Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VERBRUIKERSTUDIES
NOVEMBER 2021
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 200
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 










_hlayiso.com_--87b126d1-dfc2-485b-9fb9-77c018550fac/v1-002f3b581b4dda66325d/card.webp)
View all


--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)


Consumer Studies Grade 12 NSC November 2021 Question Paper
Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC November Exam 2021, 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Consumer Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 345.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 2 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B Onthou, maklik (Verken, p.157, Suksesvol, p.173) (1)
1.1.2 C Onthou, maklik (Verken, p.158-159, Suksesvol, p.175) (1)
1.1.3 B Onthou, maklik (Verken, p.167, Suksesvol, p.185) (1)
1.1.4 D Verstaan, maklik (Verken, p.170, Suksesvol, p.193) (1)
1.1.5 A Onthou, maklik (Verken, p.166, Suksesvol, p.184) (1)
1.1.6 A Onthou, maklik (Verken, p.72; Suksesvol, p.79, 80) (1)
1.1.7 D Verstaan, matig (Verken, p. 89, Suksesvol, p.103) (1)
1.1.8 B Onthou, maklik (Verken, p.98; Suksesvol, p.118) (1)
1.1.9 C Onthou, maklik (Verken, p.71; Suksesvol, p.77) (1)
1.1.10 BVerstaan, maklik (Verken, p.103; Suksesvol, p.123) (1)
1.1.11 DVerstaan, maklik (Verken, p.49; Suksesvol, p.53) (1)
1.1.12 A Onthou, maklik (Verken, p.54; Suksesvol, p.57) (1)
1.1.13 C Onthou, maklik (Verken, p.148; Suksesvol, p.162) (1)
1.1.14 D Onthou, maklik (Verken, p.118; Suksesvol, p.137) (1)
1.1.15 C Onthou, maklik (Verken, p.120; Suksesvol, p.139) (1)
1.1.16 A Onthou, maklik (Verken, p.40; Suksesvol, p.42 ) (1)
1.1.17 COnthou, maklik (Verken, p. 35; Suksesvol, p.35) (1)
1.1.18 AVerstaan, matig (Verken, p.13; Suksesvol, p.19) (1)
1.1.19 BVerstaan, matig (Verken, p.37; Suksesvol, p.39) (1)
1.1.20 DVerstaan, maklik (Verken, p.10; Suksesvol, p.17) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 3 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
1.2 B
E
G
H(Enige volgorde) (4)
Onthou, maklik (Verken, p.121; Suksesvol, p.138)
1.3 1.3.1 F
1.3.2 C
1.3.3 E
1.3.4 A (4)
Verstaan, matig (Verken, p.12-18; Suksesvol, p.21-22)
1.4 1.4.1 D
1.4.2 G
1.4.3 A
1.4.4 E (4)
Verstaan, matig (Verken, p.92-94; Suksesvol, p.113-114)
1.5 1.5.1 Vrystellings/ uitsluiting/ vrystellings/ vrywaringsklousule
(Verken, p.156; Suksesvol, p.173)
1.5.2 Uitvissing/ Swendelskema (Hengel)
(Verken, p.159; Suksesvol, p.177)
1.5.3 Grysgoedere/ Parallele invoere(Verken, p.158; Suksesvol, p.176)
1.5.4 Onbillike sakepraktyke (Verken, p.157; Suksesvol, p.174 ) (4)
Verstaan, matig
1.6 B
C
E
G(Enige volgorde) (4)
Analisering, moeilik (Graad 11)
[40]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 4 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: LANGVRAE
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Noem die dokument wat 'n wettige ooreenkoms tussen twee of meer
partye is.
Kontrak (1)
Onthou, maklik (Verken, p.155; Suksesvol, p.169)
2.2 Gee TWEE voorbeelde van fossiel brandstof as 'n vorm van energie.
Steenkool1
Olie/ parafien/ karosene2
Natuurlike Gas/ Gas3(Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, p.169-170; Suksesvol, p.190)
2.3 Definieer die term repokoers.
Die rentekoers waarteen die kommersiële banke1 geld van die Reserwe
bank kan leen.2
OF
Die basis3 vir die berekening van die rentekoers is die Suid Afrikaanse
Reserwe Bank4 se Terugkoopkoers (repokoers). (2)
Onthou, maklik (Verken, p.166; Suksesvol, p.184)
2.4 Noem DRIE maniere waarop verbruikers elektrisiteit kan bespaar
wanneer ligte in die huis gebruik word.
Skakel ligte af wanneer dit nie benodig word nie.1
Gebruik gloeilampies met lae wattverbruik waar moontlik/ gebruik minder
gloeilampies met hoër wattverbruik.2
Vervang konvensionele gloeilampies met energiebesparende/ kompak-
fluoorligte. (CFL)/ LED ligte.3
Gebruik lae energie/ energiebesparende lampe/ sensors/ A-energie
gradering gloeilamies.4
Gebruik sonkrag ligte in die huis/ tuin.5 (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, p.173; Suksesvol, p.192)
2.5 2.5.1 Noem wie voorlopige belasting behoort te betaal.
Belastingbetalers wat nie 'n vaste inkomste verdien nie/ vasgestel
is nie/ belastingbetalers met 'n onreëlmatige/ ongereelde inkomste/
mense met ander inkomste as 'n gereelde salaris/ boere/
besigheidseienaars. (1)
Toepassing, matig (Verken, p. 163; Suksesvol, p.181)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 5 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.5.2 Verduidelik hoe voorlopige belasting aan SAID betaal word.
Voorlopige belasting word in die vorm van twee paaiemente/
tweekeer per jaar betaal1 uit inkomste wat tydens die eerste
jaar ontvang was (in plaas van in die vorm van 'n enkele groot
som geld na die einde van die jaar).
Belasting word twee keer per jaar betaal gebaseer op die
geskatte belasbare inkomste.2 (2)
Verstaan, matig (Verken, p.163; Suksesvol, p.181)
2.6 2.6.1 Identifiseer die tipe klub wat hierbo beskryf word.
Stokvel/ Gemeenskap gebaseerde spaarklub (1)
Verstaan, maklik (Verken, p.161-165; Suksesvol, p.177)
2.6.2 Noem DRIE vereistes wat Siyabuthana moet aan voldoen om
as 'n wettige klub beskou te kan word.
Al die lede moet weet hoeveel geld1 elkeen sal belê, hoe2
die geld belê sal word en wie die geld sal bestuur.3
Al die lede moet saamstem oor die risiko wat hulle bereid is om
te neem.4
Alle bydraes moet aan 'n gemeenskaplike fonds gemaak
word.5
Alle lede moet voordeel uit die klub trek.6
Daar moet saamgestem word oor die sperdatum vir die
betaling van maandelikse bydraes.7
Alle lede moet weet hoe gereeld vergaderings gehou gaan
word.8
Alle lede moet weet hoe gereeld uitbetalings gemaak gaan
word9 en wanneer dit 'n spesifieke lid se beurt sal wees om
voordeel uit dit geld te trek.10 (Enige 3) (3)
Verstaan, matig (Verken, p.161-162; Suksesvol, p.178)
2.7 Adviseer die gemeenskap oor hoe om elk van die volgende effektief te
gebruik om water te bespaar:
2.7.1 Krane
Maak seker dat daar geen krane is wat drup nie/ herstel krane
wat drup/ lek.1
Installeer kraanbelugters omdat dit die watervloei met
50 –70% verminder.2
Draai die water toe terwyl jy jou tande borsel/ klere uitspoel/
skottelgoed was/ hande was.3
Plaas ‘n emmer onder ‘n lekkende kraan en gebruik die water
vir ‘n ander doel.4
Gebruik ‘n koppie of ‘n glas wanneer water gedrink word,
moenie van ‘n lopende kraan af drink nie.5
Installeer sensor krane.6 (Enige 3) (3)
Verstaan, maklik (Verken, p.180; Suksesvol, p.199)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 6 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.7.2 Toilette
Plaas 'n plastiekbottel vol water/ baksteen in die spoelbak om
die hoeveelheid water wat met elke spoel gebruik word, te
verminder.1
Maak seker dat die toilet/ spoelbak/ pype nie lek nie.2
Lig die handvatsel nadat die vloeistof weggespoel het, om die
hoeveelheid water wat weggespoel word, te verminder.3
Gebruik bad/ stort/ wasmasjien/ swembad water om die toilet te
spoel.4
Installeer ‘n dubbel spoelsisteem.5
Spoel slegs wanneer nodig.6 (Enige 3) (3)
Verstaan, maklik (Verken, p.180; Suksesvol, p.199)
2.8 2.8.1 Definieer die term swendelskema.
'n Swendelskema is 'n valse en oneerlike besigheidstransaksie1
wat dikwels verbind is aan georganiseerde misdaad.2
OF
'n Swendelskema is 'n oneerlike skema3 wat gewoonlik 'n
niksvermoedende verbruiker op 'n oneerlike wyse oorreed om 'n
buitensporige prys/ bedrag vir goedere en dienste te betaal.4 (2)
Onthou, maklik (Verken, p.159; Suksesvol, p.176-177)
2.8.2 Identifiseer en verduidelik DRIE waarskuwingstekens wat
aandui dat hierdie advertensie 'n swendelskema is.
Dit is 'n aanlyn ontwerpersklerewinkel/ het geen naam/ adres/
webtuiste1 mag nie bestaan nie/ kan nie nagevors word
nie.2
'n Gesertifiseerde ID kopie3 moet deur WhatsApp
aangestuur word wat gebruik kan word vir identiteit diefstal.4
WhatsApp word vir kommunikasie gebruik,5 is ‘n nie-
amptelike platform vir aansoek vir werk nie.6
Deposito van R250 moet deur kitsgeld/ kontant/ ”e-wallet”7
betaal word, daar sal geen spoor van die geld wees indien die
kontaknommer wat verskaf is, vernietig word.8
Die eerste 30 potensiële modelle wat reageer, ontvang die
volle kontant terug9 daar mag geen kontant aan enige iemand
terugbetaal word nie/ swendelaar(s) mag met die geld
verdwyn.10
Bankbesonderhede11 mag gebruik word om geld van
aansoekers te steel.12 (Enige 3 x 2) (6)
Toepassing, matig (Verken, p.159; Suksesvol, p.176-177; Newspaper article)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 7 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.9 Verduidelik hoe gebrekkige vullisverwydering 'n negatiewe impak op 'n
gemeenskap kan hê.
Indien vullis nie gereeld verwyder/ gekollekteer word nie, sal dit bydra tot
die skepping van 'n ongesonde omgewing/ wat siektes1 meer peste/
vlieë/ rotte/ mikroӧrganismes/ onooglik/ slegte reuke veroorsaak.2
Dit skep 'n onveilige3 leefomgewing omdat mense/ diere deur vullis
mag krap.4
Dit is onveilig omdat dit ‘n fisiese gevaar vir kinders inhou.5
Swak vullisverwyderingsdienste sal dit moeilik maak om besigheid/
industrie/ toeriste na die area aan te trek6 en sal werksgeleenthede vir
inwoners beperk7 en ‘n negatiewe impak op die ekonomie het.8
Dit mag 'n negatiewe effek op die moraal van die gemeenskap hê.9
Dit kan water/ grondbesoedeling veroorsaak.10
Plastiek wat rondlê mag gevaarlik vir diere wees.11
Die eiendom in die area sal hul waarde verloor12 weens ‘n gebrek aan
diensverskaffing.
Gebrek aan diensverskaffing mag protesaksie tot gevolg hê.13
Vullis wat nie verwyder word, mag in stormwater dreineringstelsels
beland, wat oorstromings mag veroorsaak.14 (Enige 3) (3)
Toepassing, matig (Verken, p.182-183; Suksesvol, p.203-204)
2.10 Skryf 'n paragraaf om die styging in voedselpryse vanaf 2019 tot 2020 te
regverdig.
Inflasie1 veroorsaak dat die pryse van goedere en dienste styg. Soos lone
styg, styg die koste van arbeid/ en die salarisuitgawe sal styg.2
Produksiekoste en die prys van grondstowwe styg3 en hierdie stygings word
aan die verbruiker oorgedra. Die koste van brandstof/ diesel het gestyg4 dus
styg vervoerkoste van die items.5 Elektrisiteitpryse het oor jare gestyg,6
wat die styging in voedselproduksiekoste tot gevolg gehad het7 wat gely het
tot die styging basiese kleinhandelspryse.8 Sommige kleinhandelaars het
hulle voedselpryse tydens die nasionale grendeltydperk opblaas.9 Beperkte
voorraad van sekere voedselintems het tot prysverhogings gely.10
Vermindering in produksie van voedselitems het prysstygings tot gevolg
gehad.11 Droogte12 in sekere dele van die land het tot 'n styging in
voedselpryse gely. (Enige 8) (8)
Analisering, moeilik (Verken, p.166-168; Suksesvol, p.184-185)
LET WEL: Trek EEN punt af indien die antwoord nie in ‘n paragraaf geskryf is nie.
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 8 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Definieer die term voedselbymiddels.
Voedselbymiddels is natuurlike/ chemiesestowwe/ bestanddele1 wat
doelbewus by produkte tydens die prosessering/ produksieproses gevoeg
word, om 'n spesifieke funksie te verrig.2
OF
Voedselbymiddels is stowwe/ ingredients3 wat by voedsel gevoeg wordom
hulle te preserveer/ geur/ tekstuur/ voorkoms te verbeter.4 (2)
Onthou, maklik (Verken, p.92; Suksesvol, p.110)
3.2 Noem die oorsaak van Tipe 1 diabetes.
Die pankreas selle is beskadig/ nie in staat1 om insulien te produseer
nie.2
Dit is ‘n genetiese/ oorerflike component.3 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, p.72; Suksesvol, p.80)
3.3 Noem DRIE maniere waarop E. coli in 'n voedselomgewing oorgedra kan
word.
Besmette voedsel te eet/ drink.1
Halfgaar vleis te eet.2
Ongepasteuriseerde (rou) melk te drink.3
Groente wat deur dieremis besmet is te eet.4
Besmette water te drink.5
Voedsel met besmette water af te spoel.6
Nie hande deeglik te was nadat die toilet besoek was/ voordat
voedsel hanteer word.7
Kruiskontaminasie/ gereedskap wat nie deeglik gewas is nie.8
(Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, p.90; Suksesvol, p.106)
3.4 Bespreek die voordele wat die produksie van organiese voedsel op die
natuurlike omgewing sal hê.
Grondkwaliteit word verbeter.1
Watertoevoer word verbeter aangesien dit skoner bly omdat daar geen
afloop van giftige chemikalieë/ grondwater word sonder chemikalieë
gelaat.2
Daar is geen/ minder omgewingsbesoedeling/ verminder
koolstofvoetspoor.3
Omgewingsvriendelike praktyke soos oeste rotasie/ wisselbou/ geen
chemiese bemesting/ slegs natuurlike bemesting/ dieremis word gebruik
sodat die omgewing volhou kan word.4
Minder brandstof5 word gebruik aangesien min/ geen brandstof word
in die vervaardiging van organiese bemesting gebruik.6 (Enige 4) (4)
Verstaan, moeilik (Verken, p.104; Suksesvol, p.125)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 9 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
3.5 Verduidelik hoe die DRIE nutriënte in die onderstaande lys van voedsels
sal bydrae tot die voorkoming osteoporose.
Kalsium1 in melk/ bene van die vis sal die bene versterk/ vehoog
beendigtheid.2
Fosfor3 in die melk sal die bene versterk/ help met die absorpsie van
kalsium.4
Die vitamien D5 in die melk/ ingemaakte vis sal help met die absorbsie
van kalsium.6
Proteïene7 in vis/ melk help met bindweefsel/ kollageensintese.8
(Enige 3x2) (6)
Verstaan, matig (Verken, p.76; Suksesvol, p.90)
LET WEL: Versterk die bene kan slegs een punt toegeken word.
3.6 Gebruik die onderstaande tabel om 'n vergelyking te tref tussen die
dieetverwante gesondheidstoestande hipoglukemie en hiperglukemie
met verwysing na:
ASPEK HIPOGLUKEMIE HIPERGLUKEMIE
3.6.1 Bloedglukose- Laag (1) Hoog (1)
vlakke
3.6.2 Oorsake Oorslaan van maaltye/ Diabetes/ suiker
ongereelde etes1 in die bloed bou
Oormatige oefening2 op in plaas van
Hoë GI voedsel op hul om in energie
eie te eet3 omgeskep te
Pankreas produseer te word1
veel insulien4 Groot
hoeveelhede hoë
GI voedel in een
maaltyd te
(Enige 2) (2) eet2 (2) (6)
Onthou, matig (Verken, p.71; Suksesvol, p.78-79)
LET WEL: Trek een punt af indien die antwoord nie in tabelformaat geskryf is nie.
3.7 Noem VIER maniere waarop voedselbestraling die rakleeftyd van
voedsel verleng.
Dit vertraag die rypwording van vrugte.1
Beheer die uitloop van uie/ knoffel/ aartappels.2
Vertraag die vergroening van aartappels.3
Dit vernietig insekte wat ontbytgraan besmet.4
Geprosesseerde vleis benodig minder preserveermiddels wanneer dit
geprosesseer word.5
Dit vernietig/ deaktiveer Salmonella/ patogeniese bakterie/ skadelike
organismes.6
Vernietig insekte in of op tropiese vrugte wat ingevoer en uitgevoer
word.7 (Enige 4) (4)
Verstaan, matig (Verken, p.105; Suksesvol, p.127)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 10 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
3.8 Verduidelik hoe die regering en die gemeenskap voedselsekerheid
tydens die 2020 nasionale grendel tydperk (lockdown) verseker het.
Die winkels het oop gebly1 sodat mense elke dag toegang gehad het
om voedsel aan te koop.2
Werklose mense het sosiale verligtingstoelae/ R350.00 ontvang3 om
voedsel te koop4 en ander sosiale toelae was verhoog en verleng5
sodat mense basiese voedsel kon koop.
Mense wat afgedank was of nie 'n salaris verdien het nie het WFV/
”TERS”6 ontvang sodat hulle aan kon hou om voedsel te koop.
Voedselpakkies/ voedseldonasie7 was deur die staat/ skole/ NRO/
kerke/ gemeenskappe uitgedeel.
Skool voedingskemas/ voedingsprogramme het aangehou terwyl skole
gesluit was.8
Bure/ gemeenskappe het begin om mekaar met voedsel te
ondertsteun.9
Gemeenskapslede het hul eie groentetuine begin.10
Boere het aanhou boer, selfs tydens die nasionale grendeltydperk.11
(Enige 5) (5)
Toepassing, matig (Verken, p.106-107; Suksesvol, p.128-129)
3.9 Analiseer die geskiktheid van die voedselitems in die maaltydplan vir 'n
diabeet.
Gewone laevet jogurt bevat baie min suiker/ koolhidrate/ vet1 wat nie
bloedglukosevlakke sal laat styg nie.2
Groen blaargroentes is baie laag in koolhidrate3 wat help met die
regulering van bloedglukosevlakke.4
Bruinrys het 'n lae GI5 en is ryk in vesel6 wat koolhidraatmetabolism
verbeter7 omdat glukose stadig in die bloed vrygestel word.8 Dit
voorsien 'n geleidelike toevoer van glukose in plaas van 'n skielike
energie–opstuwing (styging).9
Diabetes is 'n risiko faktor vir koronêre hartsiektes.10
Rooivleis is hoog in versadigde vette/ LDL (laedigtheids-lipoproteïene)11
wat die risiko van 'n hartaanval/ beroerte verhoog.12
Roomys is hoog in suiker/ hoë GI,13 wat die bloedglukosevlakke vinnig
sal laat styg.14(Enige 7)
Gevolgtrekking: Die maaltydplan is geskik15 omdat die meeste
voedselitems 'n lae GI het/ ryk is in vesel en help om bloedglukosevlakke te
reguleer. (1) (8)
Analisering, moeilik (Verken, p.72-73; Suksesvol, p.82-83)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 11 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Verduidelik die term modegier.
'n Styl wat aanklank vind onder 'n (groot) groep mense1 met groot
entoesiasme en verdwyn dan baie vinnig.2
OF
Iets wat groot aanvraag het3 maar vir 'n baie kort tyd duur/ 'n baie kort
lewensduur het/ slegs vir een seisoen duur.4 (2)
Onthou, maklik (Verken, p.49; Suksesvol, p.51)
4.2 Verskaf DRIE riglyne om in ag te neem wanneer skoene vir die wêreld
van werk gekoop word.
Koop goeie gehalte (leer/ sweedsleer)/ duursame skoene.1
Kies klassieke styl skoene/ skoene met skoon, eenvoudige lyne.2
Kies gemaklike skoene/ wat goed pas.3
Koop skoene wat by kledingstukke in jou klerekas pas/ neutrale kleure is
meer veelsydig.4
Skoene behoort dieselfde kleur/ donkerder as broeke/ some van rompe/
rokke te wees en moet by die kleur van die gordel inskakel.5
Geskik vir die werkomgewing/ tipe werk.6 (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, p.55; Suksesvol, p.62)
4.3 4.3.1 Noem TWEE stadia in die modesiklus waardeur gesigs-
maskers sedert Maart 2020, gegaan het.
Die begin/ loods/ bekendstelling1
Toename/ opgang2
Die piek/ hoogtepunt3 (Enige 2) (2)
Verstaan, maklik (Verken, p.49-50; Suksesvol, p.50)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 12 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
4.3.2 Verduidelik elk van die stadiums wat in VRAAG 4.3.1 genoem
word.
Die begin/ loods/ bekendstelling
Gesigsmaskers was bekendgestel.1
Min mense/ welbekende persoonlikhede/ leiers (Ministers/
President) het gesigsmaskers begin dra.2
Duur3
Beperkte voorraad4 (Enige 2)
Die toename/ opgang
Gesigsmaskers se gewildheid het toegeneem/ noodsaaklik
geword.5
Meer en meer mense het dit aanvaar om gesigsmaskers te
dra.6
Maskers het meer bekikbaar vir verbruikers geword.7
(Enige 2)
Die piek/ hoogtepunt
Gesigsmaskers was in toenemende getalle geproduseer/massa
geproduseer.8
Gesigsmaskers het die hoogtepunt van gewildheid bereik/almal
het dit gedra omdat dit verpligtend.9
Gesigsmaskers het in winkels/ vanaf straatsmouse beskikbaar
geword.10
Pryse het gedaal/ goedkoper/ meer bekostigbaar11 geword.
Groot verskeidenheid beskikbaar.12 (Enige 2) (4)
Toepassing, matig (Verken, p.49-50; Suksesvol, p.50)
LET WEL: Leerders kan oor enige twee stadia skryf.
4.4 Bespreek die veelsydigheid van die baadjie as 'n klereitem om werk toe
te dra.
Dit kan met verskillende kleur/ hempde/ broeke/ rompe/ rokke/ dasse1
gemeng en pas word.2
Dit kan in alle seisoene gedra word.3
Dit kan met informele/ formele broeke/ rompe/ rokke/ hempde/ bloese
gedra word.4
Dit kan met swart/ bruin/ vlootblou skoene gedra word.5
Die eenvoudigheid van die baadjie maak dit geskik om professioneel of
informeel gedra te word.6
Dit is 'n klassieke7 item wat vir baie jare/ met verskillende modes gedra
kan word.8 (Enige 5) (5)
Toepassing, matig (Verken, p.57-59; Suksesvol, p.64-65)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 13 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
4.5 Bespreek hoe die hergebruik van klereitems sal bydra tot 'n volhoubare
omgewing.
Die hergebruik van klere beteken dat nuwe klere/ kleedstof/ tekstiele nie
geproduseer hoef te word nie1 omdat minder nuwe kledingstukke
gemaak sal word.2 Dit verseker dat minder natuurlike hulpbronne
gebruik hoef te word3 aangesien kleedstof/ kledingstukke hergebruik
word.
Daar is minder skade aan die omgewing/ dit is omgewingsvriendelik4
aangesien minder onbruikbare tekstiele in stortingsterreine sal beland5
en dit verminder die koolstofvoetspoor.
Minder chemikalieë/ kleurmiddels/ bleikmiddels word gebruik omdat
minder nuwe klere vervaardig sal word.6 Dit sal grondbesoedeling7 en
waterbesoedeling verminder.8
Minder water9 en elektrisiteit10 word gebruik omdat die vervaardiging
van nuwe klere verminder word.
Minder vervoer11 word benodig om klere te vervoer wat
lugbesoedeling verminder.12 (Enige 4) (4)
Analisering, moeilik (Verken, p.62; Suksesvol, p.71)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 14 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR
5.1 Noem DRIE uitgawes waarvoor die heffing gebruik word.
Betaal lone en salarisse van personeel wat vir die kompleks werk.1
Instandhouding van geboue/ gemeenskaplike areas.2
Betaal water vir die gemeenskaplike areas.3
Betaal vir elektrisiteit vir die gemeenskaplike areas.4
Betaal heffings en belasting (gemeenskaplike areas).5
Betaal versekering vir die gemeenskaplike areas.6
Ongelukke of beskadeging van die eiendom/ kompleks7
Veiligheid en sekuriteit8 (van die kompleks). (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, p.122; Suksesvol, p.140)
5.2 Teken die onderstaande tabel en verduidelik die voordele verbonde aan
koop en huur van eiendom onder die volgende opskrifte:
5.2.1 EIENAARSKAP 5.2.2 BELEGGINGS
Koop Word die eienaar van die Goeie belegging/ akkumuleer
eiendom.1 rykdom/ waarde van die eiendom
verhoog/ kan aan die kinders
(1) nagelaat word.4 (1)
Verhuur Verhuurder bly die Dit is ‘n belegging/ bate vir die
eienaar van eiendom2 verhuurder.5
(Die huurder besit nie die (Die huurder help om die eienaar se
eiendom nie) (1) verbandlening af te betaal) (1)
Huur Nie die eienaar nie dus is Dit is goekoper om te huur omdat
daar minder daar minder maandelikse uitgawes
verantwoordelikheid/ is en die geld wat gespaar was kan
instandhouding/ minder belê word.6
maandelikse uitgawes/
makliker om te verhuis.3
(1) (Enige 1) (1) (4)
Onthou, maklik (Verken, p.118, 122; Suksesvol, p.137, 140)
LET WEL: Trek een punt af indien die antwoord nie in tabelformaat geskryf is nie.
: Enige TWEE vir eienaarskap en TWEE vir Beleggings.
5.3 5.3.1 Identifiseer die stoof wat die meeste nie-menslike energie
verbruik.
Stoof A (1)
Verstaan, maklik (Verken, p.139; Suksesvol, p.160)
5.3.2 Gee 'n rede vir die antwoord in vraag 5.3.1.
Stoof A gebruik gas sowel as elektrisiteit, terwyl stoof B slegs gas
gebruik. (1)
Verstaan, maklik (Verken, p.139; Suksesvol, p.160)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 15 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
5.3.3 Verduidelik waarom stoof B die mees geskikste keuse is.
Gas maak voedsel vinniger gaar/ verskaf kitshitte en sal tyd
bespaar.1
Dit kan tydens beurtkrag gebruik word.2
Die hele stoof gebruik gas en dit sal elektrisiteit3 en koste
bespaar omdat gas goedkoper4 as elektrisiteit is. (Enige 3) (3)
Verstaan, matig (Verken, p.134,136; Suksesvol, p.160)
5.3.4 Bereken die totale prys van stoof B as dit gekoop word op 'n
afbetalingskooptransaksie. Toon ALLE berekenings.
R 400,00 x 241 = R9600 + R3952 (deposito)
= R9 995,003
OF
R3954 + (R400,00 x 24)5
R395 + R9 600,00
= R9 995,006 (3)
Toepassing, matig (Verken, p.148; Suksesvol, p.162)
5.4 Verduidelik die moontlike finansiële impak van die 2020 nasionale
grendel tydperk op die verhuurders van eiendom.
Verhuurders:
Geen uitsetting van huurders kon plaasvind, indien hulle nie die huur kon
betaal nie.1
Verlies aan inkomste van die verhuurde eiendom2 indien huurders nie
die huur kon betaal nie.
Dit kon moeilik wees om nuwe huurders te vind3 indien huurders
uitgetrek het.
Sommige huurder kon verhuis het om met familielede te woon en
eiendomme kon sonder toesig gelaat was.4 Dit kon aanleiding gee tot
vandalisme,5 en onvoorsiene uitgawes om skade te herstel.6
Verhuurders was moontlik nie in staat om tariewe en erfbelasting/
instanthoudings te betaal nie.7
Verhuurders kon gedwing was om die huurbedrag te verminder8 om
nuwe huurders aan te trek.9
Verhuurders mag dalk nie in staat was om die eiendom se
verbandlening/ huislening te bekostig nie10 en kon vir onderbreking in
betaling gevra het wat meer skuld/ rente op verbandbetaling tot gevolg
kon hê.11
Hulle moes dalk die eiendom teen laer/ onder die markwaarde se prys
verkoop12 en 'n verlies op die oorspronklike eiendom se koop/
markwaarde prys ly.13
Rentekoerse was verminder wat laer verbandterugbetaling14 tot gevolg
gehad het, verband kon vinniger afbetaling word .15 (Enige 5) (5)
Analisering, moeilik (Stelling)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 16 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Definieer die term winsopslag.
Die bedrag/ persentasie1 wat by die kosprys van goedere gevoeg word om
die bokoste/ oorhoofse uitgawes/ bedryfskoste2 te dek en steeds geld
oorlaat om 'n wins te maak.3 (Enige 2) (2)
Onthou, matig (Verken, p.37; Suksesvol, p.39)
6.2 Verduidelik waarom die higiëne van werkers so belangrik is in die
werksomgewing.
Gereelde was van hande voorkom die verspreiding van moontlike
siektes.1
Higiëne is baie belangrik sodat werkers veilg en gesond is terwyl hulle
werk.2
Gesonde werkers verminder afwesighede/ verseker aanhoudende
produktiwiteit.3
Higiëne verseker netheid in die werkplek wat besmetting deur
mikroӧrganismes in 'n voedselomgewing voorkom/dat garing en kleedstof
skoon gehou word.4
Om te verseker dat die produkte wat vervaardig word veilig en gesond is
vir verbruikers.5
Higiëne van 'n individu is ook belangrik sodat ander kollegas nie deur
swak higiëne geaffekteer word nie.6 (Enige 3) (3)
Verstaan, matig (Verken, p.18; Suksesvol, p.22)
6.3 Verduidelik hoe gereelde/roetine instandhouding van toerusting tot
voordeel van enige besigheid is.
Voorkom dat dit onverwags tydens produksie onklaar raak.1
Verseker aanhoudende vloei van produksie.2
Verminder herstelwerk en onbeplande instandhouding.3
Gereelde instandhouding is goedkoper as regstellende
instandhouding. 4
Sal 'n verlies van inkomste voorkom.5
Die lewensduur van die toerusting sal baie langer wees.6
Kan ongelukke in die werkplek voorkom.7 (Enige 3) (3)
Toepassing, matig (Verken, p.25; Suksesvol, p.25)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 17 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
6.4 Verduidelik die doel van voorraadbeheer in 'n besigheid.
Om te verseker dat die besigheid nie te veel voorraad aanhou nie1
omdat meer spasie vir voorraad dalk benodig sal word2 en voorraad
mag beskadig/ bederf word.3
Om kontantvloei probleme te voorkom omdat geld in voorraad vasgevang
is.4
Om diefstal van voorraad te voorkom.5
Produksie sal nie gestaak word omdat daar 'n tekort aan grondstowwe is
nie/ as gevolg van 'n tekort aan grondstowwe.6
Om te verseker dat die korrekte gehalte/ hoeveelheid grondstowwe
aangekoop word.7
Om vermorsing te verminder/ voorkom inkomste verlies8
Die koste van die opberging van die finale/eindprodukte te
minimaliseer.9 (Enige 3) (3)
Verstaan, matig (Verken, p.19; Suksesvol, p.23)
6.5 6.5.1 Verduidelik hoe hierdie besigheid tot stand gekom het.
Hy het ‘n bietjie geld gespaar om blomme te koop.1
Khanye het mooi blomme bewonder.2
Hy het blommerangskikings vir sy aanbiddingsplek begin
maak.3 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, p.7-8; Suksesvol, p.10-11; Scenario)
6.5.2 Identifiseer Khanye se teikenmark.
Gemeentelede1
Mense wat troues/ partytjies organiseer/ gebeurtenis
beplanners2
Geskenkwinkels3 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, p.34; Suksesvol, p.11; Scenario)
6.5.3 Bespreek die volgende faktore wat bygedra het tot die sukses
van Khanye se besigheid:
(a) Finansiële hulpbronne
Hy het sy spaargeld (finansies)1 gebruik om blomme te
koop toe hy met die besigheid begin het en hoef nie huur te
betaal nie.2 (2)
(b) Beskikbare werksruimte
Hy het sy ma se eetkamer1 gebruik om die blomme te
rangskik en die tuin2 gebruik om groenigheid te kweek. (2)
Toepassing, maklik (Verken, p.35-36; Suksesvol, p.18, Scenario)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 18 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
6.5.4 Gee die voordele verbonde aan die opleiding van die werklose
buurman.
Dit skep werksgeleenthede/ inkomste vir die buurman.1
Dit is goedkoper om die buurman op te lei as om ‘n
professionele bloemis te huur.2
Dit verbeter die werkgehalte/ blommerangskikkings.3
Dit het produktiwiteit verhoog.4
Die buurman kan onafhanklik werk/ verbeterde vaardigheid.5
Dit het gehelp om vermorsing van blomme/
verpakkingsmateriaal te verminder.6
Dit het die werker/ buurman se moraal/ werksbevrediging
verbeter/ die buurman gemotiveer.7 (hom beter oor homself
laat voel) (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, p.25; Suksesvol, p.26)
6.5.5 Verduidelik waarom sy besigheid 'n aantrekkingskrag het vir
sy kliënte.
Khanye hou homself op hoogte van blommerangskikings-
neigings1 dus bly hy relevant/ modieus.2
Hy rangskik die blomme presies soos sy kliënte dit wil hê3
dit skep kliënte bevrediging/ bevredig kliënte se behoeftes.4
Die blomme was altyd vars5 omdat hy dit van 'n plaaslike
blommeboer gekoop het.6
Die blomme word voeg oor naweke afgelewer7 dus hoef
kliente nie geld/ vervoerkoste te bestee vir die afhaal daarvan
nie/dis is dit gerieflik vir kliënte.8
Hy gebruik 'n verskeidenheid aantreklike verpakkings.9
Bio-afbreekbare verpakking is ekovriendelik.10 (Enige 6) (6)
Toepassing, matig (Verken, p.13; Suksesvol, p.20; Scenario)
6.5.6 Verskaf redes vir elk van die volgende:
(a) Konstante winsgewendheid regdeur die jaar.
Aanbiddingsplek/ gemeentelede koop regdeur die jaar
blomme.1
Troues/ partytjies vind regdeur die jaar plaas.2
Geskenkwinkels word regdeur die jaar bedryf.3 (Enige 2) (2)
(b) Drastiese toename in winsgewendheid gedurende sekere
tye van die jaar.
Op Moedersdag/ Valentynsdag koop mense normaalweg
meer blomme vir hul geliefdes.1
Hy het 'n kontrak met 'n geskenkwinkel gehad om blomme
te voorsien.2
Daar is meer troues/ partytjies aan die einde van die
jaar.3 (Enige 2) (2)
Toepassing, matig (Verken, p.35; Suksesvol, p.34; Scenario
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies 19 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
6.5.7 Regverdig die volgende stelling:
Khanye is 'n verantwoordelike verbruiker.
Khanye gebruik/ hergebruik die blare van die blomme as
kunsmis/ kompos1 dus word afval hergebruik.2
Hy koop blomme vanaf 'n organiese plaas3 dus dra dit by tot
volhoubare verbruik/ bekerming van die omgewing.4
Hy gebruik bamboestoutjies5 wat ekovriendelik is/vereis nie
plaagdoders/ onkruiddoders/ besoedel nie die grond nie.6
Hy kweek sy eie groenigheidkoop7 en koop blomme
plaaslik8 wat die behoefte aan vervoer, dus besoedeling
verminder/ bydra tot die koolstofvoetspoor.9
Khanye gebruik bio-afbreekbare verpakking10 wat nie die
omgewing beskadig nie.11 (Enige 8) (8)
Analisering, moeilik (Verken, p.28; Suksesvol, p.26; Scenario)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Consumer Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Consumer Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Consumer Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Consumer Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Eng)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper
Related documents

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2021 Question Paper
_hlayiso.com_--87b126d1-dfc2-485b-9fb9-77c018550fac/v1-002f3b581b4dda66325d/card.webp)
Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
More from Grade 12 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Memorandum