1) 1.1.18 Die gebruik van ingevoerde grondstowwe sal die … A produksiekoste van 'n besigheid laat styg. B toeganklikheid van grondstowwe vir die besigheid verbeter. C besigheid help om produkte betyds by kliënte af te lewer. D teikenmark van die besigheid vergroot. (1) 1.1.19 Die produksiekoste van 'n produk is R35,00. Bereken die verkoopprys van die produk indien die winsopslag 20% is: A R38,65 B R42,00 C R44,00 D R45,75 (1) 1.1.20 Opleiding van werkers in 'n besigheid bevorder ... A produkprysvasstelling. B finansies. C bemarking. D menslike vaardighede. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/November 2021 NSS 1.2 Identifiseer VIER voordele van die bou van 'n eie huis. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.2) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Verbandregistrasieproses is vinniger. B Jy kan jou eie bybehore en ontwerp kies. C Bourisiko's is minimaal. D Dit sal goedkoop wees om 'n nuwe tuin aan te lê. E Bouwerk kan teen jou eie tempo geskied. F Dit is nie 'n ingewikkelde proses nie. G Kan goedkoper wees as jy die eienaarbouer is. H Omgewingsvriendelike kenmerke kan ingesluit word. (4) 1.3 Pas die verduideliking in KOLOM B by die faktor wat doeltreffende produksie beïnvloed in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.5 H. KOLOM A KOLOM B FAKTOR WAT DOELTREFFENDE VERDUIDELIKING PRODUKSIE BEΪNVLOED 1.3.1 Netjiese werkplek A verseker dat die produk aan al die vasgestelde standaarde 1.3.2 Beheer finansies voldoen 1.3.3 Beplanning B verseker dat die produk aantreklik is 1.3.4 Kwaliteitsbeheer C verseker minimale produksiekoste D verseker dat kompetisie uitgeskakel word E verseker 'n akkurate produksie- volgorde F verseker die veiligheid van personeel G verseker goeie kliënteverhoudings (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/November 2021 NSS 1.4 Pas die rede vir die byvoeging van voedselbymiddels in KOLOM B by die tipe voedselbymiddel in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.5 H. KOLOM A KOLOM B TIPE VOEDSELBYMIDDEL REDE VIR DIE BYVOEGING 1.4.1 Emulsifiseerders A voorkom galsterigheid in sonneblomolie 1.4.2 Chemiese preserveermiddels B verbeter kaaskoek se tekstuur 1.4.3 Antioksidante C verbeter die smaak 1.4.4 Bleikmiddels D verbind olie en asyn in slaaisous E verbeter mieliemeel se kleur F dra tot 'n suur smaak by G vertraag die bederf van geprosesseerde vleis (4 x 1) (4) 1.5 Gee EEN term vir elk van volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.5.1 Dit vrywaar 'n party van enige aanspreeklikheid as 'n produk nie aan die verwagtinge voldoen nie 1.5.2 'n E-pos wat probeer om persoonlike inligting by 'n niksvermoedende verbruiker te kry 1.5.3 Produkte wat 'n land deur nie-amptelike verspreidingskanale binnekom 1.5.4 Bemark goedere onder valse voorwaardes of misleidende stellings wat onbillik teenoor die verbruiker is (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/November 2021 NSS 1.6 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg.  Vanaf die skouers tot net onder die borslyn is die rok wit met wit driekwartmoue.  Van onder die borslyn af is die rok swart met drie wit knope en 'n wit vertikale plooi voor in die middel. [Bron: www.rotita.com] Identifiseer VIER optiese illusies wat duidelik in die rok hierbo is. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Die driekwartmoue laat die arms langer vertoon. B Die uitskopromp laat die heupe breër vertoon. C Die wit boonste gedeelte laat die borsmaat groter/breër vertoon. D Die kontrasterende swart en wit kleure onder die borslyn laat die boonste gedeelte langer vertoon. E Die lengte van die romp laat die bene korter vertoon. F Die vertikale wit plooi en knope laat die draer vanaf die borslyn tot by die knieë korter vertoon. G Die swart kleur onder die borslyn laat die middellyf dunner/kleiner vertoon. H Die swart kleur laat die middellyf groter vertoon. (4) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/November 2021 NSS AFDELING B: LANGVRAE VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Noem die dokument wat 'n wettige ooreenkoms tussen twee of meer partye is. (1) 2.2 Gee TWEE voorbeelde van fossielbrandstof as 'n vorm van energie. (2) 2.3 Definieer die term repokoers. (2) 2.4 Noem DRIE maniere waarop verbruikers elektrisiteit kan bespaar wanneer ligte in die huis gebruik word. (3) 2.5 2.5.1 Noem wie voorlopige belasting moet betaal. (1) 2.5.2 Verduidelik hoe voorlopige belasting aan die SAID betaal word. (2) 2.6 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. STAAN SAAM IN TYE VAN NOOD Siyabuthana-lede gaan voort om mekaar te help. Die klub het 22 lede en elkeen dra R250 per maand by om mekaar te ondersteun. [Aangepas uit MOVE 21] 2.6.1 Identifiseer die tipe klub hierbo. (1) 2.6.2 Noem DRIE vereistes waaraan Siyabuthana moet voldoen om 'n wettige klub te wees. (3) 2.7 Gee raad aan die gemeenskap oor die effektiewe gebruik van die volgende om water te bespaar: 2.7.1 Krane (3) 2.7.2 Toilette (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/November 2021 NSS 2.8 Lees die koerantadvertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. OP SOEK NA DAARDIE TWEEDE INKOMSTE? Modelle word benodig vir 'n aanlyn ontwerpersklerewinkel. WhatsApp die volgende inligting:  Onlangse vollengte foto  Kontakbesonderhede  Bankbesonderhede  Gesertifiseerde afskrif van ID  'n Deposito van R250 met kitskontant ('instant money') of kontant gestuur ('cash send') met 'e-wallet' van jou selfoon af na 083 249 9782 om jou eerste fotosessie vir hierdie ongelooflike loopbaan te bespreek (stuur bewys van betaling).  Die eerste 30 aspirantmodelle wat reageer sal ten volle in kontant terugbetaal word. Vir enige navrae, skakel 083 249 9782 of stuur 'n e-pos aan designer3models@gmail.com [Aangepas uit Middelburg Observer] Die advertensie hierbo is 'n voorbeeld van 'n bedrogspul ('scam'). 2.8.1 Definieer die term bedrogspul. (2) 2.8.2 Identifiseer en verduidelik DRIE waarskuwingstekens wat aandui dat hierdie advertensie 'n bedrogspul is. (3 x 2) (6) 2.9 Verduidelik hoe 'n gebrek aan vullisverwydering 'n negatiewe impak op 'n gemeenskap kan hê. (3) 2.10 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die verbruiker het in Julie 2019 R3057,93 vir 'n huishouding se voedselmandjie betaal. Hierdie koste het in Julie 2020 met R355,21 gestyg. [Aangepas uit https//www.timeslive.co.za, 30 Julie 2020] Skryf 'n paragraaf om die styging in voedselpryse vanaf 2019 na 2020 te regverdig. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/November 2021 NSS VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Definieer die term voedselbymiddels. (2) 3.2 Noem die oorsaak van tipe 1-diabetes. (2) 3.3 Noem DRIE maniere waarop E. coli in 'n voedselomgewing oorgedra kan word. (3) 3.4 Bespreek die voordele van die produksie van organiese voedsel vir die natuurlike omgewing. (4) 3.5 Verduidelik hoe die DRIE nutriënte in die lysie voedsel hieronder tot die voorkoming van osteoporose sal bydra.  Melk  Ingemaakte sardyne [Eie teks] (3 x 2) (6) 3.6 Vergelyk die dieetverwante toestande hipoglisemie en hiperglisemie met verwysing na: 3.6.1 Bloedglukosevlakke (2) 3.6.2 Oorsake (4) Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en voltooi die tabel met die volgende inligting: ASPEK HIPOGLISEMIE HIPERGLISEMIE 3.6.1 Bloedglukosevlakke (1) (1) 3.6.2 Oorsake (2) (2) 3.7 Noem VIER maniere waarop voedselbestraling die rakleeftyd van voedsel verleng. (4) 3.8 Verduidelik hoe die regering en gemeenskappe voedselsekerheid tydens die 2020 nasionale grendeltyd ('lockdown') verseker het. (5) 3.9 Lees die maaltydplan hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MAALTYDPLAN  Gewone laevetjoghurt  Groen blaargroentes  Bruinrys  Rooivleis  Roomys [Eie teks] Analiseer die geskiktheid van die voedselitems in die maaltydplan vir 'n diabeet. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/November 2021 NSS VRAAG 4: KLEDING 4.1 Verduidelik die term modegier. (2) 4.2 Gee DRIE riglyne om in gedagte te hou wanneer skoene vir die werksomgewing gekoop word. (3) 4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae. Die dra van gesigsmaskers het as gevolg van die Corona-virus-pandemie 'n verpligte modebykomstigheid in die openbaar geword. [Eie teks] 4.3.1 Noem TWEE stadiums in die modesiklus waardeur gesigsmaskers sedert Maart 2020 gegaan het. (2) 4.3.2 Verduidelik ELK van die stadiums wat in VRAAG 4.3.1 genoem is. (4) 4.4 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg. KLASSIEKE VLOOTBLOU BAADJIE  Vlootblou baadjie met 'n sak onder aan beide kante van die baadjie  Een sakdoeksak bo op die linkerkantse pant van die baadjie  Een knoop middel voor [Bron: Queenspark] Bespreek die veelsydigheid van die baadjie as 'n klereitem vir die werksomgewing. (5) 4.5 Bespreek hoe die hergebruik van klereitems tot 'n volhoubare omgewing bydra. (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/November 2021 NSS VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR 5.1 Wooneenheid-eienaars moet 'n maandelikse heffing aan die regspersoon betaal. Noem DRIE uitgawes waarvoor die heffing gebruik word. (3) 5.2 Verduidelik die voordele van die koop en verhuur van eiendom. Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en voltooi die tabel met die volgende inligting: 5.2.1 EIENAARSKAP 5.2.2 BELEGGING Koop (1) (1) Verhuur (1) (1) (4) 5.3 Bestudeer die prente van die TWEE stowe hieronder en beantwoord die vrae wat volg. STOOF A  Twee elektriese plate  Vier gasbranders  Elektriese oond Kontantprys: R7 999,99 Kredietprys: R8 999,99 Geen deposito [Bron: takealot.com] STOOF B  Ses gasbranders  Gasoond Kontantprys: R8 999,95 Verkoop op afbetaling: R400,00 oor 'n 24-maand- tydperk Deposito: R395,00 [Bron: takealot.com ] 5.3.1 Identifiseer die stoof wat die meeste nie-menslike energie verbruik. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/November 2021 NSS 5.3.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 5.3.1. (1) 5.3.3 Verduidelik waarom STOOF B die mees geskikte keuse sal wees. (3) 5.3.4 Bereken die totale prys van STOOF B as dit volgens 'n afbetalingskoop-/huurkooptransaksie gekoop word. Toon ALLE berekenings. (3) 5.4 Verduidelik die moontlike finansiële impak van die 2020 nasionale grendel- tyd op die verhuurders van eiendom. (5) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/November 2021 NSS VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Definieer die term winsopslag. (2) 6.2 Verduidelik waarom die higiëne van werkers in die werksomgewing so belangrik is. (3) 6.3 Verduidelik hoe gereelde/roetine-instandhouding van toerusting tot voordeel van enige besigheid is. (3) 6.4 Verduidelik die doel van voorraadbeheer in 'n besigheid. (3) 6.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Khanye het altyd blomme bewonder. Hy het 'n bietjie geld gespaar om verskillende bosse vars blomme by die plaaslike bloemiste te koop om blommerangskikkings vir sy plek van aanbidding te maak. Hy het die blommerangskikkings in sy ma se eetkamer gedoen. Hy het individuele bestellings by gemeentelede begin kry nadat hulle sy rangskikkings op Facebook gesien het. Khanye was altyd bewus van die jongste neigings by blommerangskikkings. Hy het die blomme presies rangskik soos wat sy klante dit wou hê. Hy het begin om bestellings te kry vir Moedersdag, Valentynsdag, troues en partytjies. Twee geskenkwinkels het 'n kontrak met hom gesluit. Sy besigheid het toe begin uitbrei. Hy het sy werklose buurman geleer hoe om blomme te rangskik. Hy het hom van Donderdag tot Sondag elke week in diens geneem. Sy ma het vroegoggend oor naweke die rangskikkings gaan aflewer. Soos wat sy besigheid uitgebrei het, het hy vars blomme en bamboeslote by 'n plaaslike organiese boer gekoop. Khanye het die afvalblomblare as kompos gebruik om sy eie loof (groen blare) te kweek wat hy weer in sy rangskikkings gebruik het. Hy het baie mooi bioafbreekbare verpakkingsmateriaal by 'n plaaslike verpakkingsmateriaalwinkel gekoop [Eie teks] 6.5.1 Verduidelik hoe Khanye se besigheid tot stand gekom het. (2) 6.5.2 Identifiseer sy teikenmark. (2) 6.5.3 Bespreek die volgende faktore wat tot die sukses van Khanye se besigheid bygedra het: (a) Finansiële hulpbronne (2) (b) Beskikbare werksruimte (2) 6.5.4 Gee die voordele van die opleiding van die werklose buurman. (3) 6.5.5 Verduidelik waarom sy besigheid aanloklik vir sy kliënte is. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/November 2021 NSS 6.5.6 Khanye se besigheid toon konstante winsgewendheid regdeur die jaar, maar sekere tye van die jaar is daar 'n drastiese toename in winsgewendheid. [Eie teks] Gee redes vir ELK van die volgende: (a) Konstante winsgewendheid regdeur die jaar (2) (b) Drastiese toename in winsgewendheid sekere tye van die jaar (2) 6.5.7 Regverdig die volgende stelling: Khanye is 'n verantwoordelike verbruiker. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 160 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Consumer Studies

View all